Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2021
10831
LEWENSWETENSKAPPE
VRAESTEL 1
TYD: 2½ uur
PUNTE: 150
17 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2021 papers %20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b/v1-8d481fe1862c72e0df7e/card.webp)
%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f/v1-56d3891adc8c940b0d70/card.webp)
%202021%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--07d532e0-9e14-43cd-8b65-eafbe304db10/v1-5cb894254b419c7cafff/card.webp)
%20%20Preparatory%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--47d1fae5-b964-4653-aaa6-a3b2ad4a2512/v1-c12e41683d7a4be332af/card.webp)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4d8cb2b6-23ab-4f9d-966d-af83482574f4/v1-0b91bc2ab801ca229655/card.webp)
%202015%20Preparatory%20Examination%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--846bf94c-4e3c-4745-a5fe-37416d2bc053/v1-b62a65a6fc5398637791/card.webp)
View all





Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2021 QP (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2021 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 884.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
Gauteng Mock Exam 2021
Questions in this paper
- Question 1.1HUMAN REPRODUCTION16 marks
- Question 1.2RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)5 marks
- Question 1.3HUMAN REPRODUCTION12 marks
- Question 1.4HUMAN REPRODUCTION6 marks
- Question 1.5RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (PLANTS)10 marks
- Question 1.6HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS7 marks
Show all 14 questions
- Question 2.1RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)15 marks
- Question 2.2RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)12 marks
- Question 2.3RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)11 marks
- Question 2.4RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)25 marks
- Question 3.1HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS16 marks
- Question 3.2HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS9 marks
- Question 3.3HUMAN REPRODUCTION8 marks
- Question 3.4HUMAN REPRODUCTION17 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 2
(Vraestel 1) 10831/21
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDBOEK neer.
3. Begin die antwoorde op ELKE vraag bo-aan ʼn nuwe bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.
6. Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme, vloeidiagramme of tabelle slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken nie.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en ʼn passer gebruik
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 3
(Vraestel 1) 10831/21
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
die regte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
(1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.
1.1.1 Watter deel van ʼn neuron stuur ʼn impuls na die selliggaam?
A Dendriet
B Sitoplasma
C Akson
D Nukleus
1.1.2 Wat word die klier genoem wat insulien afskei?
A Skildklier
B Hipotalamus
C Pituïtêre/Hipofise
D Pankreas
1.1.3 Watter van die volgende strukture in ʼn amniotiese eier beskerm die
ontwikkelende embrio teen fisiese besering?
A Dooiersak
B Chorion
C Allantoïs
D Dop
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 4
(Vraestel 1) 10831/21
1.1.4 Watter benoemde strukture dui die plek aan waar bevrugting en
inplanting plaasvind?
A A en D
B A en B
C B en C
D B en D
1.1.5 Bestudeer die volgende faktore wat verband hou met voortplanting by
vroue:
(i) Wanneer die progesteroonvlakke ʼn piek bereik, is die FSH- en
LH-vlakke laag.
(ii) Ovulasie vind ongeveer op dag 14 plaas.
(iii) Wanneer bevrugting plaasvind, bly FSH-vlakke hoog.
(iv) Estrogeen en progesteroon wat deur die ovaria tydens die
ovariale siklus geproduseer word, beïnvloed die uterussiklus.
Die korrekte stellings is ...
A (i), (ii), (iii) en (iv).
B (i), (iii) en (iv).
C (i), (ii) en (iii).
D (i), (ii) en (iv).
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 5
(Vraestel 1) 10831/21
1.1.6 Watter van die volgende stel die korrekte ontwikkelingsvolgorde voor,
nadat bevrugting plaasgevind het?
A Ovum → Sigoot → Blastosist → Morula → Fetus
B Sigoot → Morula → Blastosist → Fetus
C Ovum → Sigoot → Morula → Blastosist → Fetus
D Sigoot → Blastosist → Morula → Fetus
Gebruik die onderstaande diagram on VRAAG 1.1.7 en VRAAG 1.1.8 te
beantwoord.
Middelstuk Kop
A
B
C D
1.1.7 Die enigste deel van die spermsel wat tydens bevrugting die eiersel
binnedring, is …
A deel D.
B deel C.
C deel B.
D deel A.
1.1.8 Die dele van die spermsel wat die sperm help met beweging, is …
A dele A, B en C.
B dele, A en D.
C dele A en B.
D dele A, B en D.
(8 x 2) (16)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 6
(Vraestel 1) 10831/21
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDBOEK
neer.
1.2.1 ʼn Toestand wat veroorsaak dat die lens van die oog dof word
1.2.2 Die deel van die senuweestelsel wat reageer as ʼn persoon skrik
1.2.3 ʼn Verskynsel waar die hoof sentrale stam meer groei toon as die
systamme, by die toppunt van ’n boom
1.2.4 ʼn Tipe ontwikkeling waar jong voëls gebore word met hul oë toe en geen
vere nie
1.2.5 Die struktuur wat nutriënte aan die ontwikkelende embrio in ovovivipare
diere verskaf
(5 x 1) (5)
1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
Skryf slegs A, slegs B, beide A en B, of geeneen langs die vraagnommer
(1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 ʼn Hormoon wat verantwoordelik is vir die A Absisiensuur
afval van ryp vrugte B Gibberelliene
1.3.2 Funksie/s van die allantoïs in ʼn A Betrokke by
amniotiese eier gaswisseling
B Stoor afvalprodukte van
die ontwikkelende
embrio
1.3.3 ʼn Vis wat eiers lê, voor bevrugting A Uitwendige bevrugting
B Ovipaar
(3 x 2) (6)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 7
(Vraestel 1) 10831/21
1.4 Die diagram hieronder stel die menslike manlike voortplantingstelsel voor.
A
B
C
H
D
E
G F
1.4.1 Gee die LETTER van die deel wat met elk van die volgende stellings
geassosieer word:
(a) Stoor sperms tydelik (1)
(b) As dit gesny word, sal semen nie spermselle bevat nie (1)
(c) Vervoer beide urine en semen (1)
(d) Help met die optimale spermproduksie by ʼn temperatuur laer as
liggaamstemperatuur (1)
(e) Produseer testosteroon (1)
(f) Skei ʼn alkaliese vloeistof af wat die suurheid van die vagina
neutraliseer, wat sperms sou doodmaak (1)
(6)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 8
(Vraestel 1) 10831/21
1.5 ʼn Jong saailing is uit die grond verwyder en op sy sy geplaas. Nadat dit op sy
sy geplaas is, is die loot, punt uitgesluit, was bloodgestel aan lig uit alle rigtings
(aangedui deur die pyle) om fototropisme te verhoed.
F A
E B
C
D
NA
1.5.1 Noem die hormoon wat saadontkieming stimuleer. (1)
1.5.2 Noem die tropiese beweging wat in die saailing hierbo waargeneem sal
word nadat dit op sy sy geplaas is. (1)
1.5.3 Gee die LETTER/S van die deel/e waar:
(a) Die saailing die hoogste konsentrasie ouksiene gehad het
VOORDAT dit op sy sy geplaas is (2)
(b) Die saailing die hoogste konsentrasie ouksiene sou gehad het
NADAT dit op sy sy geplaas is (2)
(c) Selverlenging sal in die loot geinhibeer word (2)
1.5.4 Noem TWEE verdedigingsmeganismes wat deur plante gebruik word
om te voorkom dat herbivore hulle vreet. (2)
(10)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 9
(Vraestel 1) 10831/21
1.6 Die onderstaande diagram toon verskillende kliere, die hormone wat hulle
vrystel en hul teikenorgane.
A
B
D
C
Nier
1.6.1 Identifiseer elk van die volgende:
(a) Die kliere wat A en B gemerk is (2)
(b) Die hormone wat C en D gemerk is (2)
1.6.2 Watter stof in die liggaam word deur hormoon C gereguleer? (1)
1.6.3 Noem EEN ander hormoon wat deur klier B vrygestel word. (1)
1.6.4 Gee die term wat gebruik word om die regulering van ʼn konstante
interne balans te beskryf, selfs al verander die interne of eksterne
omgewing. (1)
(7)
TOTAAL AFDELING A: 50
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 10
(Vraestel 1) 10831/21
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Die onderstaande grafiek toon veranderinge in die deursnee van die pupil
onder verskillende luminansies. Luminansie verwys na hoe helder die lig is.
Die deursnee van die pupil wissel van ongeveer 2 mm tot 8 mm.
Deursnee van die pupil by verskillende luminansie
9
7.7
Deursnee die pupil (mm)
7.5
8 6.9
7 A
6 4.9
5
3.8
4 B
B
2.5
3 2.1
2
1
0
0.0001 0.001 0.01 0.1 1 10 100 1000 10000
Luminansie (cd/m2)
2.1.1 Gee die deursnee van die pupil by punt A. (1)
2.1.2 Bereken die gemiddelde deursnee van die pupil deur slegs die punte
tussen A en B op die grafiek te gebruik. (Toon alle berekeninge aan.) (3)
2.1.3 Beskryf die verhouding tussen luminansie en die deursnee van die
pupil van punt A na punt B. (2)
2.1.4 Verduidelik die rol wat pupilrefleks speel om die deursnee van die pupil
van punt A na punt B te verander. (3)
2.1.5 Definieer elk van die volgende:
(a) Luminansie (1)
(b) ʼn Refleksaksie (2)
2.1.6 Die ligstraal vanaf ʼn laserwyser het ʼn hoë genoeg luminansie om enige
reseptorsel in die retina te brand in ongeveer 10 sekondes.
Verduidelik hoe die skyn van ʼn laserwyser direk op die retina vir langer
as 10 sekondes, jou sig sal beïnvloed. (3)
(15)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 11
(Vraestel 1) 10831/21
2.2 Die onderstaande diagram toon die interne struktuur van die oog.
A
B
Optiese senuwee
2.2.1 Identifiseer die strukture gemerk A en B. (2)
2.2.2 Die optiese senuwee is ʼn sensoriese neuron.
Tabuleer TWEE verskille tussen ʼn sensoriese neuron en ʼn motoriese
neuron. (5)
2.2.3 Noem die deel van die senuweestelsel wat uit kraniale- en rugmurg
senuwees bestaan. (1)
2.2.4 Beskryf hoe strukture A en B die vermoë om op voorwerpe verder as 6
m weg te fokus moontlik maak. (4)
(12)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 12
(Vraestel 1) 10831/21
2.3 Die onderstaande diagram toon ʼn snit deur die brein van die mens.
Serebrum
Corpus callosum
Pons
Serebellum
Rugmurg
Medulla oblongata
2.3.1 Gee EEN funksie vir elk van die volgende:
(a) Die corpus callosum
(b) Die serebrum
(c) Die rugmurg (3)
2.3.2 Teken ʼn benoemde diagram van ʼn eenvoudige refleksboog en dui die
rigting aan waarin die impuls beweeg. (5)
(8)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 13
(Vraestel 1) 10831/21
2.4 Die onderstaande diagram toon die interne struktuur van die oor aan.
A
B
C
D
F E
2.4.1 Gee die LETTER en die NAAM van die deel van die oor wat:
(a) Lug tussen die middeloor en die keel laat beweeg (2)
(b) Reseptore vir gehoor bevat (2)
(c) ʼn Membraan is wat die uitwendige oor van die middeloor skei (2)
(d) Die eerste van die drie gehoorbeentjies is (2)
(e) Klankgolwe gelei vanaf die pinna na die struktuur wat E gemerk
is (2)
2.4.2 In ʼn sokkerwedstryd duik die doelwagter om te keer dat die
opponerende span ʼn doel aanteken.
Beskryf die rol van die halfsirkelvormige kanale om balans te handhaaf
terwyl die doelwagter duik. (5)
(15)
[50]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 14
(Vraestel 1) 10831/21
VRAAG 3
3.1 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
Die Comrades Marathon is ʼn ultra-marathon van ongeveer 89 kilometer wat
jaarliks in die KwaZulu-Natal provinsie tussen die stede Durban en
Pietermaritzburg gehou word. Dit is die wêreld se grootste en oudste ultra-
marathon-wedloop. Atlete hardloop tot ongeveer 12 uur aanhoudend, om die
wedloop te voltooi. Hardlopers oefen baie maande en hulle “carbo-load” (eet ʼn
dieet met baie koolhidrate soos pasta en grane) ter voorbereiding vir hierdie
wedloop.
3.1.1 Terwyl ʼn atleet hardloop, verhoog die atleet se liggaamstemperatuur.
Beskryf die negatiewe terugvoermeganisme wat die atleet se
liggaamstemperatuur na normaal sal herstel. (6)
3.1.2 Verduidelik die effek wat lang periodes van hardloop op elk van die
volgende:
(a) Watervlakke in die bloed (2)
(b) Koolstofdioksiedvlakke in die bloed (2)
3.1.3 Verduidelik hoe “carbo-loading” voor die wedloop atlete help om
genoeg energie tydens die wedloop te hê. (6)
(16)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 15
(Vraestel 1) 10831/21
3.2 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
Tshepang het die volgende WhatsApp-boodskap gelees: "Die dra van ʼn
gesigmasker verhoog die koolstofdioksiedvlakke in die bloed en kan lei tot
siektes."
Hy het besluit om ondersoek in te stel, om vas te stel of die dra van ʼn
gesigmasker die koolstofdioksiedvlakke in die bloed verhoog.
● Hy kon nie ʼn toestel bekostig wat die koolstofdioksiedvlakke in die bloed
meet nie; daarom het hy besluit om die polsslag (dui hartklop aan) en die
asemhalingstempo te meet.
● Hy het tien klasmaats vir die ondersoek gekies.
● Die asemhalingstempo en polsslag van elke klasmaat was gemeet, na 4
ure sonder ʼn gesigmasker en weer na 4 ure met ʼn gesigmasker.
3.2.1 Identifiseer die afhanklike veranderlike in hierdie ondersoek. (1)
3.2.2 Noem TWEE veranderlikes wat verband hou met die klasmaats en wat
konstant gehou moet word om die geldigheid van hierdie ondersoek te
verseker. (2)
3.2.3 Gee TWEE beplanningsstappe wat Tshepang moes oorweeg voordat
hy die ondersoek uitgevoer het. (2)
3.2.4 Verduidelik hoe die asemhalingstempo gebruik kan word om ʼn
toename in die koolstofdioksiedvlakke in die bloed aan te toon. (4)
(9)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 16
(Vraestel 1) 10831/21
3.3 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
Hoe om die kanse op bevrugting te optimaliseer
Daar word beraam dat een uit elke vyf egpare in Suid-Afrika aan
onvrugbaarheid ly en sukkel om swanger raak. Navorsing het getoon dat
bevrugting meer waarskynlik sal plaasvind wanneer geslagsomgang gedurende
die drie of vier dae wat opbou tot ovulasie gebied. Onlangse bewyse het ook
getoon dat baie vroue hul menstruele siklus en die proses van ovulasie swak
verstaan. Daar word dus gedink dat verkeerde tydsberekening van
geslagsomgang ʼn algemene, maar maklik regstelbare oorsaak van probleme is
om swanger te raak.
Die bekendstelling van tuisgebaseerde hormonale digitale ovulasietoetse
(DOT's) bied ten minste ʼn eenvoudige oplossing vir vroue wat die
tydsberekening van geslagsomgang wil optimaliseer, wanneer hulle swanger
wil raak.
3.3.1 Volgens die uittreksel, gee TWEE redes waarom vrouens moontlik kan
sukkel om swanger te raak. (2)
3.3.2 Die digitale ovulasietoets monitor ʼn toename in ʼn spesifieke hormoon.
Noem hierdie hormoon. (1)
3.3.3 Noem die klier wat die hormoon produseer wat in VRAAG 3.3.2
genoem is. (1)
3.3.4 Noem die klier wat ʼn hormoon vrystel wat ovulasie veroorsaak. (1)
3.3.5 Gee EEN rede waarom geslagsomgang 3 tot 4 dae voor ovulasie moet
plaasvind. (1)
3.3.6 Verduidelik waarom die afskeiding van te min progesteroon ʼn
bykomende probleem kan veroorsaak vir ʼn vrou wat probeer swanger
word. (2)
(8)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 17
(Vraestel 1) 10831/21
3.4 ʼn Ultraklank (sonogram) is ʼn beeldtegniek wat klankgolwe gebruik om beelde
van die fetus in die baarmoeder te produseer. Dr Mkhize het die ontwikkeling
van die fetus by een van haar pasiënte tydens swangerskap gemonitor deur die
fetale kopomtrek te meet. Sy het ook die bloedvloei deur die naelstring
gemonitor.
Die resultate word in die onderstaande tabel getoon.
Tyd (weke) Kopomtrek (cm)
14 12
18 16
22 20
26 24
30 28
34 31
38 33
40 36
3.4.1 Gee die korrekte biologiese term vir swangerskap. (1)
3.4.2 Gebruik die inligting in die bogenoemde tabel om ʼn lyngrafiek te teken. (6)
3.4.3 Gee DRIE funksies van die amnionvloeistof wat die fetus tydens
swangerskap omring. (3)
3.4.4 Noem TWEE strukture waardeur die fetus sal beweeg tydens
natuurlike geboorte. (2)
3.4.5 Terwyl die ultraklank gedoen is, het die dokter opgemerk dat die
naelstringslagare verstop was maar dat daar normale bloedvloei deur
die naelstringare was.
Verduidelik die effek wat dit op die ontwikkelende fetus sal hê. (5)
(17)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
TOTAAL: 150
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b/v1-8d481fe1862c72e0df7e/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 QP (Afr)
%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f/v1-56d3891adc8c940b0d70/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2016 QP (Afr)
%202021%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--07d532e0-9e14-43cd-8b65-eafbe304db10/v1-5cb894254b419c7cafff/card.webp)
Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Memo (Afrikaans)
%20%20Preparatory%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--47d1fae5-b964-4653-aaa6-a3b2ad4a2512/v1-c12e41683d7a4be332af/card.webp)
Memorandum
Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2018 Memo (Afrikaans)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4d8cb2b6-23ab-4f9d-966d-af83482574f4/v1-0b91bc2ab801ca229655/card.webp)
Memorandum
Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)
%202015%20Preparatory%20Examination%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--846bf94c-4e3c-4745-a5fe-37416d2bc053/v1-b62a65a6fc5398637791/card.webp)
Memorandum
Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2015 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum