Vertroulik
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
GESKIEDENIS V2
MEI/JUNIE 2025
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2025 papers %202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)




%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed/v1-eaba88523cccc85340dd/card.webp)
View all





History Grade 12 P2 NSC June 2025 Question Paper (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2025 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
History · Grade 12 · NSC June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 368.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
NSC June Exam 2025
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Geskiedenis/V2 2 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA:
DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's
VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE
WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind
word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten
minste EEN moet 'n opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n
opstelvraag wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.
6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig
gebruik.
7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.
8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
9. Skryf netjies en leesbaar. 2025
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 3 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, is in die
ADDENDUM vervat.
VRAAG 1: HOE EFFEKTIEF WAS DIE STRATEGIEË VAN DIE BLACK SASH IN
DIE 1980's OM TEEN DIE APARTHEIDSREGIME TE MOBILISEER?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Volgens die bron, watter optrede deur die apartheidsregering het
tot die stigting van die Black Sash in 1955 gelei? (1 x 2) (2)
1.1.2 Definieer die term kieserslys in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.1.3 Noem enige TWEE vroue in die bron wat in 1955 die Women's
Defence of the Constitution League (Black Sash) begin het. (2 x 1) (2)
1.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom die Nasionale Party-regime nie van die Black Sash gehou
het nie. (2 x 2) (4)
1.1.5 Verduidelik die implikasie van die stelling, '… onderskeie
raadgewende kantore van die Black Sash … het kritieke
weerstandspunte vir die swart meerderheid geword …', in die
konteks van uitdagende apartheidswetgewing. (1 x 2) (2)
1.2 Lees Bron 1B.
1.2.1 Lewer kommentaar op die belangrikheid van die woorde op die
banier, 'MINAGTING IS DIE REG TOT VREEDSAME VERSET', in
die konteks van die Black Sash se strategieë om
apartheidswetgewing teen te staan. (2 x 2) (4)
1.2.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom die Black Sash 'n plakkaat vertoon het waarop 'EEN
MENS EEN STEM' gestaan het. (1 x 2) (2)
1.3 Verwys na Bron 1A en 1B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1A die bewyse
in Bron 1B ondersteun met betrekking tot die strategieë wat deur die Black
Sash teen apartheidswetgewing gebruik is. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 4 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
1.4 Bestudeer Bron 1C.
1.4.1 Volgens die bron, hoe het wit Suid-Afrikaners gereageer op die feit
dat hulle eie regime vir wydverspreide veroordeling uitgesonder is?
(1 x 2) (2)
1.4.2 Identifiseer TWEE bekommernisse wat in die bron genoem word
oor die behandeling van kinders deur die apartheidsregime. (2 x 1) (2)
1.4.3 Haal 'n frase uit die bron aan wat aandui hoe die skrywer voorstel
dat daar oor die aard en implikasie van die behandeling van
kinders besin moet word. (1 x 2) (2)
1.4.4 Verduidelik wat Marie Dyer bedoel met die stelling, 'ons "Westerse
Christen"-samelewing (het) beslis ons aanspraak op algemene
beskaafdheid' teenoor kinders verloor'. (1 x 2) (2)
1.5 Gebruik Bron 1D.
1.5.1 Volgens die bron, wat was die Black Sash se beleid as 'n
organisasie met betrekking tot protesaksie teen die
apartheidsregering? Gee EEN antwoord. (1 x 2) (2)
1.5.2 Verduidelik die term eensame opsluiting in die konteks van die
beleid wat deur die apartheidsregering voorgestaan is ten opsigte
van die hantering van anti-apartheidsbetogers. (1 x 2) (2)
1.5.3 Waarom, dink jy, is Janet Small ná haar vrylating uit die tronk
verbied om met joernaliste te praat of om vir enige publikasie te
skryf? (2 x 2) (4)
1.5.4 Lewer kommentaar oor die bruikbaarheid van die bron vir 'n
geskiedkundige wat PW Botha se regering se hantering van leiers
van die Black Sash navors. (2 x 2) (4)
1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
hoe effektief die strategieë van die Black Sash in die 1980's was om teen die
apartheidsregime te mobiliseer. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 5 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 2: WAAROM WAS DIE MOHAPI-FAMILIE ONTEVREDE MET DIE
MANIER WAAROP DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE
(WVK) DIE DOOD VAN MAPETLA MOHAPI IN 1976 HANTEER HET?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Verwys na Bron 2A.
2.1.1 Volgens die bron, in watter dorpie is Mapetla Mohapi gebore?
(1 x 1) (1)
2.1.2 Haal 'n rede uit die bron aan waarom Mohapi en ander leiers van
SASO en die 'BPC' in November 1974 aangehou is. (1 x 2) (2)
2.1.3 Waarom, dink jy, is Mohapi in September 1975 tot King William's
Town beperk? (1 x 2) (2)
2.1.4 Watter gevolgtrekking kan gemaak word uit die feit dat Mapetla
20 dae nadat hy onder polisiebewaking aangehou is, gesterf het?
(1 x 2) (2)
2.2 Lees Bron 2B.
2.2.1 Identifiseer DRIE redes in die bron waarom mev. Mohapi op
15 April 1996 die WVK-menseregteskendingsverhore bygewoon
het. (3 x 1) (3)
2.2.2 Definieer die term geregtelike doodsondersoek in jou eie woorde.
(1 x 2) (2)
2.2.3 Lewer kommentaar op die implikasie van die stelling: 'Daar was 'n
polisieman … en hy het bevestig dat hierdie man (Mohapi) nooit sy
lewe sou neem nie', in die konteks van Mapetla Mohapi se dood.
(1 x 2) (2)
2.2.4 Verduidelik waarom Nonhle Mohapi verbaas was nadat sy die saak
in die Hooggeregshof verloor het (1 x 2) (2)
2.2.5 Verduidelik waarom 'n geskiedkundige hierdie bron as betroubaar
sou beskou wanneer navorsing gedoen word oor hoe die WVK die
Mohapi-saak hanteer het. (2 x 2) (4)
2.3 Gebruik Bron 2C.
2.3.1 Waarom sou die Mohapi-familie die sel wou besoek waarin
Mapetla oorlede is? (2 x 2) (4)
2.3.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
waarom hierdie foto 41 jaar na Mapetla Mohapi se dood in die
Amandla-koerant verskyn het. (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 6 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
2.4 Raadpleeg Bron 2D.
2.4.1 Haal VIER bewyse uit die bron aan wat aandui waarom Valela
harde woorde vir die WVK gehad het. (4 x 1) (4)
2.4.2 Identifiseer TWEE redes in die bron wat verduidelik waarom
sommige geregtelike doodsondersoeke suksesvol heropen is.
(2 x 1) (2)
2.4.3 Verduidelik die term eerbewys ná apartheid in die konteks van
mense wat teen apartheid geveg het. (1 x 2) (2)
2.4.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer
kommentaar op waarna die bron as 'die skandelike toestand van
sake' met betrekking tot Mohapi se dood verwys. (2 x 2) (4)
2.5 Verwys na Bron 2B en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2D die bewyse
in Bron 2B ondersteun met betrekking tot die uitdagings waarvoor die familie
te staan gekom het om Mapetla Mohapi se saak verder te voer. (2 x 2) (4)
2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
waarom die Mohapi-familie ontevrede was met die manier waarop die WVK
die dood van Mapetla Mohapi in 1976 hanteer het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 7 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
VRAAG 3: HOE HET HANDELSBETREKKINGE TUSSEN DIE 1970's EN 2023
TUSSEN CHINA EN AFRIKA ONTWIKKEL?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Verwys na Bron 3A.
3.1.1 Volgens die bron, wat het China se handelsbetrekkinge sedert die
1970's 'n hupstoot gegee? Gee TWEE antwoorde. (2 x 1) (2)
3.1.2 Noem DRIE faktore in die bron waarop die ekonomiese
verskuiwings gebaseer is wat China se handelsbetrekkinge met
ontwikkelde en ontwikkelende lande verstewig het. (3 x 1) (3)
3.1.3 Verduidelik hoe die vrymaking van handel tot China se uitbreiding
in ander dele van die wêreld bygedra het. (1 x 2) (2)
3.1.4 In die konteks van China-Afrika-betrekkinge, lewer kommentaar op
die implikasie van die stelling, 'Alhoewel hierdie verbintenis (China
s'n) in die verlede deur hulp (bystand) gedryf is, word dit deesdae
meer deur die ekonomie gedryf en deur handel en belegging
ondersteun.' (1 x 2) (2)
3.1.5 Definieer die term globalisering in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
3.2 Gebruik Bron 3B.
3.2.1 Volgens President Xi Jinping, noem DRIE aspekte van die
industriële promosie-inisiatief wat China sal implementeer om
samewerking met Afrika te versterk. (3 x 1) (3)
3.2.2 Verduidelik die konsep landboumodernisering in die konteks van
samewerking tussen China en Afrika. (1 x 2) (2)
3.2.3 Waarom, dink jy, was China gretig om landbouhulp aan
Afrikalande te verskaf? (2 x 2) (4)
3.2.4 Lewer kommentaar op hoe China toewyding getoon het om
samewerking met Afrika te verstewig. (1 x 2) (2)
3.2.5 Verduidelik die beperkinge van hierdie bron vir 'n geskiedkundige
wat die handelsbetrekkinge tussen China en Afrika navors. (2 x 2) (4)
3.3 Verwys na Bron 3A en 3B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B die bewyse
in Bron 3A ondersteun met betrekking tot beleide wat handelsbetrekkinge
tussen China en Afrika bevorder. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 8 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
3.4 Raadpleeg Bron 3C.
3.4.1 Verduidelik die simboliese verteenwoordiging van die volgende
elemente in die spotprent:
(a) Die dierevoerbak (krip) met 'n belegging van $12 miljard wat
deur die Afrika-koei geëet word (1 x 2) (2)
(b) China wat die Afrika-koei melk (1 x 2) (2)
3.4.2 Lewer kommentaar op waarom die VSA as verras en geskok
uitgebeeld word. (1 x 2) (2)
3.5 Bestudeer Bron 3D.
3.5.1 Kies TWEE uitdagings uit die bron wat die Belt and Road Initiative
(BRI)-infrastruktuurbelegging vir Afrikalande geskep het. (2 x 1) (2)
3.5.2 Verduidelik die implikasie van die stelling, '… (China) het
skuldmoerasse gebruik om hulle invloed oor Afrikalande uit te
brei …,' in die konteks van China-Afrika-betrekkinge. (1 x 2) (2)
3.5.3 Identifiseer enige TWEE Afrikalande in die bron wat die jaarlikse
Belt and Road Initiative Forum in Beijing bygewoon het. (2 x 1) (2)
3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf
'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik
hoe handelsbetrekkinge tussen die 1970's en 2023 tussen China en Afrika
ontwikkel het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 9 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE
KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's
Politieke vrymaking van swart Suid-Afrikaners was die enigste fokus van die
Swartbewussynsbeweging.
Bespreek hierdie stelling krities met verwysing na die filosofie en optrede van die
Swartbewussynsbeweging gedurende die laat 1960's en 1970's. Ondersteun jou
argument met relevante historiese bewyse. [50]
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
Verduidelik tot watter mate die politieke wilskrag en vasbeslotenheid van leiers van
verskillende politieke partye tydens die onderhandelingsproses in 1994 tot 'n
demokratiese Suid-Afrika gelei het.
Ondersteun jou argument met relevante historiese bewyse. [50]
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE:
DIE GEBEURE VAN 1989
Mikhail Gorbachev se beleide vanaf die middel-1980's het tot die opkoms van 'n nuwe
politieke bedeling in Suid-Afrika bygedra.
Stem jy met hierdie stelling saam? Gebruik relevante historiese bewyse om jou
argument te ondersteun. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 2024 Addendum (Afr)

Memorandum
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 Addendum (Afr)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed/v1-eaba88523cccc85340dd/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Addendum