Vertroulik
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
GESKIEDENIS V1
MEI/JUNIE 2025
ADDENDUM
Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2025 papers %20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
)%202015%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955/v1-6ab5452db578d608b6e0/card.webp)


%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)

View all





History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Addendum (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 1 addendum from the NSC June Exam 2025 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.
History · Grade 12 · NSC June Exam · 2025 · Afrikaans. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Addendum
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 653.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
NSC June Exam 2025
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Geskiedenis/V1 2 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS – Addendum Vertroulik
VRAAG 1: HOE HET DIE VERSPREIDING VAN KOMMUNISME IN EUROPA NÁ
DIE TWEEDE WÊRELDOORLOG (1945) TOT KOUE OORLOG-
SPANNING TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA)
EN DIE SOWJETUNIE (USSR) GELEI?
BRON 1A
Die uittreksel hieronder is uit die 'Iron Curtain'('Ystergordyn')-toespraak wat op
5 Maart 1946 deur die Britse Premier, Winston Churchill, by Westminster College
in Fulton, Missouri, gelewer is. Dit fokus op die bedreiging wat Sowjet-
ekspansionisme in Europa ingehou het.
Niemand weet wat Sowjet-Rusland en hulle kommunistiese internasionale organisasie
beplan om in die nabye toekoms te doen nie, of wat die beperkings, indien enige, van
hulle uitbreidingsdrang (vergroting) is nie.
Vanaf Stettin in die Oossee tot Triëst in die Adriatiese See het 'n 'Iron Curtain'
(Ystergordyn) oor die kontinent neergedaal. Al die hoofstede van die antieke state van
Sentraal- en Oos-Europa lê agter daardie lyn. Warskou, Berlyn, Praag, Wene,
Boedapest, Belgrado, Boekarest en Sofia, al hierdie beroemde stede en die bevolkings
daar rondom, lê in wat ek die Sowjet-sfeer moet noem. Almal is, in een of ander vorm,
nie net aan Sowjet-invloed nie, maar ook tot 'n baie hoë, en in sommige gevalle,
toenemende mate, aan beheer van Moskou af onderwerp.
Slegs Athene – Griekeland met hulle onsterflike (ewige) grootsheid – is vry om met 'n
verkiesing, onder Britse, Amerikaanse en Franse waarneming, oor hulle toekoms te
besluit. Die Russies-gedomineerde Poolse regering is aangemoedig om enorme en
verkeerdelike indringing in Duitsland te maak en massa-uitsettings (verwydering) van
miljoene Duitsers op 'n ernstige (kritieke) en ongehoorde skaal is nou besig om plaas
te vind. Die kommunistepartye wat in al hierdie oostelike state van Europa baie klein
was, is tot superioriteit (dominansie) en mag ver bo hulle getalle verhef en soek oral
om totalitêre beheer te verkry.
2025
[Uit Book of Great Speeches deur A Burnet]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 3 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS – Addendum Vertroulik
BRON 1B
Die visuele bron hieronder, deur die Britse spotprenttekenaar Illingworth, het op
16 Junie 1947 in The Daily Mail verskyn. Dit beeld Stalin se beleid van
ekspansionisme in Oos-Europa uit.
SOWJET-RUSLAND
LANDE IN SOWJET-
POLITIEKE EKONOMIESE EN
STRATEGIESE BLOK
LANDE MET
KOMMUNISTIESE
REGERINGS OF REGERINGS
WAT DEUR KOMMUNISME
BEÏNVLOED IS
LANDE ONDER STERK
SOWJET- POLITIEKE DRUK
LANDE WAT NOG NIE
BESLUIT HET NIE
[Uit The Daily Mail, 16 Junie 1947]
GRIEKELAND TURKYE
FRANKRYK
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 4 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS – Addendum Vertroulik
BRON 1C
Die bron hieronder is geneem uit 'n artikel met die titel 'Kissinger and Acheson: The
Secretary of State and the Cold War', deur W Lafeber, wat in 1977 verskyn het. Dit lê
klem op die rol wat Dean Acheson, Adjunkminister van Buitelandse Sake gedurende
George Marshall se administrasie, gespeel het om Amerika te beïnvloed om die
verspreiding van kommunisme in Europa te keer.
Vroeg in 1947, met Byrnes uit en George Marshall in as die Minister van Buitelandse
Sake, het die anti-kommunistiese regerings van Turkye en Griekeland daarop
aanspraak gemaak dat hulle onder erge Sowjet-druk was en nie hulle eie oorlewing
kon waarborg nie. Oortuig daarvan dat Amerika die Turkse en Griekse regerings moes
help, het die staatsadministrasie nietemin voor die moeilike taak gestaan om 'n fiskaal
(finansieel) versigtige Kongres te oortuig om die bystand te verleen wat nodig was om
hierdie regerings te ondersteun.
Truman het op 27 Februarie 'n vergadering tussen administrasie-amptenare en 'n
handjievol vooraanstaande senatore en Kongreslede belê in die hoop dat die
wetgewers oorreed kon word. Dean Acheson het hierdie ontmoeting beskryf as
'Armageddon' ('n term gebruik om die einde van die wêreld te beskryf). Marshall het
eerste gepraat en die noodsaaklikheid van Amerikaanse optrede beklemtoon omdat dit
die regte ding was om te doen en omdat niemand anders wou help nie. Die wetgewers
het onwrikbaar (onbeweeglik) gelyk. Was dit Amerika se geveg? Sou die rekening
(koste) waarskynlik enorm (baie groot) wees? Acheson het gevra om te praat.
Hy het onmiddellik die aard van die debat verander. Hy het gesê dat die krisis in
suidoos-Europa nie 'n plaaslike onderonsie (klein bakleiery) was nie, maar een wat die
twee Koue Oorlog-magte behels het. Die Sowjette was besig om Turkye en Griekeland
onder druk te plaas. 'n Groot gedeelte van die Vrye Wêreld was op die spel. As
Griekeland kommunisties sou word, sou die korrupsie almal na die oostekant van
Griekeland besmet (beïnvloed). Dit sou ook Afrika deur Klein-Asië, en Europa deur
Italië en Frankryk, beïnvloed. Slegs Amerika het in die pad van 'n kommunistiese
aanslag (aanval) gestaan, wat, indien dit suksesvol sou wees, vryheid sou onderdruk
en alle hoop op ekonomiese herstel in dele van drie kontinente sou vernietig.
[Aangepas uit 'Kissinger and Acheson: The Secretary of State and the Cold War' deur W Lafeber]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 5 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS – Addendum Vertroulik
BRON 1D
Die uittreksel hieronder is uit The Oxford Illustrated History of Modern Europa, wat in
1996 deur TCW Blanning geredigeer is. Dit fokus op hoe die Sowjetunie die
Kominform geskep het in reaksie op die Marshall-plan en ook om hulle invloedsfeer
oor Oos-Europa te versterk.
Die Russe het 'n afvaardiging van tagtig mense na Parys gestuur waar die Europese
Herstelprogram (Marshall-plan) in hooftrekke beskryf is en Oos-Europese lande, soos
Tsjeggo-Slowakye en Pole, besondere belangstelling getoon het. Maar Stalin het die
Amerikaanse aanbod as 'n uitdaging teen sy invloedsfeer beskou. Hy het die Tsjegge
en andere teen deelname gewaarsku en die Sowjet-afvaardiging onttrek.
Hy het daardie herfs 'n ideologiese oorlog teen Westerse kapitalisme verklaar en
die Kominform (die Kommunistiese Inligtingsburo) geskep om buitelandse
kommunistepartye te orkestreer (stig) en om die koalisionis(saamwerk)-strategie in
Frankryk en Italië met stakings te vervang wat bedoel was om die regerings tot 'n val
te bring. In die Ooste het Sowjet-invloed nou Sowjet-dominansie geword. Die
magsgreep in Februarie 1948 in Tsjeggo-Slowakye is deur die 'Stalinisasie' van 'n
groot gedeelte van die streek opgevolg. Almal, behalwe kommuniste, is verbied
(verban). Diegene wat onafhanklik van Moskou was, is verwyder (ontslae raak),
landbou en swaar nywerhede is onder staatsbeheer gebring, en burgerlike en
politieke vryhede is stelselmatig opgehef (afgeskaf).
Die Tsjeggiese magsgreep en die Berlynse Krisis het baie skade aan die Sowjet-
beeld in Europa gedoen, selfs in Frankryk waar die Kommunisteparty steeds 'n kwart
van die stemme in verkiesings gekry het. Ewe belangrik was dat Marshall-hulp, wat
baie goed geadverteer is, harte en sienswyses gewen het. Tussen 1948 en 1951 het
Amerika ongeveer $13 miljard in Wes-Europa ingestoot …
[Uit The Oxford Illustrated History of Modern Europe, geredigeer deur TCW Blanning]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 6 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS – Addendum Vertroulik
VRAAG 2: WATTER IMPAK HET ETNIESE STREEKSVERDELINGS IN ANGOLA
GEDURENDE DIE 1970's OP DIE BURGEROORLOG GEHAD?
BRON 2A
Die bron hieronder, met die titel South African Intervention in the Angolan Civil War,
1975–1976: Motivations and Implications, is geneem uit navorsing wat J Nerys in 2002
gedoen het. Dit verduidelik dat Portugal tot in 1975 totale beheer oor Angola gehad het
as gevolg van die ondoeltreffendheid van antikoloniale bewegings in Angola.
Die militêre ondoeltreffendheid van die antikoloniale bewegings is beskou as
gedeeltelik verantwoordelik vir die stagnering (onaktiwiteit) van die antikoloniale oorlog
in Angola. Hierdie relatiewe mislukking kan aan 'n aantal faktore toegeskryf (gekoppel)
word, veral die werklike feit dat die nasionalistiese magte in drie aparte mededingende
magte verdeel was.
Volgens 'n gewese lid van die Popular Movement for the Liberation of Angola (MPLA),
was die militêre swakheid van hierdie beweging meer as ooglopend indien Portugese
teeninsurgensie(rewolusionêre)-operasies in ag geneem word. Ten spyte van die
teenwoordigheid van hulle eenhede op Angolese grond, is daar min bewyse om die
MPLA se bewerings dat daar 'bevryde' gebiede bestaan het, te ondersteun: die
Portugese weermag het die grense beheer en was vry om enige plek in die land te
beweeg. Die ander bewegings, die National Union for the Total Independence of
Angola (UNITA) en die National Liberation Front of Angola (FNLA), het nie enigsins
beter gevaar nie.
Deur die ontplooiing van hulle gewapende magte het die Portugese regime daarin
geslaag om doeltreffende en nominale (minimale) soewereiniteit van die kolonie te
behou, ten spyte van die antikoloniale uitdaging. Dit het alles op 25 April 1974
verander. Die ontwikkeling van politieke en ekonomiese magte in Portugal het in alle
opsigte die magstruktuur wat vir 40 jaar so goed deur Salazar (Portugese diktator) in
stand gehou is, ontgroei. Sy opvolger, Marcello Caetano, het verandering belowe,
maar het dit nie (of kon dit nie) vinnig genoeg verskaf nie.
[Uit South African Intervention in the Angolan Civil War, 1975–1976: Motivations and Implications
deur J Nerys]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 7 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS – Addendum Vertroulik
BRON 2B
Die bron hieronder is uit 'n boek Politics and Society in Contemporary Africa, deur
N Chazan, wat in 1999 verskyn het. Dit fokus op die etniese samestelling van die drie
hoofvryheidsbewegings in Angola en hoe die Organisasie vir Afrika-eenheid (OAE)
probeer het om die dreigende burgeroorlog tussen hulle te voorkom.
Die drie partye in Angola met eiesoortige sosiale basisse, het in die 1950's beplan om
Portugese koloniale beheer teen te staan. Die Popular Movement for the Liberation of
Angola (MPLA) was 'n stedelike beweging met 'n Marxistiese intellektuele beskouing,
veelrassig, maar hulle etniese basis was Mbundu. In teenstelling daarmee was die
National Liberation Front of Angola (FNLA) landelik, etnopopulisties (bevorder een
etniese groep), eenrassig (een etniese/ras) en etnies Bakongo, en die grootste was
Ovimbundu wat die National Union for the Total Independence of Angola (UNITA)
gevorm het. Selfs voor die opstand (rebellie) was die leiers van beide groepe [FNLA en
UNITA] buite Angola bekend aangesien hulle die verskillende antikoloniale
byeenkomste, soos die All-African People's Conference, bygewoon het.
Die vraag oor wie Angola sou regeer, het by die struktuur van kontinentale alliansies
(koalisies) en ideologiese ooreenkomste ingepas. Elke vryheidsbeweging het hulle
voorkeur gehad indien 'n nasionalistiese koalisie (alliansie) onmoontlik sou wees, maar
die Organisasie vir Afrika-eenheid (OAE) wou eers Angolese eenheid verkry en het in
Januarie 1975 vir Neto, Roberto and Savimbi byeengebring om oor 'n gemeenskaplike
front (standpunt) te onderhandel. Hulle het wel die driesydige ooreenkoms (Alvor
Ooreenkoms) onderteken en toe voortgegaan om 'n ooreenkoms met Portugal te
onderhandel oor die vasstelling van die datum van Angolese onafhanklikheid.
Die OAE het in Junie weereens probeer om die dreigende (naderende) burgeroorlog te
voorkom deur die drie partye na die onderhandelingstafel te bring. Hierdie tydelike
détente (ooreenkoms) is in Julie vernietig toe die FNLA, deur Zaïre (die Kongo)
bygestaan, met 'n aanval begin het. 'n OAE-spitsberaad het die bloedvergieting
veroordeel en 'n kommissie aangestel om vir 'n koalisieregering te werk. Alle Afrika-
regerings het tot op die aangeduide Onafhanklikheidsdag in November 1975 by hierdie
posisie bly staan.
[Uit Politics and Society in Contemporary Africa deur N Chazan]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 8 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS – Addendum Vertroulik
BRON 2C
Die kaart hieronder toon die verdeling van Angola in drie hoof- etniese groepe, naamlik
Bakongo, Mbundu en Ovimbundu. Hulle het die basisse van die hooflidmaatskap van
die drie vryheidsbewegings, die National Liberation Front of Angola (FNLA), die
Popular Movement for the Liberation of Angola (MPLA) en die National Union for the
Total Independence of Angola (UNITA) onderskeidelik gevorm.
BAKONGO ZAÏRE (DRK)
LUANDA
MBUNDU
ATLANTIESE
OSEAAN
OVIMBUNDU
ANGOLA
[Uit https://www.historynet.com/author/ron-soodalter/. Toegang op 12 Augustus 2024 verkry.]
BAKONGO: Noord-Angolese wat die FNLA ondersteun het en deur Amerika en
Zaïre (DRK) bygestaan is
MBUNDU: Noord-Sentraal Angolese wat die MPLA ondersteun het en deur Kuba
en die Sowjetunie bygestaan is
OVIMBUNDU: Sentraal-Suidelike Angolese wat UNITA ondersteun het en deur
Amerika en Suid-Afrika bygestaan is
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 9 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS – Addendum Vertroulik
BRON 2D
Die bron hieronder is 'n artikel met die titel 'Accusation and Legitimacy in the Civil War
in Angola' deur I Dulley. Dit verduidelik hoe die Angolese etniese streekswedywering
(konflik) gegroei het en met ideologiese verskille van die Koue Oorlog-era
ooreengestem het.
Die burgeroorlog in Angola kan toegeskryf (gekoppel) word aan die optrede van die
Portugese regering wat daarna gestreef het om sosiale en etniese verdelings onder die
nasionaliste bloot te stel en in stand te hou. Hulle het gedurig ooreenkomste met een
beweging, tot nadeel van die ander, aangegaan wat dus die wedywering tussen hulle
aangehits het.
Die ideologiese antagonisme-(haat)eienskap van die steun wat tydens die Koue
Oorlog deur die Sowjetunie, China en Amerika aan die bewegings gegee is, is 'n
bewys dat interne faktore wat met die plaaslike sosiopolitieke en historiese vorming
verband gehou het, ook 'n sentrale rol in die konflik gespeel het. In die stryd om
vryheid en die burgeroorlog was daar konflikte, 'n gebrek aan samewerking en
aansprake van pioniers (stigters) wat deur die bewegings gemaak is, wat op
antagonisme (haat) en verdelings van operasionele gebiede gebaseer was.
Die volharding van die teensprake wat alreeds in die stryd om vryheid teenwoordig
was, is weerspieël in die projeksie (plan), deur beide die FNLA en UNITA, van 'n vyand
wat ná die koloniale tydperk beveg sou moes word as deel van hulle opbou van 'n
beskrywing (storie) oor hulleself. Die aantygings (beskuldigings) wat deur die leiers van
die bewegings gemaak is, beeld die vyand as 'n voortsetting van die koloniale stelsel
uit deur hulle daarvan te beskuldig hulle dat die onderskeid (verdelings) van ras,
etnisiteit, streeksgebondenheid en klas wat die Portugese regering in Angola
gekenmerk het, sou reproduseer (herhaal).
[Uit 'Accusation and Legitimacy in the Civil War in Angola' deur I Dulley, Januarie 2020]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 10 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS – Addendum Vertroulik
VRAAG 3: HOE HET REGERINGSOWERHEDE IN ALABAMA IN 1963 TYDENS
DIE BIRMINGHAM-VELDTOG DIE GEWELDLOSE KINDEROPTOG
HANTEER?
BRON 3A
Die bron hieronder, uit The Civil Rights Movement – An Illustrated History deur
B Wilkinson, verduidelik die gebeure wat in 1963 in Birmingham, Alabama,
plaasgevind het ná die vrylating van dr. Martin Luther King Jr. uit die tronk.
Birmingham, Alabama se grootste stad, het 'n reputasie onder burgerregte-aktiviste as
die 'slegste groot stad in die VSA' gehad. Agtien onopgeloste bomaanvalle in swart
woonbuurte tussen die laat 1950's en 1963 het die stad die bynaam Bombingham
besorg. Die betogings het op 3 April 1963 in die middestad van Birmingham onder die
onheilspellende (dreigende) oë van 'Bull' Connor, die Polisiekommissaris, plaasgevind
wat vir etlike weke waartydens dr. King tronk toe is en vir drie dae alleen opgesluit is,
geen skote afgevuur het nie. In hierdie tydperk het hy (dr. King) op 16 April die kragtige
'Letter from Birmingham Jail' ('Brief uit Birmingham-tronk') op stukkies papier geskryf.
… etlike ('n paar) dae ná dr. King op borgtog vrygelaat is, het die duiwel in die stad
losgebars. Honderde adolessente en jonger kinders is teen 2 Mei 1963 gewerf, en hulle
het met entoesiasme betoog (Kinderoptog ('Children's March')). Meer as 900 van hulle
is daardie dag gearresteer. Die optog na die Stadshuis ('City Hall') is afgestel
(gekanselleer) toe polisie die Sixteenth Street Baptist Church, met 'n duisend betogers
binne-in, afgesper (geblokkeer) het. Diegene wat probeer het om uit (die gebou) te
gaan, is aangerand met brandslange, met die druk só gestel dat dit bas van bome kon
afstroop, hulle is voor die voet (willekeurig) geslaan en deur polisiehonde aangeval. Die
slagting (bloedbad) het die nasie net soveel geskok soos tonele uit die oorlog in
Viëtnam kort daarna sou doen.
Jong swart mans in die stad se armste dele het geweldloosheid verwerp en
gewelddadig teen hulle onderdrukkers betoog. Wit handelaars het te staan gekom voor
'n see van swart stakers (betogers) en protesteerders wat ondersteuning van hulle
winkels ontmoedig het.
[Uit The Civil Rights Movement – An Illustrated History deur B Wilkinson]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 11 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS – Addendum Vertroulik
BRON 3B
Die foto hieronder is uit die Black History Buff-podsending. Dit toon
Martin Luther King Jr. saam met sommige van die kinders en jongmense wat op
2 Mei 1963 aan die Kinderoptog ('Children's March') in Birmingham, Alabama,
deelgeneem het.
[Uit https://steadyhq.com/en/blackhistory/posts/19bc41d7-0297-4f98-abf4-a17bea49bff3.
Toegang op 27 Julie 2024 verkry.]
SEGREGASIE
MOENIE IN
MOET
GESEGREGEERDE
VERDWYN
St. John County
SCLC KOOP NIE
Die Stadsbeamptes
WIL NIE
met kinders
PRAAT NIE
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 12 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS – Addendum Vertroulik
BRON 3C
Die bron hieronder is 'n onderhoud wat in 1995 deur B Wilkinson met
Audrey Faye Hendriks, wat destyds met die Kinderoptog 9 jaar oud was, gevoer is. In
die onderhoud beskryf sy hoe hulle deur die polisie in Birmingham ondervra is.
Audrey Faye Hendriks, nege jaar oud en in graad drie, was een van die kinders wat op
2 Mei gearresteer is. Sy sou later terugdink: 'Ek was nie senuweeagtig of bang nie.
Ons het by die Sixteenth Street Church begin. Ons het altyd gesing wanneer ons die
kerk verlaat het. Die sang was soos 'n gejubel (vreugdevol sing). Dit was vrymaking
(verlossing) … dit het jou ook kalmte en gerusstelling gegee. Ons het afbeweeg … by
Kelly Ingram Park en ongeveer 'n halwe blok gestap. Die polisie het ons toe in
vangwaens gelaai. Daar was baie kinders, maar ek dink ek was die jongste kind
daarbinne.'
Die polisiemanne het Audrey Faye later geskei om haar oor die optog te ondervra.
Hulle het haar gedruk oor besonderhede van die planne en beweer dat sy gedwing is
om deel te neem. 'Ek was eers senuweeagtig toe hulle my ingeroep het,' onthou sy.
'Die ergste ding wat ek gedink het, was dat hulle my kon doodmaak. Nadat hulle my
begin vrae vra het, het ek 'n bietjie kalmeer en gedink, miskien gaan hulle niks doen
nie. Maar dit het deur my gedagtes gegaan. Dit was 'n vertrek met vyf of ses mans in.
Almal was wit. En ek was klein …'
Nadat sy ondervra is, is Audrey uiteindelik na haar sel teruggeneem waar sy vir sewe
dae saam met ander kinders aangehou is. 'Ons het in klein kamertjies met
stapelbeddens geslaap … ongeveer twaalf van ons in 'n kamer. Ons het onsself
Vryheidsvegters genoem. Die kos was nie tuisgemaak nie. Ek onthou 'grits' (gemaalde
mieliemeelpap) en dit was nie lekker nie. My ouers kon vir sewe dae nie 'n woord met
my praat nie.' Soos wat die betogings voortgegaan het, het die nuus gekom dat die
selle vol was en dat die polisie nou gedwing was om studente na die skouterrein te
neem om hulle te huisves. 'Ek het gevoel asof ek besig was om te help om vryheid te
bekom.'
[Uit The Civil Rights Movement – An Illustrated History deur B Wilkinson]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 13 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS – Addendum Vertroulik
BRON 3D
Die uittreksel hieronder is uit 'n boek, I Have a Dream – The Life and Works of
Martin Luther King Jr, wat deur J Haskins geskryf is. Dit verduidelik die stappe wat die
Amerikaanse regering gedoen het om ná die Birmingham-veldtog die Grondwet te
verander.
Die skokkende beelde uit Birmingham het die nasie en die wêreld ontstel.
Progressiewe wit studente op kollegekampusse kon nie die ongeregtigheid wat in hulle
land plaasvind, glo nie. Gloria Clark het onthou hoe 'n onderhoud met Bull Connor op
televisie gevoer is: 'Ek het nog nooit hierdie sin vergeet nie: "Ons kan self na ons eie
negers* omsien …" En ek het gesê dat daar geen kans is dat hy gaan definieer hoe
mense in hierdie land waarin ek woon, behandel moet word nie. Daar is nie 'n manier
waarop ek wil hê dat so 'n man dit moet definieer nie.'
Op aandrang van die Amerikaanse Minister van Justisie, Robert Kennedy, het die
Southern Christian Leadership Conference (SCLC) en Birmingham-besighede op
10 Mei 'n ooreenkoms bereik. Laasgenoemde het ingestem om middagete-toonbanke
en sekere ander fasiliteite te desegregeer en om aanstellingspraktyke vir swart burgers
te verbeter. Goewerneur George sou die ooreenkoms afkeur en op 11 Mei het bomme
by die huise van AD King (dr. Martin Luther King se broer) en by die Gaston Motel,
waar dr. King gebly het, ontplof. Na aanleiding van die geweld in Birmingham, wat die
meeste van sy kollegas in Washington woedend gemaak het, het Kennedy geglo dat
dit tyd was om burgerregte heel boaan sy agenda te plaas – en so gou as moontlik
want gebeure was besig om vinnig plaas te vind.
Die Amerikaanse federale hooggeregshof het op 20 Mei verklaar dat die
stadsegregasie-ordinansies (wette) ongrondwetlik was. Sitstaking-aktiviste in Jackson,
Mississippi, is deur segregasioniste mishandel. Twee dae later het King 'n telegram na
die president gestuur om 'n vergadering te versoek. King het gehoop dat hy Kennedy
sou kon oorreed om 'n uitvoerende bevel teen segregasie uit te reik.
[Uit I Have a Dream – The Life and Works of Martin Luther King Jr deur J Haskins]
∗Negers – 'n neerhalende woord uit die tydperk van slawehandel wat vir swart
Amerikaners gebruik is
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 14 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS – Addendum Vertroulik
ERKENNINGS
Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:
Blanning, TCW. 1996. The Oxford Illustrated History of Modern Europa (Oxford
University Press)
Burnet, A. 2006. Book of Great Speeches (Chambers Harrap Publishers Ltd)
Chazan, N. 1999. Politics and Society in Contemporary Africa (Red Globe Press,
Londen)
Dulley, I. 2020. 'Accusation and Legitimacy in the Civil War in Angola', Vibrant, Virtual
Brazilian Anthropology, Vol. 17.
Haskins, J. 1992. I Have a Dream – The Life and Works of Martin Luther King Jr.
(The Millbrook Press, Connecticut)
https://steadyhq.com/en/blackhistory/posts/19bc41d7-0297-4f98-abf4-a17bea49bff3
https://www.historynet.com/author/ron-soodalter/
Lafeber, W. 1977. 'Kissinger and Acheson: The Secretary of State and the Cold War'
(Oxford University Press)
Nerys, J. 2002. South African Intervention in the Angolan Civil War, 1975–1976:
Motivations and Implications (Universiteit van Kaapstad)
The Daily Mail, 16 Junie 1947
Wilkinson, B. 1997. The Civil Rights Movement – An Illustrated History (Crescent
Books, VSA)
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)
)%202015%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955/v1-6ab5452db578d608b6e0/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2015 Addendum (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2022 Addendum (English)

Addendum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Addendum (Afrikaans)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 NSC June 2024 Question Paper (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Memorandum
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 Memo (Afrikaans)

Question paper