Skip to content

Economics Grade 12 P2 NSC June 2022 Question Paper (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12202212 pages

Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN EKONOMIE V2 2022 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 2 DBE/2022 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 3 DBE/2022 SS/NSS AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D. 1.1.1 Die inkome afkomstig uit die verkoop van een addisionele eenheid van 'n produk word … inkome genoem. A gemiddelde B ekstra C totale D marginale 1.1.2 Die instelling wat beperkende sakepraktyke ondersoek, is die Mededingings-… A kommissie. B tribunaal. C appèlhof. D beleid. 1.1.3 Die koste wat met die produksievlak verander, staan as … koste bekend. A marginale B veranderlike C gemiddelde D vaste 1.1.4 'n Markstruktuur wat deur twee produsente domineer word, word … genoem. A 'n volmaakte mark B 'n monopolie C monopolistiese mededinging D 'n duopolie 1.1.5 'n Situasie waar pryse so vinnig styg dat mense vertroue in die waarde van geld verloor, kan as … beskou word. A inflasie B stagflasie C hiperinflasie D hooflyn-inflasie 1.1.6 Wanneer toeriste Suid-Afrikaanse wildsplase besoek, word daarna as … toerisme verwys. A eko- B sake- C kulturele D uitgaande Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 4 DBE/2022 SS/NSS 1.1.7 Die bevel-en-beheer-benadering wat fokus op die omgewingsimpak van besoedeling word … genoem. A hoeveelheidstandaarde B gehaltestandaarde C 'n vrywillige ooreenkoms D die Rio +20-ooreenkoms 1.1.8 Die proses waar bome van die grond verwyder en nie vervang word nie, staan as … bekend. A degradering B erosie C ontbossing D herwinning (8 x 2) (16) 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Mark A verhoging in salarisse wat daartoe lei dat werkers 'n hoër inkomstebelasting- 1.2.2 Onvolmaakte mark koers betaal 1.2.3 Minimum loon B op die produksie van goedere gehef wat eksterne omgewingskoste genereer 1.2.4 Merietegoedere C tradisies, rituele of musiek wat uniek 1.2.5 Kerninflasie aan 'n gegewe kultuur of samelewing is 1.2.6 Belastingversnelling D firmas wat die markprys beheer 1.2.7 Inheemse E meganisme wat kopers en verkopers kennisstelsel van goedere en dienste saambring 1.2.8 Groen belasting F dit word deur die mark onderverskaf maar is vir die samelewing voordelig G sluit items in die VPI-mandjie uit wat hoë prysonbestendigheid toon H markstruktuur met 'n paar firmas wat heterogene produkte verkoop I die laagste bedrag wat deur die regering voorgeskryf word wat werkgewers hulle werkers mag betaal (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 5 DBE/2022 SS/NSS 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE. 1.3.1 Die produksieperiode waartydens ten minste een van die produksiefaktore vas is 1.3.2 'n Mark waar onwettige goedere gekoop en verkoop word 1.3.3 Die koste aan die samelewing wat nie by die markprys ingesluit is nie 1.3.4 Toeriste uit ander lande wat na Suid-Afrika kom om plekke van belang te besoek 1.3.5 Tipe inflasie waar die totale vraag na goedere en dienste die totale aanbod oorskry 1.3.6 Die vermoë van 'n omgewing om die gebruik daarvan vir ekonomiese aktiwiteit te oorleef (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 6 DBE/2022 SS/NSS AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem TWEE breë tipes monopolieë. (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoe sal 'n toename in die aantal firmas in 'n volmaakte mark die pryse van goedere en dienste beïnvloed? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. WINSMAKSIMALISERING TK TI Koste/Inkome B A  0 15 35 45 Hoeveelheid/Produksie 2.2.1 Watter markstruktuur word deur die grafiek hierbo verteenwoordig? (1) 2.2.2 Noem punt A in die grafiek hierbo. (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term eksplisiete koste. (2) 2.2.4 Waarom sal firmas koste aangaan selfs wanneer die uitset nul is? (2) 2.2.5 Gebruik die grafiek hierbo om te verduidelik hoe winsmaksimalisering deur die firma behaal word. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 7 DBE/2022 SS/NSS 2.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. KOSTE EN VOORDELE VAN DIE BOU VAN 'N BRUG BESONDERHEDE BEDRAG Voordele A Verminderde vervoerkoste vir individue R210 000 B Geleenthede vir nuwe besighede R30 000 C Subsidies van die owerheid af R40 000 Totale voordele (A + B + C) R280 000 Koste D Arbeidskoste R150 000 E Koste van boumateriaal en toerusting R15 000 F Vernietiging van plante en diere R50 000 Totale koste (D + E + F) R200 000 [Aangepas en vertaal uit http:// www.wallstreetmojo] 2.3.1 Identifiseer EEN voorbeeld van 'n eksterne voordeel in die tabel hierbo. (1) 2.3.2 Noem die sektor waarin 'n kostevoordeel-ontleding aangewend word. (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term sosiale koste. (2) 2.3.4 Hoe kan 'n gebrek aan inligting onder entrepreneurs tot markmislukking lei? (2) 2.3.5 Bepaal of die projek lewensvatbaar is of nie deur die kostevoordeel- verhouding te bereken. Toon ALLE berekeninge. (4) 2.4 Bespreek kortliks produkdifferensiasie en beheer oor pryse in monopolistiese mededinging. (8) 2.5 Hoe sal die implementering van maksimum pryse die ekonomie negatief beïnvloed? (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 8 DBE/2022 SS/NSS VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE Wêrelderfenisterreine van historiese en kulturele belang in Suid-Afrika. (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe kan die toestaan van eiendomsregte help om die omgewing te beskerm? (2) 3.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. LUGHAWE- Hou Lekker Vakansie!! HEK 13 New Plans BELAS- Besoedeling TING [Aangepas uit Google images.com] 3.2.1 Identifiseer die gesondheidsrisiko wat die toeriste in die spotprent hierbo kan teenkom. (1) 3.2.2 Watter tipe toerisme word met 'Hou Lekker Vakansie!!' geassosieer? (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term transito-toeris. (2) 3.2.4 Verduidelik die doel van die hef van belasting op toeriste. (2) 3.2.5 Hoe kan infrastruktuurontwikkeling toerisme bevorder? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 9 DBE/2022 SS/NSS 3.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Die verlies aan biodiversiteit oor die afgelope paar eeue EEUE BEVOLKING GROND OMSKEP VIR VERLIES AAN MENSLIKE GEBRUIK SPESIES IN EKOSTELSELS 1 800 0,9 miljard 7,6% -1,8% 2 100 12 miljard 49,1% -17% [Aangepas en vertaal uit www.iberdrola.com] 3.3.1 Identifiseer die term wat verwys na die verskeidenheid plant- en dierelewe in 'n ekosisteem. (1) 3.3.2 Noem EEN dier wat deur uitwissing in Suid-Afrika bedreig word. (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term beskerming. (2) 3.3.4 Verduidelik die belangrikheid van opvoedkundige veldtogte om omgewingsagteruitgang te voorkom. (2) 3.3.5 Hoe word die verlies aan biodiversiteit internasionaal aangepak? (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek kortliks die gevolge van toerisme op eksternaliteite en armoede. (2 x 4) (8) 3.5 Hoe kan die owerheid 'n groen ekonomie in Suid-Afrika bevorder? (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 10 DBE/2022 SS/NSS VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Gee enige TWEE voorbeelde van monopolistiese mededingende markte. (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe kan 'n daling in rentekoerse inflasie veroorsaak? (2) 4.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MARKMISLUKKING – ONDOELTREFFENDHEDE Produksie van Mielies (kg) A 800  F 600  B IK (Indifferensiekromme) 500  C E PMK (Produksie- moontlikheidskromme) D 0 200 700 1 200 Produksie van Rys 4.2.1 Identifiseer die kromme wat met toedelingsdoeltreffendheid (1) verband hou. 4.2.2 Watter hoeveelheid rys sal verskaf word indien 800 eenhede mielies gelewer word? (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term markmislukking. (2) 4.2.4 Hoe kan die owerheid die verbruik van niemerietegoedere ontmoedig? (2) 4.2.5 Waarom sal produksie by punt E as ondoeltreffend beskou word? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 11 DBE/2022 SS/NSS 4.3 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MOET NOOIT VERGEET NIE … ONS HET ALMAL GROOTGEWORD MET DIE STELSEL WAT FOSSIEL- BRANDSTOWWE GEBRUIK!! [Bron: google images.com] 4.3.1 Identifiseer die internasionale ooreenkoms in die spotprent hierbo wat die produksie van kweekhuisgasse beperk. (1) 4.3.2 Gee EEN voorbeeld van 'n fossielbrandstof. (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term aardverwarming. (2) . 4.3.4 Verduidelik die Basel Konvensie-ooreenkoms om omgewingskade te verminder. (2) 4.3.5 Hoe kan produsente tot omgewingsvolhoubaarheid bydra? (2 x 2) (4) 4.4 Met behulp van 'n grafiek met die korrekte byskrifte, verduidelik ekonomiese wins in 'n volmaakte mark. (8) 4.5 Analiseer die uitdagings waarvoor die toerismebedryf in Suid-Afrika te staan kom. (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 12 DBE/2022 SS/NSS AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is 'n laerorde-antwoord. Maks. 2  'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou, te definieer of te omskryf.  Moet NIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.  Moet NIE enige deel van die inleiding by die liggaam insluit NIE.  Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek. Liggaam Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Maks. 26 Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/ Verduidelik/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee en verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/Assesseer/Debatteer 'n Maksimum van 8 punte kan aan opskrifte/voorbeelde toegeken word. Maks. 10 Bykomende gedeelte: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Debatteer/ Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor 'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken word. Slot Enige hoërorde-slot moet die volgende insluit: Maks. 2  'n Kort samevatting van wat bespreek is, sonder die herhaling van enige feite wat reeds genoem is  Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is  Bykomende ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding versterk  'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra  Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE  Ondersoek oligopolie as 'n markstruktuur in besonderhede. (26 punte)  Hoe kan die owerheid firmas ontmoedig om aan anti-mededingende gedrag deel te neem? (10 punte) [40] VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek in besonderhede die maatreëls om inflasie te bekamp. (26 punte)  Hoe beïnvloed inflasionêre verwagtinge die onderskeie rolspelers in die ekonomie? (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all