SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
EKONOMIE V1
2022
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2022 papers %20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052/v1-e91730b4b9b539964aa8/card.webp)


%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b/v1-301c5aae90a68c6175ee/card.webp)


View all

_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)


%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79/v1-e860756d76976a4f1387/card.webp)
Economics Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Afr)
Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · NSC June Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 391.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
NSC June Exam 2022
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Ekonomie/V1 2 DBE/2022
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.
5. Lees die vrae aandagtig deur.
6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 3 DBE/2022
SS/NSS
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.
1.1.1 'n Land wat 'n produk teen laer geleentheidskoste as ander lande
kan vervaardig, het …
A 'n absolute voordeel.
B skaalverspillings.
C 'n komparatiewe voordeel.
D skaalvoordele.
1.1.2 Die omgekeerde verhouding tussen inflasie en werkloosheid word
die beste deur die …-kromme geïllustreer.
A Laffer
B Lorenz
C indifferensie
D Phillips
1.1.3 Suid-Afrikaanse verdedigingsdienste word deur die … owerheid
beheer.
A sentrale
B distriks-
C plaaslike
D provinsiale
1.1.4 Die eienaars van produksiefaktore in die ekonomiesekringloop-
model is die …
A owerheid.
B huishoudings.
C besighede.
D buitelandse sektor.
1.1.5 'n Ekonomiese integrasie wat vrye beweging van arbeid, kapitaal
en geld tussen lidlande toelaat, staan as 'n … bekend.
A vryehandelsgebied
B ekonomiese unie
C doeane-unie
D gemeenskapsmark
1.1.6 Die vervaardiging van goedere in groot hoeveelhede, normaalweg
deur lande in die Noordelike Halfrond gedoen, staan as … bekend.
A arbeidsverdeling
B massaproduksie
C spesialisering
D groepering
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 4 DBE/2022
SS/NSS
1.1.7 Ruimtelike-ontwikkelingsinisiatiewe wat infrastruktuur en
beleggings na verwaarloosde gebiede lok, word deur die
Departement van … gedryf.
A Binnelandse Sake
B Arbeid
C Handel en Nywerheid
D Openbare Werke
1.1.8 'n Ekonomiese aanduider wat met produktiwiteit verband hou,
staan as … bekend.
A vergoeding per werker
B repokoers
C wisselkoers
D produsenteprysindeks (8 x 2) (16)
1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Desentralisasie A oordrag van eienaarskap van besighede
van die private sektor na die openbare
1.2.2 Portefeuljebelegging sektor
1.2.3 Morele oorreding B sit die owerheid se breë benadering tot
industrialisasie uiteen
1.2.4 Subsidie
C berei kwartaallikse en jaarlikse
1.2.5 Nasionalisering
ekonomiese verslae voor
1.2.6 Embargo
D pogings deur die owerheid om beleggings
1.2.7 Internasionale in ander gebiede as dié met 'n hoë
Monetêre Fonds konsentrasie van ekonomiese aktiwiteit te
vestig
1.2.8 Nasionale
Nywerheidsbeleids- E konsultasie met handelsbanke om op 'n
raamwerk gewenste wyse te handel
F gee riglyne oor hoe openbare
finansieringsboekhouding bestuur moet
word om aanduiders te standaardiseer
G 'n kontanttoekenning wat aan
vervaardigers gegee word om
produksiekoste te verlaag
H 'n amptelike staatsverbod op die invoer
van sekere goedere en dienste
I koop van finansiële bates soos aandele
op die aandelebeurs van 'n ander land
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 5 DBE/2022
SS/NSS
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.
1.3.1 'n Wisselkoersstelsel waar die waarde van die geldeenheid slegs
deur markkragte bepaal word
1.3.2 Die vloei van goedere, dienste en produksiefaktore tussen
huishoudings en besighede
1.3.3 Sakesiklusse wat deur veranderinge in konstruksieaktiwiteite
veroorsaak word, wat vir 15 tot 20 jaar duur
1.3.4 Verkoop van goedere op 'n buitelandse mark teen 'n prys laer as
die produksiekoste in die land van oorsprong
1.3.5 Infrastruktuur en belegging wat die algemene welsyn van die
samelewing verbeter
1.3.6 Meet die aantal kinders wat voor die ouderdom van een jaar oud
sterf (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 6 DBE/2022
SS/NSS
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKROEKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE tipes verbruiksgoedere. (2 x 1) (2)
2.1.2 Hoe word leidende aanwysers in die vooruitskatting van sakesiklusse
gebruik? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
VERMENIGVULDIGEREFFEK – TWEESEKTOR-MODEL
Die verbruiksfunksie bestaan uit outonome verbruik en afgeleide verbruik
(C = C + cY). Elke keer as daar egter 'n inspuiting in die ekonomiese
kringloop van inkomste is, is daar waarskynlik 'n vermenigvuldigereffek.
Die grootte van die vermenigvuldiger hang van huishoudings se marginale
verbruiksgeneigdheid (mvg) en marginale spaargeneigdheid (msg) af.
Byvoorbeeld, indien 60% van alle nuwe inkome in 'n gegewe tydperk op
Suid-Afrikaanse produkte spandeer word, sal die marginale
verbruiksgeneigdheid 0,6 wees.
[Aangepas uit www.ekonomicsonline.co.za]
2.2.1 Identifiseer 'n voorbeeld van 'n lekkasie in die uittreksel hierbo. (1)
2.2.2 Noem enige EEN deelnemer aan 'n tweesektor-ekonomie. (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term outonome verbruik. (2)
2.2.4 Waarom is die waarde van die vermenigvuldiger in 'n viersektor-
model kleiner as dié van 'n tweesektor-model? (2)
2.2.5 Gebruik die marginale verbruiksgeneigdheid (mvg) van 0,6 en
bereken die verandering in nasionale inkome as daar 'n belegging
van R250 m. was. Toon ALLE berekeninge. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 7 DBE/2022
SS/NSS
2.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SA EKONOMIE HERSTEL MAAR RISIKO'S BLY
Daar word geprojekteer dat reële bruto binnelandse produk in 2021 met 3,8%
en in 2022 met 2,5% sal groei, maar daar is gevare dat die ekonomie kan
afneem.
Huishoudelike verbruik sal betekenisvol tot groei bydra soos wat die
ekonomie oopmaak en die buitengewone besparings van 2020 spandeer
word. Private investering sal progressief versterk.
[Bron: www.google.com]
2.3.1 Identifiseer die term in die uittreksel hierbo wat na besteding op
kapitaalgoedere verwys. (1)
2.3.2 Gee EEN rede wat die ekonomiese herstel van Suid-Afrika
beperk. (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term reële bruto binnelandse produk. (2)
2.3.4 Verduidelik die effek op sakesiklusse wanneer daar 'n styging in
huishoudelike verbruik is. (2)
2.3.5 Hoe kan die owerheid belasting gebruik om ekonomiese herstel
te stimuleer? (4)
2.4 Bespreek die rol van die buitelandsevaluta-mark in die ekonomiesekringloop-
model. (8)
2.5 Analiseer die uitdagings in internasionale handel waarvoor Suid-Afrika te
staan kom. (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 8 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem TWEE nywerheidsontwikkelingstrategieë in Suid-Afrika.
(2 x 1) (2)
3.1.2 Waarom is dit belangrik om die prestasie van die ekonomie te
meet? (2)
3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
HUIDIGE STAND VAN BRICS-EKONOMIEË
Die BRICS-klub, wat vir hulle geweldige groeipotensiaal bekend was, is in die
middel van ernstige ekonomiese en politieke uitdagings. Dalende
kommoditeitspryse in die wêreld, soos olie, goud en steenkool, het hierdie
opkomende markte beïnvloed wat swaar steun op groei deur uitvoer gelei.
Die strukturele transformasie van China vanaf 'n ekonomie wat deur uitvoer
aangedryf word na een wat op huishoudelike verbruik staatmaak het die
huidige uitdagings van BRICS vererger.
[Aangepas uit www.weforum.org]
3.2.1 Identifiseer die kommoditeit wat 'n belangrike verdiener van
buitelandse valuta in Suid-Afrika is. (1)
3.2.2 Noem enige ander BRICS-lidland, behalwe China. (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term handelsliberalisering. (2)
3.2.4 Verduidelik die impak van 'n daling in mineraalpryse op die
Suid-Afrikaanse ekonomie. (2)
3.2.5 Hoe trek Suid-Afrika voordeel daaruit om 'n lid van BRICS te
wees? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 9 DBE/2022
SS/NSS
3.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
OPLOSSING VIR BEHUISINGSKRISIS IN SUID-AFRIKA
BEKOSTIGBARE
BEHUISING NOU
Staatsgesubsidieerde huur stel lae-inkomstehuishoudings in staat om in
ordentlike akkommodasie naby skole, winkels en werksplekke te woon.
Behoorlik bestuurde huurblokke is meer duursaam as HOP-huise.
[Aangepas uit www.google.com]
3.3.1 Identifiseer 'n voorbeeld van gratis behuising wat deur die
owerheid verskaf word. (1)
3.3.2 Gee enige EEN sosiale/maatskaplike probleem wat met informele
nedersettings geassosieer word. (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term verstedeliking. (2)
3.3.4 Verduidelik die voordeel van behoorlike sanitasie vir
lewensverwagting. (2)
3.3.5 Hoe kan hoë bevolkingsgroei lewenstandaard beïnvloed? (4)
3.4 Bespreek kortliks die Kleinsake-ondersteuningsprogram (KSOP) en die
Vaardigheidsondersteuningsprogram (VOP) as aansporings vir
nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika. (8)
3.5 Hoe kan uitvoere vir die Suid-Afrikaanse ekonomie voordelig wees? (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 10 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 4: MAKROEKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE metodes van invoervervanging. (2 x 1) (2)
4.1.2 Waarom lei internasionale handel na massaproduksie? (2)
4.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
UITTREKSEL UIT SUID-AFRIKA SE BETALINGSBALANS
R miljard
[Bron: SARB, Quarterly Bulletin, Junie 2021]
4.2.1 Identifiseer enige jaar waarin Suid-Afrika in al vier kwartale 'n
handelsoorskot ervaar het. (1)
4.2.2 Noem die subrekening van die betalingsbalans wat deur die grafiek
hierbo voorgestel word. (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term lopende oordrag. (2)
4.2.4 Verduidelik die effek op plaaslike brandstofpryse indien die rand
depresieer. (2)
4.2.5 Hoe kan 'n rentekoersstyging die betalingsbalans verbeter? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 11 DBE/2022
SS/NSS
4.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
COEGA-NYWERHEIDSONTWIKKELINGSONE
Terwyl Suid-Afrika werksgeleenthede verloor, belê vier nuwe maatskappye 'n
gesamentlike R49 m. by die Coega-nywerheids-ontwikkelingsone (NOS) in
Nelson Mandelabaai. Dit skep vir ten minste 'n 100 mense werk.
Die belegging kom te midde van die rampspoedige omstandighede van 'n
ekonomie wat alreeds bedruk is, met Suid-Afrika wat meer werk verloor as
wat dit skep. Die werkloosheidskoers staan op 'n ongelooflike 40,4%.
[Aangepas uit www.timeslive.co.za]
4.3.1 Identifiseer enige frase in die uittreksel wat na 'n styging in
werkloosheid in Suid-Afrika verwys. (1)
4.3.2 Noem enige EEN korridor in Suid-Afrika. (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term streeksontwikkeling. (2)
4.3.4 Waarom het spesiale ekonomiese sones (SES's) 'n breër
nywerheidsontwikkelingsdoelwit as NOS's? (2)
4.3.5 Hoe kan nywerheidsontwikkeling die internasionale
mededingendheid van 'n land beïnvloed? (4)
4.4 Bespreek kortliks verbruikersprysindeks en produsenteprysindeks as
ekonomiese aanduiders. (8)
4.5 Analiseer die belangrikheid van prysstabiliteit om die ekstreme skommelinge
in sakesiklusse te voorkom. (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 12 DBE/2022
SS/NSS
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE-
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde-antwoord. Maks. 2
'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou,
te definieer of te omskryf.
Moet NIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
Moet NIE enige deel van die inleiding by die liggaam insluit NIE.
Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
Verduidelik/Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee en
verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/Assesseer/Debatteer
'n Maksimum van 8 punte kan aan opskrifte/voorbeelde toegeken word. Maks. 10
Addisionele gedeelte: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Debatteer/
Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor
'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken
word.
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2
'n Kort samevatting van wat bespreek is, sonder herhaling van enige feite
wat reeds genoem is
Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
Bykomende ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
versterk
'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MAKROEKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek in besonderhede die redes vir openbaresektor-mislukking. (26 punte)
Analiseer die impak van swak dienslewering deur die owerheid op sosio-
ekonomiese regte. (10 punte) [40]
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek in besonderhede die vraagkantbenadering om ekonomiese groei en
ontwikkeling in Suid-Afrika te bevorder. (26 punte)
Evalueer breëbasis- swart ekonomiese bemagtiging (BSEB) om ekonomiese
ontwikkeling in Suid-Afrika te bevorder. (10 punte) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052/v1-e91730b4b9b539964aa8/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b/v1-301c5aae90a68c6175ee/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
More from Grade 12 Economics

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 Eastern Cape June 2024 Question Paper

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79/v1-e860756d76976a4f1387/card.webp)
Question paper