Skip to content

Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2018 QP (Afr)

Question paperLife SciencesGrade 12201815 pages

Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2018 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2018 10832 LEWENSWETENSKAPPE VRAESTEL 2 TYD: 2½ uur PUNTE: 150 15 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 2 (Vraestel 2) 10832/18 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN LEWENSWETENSKAPPE (Vraestel 2) TYD: 2½ uur PUNTE: 150 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDBOEK neer. 3. Begin die antwoorde vir ELKE vraag bo-aan ʼn NUWE bladsy. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan. 6. Maak ALLE sketse met potlood en byskrifte met blou of swart ink. 7. Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word. 8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE. 9. Jy mag NIE grafiekpapier gebruik NIE. 10. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 3 (Vraestel 2) 10832/18 AFDELING A VRAAG 1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D. 1.1.1 Watter EEN van die volgende kan ʼn enkele RNS-nukleotied voorstel? A Deoksiribose-adenien-timien B Adenien-ribose-fosfaat C Deoksiribose-timien-fosfaat D Urasiel-deoksiribose-fosfaat 1.1.2 Indien ouers twee seuns het, wat is die kanse vir hulle om ʼn dogter te hê, indien hul ʼn derde kind het? A 66% B 75% C 50% D 25% 1.1.3 Watter EEN van die volgende beskryf die selle wat deur meiose gevorm word, KORREK? SELLE GEPRODUSEER DEUR MEIOSE Chromosoom kompliment Genetiese samestelling A Haploïed Verskillend B Diploïed Identies C Diploïed Verskillend D Haploïed Identies 1.1.4 Die basisvolgorde van ʼn komplementêre string van ʼn DNS-molekule is GTG SSA TTS. Die ooreenstemmende kodons op die RNS-molekule wat deur transkripsie gevorm word, sal …wees. A SAS GGU AAG B SAS GGT TTS C GUG SSA UUS D GUG SSA AAS b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 4 (Vraestel 2) 10832/18 1.1.5 Gedurende ʼn ondersoek het navorsers die grootte van ʼn sekere spesie vinke se snawels gemeet op die Galapagos Eilande. Die tipe voedsel wat beskikbaar was voor en na ʼn droogte was ʼn faktor in die studie van evolusie in vinksnawels. Droogte Gemiddelde snawelgrootte Tyd (jare) Watter faktor is die afhanklike veranderlike? A Die hoeveelheid reën B Die tipe voedsel beskikbaar C Die grootte van die vinksnawels D Die jaar 1.1.6 Die fase waarin DNS replikasie plaasvind word ... genoem. A Profase B Interfase C Metafase D Anafase b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 5 (Vraestel 2) 10832/18 1.1.7 ʼn Plant met rooi sade (RR) kruis met ʼn plant met wit sade (rr). Wat is die resultaat van die kruising in die vorm van die genotipe? A RRrr B rr C RR D Rr 1.1.8 Watter persentasie adenienbasisse is teenwoordig in ʼn DNS-molekuul van 2000 basisse, indien 400 basisse sitosien is? A 20 B 40 C 30 D 60 1.1.9 Die twee weergawes van ʼn geen wat dieselfde eienskap op verskillende maniere beïnvloed, word ... genoem. A genotipes B fenotipes C mutasies D allele 1.1.10 Watter een van die volgende dien as ʼn bewys vir kulturele getuienis / evolusie in vroeë Homo spesies? A ʼn Skedel van Homo erectus gevind naby aan ʼn Homo sapien skelet B Oorblyfsels van eertydse gereedskap C Manlike en vroulike skelette in dieselfde area D Baie Homo skelette in ʼn area (10x2) (20) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 6 (Vraestel 2) 10832/18 1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer. 1.2.1 Die teling van plante en diere om voordelige eienskappe te produseer 1.2.2 Die tipe genetiese kruising tussen twee fenotipies verskillende ouers wat nakomelinge met ʼn intermediêre fenotipe produseer wat van beide die ouers verskil 1.2.3 Die stikstofbasis wat altyd met adenien bind in DNS 1.2.4 ʼn Groep van dieselfde organismes waarvan die lede onder mekaar kan teel en vrugbare nakomelinge kan produseer 1.2.5 Die proses waardeur organismes beter aangepas is by hul omgewing en geneig is om te oorleef en meer nakomelinge te produseer 1.2.6 ʼn Teorie wat evolusie beskryf as ʼn aanhoudende lang periode van min of geen veranderinge, afwisselend met kort periodes van baie vinnige veranderinge 1.2.7 Spesie naam vir ‘Mev. Ples’ 1.2.8 Variasie wat lei tot ʼn duidelike fenotipe (8x1) (8) 1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.3) in die ANTWOORDBOEK neer. KOLOM I KOLOM II 1.3.1 ʼn Verskil tussen mense en die Afrika- A Teenoorstaande duime ape B ʼn Plat gesig 1.3.2 Stel variasie in ʼn spesie bekend A Ewekansige teling B Mutasies 1.3.3 ʼn Verduideliking hoekom sommige A Charles Darwin skilpaaie lang nekke en ander kort B Watson en Kriek nekke het is vanaf die teorie van … (3x2) (6) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 7 (Vraestel 2) 10832/18 1.4 Twee pasgebore babadogters was omgeruil in ʼn kraamsaal van ʼn hospitaal. Baba X het bloedgroep O en baba Y het bloedgroep A. Beide moeders glo dat die baba met bloedgroep O aan hulle behoort. Mev Kale is bloedgroep AB en haar man Mnr. Kale is bloedgroep O. Mev. More is bloedgroep A en haar man Mnr. More is bloedgroep B. 1.4.1 Gee die hoeveelheid: (a) Allele wat bloedgroepe beheer (1) (b) Gene wat bloedgroepe beheer (1) 1.4.2 Identifiseer die tipe dominansie wat voorkom in die oorerwing van bloedgroepe. (1) 1.4.3 Identifiseer: (a) Die resesiewe alleel (1) (b) Die twee dominante allele (2) 1.4.4 Skryf die genotipe neer van: (a) Baba X (1) (b) Baba Y (1) (c) Mr More (1) 1.4.5 Is dit moontlik vir Mev Kale om die moeder van Baba X te wees? (1) (10) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 8 (Vraestel 2) 10832/18 1.5 Die onderstaande diagram toon die DNS-profiel van ses verskillende mense. A B C D E F 1.5.1 Gee die letters van die TWEE mense wat identiese tweelinge is. (2) 1.5.2 Gee die letters van die ouers van persoon B. (2) 1.5.3 Gee TWEE voorbeelde van hoe forensiese wetenskaplikes DNS-profilering kan gebruik. (2) (6) TOTAAL AFDELING A: 50 b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 9 (Vraestel 2) 10832/18 AFDELING B VRAAG 2 2.1 Die onderstaande tabel toon die hoeveelheid landbougrond waar verskeie GM-gewasse aangeplant word in verskillende lande. Land Landbougrond Gewasse (Hektaar) Brasilië 44 miljoen sojabone, mielies, katoen Kanada 11 miljoen mielies, sojabone, suikerbeet China 4 miljoen katoen, papaja Indië 12 miljoen katoen Suid-Afrika 2 miljoen mielies, sojabone, katoen [Aangepas uit: http://www.isaaa.org/resources/publications/pocketk/16/] 2.1.1 Meld wat bedoel word met genetiese modifikasie. (2) 2.1.2 Wat was die grootste gebied landbougrond wat gebruik is vir GM-gewasse? (1) 2.1.3 Watter land het die minste hoeveelheid GM-gewasse aangeplant? (1) 2.1.4 Noem EEN van die GM-gewasse wat in die tabel gelys word wat nie voedselsekerheid sal verhoog nie. (1) 2.1.5 Gee DRIE voordele van die gebruik van genetiese gemodifiseerde gewasse. (3) 2.1.6 Teken ʼn staaf- / kolomgrafiek wat die hoeveelheid landbougrond wat gebruik word vir die aanplanting van genetiese gemodifiseerde gewasse vir ál die lande aandui. (6) (14) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 10 (Vraestel 2) 10832/18 2.2 Die onderstaande diagram toon ʼn proses wat in ʼn sel plaasvind. V Proses A W 2.2.1 Wat word die segment van DNS genoem wat kodeer vir ʼn proteïen? (1) 2.2.2 Noem die fase van proteïensintese wat plaasvind soos getoon. (1) 2.2.3 Identifiseer die volgende molekules. (a) V (1) (b) W (1) 2.2.4 Noem die tipe proteïen wat proteïensintese beheer. (1) 2.2.5 Lees slegs die blootgestelde en benoemde stikstofbasisse van molekule W van links na regs, vir hoeveel aminosure word gekodeer? (1) 2.2.6 Noem en beskryf die deel van proteïensintese wat plaasvind in die sitoplasma na proses A plaasgevind het. (6) (12) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 11 (Vraestel 2) 10832/18 2.3 In ʼn sekere ertjieplant-spesie is lank (T) dominant teenoor kort (t) en groen (G) sade is dominant teenoor geel (g) sade. ʼn Ertjieplant is homosigoties vir beide lank en groensade en word gekruis met ʼn ertjieplant wat homosigoties is vir beide kort en geelsade. 2.3.1 Lys AL die moontlike genotipes van die: (a) P1 generasie (2) (b) F1 generasie (2) 2.3.2 Lys al die moontlike gamete van die F1 generasie wat genoem is in VRAAG 2.3.1. (2) (6) 2.4 “Brachidaktilie is ʼn eienskap waar die vingers en tone korter is as gevolg van ongewone kort bene. Die toestand is oorerflik en word beheer deur ʼn dominante alleel. In meeste gevalle veroorsaak dit geen probleme vir ʼn persoon wat dit het nie.” [Aangepas uit www.healthline.com] Genotipes van ʼn familie wat dié toestand het, word in die onderstaande tabel getoon. Generasie Naam Genotipe 1 Ma Thandi 2 Pa Simon bb 3 Seun Brian Bb 4 Dogter Zola Bb 5 Dogter Lindi bb 6 Lindi se man Bongani Bb 7 Kleindogter Tumi bb 2.4.1 Gee die fenotipe van: (a) Zola (1) (b) Tumi (1) 2.4.2 Gee die genotype van Thandi. (1) 2.4.3 Verduidelik hoekom Lindi nie die toestand geërf het nie. (4) 2.4.4 Wat is die kanse dat Lindi en Bongani ʼn kind sal hê met brachidaktilie? (1) (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 12 (Vraestel 2) 10832/18 VRAAG 3 3.1 Analise van mitochondriale DNS word gebruik as bewys vir menslike evolusie. 3.1.1 Watter tipe bewys stel mitochondriale DNS voor? (1) 3.1.2 Beskryf kortliks hoekom mense mitochondriale DNS slegs van hul moeders af erf. (3) 3.1.3 Beskryf kortlik hoe die analise van mitochondriale DNS, fossiel en kulturele bewyse die “uit Afrika-hipotese” kan ondersteun. (5) (9) 3.2 Bestudeer die onderstaande filogenetiese stamboom wat ʼn moontlike voorstelling van menslike evolusie van vroeë menslike voorouers voorstel. Gemiddelde kraniale kapasiteit (cc) Miljoene jare gelede ʼn Filogenetiese stamboom wat menslike evolusie voorstel [Aangepas van Biology: Understanding Life, Sandra Alter, 1995] 3.2.1 Volgens hierdie filogenetiese stamboom, wanneer het die menslike voorouers eerste verskyn? (1) 3.2.2 Watter spesie is die naaste verwant aan Homo erectus? (1) 3.2.3 Watter spesie het dieselfde tyd geleef as beide Australopithecus afarensis en Homo habilis? (1) 3.2.4 Bereken die persentasie toename in breinkapasiteit van Australopithecus africanus tot Homo sapiens. (3) 3.2.5 Stel ʼn rede voor hoekom Homo habilis wat “handige man” beteken, hierdie naam gegee is. (1) (7) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 13 (Vraestel 2) 10832/18 3.3 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. Pikkewyne is arktiese voëls met klein vlerke wat nie gebruik word om te vlieg nie. Hulle kan wel tot 450 m diep in die water duik om vir vis te jag en te eet. Pikkewyne kan nie onder water asemhaal nie en moet hulle asem vir meer as 20 minute ophou terwyl hulle jag vir kos. [Aangepas uit: National Geographic, Mei 20, 2013] 3.3.1 Verduidelik hoe die klein vlerke van die pikkewyn voordelig kan wees om voedsel te verkry. (2) 3.3.2 Gebruik Lamarck se teorie(wette) om die klein vlerke van moderne pikkewyne te verduidelik. (6) (8) 3.4 Wetenskaplikes het ʼn opname gedoen om die verhouding tussen die ouderdom van moeders en die risiko om ʼn baba met Down-sindroom te hê, te ondersoek. Hulle het die aantal babas wat met Down-sindroom (per 5 000 geboortes) en die ouderdomme van die moeders oor ʼn een jaar tydperk aangeteken. Hulle bevindinge word in die onderstaande tabel opgesom. Ouderdom van moeder Risiko van ʼn Down-sindroom baba (jare) (per 5 000 geboortes) 25 10 35 15 45 300 3.4.1 Watter ouderdom van die moeders het die grootste risiko om ʼn baba te hê met Down-sindroom? (1) 3.4.2 Beskryf VIER beplanning stappe vir hierdie opname. (4) 3.4.3 Gee die: (a) Onafhanklike veranderlike (1) (b) Afhanklike veranderlike (1) 3.4.4 Gee EEN manier waarop die betroubaarheid van die resultate verbeter kan word. (1) 3.4.5 Gee ʼn gevolgtrekking vir hierdie ondersoek. (2) (10) b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 14 (Vraestel 2) 10832/18 3.5 ʼn Nuwe paddaspesie is in die Weskaap ontdek. Hierdie padda lyk baie soos ʼn aarbei en word die Aarbeipadda genoem. Dit is nou-verwant aan ʼn groep paddas wat bekend staan as die Gifpylpadda, wat in Sentraal en Suid-Amerika gevind word en daar word geglo dat hulle ʼn gemeenskaplike voorvader in gemeen het. [Aangepas uit: http://www.tourismtattler.com] Beskryf spesiasie van hierdie paddas. (6) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 b.o.
Downloaded from hlayiso.com LEWENSWETENSKAPPE 15 (Vraestel 2) 10832/18 AFDELING C VRAAG 4 Beskryf die eienskappe van die skedel van Homo sapiens (mense) wat hul onderskei van Afrika ape. Verduidelik ook hoe die verskille tussen die menslike skelet en diè van Afrika ape lei tot verskillende maniere van beweging. Inhoud: (17) Sintese: (3) NOTA: GEEN punte word toegeken vir ʼn antwoord in die vorm van ʼn vloeidiagram, diagramme of tabelle nie. TOTAAL AFDELING C: 20 TOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 Life Sciences

View all