Downloaded from hlayiso.com
SENIOR SERTIFIKAAT/
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK
NOVEMBER 2020
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 'n 1 bladsy-formuleblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2020 papers %20Eng_hlayiso.com_--489fabb7-3cad-4d15-965e-29f7af36ce41/v1-da690c348f21a942c23f/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--52794b9f-ea5d-4bdb-884c-d52dbad5a518/v1-a2c931017c83f02ada8f/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--be2df9ff-ab68-45f4-9062-30f64c28e670/v1-3d244579b904f4b80937/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--11c0a6aa-a24c-4b21-afe1-f3bdeb598f17/v1-496fd0c3e04c0d392ae4/card.webp)
%20Memo%20Eng_hlayiso.com_--62bbe2de-9d39-485e-a55f-c51567c03422/v1-0119bf0586794c136cbf/card.webp)
%20Memo%20Afr_hlayiso.com_--c4d9ece6-0cba-42c1-a1e6-01ad8f18a69c/v1-b1845feced183341d89a/card.webp)
View all
_Afrikaans_hlayiso.com_--aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882/v1-fd2ca7edf910eab03a55/card.webp)
%20GR12%20MEMO%20SEPT2024_Afrikaans_hlayiso.com_--2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0/v1-55f44edf9664bf65cf74/card.webp)

%20MG%20Eng--ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594/v1-3e0bd44f4bc86cf3bb1d/card.webp)
%20MG%20Afr--03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a/v1-02788e8df50b92af342d/card.webp)
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2020 QP (Afr)
Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Mechanical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Mechanical Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 690.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 2 DBE/November 2020
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes wat op die
ANTWOORDEBOEK verskaf word.
2. Lees AL die vrae noukeurig.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
6. Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
desimale plekke af.
7. Kandidate mag nieprogrammeerbare wetenskaplike sakrekenaars en
tekeninstrumente gebruik.
8. Die waarde van gravitasieversnelling moet as 10 m/s2 geneem word.
9. Alle afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.
10. Skryf netjies en leesbaar.
11. 'n Formuleblad is aan die einde van die vraestel aangeheg.
12. Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydsbestuur te help.
TYD
VRAAG INHOUD PUNTE
in minute
GENERIES
1 Meervoudigekeuse-vrae 6 6
2 Veiligheid 10 10
3 Materiaal 14 14
SPESIFIEK
4 Meervoudigekeuse-vrae 14 10
5 Terminologie (Maatvorms) 23 20
6 Gereedskap en Toerusting 18 15
7 Kragte 45 30
8 Hegtingsmetodes (Sweislasinspeksie) 23 20
9 Hegtingsmetodes (Spanning en Vervorming) 18 20
10 Instandhouding 9 10
11 Terminologie (Ontwikkeling) 20 25
TOTAAL 200 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 3 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES)
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.7 A.
1.1 Wat is die doel van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993
(Wet 85 van 1993) ten opsigte van MIV/Vigs-bewustheid?
A Die Wet op veiligheid bepaal dat alle werkgewers moet verseker dat
die werkplek veilig is en dat werknemers nie aan die risiko blootgestel
word om by die werk met MIV besmet te word nie.
B Die Wet bevat algemene riglyne oor hoe werkgewers, werknemers en
vakbonde op MIV in die werkplek moet reageer.
C Werkgewers mag nie werknemers, gebaseer op hulle MIV-status,
demoveer of bevorder nie.
D Werkgewers kan nie net eenvoudig 'n persoon afdank wat met MIV
besmet is nie. (1)
1.2 Watter EEN van die volgende persoonlike beveiligingstoerustingitems is
van toepassing wanneer 'n staanboor gebruik word?
A Harde hoed
B Voorskoot
C Chirurgiese handskoene
D Veiligheidsbril (1)
1.3 Watter stelling beskryf die plasing van die masjiene in 'n produkuitleg?
A Die masjiene word in die volgorde waarin werksaamhede uitgevoer
word, opgestel.
B Die masjiene word volgens die werkers se vaardighede opgestel.
C Die masjiene word volgens hulle tipes werking gegroepeer.
D Die masjiene word volgens die produkte gerangskik. (1)
1.4 Watter hittebehandelingsproses word gebruik om aan staal 'n hoë
weerstand teen slytasie te gee?
A Uitgloeiing
B Tempering
C Verharding
D Normalisering (1)
1.5 Die doel van die tempering van staal is om dit…
A te verhard.
B taaier te maak.
C sag te maak.
D af te koel. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 4 DBE/November 2020
SS/NSS
1.6 Watter toets gebruik 'n induiker om die hardheid van staal te bepaal?
A Klanktoets
B Rockwell-toets
C Buigtoets
D Masjineringstoets (1)
[6]
VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)
2.1 Watter veiligheidsreël moet nagekom word nadat werksprosedures op
'n masjien voltooi is? (1)
2.2 Noem TWEE veiligheidmaatreëls wat nagekom moet word nadat die
horisontale bandsaag aangeskakel is. (2)
2.3 Gee TWEE redes waarom chirurgiese handskoene gedra moet word
wanneer 'n medewerker met oop wonde behandel word. (2)
2.4 Noem TWEE persoonlike beveiligingstoerustingitems ('PPE') wat tydens
boogsweiswerk gedra moet word. (2)
2.5 Beskryf die verantwoordelikheid van 'n werkgewer ten opsigte van die
veiligheid en gesondheid van die werknemers by die werkplek. (2)
2.6 Wie is verantwoordelik vir die verleen van noodhulp aan 'n beseerde
persoon by die werkplek? (1)
[10]
VRAAG 3: MATERIAAL (GENERIES)
3.1 Verduidelik hoe jy die volgende toetse sal uitvoer om verskillende metale
te identifiseer:
3.1.1 Klanktoets (2)
3.1.2 Vyltoets (2)
3.2 Wat is die doel van die hittebehandeling van staal? (2)
3.3 Wat is die doel van die dopverharding van staal? (2)
3.4 Beskryf die temperingsproses van staal. (3)
3.5 Noem die DRIE faktore wat in aanmerking geneem moet word wanneer
hittebehandeling van staal uitgevoer word. (3)
[14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 5 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1 tot 4.14) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.15 A.
4.1 Watter EEN van die volgende tipes masjiengereedskap word in die
maatvormgalery gebruik?
A Sweismasjien
B Boormasjien
C Slypmasjien
D Guillotine (1)
4.2 Watter sweisposisie word deur die sweissimbool in FIGUUR 4.2 aangedui?
FIGUUR 4.2
A Sweis aan beide kante
B Sweis aan pylpuntkant
C Sweis aan ander kant
D Sweis aan bokant (1)
4.3 Watter EEN van die volgende word gedurende werking deur 'n hidrouliese
pers gebruik?
A Lug
B Water
C Olie
D Ghries (1)
4.4 Die doel van trae gas in MIGS/MAGS-sweising is om …
A 'n werkstuk gedurende sweising aan mekaar te hou.
B die vloeimiddelbedekte elektrode te beskerm.
C 'n gesmelte poel vir elektrodevloei te skep.
D die gesmelte poel teen atmosferiese gasse te beskerm. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 6 DBE/November 2020
SS/NSS
4.5 Identifiseer die sweisproses wat in FIGUUR 4.5 hieronder getoon word:
FIGUUR 4.5
A Boogsweising
B Puntsweising
C Oksiasetileensweising
D Gassweising (1)
4.6 FIGUUR 4.6 hieronder toon 'n blaaspyp. Komponent X wat op die diagram
aangedui word, is die …
X
FIGUUR 4.6
A spuitstuk.
B suurstofklep.
C branderliggaam.
D mengkamer. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 7 DBE/November 2020
SS/NSS
4.7 FIGUUR 4.7 hieronder toon die spanning-vormveranderingsgrafiek wat
tydens 'n trektoets op sagte staal verkry is. Wat word deur P op die
diagram aangedui?
P
Spanning
Vormverandering
FIGUUR 4.7
A Maksimum spanning
B Breekspanning
C Elastisiteitsgrens
D Breekpunt (1)
4.8 Oorspronklike lengte word as die … gedefinieer.
A verhouding tussen spanning en vormverandering
B lengte waarmee 'n voorwerp verkort of verleng word,
C lengte van 'n voorwerp voordat 'n eksterne las toegepas word,
D lengte van 'n voorwerp nadat 'n eksterne las toegepas word, (1)
4.9 Identifiseer die tipe masjien wat in FIGUUR 4.9 hieronder getoon word:
FIGUUR 4.9
A Hidrouliese pers
B Kraggedrewe pers
C Boorpers
D Skroefpers (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 8 DBE/November 2020
SS/NSS
4.10 Watter EEN van die volgende bepaal die effek op krimping wanneer
boogsweising uitgevoer word?
A Hoeveelheid gas
B Oppervlakarea
C Tipe elektrode
D Tipe vonk (1)
4.11 Ultrasoniese inspeksietegnieke gebruik … om defekte in sweislasse op
te spoor.
A vloeibare kleurstof
B klankgolwe
C X-strale
D ligstrale (1)
4.12 Die maksimum plaatdikte wat met 'n handguillotine gesny kan word, is …
A 2 mm.
B 3 mm.
C 1,2 mm.
D 1,3 mm. (1)
4.13 FIGUUR 4.13 hieronder toon 'n prosedure wat op 'n slypwiel uitgevoer
word. Aan watter aspek word met hierdie prosedure aandag gegee?
FIGUUR 4.13
A Gaan die slypwiel vir krake na
B Ondersoek die sykante van die slypwiel
C Bepaal die grofheid van die slypwiel
D Gaan die rondheid van die slypwiel na (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 9 DBE/November 2020
SS/NSS
4.14 Bereken die waarde van , soos in FIGUUR 4.14 hieronder aangedui:
5 cm
4 cm
FIGUUR 4.14
A 53,12°
B 38,66°
C 53,13°
D 36,87° (1)
[14]
VRAAG 5: TERMINOLOGIE (MAATVORMS) (SPESIFIEK)
5.1 Noem TWEE voordele van die gebruik van maatvorms. (2)
5.2 Noem EEN gebruik van 'n maatvorm wat van ELK van die volgende tipes
materiaal gemaak is:
5.2.1 Dun metaal (1)
5.2.2 Hardebord (1)
5.3 FIGURE 5.3 hieronder toon 'n dakkap. Benoem onderdele A–E.
B
A C
E D
FIGUUR 5.3 (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 10 DBE/November 2020
SS/NSS
5.4 'n Sagtestaalring met 'n buitediameter van 280 mm moet uit 12 x 12 mm
vierkantstaaf vervaardig word. Bereken die afmetings van die nodige
materiaal om die staalring te vervaardig. (5)
5.5 Waarvoor staan die afkorting SANS? (2)
5.6 Identifiseer die weerstandsweissimbole in FIGUUR 5.6.1 en 5.6.2
hieronder.
5.6.1
FIGUUR 5.6.1 (1)
5.6.2
FIGUUR 5.6.2 (1)
5.7 Wat is die betekenis van die afmetings van die sweislas wat in FIGUUR 5.7
hieronder aangedui word?
5 25-50
-
5
0
FIGUUR 5.7 (3)
5.8 Identifiseer die posisies van die sweislasse, soos deur die sweissimbole in
FIGUUR 5.8.1 en 5.8.2 hieronder aangedui word.
5.8.1
FIGUUR 5.8.1 (1)
5.8.2
FIGUUR 5.8.2 (1)
[23]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 11 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 6: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)
6.1 FIGUUR 6.1 hieronder toon 'n voetstukboormasjien. Benoem onderdele
A–D.
C
B
D
A
FIGUUR 6.1 (4)
6.2 Verduidelik die werkbeginsels van die volgende masjiene wat in die
sweiswerkwinkel gebruik word:
6.2.1 Horisontale bandsaag (4)
6.2.2 Pons-en-knipmasjien (3)
6.3 Noem DRIE primêre funksies van terugflitsweerders wat op die
gassilinders van oksiasetileentoerusting gemonteer is. (3)
6.4 Noem VIER gebruike van snytappe en snymoere in die meganiese
werkwinkel. (4)
[18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 12 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 7: KRAGTE (SPESIFIEK)
7.1 FIGUUR 7.1 hieronder toon 'n staalraamwerk. Beantwoord die vrae wat
volg.
SKAAL: Ruimtediagram: 1 : 100
Kragte-/Vektordiagram: 1 mm = 10 kN
Toleransie: ± 3 mm
500 kN
300 kN B C 200 kN
G H D
A
F I
30° 30°
E
10 000
525 kN 475 kN
FIGUUR 7.1
7.1.1 Bepaal grafies die kragte-/vektordiagram van FIGUUR 7.1 met
gebruik van skaal 1 mm = 10 kN. (Teken die ruimtediagram oor
en gebruik skaal 1 : 100.) (10)
7.1.2 Bepaal die grootte en aard van die dele, soos in FIGUUR 7.1
getoon. (18)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 13 DBE/November 2020
SS/NSS
7.2 FIGUUR 7.2 hieronder toon 'n eenvoudige ondersteunde balk met TWEE
puntlaste.
4 kN 2 kN
3m 4m 3m
A C D
B
RL = 3,4 kN RR = 2,6 kN
FIGUUR 7.2
7.2.1 Bereken die buigmomente by punt B, C en D. (6)
7.2.2 Teken 'n skuifkragdiagram. (3)
7.2.3 Teken 'n buigmomentdiagram.
SKAAL: Ruimtediagram: 1 : 100
Skuifkragdiagram: 5 mm = 1 kN
Buigmomentdiagram: 5 mm = 1 kNm
Toleransie: ± 3 mm (3)
7.3 'n Ronde staalstaaf met 'n deursnee-oppervlakte van 80 mm2 weerstaan
'n maksimum krag van 8 kN wanneer dit aan 'n trektoets onderwerp word.
Die veiligheidsfaktor is 4.
7.3.1 Bereken die maksimum spanning in die staafmateriaal. (3)
7.3.2 Bereken die veilige werkspanning van die staaf. (2)
[45]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 14 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 8: HEGTINGSMETODES (INSPEKSIE VAN SWEISLASSE) (SPESIFIEK)
8.1 Noem VIER oorsake van spatsels as 'n sweisdefek wat tydens die
sweisproses voorkom. (4)
8.2 Beskryf kortliks die effek van ELK van die volgende op die gehalte van
'n gassny-oppervlak:
8.2.1 Spuitstuk te ver van die oppervlak af (2)
8.2.2 Spuitstuk te naby aan die oppervlak (2)
8.3 Beskryf TWEE oorsake van ELK van die volgende sweisdefekte:
8.3.1 Poreusheid (2)
8.3.2 Swak penetrasie (2)
8.4 Noem TWEE oorsake van krake in die hitte-invloedsone (HIS). (2)
8.5 Noem DRIE elemente wat nagegaan moet word tydens die visuele
inspeksie van boogsweislasse. (3)
8.6 Beskryf die prosedures wat gevolg moet word wanneer 'n ultrasoniese
toets op 'n sweislas uitgevoer word. (6)
[23]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 15 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 9: HEGTINGSMETODES (SPANNING EN VERVORMING) (SPESIFIEK)
9.1 Wat is naspanning? (2)
9.2 Beskryf die uitwerking van warmbewerking op staal. (4)
9.3 Bestudeer FIGUUR 9.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
B
A C
D
E
FIGUUR 9.3
9.3.1 Identifiseer die diagram in FIGUUR 9.3. (1)
9.3.2 Benoem A–E wat op die diagram aangedui word. (5)
9.4 Noem TWEE resultate wanneer metaal vinnig afgekoel word. (2)
9.5 Noem VIER blusmediums wat vir die hittebehandeling van staal gebruik
word. (4)
[18]
QUESTION 10: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)
10.1 Noem TWEE tipes instandhoudingsprosedures op masjiene in die
sweiswerkwinkel. (2)
10.2 Waarom word uitsluiting tydens instandhouding op masjiene toegepas? (2)
10.3 Noem TWEE reëls wat nagekom moet word voordat 'n masjien
aangeskakel word. (2)
10.4 Noem DRIE faktore wat in ag geneem moet word wanneer die snyspoed
van 'n boormasjien gekies word. (3)
[9]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk 16 DBE/November 2020
SS/NSS
VRAAG 11: TERMINOLOGIE (ONTWIKKELING) (SPESIFIEK)
FIGUUR 11 hieronder toon 'n vierkant-na-rond-oorgangstuk.
Ø 600
800
C E F D
G
H
I
J
L A
800
K
800
FIGUUR 11
Bereken:
11.1 Ware lengte CG (7)
11.2 Ware lengte CI (10)
11.3 Ware lengte JI (3)
[20]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk DBE/November 2020
SS/NSS
FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE
(SWEIS- EN METAALWERK)
1. SPANNING EN VORMVERANDERING
Krag F
Spanning of σ
Area A
veranderin g in lengte ΔL
Vormverand ering of ε
oorspronklike lengte L
spanning σ
Young se mod ulus of E
vormverandering ε
πd 2
A as
4
π(D 2 d 2 )
A pyp
4
2. STELLING VAN PYTHAGORAS EN TRIGONOMETRIEVERHOUDINGS
r 60°
1 eenheid
y 2 eenhede
x 90° 30°
1 eenheid √
y
sin θ
r
x
cos θ
r
y
tan θ
x
r x 2 y2
2
3. MAATVORMS EN ONTWIKKELINGS
Gemiddelde Ø = buite-Ø – plaatdikte waar Ø = diameter
Gemiddelde Ø = binne-Ø + plaatdikte
Gemiddelde omtrek = π x gemiddelde Ø
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%20Eng_hlayiso.com_--489fabb7-3cad-4d15-965e-29f7af36ce41/v1-da690c348f21a942c23f/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2020 QP (Eng)
%20Afr_hlayiso.com_--52794b9f-ea5d-4bdb-884c-d52dbad5a518/v1-a2c931017c83f02ada8f/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2020 QP (Afr)
%20Afr_hlayiso.com_--be2df9ff-ab68-45f4-9062-30f64c28e670/v1-3d244579b904f4b80937/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2020 QP (Afr)
%20Eng_hlayiso.com_--11c0a6aa-a24c-4b21-afe1-f3bdeb598f17/v1-496fd0c3e04c0d392ae4/card.webp)
Question paper
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2020 QP (Eng)
%20Memo%20Eng_hlayiso.com_--62bbe2de-9d39-485e-a55f-c51567c03422/v1-0119bf0586794c136cbf/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2020 Memo (Eng)
%20Memo%20Afr_hlayiso.com_--c4d9ece6-0cba-42c1-a1e6-01ad8f18a69c/v1-b1845feced183341d89a/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2020 Memo (Afr)
More from Grade 12 Mechanical Technology

Annual teaching plan
Gr 12 Weld Met ATP 2023 24
_Afrikaans_hlayiso.com_--aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882/v1-fd2ca7edf910eab03a55/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20GR12%20MEMO%20SEPT2024_Afrikaans_hlayiso.com_--2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0/v1-55f44edf9664bf65cf74/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20MG%20Eng--ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594/v1-3e0bd44f4bc86cf3bb1d/card.webp)
Memorandum
Mechanical Technology Grade 12 November 2024 NSC Memo (Eng)
%20MG%20Afr--03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a/v1-02788e8df50b92af342d/card.webp)
Memorandum