PROVINSIALE ASSESSERING
GRAAD 12
EKONOMIE V1
JUNIE 2025
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2025 papers 


%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052/v1-e91730b4b9b539964aa8/card.webp)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--468fe2d7-94f8-43ec-88c6-86cf12e31969/v1-b9f94b025e76d883b8ba/card.webp)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--37295a41-5de8-4317-9725-dc223714aee3/v1-561d5cdb129296dcc9f2/card.webp)
View all

_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)


%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79/v1-e860756d76976a4f1387/card.webp)
Economics Grade 12 P1 NW June 2025 Question Paper (Afr)
Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the NW June Exam 2025 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · NW June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- NW June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 1.1 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
NW June Exam 2025
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Ekonomie/V1 2 NW/Junie 2025
Graad 12
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende inligting aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.
5. Lees die vrae aandagtig deur.
6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
7. Laat 2–3 reëls oop tussen onderafdelings van die vrae.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae
voldoen.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 3 NW/Junie 2025
Graad 12
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.
1.1.1 Brandstof gebruik gedurende ‘n reis word gesien as …
A intermediêre goedere.
B nie-duursame goedere.
C dienste.
D halfduursame goedere.
1.1.2 Die … van werknemers sluit alle bruto salarisse en lone in.
A verbruik
B uitgawes
C vergoeding
D produksie
1.1.3 ‘n Land se … bestaan uit sy voorraad kontant in omgang en
deposito’s wat die privaat sektor by finansiële instellings het.
A monetêre beleid
B fiskale beleid
C kontantvloei
D geldaanbod
1.1.4 Die lengte van ‘n sakesiklus word gemeet van ….
A piek tot piek.
B piek tot trog.
C piek tot tendenslyn.
D piek tot amplitude.
1.1.5 ‘n … beskerm lae inkomste-verdieners teen oorweldiging deur die las
van belasting.
A Progressiewe belastingstelsel
B Regressiewe belastingstelsel
C Belasting op toegevoegde waarde
D Proporsionele belastingstelsel
1.1.6 Alle belasting word deur …. betaal.
A die regering
B maatskappye
C individue
D kiesers
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 4 NW/Junie 2025
Graad 12
1.1.7 ‘n … kategorie wat alle items bevat wat nie in die ander kategorieë val
nie.
A Handels-
B Residuele
C Beleggings-
D Portefeulje
1.1.8 … word as ‘n persentasie van ‘n land se uitvoere relatief tot die waarde
van sy invoere uitgedruk.
A Handelsbalans
B Handelsoorskot
C Handelsvoorwaardes
D Ruilvoet (8 x 2) (16)
1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Dwaling van A Inkomste verdien, meer as die minimum wat
samestelling vereis word om 'n produksiefaktor in diens te
hou
1.2.2 Ekstrapolasie
B Bestuur die land se ekonomiese beleid
1.2.3 Appresieer
C Wanneer individue eie ervaring veralgemeen as
hulle die werking van die ekonomie as geheel
1.2.4 Ekonomiese
verduidelik
huur
D Stelsels wat lande gebruik om hul geldeenhede
1.2.5 Outonome
te bestuur
verbruik
E Die waarde van 'n geldeenheid neem toe in terme
1.2.6 Globalisering
van 'n ander land se geldeenheid
1.2.7 Nasionale
F Skat die onbekende data gebaseer op 'n patroon
Tesourie
van bekende data
1.2.8 Inkrimpende
G Die regering verminder besteding en verhoog
fiskale beleid
belasting
H Die hoeveelheid geld wat 'n verbruiker spandeer
wanneer hulle geen inkomste het nie
I Die proses van verhoogde internasionale
samewerking en kommunikasie wat lei tot
verhoogde handel en internasionale
saketransaksie
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 5 NW/Junie 2025
Graad 12
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal
NIE aanvaar word NIE.
1.3.1 'n Betaling wat deur die regering aan sy burgers gemaak word
sonder teenprestasie
1.3.2 Die gemiddelde rentekoers wat kommersiële banke hul beste
kliënte hef
1.3.3 'n Algemene verlaging in die pryse van produkte
1.3.4 Die proses om eienaarskap van die openbare sektor na die
private sektor oor te dra
1.3.5 Die stel rekeninge wat rekord hou van die vloei van
geldeenhede tussen ‘n land en die res van die wêreld
1.3.6 Die sentrale bank laat die geldeenheid van 'n land toe om in
waarde te wissel volgens die vraag en aanbod na die
geldeenheid (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 6 NW/Junie 2025
Graad 12
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE lekkasies wat in die ekonomiesekringloop-
model voorkom. (2 x 1) (2)
2.1.2 Hoekom behoort sakesiklusse nie in sentraalbeplande
ekonomieë voor te kom nie? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
E
B C
Belastinginkome
A D
T
0 100
Belastingkoers (%)
2.2.1 Identifiseer die kurwe wat in die grafiek hierbo gebruik word. (1)
2.2.2 Noem EEN bron van inkomste vir die regering. (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term Mediumtermynbestedingsraamwerk
(MTBR). (2)
2.2.4 Ondersoek indirekte belasting as 'n vorm van inkomste vir die
regering. (2)
2.2.5 Hoe is sosio-ekonomiese regte ingesluit in die begroting van die
Suid Afrikaanse regering? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 7 NW/Junie 2025
Graad 12
2.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BETALINGSBALANS (BB)
Die betalingsbalans (BB) word deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank
saamgestel.
Die feit dat die betalingsbalans ’n amptelike dokument is, skep dikwels die
illusie dat dit net die transaksies tussen die regering en buitelandse
regerings aanteken, of dat die regering al die transaksies met die res van die
wêreld beheer. Dit is egter nie die geval nie. Die Suid-Afrikaanse
betalingsbalans is bloot 'n rekord van die transaksies van alle Suid-
Afrikaanse huishoudings, firmas en regeringsvlakke met huishoudings,
firmas of regerings in die res van die wêreld.
[Aangepas uit Economics for South Africans Sixth Edition]
2.3.1 Identifiseer die instansie wat verantwoordelik is vir die samestelling
van die betalingsbalans in die uittreksel hierbo. (1)
2.3.2 Noem EEN produk waar Suid Afrika oor ʼn absolute voordeel beskik
in internasionale handel. (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term buitelandse direkte investering (BDI). (2)
2.3.4 Verduidelik die konsep van surplusse in die betalingsbalans
rekening. (2)
2.3.5 Waarom word direkte buitelandse beleggings as 'n las aangeteken?
(2 x 2) (4)
2.4 Bespreek die verhouding tussen verbruikers en die regering. (4 x 2) (8)
2.5 Ondersoek die verband tussen inflasie en werkloosheid. (2 x 4) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 8 NW/Junie 2025
Graad 12
VRAAG 3
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE beleide wat gebruik word om ekonomiese
groei te bewerkstellig. (2 x 1) (2)
3.1.2 Verduidelik die impak van internasionale handel op
massaproduksie. (1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIE VERMENIGVULDIGER IN ‘n
TWEESEKTOR EKONOMIE
Inkomste/J
3.2.1 Identifiseer die ewewigslyn vanaf die grafiek hierbo. (1)
3.2.2 Noem enige EEN van die deelnemers in die grafiek hierbo. (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term vermenigvuldiger. (2)
3.2.4 Ondersoek die konsep van outonome verbruik. (2)
3.2.5 Bereken die vermenigvuldiger, gebruik die formule:
k = 1 / (1 - MVG). (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 9 NW/Junie 2025
Graad 12
3.3 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Sê net die woord
Goewerneur…
Ekonomie
[Bron: https://brandanreynolds.com]
3.3.1 Identifiseer die monetêre beleid instrument wat in die spotprent
hierbo geïmplementeer word. (1)
3.3.2 Noem die instelling wat verantwoordelik is vir monetêre beleid. (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term sakesiklus. (2)
3.3.4 Watter fiskale beleidsinstrumente is beskikbaar vir die regerings
om sakesiklusse te beheer? (2)
3.3.5 Verduidelik hoe monetêre beleidsinstrumente geïmplementeer
word wanneer die sakesiklus ‘n ekonomiese opbloeifase betree.
(2 x 2) (4)
3.4 Bespreek die verband tussen ekonomiese groei en ekonomies
ontwikkeling as openbare sektor doelwitte. (4 x 2) (8)
3.5 Ondersoek die maatreëls wat beskikbaar is om 'n betalingsbalanstekort te
korrigeer. (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 10 NW/Junie 2025
Graad 12
VRAAG 4
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE faktore wat die wisselkoers beïnvloed. (2 x 1) (2)
4.1.2 Verduidelik die aard van sakesiklusse. (1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SA Poskantoor
Parastatale
[Bron: https://mg.co.za/cartoons]
4.2.1 Identifiseer EEN staatsonderneming in die spotprent hierbo. (1)
4.2.2 Noem EEN noodsaaklikheid van die openbare sektor. (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term parastatale. (2)
4.2.4 Verduidelik die voordele van privatisering van 'n staatsbeheerde
ondernemings. (2)
4.2.5 Bespreek redes vir openbare sektor-voorsiening. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 11 NW/Junie 2025
Graad 12
4.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
AANBOD EN VRAAG NA DOLLARS
4.3.1 Noem EEN geldeenheid wat in die grafiek hierbo gebruik word. (1)
4.3.2 Identifiseer die oorspronklike wisselkoersewewig. (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term devaluasie. (2)
4.3.4 Hoekom het die vraag na dollars per dag afgeneem? (2)
4.3.5 Watter tipe intervensies kan geïmplementeer word om 'n
vryswewende wisselkoers te beïnvloed? (2 x 2) (4)
4.4 Interpreteer leidende en saamgestelde aanwysers as kenmerke
onderliggend in die vooruitskatting van sakesiklusse. (2 x 4) (8)
4.5 Bespreek die aanbodkantbenadering as redes vir internasionale handel.
(4 x 2) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Subject/P 12 NW/June 2025
Grade
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE-
STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is die laerorde-antwoord. Maks. 2
'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou, te
definieer of te omskryf.
MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
MOENIE enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal NIE.
MOENIE in die inleiding noem wat jy in die liggaam gaan bespreek NIE.
Liggaam
Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/ Maks. 26
Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/
Verduidelik/Assesseer/Debatteer/Teken 'n grafiek en verduidelik
'n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken word.
Maks. 10
Bykomende deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Lei af/
Vergelyk/Onderskei/Stel voor/Interpreteer/Debatteer/Hoe/Stel voor/Analiseer
'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken
word.
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende insluit: Maks. 2
'n Kort samevatting van wat alreeds bespreek is, sonder die herhaling van
feite wat reeds genoem is
Enige mening/opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking/analise te versterk
'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
Aanbevelings
TOTAAL: 40
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek in detail die markte binne die VIER-SEKTOR-model. (26)
Interpreteer die doel van die Stelsel van Nasionale Rekeninge soos
uiteengesit deur die Verenigde Nasies. (10)
[40]
VRAAG 6: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek in detail die rede(s) vir mislukking in die openbare sektor. (26)
Evalueer krities die impak van 'n toename in die mandjie van voedselitems
wat vrygestel is van BTW, op die ekonomie. (10)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (Afr)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052/v1-e91730b4b9b539964aa8/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--468fe2d7-94f8-43ec-88c6-86cf12e31969/v1-b9f94b025e76d883b8ba/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 Question Paper (Afr)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--37295a41-5de8-4317-9725-dc223714aee3/v1-561d5cdb129296dcc9f2/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Economics

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 Eastern Cape June 2024 Question Paper

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79/v1-e860756d76976a4f1387/card.webp)
Question paper