Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2020
LEWENSWETENSKAPPE V1
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Skip to contentAll 2020 papers 

%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a/v1-bcbc4cd3f6b03143ac28/card.webp)

%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b/v1-8d481fe1862c72e0df7e/card.webp)
%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f/v1-56d3891adc8c940b0d70/card.webp)
View all





Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 659.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2020
Questions in this paper
- Question 1.1HUMAN REPRODUCTION16 marks
- Question 1.2HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS7 marks
- Question 1.3RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)12 marks
- Question 1.4RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)10 marks
- Question 1.5HUMAN REPRODUCTION11 marks
- Question 2.1MEIOSIS12 marks
Show all 13 questions
- Question 2.2REPRODUCTION IN VERTEBRATES7 marks
- Question 2.3RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)10 marks
- Question 2.4HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS11 marks
- Question 3.1HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS14 marks
- Question 3.2RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)11 marks
- Question 3.3RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (PLANTS)8 marks
- Question 3.4HUMAN REPRODUCTION7 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoord op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.
6. Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal
geteken NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
waar nodig.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) LEWENSWETENSKAPPE V1 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1–
1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.
1.1.1 Tydens Meiose II ...
A rangskik die chromosome hulself in homoloë pare op die ewenaar
van die sel.
B word die aantal chromosome gehalveer.
C rangskik individuele chromosome hulself op die ewenaar van die sel.
D beweeg volledige chromosome na die teenoorgestelde pole van die
sel.
1.1.2 Watter deel van die manlike voortplantingstelsel skei testosteroon af?
A Vas deferens
B Testes
C Seminale vesikel
D Prostaatklier
1.1.3 Die proses waardeur ova uit die kiemepiteel van die ovariums
geproduseer word, staan as ... bekend.
A gametogenese
B oögenese
C spermatogenese
D ovulasie
1.1.4 ʼn Ganglion is …
A ʼn obstruksie in ʼn bloedvat.
B ʼn versameling selle wat hormone in die bloed afskei.
C ʼn tipe senuweesel wat by ʼn refleksaksie betrokke is.
D ʼn versameling senuweeselle.
1.1.5 As die bloedglukosevlak styg, reageer die liggaam onmiddellik om die vlak
te verlaag deur … af te skei.
A glikogeen
B insulien
C glukagon
D adrenalien
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
1.1.6 Die diagram hieronder toon die rigting van die groei van die pluimpie
(jong stam) by verskillende saailinge 1, 2, 3 en 4 wat in kartondose
geplaas word. Die pyltjies dui die ligrigting aan.
1 2 3 4
Watter EEN van die bogenoemde saailinge toon die regte reaksie op
lig?
A 1
B 2
C 3
D 4
1.1.7 Watter EEN van die volgende antwoorde word verwag as die groeipunt
van saailing 4 na 4 weke se groei gesny word?
A Die plant sal doodgaan
B Laterale takke sal gevorm word
C Die plant sal ophou groei
D Die stam van die plant sal na swaartekrag groei
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) LEWENSWETENSKAPPE V1 5
1.1.8 Die grafiek hieronder toon die resultate van ʼn ondersoek na die effek
van bloedalkoholkonsentrasie op die reaksietyd (die tyd wat dit neem
om op ʼn eksterne stimulus te reageer).
Graph wat
Grafiek showing
die the effect
invloed vanof blood alcohol concentration
bloedalkoholkonsentrasie
op die reaksietyd toon
on reaction time
140
Reaksietyd (in millisekondes)
120
Reaction time (in milliseconds)
100
80
60
40
20
0
0.02 0.05 0.08
Bloedalkoholkonsentrasie
Blood alcohol in in
concentration g/dL
g/dL
Watter gevolgtrekking kan gemaak word uit die resultaat van die
ondersoek hierbo getoon?
Die hoë vlak van alkoholkonsentrasie in bloed ...
A het geen invloed op reaksietyd nie.
B verminder die reaksietyd.
C verhoog die vermoë om vinniger te reageer.
D verhoog die reaksietyd.
(8 x 2) (16)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.7) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Die toename van die interne deursnee van bloedvate sodat meer
bloed deur hulle vloei
1.2.2 Die hitte-regulerende sentrum in die brein
1.2.3 ʼn Verskynsel waar ʼn toename in een hormoon die afskeiding van ʼn
ander hormoon belemmer
1.2.4 Die komponent van die outonome senuweestelsel wat die hartklop
terug na normaal verlaag
1.2.5 Die hormoon wat die soutkonsentrasie in die menslike liggaam
reguleer
1.2.6 Die oordragplek van elektriese senuwee-impulse tussen twee
senuweeselle (neurone) of tussen 'n neuron en 'n klier of spiersel
1.2.7 ʼn Tydelike orgaan wat die ontwikkelende fetus deur die naelstring aan
die baarmoederwand verbind (7 x 1) (7)
1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS
A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie.
Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers
(1.3.1–1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 Endokriene kliere in ʼn menslike A: Cowper se kliere
liggaam B: Maagkliere
1.3.2 Die bloedvat wat suurstof en A: Naelstringaar
voedingstowwe vanaf die B: Naelstring
moeder se liggaam na die fetus
vervoer
1.3.3 Bring verlenging van internodes A: Gibberellien
van stingels B: Absisiensuur
(3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) LEWENSWETENSKAPPE V1 7
1.4 Die diagram hieronder toon die streke (A, B en E) van die senuweestelsel wat
deur plaaslike verdowingsmiddels (ʼn dwelm of middel wat ʼn volledige of
gedeeltelike verlies van gevoel kan veroorsaak) vir verskillende mediese
prosedures geblokkeer kan word.
SLEUTEL
Brein A – Die blok is by A
B – Die blok is by B
E – Die blok is by E
F – Daar is geen blok nie
Rugmurg
impuls
Duim
impuls
1.4.1 Skryf die korrekte letter vir elke stelling neer deur die sleutel in die diagram
hierbo te gebruik.
(a) As die vel van die duim gestimuleer word, beweeg die duim en die
hand onwillekeurig, maar die pasiënt kan nie die hand vrywillig
beweeg of voel of dit beweeg nie. (1)
(b) Die pasiënt kan voel dat die duim aangeraak of geknyp word, maar
kan nie die duim beweeg nie. (1)
(c) Die pasiënt kan die duim beweeg, maar voel nie die beweging nie. (1)
(d) As die vel van die duim gestimuleer word, beweeg die duim, en die
pasiënt weet dat dit beweeg. (1)
1.4.2 Watter gemerkte deel van die sentrale senuweestelsel sal aktief betrokke
wees om vinnig te reageer by ʼn normale en gesonde persoon, as die duim
per ongeluk ʼn warm oppervlak raak? (1)
1.4.3 Noem die tipe reaksie in VRAAG 1.4.2 genoem. (1)
1.4.4 Watter TWEE dele wat in die diagram getoon word, word deur meninges
beskerm? (2)
1.4.5 Identifiseer die letter wat die perifêre senuwee verteenwoordig wat
bestaan uit:
(a) Sensoriese neurone (1)
(b) Motoriese neurone (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
1.5 Die diagram hieronder toon die vroulike geslagsorgane. Twee buise is gesny en
vasgemaak deur middel van ʼn chirurgiese prosedure om swangerskap te
voorkom.
E
D
Gesny en
vasgemaak
C
B
F
F
A
1.5.1 Identifiseer:
(a) A (1)
(b) B (1)
(c) F (1)
1.5.2 Gee die LETTER en NAAM van die deel:
(a) Waar die embrio ingeplant word (2)
(b) Wat ova produseer (2)
(c) Waar bevrugting normaalweg plaasvind (2)
1.5.3 Hoe verhoed die chirurgiese prosedure wat hierbo genoem word,
swangerskap? (1)
1.5.4 Gee ʼn rede vir die chirurgiese prosedure wat op albei buise uitgevoer
word. (1)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) LEWENSWETENSKAPPE V1 9
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Die diagram hieronder stel twee fases van meiotiese deling voor.
D
A
B
C
Diagram I Diagram II
2.1.1 Identifiseer die stadium van meiose wat voorgestel word deur:
(a) Diagram I (1)
(b) Diagram II (1)
2.1.2 Identifiseer:
(a) A (1)
(b) B (1)
(c) D (1)
2.1.3 Beskryf die proses wat by C plaasvind. (4)
2.1.4 Verduidelik die belangrikheid van die gebeurtenis wat in Diagram II getoon
word. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
2.2 Die diagram hieronder toon een van die ontwikkelingstrategieë wat by ʼn sekere
voëlspesie voorkom.
2.2.1 Identifiseer die ontwikkelingstrategie wat in die diagram getoon word. (1)
2.2.2 Gee DRIE waarneembare redes vir die antwoord in VRAAG 2.2.1. (3)
2.2.3 Noem EEN moontlike nadeel van hierdie ontwikkelingstrategie. (1)
2.2.4 Verduidelik die fisiese voorkoms van die voëltjies deur na die eierinhoud
te verwys. (2)
2.3 Die diagram hieronder toon die struktuur van ʼn oogdefek.
A
Voorwerp Beeld
2.3.1 Identifiseer die oogdefek wat in die diagram getoon word. (1)
2.3.2 Deur na die diagram te verwys, verduidelik hoe die strukturele defekte in
die diagram die oogtoestand genoem in VRAAG 2.3.1 veroorsaak. (4)
2.3.3 Noem EEN manier waarop hierdie toestand reggestel kan word. (1)
2.3.4 Beskryf hoe die gedeelte gemerk A die inkomende lig onder dowwe
toestande na sononder kan beheer. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) LEWENSWETENSKAPPE V1 11
2.4 Die grafiek hieronder toon die vroulike hormoonvlakke gedurende die
menstruele siklus.
Vroulike hormoonvlakke tydens menstruele siklus
Ovulasie Hormoon B
Hormoon A
Estrogeen
Vroulike hormoonvlakke
Tyd (Dae)
2.4.1 Identifiseer hormoon A. (1)
2.4.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord in VRAAG 2.4.1. (1)
2.4.3 Op watter dag van die siklus het ovulasie plaasgevind? (1)
2.4.4 Beskryf die effek van estrogeen op die endometrium vanaf die 7de tot
die 13de dag van die siklus. (2)
2.4.5 ʼn Daling in die vlak van watter hormoon veroorsaak menstruasie? (1)
2.4.6 Stel ʼn moontlike rede voor vir die handhawing van ʼn hoë vlak van
hormoon B na 28 dae van die siklus. (2)
2.4.7 Verduidelik waarom die afskeiding van FSH deur die hoë vlakke van
hormoon B geïnhibeer word. (3)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
VRAAG 3
3.1 ʼn Eksperiment is uitgevoer om die effek van die hormoon tiroksien op die
liggaamsmassa van Xenopus laevis-paddas te bepaal.
Die prosedure was soos volg:
Vier-en-veertig paddavissies van die Xenopus laevis paddaspesie is
gevang en in twee gelyke groepe verdeel.
Die gemiddelde aanvanklike liggaamsmassa van elk van die groepe is voor
die aanvang van die eksperiment bereken.
Twee-en-twintig paddavissies van die Xenopus laevis paddaspesie is 21
dae lank behandel met ʼn oplossing van tiroksien.
Twee en twintig paddavissies van die Xenopus laevis paddaspesie is 21
dae lank met 1% NaOH behandel.
Die behandeling is na 21 dae gestaak en daarna is die finale gemiddelde
liggaamsmassa vir elke groep bereken.
Die resultate van die eksperiment word hieronder gegee.
Gemiddelde aanvanklike en finale liggaamsmassa in gram vir beide
tiroksienbehandelde en NaOH behandelde paddavissies
Gemiddelde massa (in gram)
1,6
1,4
1,2
1,0 NaOH
behandel
0,8
0,6 Tiroksien
behandel
0,4
0,2
0
Aanvanklike Finale
Tyd
3.1.1 Noem die klier wat tiroksien afskei. (1)
3.1.2 Identifiseer die onafhanklike veranderlike in hierdie eksperiment. (1)
3.1.3 Noem enige TWEE veranderlikes wat tydens die eksperiment konstant
moes gewees het. (2)
3.1.4 Watter inligting wat op die grafiek verskyn, word as basisdata gebruik om
ʼn gevolgtrekking te maak aan die einde van die eksperiment? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) LEWENSWETENSKAPPE V1 13
3.1.5 Verduidelik waarom daar ʼn daling in die finale liggaamsmassa van die
tiroksien-behandelde paddavissies in vergelyking met NaOH- behandelde
paddavissies is. (4)
3.1.6 Beskryf hoe ʼn konstante tiroksienvlak in die menslike bloed gehandhaaf
word wanneer die vlak onder die normale daal. (5)
3.2 Die diagram hieronder toon die struktuur van ʼn menslike brein.
D
C
E
B
F
A
3.2.1 Identifiseer die dele met byskrifte:
(a) B (1)
(b) C (1)
(c) E (1)
3.2.2 Gee EEN funksie van die:
(a) Deel met byskrif A (1)
(b) Vloeistof wat in deel F aangetref word (1)
3.2.3 Bloeding (oormatige bloeding weens breuk van die bloedvate) by die
deel gemerk D kan permanente wanfunksionering veroorsaak.
(a) Verduidelik die oorsaak van skade aan die deel gemerk D. (3)
(b) Noem DRIE moontlike gevolge van die skade genoem in
VRAAG 3.2.3 (a) vir ʼn pasiënt. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
3.3 ʼn Eksperiment is uitgevoer om die rigting van die groei van ʼn pluimpie te
ondersoek toe die ontkiemende saad vertikaal op ʼn stilstaande klinostaat
geplaas is, soos in die diagram hieronder getoon. Die groeiende punte van die
ontkiemende saad is aan lig vanuit alle rigtings blootgestel. Die nat
weefselpapier is periodiek met water gespuit om die saad klam te hou. Die saad
is vier dae lank in hierdie posisie gehou. Die punt van die pluimpie het begin buig
en het na vier dae in ʼn opwaartse rigting gegroei.
Skyf van klinostaat
Duimspyker Karton
Nat
weefselpapier
Pluimpie
Kiemworteltjie
3.3.1 Noem die hormoon wat die rigting beheer waarin die pluimpie in ʼn
ontkiemende saad groei. (1)
3.3.2 Noem waar die hormoon genoem in VRAAG 3.3.1 geleë kan wees. (1)
3.3.3 Gee ʼn rede waarom die ontkiemende saad aan alle rigtings van die lig
blootgestel is. (1)
3.3.4 Verduidelik die rigting waarin die pluimpie groei soos na vier dae
waargeneem. (4)
3.3.5 Hoe verskil die kontrole van die eksperiment? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) LEWENSWETENSKAPPE V1 15
3.4 ʼn Uittreksel, wat op die skrotum betrekking het, word hieronder gegee.
Die skrotum is die los sakagtige vel wat agter die penis hang. Dit bevat die
testikels (ook testes genoem), asook baie senuwees en bloedvate. Die skrotum
het ʼn beskermende funksie en dien as ʼn klimaatbeheerstelsel vir die testes. Vir
normale spermontwikkeling moet die testes by ʼn effens koeler temperatuur wees
as die liggaamstemperatuur. Spesiale spiere in die wand van die skrotum laat
dit saamtrek (verskerp) en ontspan, en beweeg die testikels nader aan die
liggaam vir warmte en beskerming of verder weg van die liggaam af om die
temperatuur te verkoel.
[Bron: https://my.clevelandclinic.org/health/articles/9117-male-reproductive-system]
3.4.1 Noem TWEE funksies van die skrotum vanuit die uittreksel. (2)
3.4.2 Noem die struktuur waarin die sperma ontwikkel en volwasse word. (1)
3.4.3 Verduidelik die gevolge vir voortplanting van die mens as ʼn man heeltyd
stywe onderklere dra. (3)
3.4.4 Watter raad sou jy aan mans gee wat langafstande bestuur om die
moontlike negatiewe uitwerking op hul vermoë om voort te plant, tot die
minimum te beperk? (1)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 LEWENSWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
AFDELING C
VRAAG 4
Mnr. Nkosi is vasgevang in ʼn rookdigte hotelkamer wat aan die brand geslaan het. Sy
asemhalingstempo het verhoog toe hy met digte rook bedek is wat vanaf die onderste
vloer afkomstig was. Hy kon die venster breek en uit sy kamer spring. Hy het op ʼn
straatvullisblik beland en daarin geslaag om sy balans te herwin.
Beskryf die proses wat gelei het tot ʼn verhoogde asemhalingstempo terwyl hy deur
digte rook omring was. Beskryf ook hoe hy sy balans kon herwin toe hy op die
straatvullisbak beland het.
Inhoud: (17)
Sintese: (3)
[20]
LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
vloeidiagramme of diagramme NIE.
TOTAAL AFDELING C: 20
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afr)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a/v1-bcbc4cd3f6b03143ac28/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b/v1-8d481fe1862c72e0df7e/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 QP (Afr)
%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f/v1-56d3891adc8c940b0d70/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2016 QP (Afr)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum