Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
REKENINGKUNDE V1
NOVEMBER 2025
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye,
'n formuleblad en 'n 11 bladsy-antwoordeboek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2025 papers %20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)





View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)





Accounting Grade 12 P1 NSC November 2025 QP (Afr)
Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 12 · NSC November Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 806.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Rekeningkunde/V1 2 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
HOU HIERDIE BLADSY OOP.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 3 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING 2025
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. 'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
beantwoord.
3. 'n Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel
aangeheg.
4. Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.
5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
7. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE
1 Maatskappy Finansiële State 50 45
2 Kontantvloeistaat en Finansiële Aanwysers 45 35
3 Konsepte en Vertolking van Finansiële Inligting 40 30
4 Korporatiewe Bestuur 15 10
TOTAAL 150 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 4 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 1: MAATSKAPPY FINANSIËLE STATE (50 punte; 45 minute)
Die volgende inligting is uit die rekeningkundige rekords van Violet Beperk geneem. Die
finansiële jaar het op 28 Februarie 2025 geëindig. Die maatskappy dryf handel met
dames- en mansklere.
GEVRA:
1.1 Verwys na Inligting B.
Bereken die korrekte waarde van die eindvoorraad van informele manshemde. (6)
1.2 Stel die Gewone-aandelekapitaal-nota op. (8)
1.3 Voltooi die Staat van Finansiële Posisie op 28 Februarie 2025. (36)
LET WEL:
• Toon ALLE bewerkings tussen hakies.
• Sekere syfers word in die ANTWOORDEBOEK verskaf.
• Ontbrekende bedrae in ingekleurde areas moet NIE ingevul word NIE.
INLIGTING:
A. Die volgende bedrae is 'n uittreksel uit die rekeningkundige rekords op:
28 Feb. 2025 29 Feb. 2024
R R
Vaste deposito: Time Bank ?
Handelsvoorraad 4 598 000
Debiteurekontrole 735 000
Voorsiening vir oninbare skulde ?
Gewone aandeelhouersbelang ? 16 200 000
Gewone aandelekapitaal 17 875 000 11 395 000
Behoue inkomste ? 4 805 000
Verbandlening: Delta Bank 3 200 000
Krediteurekontrole 878 500
Bank (ongunstig) ?
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 5 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
B. Handelsvoorraad:
Dit het aan die lig gekom dat die eindvoorraad informele manshemde van een
spesifieke handelsmerk volgens die eerste-in-eerste-uit-voorraadwaardasie-
metode gewaardeer is, in plaas van die geweegdegemiddelde-voorraad-
waardasiemetode. Dit moet reggestel word.
Die volgende rekords het betrekking op informele hemde van hierdie
handelsmerk:
Koste
Aantal Per eenheid Totaal
R R
Voorraad (1 Maart 2024) 300 97 500
Aankope 4 800 1 605 000
Terugsendings 100 42 500
Eindvoorraad (28 Feb. 2025) 820 285 500
C. Vaste deposito: Time Bank
• 'n Vaste deposito van R320 000 het op 31 Julie 2025 verval.
• Die oorblywende 60% van die vaste deposito sal op 31 Desember 2028
verval.
D. Oordrag van saldo en voorsiening vir oninbare skulde:
• 'n Debiteur, wie se rekening 'n oorbetaling van R5 000 in die
Debiteuregrootboek toon, het versoek dat hierdie oorbetaling na sy rekening
in die Krediteuregrootboek oorgeplaas moet word. Hierdie oorplasing is nog
nie aangeteken nie.
• Die voorsiening vir oninbare skulde moet tot 4% van die uitstaande debiteure
aangesuiwer word.
E. Uittreksel uit die Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig
28 Februarie 2025:
R
Bedryfsinkomste
Kommissie-inkomste 169 400
Huurinkomste 430 500
Bedryfsuitgawes
Direkteursfooie 1 998 750
LET WEL: Die volgende jaareinde-aansuiwerings is reeds in die staat hierbo in
ag geneem:
• Kommissie-inkomste vir Februarie 2025, R6 400, was nog uitstaande.
• Huur vir Maart en April 2025 is ontvang en aangeteken. Die huur is op
1 Desember 2024 met 10% verhoog.
• Die maatskappy het op 1 Maart 2024, die begin van die finansiële jaar, twee
direkteure gehad. Albei van hulle het dieselfde maandelikse direkteursfooie
verdien en is ten volle betaal. 'n Derde direkteur, Jack Jele, is op
1 Junie 2024 in diens geneem en hy verdien maandelikse fooie van 25%
minder as die ander direkteure. Jack is tot en met 31 Maart 2025 betaal.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 6 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
F. Verbandlening: Delta Bank
• Vaste maandelikse terugbetalings van R45 000, gekapitaliseerde rente
ingesluit, is vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2025 gemaak en
korrek aangeteken.
• Die maandelikse terugbetalings sal dieselfde bly totdat die lening oor 'n
tydperk van ongeveer vier jaar ten volle terugbetaal is.
• Die verwagte rente vir die volgende finansiële jaar is R290 000.
G. Aandele en dividende:
LET WEL: Die relevante inskrywing is reeds aangeteken.
• Die maatskappy het gemagtigde aandelekapitaal van 9 000 000 aandele
gehad.
• 750 000 nuwe aandele is op 31 Maart 2024 uitgereik.
• 'n Tussentydse dividend is op 1 September 2024 betaal.
• 150 000 aandele is op 31 Januarie 2025 teruggekoop. EFO-betalings van
R1 710 000 in totaal is ten gunste van aandeelhouers gemaak.
• Die direkteure het 'n finale dividend van 90 sent per aandeel op die
2 750 000 uitgereikte aandele op 28 Februarie 2025 verklaar.
H. Wins en inkomstebelasting:
• Die aanslag van SAID vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2025 het
aangedui dat die maatskappy vir 'n belastingterugbetaling van R70 000
kwalifiseer.
• Die netto wins na belasting is akkuraat bereken op R4 721 700 vir die
finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2025.
I. Finansiële aanwysers bereken op 28 Februarie 2025 nadat die bostaande
in berekening gebring is:
Bedryfsverhouding 1,3 : 1
% opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang 24%
50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 7 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 2: KONTANTVLOEISTAAT EN FINANSIËLE AANWYSERS
(45 punte; 35 minute)
Die inligting hou verband met Mustang Bpk. vir die finansiële jaar geëindig
28 Februarie 2025.
GEVRA:
2.1 Bereken die volgende bedrae met betrekking tot die Versoening van
Wins voor Belasting en Kontant Gegenereer uit Bedrywighede-nota op
28 Februarie 2025:
• Verandering in ontvangbare bedrae (3)
• Verandering in betaalbare bedrae (4)
LET WEL: Toon die invloei of uitvloei van kontant vir antwoorde bereken.
2.2 Voltooi die Kontantvloeistaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2025. (23)
LET WEL:
• Sekere syfers word in die ANTWOORDEBOEK verskaf.
• Ontbrekende bedrae in ingekleurde areas moet NIE ingevul word NIE.
2.3 Bereken die volgende finansiële aanwysers vir die jaar geëindig
28 Februarie 2025:
• Netto batewaarde per aandeel (3)
• Vuurproefverhouding (5)
• Dividenduitbetalingskoers (5)
2.4 Die direkteure behoort bekommerd te wees oor die kontantbronne van die
maatskappy vir die jaar geëindig 28 Februarie 2025. Gee EEN rede (met
syfers) vir hierdie bekommernis. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 8 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
INLIGTING:
A. Uittreksel uit die Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig
28 Februarie 2025:
R
Koste van verkope 12 800 000
Rente op lening 316 250
Netto wins voor belasting 720 000
Belasting vir die jaar 201 600
Netto wins na belasting 518 400
B. Uittreksel uit die Staat van Finansiële Posisie:
28 Feb. 2025 29 Feb. 2024
R R
Gewone aandeelhouersbelang 7 140 120 5 500 000
Verbandlening: Merchant Bank 2 880 000 ?
Bankoortrekking 775 000 0
C. Vaste bates:
28 Feb. 2025 29 Feb. 2024
R R
Grond en geboue teen kosprys 5 600 000 5 600 000
Toerusting teen kosprys ? 745 000
Voertuie teen kosprys 2 900 000 2 520 000
Opgehoopte waardevermindering op toerusting ? 233 000
Opgehoopte waardevermindering op voertuie ? 85 000
Toerusting:
• 'n Ou yskas is op 30 Junie 2024 teen drawaarde vir kontant verkoop.
Volgens die Vastebateregister was die kosprys van die yskas R55 000 en
die drawaarde daarvan op 1 Maart 2024 was R16 000.
• Waardevermindering op toerusting is 15% p.j. teen kosprys.
Voertuie:
'n Nuwe afleweringsvoertuig is op 1 Desember 2024 kontant aangekoop. Geen
voertuie is gedurende die jaar verkoop nie.
D. Handels- en ander ontvangbare bedrae:
28 Feb. 2025 29 Feb. 2024
R R
Debiteurekontrole 3 167 000 1 303 500
SAID: Inkomstebelasting 0 32 000
3 167 000 1 335 500
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 9 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
E. Kontant en kontantekwivalente:
28 Feb. 2025 29 Feb. 2024
R R
Bank 0 405 000
Kleinkas 18 000 10 000
18 000 415 000
F. Handels- en ander betaalbare bedrae:
28 Feb. 2025 29 Feb. 2024
R R
Krediteurekontrole 1 450 000 1 323 500
Opgelope uitgawes 14 600 0
Aandeelhouers vir dividende 129 480 162 000
SAID: Inkomstebelasting 15 300 0
1 609 380 1 485 500
G. Aandele en dividende:
• Die direkteure het op 31 Julie 2024 'n tussentydse dividend betaal.
• 50 000 nuwe aandele is op 1 November 2024 teen 'n prys van R20 per
aandeel uitgereik.
• 2 000 aandele is teen 40% meer as die gemiddelde aandeleprys van
R11 per aandeel teruggekoop.
• Die direkteure het op 28 Februarie 2025 'n finale dividend verklaar.
• Daar is reeds 498 000 gewone aandele op 28 Februarie 2025 uitgereik.
• Dividende betaal volgens die Kontantvloeistaat vir die jaar geëindig
28 Februarie 2025, was R252 000.
H. Finansiële aanwyser:
28 Feb. 2025 29 Feb. 2024
Skuld-ekwiteit-verhouding ? 0,6 : 1
45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 10 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 3: KONSEPTE EN VERTOLKING VAN FINANSIËLE INLIGTING
(40 punte; 30 minute)
SHORTS BPK. EN LYNN BPK.
Die inligting het betrekking op Shorts Bpk. en Lynn Bpk., wat in dieselfde bedryf handel
dryf, vir die jaar geëindig 28 Februarie 2025.
LET WEL: Waar kommentaar of verduidelikings gevra word, moet jy:
• Finansiële aanwysers en tendense met syfers aanhaal
• 'n Rede of 'n verduideliking vir die aangehaalde finansiële aanwysers
gee
Gebruik hierdie sleutel vir afkortings:
HUB: Hoof- uitvoerende beampte
HFB: Hoof- finansiële beampte
JSE: Johannesburgse Sekuriteitebeurs
GEVRA:
3.1 Kies die korrekte woord(e) om elk van die volgende beskrywings te voltooi.
Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.3) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (KMIE); direkteur;
Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde (IFVS); interne ouditeur
3.1.1 Riglyne vir die voorbereiding van finansiële state om
konsekwentheid te verseker
3.1.2 'n Verkose raadslid wat vir die bestuur van die maatskappy en die
implementering van beleid verantwoordelik is
3.1.3 Verantwoordelik vir die instandhouding van rekords en kontrole van
nuwe en bestaande maatskappye (3 x 1) (3)
3.2 Shorts Bpk.
3.2.1 Bedryfsdoeltreffendheid:
Die HUB glo dat die maatskappy se prysbepalingsbeleid goed
bestuur word in vergelyking met hulle mededingers. Haal TWEE
finansiële aanwysers/finansiële data met tendense aan om sy
bewering te staaf. (4)
3.2.2 Likiditeit:
Verduidelik hoe die kredietbeleid die likiditeit van die maatskappy
verbeter het. Haal TWEE finansiële aanwysers met tendense aan. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 11 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
3.2.3 Aandeelhouding van Lewis Clark in Shorts Bpk.
Verwys na Inligting A, B en C.
• Verskaf 'n berekening om die effek te toon wat die terugkoop van
aandele op Lewis se % aandeelhouding gehad het. (4)
• Gee TWEE redes waarom die interne ouditeur bekommerd is oor
die HFB wat die direksie oorreed het om aandele terug te koop. (4)
• Bereken die addisionele bedrag wat die maatskappy vir die
terugkoop van die aandele betaal het, in vergelyking met die
aandeleprys op die JSE. (2)
3.3 Shorts Bpk. en Lynn Bpk.
3.3.1 Opbrengs- en dividenduitbetalingsbeleid:
• Die HUB's van beide maatskappye sal hulle maatskappye se
prestasie bespreek. Lewer kommentaar op wat hulle oor die %
opbrengste moet noem. Haal EEN finansiële aanwyser met
syfers aan. (4)
• 'n Voornemende belegger glo dat Lynn Bpk. 'n beter dividend-
uitbetalingsbeleid in vergelyking met Shorts Bpk. het.
Verduidelik waarom jy met haar sou saamstem. Verskaf TWEE
punte met syfers. (4)
3.3.2 Aandeleprys:
Lewer kommentaar op die aandeelhouers se tevredenheid met die
vertoning van hulle aandeleprys. Haal TWEE finansiële aanwysers
aan om jou kommentaar te ondersteun. (4)
3.4 Lynn Bpk.
Die skuld-ekwiteit-verhouding toon dat addisionele lenings gedurende die
finansiële jaar verkry is. Die direkteure is van mening dat dit 'n goeie besluit
was. Haal EEN finansiële aanwyser aan om hulle mening te ondersteun. (3)
3.5 Ouditverslag van Lynn Bpk.
• Verduidelik waarom die aandeelhouers oor hierdie ouditverslag bekommerd
moet wees. Verskaf TWEE punte. (2)
• Noem TWEE moontlike besluite wat die aandeelhouers kon maak,
gebaseer op hierdie ouditverslag. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 12 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
INLIGTING:
A. Agtergrondinligting vir Shorts Bpk.:
• Lewis Clark, die HFB, is 'n aandeelhouer van Shorts Bpk.
• Hy het die direksie oortuig om 400 000 aandele teen R3 elk by 'n ontevrede
aandeelhouer terug te koop. Hierdie aandele sal nie vir finale dividende
kwalifiseer nie.
• Die transaksie hierbo het plaasgevind voordat die finale dividende verklaar
is. Alle betrokke partye het tot die aanbod ingestem en die EFO-betaling is
dienooreenkomstig gemaak.
B. Aandelekapitaal van Shorts Bpk.:
Aantal aandele 28 Feb. 2025 29 Feb. 2024
Gemagtigde aandele 3 000 000 3 000 000
Terugkoop van aandele (400 000) 0
Aantal aandele uitgereik 1 383 250 1 783 250
Aandeelhouding van Lewis Clark, die HFB:
28 Feb. 2025 29 Feb. 2024
% aandeelhouding ? 40%
C. Finansiële data, finansiële aanwysers, markpryse van aandele en
rentekoerse:
Shorts Bpk. Lynn Bpk.
28 Feb. 29 Feb. 28 Feb. 29 Feb.
2025 2024 2025 2024
Verkope R77 m. R48 m. R85 m. R90 m.
Winsopslag-% 50% 65% 60% 45%
% bedryfsuitgawes op verkope 17,8% 18,2%
% netto wins ná belasting op verkope 26,4% 22%
Bedryfsverhouding 2,4 : 1 2,2 : 1
Vuurproefverhouding 1,8 : 1 1,4 : 1
Debiteure-invorderingsperiode 31 dae 42 dae
Krediteurebetalingsperiode 90 dae 71 dae
Skuld-ekwiteit-verhouding 0,6 : 1 0,4 : 1
% opbrengs op totale kapitaal aangewend 21,8% 19,2%
% opbrengs op aandeelhouersbelang 6% 14,7% 16,1% 14,5%
Verdienste per aandeel 130 sent 165 sent 510 sent 528 sent
Dividende per aandeel 162 sent 81 sent 275 sent 260 sent
Dividenduitbetalingskoers 124,6% 49,1% 53,9% 49,2%
Netto batewaarde per aandeel 270 sent 258 sent 958 sent 930 sent
Markprys op laaste dag vir jaar 256 sent 976 sent
Rente op lenings 14,2% 12,5%
Rente op vaste deposito 7,1% 6,7%
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 13 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
D. Uittreksel uit die ouditverslag van Lynn Bpk.:
... Ouditmening
Na ons mening is die finansiële state 'n redelike weergawe van die finansiële
posisie van die maatskappy, behalwe vir sake hieronder genoem.
Die ouditbewyse het aan die lig gebring dat stawende dokumentasie van
sommige uitgawes ontbreek het en nie opgespoor kon word nie.
40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 14 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 4: KORPORATIEWE BESTUUR (15 punte; 10 minute)
Jy word voorsien van 'n uittreksel uit 'n verslag van 'n maatskaplike en etiese komitee,
asook twee onverwante artikels. Gebruik die inligting gegee en jou kennis oor
maatskappye om die vrae te antwoord.
Verwys na Inligting A.
4.1 Sommige aandeelhouers is bekommerd oor die donasies wat vir
omgewingsinisiatiewe gemaak word, want hulle glo dat dit nie hulle
verantwoordelikheid is nie.
Gee raad aan die aandeelhouers oor waarom korporatiewe donasies in belang
van die maatskappy is. Verskaf TWEE punte. (2)
Verwys na Inligting B.
4.2 • Verduidelik TWEE punte waarom dit belangrik is dat werknemers onetiese
gedrag in 'n besigheid rapporteer. (2)
• Stel TWEE stappe voor wat die maatskappy kan doen om in die toekoms
soortgelyke voorvalle te voorkom. (2)
Verwys na Inligting C.
4.3 Verduidelik die betekenis van die term insolvent. (2)
4.4 Lewer kommentaar op hoe die 'regte-uitgifte' die solvensie van die maatskappy
tot 'n gunstige posisie verbeter het. Verwys na die effek van die regte-uitgifte
op die bates, ekwiteite en laste van die maatskappy. Aanvaar dat die
maatskappy se banksaldo gunstig was. (3)
4.5 Gee TWEE redes waarom die bestaande aandeelhouers positief op deelname
aan die regte-uitgifte gereageer het. (4)
INLIGTING
A. Uittreksel uit die maatskaplike en etiese komitee se verslag van
Shiloh Bpk.:
Die maatskappy het skenkings gemaak ter ondersteuning van
gemeenskapsinisiatiewe, asook omgewingseminare oor die herwinning van
blikkies, plastiek en papier. Die bewyse van hierdie donasies is voldoende en
behoorlik in die finansiële state aangeteken.
B. Artikel 1: Ontslag van senior finansiële bestuurder van Tekko Bpk.
'n Ondersoek deur Tekko Bpk. het aan die lig gebring dat 'n senior finansiële
bestuurder maatskappyfondse wanbestuur het en werkers in haar afdeling, wat
hulle bekommernis uitgespreek het, geïntimideer het. Sy het ook
dreigboodskappe gestuur, wat 'n toksiese werksomgewing geskep het. Die
maatskappy het gereageer deur haar diens te beëindig, wat personeel-
veiligheid verseker het en het 'n finansiële oudit aangevra.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 15 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
C. Artikel 2: Om 'n weg te vind uit insolvensie
Piranna Bpk. is in Maart 2025 insolvent verklaar. Maatskappye wat insolvent
is, benodig drastiese stappe om hulle finansiële situasie te verbeter. Piranna
Bpk. het die opsie van 'regte-uitgifte' gekies, waar nuwe aandele slegs aan
bestaande aandeelhouers uitgereik sou word.
Nadat al die nodige goedkeurings vir die implementering van die regte-uitgifte
ontvang is, het Piranna Bpk. vyf miljoen aandele teen 'n 30%-prysverlaging van
R27 per aandeel aan sy bestaande aandeelhouers gebied. Die aandele van
die maatskappy het teen ongeveer R39 per aandeel verhandel.
Aandeelhouers het positief op hierdie regte-uitgifte gereageer en die
maatskappy kon voldoende kontant verkry om uit insolvensie uit te beweeg.
15
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Rekeningkunde/V1 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS
Bruto wins x 100 Bruto wins x 100
Verkope 1 Koste van verkope 1
Netto wins voor belasting x 100 Netto wins ná belasting x 100
Verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100
Verkope 1 Verkope 1
Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste
(Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang
(Handels- & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste
Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van verkope
Koste van verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad
(Sien Nota 1 hieronder.)
Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365
Kredietverkope 1 Koste van verkope 1
(Sien Nota 2 hieronder.)
Netto inkomste na belasting x 100 Netto inkomste na belasting x 100
Gemiddelde aandeelhouersbelang 1 Getal uitgereikte aandele 1
(Sien Nota 3 hieronder.)
Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100
Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1
Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Tussentydse dividende x 100 Finale dividende x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100
Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1
Totale vaste koste .
Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
NOTA: 1. Handelsvoorraad aan die einde van 'n finansiële jaar kan gebruik word as dit in 'n vraag vereis word.
365 dae is slegs van toepassing indien dit op die hele jaar betrekking het.
2. Kredietaankope kan gebruik word in plaas van koste van verkope (syfers sal dieselfde wees indien
voorraad konstant is).
3. Indien daar 'n verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende 'n finansiële jaar is, word die
geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Addendum
Accounting Grade 12 P1 NSC June 2025 Addendum (Afrikaans)

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2022 Memo (Afr)
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)

Addendum
Accounting Grade 12 Paper 2 KZN June 2025 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 KZN June 2025 Memo

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 Memo (Afr)

Addendum