Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2020
LEWENSWETENSKAPPE V2
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Skip to contentAll 2020 papers %202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a/v1-bcbc4cd3f6b03143ac28/card.webp)




%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4/v1-9686516f67c1434217f4/card.webp)
View all





Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 587.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2020
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK wat voorsien word.
3. Begin die antwoord op ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.
6. ALLE sketse MOET in potlood gemaak word en die byskrifte met blou of swart
ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
waar nodig.
11. Alle berekeninge moet tot TWEE desimale plekke afgerond word.
12. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) LEWENSWETENSKAPPE V2 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A‒D) langs die
vraagnommers (1.1.1‒1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
1.1.11 D.
1.1.1 ʼn Eienskap wat ʼn verskeidenheid fenotipes het, is ʼn voorbeeld
van ...
A kontinue variasie.
B ko-dominansie.
C diskontinue variasie.
D volledige dominansie.
1.1.2 Bestudeer die diagram hieronder.
2
1 U
S
U
S
3
FIGUREAA
FIGUUR FIGUURBB
FIGURE
Watter van die volgende kombinasies identifiseer die dele van die
bogenoemde molekule korrek?
FIGUUR B Molekuul 1 Molekuul 2 Binding 3
A DNS/DNA Sitosien stikstofbasis Swak waterstof
B DNS/DNA Adenien nukleotied Suikerfosfaat
C RNS/RNA Adenien nukleotied Swak waterstof
D RNS/RNA Timien stikstofbasis Swak waterstof
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
VRAAG 1.1.3 en 1.1.4 verwys na die diagram hieronder.
1.1.3 Die resultaat van die prosedure wat hierbo getoon word, word …
genoem.
A kloning
B DNS/DNA-replisering
C vingerafdrukneming
D DNS/DNA-profilering
1.1.4 Bestudeer die lys hieronder:
(i) Vaderskapstoetse
(ii) Aanpasbaarheid van weefsel(s) vir orgaanoorplantings
(iii) Identifikasie met behulp van vingerafdrukke
(iv) Genesing van genetiese afwykings
Watter kombinasie toon die KORREKTE gebruike van die prosedure in
die bostaande diagram, getoon?
A (i), (ii), (iii) en (iv)
B Slegs (i), (ii) en (iv)
C Slegs (i), (ii) en (iii)
D Slegs (i) en (ii)
1.1.5 As geenvloei tussen twee bevolkings stop, word daar gesê dat die
volgende gebeur het:
A Spesiasie
B Aanpassing
C Weerstand
D Variasie
1.1.6 Watter van die volgende is ʼn voorbeeld van kunsmatige seleksie?
A DDT-weerstand by muskiete
B Teel van koeie om melkproduksie te verhoog
C Antibiotiese weerstand in bakterieë
D Ontwikkeling van ʼn ander Galapagos-vinkspesie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) LEWENSWETENSKAPPE V2 5
1.1.7 Die onderstaande diagram stel drie spesies (A, B en C) wat elk op ʼn
ander eiland woon en deur die see geskei is, voor.
Kan nie voortplant nie
B
A
Kan voortplant,
Produseer vrugbare maar produseer
nakomelinge onvrugbare
C nakomelinge
Watter EEN van die volgende stellings is korrek?
A Al drie bevolkings is verskillende spesies
B Bevolkings B en C is verskillende spesies en A en B is dieselfde
spesie
C Bevolkings A en C is dieselfde spesie en B en C is verskillende
spesies
D Al drie bevolkings is dieselfde spesie
1.1.8 Die voorste ledemate van gewerweldes, soos hieronder getoon, is ʼn
voorbeeld van …
A vestigiale strukture.
B homoloë strukture.
C analoë strukture.
D konvergerende evolusie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
1.1.9 Die diagram toon homoloë chromosoompaar nommer 3 wat in elk
van vier vrugtevlieë aangetref word. Die allele vir antenna-vorm
(normaal of abnormaal) en liggaamspatroon (met strepe of sonder
strepe) word op die chromosome aangedui.
Watter vlieg is homosigoties vir antenna-vorm en heterosigoties vir
liggaamspatroon?
A Vlieg 1
B Vlieg 2
C Vlieg 3
D Vlieg 4
1.1.10 Die kolibrie gebruik sy lang snawel om die nektar in blomme as
voedsel te benut. Volgens Gould en Eldridge se teorie oor gepunte
ewewig, het die lang bek van die kolibrie ...
A oor ʼn kort tydperk vinnig ontwikkel.
B langer geword, hoe meer die kolibrie sy snawel gebruik het.
C ontwikkel omdat hul snawels voortdurend verander.
D geleidelik oor ʼn lang tydperk ontwikkel.
(10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) LEWENSWETENSKAPPE V2 7
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1‒1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Alternatiewe vorms van dieselfde geen
1.2.2 Natuurlike vorm van die DNS/DNA-molekuul
1.2.3 Stadium tydens die selsiklus wanneer DNS/DNA-replisering plaasvind
1.2.4 Organismes met soortgelyke eienskappe wat in dieselfde habitat leef
en vrylik teel om vrugbare nakomelinge te produseer
1.2.5 Fase van meiose waartydens oorkruising plaasvind
1.2.6 Die diagrammatiese voorstelling wat moontlike evolusionêre
verwantskappe tussen verskillende spesies toon
1.2.7 Die studie van die vroeëre en huidige verspreiding van individuele
spesies regoor die wêreld
1.2.8 Die proses waardeur alle individue van ʼn spesifieke spesie uitsterf,
sodat daar nie eens een bestaan nie
(8 x 1) (8)
1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE
A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II van toepassing is nie. Skryf
slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
(1.3.1‒1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM Ι KOLOM ΙΙ
1.3.1 Wetenskaplike wat slegs fossiele A: Paleontoloog
bestudeer B: Argeoloog
1.3.2 Is nodig vir natuurlike seleksie om A: Variasie
plaas te vind B: Kompetisie
1.3.3 Reproduktiewe afsondering/ A: Teling/Broei op verskillende
versperring tye van die jaar
B: Onvrugbare nageslag
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
1.4 Die diagram hieronder stel die model van DNS/DNA wat in 1953 deur
wetenskaplikes voorgestel is, voor
1.4.1 Noem die wetenskaplikes wat die struktuur van DNS/DNA eerste
gepubliseer het. (2)
1.4.2 Wat is die natuurlike vorm van DNS/DNA? (1)
1.4.3 Gee TWEE funksies van DNS/DNA. (2)
1.4.4 Waar word DNA/DNS in die menslike sel aangetref? (2)
1.4.5 Noem die ander wetenskaplike wat die Nobelprys vir die ontdekking
van die struktuur van DNS/DNA ontvang het. (1)
1.5 In ʼn plantspesie is twee eienskappe, blomkleur en planthoogte, bestudeer. Elk
van hierdie eienskappe het twee variasies: blomme kan rooi of wit van kleur
wees en die plante kan lank of kort wees.
Toe twee plante wat heterosigoties vir blomkleur en planthoogte gekruis is, is 9
van die nakomelinge rooi en lank, 3 wit en lank, 3 rooi en kort en 1 wit en kort.
Die allele vir elke eienskap word in die onderstaande tabel getoon.
EIENSKAP DOMINANTE ALLEEL RESESSIEWE ALLEEL
Blomkleur F f
Planthoogte H h
1.5.1 Wat is die term vir ʼn genetiese kruising wat twee eienskappe behels? (1)
1.5.2 Gee die:
(a) Dominante fenotipe vir blomkleur (1)
(b) Genotipe van ʼn kort, wit blomplant (2)
(c) Fenotipe van ʼn plant wat heterosigoties vir blomkleur en
homosigoties dominant vir planthoogte is (2)
(d) Moontlike gamete van ʼn heterosigotiese rooi, heterosigotiese lang
plant (2)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) LEWENSWETENSKAPPE V2 9
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Bestudeer die diagram hieronder.
Kernmembraan
ribosoom
3
CGCAAA 678UGC
2.1.1 Noem die proses wat gesamentlik deur A en B verteenwoordig word. (1)
2.1.2 Waar in die sel vind proses B plaas? (1)
2.1.3 Identifiseer die volgende:
(a) Molekuul 1 (1)
(b) Polimeer 3 (1)
2.1.4 Gee die korrekte basisvolgorde om getalle 6, 7 en 8 mee te vervang. (2)
2.1.5 Skryf die antikodon by byskrif 2 neer. (1)
GEBRUIK DIE ONDERSTAANDE TABEL SAAM MET DIE BOSTAANDE
DIAGRAM OM DIE VOLGENDE VRAE TE BEANTWOORD.
ANTI-KODONS VAN tRNA EN DIE
OOREENSTEMMENDE AMINOSURE WAT HULLE DRA
ANTI-KODONS tRNA AMINOSURE
UUU Lisien
ACA Sisteïen
GCA Arginien
GUU Glutamien
CCA Glisien
AAA Fenielalanien
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
2.1.6 Wat is die DNS/DNA-basisdrietal vir Glisien? (2)
2.1.7 Noem die aminosuur wat by byskrif 5 aangetref word. (1)
2.1.8 Verduidelik hoe die samestelling van die proteïenmolekuul sou
verander indien die basisvolgorde van die tweede kodon op molekuul
4 (van links) UUU was, in plaas van AAA. (3)
2.2 ‘Blou mense’ is ʼn genetiese afwyking wat veroorsaak word omdat ʼn persoon
nie die ensiem wat metemoglobien (wat blou is) in hemoglobien (wat rooi is)
omskakel, vervaardig nie. Dit lei tot hoë vlakke van metemoglobien in die
bloed. Dit veroorsaak dat die vel blou word, die lippe pers en die bloed
sjokoladebruin.
Die diagram hieronder toon lede in ʼn gesin wat ʼn blou vel het. Die genotipe van
sommige familielede is bekend en word op die diagram aangedui.
(Billi Bob en Levi is neefs)
[Aangepas uit <htpp://ghr.nlm.nih.gov;indiana.edu/;NCBI1000Genomes Browser.]
2.2.1 Noem die tipe diagram wat hierbo getoon word. (1)
2.2.2 Gee die:
(a) Fenotipe van Luna (1)
(b) Genotipe van Hannah (1)
2.2.3 Word hierdie siekte deur ʼn dominante of resessiewe alleel veroorsaak? (1)
2.2.4 Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 2.2.3. (2)
2.2.5 Mabala en Maurice het albei ʼn normale velkleur. Gebruik ʼn genetiese
kruising en wys hoe dit moontlik is dat hul seun Luna blou kan wees. (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) LEWENSWETENSKAPPE V2 11
2.3 Lees die volgende uittreksel.
Antarktiese visse het geëvolueer/ontwikkel om in die ysige waters van die
Suidelike Oseaan te oorleef. Hulle leef in water wat ver onder 0 °C is.
Normaalweg sou selle by hierdie temperatuur vries en bars, en die visse sou
dan doodgaan. Antarktiese visse het proteïene ontwikkel wat as vries-
weermiddels optree. Hierdie vrieswering-proteïene help die vis om verysing in
hul ysige habitatte te voorkom deur te keer dat yskristalle in die selle vorm.
Hierdie vrieswering-proteïene kan ook kommersieel belangrik wees.
Wetenskaplikes kan hierdie vrieswering-proteïengene gebruik om koue-
bestande plante te ontwerp, of dit kan gebruik word om voedsel by baie lae
temperature te preserveer. Dit voorkom dat yskristalle vorm en die voedsel
vernietig.
Navorsers het reeds met behulp van rekombinante-DNS/DNA-tegnologie
suksesvolle vrieswering-proteïene in giste en bakterieë geplaas. Hulle kan
hierdie bakterieë en gis gebruik om groot hoeveelhede vrieswering-proteïene
te produseer.
2.3.1 Beskryf hoe Antarktiese visse vrieswering-proteïene deur middel van
natuurlike seleksie kon ontwikkel het. (5)
2.3.2 Noem die proses waardeur die genetiese samestelling van ʼn
organisme verander word om 'n nuwe eienskap in te sluit. (1)
2.3.3 Gee TWEE maniere waarop hierdie vrieswering-proteïene
kommersieel gebruik word om die mens te bevoordeel. (2)
2.3.4 Beskryf kortliks hoe die vrieswering-proteïen deur rekombinante-
DNS/DNA-tegnologie met bakterieë geproduseer word. (5)
2.3.5 Gee EEN rede waarom die gebruik van vrieswering-proteïene in plante
eties verkeerd kan wees. (1)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
VRAAG 3
3.1 Sebravis kom in baie verskillende kleure voor. Emihle het ʼn blou mannetjie (BB)
en ʼn rooi wyfie sebravis (RR) vir haar vistenk gekoop. Die nakomelinge wat
gebore is, was almal blou en rooi gestreep.
Blou vis Rooi vis
Blou en rooi gestreepte
vis
Later het Emihle besluit om ʼn tweede vistenk te kry en twee blou- en rooi-
gestreepte visse met mekaar te teel. Daar is in totaal 20 nakomelinge gebore
en hulle het drie verskillende kleure gehad: blou, rooi en blou- en rooi-
gestreepte kleur.
3.1.1 Noem die tipe dominansie wat in die voorbeeld hierbo getoon word. (1)
3.1.2 Verduidelik die antwoord wat op VRAAG 3.1.1 gegee is. (2)
3.1.3 Teken ʼn tabel met die getal nakomelinge van die verskillende genotipes
van Emihle se tweede teling. (5)
3.1.4 Wat moet die genotipe(s) en fenotipe(s) van die visouers wees as
Emihle slegs rooi nakomelinge wil hê? (2)
3.2 Lees die volgende uittreksel.
Baie atlete moet hard oefen om spiere te bou. Spiere is ʼn proteïen en word
daarom deur proteïensintese gevorm. Atlete moet eet en oefen om optimale
spierproteïensintese (SPS) te verseker. Hulle wil altyd weet hoeveel proteïene
hulle moet eet om groter spiere te bou.
Wetenskaplikes het ʼn ondersoek uitgevoer om die optimale daaglikse proteïen
(in gram) wat benodig word vir maksimale toename in spierproteïensintese te
bepaal.
Die ondersoek is soos volg uitgevoer:
Hulle het 100 liggaamsbouers bestudeer
Elke liggaamsbouer het dieselfde daaglikse oefenprogram vir gewigoptel
(‘weightlifting’) gevolg
Al die atlete was die afgemete proteïenmaaltyd direk na oefeninge gevoer
Hul SPS is 4 ure na oefeninge aangeteken
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) LEWENSWETENSKAPPE V2 13
Die onderstaande grafiek toon die resultate van die ondersoek. Hierdie resultate
was soortgelyk aan twee ander ondersoeke wat deur ander wetenskaplikes
uitgevoer is.
GRAFIEK WAT DIE TOENAME IN
SPIERPROTEÏNESINTESE (PER UUR) BY
VERSKILLENDE HOEVEELHEDE PROTEÏENE
TOON
14
12
12 11
SPS (verhoog per uur)
10
8
8 6,8
6 5
4
2
0
0 5 10 20 30 40
proteïen (g)
Die wetenskaplike het tot die volgende gevolgtrekking gekom:
Die optimale daaglikse proteïen wat benodig word vir maksimum toename in
spierproteïensintese, is 20 g.
3.2.1 Noem die:
(a) Afhanklike veranderlike (1)
(b) Onafhanklike veranderlike (1)
3.2.2 Gee TWEE beplanningstappe wat die ondersoekers moes volg. (2)
3.2.3 Gee redes waarom hierdie ondersoek as betroubaar beskou kan word. (2)
3.2.4 Bereken die persentasie toename in SPS van 20 g tot 40 g. (2)
3.2.5 Deur gebruik te maak van die gegewe data, stel voor waarom die
wetenskaplikes se gevolgtrekking verklaar dat 20 g proteïen die optimale
hoeveelheid proteïen is wat daagliks vir verhoogde spierproteïensintese
benodig word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
3.3 Die diagram toon een manier waarop stamselle van menslike embrio's
geproduseer kan word.
Bevrugte eier
Bloedselle
Stamselle
5-dae-oue
embrio
Die binneselle van die
embrio word verwyder
Senuweeselle
Spierselle
3.3.1 Wat is stamselle? (2)
3.3.2 Gee TWEE ander bronne van stamselle buiten menslike embrio’s. (2)
3.3.3 Gee EEN mediese toestand wat behandel kan word deur senuweeselle
wat uit stamselle gekweek word, te gebruik. (1)
3.4 Menslike bloedtipe is ʼn voorbeeld van veelvuldige allele.
3.4.1 Waarom is bloedtipes ʼn voorbeeld van veelvuldige allele? (2)
3.4.2 Gee die moontlike genotipes vir ʼn man wat bloedtipe B is. (2)
3.4.3 Indien ʼn man bloedgroep B is en ʼn vrou bloedgroep A het, verduidelik
hoe dit moontlik is om ʼn kind met bloedgroep O te hê.
(MOENIE ʼn genetiese diagram teken NIE.) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) LEWENSWETENSKAPPE V2 15
3.5 Die diagramme hieronder toon die Phiomia, ʼn voorouer van olifante, en ʼn moderne
Afrika-olifant. Die Phiomia het 35 miljoen jaar gelede geleef. Beide die Phiomia en
die moderne Afrika-olifant strek om blare in bome by te kom om te vreet.
Lang neus
Slurp
Phiomia
Moderne Afrika-olifant
3.5.1 Verduidelik hoe Jean-Baptiste Lamarck die ontwikkeling van die
moderne Afrika-olifant se lang slurp sou verduidelik het. (5)
3.5.2 Gee TWEE redes waarom Lamarck se teorie vandag nie meer
aanvaar word nie. (2)
3.5.3 Gee EEN ooreenkoms tussen Lamarck se teorieë en Darwin se teorie
van natuurlike seleksie. (1)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/SEPTEMBER 2020)
AFDELING C
VRAAG 4
Bespreek die samestelling van die menslike kariotipe. Verduidelik ook waarom
meiose belangrik is en hoe nie-disjunksie tydens meiose mense kan beïnvloed.
Inhoud: (17)
Sintese: (3)
LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
vloeidiagramme, tabelle of diagramme nie.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a/v1-bcbc4cd3f6b03143ac28/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 Memo (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4/v1-9686516f67c1434217f4/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 QP (Afr)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum