Skip to content

History Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Addendum (Afrikaans)

AddendumHistoryGrade 12202514 pages

Grade 12 History Paper 2 addendum from the NSC June Exam 2025 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN GESKIEDENIS V2 MEI/JUNIE 2025 ADDENDUM Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 2 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Addendum Vertroulik VRAAG 1: HOE EFFEKTIEF WAS DIE STRATEGIEË VAN DIE BLACK SASH IN DIE 1980s OM TEEN DIE APARTHEIDSREGIME TE MOBILISEER? BRON 1A Die uittreksel hieronder is geneem uit 'n artikel met die titel 'The Conscience of White South Africa: Celebrating the Black Sash, 60 Years Later', geskryf deur M Thamm, 'n joernalis. Dit het op 14 Mei 2015 in die Daily Maverick-koerant verskyn. Dit fokus op die stigting en strategieë van die Black Sash. Die Black Sash is op 19 Mei 1955 oor 'n koppie tee deur ses wit middelklasvroue begin wat woedend (kwaad) was oor die destydse regering se pogings om burgers van kleur uit die kieserslys te verwyder. Die Black Sash het in 'n doeltreffende mag vir verset en verandering ontwikkel wat as 'n sigbare prikkel (dryfveer) gedien het vir die gewetens van diegene wat 'n onregverdige stelsel geïmplementeer het en daardeur bevoordeel is. Jean Sinclair, Ruth Folley, Elizabeth Mclaren, Tertia Pybus, Jean Bosazza en Helen Newton-Thompson het die Women's Defence of the Constitution League* bekendgestel. De organisasie het 'n konferensie in Port Elizabeth gehou. Strategieë wat deur hierdie 'swygsame (stil) susterskap' gebruik is, het 'black-sashing' – of die dra van 'n swart lyfband – tydens stille verset vanaf die openbare galery in die Parlement ingesluit. Die vroue se minagtende kyke het ongetwyfeld bygedra om die ministers van die regerende Nasionale Party te ontstel wat hierdie groep klaarblyklik goed geklede, beskaafde (goed gemanierde) en meesal Engelssprekende wit vroue verafsku (gehaat) het wat hulle posisie gebruik het om hulle uit te daag. Die onderskeie raadgewende kantore van die Black Sash het in die 1980's oor die hele land versprei. Hulle is deur vrywilligers beman en het kritieke weerstandspunte vir die swart meerderheid geword met betrekking tot die uitdaging van apartheidswetgewing, massa-arrestasies, toegang tot inligting en soms eenvoudig om voedselverskaffing en ander noodgevalle te hanteer. Die raadgewende kantore het gratis dienste aangebied, ook met betrekking tot kwessies soos werkloosheid, behuising, pensioene en toegang tot gesondheidsorg. Die Black Sash was ook 'n baie waardevolle (hulpvaardige) bron van inligting vir koerante, wat in baie moeilike omstandighede gewerk het met voortdurende teistering deur die regering, om noodsaaklike (belangrike) nuus onder die aandag van joernaliste te bring. [Uit Daily Maverick-koerant, 14 Mei 2015] *Women's Defence of the Constitution League: Die amptelike titel van die Black Sash 2025 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 3 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Addendum Vertroulik BRON 1B Die foto hieronder het op 3 Oktober 2015 in The Observation Post – South African Military History-uitgawe verskyn. Dit beeld lede van die Black Sash uit wat in Augustus 1989 die Mass Democratic Movement (MDM) se veldtog van minagting met anti-apartheidsplakkate in Kaapstad ondersteun. [Uit The Observation Post – South African Military History, 3 Oktober 2015] EEN MENS EEN STEM ONTBAN BEPERKTE ORGANISASIES MINAGTING IS DIE REG TOT BLACK SASH VREEDSAME VERSET Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 4 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Addendum Vertroulik BRON 1C Die uittreksel hieronder is uit 'n brief met die titel 'Vervolging van kinders' deur Marie Dyer, 'n verteenwoordiger van die Association for Rural Advancement (AFRA) en gereelde skrywer vir die Natal Midlands Black Sash (NMBS). Dit is aan die plaaslike pers (The Natal Witness) geskryf ter ondersteuning van die Free the Children-veldtog wat op 10 Desember 1986 deur die Black Sash bekendgestel is. Wit Suid-Afrikaners voel dikwels gegrief (ontsteld) dat in hierdie wrede en gewelddadige wêreld ons eie regime tussen al die ander tiranne (onderdrukkers) vir wydverspreide veroordeling uitgesonder word … Maar in die laaste tyd is daar 'n aspek van Suid-Afrikaanse onderdrukking wat blyk nie opsigself oortref of geëwenaar word deur ander regimes wat wit Suid-Afrikaners luid veroordeel nie. Ek verwys na die doelbewuste veldtog teen kinders wat gedurende die noodtoestand verskerp is, en steeds voortduur. Die noodtoestand is amptelik verby, maar kinders in baie plekke is steeds die spesifieke teikens van amptelike vervolging (marteling) en teistering. Die skade wat deur hulle ervarings aangerig word, sal hulle – en ons – vir die res van hulle lewens altyd bybly. Die Black Sash stel voor dat 1 Junie, hierdie jaar (1987), as 'n nasionale kinderdag gevier word wanneer Suid-Afrikaners gevra sal word om oor die aard en implikasies van hierdie gebeurtenisse te besin (na te dink). Deur dit te verdra, het ons 'Westerse Christen'-samelewing beslis ons aanspraak op algemene beskaafdheid verloor. [Uit STANDING ON STREET CORNERS – A History of the Natal Midlands Region of the Black Sash deur M Kleinenberg en C Merrett] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 5 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Addendum Vertroulik BRON 1D Die uittreksel hieronder is uit 'n boek wat in 1991 verskyn het. Die boek met die titel Black Sash, The Beginning of a Bridge in South Africa deur K Spink, het vir die Black Sash menseregteskendings teen vroue aangeteken (daar is daaroor verslag gedoen). Dit beskryf in breë trekke hoe PW Botha se regering op die leiers van die Black Sash gereageer het. Die beleid van die Black Sash as 'n organisasie was om die oppergesag van die wet te handhaaf (onderhou) met hulle volkome toewyding aan wettige en vreedsame protes, eerder as om 'n las vir die regering te wees. Een lid van die Black Sash is tronk toe gestuur omdat sy geweier het om 'n verklaring te maak oor 'n besoek aan Winnie Mandela, nog een is eerder tronk toe as om 'n huishoudster af te dank wat nie geregistreer kon word nie. Van die lede het doelbewus aan onwettige byeenkomste en optogte deelgeneem. Annica van Gylswyk, voorsitter van die Pretoria-tak van die Black Sash, is vroeg die oggend van 12 Junie 1986 in haar eie huis gearresteer. Sy is vir etlike weke in eensame opsluiting in die Pretoria-gevangenis aangehou en is toe na polisieselle geneem waar sy ondervra is. Die aankoms van veiligheidspolisie in Janet Small se kantoor het haar heeltemal onkant gevang. Sy is aangesê om 'n tas te pak en feitlik onmiddellik tronk toe geneem. Omdat daar geen ander wit vroue in aanhouding was nie, en omdat die gevangenisowerhede baie streng oor rassesegregasie was, het sy haarself vir drie maande in eensame opsluiting bevind. Sy het met haar vrylating 'n inperkingsbevel gekry, wat nie ongewoon was nie, maar sy het dit besonder moeilik gevind. Dit het haar nie tot die huis waar sy in Grahamstad gewoon het beperk nie, maar tot haar ouerhuis in Kaapstad, waar sy elke aand tussen 6 nm. en 5 vm. in die huis moes wees. Sy is nie toegelaat om meer vir die Black Sash te werk nie. Sy was ook nie veronderstel om met joernaliste te praat of vir enige publikasie te skryf nie. [Uit Black Sash, The Beginning of a Bridge in South Africa deur K Spink] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 6 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Addendum Vertroulik VRAAG 2: WAAROM WAS DIE MOHAPI-FAMILIE ONTEVREDE MET DIE MANIER WAAROP DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) DIE DOOD VAN MAPETLA MOHAPI IN 1976 HANTEER HET? BRON 2A Die bron hieronder is uit 'n boek met die titel COMING TO TERMS – SOUTH AFRICA'S SEARCH FOR TRUTH deur M Meredith. Dit beklemtoon Mapetla Mohapi se politieke lewe tot met sy afsterwe in 1976. Mapetla Frank Mohapi is op 2 September 1947 in die landelike dorpie Jozanashoek, Sterkspruit, in die voormalige Transkei (nou die Oos-Kaap) gebore. Hy het aan die Universiteit van die Noorde (Turfloop) – deesdae die University of Limpopo – studeer waar hy in die vroeë 1970's met 'n graad in maatskaplike werk gegradueer het. Tydens sy studie by Turfloop is hy deur die filosofie van Swart Bewussyn aangetrek en het aktief by die Suid-Afrikaanse Studente-organisasie (SASO) as 'n streeksekretaris in die Oos-Kaap betrokke geraak. Nadat studente by verskeie swart universiteite in Oktober 1974 pro-FRELIMO*-byeenkomste gehou het om die onafhanklikheid van Mosambiek te vier, is Mohapi, saam met verskeie ander leiers van SASO en die 'Black People's Convention' ('BPC'), in November 1974 aangehou. Hy is in … 1975 vrygelaat sonder enige aanklag. In 1973 is hy met Nonhle getroud. Terwyl Nonhle in 1974 hulle dogter verwag het, is Mohapi vir agt maande aangehou. Mohapi is in September 1975 ingevolge die Wet op Binnelandse Veiligheid verban en tot King Willliam's Town beperk waar hy later as 'n administrateur van die Zimele Trust Fund aangestel is om hulp aan vrygelate politieke gevangenes te verleen. 'n Maand ná die begin van die 1976 Soweto-opstande, tydens 'n klopjag op (aankeer van) Swartbewussyn-aktiviste, is Mapetla op 16 Julie weereens sonder aanklag aangehou. Twintig dae later, op 5 Augustus 1976, is Mohapi onder polisiebewaking oorlede. [Uit COMING TO TERMS – SOUTH AFRICA'S SEARCH FOR TRUTH deur M Meredith] *FRELIMO: Mosambiekse Vryheidsfront ('Mozambique Liberation Front') Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 7 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Addendum Vertroulik BRON 2B Die uittreksel hieronder is uit die WVK-verhoor wat op 15 April 1996 gehou is oor die menseregteskendings van Mapetla Mohapi. Die WVK se Menseregteskendings- komitee is verteenwoordig deur Tiny Miya – wat vrae gestel het en die Mohapi-familie is deur sy vrou – Nonhle Mohapi – verteenwoordig. Dit beklemtoon die redes waarom Nonhle Mohapi die WVK versoek het om ondersoek in te stel na hoe Mapetla Mohapi gesterf het nadat sy tevore 'n siviele saak geopen het wat ook in 1979 na die Hooggeregshof gegaan het, maar onsuksesvol was. ME. MAYA: Ons sien jou vanoggend voor die Waarheidskommissie mev. Nonhle (Mohapi). Net voordat ons met ons verrigtinge begin, kan jy ons asseblief vertel waarom jy hier is. MEV. MOHAPI: Soos wat ek reeds genoem het, was ek in die 20 jaar nooit oor die kwessie van Mapetla gelukkig nie, maar nou, selfs nou, is ek seker hy is nooit op enige ander manier doodgemaak nie. Nadat ek van die WVK gehoor het, het ek vir myself gesê ek wil kom en oor my seerkry getuienis lewer. Ek wil die Kommissie vertel sodat hulle my kan help om uit te vind wat met hom gebeur het want hy sou nooit homself doodgemaak het nie. ME. MAYA: Wat het hulle gesê was die rede vir sy selfdood? MEV. MOHAPI: Tussen die briewe wat tydens die geregtelike doodsondersoek beskikbaar was, was daar een wat hulle gesê het die selfdoodbrief was. Die skrif was baie eksklusief (verskillend) en dit het nie aan Mapetla behoort nie. Maar hierdie een was ook op toiletpapier geskryf soos wat my man voorheen gedoen het, en die kundiges wat na die skrif gekyk het, het bevestig dat die skrif in die selfdoodbrief baie eksklusief was. Hulle het hulle bes probeer en gepoog om dit goed te ondersoek. Ons het vir die antwoord gewag. ME. MAYA: Wat was die geregtelike doodsondersoek? MEV. MOHAPI: Ons was verras oor die geregtelike doodsondersoek, dat niemand ooit hieroor aangekla is nie. Daar was 'n siviele hof in Grahamstad en dit het ook in Grahamstad plaasgevind. Daar was 'n polisieman wat getuienis gelewer het oor die misdaad en hy het bevestig dat hierdie man (Mohapi) nooit sy lewe sou neem nie. ME. MAYA: Wat was die uitslag? MEV. MOHAPI: In die Hooggeregshof is daar ook gesê dat niemand vir dit wat gebeur het, geblameer kon word nie. … daar is aan ons gesê dat ons die saak verloor het en die koste moes betaal. Ons het huis toe gegaan waar ek 'n brief van die hof ontvang het met die rekening vir wat ek geskuld het, ongeveer R250 000. Hulle het ook geskryf om uit te vind hoe hulle my kan likwideer* en ek moes 'n lys van alles, my huis ingesluit, neerskryf. [Uit die Waarheids-en-Versoeningskommissie-verslag, Vol. 3, 1998] *Likwideer: wanneer eiendom en huishoudelike goedere verkoop word om geld in te samel om skuld te delg Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 8 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Addendum Vertroulik BRON 2C Die foto hieronder is in 2017 deur Zolani Mabusela, 'n woordvoerder vir die Swartbewussynsbeweging (SBB) geneem. Dit het verskyn in 'n artikel met die titel 'Honouring the Legacy of Mapetla Mohapi: A Martyr in the Struggle Against Oppression!', wat 41 jaar na Mapetla Mohapi se dood in die Amandla-koerant verskyn het. Dit beeld die Mohapi-familielede buite die Kei Road Polisiestasie uit. Van links is Motheba Mohapi, Mizuki Gugushe (8 jaar oud), Nohle Mohapi (vrou), Konehali Mohapi-Gugushe en Naledi Gugushe (10 jaar oud). Hulle het 400 kilometer vanaf Port Elizabeth gereis, maar die stasiebevelvoerder het hulle toegang geweier tot die sel waar die voormalige aktivis Mapetla Mohapi in 1976 gesterf het. [Uit die Amandla-koerant, 5 Augustus 2024] KEI ROAD POLISIESTASIE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 9 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Addendum Vertroulik BRON 2D Die uittreksel hieronder is 'n resensie deur Gcina Ntsaluba, 'n ondersoekende joernalis, van die boek met die titel Now You Know How Mapetla Died: The Story of a Black Consciousness Martyr deur 'n historikus, Z Valela. Dit kritiseer die WVK dat hulle nie reg aan Mohapi se saak laat geskied het nie en die regering dat hulle niks gedoen het om die saak verder te voer nie. Twintig jaar het tussen Mohapi se moord en die beraadslaging van die Waarheids-en- Versoeningskommissie (WVK) verbygegaan. Valela het harde woorde vir hulle modus operandi (die manier waarop die WVK te werk gegaan het) gehad wat die Azanian People's Organisation (AZAPO) se standpunt beaam (stem saam) het en sommige mense vind dit moontlik onredelik. Waarvan sy (Valela) egter baie seker is, is om te bevraagteken presies hoe die WVK reg aan Mohapi se saak laat geskied het. Niemand het na vore gekom om amnestie te versoek nie en die regering het niks gedoen om die verdagtes, wat bekend was, te vervolg nie. Nie net is aanspreeklikheid (verantwoordelikheid) nie nagekom nie, maar die uitspraak van die oorspronklike geregtelike doodsondersoek is steeds deel van die geregtelike rekords en die historiese waarheid bly onvolledig. Soos wat Valela uitwys, waar geregtelike doodsondersoeke suksesvol heropen is, is dit die gevolg van private inisiatief en hulpbronne. Ironies genoeg het Mohapi 'n eerbewys ná apartheid gekry, maar is tot dusver die waardigheid ontneem van 'n herondersoek na die omstandighede van sy dood. Dit kan toegeskryf word aan die algemene staat van korrupte traagheid (passiwiteit) in die regering. Miskien sal hierdie boek die skandelike toestand van sake verander. Maar selfs al het dit geen invloed op hierdie besondere saak nie, dien dit as 'n sprekende (duidelike) waarskuwing van die uiterste gevaar van 'n polisiestaat wat buite die grense van die oppergesag van die wet handel. Gegewe die minagting wat deur belangrike afdelings van die hedendaagse ANC vir die voorgenoemde getoon word, is 'n terugkeer na sulke omstandighede nie onmoontlik nie. [Uit Mail & Guardian, 29 Mei 2022] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 10 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Addendum Vertroulik VRAAG 3: HOE HET HANDELSBETREKKINGE TUSSEN DIE 1970's EN 2023 TUSSEN CHINA EN AFRIKA ONTWIKKEL? BRON 3A Die uittreksel hieronder is uit 'n verhandeling met die titel 'Globalisation and sustainable Africa-China trade: what role play the African regional organisations' deur D Cissé en is gepubliseer deur 'n navorsingsinstituut wat in Swede gebaseer is. Dit beklemtoon hoe handelsbetrekkinge sedert die 1970's tussen China en Afrika ontwikkel het. China se vrymaking van handel en oopstel vir die wêreld sedert die 1970's het hulle buitelandse handel 'n hupstoot gegee. Ekonomiese verskuiwings, veral gegrond op handel, industriële hervormings en later die vervaardiging van goedere om oorsee te verkoop, het China se handelsbetrekkinge met ontwikkelde en ontwikkelende lande verstewig. China se druk om te liberaliseer (vry te maak) gaan hand aan hand met die langtermyn-strategieë om bande te vestig met ontwikkelende lande, onder andere dié in Afrika. Deur hulle groeiende posisie in die ekonomiese wêreldarena, het China ten doel om die wêreld politieke ekonomie te vorm. Afrika het 'n langtermyn-verbintenis met China. Alhoewel hierdie verbintenis in die verlede deur hulp (bystand) gedryf is, word dit deesdae meer deur die ekonomie gedryf en deur handel en belegging ondersteun. Die diversifikasie van handelsvennote onder Afrikalande deur na die Ooste te kyk, voldoen aan China se langtermyn-strategie vir hulpbronne en markte. Saam met globalisering het China strategiese bande met Afrikalande ontwikkel vir sterk ekonomiese samewerking wat op nie-inmenging in binnelandse sake en wedersydse voordele of wen-wen-samewerking gegrond is. China se 'go out'-beleid ('gaan-uit-beleid') van die laat 1990's, die vestiging van die Forum on China-Africa Cooperation (FOCAC) in 2000, en die vrystelling van die Witskrif oor China se Afrika- beleid in 2006 het China se belangstelling in Afrika getoon. [Uit 'Globalisation and sustainable Africa-China trade: what role play the African regional organisations' deur D Cissé] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 11 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Addendum Vertroulik BRON 3B Die uittreksel hieronder is geneem uit 'n hooftoespraak wat op 3 September 2018 deur China se President Xi Jinping by die openingseremonie van die Beijing Summit of the Forum on China-Africa Cooperation (FOCAC) by die Great Hall of the People in Beijing gelewer is. Dit beklemtoon China se toewyding ten opsigte van hulle bydrae tot die ontwikkeling van Afrika. China sal eerstens 'n industriële promosie-inisiatief bekend stel. Ons het besluit om 'n China-Afrika ekonomiese en handelskou ('expo') in China te open; ons moedig Chinese maatskappye aan om beleggings in Afrika te vermeerder, en sal 'n aantal ekonomiese en handelsamewerkingsones in Afrika bou en opgradeer. Ons sal Afrika ondersteun om algemene voedselsekerheid teen 2030 te bereik, ons sal saam met Afrika werk om 'n program van aksie te formuleer en te implementeer om China-Afrika- samewerking met betrekking tot landboumodernisasie te bevorder. Ons sal 50 landbouhulpprogramme implementeer, RMB* 1 miljard (ongeveer R2,47 miljard) humanitêre noodvoedselhulp aan Afrikalande verskaf wat deur natuurrampe geaffekteer is, 500 senior landboukundiges na Afrika stuur, en jong navorsers in agriwetenskap en entrepreneurs in agribesigheid oplei. Ons sal Chinese maatskappye in Afrika ondersteun om hulle tot maatskaplike sosiale verantwoordelikhede te verbind. Ons sal voortgaan om samewerking met Afrikalande met betrekking tot plaaslike geldeenheidvestiging te versterk en om goeie gebruik te maak van die China-Africa Development Fund, die China-Africa Fund for Industrial Cooperation en die Special Loan for the Development of African Small-Medium Enterprises (SMEs). Ons sal saam met Afrika werk om 'n aantal sleutel-verbindingsprojekte te onderneem. Ons sal Afrika ondersteun met die ontwikkeling van die Single African Air Transport Market en meer direkte vlugte tussen China en Afrika instel. Op grond van die navolging van multilaterale reëls en prosedures, sal ons Afrikalande ondersteun om finansieringshulpbronne van die Asian Infrastructure Investment Bank, die New Development Bank, en die Silk Road Fund beter te benut (gebruik). [Uit China Daily, 4 September 2018] *RMB = RENMINBI (Die amptelike Chinese geldeenheid) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 12 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Addendum Vertroulik BRON 3C Die spotprent hieronder het op 6 Augustus 2018 in die Hustle East Africa-tydskrif verskyn. Dit beklemtoon 'n standpunt oor die China-Afrika ekonomiese betrekking. [Uit Hustle East Africa-tydskrif, 6 Augustus 2018] AFRIKA $12 MILJARD- BELEGGING VSA Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 13 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Addendum Vertroulik BRON 3D Die uittreksel hieronder, geneem uit A Roadmap for Strategically Countering China's Development Influence in Africa, geskryf deur J Malobisky, is op 18 Januarie 2024 deur die New Lines Institute van die George Washington University gepubliseer. Dit beklemtoon die uitdagings wat deur China se uitbreiding in Afrika geskep is. Alhoewel die Belt and Road Initiative (BRI)-infrastruktuurinisiatiewe lyk asof dit goeie ontwikkelingsgeleenthede bied, het die inisiatief uitdagings vir Afrikalande geskep wat nie in staat is om die program se hoë rentekoerslenings terug te betaal nie en nou in 'n skuldmoeras vasgevang is. Voortgesette uitbuiting onder neo-kolonialisme in Afrika het bygedra tot die rykdomgaping wat bydra tot sommige lande se onvermoë om terugbetalings op Chinese infrastruktuurlenings te maak en hierdie state dwing om addisionele geld te leen. China, wat selde hierdie skuld kanselleer, het skuldmoerasse gebruik om hulle invloed oor Afrikalande uit te brei deur lande te dwing om hulle skuld te herstruktureer met langtermyn-terugbetalingsplanne wat mynbou- en ander natuurlike hulpbronregte aan China sedeer (oorgee) onder die dekmantel van waarborge (sekuriteit) vir skuld. Afrikalande het nietemin voortgegaan om Chinese infrastruktuur-beleggingsgeld te bekom. Beijing het in Oktober hulle jaarlikse Belt and Road Initiative Forum gehou, waar President Xi Jinping $100 miljard se nuwe befondsing vir fisiese infrastruktuur en groenenergie-projekte aangekondig het. Die bywoning van leiers van Kenia, Ethiopië, Nigerië en die Republiek van die Kongo dui aan dat baie Afrika-state steeds verkies om eerder met China as Westerse lande saam te werk. Daar is oor die hele kontinent steeds 'n positiewe persepsie van China as gevolg van hulle gewilligheid om infrastruktuurprojekte in enige Afrikaland te borg. Daar is egter ook kommer onder Afrikane dat hulle regerings te diep in die skuld by die Chinese is. Hierdie wydverspreide kommer kan 'n geleentheid vir Amerika skep om met die kontinent te onderhandel en 'n alternatiewe vorm van ontwikkeling te skep wat nie 'n skuldlading skep nie. [Uit die New Lines Institute: A Roadmap for Strategically Countering China's Development Influence in Africa deur J Malobisky, 18 Januarie 2024] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 14 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Addendum Vertroulik ERKENNINGS Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem: Amandla-koerant, 5 Augustus 2024 Cissé, D. 2015. 'Globalisation and sustainable Africa-China trade: what role play the African regional organisations' (Nordiska Afrikainstitutet, Uppsala, Swede) China Daily, 4 September 2018 Daily Maverick-koerant, 14 Mei 2015 Hustle East Africa-tydskrif, 6 Augustus 2018 Kleinenberg M. en Merrett, C. 2015. STANDING ON STREET CORNERS – A History of the Natal Midlands Region of the Black Sash (Periodieke uitgawe van die Natal Society Foundation, Pietermaritzburg) Mail & Guardian, 22 Mei 2022 Malobisky, J. 2024. A Roadmap for Strategically Countering China's Development Influence in Africa (New Lines Institute, George Washington University) Meredith, M. 1999. COMING TO TERMS – SOUTH AFRICA'S SEARCH FOR TRUTH (Perseus Books Group, New York) Spink, K. 1991. Black Sash, The Beginning of a Bridge in South Africa (MW Books Ltd, Londen) The Observation Post – South African Military History, 3 Oktober 2015 Die Waarheids-en-Versoeningskommissie-verslag, Vol. 3 1998 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all