Skip to content

Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2022 Memo (Afrikaans)

MemorandumEconomicsGrade 12202219 pages

Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN EKONOMIE V2 2022 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 19 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 2 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 D – marginale  1.1.2 A – kommissie  1.1.3 B – veranderlike  1.1.4 D – duopolie  1.1.5 C – hiperinflasie  1.1.6 A – eko  1.1.7 B – gehaltestandaarde  1.1.8 C – ontbossing  (8 x 2) (16) 1.2 PASITEMS 1.2.1 E- meganisme wat kopers en verkopers van goedere en dienste saambring 1.2.2 D - firmas wat die markprys beheer  1.2.3 I- die laagste bedrag wat deur die regering voorgeskryf word wat werkgewers hulle werkers mag betaal  1.2.4 F - dit word deur die mark onderverskaf maar is vir die samelewing voordelig  1.2.5 G - sluit items in die VPI-mandjie uit wat hoë prysonbestendigheid toon  1.2.6 A- verhoging in salarisse wat daartoe lei dat werkers 'n hoër inkomstebelasting-koers betaal  1.2.7 C- tradisies, rituele of musiek wat uniek aan 'n gegewe kultuur of samelewing is  1.2.8 B - op die produksie van goedere gehef wat eksterne omgewingskoste genereer  (8 x 1) (8) 1.3 PASITEMS 1.3.1 Kort termyn  1.3.2 Swart mark  1.3.3 Eksterne koste/Negatiewe eksternaliteit  1.3.4 Inkomende  1.3.5 Vraagtrek-inflasie  1.3.6 Omgewingsvolhoubaarheid  (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 3 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING B Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem TWEE breë tipes monopolie.  Natuurlike monopolie   Kunsmatige monopolie  (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoe sal 'n toename in die aantal firmas in 'n volmaakte mark die pryse van goedere en dienste beïnvloed? Aanbod sal toeneem wat lei tot 'n afname in pryse van goedere en dienste.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) 2.2 DATARESPONS 2.2.1 Watter markstruktuur word deur die grafiek hierbo verteenwoordig? Volmaakte mededinging  (1) 2.2.2 Noem punt A in die grafiek hierbo. Normale wins/gelykbreek/zero- ekonomiese wins  (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term eksplisiete koste. Die werklike besteding van 'n besigheid op die koop of huur van die inset/produk wat vir die produksieproses benodig word/ Direkte betalings wat 'n firma aan ander maak vir die aankoop van insette (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 2.2.4 Waarom sal firmas koste aangaan selfs wanneer die uitset nul is? Firmas gaan vaste koste (huur en versekeringskoste) aan selfs wanneer geen produksie plaasvind nie (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 2.2.5 Gebruik die grafiek hierbo om te verduidelik hoe winsmaksimalisering deur die firma behaal word.  Op alle punte waar totale inkomste (TI) groter as totale koste (TK) is, maak die firma 'n wins (tussen A en B).   Wins is gemaksimaliseer wanneer die vertikale gaping tussen totale inkomste en totale koste die grootste is   Dit gebeur wanneer 35 inseteenhede gelewer/geproduseer word.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 4 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 2.3 DATARESPONS 2.3.1 Identifiseer EEN voorbeeld van 'n eksterne voordeel in die tabel hierbo. Geleenthede vir nuwe besighede/Verminderde vervoerkoste vir individue  (1) 2.3.2 Noem die sektor waarin 'n kostevoordeel-ontleding aangewend word. Publieke/Openbare sektor  (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term sosiale koste. Die totale koste wat deur die samelewing as geheel aangegaan word/sluit privaat en eksterne koste in  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 2.3.4 Hoe kan 'n gebrek aan inligting onder entrepreneurs tot markmislukking lei? Entrepreneurs het dalk 'n gebrek aan inligting oor koste, beskikbaarheid en produktiwiteit van sommige produksiefaktore wat lei tot irrasionele besluitneming en vermorsing van hulpbronne.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 2.3.5 Bepaal of die projek lewensvatbaar is of nie deur die kostevoordeel-verhouding te bereken. Toon ALLE berekeninge. R280 000 /R200 000 = 1,4 OF R280 000/R215 000 = 1,3 Die projek is lewensvatbaar omdat die voordele die koste oorskry/ die KVV is groter as 1.  (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 5 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 2.4 Bespreek kortliks produkdifferensiasie en beheer oor pryse in monopolistiese mededinging. Produkdifferensiasie  Verskillende produkte is eenders omdat hulle dieselde verbruiker- behoefte bevredig maar is nie heeltemal identies nie , bv. verskeidenheid mansklere   Die verskil is soms heeltemal denkbeeldig soos in die geval van medisyne, wat verskillende handelsmerkname het maar presies dieselfde basiese bestanddele bevat   In sommige gevalle is dit bloot die diens van die verkoper van sy produk van die ander onderskei.   Die verpakking van 'n produk is dalk ook verskillend as ander eenderse produkte , bv. suiker en sout.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) Beheer oor pryse  Firmas het min beheer oor die prys van 'n produk as gevolg van die mededingende aard van die mark.   Hulle is prysmakers(-bepalers) eerder as prysnemers/ hulle is prysmakers (-bepalers) vir hul handelsmerkprodukte  Elke verkoper kan teen sy/haar eie prys verkoop aangesien 'n enkele prys nie vir gedifferensieerde produkte bepaal kan word nie.   'n Reeks pryse kan op verskillende produkte toegepas word afhangend van die grootte van die besigheid.   Grootmaataankope deur 'n besigheid kan lei tot laer pryse vir produkte  (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir blote lys van feite of voorbeelde) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (8) 2.5 Hoe sal die implementering van maksimum pryse die ekonomie negatief beïnvloed?  Maksimum pryse kan 'n tekort aan goedere en dienste in die ekonomie veroorsaak   Die tekort aan aanbod sal veroorsaak dat die ekonomie afneem/daal.   Swart markte ontwikkel dikwels waar vervaardigers/produsente kan probeer om die goedere teen hoër pryse te verkoop.   Vervaardigers van goedere en dienste kan die mark verlaat omdat hulle nie genoeg wins maak nie.   Beleggers kan hulle beleggings onttrek as gevolg van lae opbrengs op hulle beleggings.   'n Afname in ekonomiese groei en beleggingsonttrekking sal lei tot 'n verlies aan werk wat lei tot 'n styging/toename in die werkloosheidsvlak.   Maksimum pryse lei tot 'n afname/daling in aanbod wat weer lei tot stygings van pryse van goedere en dienste.  (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote noem van feite/ voorbeelde) (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord) (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 6 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE Wêrelderfenisterreine van historiese en kulturele belang in Suid-Afrika.  Die Wieg van die Mensdom/ Sterkfontein/Maropeng   Robbeneiland   Die Mapungubwe Kulturele Landskap   Ikhomani Kulturele Landskap  Richtersveld Kulturele en Botaniese Landskap (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe kan die toestaan van eiendomsregte help om die omgewing te beskerm?  Die toestaan van eiendomregte verseker dat mense enigiets wat aan hulle behoort oppas/versorg.   Eiendomregte moedig mense aan om die omgewing vir so lank as moontlik winsgewend te gebruik, selfs vir toekomstige geslagte.  (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord) (1 x 2) (2) 3.2 DATARESPONS 3.2.1 Identifiseer die gesondheidsrisiko wat die toeriste in die spotprent hierbo kan teenkom. Covid-19 / Besoedeling (1) 3.2.2 Watter tipe toerisme word met 'Lekker Vakansie Hou!!' geassosieer? Ontspanning-/Vermaaktoerisme (rekreasie) (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord) (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term transito-toeris. Mense wat in ‘n land/bestemming op pad na n ander land/bestemming stop, deur middel van lug-, pad-, spoor- en seevervoer  (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord) (2) 3.2.4 Verduidelik die doel van die hef van belasting op toeriste.  Om die bestaande infrastruktuur en noodsaaklike toeristegeriewe in stand te hou   Om die koste wat deur plaaslike munisipaliteite aangegaan word wanneer hulle gasheer speel vir die toeriste te dek.   Toerismebelastinginkomste word ook gebruik om toerisme- infrastruktuur te ontwikkel.  (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 7 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 3.2.5 Hoe kan infrastruktuurontwikkeling toerisme bevorder?  Verbeterde infrastruktuur verbeter die lewensomstandighede van plaaslike mense sowel as toeriste.   Opgradering van bestaande akkommodasie/verblyf, vervoer- en kommunikasie-infrastruktuur dra positief tot toeriste- aankomste by wat daardeur toerismegroei volhou word.   Stygende aantal toeriste as gevolg van infrastruktuur sal vervolgens werksgeleenthede in die toerismesektor skep.  (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord) (2 x 2) (4) 3.3 DATARESPONS 3.3.1 Identifiseer die term wat verwys na die verskeidenheid plant- en dierelewe in 'n ekosisteem. Biodiversiteit  (1) 3.3.2 Noem EEN dier wat deur uitwissing in Suid-Afrika bedreig word.  Renoster   Tier   Afrikaanse wildehond  Jagluiperd (1) (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord) 3.3.3 Beskryf kortliks die term beskerming. Hou nie-hernubare hulpbronne onaangetas/ hou hulpbronne wat deur uitwissing bedreig word ongeskonde bv. ekologiese stelsels, erfenisterreine, inheemse woude.  (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord) (2) 3.3.4 Verduidelik die belangrikheid van opvoedkundige veldtogte om omgewingsagteruitgang te voorkom.  Opvoeding verander mense se houdings teen die omgewing op 'n positiewe wyse.   Verskeie innoverende benaderings is probeer, soos die instel van gemeenskapswildslewereservate.   Mense met meer opvoeding tree handelend op deur politieke besluite wat die omgewing beskerm, te bevorder en te steun.  (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 8 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 3.3.5 Hoe word die verlies aan biodiversiteit internasionaal aangepak?  Die Konvensie oor die Internasionale Handel in Bedreigde Spesies (CITES) is gestig wat internasionale handel in 'n ooreengekome lys bedreigde spesies verban.   CITES gebruik permitte en kwotas om die handel met spesies wat bedreig kan word, te reguleer en te moniteer.   Modern tegnologie maak dit moontlik om gewenste gene van een spesie na die volgende oor te plant en nuwe spesies te skep wat meer weerstand teen siektes kan bied.   Konvensie van Biologiese Diversiteit (KBD) is 'n internasionale regsinstrument vir die bewaring van biologiese diversiteit en sy komponente.  (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord) (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek kortliks die gevolge van toerisme op eksternaliteite en armoede. Eksternaliteite  Toerisme kan 'n groot bedrag inkomste lok, dit kan egter ook oormatige omgewingskade aanrig.   Vinnige groei van toerisme kan lei tot agteruitgang van tradisies en kulturele waardes/omgewingskade aan terreine en natuurlike omgewings as gevolg van besoedeling en vermorsing/afval.   Wêreldwye toerisme sal groei as gevolg van stygende bevolking, verbeterde lewenstandaarde, toename in vrye tyd en uitbreiding van vervoerstelsels.  Toerisme-aktiwiteite verhoog druk op toeristeterreine   Toerisme lok inkomste na die land, verlig armoede, beskerm kulturele en natuurlike bates maar moet versigtig beplan word.   Toerisme kan indiensneming indirek in toerismeverwante nywerhede stimuleer (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord) (2 x 2) Armoede  Toerisme word wyd erken as 'n meer doeltreffende meganisme om armoede aan te pak veral in landelike gebiede.   Die meeste eersteklas besienswaardighede is in landelike gebiede geleë wat landelike mense in staat stel om by die voordele van toerisme te baat.   Toerisme is 'n alternatief vir verstedeliking wat mense in staat stel om voort te gaan om die landelike lewe te geniet terwyl hulle 'n bestaan maak.   Arm mense kry geleentheid om met hoofstroom-toerismebesighede te skakel deur goedere en dienste aan te bied.  (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord) (2 x 2) (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir blote lys van feite of voorbeelde) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 9 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 3.5 Hoe kan die owerheid 'n groen ekonomie in Suid-Afrika bevorder?  Die regering moet gebruik maak van die grondwet aangesien dit hom toelaat om wette en metodes te skep om ‘n groen ekonomie te bereik.   Die regering moet die wet op nasionale omgewingsbestuur (NOB) en ander wette wat bedoel is om biodiversiteit, luggehalte en afvalbestuur te hanteer, afdwing om groen ekonomie te bereik.  Belasting moet gebruik word om omgewingsuitdagings op te los, aangesien dit redelik maklik is om te implementeer en te beheer.   Inkomste wat uit belasting ingesamel word, kan verder gebruik word op maatreëls soos omgewingsbewustheid om groen ekonomie te bereik.   Die implementering van nywerheidsbeleid-aksieplan moet gefokus wees op die bereiking van groen ekonomie deur meer gevorderde vervaardigingstegnieke te gebruik wat laer energieverbruik het en groen poste skep.   Skoon energie en energiedoeltreffendheid – uitbreiding van buite- netwerkopsies in landelike en stedelike gebiede, opskaal van sonkragwaterverwarmer.   Die regering behoort die gebruik van ekovriendelike metodes van energieproduksie soos wind, water en kernkrag te bevorder.   Ekovriendelike metodes van energieproduksie kan versnel word deur meer onafhanklike kragprodusente in die mark toe te laat om die besoedeling wat deur Eskom gegenereer word, teen te werk.   Aansporings soos belastingkortings kan verskaf word aan maatskappye wat omgewingsvriendelike produkte vervaardig.  (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord) (4 x 2) (8) (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote noem van feite/ [40] voorbeelde) NP Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 10 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Gee enige TWEE voorbeelde of monopolistiese mededingende markte.  Supermarkte   Kitskosrestaurante   Klerewinkels   Meubelwinkels   Mediese dokters   Haarkappers   Motorhandelaars  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe kan 'n daling in rentekoerse inflasie veroorsaak?  Koste van leen sal daal/verminder, wat verbruikerbesteding sal laat styg/verhoog wat tot oortollige vraag sal lei   Beleggingbesteding deur besigheid sal vraag na kapitaal- goedere laat styg.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 4.2 DATARESPONS 4.2.1 Identifiseer die kromme wat met toedelingsdoeltreffendheid verband hou. IK/Indifferensiekromme (1) 4.2.2 Watter hoeveelheid rys sal verskaf word indien 800 eenhede mielies gelewer word? 0/zero (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term markmislukking. Vind plaas wanneer die markkragte (vraag en aanbod) nie daarin slaag om hulpbronne doeltreffend toe te ken nie/ optimale uitset is nie behaal nie.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 4.2.4 Hoe kan die owerheid die verbruik van niemerietegoedere ontmoedig?  Die owerheid verhoog die aksynsheffings wat op niemerietegoedere gehef word, soos alkohol.  Verskaf inligting (opvoeding) aan die publiek oor die skadelike invloed van hierdie produkte.   Verbied en reguleer die verbruik van niemeriete goedere, bv. drankwinkels word nie toegelaat om alkohol op Sondae te verkoop nie.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 11 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 4.2.5 Waarom sal produksie by punt E as ondoeltreffend beskou word?  Min goedere en dienste sal gelewer word as gevolg van ondoeltreffende gebruik van hulpbronne.  As gevolg van ondoeltreffende gebruik van hulpbron, sal die produksiekoste styg/verhoog.   Goedere en dienste word nie op 'n optimum vlak geproduseer/vervaardig nie  Die verbruikers sal van sekere goedere ontneem word/Die tipe of hoeveelheid goedere vervaardig/gelewer sal nie wees wat die beste vir verbruikers is nie.   Min werksgeleenthede sal geskep word, wat sal lei tot 'n laer lewenstandaard.   Die produksie van een produk (bv. rys) kan verhoog word sonder om die produksie van die ander produk te verminder (bv. mielies)  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) 4.3 DATARESPONS 4.3.1 Identifiseer die internasionale ooreenkoms in die spotprent hierbo wat die produksie van kweekhuisgasse beperk. Kyoto Protokol  (1) 4.3.2 Gee EEN voorbeeld van 'n fossielbrandstof.  Olie   Natuurlike gas   Steenkool  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term aardverwarming. Verwys na die geleidelike algehele styging in die temperatuur van die aarde se atmosfeer.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 4.3.4 Verduidelik die Basel Konvensie-ooreenkoms om omgewingskade te verminder.  Partye is verplig om die invoer of uitvoer van gevaarlike afval te voorkom indien hulle rede het om te glo dat die afval die omgewing sal skade berokken.   Dit beheer kernafval deur partye toe te laat om slegs 'n gevaarlike afval na 'n ander party uit te voer wat nie die invoer daarvan verbied nie.  (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 12 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 4.3.5 Hoe kan produsente tot omgewingsvolhoubaarheid bydra? Die produsente kan tot omgewingsvolhoubaarheid bydra deur:  Nuwe tegnologie en toerusting te ontwikkel wat omgewings- vriendelike energie gebruik   Omgewingsvriendelike plaasvervangers, soos loodvrye petrol, te produseer   Afval, soos bottels, blikkies en karton, te herwin  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4) 4.4 Met behulp van 'n grafiek met die korrekte byskrifte, verduidelik ekonomiese wins in 'n volmaakte mark. Koste/Inkomste MK  GK e  V = GI = MI  P/R10  Ekonomiese Wins P1/R8 b 0 Q/200 Hoeveelheid   Benoem van en op asse = 1 punt  Aanduiding van winsmaksimeringpunt = 1 punt  Korrekte teken en benoem van inkomstekrommes = 1 punt  Korrekte teken en benoem van kostekrommes = 1 punt 4 punte  Die volmaakte mededingende firma maksimeer wins waar die marginale inkomste (MI en marginale koste (MK) gelyk is (punt e)   By punt e, sal die firma 200 eenhede aanbied teen 'n markprys van R10   Die gemiddelde inkomste is R10 en die gemiddelde koste per eenheid is R8.   Totale ekonomiese wins sal R400 (2 x 200) wees   Totale inkomste is R2 000 (R10 x 200) – Totale koste R1 600(R8 x 200)   Die firma maak 'n ekonomiese wins van R400  Ekonomiese wins vind plaas op die korttermyn. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (maks. 4) ('n Maksimum van 2 punte indien die bepaling ekonomiese wins nie verduidelik word nie.) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 13 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 4.5 Analiseer die uitdagings waarvoor die toerismebedryf in Suid-Afrika te staan kom.  Toerisme-aktiwiteite is hoofsaaklik in die kusstede en groot stede gekonsentreer terwyl die meeste binnelandse gebiede afgeskeep word.   Daar is 'n gebrek aan infrastruktuur soos paaie om gemeenskapstoerisme te laat groei en om toegang daartoe te verkry.   'n Groot gedeelte van die bevolking van SA is nie bewus van die konsep toerisme nie.   Armoede beperk ook sommige mense tot so 'n mate dat hulle nie aan toerisme-aktiwiteite kan deelneem nie.   Toerisme is nie genoeg bemark in landelike gemeenskappe sodat mense bewus is van plekke om te besoek nie.   Koste van reis in Suid-Afrika is steeds hoog aangesien daar baie min laekoste-lugrederye wat 'n bekostigbare diens aanbied.   Die hoë vlak van misdaad en sosiale onrus kan buitelandse toeriste ontmoedig om die land te besoek.   Uitbreek van pandemiese siektes soos Covid 19, natuurrampe, ekonomiese skokke kan beweging van mense beperk.  (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord) (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir die blote noem van feite/ voorbeelde) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 14 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE  Ondersoek oligopolie as 'n markstruktuur in besonderhede. (26 punte)  Hoe kan die owerheid firmas ontmoedig om aan anti-mededingende gedrag deel te neem? (10 punte) [40] INLEIDING  'n Oligopolie bestaan wanneer 'n klein aantal groot firmas in staat is om die aanbod van 'n produk of diens in 'n mark te beïnvloed.  (Aanvaar enige ander korrekte relevant inleiding) (maks. 2) HOOFGEDEELTE Aantal verkopers   Daar is min verkopers wat die mark domineer wat mededinging beperk.  Aard van die produk   Produkte kan homogeen of gedifferensieerd wees.   As die produkte homogeen is, word die mark as suiwer oligopolie beskou.   Wanneer die produkte gedifferensieerd is, word die mark as 'n gedifferensieerde oligopolie beskou.  Marktoetrede   Toetrede tot 'n oligopolistiese mark is nie maklik nie as gevolg van die bestaan van hindernissesoos handelsmerklojaliteit en skaalvoordele.   Baie oligopolistiese nywerhede het hoë vestigingskoste wat ook toetrede blokkeer.   Reklame is baie duur en firmas wat nie kan bekostig om dit te doen nie, sal 'n agterstand ten opsigte van die mededinging hê, wat self 'n hindernis tot toetrede is.  Markinligting   Inligting is onvolledig aangesien verbruikers en vervaardigers/produsente nie volledige inligting oor heersende marktoestande het nie.   Gebrek aan inligting kan onsekerheid en irrasionele besluitneming in die mark veroorsaak.  Beheer oor die prys   Vervaardigers/Produsente het heelwat beheer oor die prys van hulle produk maar nie soveel soos in 'n monopolie nie.   Soms kan oligopolieë saamspan om pryse in die mark te beïnvloed.  Vraagkromme   'n Oligopolis kom te staan voor 'n geknikte vraagkromme met twee segmente.   Die boonste top segment is relatief elasties en die onderste segment is relatief onelasties  Ken 'n maksimum van 2 punte vir 'n korrek getekende geknikte vraagkromme toe Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 15 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne Ekonomiese wins/verlies    Oligopolistiese firmas kan ekonomiese wins in beide kort termyn en lang termyn NP maak.   Hindernisse tot toetrede maak dit moontlik vir oligopolieë om hoë winste te geniet. Besluitneming   Die oligopolistiese mark word gekenmerk deur wedersydse afhanklikheid waar die optrede van een firma die ander sal beïnvloed   Interafhanklikheid lei tot komplekse beleidbesluitneming in vergelyking met ander markstrukture  Samespanning   Daar is 'n groot moontlikheid van samespannende praktyke in 'n oligopolie aangesien daar min besighede is   Oligopoliebesighede span saam om mededinging te verminder, meer te verdien en om onsekerheid in die mark te verminder.  Samespanning kan formeel (kartelle) of informeel (prysleierskap) wees.   'n Kartel is 'n organisasie van oligopolistiese besighede wat tot stand kom met die spesifieke doel om 'n kollektiewe monopolie te vorm.   Prysleierskap is die situasie waar die dominante firma die prys vasstel en die ander firmas aanvaar dit as die markprys.  Nieprysmededinging   Oligopolistiese firmas is huiwerig om pryse te verander omdat 'n prysoorlog hulle pryse sal afbring, wat winste elimineer.   Hulle gebruik nieprysmaatreëls om klante te lok en hulle markaandeel te vergroot.   'n Belangrike aspek van nieprysmededinging is om handelsmerklojaliteit, produkherkenning en produkdifferensiasie op te bou.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) Ken 'n maksimum van 8 punte vir die blote noem van opskrifte en voorbeelde toe) (maks. 26) ADDISIONELE GEDEELTE Die owerheid ontmoedig firmas/oligopolistiese firmas om aan anti-mededingende optrede deel te neem deur:  Lisensies aan ander besighede toe te staan om teen bestaande oligopolieë mee te ding.   Swaar boetes op firmas te hef wat skuldig bevind word aan anti-mededingende praktyke/optrede.   Ondersoeke na firmas/besighede wat van samespanning/prysvasstelling verdink word, te bespoedig.   Saamsmeltings en oornames deur oligopoliebesighede met die doel om mededinging te verminder, te verbied.   Maksimum pryse op markte waar daar moontlik prysvasstelling plaasvind, te implementeer/in te stel   Onregverdige besigheidspraktyke, soos die verkryging van eksklusiewe regte op hulpbronne wat voorkom dat nuwe firmas die mark betree, te reguleer.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Ken 'n maksimum van 2 punte vir die blote noem van feite toe) (maks. 10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 16 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne SLOT Anders as volmaakte mededingers misluk oligopoliebesighede om beide produktiewe en toedeling van doeltreffendheid te bereik want hulle vervaardig/produseer nie teen die laags moontlike gemiddelde koste nie en hulle vervaardig/produseer ook nie teen optimum uitset/produksievlak nie.  (Aanvaar enige ander korrekte relevant gevolgtrekking) (maks. 2) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 17 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek in besonderhede die maatreëls om inflasie te bekamp (26 punte)  Hoe beïnvloed inflasionêre verwagtinge die onderskeie rolspelers in die ekonomie? (10 punte) [40] INLEIDING Inflasie verwys na 'n volgehoue en betekenisvolle styging in die algemene prysvlak oor 'n tydperk; en 'n gelyktydige daling in die koopkrag van geld.  HOOFGEDEELTE MONETÊRE BELEIDSMAATREËLS Monetêre beleidsmaatreëls om inflasie te bekamp, word deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) ingestel deur die implementering van een of meer van die volgende instrumente: Rentekoerse   Die SARB bekamp inflasie deur die repokoers te verhoog wat dit duur maak om geld te leen.   Banke gee die verhoogde koste van leen (repokoers) na hulle kliënte deur die rentekoers te verhoog.   Hoë rentekoerse ontmoedig verbruikers om onnodige krediet te neem, wat verbruikerbesteding ontmoedig.   'n Afname/Daling in kredietskepping lei tot 'n daling in die geldaanbod en daardeur word vraagtrek-inflasie verminder.   Die styging in die rentekoerse stabiliseer die waarde van die geldeenheid wat help om kostedruk-inflasie deur laer invoerkoste te verminder.  Ope-marktransaksies   Die SARB kan direk die aanbod van geld verminder deur owerheidseffekte op die oop mark te verkoop.   Wanneer banke hierdie effekte koop, vloei geld van banke na die SARB wat die geldaanbod verminder.   Vermindering van die geldaanbod sal totale vraag verminder wat vraagtrek-inflasie beheer.  Kontantreserwevereistes   Daar word van handelsbanke verwag om 'n sekere minimum kontantreserwe by die sentrale bank te hou.   'n Styging in die kontantreserwevereiste beperk die bedrag geld wat banke as krediet kan deurgee en help om inflasie te bekamp.  Morele oorreding   Die SARB kan handelsbanke oorreed om op 'n verantwoordelike manier op te tree wanneer krediet onder inflasionêre toestande toegestaan word.   Morele oorreding help om inflasie te verminder omdat krediet aan minder verbruikers toegestaan sal word.  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 18 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne FISKALE BELEIDSMAATREËLS Inflasie kan bekamp word deur fiskale verandering in belasting- en owerheidsbesteding.  Die volgende stappe kan gedoen word: Owerheidsbesteding   Die regering kan besteding verminder deur party owerheidsprojekte, soos paaie, hospitale en skole uit te stel.   Totale vraag sal styg wat daardeur vraagtrek-inflasie sal verminder.   Die owerheid kan 'n begrotingstekort uit die niebank-sektor finansier om inflasie te beperk.  Belasting  Die owerheid kan direkte belasting verhoog, soos persoonlike inkomstebelasting, om vraag te verminder.   'n Styging/Verhoging indirekte belasting (BTW) veroorsaak dat besteding styg/toeneem omdat goedere duurder word.   Die regering kan bybetalings hef op ingevoerde goedere wat hulle pryse sal verhoog, wat verbruikerbesteding sal ontmoedig.   'n Leningsheffing kan gebruik word om verbruikers se besteebare inkomste te verminder.   Die owerheid kan belastings op besparings verminder of belastingvrye spaarrekeninge instel om spaar aan te moedig en besteding te verminder. ANDER MAATREËLS Addisionele maatreëls wat gebruik kan word om inflasie te bekamp, sluit in:  Verhoogde produktiwiteit:  Verbeterde onderwys en opleiding stel meer mense in staat om in diens geneem te word en te verseker dat hulle meer produktief is.   Prysbeheer:  Die owerheid verseker dat sekere noodsaaklike goedere bekostigbaar bly deur die prys daarvan vas te stel.   Loonbeleid:  'n Loonbeleid moet loonverhogings in lyn met die inflasiekoers hou.   Strenger voorwaardes vir verbruikerkrediet:  Die Nasionale Kredietreguleerder kan strenger vereistes op verbruikerskrediet instel wat totale vraag sal verminder.   Invoerbeheer word verslap:  Meer invoere kan help om plaaslike aanbod van goedere en dienste aan te vul, wat inflasie veroorsaak deur produktekorte verminder.   Swewende wisselkoers:  Pryse word outomaties aangepas na internasionale toestande wat vrye werking van die prysmeganisme (reële pryse) toelaat.   Indeksering:  Verwys na 'n beleid om pryse van items, soos lone, pensioene en verbandrentekoerse aan prysindekse te koppel om die uitwerking van inflasie te elimineer.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) Ken 'n maksimum van 8 punte vir die blote noem van opskrifte en voorbeelde toe) (Maks. 26) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 19 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne ADDISIONELE GEDEELTE Verskillende rolspelers word deur hoë inflasieverwagtinge op die volgende maniere beïnvloed:  Inflasieverwagtinge speel 'n groot rol in die proses wat verwagtinge van prysverhogings deur die werklike prysverhoging oordra.   Verbruikerbesteding kan styg/verhoog wanneer verbruikers verwag dat pryse in die nabye toekoms, sonder markaanduidings, sal verhoog.   Meer verbruikersgoedere en kapitaalgoedere word gekoop voordat die prys styg wat dus totale vraag verhoog.   Vakbonde eis hoër lone om die koopkrag vir hulle lede te beskerm wanneer hulle 'n verhoging in inflasie verwag.   Wanneer lone verhoog, verhoog besighede julle pryse om te vergoed vir die styging in arbeidskoste wat daardeur weer inflasie aanvuur.   Wanneer besighede verwag dat inflasie sal verhoog, is hulle geneig om hulle pryse voortydig te verhoog wat hulle winsgrense verhoog.   Die SARB gebruik inflasieverwagtinge om monetêre beleidsinstrumente aan te pas om die geldaanbod te beheer.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Ken 'n maksimum van 2 punte vir die blote noem van feite) (Maks. 10) SLOT 'n Hoë inflasiekoers sal altyd onstabiliteit in die ekonomie veroorsaak dus word verskillende maatreëls toegepas om dit te bekamp./Inflasieverwagtinge is selfvervullend omdat hoër verwagtinge lei tot hoër inflasie en die omgekeerde is ook waar.  (Aanvaar enige ander korrekte relevant slot) (Maks.2) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all