PROVINSIALE ASSESSERING
GRAAD 12
EKONOMIE V2
JUNIE 2025
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2025 papers 

%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79/v1-e860756d76976a4f1387/card.webp)


%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b/v1-301c5aae90a68c6175ee/card.webp)
View all
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)



%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--d54cb2c3-c826-4990-8f30-6eaeb86b12e4/v1-b25692f4d0b569bc941a/card.webp)
Economics Grade 12 P2 NW June 2025 Question Paper (Afr)
Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the NW June Exam 2025 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · NW June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- NW June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 696.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
NW June Exam 2025
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Ekonomie/V2 2 NW/Junie 2025
Graad 12
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.
5. Lees die vrae aandagtig deur.
6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van die vrae oop.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae
voldoen.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 3 NW/Junie 2025
Graad 12
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.
1.1.1 Produkte wat soortgelyk is in voorkoms, smaak en gevoel staan
bekend as ...
A homogene produkte.
B gedifferensieerde produkte.
C heterogene produkte.
D unieke produkte.
1.1.2 Die marginale inkomste-kromme van 'n monopolie lê … die
gemiddelde inkomste-kromme.
A bo
B bo-op
C onder
D langsaan
1.1.3 Die private koste plus die eksterne koste van ‘n konstruksieterrein
word … genoem.
A rekeningkundige koste
B interne koste
C maatskaplike koste
D ekonomiese koste
1.1.4 Wanneer 'n besigheid meer mag het om die markprys te verander
deur die hoeveelheid wat in die mark verskaf word te verander,
beteken dit dat dit ... het.
A markaandeel
B markkrag
C markstruktuur
D mark wins
1.1.5 'n Markstruktuur wat 'n paar groot besighede het wat die mark
oorheers, word 'n ... genoem.
A oligopolie
B duopolie
C monopolie
D monopolistiese mededinging
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 4 NW/Junie 2025
Graad 12
1.1.6 … is ‘n grafiek wat kombinasie van twee goedere wys wat 'n
verbruiker dieselfde vlak van bevredeging bied.
A Inkomstekromme
B Lorenz-kromme
C Produksie moontlikheidskromme
D Onverskilligheidskurwe
1.1.7 Die afsluitpunt is waar die ...
A gemiddelde inkomste is gelyk aan marginale inkomste.
B gemiddelde inkomste is gelyk aan gemiddelde veranderlike
koste.
C gemiddelde inkomste is gelyk aan gemiddelde vaste koste.
D gemiddelde inkomste is gelyk aan totale koste.
1.1.8 … bestaan wanneer daar wetlike hindernisse is wat dit moeilik maak
om 'n besigheid in 'n sekere bedryf te vestig.
A Staatsbeheerde monopolie
B Natuurlike monopolie
C Plaaslike monopolie
D Kunsmatige monopolie (8 x 2) (16)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 5 NW/Junie 2025
Graad 12
1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Eksternaliteit A belasting gehef op nie-meriete
goedere
1.2.2 Beperkende handel
beleid B waar besighede bymekaar kom
met die doel om 'n kollektiewe
1.2.3 Kartelle monopolie te vorm
1.2.4 Sondebelasting C 'n toename in die produksiekoste
as gevolg van ondoeltreffende
1.2.5 Skaalnadele produksie
1.2.6 Versonke koste D belastingstelsel waar lae
inkomste verdieners minder
1.2.7 Progressiewe belasting belasting betaal
1.2.8 Korttermyn E koste wat nie teruggekry kan
word nie, bv. advertensies
F praktyke wat inmeng met die
volmaakte mark, bv.
prysvasstelling
G 'n tydperk waarvan ten minste
een produksiefaktor vas is
H belastingstelsel waar lae
inkomste verdieners meer
belasting betaal
I koste of voordele wat na die
derde party oorspoel
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 6 NW/Junie 2025
Graad 12
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.
1.3.1 Geleentheidskoste aan die eienaars van die firmas vir die gebruik
van produksiefaktore
1.3.2 Openbare goedere en dienste wat deur die regering verskaf word
wat gratis is vir almal
1.3.3 'n Groep besighede wat goedere produseer wat dieselfde is
1.3.4 'n Eiendomsreg wat 'n uitvinder die eksklusiewe reg gee om hul
uitvinding vir 'n vasgestelde tydperk te gebruik of te verkoop
1.3.5 ‘n Sistematiese proses van berekening en vergelyking van die
voordele en koste van 'n projek
1.3.6 Wanneer twee of meer firmas bymekaarkom om een maatskappy te
vorm (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 7 NW/Junie 2025
Graad 12
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem TWEE hindernisse tot toetrede wat deur monopolieë gebruik
word. (2 x 1) (2)
2.1.2 Hoekom is die vraagkromme van 'n volmaakte mark horisontaal?
(1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
INKOMSTE VIR 'N FIRMA
Totale Prys Vaste Veranderlike Totale
uitset koste koste koste
0 0 30 -30
1 50 30 18 48
2 50 30 25 55
3 50 30 38 68
4 50 30 45 75
2.2.1 Identifiseer die markstruktuur wat in die tabel hierbo voorgestel
word. (1)
2.2.2 Noem die koste wat konstant bly ongeag die hoeveelheid uitset. (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term veranderlike koste. (2)
2.2.4 Verduidelik hoekom besighede in hierdie mark prysnemers is. (2)
2.2.5 Bereken die marginale koste vir die 3de uitset. Toon ALLE
berekeninge. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 8 NW/Junie 2025
Graad 12
2.3 Bestudeer die logo's hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
[Source: Google images]
2.3.1 Identifiseer die mark wat hierbo uitgebeeld is. (1)
2.3.2 Noem industrie wat hierbo voorgestel word? (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term produkdifferensiasie. (2)
2.3.4 Verduidelik hoe besighede in hierdie markstruktuur hul produkte
onderskei. (2)
2.3.5 Hoe kompeteer besighede in hierdie markstruktuur? (2 x 2) (4)
2.4 Met behulp van 'n grafiek verduidelik hoe wins in die volmaakte mark
gemaksimeer word deur totale koste en totale inkomste te gebruik. (2 x 4) (8)
2.5 Met verwysing na die geknikte vraagkromme, ontleed die rasionaal agter die
vraagkromme. (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 9 NW/Junie 2025
Graad 12
VRAAG 3: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE instellings van die mededingingsbeleid. (2 x 1) (2)
3.1.2 Hoekom is besighede in die motorbedryf afhanklik van mekaar? (1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BEGROTINGSTOESPRAAK 2025 : SAL SONDEBELASTING STYG?
Sondebelasting is 'n heffing wat op sekere produkte geplaas word wat nie
noodwendig noodsaaklik is vir daaglikse oorlewing nie. Die heffing word
toegepas op goedere wat gesondheids- en maatskaplike kwessies veroorsaak
soos suikerdrankies. Vir die gemiddelde verbruiker beteken sondebelasting dat
skadelike goedere al hoe duurder gaan raak, wat hulle onder finansiële druk
gaan plaas. Hierdie verhoging verhoog ook die risiko dat meer onwettige
produkte die mark oorstroom. Die aksynsbelasting op suikerryke drankies word
sedert 2018 afgedwing en daar word verwag dat dit in die 2025/2026 begroting
verhoog kan word om vetsug en gesondheidskwessies te bekamp.
[Aangepas uit ENCA]
3.2.1 Noem die tipe belasting wat hierbo gehef word. (1)
3.2.2 Wie word meestal geraak deur 'n verhoging in bogenoemde
belasting? (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term aksynsbelasting. (2)
3.2.4 Wat is die rede waarom bogenoemde belasting gehef word? (2)
3.2.5 Waarom is aksynsbelasting 'n goeie bron van inkomste vir die regering?
(2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 10 NW/Junie 2025
Graad 12
3.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
3.3.1 Identifiseer die marginalekostekromme in die bostaande grafiek. (1)
3.3.2 Noem die tipe produk wat in die markstruktuur hierbo verkoop
word. (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term monopolie. (2)
3.3.4 Hoekom lê die MI kromme onder die vraagkromme? (2)
3.3.5 Gebruik die inligting uit die grafiek hierbo om wins of verlies te
bereken. Toon ALLE berekeninge. (4)
3.4 Bespreek kortliks die doelstellings van die Mededingingswet, 1998. (4 x 2) (8)
3.5 Waarom is 'n koste-voordeel-analise (KVA) nodig vir projekte in die openbare
sektor? (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 11 NW/Junie 2025
Graad 12
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem TWEE kenmerke van openbare goedere en dienste. (2 x 1) (2)
4.1.2 Waarom maak 'n monopolie op die langtermyn ekonomiese wins?
(1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
KOMPETISIE TRIBUNAAL VERBIED VODACOM/MAZIV
SAMESMELTING
Die Mededingingstribunaal het vandag sy bevel uitgereik wat die voorgestelde
transaksie verbied tussen Vodacom (Edms) Bpk en Business Venture
Investments No 2213 (Edms) Bpk, ook bekend as “Maziv”. Die voorgestelde
transaksie sou die land se grootste selfoonoperateur, Vodacom, gekombineer
het met een van Suid-Afrika se grootste veselinfrastruktuurspelers, Maziv.
[Bron: https://www.comptrib.co.za]
4.2.1 Identifiseer die organisasie wat samesmeltings in Suid-Afrika kan
aanvaar of verwerp. (1)
4.2.2 Noem die markstruktuur waarin Vodacom bedrywig is. (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term samespanning. (2)
4.2.4 Watter negatiewe impak sal die samesmelting van Vodacom en Maziv
op mededinging in die mark hê? (2)
4.2.5 Hoe bevoordeel mededingingsbeleid die ekonomie? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 12 NW/Junie 2025
Graad 12
4.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
4.3.1 Verskaf 'n geskikte opskrif vir die grafiek hierbo. (1)
4.3.2 Identifiseer die punt waar hulpbronne nie doeltreffend gebruik
word nie. (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term toedelingsdoeltreffendheid. (2)
4.3.4 Verduidelik hoe 'n onderneming produktiefondoeltreffend sou (2)
wees?
4.3.5 Hoe sou die produksie geraak word as dit by punt B plaasvind?
(2 x 2) (4)
4.4 Bespreek die rol van die mededingskommissie. (4 x 2) (8)
4.5 Ontleed die produksievlakke en vraagkromme as kenmerke van ‘n monopolie.
(4 x 2) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Economics/P2 13 NW/June 2025
Grade
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laer-orde reaksie.
• 'n Goeie beginpunt sal wees om die hoofbegrip te definieer verband wat
hou met die vraagonderwerp. Maks. 2
• MOENIE enige deel van die vraag by jou inleiding insluit NIE.
• MOENIE enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal NIE.
• MOENIE in die inleiding noem wat jy in die liggaam gaan bespreek NIE.
Liggaam
Hoofdeel:Bespreek in detail/Bespreek in detail met die hulp van
grafieke/Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/
Maks. 26
Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik/Assesseer/
Debatteer
'n Maksimum van 8 mag vir opskrifte/voorbeelde toegeken word.
Maks. 10
Addisionele deel:Bespreek krities/Evalueer/ Evalueer krities/Lees af/
Vergelyk/Onderskei/Stel voor/Interpreteer/Debatteer/Hoe
‘n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken word.
SLOT
Enige hoër-orde gevolgtrekking moet die volgende insluit:
• 'n Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite te herhaal reeds
genoem
• Enige mening/opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is Maks. 2
• Addisionele ondersteuningsinligting om die bespreking/analise te versterk
• 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek die korttermyn-ewewigsposisies (ekonomiese wins, ekonomiese
verlies en normale wins) in 'n volmaakte mark met behulp van grafieke. (26)
Ontleed die verhouding tussen 'n individuele besigheid en die bedryf
onder volmaakte mark. (10)
[40]
VRAAG 6: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek in detail, sonder om grafieke te gebruik, staatsingryping as gevolg
van markmislukkings. (26)
Hoe sal onbeweeglikheid van produksiefaktore tot markmislukking lei? (10)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79/v1-e860756d76976a4f1387/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b/v1-301c5aae90a68c6175ee/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Economics

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 Eastern Cape June 2024 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--d54cb2c3-c826-4990-8f30-6eaeb86b12e4/v1-b25692f4d0b569bc941a/card.webp)
Memorandum