Downloaded from hlayiso.com
SENIOR SERTIFIKAAT/
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
MEGANIESE TEGNOLOGIE: MOTORKUNDE
NOVEMBER 2020
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye en 'n 2 bladsy-formuleblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2020 papers %20Eng_hlayiso.com_--489fabb7-3cad-4d15-965e-29f7af36ce41/v1-da690c348f21a942c23f/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--52794b9f-ea5d-4bdb-884c-d52dbad5a518/v1-a2c931017c83f02ada8f/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--11c0a6aa-a24c-4b21-afe1-f3bdeb598f17/v1-496fd0c3e04c0d392ae4/card.webp)
%20Memo%20Eng_hlayiso.com_--62bbe2de-9d39-485e-a55f-c51567c03422/v1-0119bf0586794c136cbf/card.webp)
%20Memo%20Afr_hlayiso.com_--c4d9ece6-0cba-42c1-a1e6-01ad8f18a69c/v1-b1845feced183341d89a/card.webp)
%20Memo%20Afr_hlayiso.com_--3f9a8d78-97b6-4d96-a459-e2cd2e0f4240/v1-c00ea6cda731e5622584/card.webp)
View all
_Afrikaans_hlayiso.com_--aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882/v1-fd2ca7edf910eab03a55/card.webp)
%20GR12%20MEMO%20SEPT2024_Afrikaans_hlayiso.com_--2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0/v1-55f44edf9664bf65cf74/card.webp)

_English_hlayiso.com_--2c18efa9-a7cc-42c1-a732-2ff3511c8c1c/v1-098ff39ac7fe2a71ec09/card.webp)
%20MG%20Eng--ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594/v1-3e0bd44f4bc86cf3bb1d/card.webp)
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2020 QP (Afr)
Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Mechanical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mechanical Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 446.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 2 DBE/November 2020
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes wat op die
ANTWOORDEBOEK verskaf word.
2. Lees AL die vrae noukeurig.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
6. Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
desimale plekke af.
7. Kandidate mag nieprogrammeerbare wetenskaplike sakrekenaars en
tekeninstrumente gebruik.
8. Die waarde van gravitasieversnelling moet as 10 m/s2 geneem word.
9. Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.
10. Skryf netjies en leesbaar.
11. 'n Formuleblad is aan die einde van die vraestel aangeheg.
12. Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydbestuur te help.
TYD
VRAAG INHOUD PUNTE
in minute
GENERIES
1 Meervoudigekeuse-vrae 6 6
2 Veiligheid 10 10
3 Materiaal 14 14
SPESIFIEK
4 Meervoudigekeuse-vrae 14 10
5 Gereedskap en Toerusting 23 20
6 Enjins 28 25
7 Kragte 32 25
8 Instandhouding 23 20
9 Stelsels en Beheer (Outomatiese Ratkas) 18 20
Stelsels en Beheer (Asse, Stuurgeometrie en
10 32 30
Elektronika)
TOTAAL 200 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 3 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES)
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.7 A.
1.1 Wat is die doel van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993
(Wet 85 van 1993) ten opsigte van MIV/Vigs-bewustheid?
A Die Wet op veiligheid bepaal dat alle werkgewers moet verseker dat
die werkplek veilig is en dat werknemers nie aan die risiko blootgestel
word om by die werk met MIV besmet te word nie.
B Die Wet bevat algemene riglyne oor hoe werkgewers, werknemers en
vakbonde op MIV in die werkplek moet reageer.
C Werkgewers mag nie werknemers, gebaseer op sy/haar MIV-status,
demoveer of bevorder nie.
D Werkgewers kan nie net eenvoudig 'n persoon afdank wat met MIV
besmet is nie. (1)
1.2 Watter EEN van die volgende persoonlike beveiligingstoerustingitems is
van toepassing wanneer 'n staanboor gebruik word?
A Harde hoed
B Voorskoot
C Chirurgiese handskoene
D Veiligheidsbril (1)
1.3 Watter stelling beskryf die plasing van die masjiene in 'n produkuitleg?
A Die masjiene word in die volgorde waarin werksaamhede uitgevoer
word, opgestel.
B Die masjiene word volgens die werkers se vaardighede opgestel.
C Die masjiene word volgens hulle tipes werking gegroepeer.
D Die masjiene word volgens die produkte gerangskik. (1)
1.4 Watter hittebehandelingsproses word gebruik om aan staal 'n hoë
weerstand teen slytasie te gee?
A Uitgloeiing
B Tempering
C Verharding
D Normalisering (1)
1.5 Die doel van die tempering van staal is om dit…
A te verhard.
B taaier te maak.
C sag te maak.
D af te koel. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 4 DBE/November 2020
SS/NSS
1.6 Watter toets gebruik 'n induiker om die hardheid van staal te bepaal?
A Klanktoets
B Rockwell-toets
C Buigtoets
D Masjineringstoets (1)
[6]
VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)
2.1 Watter veiligheidsreël moet nagekom word nadat werksprosedures op
'n masjien voltooi is? (1)
2.2 Noem TWEE veiligheidmaatreëls wat nagekom moet word nadat die
horisontale bandsaag aangeskakel is. (2)
2.3 Gee TWEE redes waarom chirurgiese handskoene gedra moet word
wanneer 'n medewerker met oop wonde behandel word. (2)
2.4 Noem TWEE persoonlike beveiligingstoerustingitems ('PPE') wat tydens
boogsweiswerk gedra moet word. (2)
2.5 Beskryf die verantwoordelikheid van 'n werkgewer ten opsigte van die
veiligheid en gesondheid van die werknemers by die werkplek. (2)
2.6 Wie is verantwoordelik vir die verleen van noodhulp aan 'n beseerde
persoon by die werkplek? (1)
[10]
VRAAG 3: MATERIAAL (GENERIES)
3.1 Verduidelik hoe jy die volgende toetse sal uitvoer om verskillende metale
te identifiseer:
3.1.1 Klanktoets (2)
3.1.2 Vyltoets (2)
3.2 Wat is die doel van die hittebehandeling van staal? (2)
3.3 Wat is die doel van die dopverharding van staal? (2)
3.4 Beskryf die temperingsproses van staal. (3)
3.5 Noem die DRIE faktore wat in aanmerking geneem moet word wanneer
hittebehandeling van staal uitgevoer word. (3)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 5 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1 tot 4.14) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.15 A.
4.1 Wat is die funksie van die gerekenariseerde diagnostiese skandeerder wat
op 'n motorvoertuig gebruik word?
A Om te skandeer of die enjin gedurende die inlaatslag gasse uit die
silinder lek
B Om te skandeer of die enjin gedurende die kragslag gasse uit die
silinder lek
C Om alle stelsels op die voertuig te skandeer en om verskillende
sensors te verstel
D Om die enjin van die voertuig te skandeer en om alle
enjinkomponente te verstel (1)
4.2 Watter EEN van die volgende toerustingitems word gebruik om die
krukkasgasse te toets?
A Wringtoetser
B Gasanalisator
C Trektoetser
D Ontbrandingstoetser (1)
4.3 Wat is die volumetriese doeltreffendheid van 'n sentrifugale blaser?
A Die vermoë om die silinder met lug bokant die barometriese druk
te vul
B Die vermoë om die silinder met lug onder die barometriese druk
te vul
C Die vermoë om die silinder met lug onder die atmosferiese druk te vul
D Die vermoë om die silinder met lug bokant die atmosferiese druk
te vul (1)
4.4 Watter EEN van die volgende is die oorsaak van krukasvibrasie?
A Tapsheid van krukastap
B Ovaalvormigheid van die krukastap
C Die wederkerige massa is nie gebalanseerd nie
D Die wederkerige massa is gebalanseerd (1)
4.5 Watter EEN van die volgende is 'n belangrike metode wat gebruik word
om die kompressieverhouding van 'n enjin te verhoog?
A Pas 'n dunner pakstuk tussen die silinderblok en die silinderkop.
B Pas geskikte laer krone op die suiers.
C Pas 'n dikker pakstuk tussen die silinderblok en die silinderkop.
D Pas 'n korter slag op 'n krukas. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 6 DBE/November 2020
SS/NSS
4.6 Wat dui die simbool X in FIGUUR 4.6 aan?
BDP
X
ODP
FIGUUR 4.6
A Kompressielengte
B Slaglengte
C Suierlengte
D Silinderlengte (1)
4.7 Wat sal die remdrywing van die enjin wees indien die enjin 'n meganiese
doeltreffendheid van 83,34% met 'n aangeduide drywing van 60 kW lewer?
A 50 W
B 1,5 N.m
C 1,2 N.m
D 50 kW (1)
4.8 Watter tipe toets word met die toerusting wat in FIGUUR 4.8 getoon word,
uitgevoer?
Pomphandvatsel
Drukmeter
Passtuk
Verkoelerdop
FIGUUR 4.8
A Toets vir waterlekke
B Toets die verkoeler
C Toets vir brandstoflekke
D Toets die verkoelerdop (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 7 DBE/November 2020
SS/NSS
4.9 Watter EEN van die volgende is 'n voordeel van 'n elektriese
brandstofpomp in 'n motorvoertuig?
A Hoë werksgeraas
B Lae versnelling
C Lae werksgeraas
D Groot enjinkapasiteit (1)
4.10 Watter tipe bandslytasie word in FIGUUR 4.10 getoon?
FIGUUR 4.10
A Vinrandslytasie
B Wielvlugrandslytasie
C Nasporingrandslytasie
D Krinkspilrandslytasie (1)
4.11 Watter tipe drywing sal die uitkoms van 'n dubbel episikliese rat wees
wanneer die planeetrathouer gesluit is?
A Eerste of lae rat
B Tweede of tussenrat
C Derde of hoogste rat
D Trurat (1)
4.12 Watter ratstelsel word in FIGUUR 4.12 getoon?
FIGUUR 4.12
A Outomatiese ratstelsel
B Enkel episikliese ratstelsel
C Dubbel episikliese ratstelsel
D Snelrat-ratstelsel (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 8 DBE/November 2020
SS/NSS
4.13 Wat sal die spoed van 'n gedrewe rat wees indien die ratverhouding van
'n ratreeks as 5 : 1 gegee word en die dryfrat teen 500 r/min roteer?
A 2 500 r/min
B 500 r/min
C 100 r/min
D 1 500 r/min (1)
4.14 Watter EEN van die volgende is die funksie van die rotorsamestelling in 'n
alternatorlaaistelsel?
A Verskaf die kern wat die negatiewe lyne konsentreer
B Verskaf die kern waarin spanning geïnduseer word
C Verskaf 'n roterende elektromagneet
D Verskaf 'n bewegende kontak om stroom deur te laat (1)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 9 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 5: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)
5.1 FIGUUR 5.1 hieronder toon 'n periskoop- optiese sporingsmeter.
Beantwoord die vrae wat volg.
B
C
A
D
E
G
F
FIGUUR 5.1
5.1.1 Benoem A–G van die meter wat in FIGUUR 5.1 getoon word. (7)
5.1.2 Wat is die funksie van die optiese sporingsmeter wat in
FIGUUR 5.1 getoon word? (1)
5.1.3 Gee die opstelprosedure, in die korrekte volgorde, van hoe om
die optiese sporingsmeter te kalibreer. (5)
5.2 Verduidelik hoe om statiese wanbalans van 'n wiel- en bandsamestelling
reg te stel. (2)
5.3 Noem DRIE enjinparameters wat gemonitor kan word wanneer die
gerekenariseerde diagnostiese skandeerder gebruik word. (3)
5.4 Wat sal die gevolg wees indien daar 'n lekkasie in die uitlaatspruitstuk of
vakuumstelsel van 'n motorvoertuig is wanneer 'n gasanalisator gebruik
word? (2)
5.5 Noem DRIE toestande wat deur 'n kompressietoets op 'n binnebrandenjin
onthul kan word. (3)
[23]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 10 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 6: ENJINS (SPESIFIEK)
6.1 FIGUUR 6.1 hieronder toon die krukas van 'n viersilinder-inlynenjin.
Beantwoord die vrae wat volg.
D E
C
F
B
A
G
FIGUUR 6.1
6.1.1 Wat is die hooffunksie van die krukas wat in FIGUUR 6.1 getoon
word? (2)
6.1.2 Benoem A–G, die onderdele van die krukas, soos in
FIGUUR 6.1 getoon. (7)
6.1.3 Noem TWEE ontstekingsordes van 'n viersilinder-inlynenjin. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 11 DBE/November 2020
SS/NSS
6.2 FIGUUR 6.2 hieronder toon 'n komponent wat op 'n binnebrandenjin
gemonteer word om die kraglewering te verbeter. Beantwoord die vrae wat
volg.
B
C
D
E
A
FIGUUR 6.2
6.2.1 Identifiseer die komponent wat in FIGUUR 6.2 getoon word. (1)
6.2.2 Benoem A–E, die onderdele van die komponent in FIGUUR 6.2. (5)
6.2.3 Noem die hooffunksie van die komponent in FIGUUR 6.2. (1)
6.3 Identifiseer die verskillende tipes enjinuitlegte, soos in FIGUUR 6.3 getoon.
A B C
FIGUUR 6.3 (3)
6.4 Noem DRIE voordele van 'n voertuig wat met beide 'n superaanjaer en
'n turbo-aanjaer op sy enjin toegerus is. (3)
6.5 Noem TWEE nadele van 'n voertuig wat met beide 'n superaanjaer en
'n turboaanjaer op sy enjin toegerus is. (2)
6.6 Waarom word die suierstange en suiers so lig as moontlik vervaardig? (2)
[28]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 12 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 7: KRAGTE (SPESIFIEK)
7.1 Definieer die term aangeduide drywing van 'n binnebrandenjin. (2)
7.2 Noem TWEE metodes om die kompressieverhouding van 'n
binnebrandenjin te verlaag. (2)
7.3 Noem TWEE tipes dinamometers wat gebruik word om die kraglewering
van 'n motorvoertuig te meet. (2)
7.4 Die boor en slag van 'n binnebrandenjin is onderskeidelik 70 mm en
90 mm. Die kompressieverhouding is 7,5 : 1.
Bepaal, deur middel van berekeninge:
7.4.1 Die slagvolume van 'n enkelsilinder in cm3 (3)
7.4.2 Die oorspronklike vry volume van 'n enkelsilinder in cm3 (3)
7.4.3 Die kompressieverhouding word na 9,5 : 1 verhoog. Wat sal die
nuwe diameter van die boor wees indien die vry volume
onveranderd bly? Die antwoord moet in millimeter (mm) wees. (6)
7.5 Die data hieronder is aangeteken gedurende 'n toets wat op 'n vierslag-
viersilinderenjin uitgevoer is:
Remarmlengte: 1m
Skaallesing: 50 kg
Slaglengte: 140 mm
Krukas-omwentelinge: 4 500 r/min
Gemiddelde effektiewe druk: 1 450 kPa
Boordiameter: 110 mm
Aantal silinders: 4
Bepaal, deur middel van berekeninge, die:
7.5.1 Wringkrag (2)
7.5.2 Remdrywing in kW (4)
7.5.3 Aangeduide drywing in kW (6)
7.5.4 Meganiese doeltreffendheid (2)
[32]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 13 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 8: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)
8.1 Noem VIER veiligheidsvereistes waaraan voldoen moet word tydens die
opstel van die gasanalisator op 'n binnebrandenjin. (4)
8.2 Noem DRIE veiligheidsmaatreëls wat nagekom moet word wanneer die
brandstofdruktoetser op 'n binnebrandenjin opgestel word. (3)
8.3 Verduidelik die verskil tussen 'n kompressietoets en 'n silinderlekkasietoets
wat op 'n binnebrandenjin uitgevoer word. (4)
8.4 Noem VIER veiligheidsmaatreëls wat nagekom moet word wanneer 'n
kompressietoetser op 'n enjin opgestel word. (4)
8.5 TABEL 8.5 hieronder toon inligting oor die oliedruktoets wat op 'n
binnebrandenjin uitgevoer word.
Voltooi TABEL 8.5 deur nog TWEE moontlike oorsake en nog TWEE
korrektiewe maatreëls by elke fout te voeg.
Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers (8.5.1 tot 8.5.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
MOONTLIKE KORREKTIEWE
FOUTE (DEFEKTE)
OORSAKE MAATREËLS
Vervang met nuwe
Geslyte oliepomp
oliepomp
Oliedruk te laag
8.5.1 8.5.3
8.5.2 8.5.4
Vuil of besmette olie Vervang die olie
Oliedruk te hoog 8.5.5 8.5.7
8.5.6 8.5.8
TABEL 8.5 (8)
[23]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 14 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 9: STELSELS EN BEHEER (OUTOMATIESE RATKAS) (SPESIFIEK)
9.1 Noem TWEE funksies van 'n outomatiese ratkas in 'n motorvoertuig. (2)
9.2 Noem die funksie van die rembande in die outomatiese ratkas. (1)
9.3 Noem TWEE nadele van 'n outomatiese ratkas in 'n motorvoertuig. (2)
9.4 Noem TWEE voordele van transmissiebeheereenheid in 'n outomatiese
transmissiestelsel. (2)
9.5 Noem TWEE komponente in 'n episikliese ratreeks van 'n outomatiese
ratkas wat die verskillende komponente inskakel en uitskakel om
verskillende ratverhoudings te verkry. (2)
9.6 Verduidelik hoe die sluitvolgorde van die episikliese ratreeks bereik word. (2)
9.7 Wat is die hoofdoel van die beheerklephuis in 'n outomatiese ratkas? (2)
9.8 Verduidelik die werking van die koppelomsitter in 'n outomatiese
transmissie. (5)
[18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 15 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 10: STELSELS EN BEHEER (ASSE, STUURGEOMETRIE EN
ELEKTRONIKA) (SPESIFIEK)
10.1 Definieer statiese balans van 'n wiel- en bandsamestelling. (2)
10.2 Noem DRIE faktore wat nagegaan moet word voordat die
wielbalanseringsproses uitgevoer kan word. (3)
10.3 FIGUUR 10.3 hieronder toon 'n wielsporingshoek. Beantwoord die vrae wat
volg.
D
C E
F
B
G
A
FIGUUR 10.3
10.3.1 Identifiseer die wielsporingshoek in FIGUUR 10.3. (2)
10.3.2 Benoem onderdele A–G in FIGUUR 10.3. (7)
10.3.3 Definieer die positiewe naspoorhoek. (2)
10.4 Verduidelik die funksie van die Ackermann-beginsel. (2)
10.5 Beskryf die doel van die katalitiese omsetter op die uitlaatstelsel van
'n motorvoertuig. (1)
10.6 Noem TWEE vereistes waaraan voldoen moet word vir 'n katalitiese
omsetter om effektief te funksioneer. (2)
10.7 Verduidelik hoe die lambda-suurstofsensor werk. (5)
10.8 Noem VIER voorsorgmaatreëls wat geneem moet word wanneer op
'n alternatorlaaistelsel gewerk word. (4)
10.9 Noem TWEE tipes elektriese brandstofpompe. (2)
[32]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 1 DBE/November 2020
SS/NSS
FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE (MOTORKUNDE)
Krag m a
Waar : m massa
a versnellin g
Arbeid Krag Verplasing
Krag Afstand
Drywing
Tyd
Wringkrag Krag Radius
AD P L A N n
Waar AD Aangeduide drywing
P Gemiddelde effektiewe druk
L Slaglengte
A Area van suierkroon
N Aantal kragslae per sekonde
n Aantal silinders
2π NT
RD 2 π N T of RD
60
Waar RD Remdrywing Waar RD Remdrywing
N Omwentelinge per sekonde N Omwentelinge per minuut
T Wringkrag T Wringkrag
Remdrywing met Pronyrem F 2 π R N
Waar RD Remdrywing
F Krag
R Remarmleng te
N Omwentelinge per sekonde
RD
Meganiese Doeltreffendheid 100 %
AD
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Motorkunde 2 DBE/November 2020
SS/NSS
SV VV
KV
VV
Waar KV Kompressieverhouding
SV Slagv olume
πD 2
SV L
4
Waar L Slaglengte
D Boordiameter
VV Vry volume
πD 2
VV L
4
D Boordiamet er
L Vry ruimte in mm
SV
VV
KV - 1
Waar VV Vryvolume
SV Slagvolume
KV Kompressieverhouding
Dryfrat
Ratverhouding (RV) =
Gedrewe rat
SV
Kompressie verhouding (KV) = +1
VV
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%20Eng_hlayiso.com_--489fabb7-3cad-4d15-965e-29f7af36ce41/v1-da690c348f21a942c23f/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2020 QP (Eng)
%20Afr_hlayiso.com_--52794b9f-ea5d-4bdb-884c-d52dbad5a518/v1-a2c931017c83f02ada8f/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2020 QP (Afr)
%20Eng_hlayiso.com_--11c0a6aa-a24c-4b21-afe1-f3bdeb598f17/v1-496fd0c3e04c0d392ae4/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2020 QP (Eng)
%20Memo%20Eng_hlayiso.com_--62bbe2de-9d39-485e-a55f-c51567c03422/v1-0119bf0586794c136cbf/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2020 Memo (Eng)
%20Memo%20Afr_hlayiso.com_--c4d9ece6-0cba-42c1-a1e6-01ad8f18a69c/v1-b1845feced183341d89a/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2020 Memo (Afr)
%20Memo%20Afr_hlayiso.com_--3f9a8d78-97b6-4d96-a459-e2cd2e0f4240/v1-c00ea6cda731e5622584/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2020 Memo (Afr)
More from Grade 12 Mechanical Technology

Annual teaching plan
Gr 12 Weld Met ATP 2023 24
_Afrikaans_hlayiso.com_--aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882/v1-fd2ca7edf910eab03a55/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20GR12%20MEMO%20SEPT2024_Afrikaans_hlayiso.com_--2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0/v1-55f44edf9664bf65cf74/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
_English_hlayiso.com_--2c18efa9-a7cc-42c1-a732-2ff3511c8c1c/v1-098ff39ac7fe2a71ec09/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20MG%20Eng--ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594/v1-3e0bd44f4bc86cf3bb1d/card.webp)
Memorandum