Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
REKENINGKUNDE V2
NOVEMBER 2025
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye,
'n formuleblad en 'n 11 bladsy-antwoordeboek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2025 papers 

%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119/v1-1eb00d6628aa32a175b1/card.webp)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)


View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)





Accounting Grade 12 P2 NSC November 2025 QP (Afr)
Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 12 · NSC November Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 1.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Rekeningkunde/V2 2 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
HOU HIERDIE BLADSY OOP.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 3 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING 2025
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. 'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
beantwoord.
3. 'n Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel
aangeheg.
4. Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.
5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
7. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE
1 Versoenings 40 30
2 Voorraadwaardasie 35 30
3 Kosterekeningkunde 35 30
4 Begrotings en Probleemoplossing 40 30
TOTAAL 150 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 4 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 1: VERSOENINGS (40 punte; 30 minute)
1.1 BANKVERSOENING
Die inligting het betrekking op Duma Winkels op 31 Julie 2025. Die eienaar van
die besigheid is Duma Mathupha. Hulle gebruik die amptelike Bankstaat,
ontvang op die 28ste van elke maand, om hulle Kontantjoernale te versoen.
GEVRA:
1.1.1 Voltooi die gegewe tabel in die ANTWOORDEBOEK deur die
inskrywings te toon wat op 31 Julie 2025 in die Kontantjoernale
geboekstaaf moet word. (10)
1.1.2 Berei die Bankversoeningstaat op 31 Julie 2025 voor. (7)
1.1.3 Identifiseer TWEE probleme (met syfers) met die bestuur van kontant
by Duma Winkels. Verskaf in ELKE geval 'n ander oplossing vir hoe
hierdie probleme in die toekoms voorkom kan word. (6)
INLIGTING:
A. Uittreksel uit die Bankversoeningstaat op 30 Junie 2025:
Gedateer 29 Junie 2025 R132 000
Uitstaande deposito's:
Gedateer 30 Junie 2025 R18 600
EFO 124 (Typek Skryfbehoeftes) R5 310
Uitstaande EFO's:
EFO 125 (Cola Winkels) R9 990
B. Voorlopige totale in die Kontantjoernale op 31 Julie 2025 voordat
die Bankstaat ontvang is:
Kontantontvangstejoernaal Kontantbetalingsjoernaal
R162 000 R55 200
C. Items op die Bankstaat wat nie ooreenstem met die Julie 2025
Kontantjoernale nie:
Debiet Krediet
Datum Besonderhede
R R
2025 29 Deposito 132 000
Junie 30 Deposito 8 600
2025 3 EFO 124 (Typek Skryfbehoeftes) 3 150
Julie 5 EFO 125 (Cola Winkels) 9 990
10 Direkte deposito (Q Ngcobo) 16 500
15 Debietorder (Prime Versekeraars) 2 700
15 Debietorder (Prime Versekeraars) 2 700
25 Rente 975
Diensgelde 605
28 A–Z Verskaffers 12 000
(i) Die interne ouditeur het ontdek dat die ondersteunende
kontantstrokies R18 600 vir die deposito op 30 Junie 2025
beloop het. Die tekort is oninbaar aangesien die kassiere van
daardie tyd bedank het.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 5 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
(ii) EFO 124 op 3 Julie 2025 (Typek Skryfbehoeftes) is korrek op
die Bankstaat.
(iii) Die direkte deposito op 10 Julie 2025 deur Q Ngcobo ('n
huurder) is foutiewelik in die Kontantbetalingsjoernaal
aangeteken.
(iv) Die debietorder op 15 Julie 2025 aan Prime Versekeraars vir
die besigheidversekering is twee keer geprosesseer weens
onvoldoende fondse in Junie. Hierdie bedrae dek beide Junie
en Julie 2025 se betalings om die rekening op datum te bring.
(v) 'n Bank-oordrag op 28 Julie 2025 ten gunste van
A–Z Verskaffers is met R11 000 deur die bankklerk oorbereken.
Die bank is in kennis gestel en sal die fout in Augustus 2025
regstel.
D. Inskrywings in die Kontantjoernale vir Julie 2025 wat nie op die
Julie 2025 Bankstaat verskyn het nie:
• Deposito op 30 Julie 2025: R41 850
• EFO 207: R7 650
• EFO 208: R10 800
E. Duma, die eienaar, het op 29 Julie 2025 die besigheid se debietkaart
gebruik vir die betaling van R13 000 aan Star Motors vir herstelwerk
aan die maatskappyvoertuig, maar hy het nagelaat om die transaksie-
strokie by die boekhouer in te dien.
F. Die Bankstaat op 28 Julie 2025 het 'n gunstige saldo van R119 080
getoon.
1.2 KREDITEUREVERSOENING
Portia Gina is die eienaar van PG Winkels en sy koop goedere op krediet by
Matsulu Verskaffers. Die rekeningstaat ontvang van Matsulu Verskaffers toon
'n saldo van R287 600 vir Junie 2025.
1.2.1 Gebruik die tabel in die ANTWOORDEBOEK om aan te dui hoe die
toepaslike saldo's sal verander wanneer die Krediteureversoening
opgestel word. Toon die bedrag, sowel as 'n (+) vir toename en
'n (–) vir afname. (11)
1.2.2 Die aankoopbestuurder van PG Winkels het ses stoele vir die
kantore bestel. Sy vriend Mike, die verkoopsbestuurder van
Comfy Verskaffers, het PG Winkels R30 000 per stoel op versoek van
die aankoopbestuurder gefaktureer. Die interne ouditeur het ontdek
dat die werklike prys van die stoele R7 500 elk is.
• Verduidelik hoe die besigheid kan voorkom dat hierdie probleem in
die toekoms gebeur, die verdeling van pligte uitgesluit. Verskaf
TWEE punte. (4)
• Hoe kan daar teen die aankoopbestuurder opgetree word, behalwe
om hom af te dank? Verskaf EEN punt. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 6 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
INLIGTING:
A. Krediteuregrootboekrekening van PG Winkels:
Krediteuregrootboek van PG Winkels
Matsulu Verskaffers
Debiet Krediet Saldo
Datum Besonderhede Fol.
R R R
2025 1 Saldo a/b 135 000
Junie 12 Faktuur 320 162 000
14 EFO 67 500
19 Debietnota 785 13 680
20 Faktuur 412 50 000
23 Faktuur 471 100 500
24 Debietnota 1106 16 200
28 Faktuur 681 42 000
29 EFO en korting 154 380 270 140
B. 'n Vergelyking van die Krediteuregrootboek met die rekeningstaat
ontvang van Matsulu Verskaffers, het die volgende verskille
getoon:
(i) Debietnota 785 is foutiewelik na die Krediteuregrootboek
oorgeboek. Die staat toon die korrekte bedrag van R17 280.
(ii) Faktuur 471 is foutiewelik as R40 500 op die staat van
Matsulu Verskaffers geboekstaaf.
(iii) Die transaksie op 24 Junie 2025 in die Krediteuregrootboek is
vir handelsware wat aan Matsulu Verskaffers teruggestuur is.
(iv) Die staat het rente gehef van R1 080 getoon. Die korrekte
bedrag rente is R1 410. Geen inskrywing is in die
Krediteuregrootboek gemaak nie.
(v) Die staat toon transaksies tot en met 25 Junie 2025.
(vi) Alle ander transaksies in die Krediteuregrootboek geboekstaaf,
verskyn korrek in die rekeningstaat ontvang van Matsulu
Verskaffers.
40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 7 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 2: VOORRAADWAARDASIE (35 punte; 30 minute)
2.1 SUPERSAVERS SUPERMARK
Die volgende inligting is uit die rekeningkundige rekords van Supersavers
Supermark geneem ten opsigte van gegeurde sap (2 liter-bottels) wat hulle
verkoop. Die eerste-in-eerste-uit(EIEU)-voorraadwaardasiemetode word
toegepas. Die besigheid word deur Bryan Mills bestuur. Die finansiële jaar het
op 28 Februarie 2025 geëindig.
GEVRA:
2.1.1 Bereken die waarde van die eindvoorraad op 28 Februarie 2025 deur
die EIEU-metode te gebruik. (7)
2.1.2 Bryan het gemerk dat sommige van die voorraad gegeurde sappe hulle
raklewe (vervaldatum) van 65 dae oorskry het. Identifiseer die waarde
van die voorraad waarna Bryan verwys deur die EIEU-voorraad-
waardasiemetode te gebruik. (2)
2.1.3 Hoe kan Bryan die voorraad gegeurde sap bestuur om verliese wat die
besigheid gely het, te vermy? Verskaf TWEE punte. (4)
INLIGTING:
A. Saldo's:
GETAL TOTAAL
DATUM
EENHEDE R
1 Maart 2024 630
28 Februarie 2025 980 ?
B. Aankope en terugsendings gedurende die jaar:
GETAL EENHEIDSPRYS TOTAAL
EENHEDE R R
Aankope 10 500 358 250
Maart–November 2024 6 900 32 220 800
Desember 2024 2 600 37 96 200
Januarie 2025 150 37 5 550
Februarie 2025 850 42 35 700
Terugsendings 32 ? 1 344
C. Verkope:
10 118 eenhede is teen R47 per bottel verkoop: R475 546
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 8 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
2.2 BANDURA DRUKKERS
Bandura Drukkers verkoop verskillende modelle drukkers. Die eienaar van die
besigheid is Moses Banda. Moses het besluit om 'n nuwe model (Clear View) in
Februarie 2025 bekend te stel. Die drukkers word gewaardeer deur
die spesifieke identifikasiemetode te gebruik. Die finansiële jaar het op
30 Junie 2025 geëindig.
GEVRA:
2.2.1 Rotrim-model:
Bereken die waarde van die eindvoorraad op 30 Junie 2025 deur die
spesifieke identifikasiemetode te gebruik. (4)
2.2.2 Punchies-model:
• Bereken die voorraadhoudingsperiode (in dae) deur die
eindvoorraad te gebruik. (5)
• Lewer kommentaar op die voorraadhoudingsperiode. Verskaf EEN
punt, met syfers. Die voorraadhoudingsperiode vir die jaar geëindig
30 Junie 2024 was 69 dae. (2)
2.2.3 Clear View-model:
• Alhoewel daar terugsendings vir die Clear View-model was, is
Moses baie tevrede met sy besluit om dit as 'n nuwe model bekend
te stel. Verskaf TWEE punte (met syfers) om te verduidelik waarom
Moses tevrede is. (4)
• Moses wil die aantal eenhede wat aan die verskaffers teruggestuur
word, verminder. Gee EEN voorstel oor hoe om dit te bereik. (2)
INLIGTING:
A. Beginvoorraad:
GETAL EENHEIDSPRYS TOTAAL
DATUM MODEL
EENHEDE R R
Rotrim 30 15 500 465 000
1 Julie 2024
Punchies 25 22 300 557 500
1 022 500
B. Aankope en terugsendings:
GETAL EENHEIDSPRYS TOTAAL
DATUM MODEL
EENHEDE R R
Aankope:
Sept. 2024 Rotrim 90 15 500 1 395 000
Nov. 2024 Punchies 110 22 300 2 453 000
Feb. 2025 Clear View 90 35 000 3 150 000
Terugsendings:
Feb. 2025 Clear View 15 35 000 (525 000)
Netto aankope 6 473 000
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 9 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
C. Verkope vir die jaar geëindig 30 Junie 2025:
GETAL EENHEIDSPRYS TOTAAL
MODEL
EENHEDE R R
Rotrim 79 21 700 1 714 300
Punchies 3 108 000
Clear View 65 49 000 3 185 000
Totale verkope 8 007 300
D. Eindvoorraad:
TOTAAL
DATUM MODEL
R
Rotrim ?
30 Junie 2025 Punchies 780 500
Clear View 350 000
?
2.3 BESTUUR VAN VOORRADE
Jy word voorsien van inligting uit die boeke van Madrid Elektriese Waaiers
Verskaffers. Robin Madrid is die eienaar van die besigheid. Hulle verkoop
elektriese waaiers en yskaste aan huishoudings in Middelburg. Die finansiële
jaar het op 30 September 2025 geëindig.
GEVRA:
2.3.1 Elektriese waaiers:
• Identifiseer die besluit wat Robin oor die elektriese waaiers
geïmplementeer het. (1)
• Verduidelik hoe hierdie besluit 'n positiewe gevolg vir die besigheid
gehad het. Verskaf EEN punt, met syfers. (2)
2.3.2 Yskaste:
Robin het die handelsmerk van yskaste wat hy verkoop, verander.
Verskaf EEN punt, met syfers, om te toon dat dit nie 'n goeie idee was
nie. (2)
INLIGTING:
ELEKTRIESE WAAIERS YSKASTE
2025 2024 2025 2024
Totale verkope R137 700 R112 000 R2 418 750 R5 161 500
Bruto wins R61 200 R42 000 R806 250 R1 720 500
Verkoopprys per eenheid R270 R200 R5 625 R6 975
Kosprys per eenheid R150 R125 R3 750 R4 650
Eenhede beskikbaar om te
750 600 960 820
verkoop
Eenhede verkoop 510 560 430 740
Winsopslag-% 80% 60% 50% 50%
35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 10 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 3: KOSTEREKENINGKUNDE (35 punte; 30 minute)
3.1 LOCKSMITH VERVAARDIGERS
Die besigheid vervaardig veiligheidsbaadjies. Hulle finansiële jaar het op
28 Februarie 2025 geëindig.
GEVRA:
3.1.1 Voltooi die Fabrieksbokoste-nota. (16)
3.1.2 Bereken die koste van produksie van klaarprodukte vir die jaar
geëindig 28 Februarie 2025. (4)
INLIGTING:
A. Uittreksel uit saldo's:
28 Feb. 2025 29 Feb. 2024
R R
Fabriekstoerusting 5 400 000 ?
Opgehoopte waardevermindering
? 1 680 000
op fabriekstoerusting
Goedere-in-bewerking-voorraad 93 000 125 000
B. Opsomming van totale vir die jaar geëindig 28 Februarie 2025:
R
Primêre koste 6 025 000
Water en elektrisiteit 915 000
Versekering 78 000
Huuruitgawe 240 400
Advertensies 380 000
Ander fabrieksuitgawes 737 010
C. Addisionele inligting en aansuiwerings:
• 75% van die water en elektrisiteit moet aan die fabriek toegeken
word. Die res moet gelykop tussen die ander afdelings verdeel
word.
• Versekering sluit 'n addisionele premie van R10 800 in, wat vir die
tydperk van 1 Desember 2024 tot 30 November 2025 betaal is.
Hierdie uitgawe moet in die verhouding 3 : 2 tussen die fabriek en
die verkoopsafdeling toegeken word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 11 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
• Locksmith Vervaardigers huur hulle perseel by Dynamic
Eiendomme teen 'n vaste tarief per m2. Locksmith Vervaardigers
moes, weens uitbreidings, vanaf 1 Oktober 2024 addisionele ruimte
slegs vir die fabriek teen dieselfde vaste tarief per m2 huur. Die
toepaslike vloerspasie vir die jaar geëindig 28 Februarie 2025 was
soos volg:
1 Mrt. 2024 tot 1 Okt. 2024 tot
30 Sept. 2024 28 Feb. 2025
Fabriek 200 m2 225 m2
Ander afdelings 40 m2 40 m2
Totaal 240 m2 265 m2
• Maak voorsiening vir waardevermindering op fabriekstoerusting
teen 20% p.j. volgens die verminderdesaldo-metode.
LET WEL: Nuwe fabriekstoerusting wat R684 000 kos, is op
1 November 2024 geïnstalleer. Dit is behoorlik
geboekstaaf.
3.2 PICASO VERVAARDIGERS
Picaso Vervaardigers is 'n besigheid wat selfoonskerm-beskermers ('screen
covers') en selfoonhouers ('cases') vervaardig. Dawn Mthembu is die eienaar
van die besigheid. Die finansiële jaar eindig elke jaar op 31 Augustus.
LET WEL: Waar kommentaar of verduidelikings gevra word, moet jy:
• Bewerkings, syfers en/of tendense aanhaal
• 'n Rede of 'n verduideliking in ELKE geval gee
GEVRA:
SELFOONHOUERS
3.2.1 Bereken die gelykbreekpunt op 31 Augustus 2025. (4)
3.2.2 Lewer kommentaar daarop of Dawn tevrede moet wees met die getal
eenhede geproduseer en verkoop. Verskaf EEN punt, met syfers. (2)
3.2.3 Dawn is bekommerd oor 'n vastekoste-item wat swak beheer is ten
spyte van die verlaging in die vaste koste per eenheid in 2025.
Identifiseer die vastekoste-item (met syfers) wat swak beheer is. Gee
'n moontlike rede vir hierdie bekommernis. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 12 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
SELFOONSKERM-BESKERMERS
3.2.4 Veranderlike koste per eenheid:
Identifiseer die volgende:
• Veranderlikekoste-item (met syfers) wat swak beheer is. Gee raad
oor hoe om die beheer oor hierdie koste-item te verbeter. (3)
• Veranderlikekoste-item (met syfers) wat goed beheer is.
Verduidelik hoe hierdie item goed beheer is. (3)
INLIGTING:
SELFOONSKERM-
SELFOONHOUERS
BESKERMERS
31 Aug. 31 Aug. 31 Aug. 31 Aug.
2025 2024 2025 2024
Gelykbreekpunt ? 20 000
Eenhede geproduseer en verkoop 28 750 25 000
Verkoopprys per eenheid R265 R250 R152 R140
Totale vaste koste per eenheid R80 R92 R78 R63
Fabrieksbokoste R34 R50 R47 R38
Administratiewe koste R46 R42 R31 R25
Totale veranderlike koste per
R146 R135 R68 R55
eenheid
Direkte materiaalkoste R73 R67 R38 R24
Direkte arbeidskoste R52 R49 R20 R22
Verkoop- en verspreidingskoste R21 R19 R10 R9
LET WEL: Geen werkers is uit diens gestel nie en geen oortyd is gewerk nie.
35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 13 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 4: BEGROTINGS EN PROBLEEMOPLOSSING (40 punte; 30 minute)
4.1 VIVAN HANDELAARS
Inligting is voorsien vir die begrotingsperiode eindigend 31 Januarie 2026.
GEVRA:
4.1.1 Voltooi die Debiteure-invorderingskedule vir Januarie 2026. (6)
4.1.2 Bereken die bedrae aangedui deur (i) tot (iv) in die uittreksel uit die
Geprojekteerde Staat van Omvattende Inkomste. (13)
4.1.3 Bereken die volgende vir Januarie 2026:
• Kontantaankope van handelsvoorraad (3)
• Betalings aan krediteure (2)
4.1.4 Bereken die bedrag van die vaste deposito wat op 31 Januarie 2026
sal verval. (4)
INLIGTING:
A. Verkope en aankope:
NOVEMBER DESEMBER JANUARIE
Totale verkope R1 925 000 R1 995 000 R2 030 000
Koste van verkope R1 203 125 R1 246 875 ?
• Kredietverkope is verantwoordelik vir 75% van totale verkope.
• Debiteure betaal volgens die volgende tendense:
o 30% in die maand van verkope, onderhewig aan 4%-korting
o 50% in die maand wat volg op die maand van verkope
o 14% twee maande ná die maand van verkope
o Die oorblywende bedrag sal in die derde maand ná verkope as
oninbaar afgeskryf word.
• Die winsopslag is 60% op die kosprys.
• Voorraad word in die maand van verkope vervang. 'n Vastebasis-
voorraadvlak word gehandhaaf.
• 20% van voorraad word kontant aangekoop.
• Krediteure word ten volle betaal in die tweede maand ná die
maand van aankope.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 14 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
B. Uittreksel uit die Geprojekteerde Staat van Omvattende Inkomste:
Des. 2025 Jan. 2026
R R
Verkope 1 995 000 2 030 000
Oninbare skuld 78 600 (i)
Salaris: verkoopsbestuurder 29 000 (ii)
Salarisse: assistente (iii) 88 000
Advertensies (iv) 182 700
Rente op vaste deposito 0 5 440
C. Addisionele inligting:
• Die verkoopsbestuurder word vir 20 dae per maand teen 'n vaste
daaglikse tarief betaal. Sy sal in Januarie 2026 vir vier dae
onbetaalde verlof aansoek doen om aandag te gee aan persoonlike
sake.
• Alle assistente sal in Desember 2026 'n 60%-bonus ontvang.
LET WEL: Alle assistente sal op 1 Januarie 2026 hulle jaarlikse
salarisverhoging van 10% ontvang.
• 'n Vaste deposito, die kwartaallikse rente ingesluit, sal op
31 Januarie 2026 verval. Die rentekoers is 8% p.j. kwartaalliks
ontvangbaar. Rente word nie gekapitaliseer nie.
• Daar word vir advertensies teen 'n vaste persentasie van die
maandelikse verkope begroot.
4.2 WARMBAD HANDELAARS
Die besigheid verkoop gasstowe en die inligting het betrekking op die periode
September en Oktober 2025.
Dozer Moyo, die bestuurder, is beïndruk met Warmbad Handelaars se
prestasie. Die besigheid het konsekwent beter presteer as die enigste
mededinger in die gebied, Woodlands Handelaars, as gevolg van hulle groter
kliëntebasis en omdat hulle kompeterend is. Woodlands Handelaars het besluit
om hulle besigheid se deure in September 2025 te sluit. Gevolglik het Warmbad
Handelaars die enigste verskaffers van gasstowe in die gebied geword.
GEVRA:
4.2.1 Verduidelik waarom dit belangrik is om die begrote syfers met die
werklike syfers te vergelyk. Verskaf EEN punt. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 15 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
4.2.2 Verlies van verkope:
• Die aantal eenhede wat in Oktober verkoop is, het afgeneem. Gee
'n rede, met syfers, vir hierdie afname. (2)
• Verskaf 'n berekening om die bedrag kontant wat met die verkope
van Oktober 2025 in vergelyking met September 2025 verlore
gegaan het, te toon. (2)
4.2.3 Noem TWEE voordele wat Warmbad Handelaars sal verbeur indien
hulle nie in Oktober 2025 hulle finansiële verpligtinge teenoor
verskaffers nakom nie. (2)
4.2.4 Vergoeding aan werknemers:
• Gee EEN rede waarom Dozer gedurende September 2025 sy
werknemers met kommissie beloon het. Haal syfers aan. (2)
• Gee EEN rede waarom die werkers nie met die hersiene
vergoedingsbeleid tevrede sal wees nie. Haal syfers aan. (2)
INLIGTING:
A. Uittreksel uit die Kontantbegroting:
Sept. 2025 Okt. 2025
BEGROTE WERKLIKE BEGROTE WERKLIKE
R R R R
Invordering van debiteure 95 456 95 456 97 784 97 784
Betalings aan krediteure 320 000 306 000 306 000 61 200
Salarisse 38 400 38 400 27 000 27 000
Kommissie op verkope 0 3 900 4 500 4 500
Kontantsurplus/-tekort 63 800 98 950 80 120 (72 400)
Beginsaldo 103 000 120 000 166 800 218 950
Eindsaldo 166 800 218 950 246 920 146 550
Eenhede verkoop 90 124 90 61
Verkoopprys per eenheid R1 600 R1 600 R2 480 R2 480
B. Addisionele inligting:
• Die besigheid begroot om 90 stowe per maand te verkoop.
• Krediteure word een maand ná die aankoop betaal, onderhewig aan
'n 4%-korting.
• Die besigheid het drie werknemers.
• Dozer het besluit om vanaf Oktober 2025 kommissie op verkope en
'n verlaagde maandelikse salaris in te stel.
40
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Rekeningkunde/V2 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS
Bruto wins x 100 Bruto wins x 100
Verkope 1 Koste van verkope 1
Netto wins voor belasting x 100 Netto wins ná belasting x 100
Verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100
Verkope 1 Verkope 1
Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste
(Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang
(Handels- & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste
Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van verkope
Koste van verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad
(Sien Nota 1 hieronder.)
Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365
Kredietverkope 1 Koste van verkope 1
(Sien Nota 2 hieronder.)
Netto inkomste na belasting x 100 Netto inkomste na belasting x 100
Gemiddelde aandeelhouersbelang 1 Getal uitgereikte aandele 1
(Sien Nota 3 hieronder.)
Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100
Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1
Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Tussentydse dividende x 100 Finale dividende x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100
Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1
Totale vaste koste .
Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
NOTA: 1. Handelsvoorraad aan die einde van 'n finansiële jaar kan gebruik word as dit in 'n vraag vereis word.
365 dae is slegs van toepassing indien dit op die hele jaar betrekking het.
2. Kredietaankope kan gebruik word in plaas van koste van verkope (syfers sal dieselfde wees indien
voorraad konstant is).
3. Indien daar 'n verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende 'n finansiële jaar is, word die
geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119/v1-1eb00d6628aa32a175b1/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Addendum
Accounting Grade 12 P1 NSC June 2025 Addendum (Afrikaans)

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)

Addendum
Accounting Grade 12 Paper 2 KZN June 2025 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 KZN June 2025 Memo

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 Memo (Afr)

Addendum