You're offline
Skip to content
Question paper

2013+Grade+6+Afrikaans+HL+Exemplar+Test

Subject: Afrikaans HlGrade 6201319 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 6 AFRIKAANS HUISTAAL MODELVRAE Hierdie boekie bestaan uit 18 bladsye, voorblad uitgesluit.
Downloaded from hlayiso.com RIGLYNE BY DIE GEBRUIK VAN JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGSVOORBEELDE (ANA) 1. Hoe om die eksemplaar vraestelle te gebruik Alhoewel die eksemplaar vraestelle vir die verskillende grade en vakke as 'n omvattende stel saamgestel is, hoef die leerders nie op die hele stel in een sessie te reageer nie. Die onderwyser moet toepaslike voorbeeldvrae kies wat deel vorm van die beplande les. Individuele modelvrae of 'n hanteerbare groep vrae, wat versigtig gekies is, kan tydens die verskillende stadiums van die onderrig- en leerproses soos volg gebruik word : 1.1 Aan die begin van 'n les as 'n diagnostiese toets om leerders se sterk en swak punte vas te stel. Die diagnose moet lei tot onmiddellike terugvoer aan leerders en geskikte lesse moet ontwikkel word om aandag te gee aan die geïdentifiseerde swak punte en om die sterk punte uit te bou. Die diagnostiese toets kan as tuiswerk gegee word om nie onderrigtyd in die klaskamer te verloor nie. 1.2 Gedurende die les as kort, informatiewe toetse om te assesseer of leerders die veronderstelde kennis en vaardighede ontwikkel soos wat die les verloop en om seker te maak dat geen leerder agter raak nie. 1.3 By die voltooiing van 'n les of reeks lesse as 'n summatiewe toets om te assesseer of die leerders voldoende begrip het en of hulle die kennis en vaardighede in die voltooide les(se) kan toepas. Spoedige terugvoer aan leerders is noodsaaklik, sodat die onderwyser kan vasstel of daar dele van die les(se) is wat weer behandel moet word om spesifieke kennis en vaardighede vas te lê. 1.4 Om by alle fases leerders aan verskillende tegnieke van assessering of vraagstelling bloot te stel, bv. hoe om meervoudigekeuse-vrae (MK), oop vrae of vryeresponsvrae, kortvrae, ens. te beantwoord. Waar diagnostiese en formatiewe toetse korter in terme van die aantal vrae kan wees, sal die summatiewe toets heelwat meer vrae insluit, afhangend van die hoeveelheid werk wat reeds teen 'n sekere tyd behandel is. Dit is belangrik om seker te maak dat leerders uiteindelik genoeg oefening kry in die beantwoording van 'n volwaardige toets, soortgelyk aan dié van die Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoets. 2. Memorandums of nasienriglyne 'n Tipiese voorbeeld van die verwagte response (nasienriglyne) word by elke voorbeeldtoets en Jaarlikse Nasionale Assesseringsmodeltoets gegee. Onderwysers moet in gedagte hou dat die nasienriglyne geensins rigied is nie. Dit gee slegs breë riglyne ten opsigte van verwagte response en onderwysers moet aanvaarbare moontlikhede ondersoek en ander aanvaarbare response van die leerders aanvaar. 3. Kurrikulumdekking Dit is van kardinale belang dat die kurrikulum in elke klas ten volle behandel moet word. Die eksemplaar vraestelle vir elke graad en vak verteenwoordig nie die kurrikulum in sy geheel nie. Dit is slegs 'n voorbeeld van belangrike kennis en vaardighede en dek die werk wat op die eerste drie kwartale van die skooljaar betrekking het. 1 Grade 6 Afrikaans HL Exemplar Question
Downloaded from hlayiso.com AFDELING A: BEGRIPSTOETS Lees onderstaande leesstuk en beantwoord vrae 1 tot 9. Lank gelede, toe diere nuut op die aarde was, het hulle baie warm gekry. Water was slegs beskikbaar in sekere poele en panne. Oor een van hierdie poele het `n groot baasspelerige bobbejaan waggehou. Hy het die titel ‘Baas van die water’ vir homself gekies en het almal verhoed om daar water te kom drink. Zebra en sy seun het eendag afgegaan om water te drink. Die bobbejaan wat langs sy vuur gesit het, het opgespring en geskreeu: ‘Gaan weg julle indringers, dis my poel en ek is die ‘Baas van die plaas. Enige iemand wat dit waag om van hierdie poel se water te drink sal moeilikheid kry.’ Sy woorde het egter op dowe ore geval. ‘Die water is vir ons almal bedoel, nie net vir jou nie, jou aapgesig.’ Het zebra se seun geskreeu. ‘Hou op om soos `n bedorwe brokkie te kere te gaan!’ ‘As jy water wil hê sal jy daarvoor moet baklei’ het bobbejaan kwaad geskreeu. Binne minute was hulle in `n bakleiery betrokke. Vorentoe en agtertoe het hulle gestoei, tot zebra vir bobbejaan met `n vreeslike skop, soos `n vrot vel, deur die lug laat trek het. Hy land toe op die rand van die rotse teen die koppie waar hulle besig was om te baklei. Bobbejaan het so hard op sy agterstewe beland dat daar vandag nog `n kaal kol op sy agterstewe sigbaar is. Die zebra het terug gestrompel, deur die vuur wat bobbejaan gemaak het. Die vuur was nog altyd so warm. Waar zebra gebrand het is daar vandag nog swart strepe op sy pragtige wit vel. Die skok het die zebra terug gestuur na die vlaktes, waar hy tot vandag toe bly. Die bobbejaan en sy familie het egter hoër op in die berge agtergebly. Wanneer hulle vreemdelinge sien begin hulle hard blaf. Hulle hou hulle sterte in die lug om die seer van die kaal kolle van hul agterstewes, so `n bietjie te verlig. [Aangepas uit African Safari Campfire Stories] 2 Grade 6 Afrikaans HL Exemplar Question
Downloaded from hlayiso.com 1.1 Omkring die korrekte antwoord. Wie het die waterpoel vir homself opgeëis? A Zebra se seun B Bobbejaan C Zebra D Bedorwe brak (1) 1.2 Omkring die korrekte antwoord. Die waterpoel is opgeëis deur … A Zebra se seun. B Bobbejaan. C Zebra. D Bedorwe brak. (1) 1.3 Omkring die korrekte antwoord. Die … het die waterpoel vir homself opgeëis. A Zebra se seun. B Bobbejaan. C Zebra. D Bedorwe brak. (1) 3 Grade 6 Afrikaans HL Exemplar Question
Downloaded from hlayiso.com 2.1.1 Wie is die hoofkarakters in die storie? A die bobbejaan en die zebra. B die baas van die water. C die bobbejane en die bedorwe brak. D die zebras en die indringers. (1) 2.1.2 Noem twee karakters wat die storie oorheers. A Die bobbejaan en die zebra B Die baas van die water C Die bobbejane en die bedorwe brak D Die zebras en die indringers (1) 2.1.3 Die hoofkarakters in die storie is ... A Die bobbejaan en die zebra B Die baas van die water C Die bobbejane en die bedorwe brak D Die zebras en die indringers (1) 2.2.1 Wat is die hoofgedagte van die storie? A Hoe diere op aarde ontstaan het. B Bobbejaan wat sy neus gebreek het. C Hoe bobbejaan koning geword het. D Hoe zebra sy strepe gekry het. (1) 4 Grade 6 Afrikaans HL Exemplar Question
Downloaded from hlayiso.com 2.2.2 Watter opsie sal `n goeie title vir die storie wees? A Hoe diere op aarde ontstaan het. B Bobbejaan wat sy neus gebreek het. C Hoe bobbejaan koning geword het. D Hoe zebra sy strepe gekry het. (1) 2.2.3 Kies die mees geskikste naam vir die storie. A Hoe diere op aarde ontstaan het. B Bobbejaan wat sy neus gebreek het. C Hoe bobbejaan koning geword het. D Hoe zebra sy strepe gekry het. (1) 2.3.1 Waar vind die storie plaas? A Naby waterpoele B In die skaduryke woud C Op die grasvlaktes D By die koue see (1) 2.3.2 Die storie speel af … A naby waterpoele B in die skaduryke woud C op die grasvlaktes D by die koue see (1) 5 Grade 6 Afrikaans HL Exemplar Question
Downloaded from hlayiso.com 2.3.3 Identifiseer die plek waar die storie plaasvind. A naby waterpoele B in die skaduryke woud C op die grasvlaktes D by die koue see (1) 3. Rangskik die volgende sinne in die korrekte volgorde soos dit in die storie voorgekom het. Gebruik nommer 1-4. Hulle was betrokke in `n groot bakleiery. _______ Die zebra en sy seun het kom water drink. _______ Die zebras het na die vlaktes getrek. _______ Die bobbejaan het waggehou oor die water. _______ (2) 4. Is die volgende stellings WAAR of ONWAAR? 4.1 `n Teenoorgestelde woord, (antoniem) vir baklei is geveg. ______________ (1) 4.2 `n Woord met dieselfde betekenis (sinoniem) vir gebrand is geskroei. ______________ (1) 5.1 Beantwoord die volgende vrae. 5.1.1 Gee die teenoorgestelde betekenis van die woord in hakies. Die dam was ______________ (bewaak) (1) 5.1.2 Wat is die teenoorgestelde betekenis van die onderstreepte woord. Die dam was bewaak. ______________ (1) 5.1.3 Gee die teenoorgestelde betekenis van bewaak __________ (1) 6 Grade 6 Afrikaans HL Exemplar Question
Downloaded from hlayiso.com 5.2 5.2.1 Onderstreep die korrekte agtervoegsel. Die zebra se seun het vrees (lik/be) geskreeu__________________ (1) 5.2.2 Kies die korrekte agtervoegsel tussen hakies. Die zebra se seun het vrees (lik/be) geskreeu.__________________ (1) 5.2.3 Voeg (be/lik )by die woord (vrees) sodat die sin korrek lees. Die zebra se seun het vrees (lik/be) geskreeu.__________________ (1) 6. Onderstreep die korrekte antwoord. 6.1 "Binne, bakleiery betrokke" is `n voorbeelde van (alliterasie/personifikasie) (1) 6.2 "Zebra se seun was sy pa se oogappel," is `n voorbeeld van (personifikasie/idioom). (1) 6.3 "Hou op om soos `n bedorwe brokkie te kere te gaan." is `n voorbeeld van`n (metafoor/vergelyking). (1) 6.4 Sy woorde het egter op dowe (ore/oor/mond) geval. (1) 7.1 Som die leesstuk in 3 tot 4 sinne op (ongeveer 30 woorde). _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ (3) 7 Grade 6 Afrikaans HL Exemplar Question
Downloaded from hlayiso.com 7.2 Skryf in 3 tot 4 sinne (ongeveer 30 woorde) die hoofgedagtes van die leesstuk neer. _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ (3) 7.3 Maak `n opsomming deur die leestuk in 3 tot 4 sinne (ongeveer 30 woorde) oor te skryf. _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ _______________________________________________________ (3) 8.1 Voltooi die volgende sin. As die zebra nie in die vuur beland het nie, sou hy… ________________________________________________________ ________________________________________________________ (1) 8.2 Die zebra het sy ___________ gekry omdat hy in die vuur beland het. (1) 8.3 Hoekom is zebra eintlik bly dat hy in die vuur beland het? (1) 9.1 Watter les kan ons uit die storie leer? ________________________________________________________ (1) 9.2. Gee die hoofboodskap van die storie. ________________________________________________________ (1) 8 Grade 6 Afrikaans HL Exemplar Question
Downloaded from hlayiso.com Bestudeer die advertensie en beantwoord vrae 10 - 15. Kraakvars asem (Kry ‘n gratis monster) Minerale formule Verminder slegte asem en Vir skoner, witter tande reuke (Aangepas vanaf die internet: http://www.couponfrugality.com/wp-content/uploads/2011/10/aquafresh-sampl.jpg) 9.3 Watter boodskap kan jy uit die storie onthou. ________________________________________________________ (1) 10.1 Watter produk word adverteer in die advertensie? ________________________________________________________ (1) 10.2 Van watter produk vertel die advertensie ons meer. ________________________________________________________ (1) 10.3 Watter produk word adverteer in die advertensie? ________________________________________________________ (1) 11. Beantwoord die volgende vraag. 11.1 Sal jy die produk wat adverteer word koop? Gee `n rede vir jou antwoord. __________________________________________________ __________________________________________________ (2) 9 Grade 6 Afrikaans HL Exemplar Question
Downloaded from hlayiso.com 12.1 Omkring die letter met die korrekte antwoord. Wat sal verbeter met die gebruik van hierdie produk? A Fisiese voorkoms B Haarvoorkoms C Mondhigiëne D Velsorg (1) 12.2 Omkring die letter met die korrekte antwoord. Jy kan jou … verbeter deur die produk te gebruik. A fisiese voorkoms B haarvoorkoms C mondhigiëne D velsorg (1) 12.3 Omkring die letter met die korrekte antwoord. Gebruik die produk en verbeter jou … A fisiese voorkoms B haarvoorkoms C mondhigiëne D velsorg (1) 10 Grade 6 Afrikaans HL Exemplar Question
Downloaded from hlayiso.com 13. Beantwoord die volgende vrae. 13.1 Noem een aspek wat die produk kan doen, behalwe dat dit `n slegte asem kan verbeter. (1) ________________________________________________ 13.2 Skryf twee woorde uit die advertensie neer wat jou sal motiveer om die produk te koop. _______________________ (1) _______________________ (1) 14. Skryf drie byvoeglike naamwoorde neer wat in die advertensie gebruik is. 14.1 _________________________ (1) 14.2 _________________________ (1) 14.3 _________________________ (1) 15. Verander die volgende sin na die Indirekte Rede. Tina sê: ‘Al my vriende gebruik Aquafresh’. (3) TOTAAL AFDELING A : 32 11 Grade 6 Afrikaans HL Exemplar Question
Downloaded from hlayiso.com AFDELING B: TAAL Lees die volgende leesstuk deur en beantwoord vrae 16-25. DIE SYWURMMOT Van al die vlieënde insekte het die sywurmmot die kortste lewe, selfs korter as die skoenlapper. Hierdie lelike motte het nie monde nie en hul vlerke is lomp, daarom kan hulle nie vlieg nie. Wanneer dit tyd is om die kokon te verlaat is hulle alreeds so moeg. Hulle bly egter trek aan die syagtige drade wat hulle gevange hou. Die wyfiemot sterf kort na paring. Sy lê vyfhonderd eiers wat met `n kleefstof aanmekaar gegom is. In ‘fabrieke’ wat teelhuise genoem word, vervaardig die ruspes van die sywurmmot sydrade. Hulle word deurgaans moerbeiblare gevoer. Hulle spin kokonne waaruit die sywurmmot finaal sy verskyning maak. In die teelhuise word die sy ook gespin om ander produkte te vervaardig. [Aangepas uit Brighter English Grade 6] 16. Skryf die onderstaande sin oor deur die spelfoute reg te maak en die ontbrekende leestekens in te vul. die sywurmot is die ongelukkigste van al die vlieënde insekte, want sy lewe is baie kort _____________________________________________________________ ______________________________________________________________ 12 Grade 6 Afrikaans HL Exemplar Question
Downloaded from hlayiso.com 17. Besluit watter tipe selfstandige naamwoorde die onderstreepte woorde in die onderstaande sinne is. Kies die korrekte woord uit die woordblok en skryf dit op die lyn neer. soortnaam ; eienaam ; abstrakte selfstandige naamwoord (3) 17.1 Die mot het `n kort leeftydperk. _________________________ (1) 17.2 Dit is`n vreugde om die ruspe sy te sien spin. _________________________ (1) 17.3 Daar is duisende soorte spesies van die sywurmmot in Afrika. 18 .1 Onderstreep die werkwoord 18.1.1 Die sywurm spin stringe sydrade. (1) 18.1.2 Kies die werkwoord in die onderstaande sin. Die sywurm spin stringe sydrade. (1) 18.1.3 Kies die korrekte werkwoord tussen hakies. Die sywurm (spin, gespin) stringe sydrade. (1) 18.2 18.2.1 Onderstreep die woord tussen hakies om die sin waar te maak. (1) Verlede jaar het die motte (gebroei/sal broei). 13 Grade 6 Afrikaans HL Exemplar Question
Downloaded from hlayiso.com 18.2.2 Vul die korrekte woord in die oop spasie in om die sin waar te maak. Verlede jaar het die motte (broei) ______________. (1) 18.2.3 Kies die korrekte woord tussen hakies. Verlede jaar het die motte (broei, gebroei). (1) 18.2.4 Gister (moet/moes) die sywurms baie blare eet. (1) 19. Vul `n korrekte voorsetsel in wat uit die teks kom. 19.1.1 Die wyfiemot sterf kort _________ paring (1) 19.1.2 Syprodukte word ________ mense gebruik. (1) 19.2 Onderstreep die voorsetsel in die onderstaande sinne 19.2.1 Die wyfiemot sterf kort na paring 19.2.2 Syprodukte word deur mense gebruik. 19.3 Kies die korrekte voorsetsels uit die blok. vir na op deur 19.3.1 Die wyfiemot sterf kort ___ paring (1) 19.3.2 Syprodukte word ___ mense gebruik. (1) 20. Verbind die sinne deur gebruik te maak van die voegwoorde tussen hakies. 20.1 Die sywurm mot kan nie vlieg nie. Dit het nie die vlerke nie. (want) ______________________________________________ ______________________________________________ (1) 14 Grade 6 Afrikaans HL Exemplar Question
Downloaded from hlayiso.com 20.2 Die wyfie mot wil nie die kokon verlaat nie. Dit is tyd om eiers te lê. (maar) ______________________________________________ ______________________________________________ (1) 20.3 Die mot het geen mond nie. Dit kan nie eet nie. (daarom) ______________________________________________ ______________________________________________ (1) 21. Kies die korrekte voornaamwoorde in die blokkie om die sinne te voltooi. hierdie; dit; haar 21.1 Die sydrade is amper soos `n vloeistof wanneer ________gespin word. (1) 21.2 Op_____________manier word baie sy gespin. (1) 21.3 Al__________eiers word in `n bondel gelê. (1) 22.1 Onderstreep die korrekte vorm van die werkwoord. 22.1.1 Die wyfie mot (lê/le) honderde eiers op `n slag. (1) 22.1.2 Die wyfie motte (spandeer/spander) baie tyd om sydrade te spin. (1) 22.2 Kies die korrekte woord tussen hakies. 22.2.1 Die wyfie mot (lê/le) honderde eiers op `n slag. (1) 22.2.2 Die wyfie motte (spandeer/spander) baie tyd om sydrade te spin. (1) 22.3 Omkring die korrekte woord tussen hakies. 22.3.1 Die wyfie mot (lê/le) honderde eiers op `n slag. (1) 22.3.2 Die wyfie motte (spandeer/spander) baie tyd om sydrade te spin. (1) 15 Grade 6 Afrikaans HL Exemplar Question
Downloaded from hlayiso.com 23.1 Skryf die saamgestelde sin oor in twee enkelvoudige sinne. Die mot het vlerke, maar hy kan nie vlieg nie. Sin: _____________________________________________________ ________________________________________________________ (2) 23.2 Skryf `n saamgestelde sin vir die twee enkelvoudige sinne en gebruik die woord ‘maar’. Die mot het vlerke. Hy kan nie vlieg nie. Sin: _____________________________________________________ (2) 23.3 Skryf `n saamgestelde sin vir die enkelvoudige sinne en onderstreep die voegwoord. Die mot het vlerke. Hy mot kan nie vlieg nie. Sin: _______________________________________________ (2) 24. Identifiseer die tydsvorme wat in die onderstaande sinne gebruik word. Kies jou antwoorde uit die woorde uit die woordblok. Verlede tyd; Teenwoordige tyd; Toekomende tyd 24.1 Die wyfiemot lê eiers. _______________________ (1) 24.2 Die sydrade sal in sy omskep word. _______________________ (1) 24.3 Die wyfiemot het eiers gelê. _______________________ (1) 16 Grade 6 Afrikaans HL Exemplar Question
Downloaded from hlayiso.com 25. Identifiseer die soort sinne deur gebruik te maak van die woorde in die blokkie Stelsin; Bevelsin; Vraagsin 25.1 Waarom word sywurms beskou as vreemde wesens? __________________________ (1) 25.2 Sywurms geniet dit om moerbeiblare te eet. __________________________ (1) 25.3 "Moenie die sywurm beseer nie! " het die juffrou geskree! (1) __________________________ TOTAAL AFDELING B: 28 AFDELING C : SKRYF 26. Dagboekinskrywing: Verbeel jou ‘n nuwe leerder het van 'n ander skool by jul klas aangesluit. Jy is gekies om die leerder by te staan. In jou dagboekinskrywing verduidelik watter inligting jy aan die nuwe leerder gegee het. Gee inligting oor julle skool. Byvoorbeeld, die klasreëls, julle skooluniform, julle snoepie, biblioteek en die onderwysers van julle skool wat jy aan die leerder wil voorstel. Die dagboekinskrywing moet bestaan uit twee paragrawe. (60–70 woorde). ________________________________________________________________ ________________________________________________________________ ________________________________________________________________ ________________________________________________________________ ________________________________________________________________ ________________________________________________________________ ________________________________________________________________ (15) TOTAAL AFDELING C: 15 GROOTTOTAAL: 75 17 Grade 6 Afrikaans HL Exemplar Question
Downloaded from hlayiso.com PUNTETOEKENNING VIR VRAAG 26 MAKSIMUM LEERDER PUNT PUNT 26.1 FORMAAT VAN DAGBOEKINSKRYWING 3 26.2 WOORD EN SINSVLAK 3 26.3 AANTAL SINNE 3 26.4 TAALGEBRUIK 3 26.5 INHOUD 3 TOTAAL 15 18 Grade 6 Afrikaans HL Exemplar Question

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 6 Afrikaans Hl

Explore more published documents in this catalogue.

View all