Skip to content

Accounting Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

Question paperAccountingGrade 12202413 pages

Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2024 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN REKENINGKUNDE V1 MEI/JUNIE 2024 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye, 'n formuleblad en 'n 10 bladsy-antwoordeboek. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 2 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. 'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet beantwoord. 3. 'n Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg. 4. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien. 5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord. 7. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing. 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE. VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE 1 Maatskappy Finansiële State 55 45 2 Kontantvloeistaat en Finansiële Aanwysers 40 30 3 Vertolking van Finansiële Inligting 40 35 4 Korporatiewe Bestuur 15 10 TOTAAL 150 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 3 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 1: MAATSKAPPY FINANSIËLE STATE (55 punte; 45 minute) Die inligting het betrekking op DBN Bpk. Die maatskappy verkoop huishoudelike produkte. Die finansiële jaar het op 29 Februarie 2024 geëindig. GEVRA: 1.1 Verwys na Inligting A. Die boekhouer het al die inskrywings oor vaste bates in die boeke geboekstaaf. Voltooi die bedrae wat deur (i) tot (iii) in die Vastebatenota aangedui word. (12) 1.2 Verwys na Inligting C en D. Bereken die korrekte netto wins ná belasting vir die jaar geëindig 29 Februarie 2024. Dui (+) vir 'n vermeerdering en (-) vir 'n vermindering langs elke bedrag aan. (13) 1.3 Voltooi die Staat van Finansiële Posisie op 29 Februarie 2024. (30) LET WEL: Sommige bedrae word in die ANTWOORDEBOEK verskaf. INLIGTING: A. Vaste bates: Geboue Voertuie Toerusting R R R Drawaarde: (01/03/2023) 249 850 Kosprys (i) 436 000 Opgehoopte waardevermindering Bewegings: Toevoegings (teen kosprys) 0 260 000 0 Verkope (teen drawaarde) (420 000) 0 (iii) Waardevermindering (ii) (32 000) Drawaarde: (29/02/2024) 9 421 300 Kosprys 786 000 356 000 Opgehoopte waardevermindering  Waardevermindering word soos volg bereken: - Voertuie: 15% p.j. op kosprys - Toerusting: 20% op die verminderdesaldo-metode  'n Nuwe voertuig is op 1 Oktober 2023 aangekoop.  Uittreksel uit die Vastebateregister ten opsigte van toerusting verkoop: KINOPA MWALIMU 234 Kosprys: R80 000 Datum aangekoop: 1 September 2021 Datum verkoop: 31 Mei 2023 Verkoop vir: R53 000 DRAWAARDE 28 Februarie 2022 R72 000 28 Februarie 2023 R57 600 31 Mei 2023 ? Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 4 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik B. Saldo's op 29 Februarie 2024: Vaste bates teen drawaarde R9 952 480 Gewone aandelekapitaal ? Behoue inkomste ? Lening: PTA Bank ? Vaste deposito 425 000 Handelsvoorraad 1 064 200 Netto handelsdebiteure 744 900 Krediteurekontrole 518 950 SAID: Inkomstebelasting (voorlopige belastingbetalings) 322 800 C. Die boekhouer het die netto wins voor belasting as R1 150 000 bereken. Die vooraansuiweringsaldo's wat nog aangesuiwer moet word, is: Ouditfooie R144 000 Handelsvoorraad 1 064 200 Huurinkomste 287 300 Direkteursgelde 852 800 Slegs die aansuiwerings hieronder moet nog in berekening gebring word. (i) Ouditfooie van R45 600 was nog op 29 Februarie 2024 verskuldig. (ii) 'n 100 komberse is aan 'n kinderhospitaal geskenk, maar hierdie skenking/ donasie is nie geboekstaaf nie. Die besigheid gebruik die geweegde- gemiddelde-metode om komberse te waardeer. Komberse se voorraadrekords toon die volgende: Getal Eenheids- Totale (eenhede) prys koste Aankope gedurende die jaar: 1 500 R603 000 15 April 2023 600 R330,00 198 000 22 Junie 2023 900 R450,00 405 000 Verkope 1 220 Voorraad voorhande: 29 Feb. 2024 280 (iii) Huur is vanaf 1 Januarie 2024 met R1 300 per maand verhoog. Slegs die huur vir die periode 1 Maart 2023 tot 31 Januarie 2024 is ontvang en geboekstaaf. (iv) Die maatskappy het een direkteur, Jenny, aan die begin van die finansiële jaar gehad. Jenny is vir twee maande vooruit betaal. 'n Tweede direkteur, Frank, is op 1 Desember 2023 aangestel. Sy maandelikse gelde is 20% laer as Jenny s'n. Frank het die gelde wat hom toekom, ontvang. D. Inkomstebelasting: Die belastingaanslag van SAID toon die totale inkomstebelasting vir die finansiële jaar as R351 000, nadat al die aansuiwerings gedoen is. 2024 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 5 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik E. Aandelekapitaal en dividende: DATUM BESONDERHEDE 1 Maart 2023 2 120 000 uitgereikte aandele 30 Junie 2023 230 000 aandele teruggekoop: Die gemiddelde aandeleprys op die terugkoopdatum was R5,90 29 Februarie 2024 1 890 000 uitgereikte aandele  Tussentydse dividende is nie gedurende die finansiële jaar verklaar nie.  Finale dividende van 25c per aandeel is op 29 Februarie 2024 op al die aandele in die aandeleregister verklaar. F. Oordrag van debiteur se saldo na die Krediteuregrootboek: 'n Debiteur met 'n debietsaldo van R8 400 in die Debiteuregrootboek moet nog na sy rekening in die Krediteuregrootboek oorgedra word. G. Lening: PTA Bank Uittreksel uit die Leningstaat van PTA Bank: Saldo op 1 Maart 2023 R1 400 000 Terugbetalings vir die finansiële jaar (rente ingesluit) ? Rente gekapitaliseer 168 000 Saldo op 29 Februarie 2024 1 004 000 LET WEL:  Al die inskrywings vir die terugbetalings en rente is gemaak.  Direkteure verwag om die kapitaalterugbetalings wat in hierdie jaar gemaak is, gedurende die volgende finansiële jaar te handhaaf. 55 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 6 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 2: KONTANTVLOEISTAAT EN FINANSIËLE AANWYSERS (40 punte; 30 minute) BEGRIPPE 2.1 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee is. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. 2.1.1 Die bedryfsverhouding is 'n finansiële aanwyser wat op die (likiditeit/solvensie) van 'n maatskappy betrekking het. 2.1.2 'n Verhoging in 'n vaste deposito sal 'n (invloei/uitvloei) van kontant in die Kontantvloeistaat tot gevolg hê. 2.1.3 'n Vermindering in voorrade sal 'n (invloei/uitvloei) van kontant in die Kontantvloeistaat tot gevolg hê. (3) JINGLE BPK. Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig 29 Februarie 2024. GEVRA: 2.2 Stel die Behoue-inkomste-nota op vir die finansiële jaar geëindig 29 Februarie 2024. (8) 2.3 Verwys na die gedeeltelik voltooide Kontantvloeistaat wat verskaf is. Bereken en/of verskaf die syfers aangedui deur (i) tot (v). (17) 2.4 Bereken die volgende finansiële aanwysers vir die finansiële jaar geëindig 29 Februarie 2024:  Vuurproefverhouding (4)  Tussentydse dividend per aandeel (in sent) (4)  % opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang (OOAB) (4) INLIGTING: A. Aandelekapitaal: Getal Besonderhede aandele 1 450 000 Uitgereikte aandele op 1 Maart 2023 Aandele teruggekoop op 1 Junie 2023, teen R3,70 meer as die 30 000 gemiddelde aandeleprys 250 000 Aandele uitgereik op 1 November 2023, teen R17,20 per aandeel 1 670 000 Uitgereikte aandele op 29 Februarie 2024 B. Dividende:  Tussentydse dividende is op 31 Augustus 2023 aan alle aandele in die aandeleregister betaal.  'n Finale dividend is op 29 Februarie 2024 verklaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 7 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik C. Uittreksel uit die Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig 29 Februarie 2024: Waardevermindering R1 620 000 Bedryfswins 4 826 000 Rente op lenings 966 000 Inkomstebelasting (teen 'n koers van 30%) 1 950 000 D. Uittreksel uit die Staat van Finansiële Posisie op 28/29 Februarie: 2024 2023 Vaste bates teen drawaarde R43 095 000 R39 365 000 Bedryfsbates (Nota 1) 9 623 000 8 029 000 Bedryfslaste (Nota 2) 18 310 000 12 044 000 Aandeelhouersbelang 28 248 000 25 729 000 Gewone aandelekapitaal ? 22 910 000 Behoue inkomste ? 2 819 000 Nota 1: Items onder Bedryfsbates ingesluit 2024 2023 Voorrade R4 190 000 R3 883 000 Kontant & kontantekwivalente 55 000 1 030 000 Nota 2: Items onder Bedryfslaste ingesluit 2024 2023 Aandeelhouers vir dividende R2 338 000 R2 320 000 SAID: Inkomstebelasting 115 000 86 000 Bankoortrekking 3 274 000 0 E. Vaste bates:  'n Voertuig is teen drawaarde verkoop.  Vaste bates is ook gedurende die finansiële jaar aangekoop. F. Gedeeltelik voltooide Kontantvloeistaat op 29 Februarie 2024: Kontantgevolge van bedryfsaktiwiteite Kontant gegenereer uit bedrywighede Rente betaal (966 000) Dividende betaal (5 728 000) ? (i) Kontantgevolge van beleggingsaktiwiteite ? (ii) Opbrengs uit die verkoop van vaste bates 232 000 Verandering in beleggings Kontantgevolge van finansieringsaktiwiteite ? (iii) ? (iv) Verandering in lenings Netto verandering in kontant & kontantekwivalente Kontant & kontantekwivalente op 1 Maart 2023 1 030 000 ? (v) 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 8 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 3: VERTOLKING VAN FINANSIËLE INLIGTING (40 punte; 35 minute) Die inligting het betrekking op Britesun Bpk. Die maatskappy verkoop sonpanele van 'n hoë gehalte aan besighede en huiseienaars om elektrisiteit op te wek. Die finansiële jaar eindig op 28/29 Februarie elke jaar. GEVRA: LET WEL: Waar kommentaar of verduidelikings gevra word, moet jy:  Finansiële aanwysers en tendense, met syfers, aanhaal  'n Rede of 'n verduideliking vir die betrokke finansiële aanwyser(s) verskaf 3.1 Winsopslagpersentasie: Verduidelik hoe die kliënte op die verandering in die winsopslagpersentasie gereageer het en of dit die maatskappy bevoordeel het of nie. (4) 3.2 Winsgewendheid en bedryfsdoeltreffendheid: Lewer kommentaar op die bedryfsdoeltreffendheid van die maatskappy oor die afgelope twee jaar. Haal TWEE finansiële aanwysers aan. (4) 3.3 Finansiële risiko en hefboomfinansiering: 3.3.1 Een van die aandeelhouers kan nie verstaan waarom die skuld-ekwiteit- verhouding in 2024 vermeerder het ten spyte van die toename in die lening nie. Gee hom 'n verduideliking hiervoor. (2) 3.3.2 Die hoof- finansiële beampte (HFB) is van mening dat die verhoging in die lening 'n goeie besluit was. Afgesien van die skuld-ekwiteit-verhouding, verskaf TWEE punte om sy opinie te ondersteun, EEN relevante finansiële aanwyser ingesluit. (4) 3.4 Opbrengste, verdienste en dividende: 3.4.1 Lewer kommentaar daarop of die aandeelhouers tevrede behoort te wees met die opbrengs op hulle belegging. Verskaf TWEE punte, EEN finansiële aanwyser ingesluit. (4) 3.4.2 Lewer kommentaar op die verdienste per aandeel (VPA) en verduidelik die impak daarvan op die dividenduitbetalingsbeleid wat die direkteure aangeneem het. (4) 3.5 Aandeleprys op die aandelebeurs: Lewer kommentaar op die aandeleprys se prestasie op die aandelebeurs (JSE). Verskaf TWEE punte, met syfers en tendense. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 9 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 3.6 Aandeelhouding van Allan Ashwin: 3.6.1 Allan Ashwin besit aandele in Britesun Bpk. Hy is tevrede met sy belegging in hierdie maatskappy se aandele. Verskaf TWEE punte, met syfers of berekeninge, wat sy mening ondersteun. (4) 3.6.2 Die maatskappy beplan om in die volgende finansiële jaar addisionele nuwe aandele, gelykstaande aan 20% van die uitgereikte aandelekapitaal, aan bestaande aandeelhouers uit te reik. Allan het aangedui dat hy nie hierdie aanbod sal aanvaar nie. Verduidelik hoe hierdie besluit sy % aandeelhouding sal beïnvloed. Verskaf 'n berekening of syfers om jou verduideliking te ondersteun. (6) 3.7 Bonusse vir direkteure en ander werknemers van Britesun Bpk.: Bonusse vir direkteure en ander werknemers is by die maatskappy se begroting ingesluit. Aandeelhouers sal by die AJV gevra word om te stem of die bonusse uitbetaal moet word of nie. Afgesien van die punte hierbo verskaf, noem TWEE verskillende faktore wat aandeelhouers se stemme om hierdie bonusse goed te keur, sal beïnvloed. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 10 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik INLIGTING: A. Finansiële aanwysers en addisionele inligting: 29 Feb. 2024 28 Feb. 2023 Bedryfsverhouding 1,8 : 1 4,3 : 1 Vuurproefverhouding 0,9 : 1 2,5 : 1 Skuld-ekwiteit-verhouding 0,2 : 1 0,3 : 1 Verdienste per aandeel (VPA) 224 sent 113 sent Dividende per aandeel (DPA) 90 sent 90 sent Dividenduitbetalingskoers 40% 80% % opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang 15,6% 8,0% (OOAB) % opbrengs op totale kapitaal aangewend 19,7% 11,0% (OOTKA) Netto batewaarde per aandeel (NBW) 1 543 sent 1 413 sent Solvensieverhouding 2,5 : 1 3,6 : 1 % bedryfsuitgawes op verkope 22,0% 28,0% % bedryfswins op verkope 15,6% 10,2% % netto wins na belasting op verkope 13,5% 8,8% % winsopslag 60% 40% Getal direkteure en ander werknemers 38 43 Getal kliënte 245 280 Gemiddelde verkope per kliënt R160 000 R120 000 Markprys van aandele op JSE 1 610 sent 1 342 sent % rente op beleggings 7% 7% % rente op lenings 13% 13% B. Uittreksel uit Kontantvloeistaat 29 Feb. 2024 28 Feb. 2023 Kontant gegenereer uit bedrywighede R6 785 000 R3 863 500 Opbrengs van uitgereikte aandele R2 800 000 0 Verhoging in lening R1 000 000 R4 000 000 Vaste bates aangekoop 0 R750 000 Vaste bates verkoop* R1 100 000 0 *Onproduktiewe vaste bates is verkoop. C. Aandeelhouding van Allan Ashwin in Britesun Bpk.: Britesun Bpk. Uitgereikte aandele op 29 Februarie 2024 700 000 Aantal aandele deur Ashwin besit 360 000 Aankoopprys per aandeel wat Ashwin betaal het 780 sent Dividende per aandeel verdien 90 sent 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 11 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 4: KORPORATIEWE BESTUUR (15 punte; 10 minute) Jy word voorsien van 'n media-artikel wat op Gadram Bpk. betrekking het. GEVRA: 4.1 Verwys na Paragraaf 4. Die drie direksielede wat by hierdie saak geïmpliseer word, besit elkeen 150 000 aandele. Bereken die verlies wat Loma en elk van die twee direkteure kon vermy deur hulle aandele op 13 April 2023 te verkoop. (3) 4.2 Verwys na Paragraaf 3.  Verduidelik waarom die teksboodskap so belangrik vir die ondersoekers is. (2)  Verduidelik waarom jy dink dat daar na hierdie misdaad as 'binnehandel' verwys word. (2) 4.3 Verduidelik hoe die vinnige daling in die aandeleprys en die bedrieglike finansiële state moontlik die bestaande aandeelhouers en die werknemers kan beïnvloed. (4) 4.4 As jy 'n aandeelhouer in Gadram Bpk. was, watter ander vrae sou jy by die AJV gevra het? Verduidelik TWEE punte. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 12 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik INLIGTING: Gebruik die inligting in die artikel en jou kennis van maatskappye om die vrae te beantwoord. SOSIALE MEDIA LIG DIE SLUIER OOR GROOTSKAALSE BINNEHANDEL Paragraaf 1 Bizmiz Nuus het verlede maand berig oor die weerhouding-ouditverslag wat Gadram Bpk. ontvang het en dat 'n polisie-ondersoek na die vals finansiële state onlangs begin is. Maar dit is egter nie die einde van die maatskappy se probleme nie. Paragraaf 2 Die Finansiële Sektor Gedragsowerheid ('FSCA') het in Maart 2024 vir Loma Leonard HUB (hoof- uitvoerende beampte) van Gadram Bpk., 'n R50 mijoen-boete opgelê vir die oortreding van die Wet op Finansiële Markte (Wet 19 van 2012) toe hy teksboodskappe aan twee direkteure gestuur het, waarin hy hulle gewaarsku het om hulle Gadram- aandele te verkoop. Paragraaf 3 Loma se inkriminerende boodskap het gelui: 'Jy vra altyd my mening. Dit sal Gadram baie lank neem om van al die slegte nuus ontslae te raak. Verkoop jou aandele dadelik teen die huidige prys. Vee dadelik hierdie boodskap uit en moet vir niemand vertel nie.' Paragraaf 4 Die 'FSCA' het met hulle besluit oor die boete in ag geneem dat Loma die boodskap op 10 April 2023 gestuur het en dat die drie direksielede, Loma en die twee direkteure, hulle aandele op 13 April 2023 teen R105,00 per aandeel op die JSE verkoop het. Die gevolglike drastiese daling tot R8,00 per aandeel in die aandele se markprys het in die volgende twee dae plaasgevind. 15 TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou
Rekeningkunde/V1 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS Bruto wins x 100 Bruto wins x 100 Verkope 1 Koste van verkope 1 Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100 Verkope 1 Verkope 1 Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100 Verkope 1 Verkope 1 Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang (Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van verkope Koste van verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad (Sien Nota 1 hieronder) Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365 Kredietverkope 1 Koste van verkope 1 (Sien Nota 2 hieronder) Netto inkomste na belasting x 100 Netto inkomste na belasting x 100 Getal uitgereikte aandele 1 Gemiddelde aandeelhouersbelang 1 (Sien Nota 3 hieronder) Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100 Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1 Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100 Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1 Tussentydse dividende x 100 Finale dividende x 100 Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1 Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100 Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1 Totale vaste koste . Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid LET WEL: 1. Handelsvoorraad aan die einde van 'n finansiële jaar kan gebruik word as dit in 'n vraag vereis word. 2. Kredietaankope kan gebruik word in plaas van koste van verkope (syfers sal dieselfde wees mits voorraad konstant bly). 3. Indien daar 'n verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende 'n finansiële jaar is, word die geweegdegemiddelde getal aandele in die praktyk gebruik. Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Accounting

View all