Skip to content

Accounting Grade 12 P2 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

Question paperAccountingGrade 12202414 pages

Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2024 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN REKENINGKUNDE V2 MEI/JUNIE 2024 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye, 'n formuleblad en 'n 12 bladsy-antwoordeboek. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 2 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik HOU HIERDIE BLADSY OOP. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 3 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. 'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet beantwoord. 3. 'n Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg. 4. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien. 5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord. 7. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing. 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE. VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE 1 Rekonsiliasies 30 25 2 BTW en Voorraadwaardasie 40 30 3 Kosterekeningkunde 40 30 4 Begrotings 40 35 TOTAAL 150 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 4 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 1: REKONSILIASIES (30 punte; 25 minute) 1.1 BANKVERSOENING Die inligting het betrekking op Scot Handelaars, met eienaar Scot Salaza. Die besigheid ontvang die amptelike Bankstaat op die 25ste van elke maand. GEVRA: 1.1.1 Bereken die korrekte Bankrekeningsaldo op 31 Mei 2024. (8) 1.1.2 Stel die Bankversoeningstaat op 31 Mei 2024 op. (6) 1.1.3 Scot se bankbestuurder het hom oortuig om aanlyn bankdienste vir sy besigheid te gebruik, veral omdat betalings makliker deur middel van elektroniese fondsoordrag (EFO/'EFT') gemaak kan word. Scot beplan om Kiki in diens te neem om vir alle aspekte oor aanlyn bankdienste verantwoordelik te wees. Verduidelik TWEE belangrike opdragte wat Scot aan Kiki behoort te gee om te verseker dat korrupsie nie met betrekking tot die prosessering van EFO's sal plaasvind nie. (4) INLIGTING: A. Die boekhouer het op 31 Mei 2024 die voorlopige banksaldo as 'n positiewe R9 050 bereken. Hy het die Bankrekening-beginsaldo en die totale van die Kontantontvangstejoernaal (KOJ) en die Kontantbetalings- joernaal (KBJ) gebruik, voordat die Mei 2024-Bankstaat ontvang is. B. Syfers uit die Versoeningstaat op 30 April 2024: Ongunstige saldo soos per Bankstaat R1 550 Uitstaande deposito's: 16 April 2024 4 000 26 April 2024 15 000 Uitstaande EFO's: Nr. 632 7 800 Nr. 633 5 480 Gunstige Bankrekening-saldo volgens Algemene Grootboek 4 170 LET WEL:  Die deposito op 16 April 2024 vir R4 000 en EFO 632 vir R7 800 het op die Mei-Bankstaat verskyn.  Die deposito op 26 April 2024 het as R10 000 op die Bankstaat verskyn. Die kassier op hierdie tydstip is weens diefstal ontslaan, en hierdie bedrag moet afgeskryf word.  EFO 633 het op die Mei-Bankstaat verskyn met die korrekte bedrag van R4 580. 2024 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 5 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik C. 'n Vergelyking van die Mei 2024-Bankstaat met die Kontantjoernale het die volgende aan die lig gebring: (i) Bankkoste, slegs op die Bankstaat, beloop R310. (ii) 'n Debietorder vir advertensies, R1 780, is nie in die KBJ geboekstaaf nie en is op die Bankstaat gedupliseer. Die bank sal die fout volgende maand korrigeer. (iii) Die Bankstaat toon 'n direkte deposito in die besigheid se bankrekening vir R25 000. Dis 'n fout deur die betaler. Die bank sal hierdie inskrywing volgende maand terugskryf. (iv) Rente op vaste deposito, R1 060, verskyn op die staat maar nie in die joernale nie. (v) 'n Deposito van R17 500 verskyn in die KOJ, gedateer 27 Mei 2024. (vi) EFO 819 vir R11 880 is op 28 Mei 2024 in die KBJ geboekstaaf. D. Die Mei 2024-Bankstaat het 'n saldo van R? getoon. 1.2 DEBITEUREVERSOENING Sidney Winkels is 'n algemene handelaar wat kruideniersware vir kontant en op krediet verkoop. GEVRA: Bereken die korrekte saldo vir ELKE debiteur op die lys wat verskaf is. Negatiewe saldo's moet tussen hakies getoon word of met 'n '–'-teken aangedui word. (12) INLIGTING: A. Uittreksel uit die debiteurelys (voor foute en weglatings): A. Judy DL1 R27 750 B. Benior DL2 (400) C. Oliver DL3 19 300 D. Fiery DL4 2 900 B. Foute en weglatings (i) 'n Kwitansie, R9 000, ontvang van Judy is foutiewelik na Benior se Debiteuregrootboekrekening oorgeboek. (ii) Goedere wat deur Fiery teruggestuur is, R7 100, is korrek in die DAJ getoon. Dit is egter as R710 na sy rekening in die Debiteure- grootboek oorgeboek. (iii) 'n Faktuur vir R3 000 aan Oliver is korrek in die DJ geboekstaaf. Dit is egter foutiewelik as 'n kwitansie na sy rekening in die Debiteure- grootboek oorgeboek. (iv) Tydens 'n verkoopspromosie by Sidney Winkels het Oliver goedere op krediet vir R2 400 gekoop nadat hy 'n 25%-handelskorting gekry het. Die boekhouer het egter die bruto bedrag foutiewelik in die DJ geboekstaaf en dit as sodanig na die Debiteuregrootboek oorgeboek. 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 6 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 2: BTW EN VOORRAADWAARDASIE (40 punte; 30 minute) 2.1 BTW Die inligting het betrekking op Mphati Handelaars met vennote John, Jacob en Jeramiah. Die besigheid is vir BTW geregistreer. Hulle koop en verkoop standaard en nulkoersprodukte vir kontant en op krediet. Die standaard BTW- koers is 15%. GEVRA: 2.1.1 Bereken die BTW-bedrag op die goedere wat deur die besigheid verkoop is. (4) 2.1.2 Bereken die bedrag betaalbaar aan of ontvangbaar van SAID op 30 April 2024. (7) INLIGTING: A. Saldo: Bedrag verskuldig deur SAID op 1 April 2024: R5 340. B. Transaksies wat BTW-berekeninge vir April 2024 beïnvloed: BTW BTW- BTW UITGESLUIT BEDRAG INGESLUIT R R R Aankope van voorraad: 730 000  Standaardkoers-produkte 548 000 82 200 630 200  Nulkoers-produkte* sien 182 000 aantekening hieronder Totale verkope* sien aantekening 839 800 hieronder Debiteurerekeninge afgeskryf 31 510 Korting ontvang van krediteure 4 800 *LET WEL: Alle nulkoers-produkte wat aangekoop is, is gedurende 'n verkoopspromosie vir 10% onder kosprys verkoop. Hierdie bedrag is by die totale verkope se bedrag ingesluit. Daar was gedurende April 2024 geen ander nulkoers-produkte verkoop nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 7 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VOORRAADWAARDASIE Die inligting het betrekking op Cell Scene Bpk. Nadine is die hoof- uitvoerende beampte (HUB). Die finansiële jaar het op 29 Februarie 2024 geëindig.  Cell Scene Bpk. koop en verkoop twee selfoonmodelle. CLEO is duurder, terwyl BRUMA 'n basiese en goedkoper selfoon is.  Alle voorraad word volgens die spesifieke identifikasie-waardasiemetode waardeer.  Alle goedere word kontant of op kredietkaart verkoop.  Geen eenhede is gedurende die jaar vermis nie as gevolg van doeltreffende interne beheermaatreëls. GEVRA: 2.2 Buiten die twee selfoonmodelle wat tans verkoop word, ondersoek die direkteure die moontlikheid om 'n 3de model, die LITCHI, uit die VSA in te voer. Die eerste besending wat bestel sal word, bestaan uit 300 LITCHI-fone. Sien Inligting A. Bereken die verwagte kosprys van een LITCHI-foon in rand per eenheid. (5) 2.3 Bereken die totale waarde van die CLEO- en BRUMA-fone se eindvoorraad op 29 Februarie 2024, deur die spesifieke identifikasiemetode te gebruik. (6) 2.4 Bereken die gemiddelde voorraadomsetsnelheid vir die CLEO-fone vir 2024. (6) 2.5 Die direkteure het besluit om die winsopslag-% op die CLEO- en BRUMA-fone vir die 2024-finansiële jaar aan te pas. Verduidelik die uitwerking van hierdie besluite op die bruto wins en die kontantvloei van die maatskappy, sowel as die voorraadomsetsnelheid van elke model oor die afgelope twee jaar. Haal syfers en tendense aan. (8) 2.6 Indien die direkteure sou voortgaan met die LITCHI-fone en baie meer daarvan in die toekoms bestel en teen 'n winsopslag van 40% op kosprys verkoop, wat sou die uitwerking hiervan op die CLEO- en BRUMA-fone se verkope wees? Verduidelik en haal syfers aan om jou mening te ondersteun. (4) INLIGTING: A. VOORGESTELDE INVOER VAN DIE LITCHI-FONE Eenheidsprys in VSA-dollar $280 Aantal LITCHI-fone in eerste bestelling 300 eenhede Wisselkoers $1,00 = R17,50 Doeaneregte/-belastings betaalbaar by aflewering 12% Totale verskepingskoste uit die VSA na Suid-Afrika R303 600 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 8 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik B. UITTREKSEL UIT DIE VOORRAAD- & VERKOOPREKORDS CLEO BRUMA 2024 2023 2024 2023 Eenhede voorhande aan 270 400 200 300 begin van jaar Eenhede aangekoop 2 265 1 345 2 450 2 440 Eenhede verkoop 2 180 1 475 1 730 2 540 gedurende die jaar Eenhede voorhande aan ? 270 920 200 einde van jaar Eindvoorraad-waarde ? R2 160 000 ? R400 000 teen jaareinde Kosprys per eenheid R8 000 R8 000 R2 500 R2 000 Verkoopprys per eenheid R11 200 R12 000 R4 250 R3 000 % winsopslag 40% 50% 70% 50% Totale verkope R24 416 000 R17 700 000 R7 352 500 R7 620 000 Bruto wins R6 976 000 R5 900 000 R3 027 500 R2 540 000 Voorraadomsetsnelheid ? 4,4 keer 3,1 keer 10,2 keer 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 9 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 3: KOSTEREKENINGKUNDE (40 punte; 30 minute) 3.1 Kies 'n koste-kategorie uit KOLOM B wat by die voorbeelde in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 3.1.1 Afleweringsuitgawes A fabrieksbokoste 3.1.2 Kantoorskryfbehoeftes B verkope en verspreiding 3.1.3 Salaris van die fabrieksvoorman C direkte materiaal D administrasie (3) NARDO VERVAARDIGERS Die besigheid vervaardig uniforms vir konstruksiewerkers. Die finansiële jaar het op 29 Februarie 2024 geëindig. GEVRA: 3.2 Bereken die korrekte fabrieksbokoste deur die foute en weglatings in berekening te bring. (7) 3.3 Voltooi die Produksiekostestaat vir die finansiële jaar. (10) INLIGTING: A. Fabrieksbokoste: Die boekhouer het die fabrieksbokoste as R258 200 bereken. Die volgende foute en weglatings is geïdentifiseer en moet in berekening gebring word: (i) Water- en elektrisiteitsuitgawe is uit die fabrieksbokoste weggelaat. 75% van hierdie uitgawe moet aan die fabriek toegeken word en die oorblywende 25% aan administrasie. R9 600 is korrek aan administrasie toegeken. (ii) Die totale huuruitgawe, R142 800, is in die Fabrieksbokoste-rekening geboekstaaf. Dit moes soos volg volgens vloerspasie toegeken word: Fabriek Verkoopsafdeling Administrasie 220 m2 120 m2 80 m2 (iii) Versekeringuitgawe, R48 000, is foutiewelik aan fabrieksbokoste in die verhouding 4 : 2 : 1 toegeken. Die korrekte verhouding is egter 5 : 2 : 1. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 10 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik B. Grondstofvoorraad: Grondstofvoorraad (materiaal/kleedstof) wat na die fabriek oorgedra word, word volgens die EIEU-metode waardeer. Voorraadrekords toon die volgende: Hoeveelheid Koste Totale koste (meter) per meter Voorraad op 1 Maart 2023 8 000 m R10,50 R84 000 Materiaal-/Kleedstofaankope 62 000 m R739 600 Junie 2023 42 000 m R11,80 R495 600 Oktober 2023 20 000 m R12,20 R244 000 Totale materiaal/kleedstof beskikbaar 70 000 m R823 600 Uitgereik aan fabriek 59 500 m ? ? C. Goedere-in-bewerking-voorraad: 29 Feb. 2024 28 Feb. 2023 Saldo ? R30 700 D. Produksie: 20 200 uniforms is gedurende die finansiële jaar teen 'n koste van R79,00 per uniform vervaardig. Hierdie vraag word op die volgende bladsy vervolg. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 11 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik KYLA SE STAPTOERUSTINGWINKEL Die besigheid, met Kyla Coetzee as eienaar, maak sakke en baadjies vir stappers. LET WEL: Waar kommentaar of verduidelikings gevra word, moet jy:  Berekeninge, syfers en/of tendense aanhaal  'n Rede of 'n verduideliking vir in elke geval gee GEVRA: STAPPERSAKKE 3.4 Lewer kommentaar op die beheer oor direkte materiaalkoste van stappersakke. Haal syfers aan. Gee TWEE redes wat tot die verandering in die eenheidskoste kon bygedra het. (4) 3.5 Verduidelik of die besluit om die verkoops- en verspreidingskoste van stappersakke te verhoog, tot voordeel van die besigheid was of nie. Haal syfers aan. (3) 3.6 Kyla beplan om die produksie van stappersakke met 'n addisionele 2 500 eenhede gedurende die volgende finansiële jaar te verhoog. As aanvaar word dat daar geen verandering in die huidige kostestruktuur gaan wees nie, bereken die addisionele netto wins wat sy kan verwag om in 2025 te verdien. (5) STAPPERBAADJIES 3.7 Lewer kommentaar op die vaste koste per eenheid van stapperbaadjies en verduidelik die hoofoorsaak vir die verandering in hierdie eenheidskoste. (4) 3.8 Identifiseer die produksiekoste van stapperbaadjies wat 'n ernstige bron van kommer vir Kyla behoort te wees. Verskaf TWEE geldige oplossings vir hierdie probleem. (4) INLIGTING: STAPPERSAKKE STAPPERBAADJIES 2024 2023 2024 2023 Veranderlike koste per eenheid R615,00 R442,00 R336,00 R285,00 Direkte materiaalkoste per eenheid R320,00 R230,00 R116,00 R115,00 Direkte arbeidskoste per eenheid R135,00 R132,00 R175,00 R110,00 Verkoops- & verspreidingskoste R160,00 R80,00 R45,00 R60,00 per eenheid Vaste koste per eenheid R170,00 R175,00 R196,50 R130,00 Totale vaste koste R714 000 R700 000 R786 000 R780 000 Fabrieksbokoste R510 000 R500 000 R532 000 R530 000 Administratiewe koste R204 000 R200 000 R254 000 R250 000 Verkoopprys per eenheid R780,00 R750,00 R600,00 R600,00 Eenhede vervaardig en verkoop 4 200 eenhede 4 000 eenhede 4 000 eenhede 6 000 eenhede Gelykbreek- getal eenhede 4 328 eenhede 2 273 eenhede 2 978 eenhede 2 477 eenhede Netto wins/verlies (R21 120) R531 916 R269 808 R1 109 745  Die inflasiekoers is tans 6%.  Lone en salarisse het in 2024 met 4% verhoog. 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 12 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 4: BEGROTINGS (40 punte; 35 minute) Zephyr Handelaars het op 1 Januarie 2024 oopgemaak en verkoop draagbare kragstelsels ('portable power systems'/PPS) wat die publiek kan gebruik om met kragonderbrekings te help. Dan Grey is die eienaar. Agtergrondinligting:  Verkoopspersoneel word slegs 'n kommissie betaal. Kantoorpersoneel verdien maandelikse salarisse.  Tydens die opstel van die begroting was Dan nie bewus van 'n mededinger wat gedurende April 2024 naby aan Zephyr Handelaars oopgemaak het nie. Hy moes dus belangrike besluite neem om hierdie probleem gedurende Mei 2024 te hanteer. GEVRA: 4.1 Voltooi die Debiteure-invorderingskedule vir Junie 2024. (8) 4.2 Bereken die bedrae aangedui deur (i) tot (iii) in die Kontantbegroting-uittreksel. (10) 4.3 Bereken die % verhoging in kantoorwerkers se salarisse vanaf 1 Junie 2024. (4) Verwys na Inligting E. 'n Nuwe mededinger het gedurende April 2024 in die area ingetrek. Dan het in April geen stappe geneem nie, want hy het nie van die mededinger geweet nie. 4.4 Verduidelik hoe die mededinger die besigheid se verkope en kontantvloei in April 2024 beïnvloed het. Verskaf TWEE verskillende punte, met syfers. (4) 4.5 Verduidelik of Dan tevrede kan wees met die aantal eenhede wat in Mei 2024 verkoop is as gevolg van sy besluit om die verkoopprys van die produk aan te pas. Verskaf TWEE punte, met syfers. (4) 4.6 Dan is daarvan bewus dat nie al die verkoopspersoneel met die besluite wat hy oor hulle vergoeding geneem het, tevrede sal wees nie. Verkoopspersoon John was tevrede, maar nie Sally nie. Gee EEN rede wat John se opinie ondersteun en EEN rede wat Sally se opinie ondersteun. Haal syfers aan. (4) Verwys na Inligting C. 4.7 Bereken die totale bedrag van die lening, rente ingesluit. (2) 4.8 Die eienaar is onseker of hy die eiendom moet koop of huur. Verduidelik EEN punt ten gunste daarvan om die eiendom te koop en EEN punt teen hierdie voorstel. (4) INLIGTING: A. Kontant- en kredietverkope:  Kontantverkope beloop 55% van totale verkope. Winsopslag is 60% op kosprys. Verwys na die kredietverkope-syfer in die ANTWOORDEBOEK.  Debiteure-betalings volg die tendens hieronder: o 25% in die maand van verkope en hulle ontvang 5%-korting o 45% in die maand wat volg op die maand van verkope o 24% twee maande na die maand van verkope o 6% sal afgeskryf word in die derde maand ná die maand van verkope Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 13 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik B. Voorraadaankope en betaling aan krediteure:  Voorraad verkoop, word in die maand van verkope vervang.  70% van aankope is op krediet.  Krediteure word in die maand wat volg op die maand van aankope, betaal. C. Sake-eiendom/Huuruitgawes: Dan het navraag gedoen oor die moontlike uitneem van 'n 10 jaar-verbandlening om die eiendom te koop. Die volgende terme sal van toepassing wees, nadat berekeninge met 'n bankkonsultant bespreek is:  'n Deposito van 20% op die leningsbedrag moet op 1 Junie 2024 betaal word.  'n Vaste maandelikse paaiement van R13 800 (rente ingesluit) sal dan op die laaste dag van elke maand, vanaf 30 Junie 2024, vir die tydperk van die lening betaalbaar wees. D. Uittreksel uit die Kontantbegroting: MEI 2024 JUNIE 2024 ONTVANGSTE R R Kontantverkope 1 064 800 (i) Kontant van debiteure 734 382 BETALINGS Betalings aan krediteure 770 000 (ii) Salarisse: Kantoorpersoneel 62 000 64 480 Salaris: Bestuurder 40 500 40 500 Deposito op aankoop van eiendom 220 000 Paaiement op lening (rente ingesluit) 13 800 Huur van afleweringsvoertuig (iii) 34 810 *LET WEL: Die huur van die afleweringsvoertuig sal vanaf 1 Junie 2024 met 18% p.j. toeneem. E. Begrote en werklike syfers vir April en Mei 2024: APRIL 2024 MEI 2024 BEGROOT WERKLIK BEGROOT WERKLIK Getal verkoopspersone 12 12 12 8 Eenhede om te verkoop/ 200 148 220 245 reeds verkoop Kosprys per eenheid R5 500 R5 500 R5 500 R5 500 Winsopslag-% 60% 60% 60% 35% Verkoopprys per eenheid R8 800 R8 800 R8 800 R7 425 Totale verkope R1 760 000 R1 302 400 R1 936 000 R1 819 125 Kontantverkope 968 000 390 720 1 064 800 509 355 Kredietverkope 792 000 911 680 871 200 1 309 770 Debiteure-invorderings 660 924 495 690 734 380 734 380 Salaris: Bestuurder 32 400 32 400 40 500 34 020 Kommissie op verkope 264 000 195 360 290 400 363 825 Advertensies 52 800 40 000 58 080 54 575 40 TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou
Rekeningkunde/V2 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS Bruto wins x 100 Bruto wins x 100 Verkope 1 Koste van verkope 1 Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100 Verkope 1 Verkope 1 Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100 Verkope 1 Verkope 1 Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang (Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van verkope Koste van verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad (Sien Nota 1 hieronder) Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365 Kredietverkope 1 Koste van verkope 1 (Sien Nota 2 hieronder) Netto inkomste na belasting x 100 Netto inkomste na belasting x 100 Getal uitgereikte aandele 1 Gemiddelde aandeelhouersbelang 1 (Sien Nota 3 hieronder) Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100 Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1 Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100 Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1 Tussentydse dividende x 100 Finale dividende x 100 Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1 Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100 Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1 Totale vaste koste . Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid LET WEL: 1. Handelsvoorraad aan die einde van 'n finansiële jaar kan gebruik word as dit in 'n vraag vereis word. 2. Kredietaankope kan gebruik word in plaas van koste van verkope (syfers sal dieselfde wees mits voorraad konstant bly). 3. Indien daar 'n verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende 'n finansiële jaar is, word die geweegdegemiddelde getal aandele in die praktyk gebruik. Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Accounting

View all