Skip to content

Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 QP (Afr)

Question paperLife SciencesGrade 12202117 pages

Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2021 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2021 10832 LEWENSWETENSKAPPE VRAESTEL 2 TYD: 2½ uur PUNTE: 150 17 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 2 (Vraestel 2) 10832/21 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDBOEK neer. 3. Begin die antwoorde op ELKE vraag bo-aan ʼn NUWE bladsy. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 5. Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag. 6. Maak ALLE tekeninge met potlood en byskrifte met blou of swart ink. 7. Teken diagramme, vloeidiagramme of tabelle slegs wanneer gevra word. 8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE. 9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE. 10. Jy moet ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en ʼn passer gebruik, waar nodig. 11. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 3 (Vraestel 2) 10832/21 AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die regte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 – 1.1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D. 1.1.1 Die molekules wat by transkripsie betrokke is, is ... A mitochondriale DNS en b-RNS. B selkern-DNS en o-RNS. C selkern-DNS en b-RNS. D mitochondriale DNS en selkern-DNS. 1.1.2 Tydens meiose ... A word twee dogterselle gevorm. B is al die dogterselle identies aan mekaar. C verdubbel die chromosoomgetal. D kom twee verdelings van die selkern voor. 1.1.3 In ʼn ondersoek word dit bevind dat 10% van die stikstofagtige basisse in ʼn DNS-molekule sitosien is. Wat is die verhouding van sitosien tot adenien in dieselfde molekule? A 1: 1 B 1: 2 C 1: 3 D 1: 4 1.1.4 ʼn Sekere afwyking by mense word veroorsaak deur ʼn X-gekoppelde dominante alleel. Wat is die verwagte resultaat in die nakomelinge van ʼn normale vrou en ʼn man wat diѐ siekte het? A 50% van die seuns is geaffekteer en 50% van die dogters is normaal. B Alle dogters is normaal en alle seuns word geaffekteer. C Alle dogters word geaffekteer en alle seuns is normaal. D Al die seuns en dogters word geaffekteer. b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 4 (Vraestel 2) 10832/21 1.1.5 Drie twee jarige meisies het in ʼn spesifieke gebied vermis geraak. Forensiese kundiges het daarin geslaag om monsters van hul DNS te bekom en het dit gebruik om DNS-profiele te vervaardig. Ses jaar later is ʼn meisie gevind en is vermoedelik een van die vermiste meisies. Sy is Meisie X genoem. Haar DNS-profiel is vervaardig en is met dié van die drie vermiste meisies vergelyk. Al die DNS-profiele word hieronder getoon. Meisie X Vermiste Meisies 1 2 3 Volgens hierdie DNS-profiele is Meisie X … A die vermiste meisie 1. B die vermiste meisie 2. C die vermiste meisie 3. D nie een van die vermiste meisies nie. b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 5 (Vraestel 2) 10832/21 1.1.6 ʼn Paar homoloë chromosome dra die geenkombinasie Th en tH onderskeidelik voor meiose, soos getoon in die onderstaande diagram. Die gevolglike gameet het die genotipe TH. Watter van die volgende prosesse het waarskynlik hierdie kombinasie veroorsaak? A Onafhanklike sortering B Oorkruising C Segregasie van allele D Chromosoommutasie 1.1.7 Die aminosuurvolgorde van hemoglobienmolekules word gereeld gebruik om vas te stel hoe nou verwant die verskillende spesies aan mekaar is. Die volgende tabel toon die aminosuurvolgorde van ʼn klein gedeelte hemoglobien van verskillende spesies. Aminosuurvolgorde in dieselfde deel Spesie van die hemoglobienmolekules Mens Lys-Glu-His-Iso- Perd Arg-Lys-His-Lys Gorilla Lys-Glu-His-Lys Sjimpansee Lys-Glu-His-Iso Sebra Arg-Lys-His -Arg Veronderstel dat die aminosuurvolgorde dieselfde is vir die res van die molekule, watter twee spesies is die naaste verwant? A Mens en Gorilla B Gorilla en Sjimpansee C Perd en Sebra D Mens en Sjimpansee b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 6 (Vraestel 2) 10832/21 1.1.8 Watter van die volgende kom voor in profase 1, maar nie in profase 2 van meiose nie? A Chromosome is sigbaar B Homoloë chromosome vorm pare C Die kernmembraan breek af D Spoelvesels ontwikkel 1.1.9 Die tipe proteïen wat vorm, word bepaal deur die ... A volgorde van aminosure. B tipe suiker in die nukleïensuur. C aantal fosfaatmolekules. D paring van stikstofbasisse in die DNS-molekule. 1.1.10 Tydens die kloningsproses van ʼn genetiese superieure skaap ... A versmelt die selkern van die ovum met die selkern van die somatiese sel. B word ʼn spermsel geneem om met ʼn ovum te smelt en ʼn embrio te vorm. C word die selkern van die skenkerskaap in ʼn leë ovum geplaas. D ontwikkel die embrio deur meiose. (10 x 2) (20) 1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 – 1.2.6) in die ANTWOORDBOEK neer. 1.2.1 Die verdeling van die sitoplasma tydens die proses van meiose 1.2.2 Die fase van proteïensintese wat in die sitoplasma voorkom 1.2.3 Selle gevorm in mans as gevolg van meiose 1.2.4 Monomere van nukleïensure 1.2.5 Die sigbare voorstelling van ʼn volledige stel chromosome in ʼn sel 1.2.6 Die gebruik van lewende stelsels en organismes om produkte te ontwikkel of te maak, wat help om ons lewens te verbeter (6 x 1) (6) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 7 (Vraestel 2) 10832/21 1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B, of geeneen langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.3) in die ANTWOORDBOEK neer. KOLOM I KOLOM II 1.3.1 Verantwoordelik vir die ontdekking van A Crick die vorm van die DNS-molekule B Franklin 1.3.2 Die belangrikheid van meiose A Produksie van sigote B Verdubbeling van chromosoomgetal 1.3.3 Fossiele gevind in Suid-Afrika A Mev. Ples B Lucy (3 x 2) (6) 1.4 Die onderstaande diagram stel twee fases van proteïensintese voor. Prolien Valien Serien Glisien 1.4.1 Verskaf byskrifte vir: (a) Die binding by X (1) (b) Organel 4 (1) (c) Molekule 1 (1) (d) Molekule 5 (1) 1.4.2 Dien string 2 of string 3 as die templaat vir die proses wat plaasvind? (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 8 (Vraestel 2) 10832/21 1.4.3 Skryf die DNS-basis drietal neer wat ooreenstem met die kodon genommer 7. (1) 1.4.4 Die onderstaande tabel toon twee verskille tussen ʼn DNS-molekule en ʼn RNS-molekule. DNS RNS Tipe suiker (a) (b) Aantal stringe (c) (d) Skryf die letters (a – d) in jou ANTWOORDBOEK neer en lys die verskille. (4) (10) 1.5 In skape, is die alleel vir swartwol (B) dominant oor die alleel vir witwol (b) en die alleel vir horings (H) is dominant oor die alleel om horingloos (h) te wees. ʼn Swartwolskaap met horings word gekruis met ʼn witwol, horinglose skaap. Die Punnett-diagram hieronder toon die moontlike gamete wat deur elke ouer geproduseer word. SKAAP 1 BH Bh bH bh SKAAP 2 bh X bh Y bh bh 1.5.1 Noem waarom die bogenoemde voorbeeld ʼn dihibriedkruising voorstel? (2) 1.5.2 Gee die genotipe van die swartwolskape met horings wat in hierdie kruising gebruik is. (1) 1.5.3 Gee die: (a) Genotipe van nakomeling Y (1) (b) Fenotipe van nakomeling X (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 9 (Vraestel 2) 10832/21 1.5.4 Gee die verhouding van die nageslag wat: (a) Horings kan hê (1) (b) Swartwol en horingloos sal wees (1) 1.5.5 Watter persentasie van die nageslag sal na verwagting resessief wees vir albei eienskappe? (1) (8) TOTAAL AFDELING A: 50 b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 10 (Vraestel 2) 10832/21 AFDELING B VRAAG 2 2.1 Die onderstaande diagram stel ʼn fase van meiose voor. A B 2.1.1 Identifiseer die fase wat in die diagram voorgestel word. (1) 2.1.2 Gee TWEE sigbare redes vir jou antwoord op VRAAG 2.1.1. (2) 2.1.3 Identifiseer die benoemde deel: (a) A (1) (b) B (1) 2.1.4 Gee die aantal chromosome wat in elke dogtersel aan die einde van meiose 2 van hierdie sel sou voorkom. (1) 2.1.5 Teken ʼn benoemde diagram van die fase voor die een wat in VRAAG 2.1.1 genoem word. (5) 2.1.6 Gee TWEE bronne van genetiese variasie behalwe meiose. (2) (12) 2.2 Beskryf hoe ʼn spermsel gevorm deur nie-disjunksie van chromosoompaar 21, tot Down-sindroom lei. (3) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 11 (Vraestel 2) 10832/21 2.3 Graad 12-leerders het die oorerwing van eienskappe in vrugtevlieë bestudeer. Hulle het twee eienskappe van die vrugtevlieë waargeneem, naamlik oogkleur en vlerktipe. Die leerders wou ondersoek instel na die aantal vrugtevlieë wat die dominante en resessiewe fenotipe vir elke eienskap in ʼn populasie van 3 000 vlieë gehad het. Die fenotipes en die allele wat daarvoor kodeer, word in die onderstaande tabel getoon. Eienskappe Fenotipe Dominant Resessief Oogkleur Rooi oë (R) Wit oë (r) Vlerktipe Normale vlerke (N) Vestigiale vlerke (n) Om hul ondersoek uit te voer, het hulle:  Ewekansig 200 vrugtevlieë van die populasie versamel  Die aantal vrugtevlieë wat elke fenotipe gehad het, gerekodeer Hulle resultate word in die onderstaande tabel getoon: Eienskappe Fenotipe Aantal vrugtevlieë Oogkleur Rooi 125 Wit 75 Vlerktipe Normaal 47 Vestigiaal 153 2.3.1 Noem die tipe oorerwing wat vir beide eienskappe voorgestel word. (1) 2.3.2 Identifiseer die: (a) Onafhanklike veranderlike (1) (b) Afhanklike veranderlike (1) 2.3.3 Beskryf DRIE beplanningstappe vir diѐ ondersoek. (3) 2.3.4 Gee TWEE maniere waarop die graad 12-leerders die betroubaarheid van die ondersoek kan verhoog. (2) 2.3.5 Stel ʼn gevolgtrekking gebaseer op diѐ resultate. (2) 2.3.6 Teken ʼn staafgrafiek om die resultate van die ondersoek voor te stel. (6) (16) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 12 (Vraestel 2) 10832/21 2.4 Duchenne se spierdistrofie (DSD) is ʼn neurospier versteuring en word veroorsaak deur ʼn resessiewe alleel Xd op die X-chromosoom. Die alleel vir normale neurospier funksionering is XD. Die erfenis van DSD in ʼn gesin word in die onderstaande diagram getoon. Sleutel: man met DSD normale man vrou met DSD normale vrou 2.4.1 Hoeveel generasies word in hierdie familie getoon? (1) 2.4.2 Gee die fenotipe vir individu P. (2) 2.4.3 Gee die genotipe vir individu Q. (1) 2.4.4 Individu S trou met ʼn vrou wat normaal is vir neurospier funksionering, maar dra die resessiewe alleel. Gebruik ʼn genetiese kruising om die persentasie nakomelinge wat DSD sal hê aan te toon. (6) (10) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 13 (Vraestel 2) 10832/21 2.5 Die onderstaande diagram toon ʼn proses wat in die selkern van ʼn sel plaasvind. X 2.5.1 Identifiseer die proses wat in die diagram getoon word. (1) 2.5.2 Benoem die bindings wat X gemerk is. (1) 2.5.3 Noem die fase in die selsiklus wanneer hierdie proses plaasvind. (1) 2.5.4 Noem TWEE redes waarom die proses wat in VRAAG 2.5.1 genoem word, belangrik is. (2) (5) 2.6 Bloedgroepe in mense word deur meervoudige allele beheer. 2.6.1 Lys die DRIE allele vir bloedgroepe. (1) 2.6.2 Noem die aantal allele wat elke individu geërf het. (1) 2.6.3 Sê kortliks waarom die gebruik van bloedgroepe nie heeltemal betroubaar is om vaderskap vas te stel nie. (2) (4) [50] b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 14 (Vraestel 2) 10832/21 VRAAG 3 3.1 Tabuleer DRIE verskille tussen kunsmatige seleksie en natuurlike seleksie. (7) 3.2 Die onderstaande filogenetiese boom toon evolusie deur gepunte ewewig in ʼn insekspesie. Gebruik die letters A en B om die teorie van gepunte ewewig te verduidelik. (4) 3.3 ʼn Voorvaderlike eekhoringbevolking wat in ʼn gebied woon, is geskei toe ʼn aardbewing veroorsaak het dat ʼn diep vallei vorm. Die twee bevolkings was van mekaar geskei en het nie meer in dieselfde omgewing gewoon nie. Oor duisende jare het die verdeelde eekhoringpopulasies twee verskillende spesies geword. 3.3.1 Definieer die term bevolking. (2) 3.3.2 Beskryf die spesiasie van die eekhorings. (6) 3.3.3 Noem TWEE voortplantingsisolasiemeganismes wat help om spesies apart te hou. (2) (10) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 15 (Vraestel 2) 10832/21 3.4 ʼn Bevolking paddas woon in ʼn dam. Die paddas kan donkerder of ligter van kleur wees. ʼn Bevolking reiers (langbeen watervoëls) wat op paddas voed, woon in dieselfde habitat. Oor ʼn tydperk, het die water in die dam donkerder van kleur geword. Dit het veroorsaak dat die paddabevolking oor ʼn tydperk van 4 jaar verander het, soos in die onderstaande diagram getoon. Gebruik Darwin se teorie van evolusie om te verduidelik hoe die paddabevolking gedurende die periode van 4 jaar verander het. (6) 3.5 Die diagram hieronder toon drie skedels. 3.5.1 Rangskik die skedels A, B en C van die oudste tot die jongste (mees onlangse). (2) 3.5.2 Beskryf die betekenis van die verskil in kraniumgrootte tussen skedel A en C. (3) 3.5.3 Beskryf TWEE sigbare verskille in die struktuur van die kakebeen van skedel A en B. (4) (9) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 16 (Vraestel 2) 10832/21 3.6 Die onderstaande foto toon die dele van die skeletstrukture van twee hominiede. 3.6.1 Noem die term wat gebruik word om die tipe beweging van spesie B te beskryf. (1) 3.6.2 Verduidelik hoe die posisie van die foramen magnum, die ruggraat se vorm en die struktuur van die pelvis, geskik is vir die tipe beweging in spesie A. (6) 3.6.3 Noem TWEE spesies wat die tipe beweging getoon deur spesie A vertoon. (2) (9) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 17 (Vraestel 2) 10832/21 3.7 Die filogenetiese boom hieronder toon die evolusionêre verwantskappe tussen sommige spesies. Miljoene jare gelede Vandag Moderne Mens Sjimpansees Gorillas Orangoetangs 3.7.1 Gee die LETTER van die mees onlangse gemeenskaplike voorouer van al die spesies in die diagram. (1) 3.7.2 Wanneer het sjimpansees en moderne mense van die gemeenskaplike voorouer C divergeer (geskei)? (1) 3.7.3 Noem DRIE eienskappe van die boonste ledemaat wat mense met ander primate deel. (3) (5) [50] TOTAAL AFDELING B: 100 TOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 Life Sciences

View all