Skip to content

Economics Grade 12 Paper 2 NW June 2025 Memo (Afrikaans)

MemorandumEconomicsGrade 12202519 pages

Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the NW June Exam 2025 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 12 EKONOMIE V2 NASIENRIGLYNE JUNIE 2025 PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 19 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 2 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGE-KEUSE 1.1.1 A- homogene produkte 1.1.2 C- onder 1.1.3 C- maatskaplike koste  1.1.4 B markkrag  1.1.5 A- oligopolie  1.1.6 D- onverskilligheidskurwe 1.1.7 B- gemiddelde inkomste is gelyk aan gemiddelde veranderlike koste 1.1.8 D- kunsmatige monopolie (8 x 2) (16) 1.2 PASITEMS 1.2.1 I- koste of voordele wat na die derde party oorspoel 1.2.2 F- praktyke wat inmeng met die volmaakte mark bv. prysvasstelling 1.2.3 B- waar besighede bymekaar kom met die doel om 'n kollektiewe monopolie te vorm 1.2.4 A- belasting gehef op nie-meriete goedere 1.2.5 C- 'n toename in die produksiekoste as gevolg van ondoeltreffende produksie 1.2.6 E- koste wat nie teruggekry kan word nie bv. advertensies 1.2.7 D- belastingstelsel waar lae inkomste verdieners minder belasting betaal 1.2.8 G- 'n tydperk waarvan ten minste een produksiefaktor vas is (8 x 1) (8) 1.3 GEE DIE TERM 1.3.1 Implisiete koste 1.3.2 Gemeenskapsgoedere 1.3.3 Nywerheid 1.3.4 Patent 1.3.5 Kostevoordeelanalise 1.3.6 Samesmelting (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: (30) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 3 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne AFDELING B Beantwoord TWEE vrae van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 2.1.1 Noem TWEE hindernisse tot toetrede wat deur monopolieë gebruik word.  Staatslisensies  Patente  Hoë aanvangskoste  Kopiereg (2 x 2) (2) 2.1.2 Hoekom is die vraagkromme van 'n volmaakte mark horisontaal?  Alle besighede vra dieselfde prys as wat hulle prysnemers is, hul prys word bepaal deur die interaksie van vraag en aanbod. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 2.2 DATARESPONS 2.2.1 Identifiseer die markstruktuur wat in die tabel hierbo voorgestel word.  Volmaakte mark/ volmaakte mededinging (1) 2.2.2 Noem die koste wat konstant bly ongeag die hoeveelheid uitset.  Vaste koste (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term veranderlike koste. Veranderlike koste is koste wat direk verander met die vlak van produksie, hoe meer goedere geproduseer word hoe meer sal die koste styg. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 2.2.4 Verduidelik hoekom besighede in hierdie mark prysnemers is. Al die ondernemings in hierdie markstruktuur moet die prys gebruik wat deur die bedryf bepaal word, hulle pryse word bepaal deur die interaksie van vraag en aanbod van die bedryf. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 4 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne 2.2.5 Bereken die grenskoste vir die 3de uitset. Toon ALLE berekeninge.  ∆TC ÷ ∆ uitset = (68 - 55) ÷ (3 - 2) = 13 ÷ 1 = 13 (4) 2.3 DATARESPONS 2.3.1 Identifiseer die mark hierbo uitgebeeld.  Onvolmaakte mark (1) 2.3.2 Noem industrie wat hierbo voorgestel word?  Kleinhandel (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term produkdifferensiasie.  Die proses om 'n produk van soortgelyke produkte te onderskei om dit aantrekliker vir verbruikers te maak. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 2.3.4 Verduidelik hoe besighede in hierdie markstruktuur hul produkte onderskei.  Produkte in hierdie mark word deur handelsmerk en verpakking onderskei. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 2.3.5 Hoe kompeteer besighede in hierdie markstruktuur? Besighede in hierdie mark gebruik nie-prys mededinging soos:  Doen besigheid oor die internet, deur-tot-deur-dienste en na-ure verkope, wat dit vir hul kliënte makliker maak om by hulle uit te kom.  Bou handelsmerklojaliteit deur lojaliteitsbelonings en produkerkenning.  Gebruik advertensies om hul produkbewustheid te verhoog en om kliënte na hul produkte te lok. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 5 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne 2.4 Verduidelik met behulp van 'n grafiek hoe wins in die perfekte mark gemaksimeer word deur totale koste en totale inkomste te gebruik. (Maks 4)  Wins word gemaksimeer waar die totale kostekromme met die totale inkomstekromme sny.  Tussen 3 eenhede en 8 eenhede maak die firma ekonomiese wins.  Die firma maksimeer wins waar die verskil tussen totale inkomste (TI) en totale koste (TK) die grootste is.  In die grafiek hierbo word wins gemaksimeer wanneer die firma 100 eenhede produseer.  Wanneer die hoeveelhede geproduseer minder/onder 100 is, moet die onderneming die hoeveelhede geproduseer verhoog om wins te maksimeer.  Wanneer die hoeveelhede geproduseer meer/bo 100 is, moet die onderneming die hoeveelhede geproduseer verminder om wins te maksimeer. (Aanvaar enige korrekte relevante antwoorde) (Maksimum van 4 vir blote lys van feite en voorbeelde) (Maks 4) (8) 2.5 Met verwysing na die geknikte vraagkromme, ontleed die rasionaal agter die vraagkromme.  Die geknikte vraagkromme verduidelik nie hoe prys en uitset onder oligopolieë bepaal word nie.   Dit illustreer die belangrikheid van interafhanklikheid en onsekerheid in oligopolistiese markte.   As 'n firma die prys van sy produkte verhoog of verlaag, sal die uitkoms bepaal word deur die reaksie van sy mededingers.   Die oligopolistiese firma neem aan dat sy mededingers nie op 'n prysverhoging sal reageer deur ook die prys van hul produkte te verhoog nie. (Aanvaar enige korrekte relevante antwoorde) (Maksimum van 2 vir blote lys van feite en voorbeelde) (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 6 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne VRAAG 3 MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 3.1.1 Noem enige TWEE instellings van mededingingsbeleid.  Mededingingskommissie  Mededingingstribunaal  Mededingingsappèlhof (2 x 2) (2) 3.1.2 Hoekom is besighede in die motorbedryf afhanklik van mekaar?  Die besluit wat deur een besigheid geneem word, hang af van die besluite wat deur ander besighede in die bedryf geneem word, as een besigheid hul pryse verlaag, is ander meer geneig om ook hul pryse te verlaag. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) 3.2 DATARESPONS 3.2.1 Noem die tipe belasting wat hierbo gehef word.  Sondebelasting (1) 3.2.2 Wie word meestal geraak deur 'n verhoging in bogenoemde belasting?  Gemarginaliseerde groepe  Diegene wat nie ekonomies bemagtig kan word nie (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term aksynsbelasting.  'n Belasting wat op sekere luukse items, soos alkohol en sigarette, gehef word om die verbruik van hierdie goedere te ontmoedig. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 3.2.4 Wat is die rede waarom bogenoemde belasting gehef word?  Die regering hef sondebelasting om die verbruik van skadelike goedere en dienste te verminder. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 7 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne 3.2.5 Waarom is aksynsbelasting 'n goeie bron van inkomste vir die regering?  Mense is verslaaf aan die meeste goedere wat aksyns betaal, daarom sal hulle aanhou om die goedere te koop al het die prys gestyg.   Die regering kan sy inkomste verhoog deur 'n hoër persentasie te hef (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (4) 3.3 DATARESPONS 3.3.1 Identifiseer die marginalekostekromme in die bostaande grafiek.  B (1) 3.3.2 Noem die tipe produk wat in die mark struktuur hierbo verkoop word.  Unieke goedere (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term monopolie. 'n Monopolie is 'n markstruktuur waar daar slegs een besigheid is wat 'n unieke produk verkoop sonder nabye plaasvervangers. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 3.3.4 Hoekom lê die MI-kromme onder die vraagkromme?  Die marginale inkomste is altyd onder die vraagkromme omdat verkopers pryse moet verlaag om 'n bykomende eenheid te verkoop. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 3.3.5 Gebruik die inligting uit die grafiek hierbo om wins of verlies te bereken. Toon ALLE berekeninge.  TI - TK = (R150 x 100) – (R200 x 100) = R15 000 – R20 000 = - R5000 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 8 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne 3.4 Bespreek kortliks die doelstellings van die Mededingingswet, 1998.  Voorkom die misbruik van ekonomiese mag, bv. deur 'n monopolis.  Reguleer die groei van markkrag deur middel van oornames en samesmeltings.  Voorkom beperkende praktyke, veral deur oligopolis, soos vasstelling van verkooppryse, samespanning ten opsigte van tenders of prysdiskriminasie.  Dra by tot die ontwikkelingsdoelwitte van die staat.  Om doeltreffendheid van markte deur wetgewing te verbeter.  Beskerm die verbruiker teen onbillike pryse en minderwaardige produkte, bv. Mededingingswet, voorkom prysvasstelling en bevorder mededinging (Aanvaar enige korrekte relevante antwoorde) (Maksimum van 4 vir blote lys van feite en voorbeelde) (4 x 2) (8) 3.5 Waarom is 'n koste-voordeel-analise (KVA) nodig vir projekte in die openbare sektor?  KVA lei tot objektiewe besluitneming deur koste en voordele op te weeg.  KVA word toegepas op daardie projekte waar daar na verwagting 'n beduidende verskil tussen sosiale koste en voordele sal wees, met ander woorde 'n waarskynlikheid van markmislukking  Dit sluit die wyer sosiale impak en eksternaliteite in die besluitnemingsproses in  Dit word gebruik om finale besluite te neem oor of die projek moet voortgaan of nie  Daar is 'n afwesigheid van markseine om te ondersteun of die projek kan voortgaan of nie (Aanvaar enige korrekte relevante antwoorde) (Maksimum van 2 vir blote lys van feite en voorbeelde) (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 9 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne VRAAG 4 MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 4.1.1 Noem TWEE kenmerke van openbare goedere en dienste.  Nie-mededinging  Nie-uitsluitbaar  Nie-verwerpbaar  Oneindige verbruik (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2 x 1) (2) 4.1.2 Waarom maak 'n monopolie op die lang termyn ekonomiese wins?  'n Monopolie sal in die lang ekonomiese wins maak omdat dit die enigste besigheid in die mark is wat die produk verkoop.  Ander besighede word verhinder om die mark te betree met eiendomsregte soos patente en lisensies. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) 4.2 DATARESPONS 4.2.1 Identifiseer die organisasie wat samesmeltings in Suid-Afrika kan aanvaar of verwerp  Mededingingstribunaal (1) 4.2.2 Noem die markstruktuur waarin Vodacom bedrywig is.  Oligopolie (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term samespanning.  Samespanning vind plaas wanneer twee of meer firmas van dieselfde bedryf in gesprek tree om markaandeel te vergroot deur pryse en hoeveelheid verskaf te manipuleer. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 4.2.4 Watter negatiewe impak sal die samesmelting van Vodacom en Maziv op mededinging in die mark hê?  Die twee besighede sal hul hulpbronne kombineer en sal dit vir ander moeilik maak om met hulle mee te ding (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 10 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne 4.2.5 Hoe bevoordeel mededingingsbeleid die ekonomie?  Regerings het mededingingsbeleide om verbruikers te beskerm.  Om die doeltreffende gebruik van hulpbronne te bevorder  Om die land se nywerhede meer mededingend te maak (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (4) 4.3 DATARESPONS 4.3.1 Verskaf 'n geskikte opskrif vir die grafiek hierbo.  PMK/ Produksiemoontlikheidskromme (1) 4.3.2 Identifiseer die punt waar hulpbronne nie doeltreffend gebruik word nie.  A (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term toedelings-doeltreffendheid. Wanneer die besighede in die bedryf beskikbare hulpbronne gebruik om die uitset te produseer wat die meeste deur verbruikers gevra word. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 4.3.4 Verduidelik hoe 'n onderneming produktief ondoeltreffend sou wees?  'n Besigheid sal produktief ondoeltreffend wees as dit nie daarin slaag om maksimum uitset teen die laagste moontlike koste te produseer nie.  Produktiewe ondoeltreffendheid vind plaas wanneer die besigheid se gemiddelde koste van produksie nie daal met 'n toename in uitsette. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 4.3.5 Hoe sou die produksie geraak word as dit by punt B plaasvind?  Enige produksie langs die PPC beteken dat die hulpbronne doeltreffend gebruik word.   By punt B sou die ekonomie 5 tablette en 3 rekenaars produseer.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 11 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne 4.4 Bespreek die rol van die kompetisiekommissie.  Die Mededingingskommissie probeer om alle Suid-Afrikaners gelyke geleenthede te gee om regverdig aan ekonomiese aktiwiteite deel te neem om sodoende die ekonomie meer doeltreffend te maak.  Een van die bepalings van die wet is dat die Mededingingskommissie in kennis gestel moet word van enige samesmeltings en oornames.  Samesmeltings kan nie plaasvind sonder die toestemming van die Kommissie nie.  Wanneer die Kommissie samesmeltings evalueer, moet enige aangeleenthede wat verband hou met mededinging en doeltreffendheid, en die openbare belang, in ag geneem word (Aanvaar enige korrekte relevante antwoorde) (Maksimum van 4 vir blote lys van feite en voorbeelde) (4 x 2) (8) 4.5 Ontleed die produksievlakke en vraagkromme as kenmerke van ‘n monopolie. Produksievlakke  Sodra die monopolis op 'n prys besluit het, word die hoeveelheid verkoop deur markvraag bepaal.  Deur die prys te verlaag, kan monopoliste meer eenhede van die produk verkoop en omgekeerd.  Monopoliste beïnvloed die produk-pryskombinasie van die produk wat hulle verkoop sonder enige reaksie van ander markdeelnemers.   Ander deelnemers kan nie optree nie omdat 'n basiese vereiste vir die bestaan van 'n monopolie is dat toegang tot die mark geblokkeer word. Maks 4 Vraagkromme  'n Monopolis se helling is onelasties (steil) en maak die helling van links na regs.  Die vraagkromme is ook die markvraagkromme aangesien dit die enigste verskaffer van die produk in die mark is.  Die vorm van die kromme dui aan dat daar 'n omgekeerde verband is tussen prys en hoeveelheid gevra.  Dit beteken dat namate prysverhoging die hoeveelheid gevra sal afneem/prys en verminderde hoeveelheid gevra sal toeneem.  (Aanvaar enige korrekte relevante antwoorde) Maks 4 (Maksimum van 2 vir blote lys van feite en voorbeelde) (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 12 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne AFDELING C VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE 40 MINUTE  Bespreek die korttermyn-ewewigsposisies (ekonomiese wins, ekonomiese verlies en normale wins) in 'n volmaakte mark met behulp van grafieke. (26 punte)  Ontleed die verhouding tussen 'n individuele besigheid en die bedryf onder volmaakte mark. (10 punte) INLEIDING 'n Volmaakte mededinging is 'n markstruktuur met 'n groot aantal kopers en verkopers.  (Aanvaar enige ander relevante inleiding) (Maks 2) HOOFDEEL Ekonomiese wins  Korrekte posisionering en etikettering van kostekrommes = 1 punt  Korrekte posisionering en etikettering van inkomstekrommes = 1 punt  Aanduiding van ekonomiese winsgebied = 1 punt  Etikettering op asse = 1 punt  Benoeming van asse = 1 punt Maksimum 4 punte  Ekonomiese wins is die wins wat bykomend tot die normale wins gemaak word/Wanneer gemiddelde inkomste groter is as gemiddelde koste maak die firma ekonomiese wins.  Die firma produseer by punt e waar MI=MK  Teen e word Q/100-eenhede teen P/R10 vervaardig.  By punt e is GI (P/R10) groter as GK (P1/R8).  Die firma maak 'n ekonomiese wins van P1 /TI - TK (R1000 – R800= R200) / R2 x 100 = R200). Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Ekonomie/V2 13 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne Ekonomiese verlies  Korrekte posisionering en etikettering van kostekrommes = 1 punt  Korrekte posisionering en etikettering van inkomstekrommes = 1 punt  Aanduiding van ekonomiese verliesarea = 1 punt  Etikettering op asse = 1 punt  Benoeming van asse = 1 punt Maks. 4 punte  Ekonomiese verlies vind plaas wanneer totale koste groter is as die totale inkomste/wanneer gemiddelde inkomste laer is as die gemiddelde koste.  Die firma produseer by punt e waar MI=MK.  Teen e word Q/100-eenhede teen P/R10 vervaardig.  By punt e is GI (P/R10) minder as GK (P1/R12).  Die firma maak 'n ekonomiese verlies van PP1ae / TK – TI (R1000 – R1200 = - R200)/ R10 – R12 = - R2). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 14 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne Normale wins  Korrekte posisionering en etikettering van kostekrommes = 1 punt  Korrekte posisionering en etikettering van inkomstekrommes = 1 punt  Aanduiding van area = 1 punt  Etikettering op asse = 1 punt  Benoeming van asse = 1 punt Maks. 4 punte  Normale wins is die minimum verdienste wat nodig is om te verhoed dat die entrepreneur die bedryf verlaat.  Normale wins vind plaas wanneer totale inkomste gelyk is aan totale koste/ wanneer gemiddelde inkomste gelyk is aan gemiddelde koste.  Die firma produseer by punt e waar MI=MK.  Teen e word Q/100-eenhede teen P/R10 vervaardig.  By punt e is GI (P/R10) gelyk aan GK (P/R10).  Die firma maak normale wins van P x Q – GK x Q / R1000 – R1000 = R0 / R10 – R10 = R0. Bykomende instruksies:  Puntetoekenning vir grafieke = maksimum 12 punte Maksimum 12 punte vir 3 grafieke- Maksimum 8 punte vir 2 grafieke Maksimum 4 punte vir 1 grafiek  Puntetoekenning vir verduidelikings van grafieke = maksimum 14 punte (Maks 26) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 15 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne ADDISIONELE DEEL Ontleed die verhouding tussen 'n individuele besigheid en die bedryf onder volmaakte mark.  Markprys van die bedryf word bepaal deur die interaksie van vraag en aanbod waar VV (vraagkromme) afwaarts van links bo na regs onder en AA (aanbodkromme) opwaarts helling van links onder na regs bo.  Die punt waar vraag en aanbod mekaar kruis, word die ewewig genoem.  Individuele besigheid kan enige hoeveelheid op die mark teen die markprys aanbied.  Besigheid sal nie 'n hoër prys vra nie, want kopers sal elders koop en hulle sal nie 'n laer prys vra nie, want hulle kan al hul goedere teen die huidige markprys verkoop.  Vraagkromme vir individuele besigheid is 'n horisontale lyn teen markprys.  Die gemiddelde inkomste wat die onderneming ontvang is dus gelyk aan die markprys en die horisontale vraagkromme verteenwoordig die gemiddelde inkomste-kromme (GI).  Die inkomste van enige bykomende eenheid wat die onderneming verkoop, dit is die marginale inkomste, is gelyk aan markprys P1, en die horisontale vraagkromme verteenwoordig dus ook die marginale inkomste-kromme (MI). (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks10) SLOT Markte is 'n noodsaaklike deel van ekonomiese groei aangesien dit enige plek of enige omstandighede is waar kopers en verkopers kontak maak of met mekaar kommunikeer oor die koop en verkoop van goedere en dienste. (Aanvaar enige ander korrekte hoër orde, relevante gevolgtrekking) (Maks 2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 16 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne VRAAG 6: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE 40 MINUTE  Bespreek in detail, sonder om grafieke te gebruik, staatsingryping as gevolg van markmislukkings. (26 punte)  Hoe sal onbeweeglikheid van produksiefaktore tot markmislukking lei? (10 punte) INLEIDING  Die doel van staatsingryping is om te verseker dat die regte hoeveelheid hulpbronne aan die produksie van uitset toegewys word sodat die samelewing as geheel sy voordele maksimeer.  Markmislukking is wanneer die mark nie genoegsame (optimum) hoeveelhede produseer wat mense wil hê nie. (Aanvaar enige ander relevante inleiding) (Maks 2) LIGGAAM Minimum lone  'n Minimum loon is die laagste vergoeding wat werkgewers deur die wet verplig word om hul werkers te betaal.   Indien 'n minimum loon bo die ewewigsmarkloon gestel word, sal die aanbod van arbeid die vraag na arbeid oorskry.   Inkomste van werke sal toeneem en gevolglik sal hul lewenstandaard verbeter.   Dit sal die koste van arbeid verhoog, wat tot hoër produksiekoste vir sommige besighede sal lei.  Sommige werkers kan afgelê word en daar sal 'n toename in werkloosheid wees.  Minimum lone lei tot meer bedingingsmag vir werkers. Minimum pryse  Minimum pryse word deur die regering bo die markprys gestel, dit staan ook bekend as prysvloere.  Die regering is verplig om in te gryp om voldoende voorraad stabiele voedsel in die mark te verseker.  Minimum pryse word gebruik om produsente aan te moedig om belangrike noodsaaklike goedere te verskaf aangesien dit hulle in staat stel om 'n gemaklike wins te maak.   Minimum pryse sal 'n surplus in die ekonomie skep wat kan lei tot storting van surplus goedere en dienste. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 17 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne Maksimum pryse  Maksimum pryse word gewoonlik op basiese goedere, soos voedsel en vervoer, vasgestel sodat burgers toegang tot sekere goedere en dienste het en om ’n sekere lewenstandaard te handhaaf.  Die regering sal maksimum pryse vasstel as die prys hoog geag word vir noodsaaklike goedere en dienste.  Die regering sal ingryp deur ’n wet te aanvaar dat verskaffers nie meer as ’n maksimum prys mag vra nie.  Dit sal 'n afname in die hoeveelheid verskaf wat sal lei tot 'n tekort aan die goed of diens.   Tekorte aan aanbod vir sekere goedere in die mark sal lei tot die vestiging van swart markte. Herverdeling van rykdom  Die Suid-Afrikaanse regering gebruik 'n progressiewe inkomstebelastingstelsel om inkomste en rykdom te herverdeel.  Tradisionele metodes soos die heffing van belasting, verskaffing van gratis dienste, voordele in natura en kontantvoordele verminder die inkomstegaping.  Die regering kan ook regstellingsmetodes soos BBSEB, grondrestitusie en herverdeling en eiendomsubsidies implementeer om rykdom te herverdeel. Eiendomsubsidies  Die regering verskaf subsidies aan produsente om dan aan te moedig om meer goedere en dienste te produseer.  Die subsidies verlaag die produksiekoste en dus word die markprys van hierdie goedere verlaag wat verbruik sal verhoog.  Die subsidies verhoog die aanbod van goedere en dienste soos melk, koring en mielies. Direkte beheer  Die staat kan wette aanneem of bestaande wetgewende raamwerk gebruik om besighede en nywerhede te beheer, individue wat eksternaliteite genereer.  In Suid-Afrika word die uitstoot van potensieel gevaarlike chemikalieë, lugbesoedeling, omgewingsbewaring deur verskeie wette en regulasies beheer.  Advertensies deur die tabakbedryf is verbode en alkohol mag nie aan persone onder die ouderdom van 18 jaar verkoop word nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 18 NW/Junie 2025 Graad 12 NasienRiglyne Onvolmaakte markte Die regering kan onvolmaakte mededinging hanteer deur:  Die formulering van 'n mededingingsbeleid om die vlak van mededinging te verhoog.  Die gebruik van wette oor mededinging om buitensporige pryse wat deur firmas gehef word te voorkom, om te verseker dat toegang tot die mark gratis is, voorkom skadelike samespanning en moedig buitelandse mededinging aan wat help om pryse laag te hou.  Verlening van lisensie aan meer besighede in die geval van staatsmonopolieë.   Die instel van prysbeheer om pryse van goedere en dienste te verlaag.  Heffing van belasting  Die regering gryp in die mark in deur belasting te hef om eksterne koste te verhaal.  Hierdie belasting sal die pryse verhoog en lei tot 'n afname in produksie van die goedere.   Die heffing van belasting kan gebruik word as 'n strategie om die produksie en verbruik van goedere te verminder, asook om inkomste vir die staat te genereer.  Firmas en verbruikers sal dan hulpbronne op 'n meer doeltreffende manier toewys.  Regeringsbetrokkenheid by produksie Die regering kan:  Subsideer merietegoedere om hul produksie te verhoog.  Stel belasting op skadelike goedere om hul verbruik te verminder.  Hef inkomstebelasting, indirekte belasting en welvaartbelasting om gemeenskapsgoedere gratis te verskaf.  Verskaf kollektiewe goedere soos vullisverwydering, afvalverwydering en rioolafvoer teen 'n gebruikersfooi. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 26) ('n Maksimum van 8 punte sal toegeken word vir blote lys van opskrif) Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Ekonomie/V2 19 NW/Junie 2025 Graad 12 – Nasienriglyne ADDISIONELE DEEL Hoe sal onbeweeglikheid van produksiefaktore tot markmislukking lei?  Die produksiefaktore is nie maklik beweegbaar nie, so 'n kapitaal en masjinerie wat meestal vas is en nie maklik om te beweeg nie  Die regering plaas gewoonlik streng beheermaatreëls op beweging van arbeid tussen lande, selfs binne lande kan dit soms moeilik wees om arbeid te verskuif.  Produksiefaktore is nie identies nie en is nie dieselfde in alle lande beskikbaar nie, in ander lande sal daar meer van een produksiefaktor wees en minder daarvan in 'n ander.  Die meeste markte pas nie vinnig aan by veranderinge in vraag en aanbod nie. Dit is as gevolg van 'n gebrek aan inligting en die feit dat hulpbronne nie mobiel is nie.  Tegnologie verander, bv. mense kan deur robotte vervang word. Dit neem tyd vir arbeidsintensiewe tekstielproduksie om oorgeskakel te word na rekenaargesteunde produksiemetodes.  Fisiese kapitaalinfrastruktuur soos telefoonlyne – kan met onreëlmatige tussenposes van een plek na 'n ander beweeg (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (Maks10) SLOT  Die ingryping van die regering verseker dat ondoeltreffendheid uitgeskakel word en dat die mark doeltreffend funksioneer.  Die regering betrek homself direk by die mark wanneer die mark nie in die belang van die samelewing optree nie. (Aanvaar enige ander korrekte hoër orde, relevante gevolgtrekking) (Maks 2) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all