SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
EKONOMIE V1
2022
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 20 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2022 papers %20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052/v1-e91730b4b9b539964aa8/card.webp)





View all




_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Economics Grade 12 Paper 1 NSC June 2022 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · NSC June Exam · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2022
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 20
- File size
- 517.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 20
This exam
NSC June Exam 2022
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Ekonomie/V1 2 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 C – 'n komparatiewe voordeel
1.1.2 D – Phillips
1.1.3 A – sentrale
1.1.4 B – huishoudings
1.1.5 D – gemeenskapsmark
1.1.6 B – massaproduksie
1.1.7 C – Handel en Nywerheid
1.1.8 A – vergoeding per werker (8 x 2) (16)
1.2 PASITEMS
1.2.1 D- pogings deur die owerheid om beleggings in ander gebiede
as dié met 'n hoë konsentrasie van ekonomiese aktiwiteit te
vestig
1.2.2 I- koop van finansiële bates soos aandele op die
aandelebeurs van 'n ander land
1.2.3 E- konsultasie met handelsbanke om op 'n gewenste wyse te
handel
1.2.4 G- 'n kontanttoekenning wat aan vervaardigers gegee word om
produksiekoste te verminder
1.2.5 A- oordrag van eienaarskap van besigheide van die private
sektor na die openbare sektor
1.2.6 H- 'n amptelike staatsverbod op die invoer van sekere goedere
en dienste
1.2.7 F- gee riglyne oor hoe openbare finansieringsboekhouding
bestuur word om aanduiders te standaardiseer
1.2.8 B- sit die owerheid se breë benadering tot industrialisasie
uiteen (8 x 1) (8)
1.3 GEE DIE TERM
1.3.1 Vryswewende/buigsame
1.3.2 Reële vloei
1.3.3 Kuznets/ bousiklusse
1.3.4 Storting ('Dumping')
1.3.5 Sosiale kapitaal/fisiese kapitaal/sosiale infrastruktuur
Kindermortaliteit /Infantiele mortaliteit (6 x 1)
1.3.6 (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 3 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING B
Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKROEKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE tipes verbruiksgoedere.
Nieduursame goedere
Halfduursame goedere/ Semi-duursame
Duursame goedere
Dienste
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 1) (2)
2.1.2 Hoe word leidende aanwysers in die vooruitskatting van
sakesiklusse gebruik?
Leidende aanwysers word deur ekonome gebruik om 'n idee te
kry van wat om te verwag in die nabye toekoms soos wat hulle
verander voor 'n sakesiklus verander
Hulle gee verbruikers, besighede en die staat 'n vlugtige blik
van die rigting waarin die ekonomie mag beweeg
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2)
2.2 DATARESPONS
2.2.1 Identifiseer 'n voorbeeld van 'n lekkasie in die uittreksel hierbo.
Besparings (1)
2.2.2 Noem enige EEN deelnemer in 'n tweesektor-model.
Huishoudings/verbruikers
Besighede/Firmas/Produsente (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term outonome verbruik.
Besteding in die ekonomie wat plaasvind ongeag die vlak van
inkomste /Vlak van besteding wat bestaan wanneer inkome nul
is
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
2.2.4 Waarom is die waarde van die vermenigvuldiger in 'n viersektor-
model kleiner as dié van 'n tweesektor-model?
Die grootte van die vermenigvuldiger sal kleiner wees aangesien
daar meer lekkasies (belastings en invoere) in die ekonomie sal
wees
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 4 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
2.2.5 Gebruik die marginale verbruiksgeneigdheid (mvg) van 0,6 en
bereken die verandering in nasionale inkome as daar 'n
belegging van R250 m was. Toon ALLE berekeninge.
ΔY = ΔJ x k ΔY = ΔJ x k = ΔJ x (1/1-mvg)
= ΔJ x (1/1-mvg) = ΔJ x (1/msg) = ΔJ x (1/1-0,6)
= ΔJ x (1/1-0,6) = ΔJ x (1/0,4) = ΔJ x (1/0,4)
= ΔJ x (1/0,4) = 250 x 2,5 = 250 x 2,5
= 250 x 2,5 = R625 m = R625 m
= R625 m
OR
K = 1/1-mvg
= 1/1-0,6
= 1/0,4
= 2.5
ΔY = ΔJ x k
= 250 x 2.5
= R625 m
(4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 5 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
2.3 DATARESPONS
2.3.1 Identifiseer die term in die uittreksel hierbo wat na besteding
op kapitaalgoedere verwys.
Investering /Belegging (1)
2.3.2 Gee EEN rede wat die ekonomiese herstel van Suid-Afrika kan
beperk.
Sosiale onrus/oproer
Korrupsie deur regeringsamptenare/ openbare sektor
mislukking
Elektrisiteitstekort/Hoë koste van elektrisiteit
Stygende brandstofprys
Hoë koers van werkloosheid/armoede/lae verbruiksbesteding
Swak gesondheid van werknemers
Disinvestering/gebrek aan investering
Natuurrampe
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term reële bruto binnelandse produk.
Die waarde van alle finale goedere en dienste wat binne 'n land
vervaardig word, teen konstante pryse (aangepas vir inflasie)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
2.3.4 Verduidelik die effek op sakesiklusse wanneer daar 'n styging
in huishoudelike verbruik is.
Totale vraag sal toeneem, wat besighede sal aanmoedig om
meer te vervaardig en die sakesiklus na 'n opswaai
(uitbreiding) verander
Toename in verbruiksbesteding sal meer beleggings lok wat
die ekonomiese aktiwiteit sal uitbrei
Toename in ekonomiese aktiwiteit sal meer werk skep
Toename in totale vraag kan vraagtrek-inflasie verhoog
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 6 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
2.3.5 Hoe kan die owerheid belasting gebruik om ekonomiese
herstel te stimuleer?
Verminder persoonlike inkomstebelasting om huishoudings se
beskikbare inkomste te vergroot en totale vraag in die
ekonomie te stimuleer
Verminder maatskappybelasting om winsvooruitsigte vir
besighede te vergroot sodat hulle meer goedere en dienste
kan vervaardig/lewer
Indirekte belasting, soos BTW en sommige aksynsregte, kan
verminder word om verbruikerbesteding te stimuleer
Gee belastingkortings of belastingvakansies aan nuut gestigte
besighede sodat hulle hulleself kan vestig en meer kan
produseer
Verhoog belasting op ingevoerde goedere (tariewe) om
binnelandse produksie van goedere en dienste te stimuleer
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
2.4 Bespreek die rol van die buitelandsevaluta-mark in die
ekonomiesekringloop-model.
Die buitelandsevaluta-mark bestaan uit die finansiële instellings soos
handelsbanke wat buitelandse geldeenhede koop en verkoop
Buitelandse valutamarkte fasiliteer internasionale betalings
Huishoudings, firmas en die owerheid benodig buitelandse geldeenhede
om invoere uit die buitelandse sektor te kan koop
Firmas gebruik ook die buitelandsevaluta-mark om buitelandse
geldeenhede wat hulle in ruil vir hulle uitvoere kry, te wissel
Wisselkoerse word bepaal deur die kragte van vraag en aanbod wat deur
die volume van invoere en uitvoere beïnvloed word
Buitelandse valuta markte bepaal wisselkoerse deur die wisselwerking
van vraag en aanbod
(Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir blote lys van feite of voorbeelde)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 7 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
2.5 Analiseer die uitdagings waarvoor Suid-Afrika in internasionale handel
te staan kom.
Suid-Afrika kan voor die volgende uitdagings in internasionale handel te staan
kom:
Onregverdige internasionale mededinging kom voor deurdat ontwikkelde
lande hulle besighede deur subsidies bystaan wat hulle produk goedkoper
as die Suid-Afrikaanse produk maak
Ontwikkelde lande kan hulle produkte teen baie lae koste (storting) na
Suid-Afrika uitvoer wat tot die sluiting van plaaslike besighede kan lei.
Uitvoer van Suid-Afrikaanse produkte kan beperk word om die
verspreiding van siektes tussen lande, soos Covid-19, te voorkom
Vraag na Suid-Afrikaanse landbouprodukte kan toeneem as gevolg van
tariewe wat baie hoër is as dit wat op nywerheidsgoedere van toepassing
is
Kwotas en embargo's (verbod) kan Suid-Afrika se uitvoervolumes beperk
wat die invloei van buitelandse valuta sal verminder
Dis moeilik vir Suid-Afrika om landbouprodukte in ontwikkelde lande te
verkoop as gevolg van subsidies wat deur hulle regerings/owerhede aan
landbouprodusente verskaf word
Huidige internasionale handelsreëls oor nywerheidsubsidies is nie in staat
om owerheidsbystand behoorlik aan te pak nie
Internasionalisasie van staatsbeheerde maatskappye se werksverrigtinge
kan 'n ongesonde mededingende omgewing skep want OSB's in sommige
lande trek voordeel uit binnelandse voorkeurbehandeling en goedkoop
finansiering
Die meeste Suid-Afrikaanse besighede het 'n agterstand m.b.t.
tegnologiese vooruitgang en verandering van sakepraktyke wat hulle
minder mededingend maak en hulle slaag nie daarin om ten volle met die
wêreldekonomie te integreer nie
Oormatige afhanklikheid van primêre sektorprodukte lei daartoe dat Suid-
Afrika minder uitvoerverdienste genereer uit internasionale handel
Onstabiele wisselkoerse veroorsaak baie onsekerhede in beplanning vir
Suid-Afrikaanse uitvoerders
Sosiale, politieke en ekonomiese skokke in ander lande, soos die
Oekraïne en Rusland, verminder Suid-Afrika se vermoë om internasionaal
handel te dryf
(Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van
feite/voorbeelde)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 8 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem TWEE nywerheidsontwikkelingstrategieë in Suid-Afrika.
Nasionale Navorsing- en Ontwikkelingstrategie/NNOS
Geïntegreerde Vervaardigingstrategie/GVS (2 x 1) (2)
3.1.2 Waarom is dit belangrik om die prestasie van die ekonomie te
meet?
Om geskikte veranderinge in ekonomiese beleid te bepaal wat
geïmplementeer moet word aangesien die ekonomie dinamies
is
Om die doeltreffendheid te bepaal van ekonomiese beleide wat
geïmplementeer is om die prestasie van die ekonomie te
verbeter
Om die prestasie van die land met sy eweknie te vergelyk
Om die bydrae van verskillende sektore tot die ekonomie te
bepaal
Om inligting oor die ekonomiese toestande aan potensiële
beleggers te verskaf
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2)
3.2 DATARESPONS
3.2.1 Identifiseer die kommoditeit wat 'n belangrike verdiener van
buitelandse valuta in Suid-Afrika is.
Goud (1)
3.2.2 Noem enige ander BRICS-lidland, behalwe China.
Brasilië
Rusland
Indië
Suid-Afrika (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term handelsliberalisering.
Die afskaffing van owerheidsinmenging in handelsvloei aan beide
die invoer- en die uitvoerkant / Die opheffing van beperkings soos
tariewe en kwotas op uitvoere en invoere om vrye vloei van (2)
goedere en dienste tussen lande toe te laat
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 9 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
3.2.4 Verduidelik die impak van 'n daling in mineraalpryse op die
Suid-Afrikaanse ekonomie.
Uitvoerverdienste sal afneem soos wat pryse van
mineraaluitvoere, soos goud en platinum, afneem
Buitelandse vraag na Suid-Afrikaanse minerale sal toeneem,
wat die handelsbalans verbeter
Invoerbetalings kan ook afneem soos wat pryse van belangrike (2)
invoere, soos olie, afneem
Produksiekoste vir vervaardigingsondernemings sal daal
aangesien grondstowwe se (minerale) koste afneem
Koste om elektrisiteit op te wek sal afneem as gevolg van laer
steenkool pryse
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
3.2.5 Hoe baat Suid-Afrika deur 'n lid van BRICS te wees?
Suid-Afrikaanse besighede kan hulle produkte na Brasilië,
Rusland, Indië en China uitvoer, sonder enige beperkings
Plaaslike verbruikers kan goedere en dienste uit Brasilië,
Rusland, Indië en China invoer teen 'n laer koste
Suid-Afrika is in 'n beter posisie om buitelandse direkte
beleggings uit Brasilië, Rusland, Indië en China te lok, wat
meer werksgeleenthede skep
Om 'n lid van BRICS te wees verbeter die internasionale
verhoudings van die Suid-Afrikaanse regering
Suid-Afrika het toegang tot fondse vir ontwikkelingsdoeleindes
van die Nuwe Ontwikkelingsbank
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (4)
3.3 DATARESPONS
3.3.1 Identifiseer 'n voorbeeld van gratis behuising wat deur die
owerheid verskaf word.
HOP-behuising (1)
3.3.2 Gee enige EEN sosiale/maatskaplike probleem wat met
informele nedersettings geassosieer word.
Hoë misdaadkoers
Swak dienslewering (sanitasie, water en elektrisiteit)
Siektes
Besoedeling
Oorbevolking
Armoede
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term verstedeliking.
Die beweging/migrasie van mense uit landelike na stedelike
gebiede.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 10 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
3.3.4 Verduidelik die voordeel van behoorlike sanitasie vir
lewensverwagting.
Lewensverwagting kan verhoog omdat mense minder aan siektes
blootgestel word
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
3.3.5 Hoe kan hoë bevolkingsgroei lewenstandaard beïnvloed?
Wanneer bevolkingsgroeikoers bo die reële BNP-groeikoers is,
sal die lewenstandaard verlaag
Hoë bevolking kan lei tot tekort aan goedere en dienste as
gevolg van hoë vraag
Meer mense lewe in armoede aangesien hulle nie daarin slaag
om toegang tot werksgeleenthede te kry nie
Die owerheid kan daarin misluk om aan die hoë vraag na
openbare goedere en dienste te voldoen lei tot swak
lewenstandaard
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (4)
3.4 Bespreek kortliks die Kleinsake-ondersteuningsprogram (KSOP) en die
Vaardigheidsondersteuningsprogram (VOP) as aansporings vir
nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika.
Kleinsake-ondersteuningsprogram
Hierdie program is ontwerp vir klein besighede met bates van
R100 miljoen of minder
Hierdie aansporing bestaan uit 'n belastingvrye kontanttoelaag vir
beleggings in nywerhede.
Toelaes is beskikbaar aan nuwe besighede en besighede wat nog
uitbrei.
Toelaes word vir drie jaar gegee waarna daar verwag word dat die
besigheid selfonderhoudend sal wees. (2 x 2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
Vaardigheidsondersteuningsprogram
Dit is 'n belastingvrye kontanttoelaag vir vaardigheidsontwikkeling
Die doel is om groter belegging in vaardigheidsopleiding aan te moedig en
om nuwe, gevorderde vaardighede na die SA arbeidsmag te bring
'n Maksimum van 50% van 'n maatskappy se opleidingskoste word vir 'n
tydperk van 3 jaar gedek
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2)
(Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir die blote opnoem van
feite/voorbeelde)
(8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 11 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
3.5 Hoe kan uitvoere voordelig vir die Suid-Afrikaanse ekonomie wees?
Uitvoere kan die Suid-Afrikaanse ekonomie op die volgende wyses baat:
Verbeter die gehalte van goedere en dienste soos wat besighede meer
innoverend raak om wêreldklas-produkte te vervaardig
Genereer verkoopsinkomste in die vorm van buitelandse valuta wat
gebruik kan word vir strategiese invoere soos olie
Verhoogde belastinginkomste vir die owerheid deur die uitbreiding van sy
belastingbasis
Verbeter ekonomiese doeltreffendheid aangesien produksie teen die
laagste moontlike gemiddelde koste gedoen sal word om wêreldmarkte te
penetreer
Verhoogde reële BBP (uitvoergedrewe ekonomiese groei) deur die
uitbreiding van uitvoerproduksie
Voeg waarde by natuurlike bronne van die land deur dit in klaarprodukte
te verwerk wat teen hoër waardes uitgevoer kan word
Skep meer werksgeleenthede deur die vestiging van nuwe nywerhede
(nywerheidsontwikkelingsones) vir uitvoerproduksiedoeleindes
Versterk die waarde van plaaslike geldeenheid (rand) aangesien uitvoere
die aanbod van buitelandse geldeenhede verhoog
Verminder die betalingsbalansprobleme deur uitvoervolumes en -inkomste
te verhoog
Verlaag binnelandse pryse soos wat produksie verhoog, wat plaaslike
verbruikers baat
(Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van
feite/voorbeelde)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 12 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4: MAKROEKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 NOEM enige TWEE metodes van invoervervanging.
Tariewe
Kwotas
Subsidies
Wisselkoersbeheer
Fisiese beheer (embargo)
Afwending van handel (invoerdeposito, gehaltestandaarde/
beheer en tydrowende doeaneprosedures) (2 x 1) (2)
4.1.2 Waarom lei internasionale handel na massaproduksie?
Wêreldmark is baie groter as binnelandse mark wat produksie
van goedere op groot skaal aanmoedig
Uitvoer vereis die gebruik van nuwe tegnologieë
(kapitaalintensiewe nywerhede) wat lei tot produksie op groot
skaal
Internasionale handel vereis spesialisasie wat lei produksie
van goedere in groot hoeveelhede
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
4.2 DATARESPONS
4.2.1 Identifiseer enige jaar waarin Suid-Afrika in al vier kwartale 'n
handelsoorskot ervaar het.
2017 of 2020 (1)
4.2.2 Noem die subrekening van die betalingsbalans wat deur die
grafiek hierbo voorgestel word.
Lopende rekening (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term lopende oordrag.
'n Item wat die oordrag van geld, soos skenkings, geskenke en
pensioen, vanaf Suid-Afrikaanse inwoners na nie-inwoners en
omgekeerd boekstaaf/aanteken /Verwys na transaksies waarin (2)
goedere en dienste of finansiële items oorgedra word sonder om
ekonomiese waarde in ruil te ontvang
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
4.2.4 Verduidelik die effek op plaaslike brandstofpryse indien die
rand depresieer.
Die invoer van ruolie uit OPUL-lande sal duur raak wat sal lei tot 'n
verhoging van plaaslike brandstofpryse
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 13 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
4.2.5 Hoe kan 'n styging in rentekoerse die betalingsbalans
verbeter?
Leen kan baie duur vir huishoudings wees wat besteding op
invoere sal ontmoedig, wat die tekort op die lopende rekening
sal verminder
Hoër opbrengs op finansiële beleggings aan buitelandse
beleggers kan netto kapitaalinvloei skep, wat die saldo op die
finansiële rekening vergroot
Hoër rentekoerse moedig plaaslike huishoudings aan om te
spaar en ontmoedig besteding aan invoere, wat die
handelsbalans vergroot/verhoog
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (4)
4.3 DATARESPONS
4.3.1 Identifiseer enige frase in die uittreksel wat na toenemende
werkloosheid in Suid-Afrika verwys.
meer werk verloor as wat dit skep/ekonomie wat alreeds bedruk (1)
is/werksgeleenthede verloor
4.3.2 Noem enige EEN korridor in Suid-Afrika.
Maputo-ontwikkelingskorridor
Kus-tot-Kus-korridor (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die streeksontwikkeling.
Verwys na beleid wat ten doel het om die ekonomiese
lewensbestaan van spesifieke gebiede of geografiese streke te
verhoog wat onderontwikkel is
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
4.3.4 Waarom het spesiale ekonomiese sones (SES's) 'n breër
nywerheidsontwikkelingsdoelwit as NOS's?
Spesiale ekonomiese sones kan enige plek in die land geleë
wees wat ekonomiese aktiwiteit in baie gebiede wat nie naby
internasionale hawens geleë is nie, verbeter
Goedere wat in spesiale ekonomiese sones vervaardig word,
kan enige plek verkoop word wat besighede in staat stel om
ekstra inkomste te genereer
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 14 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
4.3.5 Hoe kan nywerheidsontwikkeling die internasionale
mededingendheid van 'n land beïnvloed?
Nywerheidsontwikkeling verhoog die verskeidenheid
goedere en dienste (diversifikasie) wat na ander uitgevoer
kan word
Sommige industriële ontwikkelingsmaatreëls, soos subsidies
en aansporings, kan plaaslike besighede toelaat om
goedere teen laer pryse uit te voer wat meer mededingend
kan wees
Gebruik van nuwe tegnologie in vervaardiging kan die
kwaliteit van Suid-Afrikaanse uitvoere verbeter
Nywerheidsontwikkeling deur uitvoerbevordering kan tot
gunstige wisselkoerse lei.
Wêreldklasinfrastruktuur om nywerheidsontwikkeling te
bevorder kan ook help om meer direkte buitelandse
beleggings te lok
Navorsing en ontwikkeling kan plaaslike besighede
aanmoedig om nuwe produkte bekend te stel wat meer
mededingend is as die huidige produkte
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2)
4.4 Bespreek verbruikersprysindeks en produsenteprysindeks as
ekonomiese aanduiders.
Verbruikerprysindeks
Meet die prys van 'n vaste mandjie verbruikersgoedere en dienste wat
deur 'n tipiese Suid-Afrikaanse huishouding gekoop word
Hou verband met 'n lewenskoste want dit dui op verandering in die
koopkrag van die rand
Kapitaal en intermediêre goedere is uit die mandjie verbruikersgoedere
en dienste uitgesluit
VPI sluit belasting op toegevoegde waarde (BTW) en rentekoerse
in
Pryse van ingevoerde goedere is nie uitdruklik getoon nie
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2)
Produsenteprysindeks
Meet die pryse van goedere wat binnelands vervaardig word wanneer dit
die fabriek verlaat
Hou verband met 'n produksiekoste want dit assesseer die impak van
veranderinge in die relatiewe pryse van produksieinsette
Mandjie bestaan uit vervaardigde goedere asook kapitaal- en
intermediêre goedere
PPI sluit belasting op toegevoegde waarde (BTW) en rentekoerse
uit
Pryse van ingevoerde goedere word gemeet wanneer dit die land
binnekom (by 'n hawe)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2)
(Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir die blote opnoem van
feite/voorbeelde) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 15 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
4.5 Analiseer die belangrikheid van prysstabiliteit om die ekstreme
fluktuasies in sakesiklusse te voorkom.
Prysstabiliteit beheer spekulatiewe optrede onder besighede en
verbruikers wat vraagkant- en aanbodkant-invloede op ekonomiese
fluktuasies verminder
Positiewe verbruikersvertroue word aangemoedig wat besighede in staat
stel om bestendige groei in produksievlakke te handhaaf
Groter amplitudes in die sakesiklusse word vermy deur stabiele pryse en
skep groter sekerheid in die ekonomie
Stabiele pryse lei tot langer sakesiklusse wat die krag van die ekonomie
toon en die ekonomiese groeibaan sal 'n opwaartse neiging hê
Handhaaf positiewe beleggersvertroue, wat die ekonomie in staat stel om
'n stabiele ekonomiese groeipad te volg
Minimaliseer owerheidsingryping wat tot uiterste ekonomiese fluktuasies
kan lei
Stabiele pryse stel die SARB in staat om rentekoerse onveranderd te hou
om voortdurende groei in die ekonomie sonder groot fluktuasies te
verseker
Vraag na uitvoere word gehandhaaf wanneer pryse stabiel is, wat uiterste
depresiasie van die plaaslike geldeenheid, met resessie geassosieer,
vermy
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (4 x 2) (8)
(Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote opnoem van [40]
feite/voorbeelde)
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 16 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING C
VRAAG 5: MAKROEKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek in besonderhede die redes vir openbaresektor-mislukking.
(26 punte)
Analiseer die impak van swak dienslewering deur die owerheid op sosio-
ekonomiese regte. (10 punte)
INLEIDING
Openbaresektor-mislukking kom voor wanneer die owerheid misluk om die
ekonomie en die hulpbronne onder hulle beheer optimaal te bestuur.
Openbaresektor-mislukking kan beskou word as 'n mislukking van die owerheid om
hulle hulle doelwitte te behaal.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding) (Maks 2)
HOOFDEEL
Bestuursmislukking
Onkunde lei tot die implementering van botsende of verkeerde beleide
Onbevoegdheid in die openbare sektor kan wees as gevolg van verkeerde
kwalifikasies, gebrek aan opleiding, ervaring en 'n apatiese ingesteldheid
Gebrek aan vaardighede kan lei tot verkeerde besluite en lae produktiwiteit
Korrupsie bestaan wanneer regeringsbeamptes hulle posisies vir persoonlike
gewin, uitbuit.
Omkoopgeld te neem, bedrog te pleeg, nepotisme, oneerlik op te tree en om te
diskrimineer.
Winssoekende gedrag is om die welvaart van iemand te verbeter ten koste van die
welvaart van ander
Apatie/Onverskilligheid
Regeringsamptenare toon min of geen belang in die lewer van 'n doeltreffende
diens aan die publiek nie
Dit is nie altyd maklik om openbaresektor-amptenare tot verantwoording te bring
nie as gevolg van die groot arbeidsmag in die verskeie departemente
Korrupsie en swak dienslewering is van die simptome van apatie
Mense in diens van die staat dien nie altyd die belange van die publiek nie
Openbaresektor-beamptes wil hulle salarisse, status en mag maksimeer en daar
word nie van hulle verwag om 'n wins-en-verliesstaat te toon nie
Swak verantwoordbaarheid is die gevolg van lae motivering, swak opleiding en 'n
gebrek aan bevoegdheid.
Gebrek aan motivering
Voorste linie werkers ontvang selde aansporings vir suksesvolle dienslewering,
maar word slegs gemonitor op insette/lewering en die daaropvolgende prosedures
en prosesse.
Gebrek aan motivering lei tot beperkte dienste, hoë koste en swak dienslewering
Daar is geen maatstaf vir doeltreffendheid of produktiwiteit nie en min beloning vir
uitstekende prestasie en penalisering vir swak prestasie nie.
Daar is nie genoeg stelsels ingestel om dienste wat regeringsamptenare lewer, te
evalueer nie
Burokrasie
Burokrasie maak beleide te lank om te implementeer of dit word nie suksesvol
geïmplementeer nie, bv. amptelike reëls en prosedures
Burokrate neig om reëls en prosedures te gehoorsaam sonder veel oordeel
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 17 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
Regeringsamptenare neig om meer geïnteresseerd te wees om reëls te
gehoorsaam as om die goedere en dienste doeltreffend aan die mense te lewer
Burokrate kan beleide manipuleer om hulleself ten koste van die mense te
bevoordeel
Politici
Politici neig om beleid te bevorder en geld op projekte te spandeer solank hulle in
ruil daarvoor stemme kry.
Hierdie beleide kan dalk 'n ondoeltreffende toekenning van hulpbronne behels.
Politici kan hulle eie belang bevorder deur korrupsie, persoonlike en verskuilde
agendas en twyfelagtige motiewe
Strukturele swakhede
Doelwitte word nie behaal nie; volle indiensneming en huise vir almal is nie
realistiese en haalbare doelwitte nie
Te aggressiewe herverdeling van inkomste en rykdom kan veroorsaak dat die
regering nie hulle makro-ekonomiese doelwitte behaal nie
Spesiale belangegroepe
Groepe soos vakbonde en sakegroepe kan ook veroorsaak dat die owerheid
misluk.
Vakbonde kan die owerheid beïnvloed om sekere wette goed te keur om hulle lede
te bevoordeel.
Sakegroepe kan die owerheid beïnvloed om winsgewende kontrakte en gunstige
regulasies aan hulle te gee.
Besighede kan die owerheid beïnvloed om hulpbronne te versprei sodat hulle ten
koste van die land daaruit kan voordeel trek.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
'n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken word
(Maks 26)
ADDISIONELE DEEL
Swak dienslewering deur die owerheid kan sosio-ekonomiese regte beïnvloed deur:
mense se deelname aan ekonomiese aktiwiteit te beperk as gevolg van swak
infrastruktuurdienste soos elektrisiteit en watertoevoer
mense aan ongesonde of onveilige lewensomgewings bloot te stel as gevolg van
swak sanitasie en gebrek aan behuising
kinders se reg op onderwys te skend as gevolg van 'n gebrek aan onderwys-
infrastruktuur en -materiaal.
mense aan die dood bloot te stel deur swak gesondheidsorgdienste in sommige
dele van die land
toegang tot behuising en eienaarskap van eiendom te beperk deur vertraagde
menslike nedersetting- en behuisingsprogramme
mense aan misdaad bloot te stel as gevolg van swak en onbetroubare
beskermingsdienste deur die SAPD en weermag.
mense se reg op waardigheid te skend deur nie behoorlike sanitasie en behuising
in sommige dele van die land te verskaf nie
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
'n Maksimum van 2 punte kan vir blote lys van feite toegeken word (Maks 10)
GEVOLGTREKKING
Suid-Afrika het 'n kreatiewe en mededingende privaat sektor nodig met nuwe
tegnologieë wat entrepreneurs kan help om in nywerhede in te gaan wat deur die
owerheid gedomineer word.
(Aanvaar enige ander hoërorde-gevolgtrekking.) (Maks 2) [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 18 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek in besonderhede die vraagkantbenadering om ekonomiese groei
en ontwikkeling in Suid-Afrika te bevorder. (26 punte)
Evalueer die sukses van breëbasis- swart ekonomiese bemagtiging om
ekonomiese ontwikkeling in Suid-Afrika te bevorder. (10 punte) [40]
INLEIDING
Die vraagkantbenadering behels diskresionêre veranderinge in monetêre en fiskale
beleid met die doel om die vlak van totale vraag, dus uitset (lewering/produksie), te
verander.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.) (Maks 2)
HOOFDEEL
MONETÊRE BELEID
Die SARB is medeverantwoordelik vir die formulering en implementering van Suid-
Afrika se monetêre beleid.
Hulle primêre doel is om die waarde van die geldeenheid te beskerm deur pryse ten
opsigte van inflasieteikens te stabiliseer.
Monetêre beleid sluit die volgende instrumente in:
1. Rentekoersveranderinge
Dit word gebruik om kredietskepping te beïnvloed deur krediet duurder of
goedkoper te maak.
Rentekoersveranderinge word ook gebruik om die wisselkoers te stabiliseer deur
kapitaalinvloei of -uitvloei aan te moedig om te sorg vir 'n tekort of 'n oorskot op die
lopende rekening van die betalingsbalans.
2. Opemarktransaksies
Om krediet te beperk, verkoop die SARB sekuriteite.
Wanneer banke hierdie sekuriteite koop, vloei geld uit die banke na die SARB.
Die banke het dan minder geld om uit te leen en kan nie soos voorheen so baie
krediet verleen nie.
Om kredietskepping aan te moedig, koop die SARB sekuriteite op die ope mark.
Geld vloei dan in die bankstelsel in.
Die banke gebruik die geld om krediet te skep.
3. Morele oorreding
Die SARB konsulteer met banke en oorreed hulle om op 'n gewenste wyse op te
tree ten opsigte van die ekonomiese toestande wat op daardie tydstip heers.
Die oorreding is dikwels gekoppel aan transaksies van die SARB in die
geldmark.
Die SARB kan 'n beroep doen op bank wat nie toegewend is nie, om meer
toegewend te wees met die toestaan van krediet..
Regeringsekuriteite kan op ope markte verkoop word om oormatige likiditeit te
dreineer sodat banke minder geld het om uit te leen.
4. Kontantreserwevereiste
Die SARB kan kontantreserwevereistes verminder ten einde geldskepping te
verhoog
Dit sal geldvoorraad vergroot en totale vraag stimuleer wat daardeur besighede
stimuleer om meer te produseer/lewer
5. Wisselkoersbeleid
Die SARB gebruik die vryswewende wisselkoersstelsel om kragte van vraag en
aanbod in staat te stel om die wisselkoers te bepaal
Dit stel plaaslike pryse in staat om aan internasionale pryse te koppel
Wisselkoers pas hulleself aan met minimum staatsingryping
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 19 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
FISKALE BELEID
Die Nasionale Tesourie is verantwoordelik vir die formulering en implementering
van fiskale beleid in Suid-Afrika
Die hoofdoelwit van fiskale beleid in Suid-Afrika is om makro-ekonomiese groei en
werk te stimuleer, en om 'n gewenste herverdeling van inkomste (ekonomiese
gelykheid) te verseker.
Die stabiliteitsdoelwit, ten opsigte van pryse en wisselkoerse, word meesal aan
monetêre beleid oorgelaat.
Die owerheid stel hulle besteding en belasting op so 'n tyd en wyse saam dat dit
die kans dat dit die makro-ekonomiese doelwitte behaal, sal verbeter.
1. Progressiewe persoonlike inkomstebelasting
Hoë-inkomste-verdieners word teen hoër koerse belas as lae-inkomste-
verdieners.
Die belastings word gebruik om maatskaplike ontwikkeling te finansier.
Die armes trek groter voordeel as diegene met 'n hoër inkomste. Voorbeelde is
die maatskaplike loon en maatskaplike toelaes soos pensioene.
2. Welvaartsbelasting
Eiendomme soos huise, kantore en fabrieksgeboue in stedelike gebiede word
jaarliks belas.
Oordragbelasting/hereregte word betaal wanneer eiendom gekoop word.
Sekuriteite (aandele en verbande) word belas wanneer dit verhandel word.
Kapitaalwinsbelasting (KWB) word gehef op winste verdien op die verkoop van
kapitaalgoedere, soos eiendom en aandele.
Boedelbelasting word gehef op die boedels van persone wat gesterf het.
Belastings word gebruik om ontwikkelingbesteding te finansier wat die armes
meer baat as diegene wat nie arm is nie.
3. Kontantvoordele
Ouderdomspensioene, ongeskiktheidtoelaes, kinderonderhoudtoelaes en
werkloosheidversekering is belangrike kontanttoelaes.
4. Voordeel in natura/goedere
Dit sluit in die verskaffing van gesondheidsorg, onderwys en skoolmaaltye,
beskerming, munisipale dienste en infrastruktuur.
Wanneer gebruikersfooie gehef word, baat arm mense en lae-inkomste-
verdieners meer as ander omdat hulle niks betaal nie of minder as hoë-
inkomsteverdieners betaal.
Beperkte hoeveelhede gratis elektrisiteit en water word verskaf.
5. Ander herverdelings
Sommige makro-ekonomiese beleide het voordele wat arm en lae-inkomste-
verdieners begunstig.
Openbarewerke-programme, bv. verskaf werk en Strategiese
Investeringsprojekte (SIP'e) verskaf werksubsidies en 'n aantal ander kontant-
en finansiële voordele aan KMMO's.
Voorheen benadeelde persone kry voorkeur.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 20 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
6. Grondrestitusie en grondherverdeling
Die doel van grond herstel is om grond terug te gee (of om in kontant te
vergoed) aan diegene wat hulle grond as gevolg van diskriminerende wette
verloor het.
Grondherverdeling fokus op grond vir residensiële (dorp) en produktiewe (plaas)
gebruik.
Die doel is om 30% van die land se landbougrond aan voorheen benadeelde
persone te herverdeel (te gee).
Die geld vir hierdie regstelling- en herverdelingsprogramme word by die
hoofbegroting ingesluit.
7. Eiendomsubsidies.
Subsidies help bevoordeeldes om eienaarskap van vaste residensiële eiendom
te bekom.
Die regering se behuisingsubsidieskema verskaf befondsingopsies aan alle
geskikte persone wat minder as R3 500 per maand verdien.
Die geld vir hierdie skema kom uit die hoofbegroting.
'n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken word
(Maks 26)
ADDISIONELE GEDEELTE
Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB) het daarin geslaag om:
Voorheen benadeelde groepe deur die stelsel te bemagtig deur hulle in senior
posisies in die private en openbare sektore aan te stel
Baie voorheen benadeelde mense aktief by die ekonomie van die land te betrek
Geleenthede vir opkomende jong entrepreneurs te skep om die sakewêreld te
betree
Toeganklikheid van oop sakegeleenthede in die verskillende sektore van die
ekonomie aan te bied
Die aantal swart mense in aandeelhouding in groot maatskappye te vermeerder
Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB) is nie suksesvol nie omdat:
Min mense trek voordeel uit BBSEB as gevolg van korrupsie deur top
regeringsamptenare
Frontvoorhouding ('Fronting') lei daartoe dat die verkeerde mense by die BSEB-
programme baat vind.
baie swart mense het nie die vaardighede en ervaring om seniorbestuursposte in
veral groot maatskappye te beklee nie
Swart mense het nie kapitaal om besighede te vestig of om aandele in groot
maatskappye te koop nie
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
'n Maksimum van 2 punte kan vir blote lys van feite toegeken word (Maks 10)
GEVOLGTREKKING
Om ekonomiese ontwikkeling te behaal, moet ekonomiese groeikoers die
bevolkingsgroeikoers oortref.
(Aanvaar enige ander hoërorde-gevolgtrekking.) (Maks 2)
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052/v1-e91730b4b9b539964aa8/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 1 NW Prelim 2022 Memo

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)
More from Grade 12 Economics

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P2 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P2 NSC June 2025 Question Paper (Afr)
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper