Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
AFRIKAANS HUISTAAL V2
SEPTEMBER 2019
MEMORANDUM
PUNTE: 80
Hierdie memorandum bestaan uit 38 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2019 papers 





View all

_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)



Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 North West Mock 2019 Memo
Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the North West Mock Exam 2019, 38 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Hl · Grade 12 · North West Mock Exam · 2019. Memorandum, 38 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2019
- Exam period
- North West Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 38
- File size
- 1.5 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 38
This exam
North West Mock Exam 2019
- Paper 2Question paperMemo
- Other filesQuestion paperQuestion paper (2)Memo
Questions in this paper
- Question 2Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 3Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 4Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 5Letterkunde (Literature / Set Works)10 marks
- Question 7Letterkunde (Literature / Set Works)25 marks
- Question 9Letterkunde (Literature / Set Works)25 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 2 NW/September 2019
NSS – Memorandum
RIGLYNE VIR NASIENERS
1. As ’n kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die
eerste antwoord/respons nagesien. (Die kandidaat mag nie die opstelvraag
en die kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)
2. As ’n kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte
beantwoord het, word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.
3. As ’n kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre
opstelle beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
antwoord word geïgnoreer. As ’n kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en C
beantwoord het, word die eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits een
kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is.
4. As ’n kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar
die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
antwoord word geïgnoreer.
5. As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die
memorandum nagesien.
6. Taalfoute by kontekstuele vrae word nie gepenaliseer nie. As ’n spelfout die
betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd gemerk. As die spelfout
nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek beskou.
7. Opstelvrae:
As die literêre opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie
gepenaliseer nie omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die literêre
opstel te lank is, assesseer op meriete en bespreek met vakhoof. Die
memorandum is slegs ’n riglyn, daarom moet ander relevante inhoud as korrek
beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke om die opstelvrae na te sien.
8. Kontekstuele vrae:
As die kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ’n vraag dit vereis nie,
word die kandidaat nie gepenaliseer nie.
9. Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM
NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
10. Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die
rede/motivering/bewys verdien die punt.
11. Moenie woorde nasien nie; sien betekenis na.
12. Vir hierdie eksamen geld die volgende eksamenriglyne vir die opstelvraag:
· Lees die opstelvraag die eerste maal en toon die reeks treffende argumente
met die ooreenstemmende kode aan.
· ’n Reeks treffende argumente is stellings wat met:
o relevante verduidelikings gemotiveer word./
o korrekte, gepaste aanhalings uit die roman/drama/gedig gemotiveer word./
o geparafraseerde aanhalings uit die roman/drama/gedig gemotiveer word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 3 NW/September 2019
NSS – Memorandum
· ’n Treffende argument is nie noodwendig in die formaat punt, verduideliking
én illustrasie nie.
· Lees die opstelvraag ’n tweede maal om die struktuur en taal te assesseer.
Taalfoute word met onderstreping aangedui.
· Die aantal kodes in die opstelvraag word nie getel om ’n bepaalde punt by die
inhoud toe te ken nie.
AFDELING A: GEDIGTE
VRAAG 1: OPSTELVRAAG
“eerste worp” – TT Cloete
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR
OPSTELVRAE – HUISTAAL: POËSIE nagesien.
LET WEL:
· Dis ’n breë raamwerk van feite.
· Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat bied 'n gepaste inleiding aan.
Beide kante van die deurlopende kontras moet in die bespreking genoem word.
· Ons/Suider-Afrika het nie bevaarbare riviere nie. In kontras daarmee het ons net
droë lope. Bv. Versreëls 2 en 13:geen breë riviere bevaarbaar vir groot skepe nie
teenoor ons het baie droë lope./ Bv. Versreël 2 en 14:ons het baie droë lope teenoor
en oerrivierbeddings met ou inheemse name.
· Ons het nie riviere wat breed is nie; ons het baie droë lope. Bv. geen breë riviere
bevaarbaar vir groot skepe nie teenoor ons het baie droë lope.
· Verder het Suider-Afrika ’n droë streek/uitgestrekte woestyn en nie baie dele wat
baie reën ontvang nie./ Bv. Versreël 3 en 10:die min wolke wat ons het, is yl versprei
en maar ons het uitgestrekte woestyne
· Die kontras kom nie net in die natuur voor nie. In Suider-Afrika het ons nie groot
metropole met ’n hoë bevolkingsdigtheid nie, maar uitgestrekte woestyne/ Bv.
Versreël 4 en 10: ons het nie groot metropole nie teenoor maar ons het uitgestrekte
woestyne
· Ons het nie donkergroen woude nie, maar in Suider-Afrika het ons krom grys
bome./ Bv. Versreël 5 en 11: Ons is sonder groot donkergroen woude teenoor en
krom grys bome wat houtbeen vasskop
· In Suider-Afrika het ons nie baie groot name soos Beethoven, Dante, Rembrandt
en Brabante nie. Ons het slegs ou inheemse name/ Bv. Versreël 6 en 14:dun is
ons geskiedenis met min groot name teenoor en oerrivierbeddings met ou inheemse
name
· In Suider-Afrika het ons nie die uitgebreide geskiedenis van die ander
wêrelddele nie, net die baie reste na aan die eerste worp – die ryk geskiedenis
wat die natuur vertel. (Die jakkals se fossielskreeu, angstjank en primitiewe
spotlag)/ Bv. Versreël 6 en 7:dun is ons geskiedenis met min groot name teenoor
soos beethoven of dante of rembrandt of bramante
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 4 NW/September 2019
NSS – Memorandum
· Dante se letterkunde word gestel teenoor die stories wat Suider-Afrika se
plekname vertel./ Bv. Versreël 7 en 15: soos beethoven of dante of rembrandt of
bramante teenoor soos gourits en storievertelname soos skrij of kameelsleep en
lijersdraai.
Die kandidaat bied 'n gepaste slot aan.
[10]
VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG
“Versagtende omstandighede” – Peter Snyders
Vraag Antwoord Punt
2.1 Die titel is ‘n regsterm wat in die hof gebruik word wanneer iemand pleit
dat sy vonnis versag/verminder moet word. ü 1
Normaalweg sou ‘n mens pleit dat jou sondes vergewe word sodat jy
hemel toe kan gaan, maar in hierdie gedig vra die spreker versagtende
omstandigede omdat die omstandighede in die hemel vir hom soos ‘n
lewenslange vonnis klink en hy verkies om op die aarde te bly en nie
hemel toe te gaan nie.ü 1
Beide kante van die ironie moet aangedui word vir EEN punt.
2.2 Ek-spreker/ Iemand uit die bruin gemeenskap van die Kaap/'n Persoon
wat nie hemel toe wil gaan nie. ü 1
Die ek-spreker maak die versagtende omstandighede wat die spreker
in die gedig vra, persoonliker./eerliker./oortuigender./
Die behoeftes van die persoon word die beste deur homself oorgedra./
Die spreker praat in die Kaapse variëteit.ü 1
2.3 Paradoks/Teenstelling/Kontrasü 1
Die spreker gebruik dikwels vloekwoorde/kru taal,ümaar die spreker
sal dit ook as ’n vloek (straf) beskou as hy in die perfekte hemel moet
beland.ü 2
2.4 Suid-Afrika is (tans) in 'n “historiese tyd” waarin 'n nuwe begin van
samewerking (tesamebeleid) ingegaan word./ Einde van die
apartheidsjare en nuwe geskiedkundige tydperk.ü 1
2.5 Metafoor.ü 1
Ja.
Die beeld is geslaagd omdat die spreker die hemel vergelyk met ‘n
begraafplaas waar dit altyd stil en neerdrukkend is (wat aansluit by die
redes wat hy reeds aangevoer het waarom hy nie wil hemel toe gaan
nie).ü
OF
Nee.
Die beeld is nie geslaagd nie omrede ‘n mens die ewige lewe in die
hemel het en die ewige lewe nie met die dood vergelyk kan word
nie.ü 1
Die kandidaat bied ‘n soortgelyke antwoorde vir EEN punt aan.
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 5 NW/September 2019
NSS – Memorandum
VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG
“’n brief van hulle vakansie” – Breyten Breytenbach
Vraag Antwoord Punt
3.1 “huil”ü 1
Die innerlike handeling (“treur”) word nou waargeneem in ’n uiterlike
handeling (“huil”). 1
3.2 Alliterasie/s-alliterasieü 1
Dit verwys na die kusdorp “Stilbaai” (‘n plek).ü 1
Die woord/naam kan ook ‘n figuurlike vooruitwysing na die naderende
dood wees.ü 1
3.3 Vergelykingü 1
‘n Bruid dui gewoonlik op blydskap/nuwe begin, maar Trixie vrek
(hartseer).ü 1
Beide kante van die ironie moet aangedui word vir EEN punt.
3.4 Sinestesie.ü 1
3.5 Hartseer/nostalgies/weemoedig.ü 1
Ja
In hierdie brief word daar op ‘n hartseer/nostalgiese/weemoedige wyse
berig oor die spreker se herinneringe aan sy ouers wat hy nie meer
dikwels sien nie/ word daar berig oor die spreker se hartseer/ nostalgie/
weemoed oor sy ouers se fisiese agteruitgaan waaraan hy niks kan
doen nie. ü 1
NEE kan nie as antwoord aangebied word nie.
[10]
VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
“besoekersboek” – Fanie Olivier
Vraag Antwoord Punt
4.1.1 Die spreker maak met die woord “ingekrap” die graffiti in die sel meer
permanent. / “Uitkrap” kan beteken om uit te wis, wat nie is wat die
persoon wou doen nie – hy wou dit vir altyd “inkrap”. ü 1
Dit staan tussen hakies/is ‘n parentese
Voorplasing
Enjambementsposisie.
Die akuutaksentteken op die “i” üü (Enige 2) 2
4.1.2 Dit is plekke waar mense tydelik vertoef.ü 1
Die mure waarop die graffiti aangebring word om te wys dat die
persoon tydelik daar vertoef het/besoek afgelê het. ü 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 6 NW/September 2019
NSS – Memorandum
4.2 Die spreker vra vrae waarop hy/sy nie antwoorde verwag nie/die
retoriese vrae beklemtoon die universele verskynsel dat mense iewers
’n merk wil laat/van geweet wil wees. ü 1
Kandidaat kan nie ‘n generiese antwoord oor die retoriese vraag
aanbied nie.
4.3 Werklike reis: besoek aan Egipte/besoek aan plek met hiërogliewe/ 1
besoek aan ’n jagplaas/besoek aan plek met rotstekeninge teen ’n
krans. ü
Die mens se lewensreis/se aardse bestaan/lewenservarings. ü 1
4.4 Dit is ironies dat die kind wat die simbool van die toekoms is, siek
is/seer hoes. ü 1
Beide kante van die ironie moet genoem word.
Ja
Die ironie is geslaagd, want dit sluit aan by die tema dat die mens
sterflik/verganklik/tydelik is. ü 1
NEE kan nie as antwoord aangebied word nie.
[10]
VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
“Ek het ’n huisie aan die Rand” – Pirow Bekker
Vraag Antwoord Punt
5.1 Die gedig het 14 versreëls /
Die gedig bestaan uit 3 kwatryne en ‘n rymende koeplet. /
Die versreëls is almal ewe lank.ü ü (Enige 2) 2
5.2 Denotatief: in die donker / laat in die aand.ü
Konnotatief: dit gaan sleg/ daar is baie/groot probleme.ü 2
Gevare soos geweld en misdaad vind dikwels in die nag plaas/’n
mens voel die minste veilig wanneer dit nag is.ü 1
5.3 Personifikasieü 1
5.4 Herhaling ü 1
Die spreker beklemtoon daarmee presies hoe veilig hy teen indringers
in sy huis voel.ü 1
Kandidaat kan nie ’n generiese funksie as antwoord aanbied nie.
5.5 Die gedig handel oor die vrees wat die modern mens het vir allerlei
gevare, soos misdaad en hoe hy hom daarteen wil beveilig.ü 1
Ja, dis gepas.
In Suid-Afrika is daar baie misdaad en mense is altyd bewus daarvan,
daarom skryf mense daaroor.ü
OF
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 7 NW/September 2019
NSS – Memorandum
Nee, dis onvanpas.
Gedigte is veronderstel om mooi te wees, mense wil nie nog wanneer
hulle met die kunste te doen het, aan misdaad herinner word nie.ü 1
Enige soortgelyke motivering kan as antwoord aangebied word.
[10]
TOTAAL AFDELING A: 30
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.
DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker
VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
· Dis ’n breë raamwerk van feite.
· Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat bied ’n gepaste inleiding aan.
· Iris voel aanvanklik dat sy nie wil trou nie, omdat sy nie vasgevang wil wees in
die soort huwelike wat sy om haar sien en ervaar nie./ Bv. bl. 82: “Ek wil nie trou
nie.” ... My redes was moeilik verklaarbaar, selfs aan myself. Die onwilligheid was nie
net vanweë my eie ouers se huwelik nie; ...
· Die Engel het van vroeg af vir Iris probeer wys dat daar meer as een
blomoomblik is, want Joe kan dalk nuwe deure vir haar oopmaak./Bv. bl. 101:
“Sies,” het die Engel in my oor gesis.
· Die Engel het van vroeg af vir Iris probeer wys dat daar meer as een
blomoomblik is, want die Engel probeer Iris oortuig om saam met Peter Vermont
toe te gaan./Bv. bl. 133: “Sien jy?” het die Engel gesê. “Jou dom aap.”
· Die Engel laat Iris besef dat haar blomoomblik nie noodwendig iets groots hoef
te wees nie, want sommige blom ongesiens./stil-stil./Bv. bl. 195: Party mense
blom ongesiens, ... So onverwags dat niemand dit eers opmerk nie.
· Die Engel bring Iris tot insig dat die blomnaam en die lelie niks met haar
toekoms te doen het nie, want ’n naam is net ’n naam./Bv. bl.187: “Net sowel,” het
hy gesê. “Ek sien geen verband tussen jou lelie en enigiets wat ons vannag bespreek
het nie.”
· Die Engel lei haar tot die insig dat hy nie haar toekoms bepaal nie, omdat sy
haar eie toekoms moet opdroom en kyk of sy daarvan hou./Bv. bl. 179: “Droom dit
op en kyk of jy daarvan hou.”
· Die Engel laat Iris besef dat die lewe nie ’n storie is nie, want sy is
verantwoordelik vir haar keuses en eie lewe./Bv. bl. 217: “Ek is nie ’n loopring nie.”
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 8 NW/September 2019
NSS – Memorandum
· Die Engel lei haar tot die besef dat sy ook elke dag kan blom./Alhoewel Iris
besluit om met Peter te trou, vra sy tog die Engel of dit die regte besluit was./Bv.
bl. 209: “Nou ja. Waarom vra jy dan? Ek was self nie seker nie. Goedkeuring,
miskien.”
· Peter laat Iris twyfel oor die betekenis van haar naam, omdat hy hewig van haar
verskil oor die belangrikheid wat sy aan haar naam en die een blomoomblik
heg./Bv. bl. 132: “Jou teorie is net op elke tweede mens van toepassing.”
· Peter stel haar voor ’n ultimatum om óf die modelkontrak te aanvaar óf saam
met hom na Vermont toe te gaan. Hy is moeg gewag vir haar soeke na haar
blomtyd en weiering om haar tot ’n vaste verhouding te verbind./Bv. bl. 133: “Ek
gaan nie in jou pad staan nie, Iris. As jy wil blom onder ateljeeligte met mense wat jou
deurmekaar gaan boelie, moet jy dit doen. Ek gaan Vermont toe.”
· Aan die einde van die roman verstaan Iris dat die lewe nie ’n soeke na een
hoogtepunt is nie, omdat elke dag saam met Peter sy eie spesiale oomblikke
inhou./sy nie sonder Peter kan klaarkom nie./Bv.bl. 209: “Sonder Peter kan ek tog
regtig nie klaarkom nie.” /Bl. 220: “Wees geduldig”, sê ek. “Dis amper tyd.”
· Die werklikheid saam met Peter kan net so magies wees as die beste fantasie,
daarom is Iris bereid om vrede te maak met die realiteit van ’n geroetineerde
voorstedelike bestaan./Bv. bl. 187: “Gebeur dinge nie maar sommerso nie? My lewe
bestaan uit onsamehangende flardes.”
· Iris se gesprekke met Billy lei haar tot gedeeltelike insig, omdat sy teenoor hom
moet erken dat sy nog eers moet uitvind wie die hoër Gode is voordat sy kan
blom./Bv. bl. 104: “Ek glo nie eintlik die laaste een nie, maar die eerste een is wel van
toepassing.”
· Billy waarsku Iris oor haar blomtyd, omdat nie alle bolle tot bloei kom nie./Bv. bl.
105: “Dis alles goed en wel dat jy wil blom, maar gestel die man spit jou uit?”
· Die Engel laat haar haar toekoms opdroom, omdat hy wil hê sy moet gaandeweg
besef sy is self verantwoordelik vir haar eie keuses./Bv. bl. 179: “Droom dit op en
kyk of jy daarvan hou.”
· Die Engel lei haar totdat sy besef ’n naam is net ’n naam./Bv. bl. 187: “Net sowel,”
het hy gesê. “Ek sien geen verband tussen jou lelie en enigiets wat ons vannag
bespreek het nie.”
Die kandidaat verskaf ’n gepaste slot.
[25]
VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
7.1 Iris het hom opgedroom./deel van haar fantasieë gemaak. ü 1
7.2 Die Engel is deel van haar lewe en daarom moes hulle daarvan
weet./As hulle mekaar leer ken, moet sy hulle van die Engel
vertel./Engele was deel van die gesprek. ü 1
Iris was desperaat om Bettie te troos./haar bui te verander./Dit was ’n
laaste desperate poging om met Bettie te gesels. ü 1
Sy het gelag en gelag totdat sy hik./Dit was vir haar baie snaaks. ü 1
7.3 Hy het nie vir Peter tydens die sweisongeluk beskerm nie. ü 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 9 NW/September 2019
NSS – Memorandum
7.4 Sy kan die wyfies se broeiery beïnvloed./Sy kan veroorsaak dat hul die
eiers uit die neste skop. ü 1
Hy vra haar om uit te vind waarom ’n wyfieduif eiers uit die nes skop. ü 1
7.5 Sy is ’n versamelaar./Sy maak antieke ware bymekaar./Sy is ’n
tuisteskepper wat daarvan hou om goedjies bymekaar te maak./
Sy is ’n voorbeeld van ’n tradisionele huisvrou van daardie tyd.ü 1
7.6 Nee.
Die duiwe is nog steeds veilig, al is Iris by die duiwe./Die broeipaar sal
nog altyd kleintjies kan kry./ ü 1
JA kan nie as antwoord aangebied word nie.
7.7 Hy gee haar die raad om nie oor haar naam met Peter te praat nie./
Hy gee haar die raad om Peter te laat slaap wanneer Peter moeg is./
Hy gee haar die raad om nie oor Brian se eerste vrou met hom te praat
nie./ Hy gee haar die raad om haar eie lewe te leef. üü 2
Die kandidaat bied TWEE soortgelyk voorbeelde vir EEN punt elk aan.
7.8 Johanna neem die rol van die verstrooide ma oor./ondersteun haar
deur haar hele lewe. ü 1
Peter gee vir haar die geleentheid om in haar bekende omgewing te
kan aanbly. ü 1
Billy besorg Iris in New York veilig in haar hotel/dien as haar biegvader/
gee vir haar perspektief op haar naam/blomtyd. ü 1
7.9 Soms stem die Engel se woorde ooreen met sy optrede:
Die Engel het haar toegelaat om haar eie besluite te neem, bv. hy laat
haar toe om self te besluit oor die modelkontrak./
Die Engel beskerm nie vir Iris of ander karakters soos sy gevra het nie,
bv. sy breek haar enkel in Vermont./hy pas nie die gifbottel op nie. ü 1
Die kandidaat bied ’n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
Soms stem die Engel se woorde nie ooreen met sy optrede nie:
Die Engel het Iris soms beskerm, bv. hy stamp haar uit die pad van die
skaatsplankryer./hy beskerm haar in Frankryk toe ’n gas haar oor Suid-
Afrika konfronteer. ü 1
Die kandidaat bied ’n soortgelyk antwoord vir EEN punt aan.
7.10 Hy kan ’n glasoog kry en niemand sal die verskil opmerk nie. ü 1
Peter se oë herstel volkome. ü 1
7.11 Die tannie het ’n tradisionele siening van ’n verhewe wese wat in
sekere gevalle na mense omsien. ü 1
Iris se Engel leef in haar werklikheid en moet haar van raad en
beskerming voorsien. ü 1
Toe sy haar been in Vermont gebreek het. ü 1
Hy beskou homself nie as ’n beskermengel nie. ü 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 10 NW/September 2019
NSS – Memorandum
7.12 Die kandidaat kan Ja of Nee as antwoord aanbied. Die kandidaat gee
sy/haar eie mening, bv.
Nee.
Iris sou permanent in haar verbeeldingswêreld gebly het en nie die
realiteit aanvaar het nie. ü
Iris sou heel moontlik die modelkontrak aanvaar het en nie liefde in
haar lewe ervaar het nie. ü
Iris sou haar hele lewe deur na ’n volmaakte oomblik gesoek het. ü
OF
Ja.
Iris sou uiteindelik haar pad gevind het, want niemand kan vir altyd die
werklikheid van die lewe vermy nie.ü
Iris sou wel die liefde ervaar het, want selfs as ‘n model, kon sy die
liefde van haar lewe ontmoet het.ü
Iris sou op ’n stadium in haar lewe ophou soek het na haar blomtyd en
die realiteit van wie/wat sy is, aanvaar het.ü 3
Die leerder bied enige DRIE soortgelyke antwoorde in konteks van die
roman aan vir EEN punt ELK.
[25]
MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse
VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
· Dis ’n breë raamwerk van feite.
· Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat bied ’n gepaste inleiding aan.
· Ouma Essie is die matriarg onder die Mulambwa-familie wat haar ’n leiersfiguur
in die gemeenskap van Barotseland en in Baas se lewe maak, want sy help hom
om sy konsessie op Manaka te behou deur by die khuta in te tree./Bv. bl. 100: Die
naam Mulambwa loop vir baie geslagte al saam met die naam Lewanika, wat die
naam van die koningshuis is. Die betekenis van die naam Mulambwa is 'vriend'.
· Ouma Essie word as die geestelike leier op Manaka geag, want sy word die
Profeet van die Bybel genoem en daarom het sy ’n groot aandeel daarin gehad
om Baas se geloofsekerheid op te los./Bv. bl. 43: My ouma Essie is die een wat die
mense die Profeet van die Bybel noem.
· Ouma Essie speel ’n leidende rol in Baas se lewe, want sy is die vrou van
Joseph Sitali en het dus die kennis om Baas te help om as geestelike leier op
Manaka in te tree./Bv. bl. 70: Ek is die vrou van muluti Joseph, die man wat dood is.
· Ouma Essie tree as herder en versorger vir Baas op Manaka op wanneer sy as
tussenganger tussen Baas en die sendelinge optree./Bv. bl. 70: En die skape wat
die Here my gegee het om op te pas.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 11 NW/September 2019
NSS – Memorandum
· Ouma Essie voel dat Christelike beginsels nie meer geld nie, sy eien haar die
reg toe om die khuta daaroor aan te spreek wanneer hulle Baas se konsessie
oor hulle eie gierigheid wil verhoog; sy weet hy kan dit nie bekostig nie./Bv. bl.
167: … dan is dit tyd dat die mense van hierdie hele stam vra hoekom die vergadering
van hierdie khuta nie meer met ’n gebed oopgemaak word nie …
· Ouma Essie staan haar man by om die Christelike boodskap te versprei en gee
aan Baas die teksverse in die Bybel om te lees in ’n poging om sy geloof te
versterk./Bv. bl. 166: Waar is daardie huis en daardie kerk wat ek en my muluti
Joseph vir ons en vir die Here gebou het nou?
· Ouma Essie is nie bang om haarself teen onreg uit te spreek nie, daarom tree sy
vir Baas by die khuta in../Bv. bl. 47: Jy ken mos niks anders as om mense te
verneuk nie.
· Ouma Essie tree ondersteunend teenoor Baas en die sendelinge op, want sy
probeer vrede bewerkstellig tussen Baas en die sendelinge op Manaka./Bv. bl.
118: Daar is nie nog ’n seekoeipad om met takke toe te slaan teen die krokodille nie.
Die ander plekke is ook te skuins,” praat ouma Essie, kop agteroor, asof sy nou onder
die bril deur beter kan sien.
· Ouma Essie lei vir Baas tot die aanvaarding van sy geloof, want hy vra aan haar
wat jou ’n Christen maak./Bv bl. 202: "Jou reg om 'n Christen te wees maak van jou
'n Christen. Weet jy dit dan nie?"
· Grace, versorg Baas as hy malaria opdoen en help met sy herstel sodat dit vir
hom moontlike is om op Manaka te bly./Bv. bl. 41: Ek het gehoor dat jy malaria het,
meneer Baas.
· Grace tree onbaatsugtig/nes ’n verpleegsuster op, want sy gaan ook saam met
Baas na die hospitaal toe, toe hy malaria kry om hom met sy versorging by te
staan./Bv. bl. 48: Toe hy wakker word, is sy nog by hom.
· Grace probeer die siekes help, want sy is ’n opgeleide verpleegsuster/gee vir die
mense om./Bv. bl. 86: Dit is die tablette wat ek in die nag saamgevat het Mubyu toe.
· Grace tree as tussenganger of tolk tussen Baas en die khuta op, want sy kan
ook Engels praat en Afrikaans verstaan./Bv. bl. 57: Daar is ’n vrou wat ’n baie goeie
tolk vir muluti Krieseltjie sal kan wees. Sy kan Engels praat. Sy verstaan ook Afrikaans
…”
· Grace speel ’n rol in die oplossing van die konflik tussen Baas en die
sendelinge, want sy besef dat die probleme kan vergroot as hulle stilbly./Bv. bl.
97: Vandag is nie ’n dag om oor die toekoms te praat en besluite daaroor te neem nie.
Maar daar kan nie meer stilgebly word oor die probleme nie. Dit laat dit net meer word.
· Grace is die een wat deur haar voorbeeld vir Baas wys hoe omgee in
Barotseland lyk: jy deel wat jy het met die mense wat niks het nie – soos hy wel
maak./Bv. bl 125: “Sy is baie oud. En in die groen trommel agter die bed is daar nog
van die blikkiesvis …”
· Grace se een rol is om die sendelinge en vir Baas van die gewoontes van die
Lozi’s/Barotseland te leer, want anders doen hulle die naam Makoa gestand./Bv.
bl. 98: ’n Man loop voor in die pad, sy vrou agter, want ’n man is die meerdere van ’n
vrou ...
· Grace speel ’n belangrike rol in Baas se lewe, want dit is by Grace wat Baas ook
’n antwoord op sy vraag oor godsdiens kry./Bv. bl. 228: Is dit wat van jou ’n
Christen maak?” “Ja. En die weet,” antwoord sy. “Die weet waar ek heengaan, hier, en
in die lewe hierna.”
· Grace glo, soos ouma Essie, dat Baas met ’n spesifieke doel na Manaka toe
gestuur is./Bv. bl 94: “As jy weggaan, sal die sendelinge ook weggaan.”
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 12 NW/September 2019
NSS – Memorandum
· Grace trek (onwetend) ’n parallel tussen Baas en sy oupagrootjie wanneer sy
hom daarop wys dat hy op Manaka is om die pad vir die sendelinge oop te maak
sodat sy op die koop toe ’n werk kan kry./ Bv. bl. 95: Om my te help om ’n werk te
kry, en om die pad vir die sendelinge oop te maak, is miskien party van die werke
waarvoor die Here jou na Manaka toe gestuur het.”
· Grace is die een person, naas ouma Essie, wat Baas se vertroue wen, soveel so
dat hy haar met sy diepste geheime vertrou: hy vertrel haar van sy denkbeeldige
weddenskap met oupagrootjie./ Bv. bl. 127: Toe ek ’n kind was, het ek hom in my
gedagtes gewed dat ek vir hom die skoenlapper sal vang wat hy nooit gekry het nie.”
· Grace se aanvoeling vir besigheid is vir Baas op die lang duur baie werd./Bv. bl.
196: “Hierdie keer sal ek die vleis verkoop.” Sy vryf haar hande teen mekaar en buig
haar knieë ’n klein bietjie. “Om besigheid te doen, is nie iets waarmee jy goed is nie.”
· Grace is vir Baas ’n hulp. Wanneer hy die bankies herstel, of na sy boot gaan
soek, dan beïnvloed haar hulp hom. Dit laat Baas besef dat ’n mens nie alleen
kan regkom nie en dat hy in die toekoms op Manaka vir ander ook beskikbaar
moet wees./ Bv. bl. 244: Sy gee koperskroewe aan. Baas skroef die eerste bankie se
plank op die stutpaaltjie onder die worsboom vas.
· Nanna stel belang in die mense en voel veral besorg oor Baas, want sy tree
medemenslik op toe sy haar eie slaapsak oor Baas teen die koue gooi./Bv. bl. 83:
Oom Scholtzie dop die nat klere van Baas se lyf af en gooi hom toe onder komberse.
Die vrou bring haar slaapsak en gooi dit ook oor.
· Nanna bereik die mense en vir Baas met die wyse waarop sy die Christelike
boodskap oordra, want haar sangdiens is suksesvol in vergelyking met Griesel
se bestraffende preek./ Bv.bl. 205: Aan die einde van sy diens sê Griesel die wat
hulle harte vir die Here wil gee en by die kerk wil aansluit, moet opstaan. Die vrouens
staan tydsaam op en begin wegstap./ Bl. 205: Die twee vrouens kom sit weer. Hulle
klap vrolik op maat van die wysie hande en sing sonder die woorde. Die volgende
Sondag kom hulle weer en bring twee nuwe kerkgangers saam.
· Nanna is die eerste persoon met wie Baas sy twyfel oor geloof verwoord./Bv. bl.
138: "Wat maak van 'n mens 'n Christen?"
Die kandidaat bied ’n gepaste slot aan.
[25]
VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
9.1.1 Plek van die Ryk Mense.ü 1
9.1.2 Hy was die tussenganger tussen die Du Pisani’s (sendelinge) en die 1
khuta. ü
9.2 Hy dra ’n donker pak met dofwit strepies teenoor die khuta se verslete
klere ü en hy was sy hande nadat hy meneer Kebbey gegroet het. ü 2
9.3 “Krieseltjie” beteken “min”. Griesel het baie belofte getoon as nuwe
sendelinge, maar aan die einde van die roman besef ons hy is nie ‘n
man van formaat nie – inderdaad “min”.üü 2
Beide kante van die ironie moet gegee word vir TWEE punte.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 13 NW/September 2019
NSS – Memorandum
9.4 Met hulle aankoms op Manaka het Nanna saam met oom Scholtzie en
ouma Essie wyn gedrink en Griesel berispe haar hieroor./
Nanna het privaataangeleenthede in die openbaar bespreek./ 2
Hy was kwaad en vermaan haar om nie vir almal geld en werk te gee
nie. ü ü
Die kandidaat gee enige TWEE antwoorde vir EEN punt elk.
9.5 Positiwiteit. ü 1
Sy laat toe dat ’n dogtertjie aan haar hare vat./trek vir die kinders
gesigte tydens die khuta-vergadering./het by ouma Essie gaan
slaap./sy gee geld vir die plaaslike bevolking. ü 1
Die kandidaat moet ’n handeling as antwoord aanbied wat daarop dui
dat Nanna Afrika-gebruike aanvaar.
Dis mos Afrika. ü 1
9.6 Meneer Johnnie. ü 1
(Nanna ontvang) ’n pampoen. ü 1
9.7 Grace ü 1
Baas het die toutjie waarmee die portret teen die muur gehang het as
‘n gordel gebruik om sy broek bo te hou (nadat hy so baie gewig as
gevolg van malaria verloor het.)ü 1
9.8 As betaling vir die verblyf wat sy hom eens op ‘n tyd gegee het toe sy 1
bakkie gebreek het.ü
Riekert het ‘n week by ouma Essie gebly. ’n Mens sou verwag dat ’n
mens meer sou betaal as jy ’n week van iemand se gasvryheid gebruik
gemaak het,ü maar Riekert voel omdat sy swart is, is dit genoeg.ü 2
Beide kante van die ironie moet genoem word vir TWEE punte.
9.9 Whitey ü 1
Hy en Baas het dieselfde oupagrootjie./Hulle is agterkleinneefs. ü 1
Hy het Baas se boot gekry nadat dit in die rivier afgespoel het.ü 1
9.10 Hy skryf sy naam in die boomstam onder sy oupagrootjie se naam./
Hy kap Morena se kop/horings teen die naambord vas./
Baas maak die bankies onder die worsboom reg./
Baas (en Grace) wat (agter mekaar) in die olifantpad teen die rivier
afloop om die boot te gaan soek en Baas wat sy geweer oor sy skouer
dra./
Die lyfband van muluti Joseph wat Baas afhaal en vir Ouma Essie
teruggee. üü 2
Kandidaat bied enige TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk
aan.
Grace ü 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 14 NW/September 2019
NSS – Memorandum
Nadat Baas besluit het om weg te gaan/hy (vir sy oupagrootjie) gesê
het: ''Jy wen, Baas Dennis,'' sê Grace vir hom die ou man sê R5 is te
min vir sy drome./Grace beïnvloed hom om te bly.)/herinner hom aan
sy drome om in sy oupagrootjie se voetspore te volg./Dit is by Grace
wat Baas uiteindelik die antwoord op sy kwelvraag oor godsdiens
kry. ü 1
[25]
VATMAAR – AHM Scholtz
VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
· Dis ’n breë raamwerk van feite.
· Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat bied 'n gepaste inleiding aan.
· Daar is beweringe dat die naam Vatmaar van Ta Vuurmaak afkomstig is, want hy
is een van die eerste mense wat gewoon het in wat later Vatmaar sou wees./Bv.
bl. 5: Party mense het gesê Vatmaar het sy naam by Ta Vuurmaak gekry.
· Ta Vuurmaak steek die buit van die plase weg in die watertenk op die sylyn.
Hierdie buit is later in Vatmaar gebruik./Bv. bl. 9: Chai het gesê dis vatmaar-goed.
· Ta Vuurmaak skep vir die mense werk en gee so menswaardigheid aan Vatmaar
se mense./Bv. bl. 22: Ek het party van die manne wat nie werk gehad het nie, of wat
afgedank is, aan die stene maak gesit. Vir elke drie wat gemaak is, was twee die
maker s'n en een myne.
· Ta Vuurmaak sorg dat die Griekwa-kinders kontak hou met hul kultuur, want hy
vertel vir hulle stories uit die verlede/van Heitsi Eibib./Bv. bl. 83: Daar was
Griekwa-kinders wat Sus Bet wou hê die stories van hulle se afkoms moes hoor en
onthou.
· Ta Vuurmaak is die een met die meeste kennis van die rol wat die oorlog in die
nedersetting gespeel het wat hy aan die kinders van Vatmaar oordra./Bv. bl. 7:
Vertel ons nog, Ta, het ons hom aangespoor.
· Ta Vuurmaak ken die geskiedenis van die ontstaan van Vatmaar die beste; hy
word as die bewaarder van Vatmaar se geskiedenis beskou./Bv. bl. 20: Ta
Vuurmaak vertel hoe alles begin het.
· Die Griekwa-beginsel om met jou broer te deel word deur Ta Vuurmaak
voorgeleef en hy leer dit ook aan die jong seuns wat hom besoek./Bv. bl. 85: In
die lewe, in die lewe is een van die grootste deugde om te deel. Deel met jou broer
wat 'n behoefte het. Dit sal vermenigvuldig terugkom.
· Ta Vuurmaak leer die seuns omtrent die kompleksiteit van die natuur, want hy
glo dat jy respek teenoor die natuur moet betoon./Bv. bl. 88: Ta Vuurmaak het
ontsag gehad vir die Son en Maan en hy het sy stem laat sak as hy oor hulle praat.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 15 NW/September 2019
NSS – Memorandum
· Oom Chai proklameer die nedersetting met George Lewis se hulp, want hy wil 'n
soortgelyke nedersetting as die Engelse settlement vestig./Bv. bl. 21: Chai het glo
een nag terwyl hy wakker gelê het, die plan gekry vir wat die Engelse 'n settlement
noem. In sy gedagtes het hy die plek naby die vlei gesien. Ek het met George daaroor
gepraat, het Chai gesê …
· Oom Chai verskaf 'n heenkome vir talle uitgewekenes, wat by die vatmaar-
gedagte aansluit, die nedersetting begin met vatmaar-goed./Bv. bl. 22: In die
winter was Chai en sy George se eenkamer-huise so laat hulle kon intrek.
· Oom Chai onderhandel namens die mense van Vatmaar met die dorpsraad van
Du Toitspan sodat 'n plek waar die nedersetting gevestig kan word, toegeken
word./Bv. bl. 21: Ek het met George daaroor gepraat, het Chai gesê, …
· Oom Chai onderhandel met die predikant van Du Toitspan. Hy sorg dus dat die
nedersetting hul eie kerkgebou kon kry, die Sendingkerk./Bv. bl. 27: … almal het
saamgestem dat julle mense van Vatmaar ons ou saal kan kry.
· Oom Chai is een van die ouderlinge in die kerk wat ook daarvoor
verantwoordelik is om dienste in die kerk te hou./Bv. bl. 41: … het altyd die eerste
drie Sondae van die maand gepreek, en oom Chai die laaste een.
· Oom Chai bring Vatmaar se mense met ouderling Hans du Plooy in aanraking,
wat die Woord aan hulle bedien. Dit het hulle saamgebring en hulle het die seën
daarvan ervaar./Bv. bl. 35: Charlie, sê die domanie, jy en oom Hans sal saamwerk en
by die volgende kerkraadsvergadering sal ons jou naam aanteken as ouderling van
die Sendingkerk Vatmaar.
· Oom Chai sorg dat alles in die skool vlot verloop, want hy probeer 'n skryfbord
in die hande kry toe hy sien dat die skool een benodig./Bv. bl. 100: Oom Chai het
die beste swartbord en staander gevat en 'n klompie afvalstukkies bordkryt gevra vir
ons kinders om op die swartbord mee te kan skryf.
· Vir Oom Chai is die oprigting van ʼn kerk baie belangrik, want hy wil die kinders
laat doop. Dus sorg hy dat die gemeenskap die Woord van God bekom/vir die
stigting van die skool dat almal kan leer lees./Bv. bl. 25: Domanie, sê Oom Chai,
ons in Vatmaar het rêrigwaar 'n sendingkerk nodig want daar is bybies en jong kinders
wat nie gedoop is nie.
· Oom Chai is 'n natuurlike leier. Daar is gesê: ''Om oor iemand te wees was iets
wat altyd na hom toe aangekom het sonder dat hy daarvoor gesoek het.''/Bv. bl.
28: Vyf, jy wat Chai is, sal die ouderling van die kerk wees.
· As nie-amptelike burgemeester neem hy belangrike besoekers in Vatmaar
rond./Bv. bl. 97: Oom Chai is vooraf vertel van hulle koms. … Oom Chai het die kerk
vir hulle oopgesluit, …
· Oom Chai het 'n groot invloed in die nedersetting. Hy kon die onderwyseres,
Teacher Elsa, aanbeveel en sy is aangestel omdat sy van Vatmaar kom./Bv. bl.
98: En: Miss. E. Lewis will be on the payroll of the Du Toitspan Town Council.
· Oom Chai is die sedebewaker van Vatmaar wat vir Teacher Elsa aangesê het om
haar gesig te was en dat sy bly kan wees hy was daar toe die Rooinek verspot
begin raak het omdat bruin vroumense nooit nee vir 'n wit man kan sê nie./Bv. bl.
100: Was daai gemors af. Dan kan jy weer aangaan. Lóóp! Was daai gemors af en
gee skool.
Die kandidaat bied ’n gepaste slot aan.
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 16 NW/September 2019
NSS – Memorandum
VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
11.1 Oom Flip het diamante gesteel. ü
Bennie was ’n vleisdief. ü 2
11.2 Vatmaar is ’n fiktiewe woonplek ongeveer 8 km (vyf myl) van Du
Toitspan af. ü 1
11.3 Settie September het gesê sy het haar ring gesteel. ü 1
Tant Wonnie was ’n Rehoboth-baster/nie blank nie/wat op grond van
rasseklassifikasie so sleg deur die blanke polisieman behandel is./
Tant Wonnie was baie arm;/daarom behandel die polisieman haar as
deel van die laagste vlak van die bevolking.
Die polisieman het nie respek vir Tant Wonnie nie. ü 1
11.4 Die verteller dra kennis oor van al die gebeure in teks E./ Die verteller
dra kennis oor van die karakters (Tant Wonnie/konstabel/inwoners) se
handelinge./ Die verteller dra kennis oor van die karakters (Tant
Wonnie/ konstabel/die inwoners) se ingesteldheid. Die verteller dra
kennis oor van die karakters (Tant Wonnie/die konstabel/die inwoners) 1
se emosies. ü
11.5 Die wit man is blatant rassisties./word as blatant rassisties
gestereotipeer./
Die wit man word gestereotipeer dat hy geen respek vir ’n ander ras/
vrou het nie.ü 1
Die Müller-vroue word in hierdie roman gestereotipeer as sterk./
vreesloos. ü 1
11.6 Familiewaardes / Ewige liefde / Ware liefde / Getrouheid
Hardwerkendheid üü 2
Die kandidaat bied enige TWEE waardes vir EEN punt elk aan.
Ja
Gesinne leef in vrede en liefde saam./
Daar is nog vandag baie voorbeelde waar ware liefde seëvier.
OF
Nee
Die hegte familiestruktuur is nie meer in vandag se samelewing so
belangrik nie./
Liefde het goedkoop geraak.ü 1
Die kandidaat bied EEN soortgelyke motivering vir EEN punt elk aan.
11.7 Spanning/Afwagting ü 1
11.8 Diensbaarheid / Onselfsugtigheid / Trots / Medemenslikheid
Deursettingsvermoë üü 2
Die kandidaat kan die karaktereienskappe omskryf.
Die kandidaat bied TWEE karaktereienskappe vir EEN punt elk aan.
Hulle misbruik haar/haar goeie geaardheid./
Hulle het haar nie betaal nie/volgens die waarde van die werk wat sy
gedoen het, betaal nie.ü 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 17 NW/September 2019
NSS – Memorandum
11.9 Beide die geregsdienaars verneder die oortreders. ü 1
11.10 As jy Engels kan praat, is jy beter as ander mense. √ 1
Ja
Oom Chai sê hulle dink hulle is beter as ander./
Suid-Afrika het toe nog sterk bande met Brittanje gehad./
Engels is hoër geag as Afrikaans. ü 1
11.11 Die predikant behoort nie betrokke te wees by diefstal nie, maar hy
gebruik nou die Bybel as regverdiging vir die steel van die diamant. ü
Die predikant behoort ’n waarheidsverkondiger van die Bybel te wees,
maar hy verdraai nou die Bybel om sy gewete te sus. ü 2
Alhoewel hy die waarheid praat, het die waarheid hom nooit vry
gemaak nie./
Die waarheid het nooit tot sy vryheid gelei nie, want hy is ’n jaar later
tydens die eerste winter in die tronk oorlede.ü 1
Die kandidaat moet beide kante van die ironie vir EEN punt aanbied.
11.12 Vatmaar het sy ontstaan te danke aan goed wat maar net gevat is./
Sommige goed in Vatmaar is op oneerlike wyse bekom./
Hulle het nie die agste gebod eerbiedig nie. üü 2
Die kandidaat bied TWEE redes vir EEN punt elk aan.
EN
Ja
Diefstal is ’n algemene verskynsel in ons samelewing vandag.
Die mens wil nie verantwoordelikheid vir verkeerde dade aanvaar
nie.üü 2
Die kandidaat gee TWEE soortgelyke gemotiveerde menings vir EEN
punt elk.
Aangesien diefstal strydig met die landswette is, kan NEE nie as
antwoord aanvaar word nie.
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 18 NW/September 2019
NSS – Memorandum
ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen
VRAAG 12: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien
LET WEL:
· Dis ’n breë raamwerk van feite.
· Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat bied ’n gepaste inleiding aan.
· Die druk wat Greg se pa op hom plaas lei daartoe dat hy ingetrek word deur
kuberkrakery./kuberkrakers./Eckardt, want hy rebelleer teen eise wat sy pa aan
hom stel./ Bv. bl. 99: Jeez, Greg, jou pa kan nie vir jou besluit nie, sê Eckardt. Jy is
byna agttien, my ou. Tyd om op jou eie bene te staan.
· Greg se pa plaas druk op Greg om te presteer, want hy soek ‘n skouperd om sy
ouer seun, John, se plek in te neem nadat John selfmoord gepleeg het./ Bv. bl.
106: Ek is teleurgesteld in jou, Greg. Dan is ek ten minste nie die eerste kind wat jou
teleurstel nie, Pa.
· Greg se pa plaas druk op Greg om onderdanig te wees aan Dok Pienaar, want hy
is kop in een mus met hom en weet dat Dok Pienaar gesorg het dat Greg
hoofseun word./ Bv. bl. 106: Jy kan bly wees Dok het jou nie daar en dan sommer uit
die skool geskop nie. Jy’s ‘n ondankbare klein snotkop.
· Greg se pa is die oorsaak daarvan dat Greg in sy eie vermoëns begin
twyfel/minderwaardig voel, want hy besef dat hy nooit aan sy pa se hoë
verwagtinge gaan voldoen nie./ Bv. bl. 107: Dalk is my pa reg. Dalk is ek so sleg
soos hy sê. Wat moet ek doen om hom gelukkig te maak?
· Greg se pa het baie druk op hom geplaas om ’n leierskapsposisie te beklee,
maar hy is nie ’n suksesvolle hoofseun nie, want hy word deur Dok Pienaar
aangespreek oor die VRL se dissipline./moet met die groep daaroor praat./hy reël ook
nie die VRL-vergaderings nie, maar is vies as Kwanele dit doen. Bv. bl. 102: Sal jy vir
my kerkdiensbeurt instaan?
· Greg voel soos ‘n kloon van sy pa en dat sy pa verwag hy moet in sy pa se
beroepsvoetspore volg, want hy voel hy het nie eintlik ‘n ander keuse as om aan
sy pa se verwagtinge te voldoen nie./ Bv. bl. 99: Jeez, Greg, jou pa kan nie vir jou
besluit nie, sê Eckardt. Jy is byna agttien, my ou. Tyd om op jou eie bene te staan.
· Die familiedruk/ druk van sy pa maak Greg opstandig, want hy rebelleer teen
Lawson Kollege en die feit dat hul as rykmanseuns slegs klone van hul pa’s is
en nie regtig hul eie mense kan wees nie./ Bv. bl. 91: Jip, soos die res van die
ouens hier, Die clones.
· Greg voel hy word nie regtig deur sy pa aanvaar nie, want hy en sy pa
kommunikeer swak omdat hy altyd met werksake besig is en baie min tyd
afstaan om werklik na Greg te luister./ Bv. bl. 106: Pa, laat ek verduidelik – Dit help
nie, hy luister nie, gaan net aan.
· Greg het ’n skuldgevoel teenoor sy pa, want selfs as sy pa se bedrogspul aan
die kaak gestel word, is Greg spyt hy het sy pa in die steek gelaat./ Bv. bl. 220:
En terwyl ek so na my pa kyk, sien ek vir die eerste keer hoe hy pynlike oomblik vir
oomblik afgetakel word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 19 NW/September 2019
NSS – Memorandum
· Greg is ook baie bang vir sy pa en daarom verdraai hy dikwels die waarheid
sodat hy nie sy pa teleurstel nie, daarom vervals hy sy eerstekwartaalrapport./
Bv. bl. 157: Hy hoef nie die einde van die jaar vir my pa te verduidelik waar die
verwagte onderskeidings heen is nie.
· Die bedrogspul waarin Greg se pa betrokke geraak het, het veroorsaak dat Greg
deur Eckardt gebruik is, want Eckardt wou wraak neem deur Greg se familie te
vernietig./ Bv. bl. 215: Toe jy vir Dok ontmasker het as die Butcher, het jy, sonder dat
jy dit weet, ook jou pa vir die honde gegooi.
· John – Greg se broer – het sy eie lewe geneem en daarom verhoog die druk op
Greg. Greg moet nou soos John aan sy pa se verwagting voldoen: Hy moet
hoofseun van Lawson Kollege en die eerste rugbyspankaptein wees./ Bv. bl. 106:
Jy kan bly wees Dok het jou nie daar en dan sommer uit die skool geskop nie. Jy’s ‘n
ondankbare klein snotkop.
· John se selfmoord laat Greg met skuldgevoelens, want hy verwyt homself dat
hy nooit gesien het dat John so ongelukkig was nie./ Bv. bl. 66: Ek het gedink dit
was omdat hy alles gehad het wat hy nodig het. Maar ek was verkeerd. Iets was
steeds missing. En toe gaan doen hy so ‘n stupid, stupid ding.
· John se selfmoord het Greg ‘n vrees vir die dood gegee, want hy is bang om
nog geliefdes op hierdie manier te verloor, soos toe Eckardt verdwyn het./
Nicole dreig om iets aan haarself te doen./ Bv. bl. 159: Dis nie niks nie. Wat bedoel
jy, Nicole? As jy gaan try om iets aan jouself te doen … Ek voel skielik so magteloos.
· John was lief vir ekstreme sportsoorte en het Greg daarby betrek; daarom kon
Eckardt Greg so maklik oorhaal om betrokke te raak by kuberkrakery, want Greg
het kuberkrakery ook as ‘n ekstreme sport gesien./ Bv. bl. 145: Ek vee die sweet
van my gesig af. Probeer hard om nie die opgewondenheid in my stem te laat
deurslaan nie.
· Omdat Greg hoofseun word om sy familie/pa tevrede te stel, is hy nie ‘n ware
hoofseun nie, want hy laat hom maklik deur Eckardt beïnvloed/drink ’n bier
saam met Eckardt/en laat Eckardt hom in die kuberkrakerwêreld intrek./ Bv. bl.
71: Twee yskoue Castles. Ek weet ek is veronderstel om so iets te rapporteer, maar
ek besluit: what the hell …
· Greg se vriendskap met Eckardt veroorsaak dat hy baie van sy pligte
versuim./aanhoudend diensbeurte uitruil./onttrek van sy skoolvriende./Greg se
skoolwerk begin verswak, want hy is die hele tyd besig met kuberkrakery –
aanvanklik om dit aan te leer en later in ‘n poging om Eckardt op te spoor./ Bv.
165: Al my pelle, wat nou al minder met my gesels, maar net weet.
· Eckardt verlei Greg doelbewus deur hom ’n bier in sy kamer aan te bied en Greg
aanvaar dit, wetend dat dit verbode is op die skoolterrein./ Bv. bl. 71: “Lus vir iets
om te drink?” vra hy. Kyk sommer in die yskas. Ek dink daar is nog twee biere agter
die blikkies koeldrank.
· Eckardt prikkel Greg se belangstelling wanneer hy hom meer inligting omtrent
kuberkrakers en hulle metodes te gee sodat Greg hom dan vra om hom te leer
kuberkaak./ Bv. bl. 81: “Sal jy my leer?” vra ek toe Eckardt weer agteroorleun in sy
stoel.
· Eckardt wen Greg se vertroue as hy hom voordoen as ’n vriend en vertroueling
wanneer hy hom leer kuberkraak./ Bv. bl. 89: So begin dit vir my. Ek registreer op
die site as G-4ce.
· Eckardt kry dit reg om Greg te verlei dat hulle onwettig toegang tot die skool se
netwerkkamer kry en op die rekenaars gaan krap wat Greg andersins nooit sou
doen nie./Bv. bl. 111: “As iemand ons hier kry, is dit verby met ons,” sê ek sag.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 20 NW/September 2019
NSS – Memorandum
· Eckardt se verdwyning het so ’n groot invloed op Greg se lewe dat hy weier om
normaal aan te gaan./rugby te speel./klasse by te woon./ Bv. bl. 76: “En as julle
nie nou dadelik begin nie, sit ek nie my voet op ’n rugbyveld nie.”
· Eckardt is ook die oorsaak daarvan dat Greg se gesin in ‘n krisis gedompel
word, want Greg ontbloot alles onwetend dat sy pa ook betrokke is by Dok
Pienaar en Project Nursery Rhyme./ Bv. bl. 215: Toe jy vir Dok ontmasker het as die
Butcher, het jy, sonder dat jy dit weet, ook jou pa vir die honde gegooi.
· Deur Eckardt se invloed kom Greg tot insig dat die Onderwêreld van geld boos
en gevaarlik is./Bv. bl. 191: Die wêreld van geld is boser as enigiets wat ’n hacker
kan aanvang.
Die kandidaat bied ’n gepaste slot aan.
[25]
VRAAG 13: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
13.1 Die verhaaltitel is Onderwêreld en in Eckardt se kamer het Greg die
onderwêreld van kuberkrakery leer ken.ü 1
13.2 Eckardt het verdwyn ü en die kamer is gesluit sodat die speurders
daar vir leidrade kan soek.ü 2
13.3 Greg is bang dat Eckardt ook soos sy broer, John, sy eie lewe
geneem het./Eckardt laat Greg baie aan John dink.ü 1
13.4 Het Eckardt sy eie lewe geneem? / Waar is Eckardt?/ Het iemand 2
Eckardt ontvoer?üü
Die kandidaat kan ook ander gepaste antwoorde aanbied.
13.5 Greg het ’n e-pos met ’n vervalste e-posadres na sy pa se koerant
gestuur.ü 1
Geen berig oor Eckardt het in die koerant verskyn nie. ü 1
Dok Pienaar ü 1
Dok en Greg se pa is kop in een mus en omdat Greg se pa die
mediareus Turret Media besit, kon hul ’n stokkie voor die plasing van
die berig steek /verhoed dat die berig verskyn./die verskyning van die
berig keer. ü 1
13.6 Hy weier om aan die rugbywedstryd deel te neem omdat die skool niks
aan Eckardt se verdwyning doen nie.ü 1
Ja
Dit is ‘n aanduiding van sterk leierseienskappe as ’n mens kan
standpunt inneem teen dinge wat verkeerd is.P
OF
1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 21 NW/September 2019
NSS – Memorandum
Nee
Om teen gesagsfigure soos jou skoolhoof in opstand te kom, is nie ’n
teken van leierseienskappe nie, maar van rebelsheid.P 1
Eie opinie met motiverings uit die roman.
Hy is ’n lojale vriend/ hy gee om vir sy ma/ook anderü
Die kandidaat kan ook ander gepaste positiewe eienskappe gee.
13.7 Die foto van Eckardt se pa, ma, broer en suster/Eckardt se
huisgesin. ü 1
13.8 Greg se paü 1
Hy besit die mediamaatskappy en moet inligting oor die virussterftes
publiseer sodat die lesers en gemeenskap paniekerig raak en graag
inentings wil ontvang.ü 1
Sy maatskappy, Turret Media, het in geldelike verknorsing beland.ü 1
13.9 Eckardt het die hele tyd ‘n skaakspel gespeel – hy het baie subtiel vir
Greg geprogrammeer om te doen wat hy beplan het, / Hy het Greg
soos ‘n pion gemanipuleer in sy wraakspelü om uiteindelik al die
“pionne” te laat val sodat hy as oorwinnaar uit die spel kan
tree. ü 2
13.10 Ja, Eckardt gee Greg tyd om aan sy woorde te dink ü dit skep ook
spanning ü 2
13.11 In beide die tekste is hy bang/ angstig/ervaar hy vrees.ü 1
Ja, bv. Greg is bang dat Eckardt ook sy eie lewe sal neem.ü 1
Greg besef sy pa het deel aan die Nursery Rhyme Project (die
voëlgriepbedrogspul).ü 1
13.12 Greg sal sy pa vergewe omdat ook hy ‘n fout gemaak het deur te
kuberkraak./ Geld sal nie meer ‘n faktor in hierdie gesin se lewe wees
nie. ü 1
Kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
[25]
TOTAAL AFDELING B: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 22 NW/September 2019
NSS – Memorandum
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.
KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small
VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien
LET WEL:
· Dis ’n breë raamwerk van feite.
· Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat bied 'n gepaste inleiding aan.
· Map Jacobs is, soos die gemeenskap waarvan hy 'n deel is, as gevolg van die
apartheidswetgewing van Distrik 6 na die Kaapse Vlakte verskuif – op die
Kaapse Vlakte kry Map (ten spyte van 'n matrieksertifikaat) nie werk nie, want al
die werk word vir wit mense gereserveer; hy kan nie sy omstandighede verbeter
nie. Hy is vas./Bv. bl. 31: MAP: Ek het matriek gemaak, standerd tien … en toe ek 'n
job soek, 'n goeie werk, well,'it was alles vir whites only …
· Omstandighede op die Kaapse Vlakte word gekenmerk deur ellende./armoede./
uitsigloosheid. Map-hulle is arm, wat beteken dat hy ook nie elders 'n heenkome
kan gaan soek nie, hy kan nie uit sy omstandighede ontsnap nie./Bv. bl. 50: En
hulle move nooit op nie! Liewerste ónner toe! Kyk, jy word hierso gebore onder die
bread-line … en jy vrek hierso ónner die bread-line …
· As gevolg van die negatiewe atmosfeer in die township ervaar die inwoners 'n
identiteitloosheid. Map wil ook iewers behoort, gevolglik raak hy by bendes
betrokke./word vasgevang in die ysterkloue van misdaad wat hom beslis nie
bevry nie, maar verder inperk wanneer hy na 'n letterlike tronk toe gaan./Bv. bl.
35: Ek het vi' Ivan Philander doodgestiek, nou net. Toe hou ek my hande yt, vi' die
boeie … Ek het myself op-gegie. Ek het getry om 'it … soes 'n man te vat …
· Map is onder die apartheidsregering, as 'n lid van die bruin gemeenskap,
uitgelewer aan minderwaardige werk. Map kan slegs 'n bode word, want alle
ander werk word gereserveer vir wit mense, gevolglik is Map eintlik in 'n
doodloopstraat vasgevang, 'n gevangenis waaraan hy nie kan ontsnap nie./Bv.
bl. 31: MAP: Ek het matriek gemaak, standerd tien … en toe ek 'n job soek, 'n goeie
werk, well, 'it was alles vir whites only …
· Map se sosio-ekonomiese omstandighede maak ook van hom 'n gevangene./het
nie geld om die omstandighede en/of plek waarvan hulle deel is, te verander nie;
armoede perk Map in, daarom is Map vasgevang in 'n siklus waaruit hy nie kan
loskom nie./Bv. bl. 50: En hulle move nooit op nie! Liewerste ónner toe! Kyk, jy word
hierso gebore onder die bread-line … en jy vrek hierso ónner die bread-line …/Bl. 50:
Kamma yt die tronk yt. Na dit toe. (Hy wys, bars dan uit van die lag.)
· Misdaad is vir die inwoners van die township/gemeenskap waarvan Map deel is,
'n werklikheid. Sy sussie word doodgemaak en sy ma is stom as gevolg van
verkragting. Map se lewe is vasgevang in die stigma/reputasie wat hy self as
bendelid opgebou het./Bv. bl. 23: CAVERNELIS: … Hy's 'n … 'n misdadiger …/Bl.
46: Hulle vat jou nie so nie! Hulle accept jou nie so nie!
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 23 NW/September 2019
NSS – Memorandum
· Nadat Map uit die letterlike tronk op parool vrygelaat word, verbeter sy
omstandighede nie./veroorsaak sy reputasie dat mense hom beskinder/vrees/
vermy aangesien hulle dink dat hy steeds sal maak en breek soos vóór sy
tronklewe. Dit veroorsaak dat hy hom steeds in 'n soort figuurlike tronk bevind,
want hy kan nie regtig kom en gaan soos hy wil nie./Die gemeenskap het hom
nog nie vergewe het vir sy dade nie./hy word plek in die orkes geweier./Bv. bl. 7:
RICHIE: Wat gaat hy doen? 'n Changed man? Map Jacobs, 'n changed man? … Ek
sê vi' jou, hy maak vi' julle ammal vrek, van vóór af!/Bl. 46: Die band nét so, Oompie
Paulsen-hulle … even hulle net so, dieselde … Map Jacobs, obviously, sal die band
nou 'n naam gee, so steer ma' clear van Map Jacobs af./Bl. 46: Hulle vat jou nie so
nie! Hulle accept jou nie so nie!
· Map se omstandighede verbeter nie nadat hy op parool vrygelaat is nie; sy
reputasie as misdadiger/tronkvoël veroorsaak dat werkgewers nie geneë is om
hom as werker aan te stel nie. Hy kan nie 'n inkomste genereer nie, gevolglik
kan hy nie sy omstandighede/lewe beter maak nie. So dra sy reputasie as
moordenaar by om hom steeds in 'n figuurlike tronk te hou./ Bv. bl. 7: RICHIE:
Wat gaat hy doen? 'n Changed man? Map Jacobs, 'n changed man? … Ek sê vi' jou,
hy maak vi' julle ammal vrek, van vóór af!/Bl. 46: Die band nét so, Oompie Paulsen-
hulle … even hulle net so, dieselde … Map Jacobs, obviously, sal die band nou 'n
naam gee, so steer ma' clear van Map Jacobs af/Bl. 23: CAVERNELIS: … Hy's 'n …
'n misdadiger …
· Cavernelis se omstandighede is sodanig dat hy in 'n woonstel, in 'n omgewing
waar alles agter slot en grendel gehou moet word, woon. Selfs die fiets moet
voor sy woonstel vasgeketting word, want misdaad op die Kaapse Vlakte is 'n
realiteit waarmee die inwoners moet rekening hou – dit maak ook van Cavernelis
(en sy gesin) gevangenes van hulle omstandighede./Bv. bl. 1: Hy sluit die fiets en
ketting dit aan die traliewerk./Bl. 2: But you don't stand a bloody chance, man, I tell
you …
· Armoede/swak werksomstandighede/diskriminasie kenmerk Cavernelis se
omstandighede op die Kaapse Vlakte – in hierdie Kaapse Vlakte-milieu is hulle
op figuurlike vlak vasgevang./Bv. bl. 50: Never mind lat julle nie amenities en
facilities in die township het nie! Dááis group areas legislation, mister Cavernelis.
Group areas, ha! More like prisons, big bloody prisons!/ bl. 50: En hulle move nooit op
nie! Liewerste ónner toe! Kyk, jy word hierso gebore onder die bread-line … en jy vrek
hierso ónner die bread-line …/Bl. 50: Best of luck to you, mister Cavernelis. Jy maak
geld om hierso yt te briek. Best of luck. Maar 'is 'n sterk tronk dié. Kyk die tralies!
· Die gemeenskap waarin Cavernelis woon/werk, aanvaar hulle sosio-ekonomiese
omstandighede gelate, maar Cavernelis nie. Cavernelis se strewe na beter
omstandighede/'n ander heenkome dryf hom om harder te werk./Cavernelis
erken teenoor La Guma dat hulle in die township vasgevang is, want in die
township leef hulle in armoede en kan daarvan nie ontsnap nie./Bv. bl. 49: En ons
woon nie in 'n koophuis nie, maar in 'n huurhuis, en die munisipaliteit laat jou nie
sommer toe om enigiets in die huis te doen nie …/Bl. 50: Dis hoekom ek en Maudie en
Blanchie hierso wil weg!
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 24 NW/September 2019
NSS – Memorandum
· In Cavernelis se omstandighede van uitsigloosheid/minderwaardige werk/
armoede word die droom om weg te kom so allesoorheersend dat hy sy dogter
opoffer in die hoop dat dit genoeg geld sal bring om vir hulle vryheid buite die
woongebied te koop. Dit realiseer nooit, want Cavernelis besef sy skuld aan
Blanchie se uitbuiting en pleeg selfmoord. Vir Cavernelis kom daar dus ook
nooit die vreugde van vryheid/'n ander soort lewe nie./Bv. bl. 1: Hy't net een ding
op sy mind, soes 'n obsession, 'n obsession./Bl. 18: Beauty competitions, like
vi'Blanchie … en dan kry sy mos so-called contracts … Modelling, like!/
Bl. 55: Dis alles Daddy se skuld!
· Die gemeenskap waarbinne Cavernelis leef en werk, het nie waardering vir sy
strewe na beter nie/het nie waardering vir sy voortdurende werk nie. Dit isoleer
hom van die ander inwoners op die Kaapse Vlakte./Hy het nie vriende nie/slegs
mense wat hom koggel/bespot omdat hy dink dat hulle beter is as die ander
inwoners./hy dink hy kan sy gesin na 'n beter plek neem. Hierdie isolering wat
hy ervaar, is niks anders as 'n figuurlike tronk nie./Bv. bl. 16: Betere mense
kamma as ons!/Bl. 22: Jy en die missies (wys boontoe), julle wil vir julle ytkoep hierso
yt die township yt. Julle spaar vir 'n plotjie grond en 'n hys, somewhere else. In 'n
decent coloured area.
· Cavernelis ontsnap op 'n ironiese wyse sy figuurlike tronk deur selfmoord te
pleeg, maar die waarheid is dat hy deur skuldgevoel daartoe gedryf word, en
dus steeds nie in die ware sin van die woord vry is nie./Bv. bl. 55: Dis alles Daddy
se skuld!/Bl. 55: Ek het maar net my beste … geprobeer … al die jare … vir julle … ek
mien, vir 'n ordentlike plek van ons eie …/Bl. 61: By die crossing, toe kom die trein …
toe stop ek, ek dink toe mister C gaan oek … ek mien stop …
Die kandidaat bied 'n gepaste slot aan.
[25]
VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
15.1 Die woord Geluide laat die leser verstaan waarna Map in reël 2–3
verwys./Die toneelaanwysing gee betekenis aan Map se woorde in die
volgende reëls. ü 1
15.2 Map het moord gepleeg en is tronkstraf opgelê./Map probeer sy ma in
die tronk oortuig dat hy ʼn gerehabiliteerde/veranderde man is. ü 1
15.3 Nee.
Map kon nie werk kry nie./ Die Kersorkes wou hom nie as lid
terugneem nie./ Die gemeenskap het hom nie met ope arm terug
verwelkom nie.üü
2
Die kandidaat bied enige TWEE bewyse uit die drama vir EEN punt
elk aan.
JA Kan nie as antwoord aangebied word nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 25 NW/September 2019
NSS – Memorandum
15.4 Map aarsel/is senuweeagtig/is aangedaan. ü 1
Ma se stilswye beteken sy is nog nie gereed om Map te vergewe
nie/oortuig van die verandering in Map se karakter nie/sy hou
haarself nog gevange van die vryheid wat vergifnis sou bring. ü 1
Toe Map aan die einde van die drama in boetedoening voor sy ma
kniel/toe die spanning op die spits gedryf is/nadat Map en Blanchie
vergifnis in mekaar se arms gevind het, het Map se ma eindelik by
die punt van vergifnis uitgekom. ü 1
15.5 Map glo die lede van die Kersorkes is goeie mense wat hom weer sal
aanvaar, maar hy is nie welkom om weer deel van die orkes te word
nie./Hulle is nie vergewensgesind nie. ü 1
Die kandidaat bied beide kante van die ironie vir EEN punt aan.
15.6 Die implikasie bestaan dat Map tog bekeer is./verander het/
gerehabiliteer is./hom nie op die gemeenskap sal wreek nie. /die
volmaakte lewe gaan lei. ü 1
Apostel George ü 1
Hy bly baie lief vir Blanchie./Dit is Blanchie se vergifnis wat hy graag
wil hê omdat hy so lief is vir haar. ü 1
15.7 Cavernelis het nie daarvan gehou dat ʼn gevreesde bendeleier met sy
dogter uitgaan nie./Hy kon moontlik in haar pad staan om ʼn
modelkontrak te aanvaar. ü 1
Cavernelis wou graag sy gesin uit die township kry./ʼn Beter lewe vir
hom en sy gesin buite die Kaapse Vlakte verseker. ü 1
Nee
Hy het gesterf/selfmoord gepleeg voordat hy uit die township kon
ontsnap. ü 1
JA kan nie as antwoord aangebied word nie.
15.8 Die verteller skets vir die leser die ruimte/die agtergrond van die
gebeure wat volg/wys dat die Cavernelisse (Blanchie hier) vanuit die
hoogte af kyk op die gebeure onder in die straat. ü 1
15.9 Ja.
Map was ʼn gevreesde bendeleier en dis verstaanbaar dat dit
moeilik is om te glo dat so ʼn karakter binne sewe jaar kan
verander. üü
OF
Nee.
La Guma moes Map die voordeel van die twyfel gegee het/besef
het dat sewe jaar ʼn lang tydperk is vir selfs die mees geharde
misdadiger om sy lewe te verander. ü
Hy is ʼn selfaangestelde segsman./kommentator./politieke aktivis. ü 2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 26 NW/September 2019
NSS – Memorandum
15.10 Frustrasie/ferm/onbedagsaam/geïrriteerd ü 1
Vroeër in die drama is Cavernelis ʼn vredeliewende/effe patetiese/
sagmoedige/versigtige/bedagsame karakter. ü 1
15.11 Uitgeworpenheid/Uitgelewerdheid/Gedwonge verskuiwings ü
(Soeke na) Identiteit ü 2
Die tatoeëermerke is deel van die kaart van Map se lewe./is
bewyse wie Map is of waar hy vandaan kom./is ʼn bewys van sy 1
soeke na identiteit. ü
EN
Ja.
Hy het die vergifnis van Blanchie en sy ma gekry/daar is genoeg
bewyse dat Map weer ’n nuwe, skoon lewe, vry van die verlede se
ongelukkighede, kan begin.
OF
Nee.
Die politieke omstandighede (apartheid) sal dit nie vir Map moontlik
maak om waarlik terug te keer na sy ou self nie. ü 1
15.12 Dit is die apartheidsbeleid/wet waardeur nie-blankes gedwing is om na
die Kaapse Vlakte te verskuif. ü 1
La Guma skep ʼn negatiewe/angswekkende/gelaaide/pessimistiese
stemming terwyl TEKS I se stemming rustig/positief/opbouend/
entoesiasties/optimisties is. ü 1
[25]
MIS – Reza de Wet
VRAAG 16: OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
· Dis ’n breë raamwerk van feite.
· Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat bied 'n gepaste inleiding aan.
· Miem word deur die nagevolge van die Groot Depressie tot haar huis beperk –
sonder enige vorm van vryheid – omdat sy die broodwinner is wat moet sorg dat
sy en Meisie oorleef./sy daagliks sakke met mis voorberei vir verkoop./Bv. bl. 6:
Meestal beesmis. So dertig perdemis en tien vark. Ja, ons doen goed die maand.
· Miem is 'n getroude vrou, maar is alleen; haar seksuele frustrasie maak van haar
'n gevangene. Aangesien haar man hom aan die wêreld onttrek het om op die
solder van die huis te leef, is Miem reeds vir sewe jaar alleen. Gabriël moet egter
daagliks versorg word wat Miem dwing om by die huis te bly – 'n soort
gevangenisskap waaraan sy niks kan verander nie. Dit blyk uit haar
ontboeseming teenoor Konstabel./Bv. bl. 37: Dit is vir my 'n groot beproewing./Bl.
47: Dit is so lank laas … lank laas … dat 'n man vir my goeienag gesê het. (Huil)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 27 NW/September 2019
NSS – Memorandum
· Op 31 Augustus 1936 word Miem ook deur die sirkus wat die dorp besoek, in
haar huis gevange gehou. Die vensters en die deure mag nie oopgemaak word
nie omdat die sirkus alles wat boos/sleg/'n euwel is, verteenwoordig./Bv. bl. 6:
Vannag moet 'n mens jou ore oophou. En jou oë. Die gevaar is oral./Bl. 7: En vir wat
loer jy deur die gordyne?/Bl. 9: Maak toe die deur en sluit dit.
· Omdat Miem 'n ouerige vrou is met allerhande gesondheidsprobleme (water op
die knieë), word haar beweging aan bande gelê. Dit beteken dat sy nie kan kom
en gaan soos sy wil nie – figuurlik ook 'n mate van gevangenisskap./Bv. bl. 4:
Sug, tel haar voet op en laat dit op 'n stoel rus./Bl. 22: Suikersiekte en water op die
knieë.
· Miem is 'n konserwatiewe mens met 'n oordrewe eng/Calvinistiese
lewensbenadering. Dit hou haar gevange/maak haar blind vir die werklike
bose/beïnvloed haar verhouding met haar dogter negatief. Sy sien in die sirkus/-
musiek/-liggies boosheid en gevaar – dit verhoed haar om die lewe buite die huis
te geniet en sirkus toe te gaan. Sy vra eerder vir Gertie uit oor die fratse hoewel
sy die indruk skep dat sy geskok is oor Gertie se besoek./Bv. bl. 7: Dis 'n
euwel!/Bl. 11: Maar, Gertie, hoe kon jy soontoe gaan?
· Op 31 Augustus 1936 hou Miem se naïwiteit ten opsigte van die
moordenaar/haar neurose met betrekking tot die bose/onheil/die euwels buite
die huis haar gevange binne-in die huis, wat op figuurlike vlak van haar 'n
gevangene maak. Sy sluit hulle binne-in die huis toe asof sy so die bose kan
besweer, maar sy perk net hulle vryheid in. Dis so erg dat hulle nie eers die
vensters mag oopmaak nie./Bv. bl. 5: Slotte en grendels. Luike toegespyker./Bl. 15:
Maar vannag moet 'n mens versigtig wees.
· Miem is vals/skynheilig – haar valsheid maak eintlik ook van haar 'n gevangene,
want sy mag nie erken dat sy eintlik in die sirkus belangstel/net so nuuskierig is
oor die sirkus nie. Dit sal haar beeld van 'n vroom, eng, Calvinistiese ma skaad.
Hierdie valsheid hou haar ook gevange en verhoed haar om die klein vreugdes/
opwinding/stukkies lewe buite die huis te geniet./Bv. bl. 7: Dis 'n euwel!/Bl. 11:
Maar, Gertie, hoe kon jy soontoe gaan?/Bl. 11: Nou vertel vir ons van die arme
skepsels, Gertie.
· Miem tree in die drama op as Meisie se bewaker – sy probeer die bose besweer
en terselfdertyd probeer sy voorkom dat Meisie deur die euwels/boosheid van
die wêreld beïnvloed word. Die gevolg is dat sy Meisie behoorlik soos 'n
polisieman oppas./telkens verseker dat niks met haar sal gebeur nie. Uiteraard lei
dit daartoe dat Miem geen vryheid het nie./Bv. bl. 7: En vir wat loer jy deur die
gordyne?/Bl. 5: Maar jy hoef jou nie te kwel nie, my kind. Ek sal die hele nag by jou
waak.
· Die hulp wat Meisie aan haar ma moet gee t.o.v. skoonmaak van die huis/maak
van sakke vir die verpakking van mis/haar pa se versorging/skoonmaak van die
slopemmer maak haar 'n gevangene in haar eie huis, want sy mag nooit die
weelde van vryheid buite die huis ervaar nie./mag nooit iets doen wat vir
jongmense lekker is nie./sy moet net altyd werk./Bv. bl. 6: Die skêr is al weer
stomp, Meisie, jy moet dit slyp. Meestal beesmis. So dertig perdemis en tien vark. Ja,
ons doen goed die maand./Bl. 22: Haar man. Sewe jaar gelede het hy mos opgegaan.
Ja, net na die Depressie. Sy moet hom hand en mond bedien maar hy sê geen dooie
woord nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 28 NW/September 2019
NSS – Memorandum
· Die finansiële nood wat Meisie-hulle ervaar, beperk haar om iets anders te
doen/dwing haar om daagliks sakke vir die misverkope te maak/vereis van haar
om heeldag skoon te maak en die huis te vee/af te stof wat van haar eie huis 'n
soort gevangenis maak./ Bv. bl. 26: Daar's baie mis op die werf. Groot hope mis …
Maar dit stink!/Bl. 26: En dis hoekom … niemand wil kom kuier nie … Laas jaar het
Danie Venter kom kuier …/Bl. 27: Ek kry my werk nooit klaar nie. Elke dag is als vol
stof.
· Meisie is die enigste kind in die gesin/'n jongmens wat 'n eensame bestaan voer
omdat sy nie vriende het nie./nie gemoedelik met haar ma kan omgaan
nie./niemand by haar wil kom kuier nie a.g.v. die mis (wat sleg ruik)./sy
aanhoudend moet werk./Bv. bl. 26: Daar's baie mis op die werf. Groot hope mis …
Maar dit stink!/Bl. 26: En dis hoekom … niemand wil kom kuier nie …
· Meisie word gedomineer deur 'n baasspelerige ma./'n neurotiese ma wat haar
siektetoestand misbruik om Meisie tot gehoorsaamheid te manipuleer./
ma wat in alles wat opwindend/nuut/anders is, boosheid/'n gevaar sien./'n ma
met 'n oordrewe eng/ konserwatiewe lewensbenadering./'n moeilike ma wat haar
van 'n doodgewone jongmenslewe/avontuur/ vryheid/individualiteit/identiteit
weerhou. Daarom voer Meisie 'n ingeperkte, benouende bestaan – sy leef vir alle
praktiese doeleindes binne-in 'n tronk; sy word tot absolute gehoorsaamheid
gemanipuleer deur haar ma wat haar voortdurend herinner aan die gevolge van
haar ongehoorsaamheid, nl. dat haar ma siek word./Bv. bl. 7: Destyds het jou
gehoorsaamheid my diep gegrief. Jy onthou seker hoe siek ek was. Ek kon vir twee
weke net gortsop eet./Bl. 28: Nee! Ek mag nie daaroor praat nie. Ek mag nie daaraan
dink nie. Om te dink, is om te doen.
· Meisie word nooit toegelaat om gewone jongmensdinge te doen nie./mag nie die
sirkus besoek nie./moet haar ma se opdragte gehoorsaam uitvoer. Hoewel dit
haar in verset/opstand bring, mag sy nie haar ontevredenheid wys/daaroor praat
nie, want haar ma eis van haar blinde gehoorsaamheid. Dit is te verstane dat
Meisie sulke omstandighede soos 'n tronk sal ervaar: wanneer sy wegloop sirkus
toe, kom haal haar ma haar./ongehoorsaam is, manipuleer haar ma haar tot
gehoorsaamheid deur haar siekte te oordryf./altyd daarop te hamer./Bv. bl. 7:
Destyds het jou gehoorsaamheid my diep gegrief. Jy onthou seker hoe siek ek was. Ek
kon vir twee weke net gortsop eet!/Bl. 7: Dit het my 'n knou gegee! Van toe af voel ek
baie erger!/Bl. 7: En vir wat loer jy deur die gordyne?
· Die gevaar wat op 31 Augustus 1936 buite die huis dreig, maak van Meisie eintlik
ook 'n soort gevangene, want alles is toegesluit./haar ma pas elke beweging wat
sy maak op./hou haar met valkoë dop./Bv. bl. 15: … maar vannag moet 'n mens
versigtig wees./ Bv. bl. 5: Slotte en grendels. Luike toegespyker.
· Meisie is emosioneel nie vry om uiting te gee aan haar wense/begeertes/
frustrasies/behoeftes nie, want haar ma ervaar elke vorm van teenkanting/reaksie
as ontevredenheid en ongehoorsaamheid. Hierdie opkrop van emosies beperk
Meisie in haar vryheid en hou haar figuurlik gevange./Bv. bl. 4: Ja, jy wil mos nie 'n
vingerhoed gebruik nie./Bl. 13: So mooi en welgeskape maar altyd met 'n lang gesig.
· Meisie word tot 'n groot mate deur haar ma binne-in die huis gevange gehou
wanneer sy haar verbied om selfs na die sirkusmusiek te luister en/of na die
sirkusliggies te kyk./ Bv. bl. 7: En vir wat loer jy deur die gordyne?/Bl. 9: Maak toe die
deur en sluit dit.
Die kandidaat bied 'n gepaste slot aan.
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 29 NW/September 2019
NSS – Memorandum
VRAAG 17: MIS – KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag Antwoord Punt
17.1 Miem het Gertie saam met haar uit die kombuis geneem om Gertie se
bed op te maak. ü (sodat Meisie en die konstabel mekaar kan leer
ken. Miem hoop daardeur dat die konstabel in Meisie sal belangstel.) 1
Miem se konserwatiewe/streng, tipiese volkmoeder, eng geaardheid
stem nie met hierdie optrede ooreen nie; haar optrede dui eerder op
‘valse moraliteit’ – om Meisie aan die konstabel af te smeer om Gabriël
terug te kry. ü 1
Kandidaat bied enige gemotiveerde antwoord aan wat daarop dui dat
dit NIE met haar karakter ooreenstem NIE
17.2 Sy verwys na die sirkus ü 1
17.3 Nuuskierig/ entoesiasties/vreesbevange/kinderlik opgewonde/skaam/
naïef üü
· Sy is nuuskierig/entoesiasties/geἲnteresseerd in die sirkus
(opgewonde/loer)
· Sy ervaar innerlike konflik/innerlike stryd, want sy is
vreesbevange, omdat haar ma haar verbied/sy mag nie na
sirkus toe gaan(vreesbevange, opgewonde); sy weet sy mag nie
praat nie, maar wil hoor en is bang Konstabel vertel
· Naἲef – sy glo die konstabel – hy het belowe om nie vir haar ma
te vertel nie (duidelik verlig)
· Sy is skaam/onseker van haarself/voel altyd skuldig omdat haar
ma haar oorheers/sy nie ondervinding in vriendskap het nie/nie
vriende het nie
· Kinderlik (omdat sy so opgewonde is oor die sirkus) 2
Die kandidaat bied TWEE enige soortgelyke karaktereienskappe aan in
konteks met bogenoemde of uittreksel vir EEN punt elk.
Enige karaktereienskap: Kandidaat kan net die eienskappe noem, wat
die vraag vereis
Konstabel sou maklik haar nuuskierigheid oor die sirkus kon uitbuit en
haar aanmoedig / hy sou maklik haar naïwiteit, dat sy maklik glo / haar
onsekerheid kon manipuleer – hy hou ook aan met “jy kan tog vir my
sê”/ “ek hou ook van die sirkus”/kan haar oorreed ü 1
Die kandidaat bied enige gemotiveerde eienskap aan wat Konstabel in
konteks met uittreksel kon gebruik om Meisie te manipuleer
17.4 Die hooftema is bevryding. ü 1
Meisie glip uit na die sirkus waardeur sy haar vir ’n rukkie bevry van die
hunkering en begeerte om uit vasgeknelde, morbiede omstandighede
bevry te word. ü 1
In Meisie se vertelling gaan dit oor die bevryding van die meisie uit die
kisü en die bevryding van die voëls uit die kou. ü 2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 30 NW/September 2019
NSS – Memorandum
17.5 Meisie weet sy is nie veronderstel om met die konstabel oor haar
besoek aan die sirkus te praat nie,/ om na die sirkus te kyk nie/
vreesbevange as sy daaroor praat,/om te dink is om te doen/weet haar
ma het haar verbied om na die sirkus te kyk, maar sy wil
graag/opgewonde besluit om dit te doen.üü 2
17.6 Die verskyning van die konstabel vroeër in die dramaü 1
Ja, want die verskyning skep die moontlikheid vir die handeling in die
res van die drama./Dit is die motoriese moment in die drama en die
konstabel se verskyning het die handeling aan die gang gesit. ü 1
Net die motivering word bepunt.
NEE kan nie as antwoord aangebied word nie.
17.7 Die vrouens is blind/sien nie duidelik/is in die duister oor wie die
konstabel werklik is/sien nie die werklikheid, die waarheid t.o.v. die
konstabel se bedoelings nie. ü 1
17.8 Onheilspellend/onrustig/spannend ü 1
Die hele drama is onheilspellend/spannend as gevolg van die
verdwyning van die meisies en Konstabel se verskyning/as gevolg van
die verwysing na die “bose”, die “onheil” wat met die verdwyning van
die meisies en die sirkus gepaardgaan. ü 1
17.9 Haar nuuskierigheid ü 1
Dit kan tot haar voordeel strek, want sy kan meer van Konstabel uitvind
om hom moontlik in haar geïnteresseerd te kry./Sy kan haarself so
bevry uit haar eensaamheid/oujongnooiskap. ü 1
Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord aan.
17.10 Hy wil moontlik Gertie laat nadink oor die feit dat sy nie die waarheid
praat nie/oor die leuen/dat dit nie werklik so is nie./ Dalk wil hy sy
blindheid so bevestig/skep humor of dramatiese ironie vir die gehoor
en leser wat weet dat hy nie blind is nie? ü 1
Gertie voel skuldig/ongemaklik, sy besef sy het nie die waarheid vertel
nie./Sy wil dalk nie terugkeer na die werklikheid van haar “yl haartjies”
nie. ü 1
17.11 Die ander leuen is dat sy vir Miem vertel dat sy buite gaan oefen het,
dit is nie waar nie – sy het haar klere gaan regtrek/buite aangetrek. ü 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 31 NW/September 2019
NSS – Memorandum
17.12 Gertie kom aan die begin van die drama na Miem se huis omdat dit ’n
toevlug/veilig is teen die dreigende onheil in die dorp ü 1
Die paradoksale teenstrydigheid is dat sy uit haar “groter ruimte”, haar
huis, na die armoedige, beklemmende ruimte van Miem kom en dat dié
ruimte vir haar ‘n plek van bevryding word, want vir ‘n kort rukkie
transformeer sy in ‘n begeerlike tant Hannie./ ü
Of iets soos bv.: Miem se huis is vir Gertie ’n veilige hawe/toevlug,
maar nou stel sy haar juis bloot aan Konstabel deur op te tree soos die
begeerlike tant Hannie.ü 1
Ja, daar is ’n ooreenkoms, want Meisie ervaar in TEKS K bevryding
met haar sirkusverhaal,( wat in die stadium tydelike bevryding is,) net
soos Gertie in TEKS L tydelike bevryding ervaar in haar belewing van
die verhaal oor tant Hannie, (want sy moet weer “aantrek” en na die
werklikheid terugkeer.) ü 1
Die kandidaat bied die ooreenkoms aan om die punt te verdien.
[25]
TOTAAL AFDELING C: 25
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 32 NW/September 2019
NSS – Memorandum
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 33 NW/September 2019
NSS – Memorandum
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 34 NW/September 2019
NSS – Memorandum
BARRETT'S TAKSONOMIE UITDAGING
Vr PUNTE ONDERWERP Letterlik Herorganiseer Afleiding Evaluasie Waardering Maklik Medium Moeilik
2.1 2 Titel/ironie 1 1 1 1
2.2 2 Spreker 1 1 1 1
2.3 3 Stylfiguur/Woordbetekenis 1 1 1 1 1 1
2.4 2 Implikasie 1 1
2.5 1 Beeldspraak/Interpretasie 1 1 1 1
10 TOTAAL/10 0 4 4 2 0 10 4 4 2
TOTAAL/10 4 4 2
% 40% 40% 20% 100% 40% 40% 20%
DOEL % 40% 40% 20% 40% 40% 20%
3.1 1 Woordbetekenis/Progressie 1 1 1 1
3.2 3 Halfrym/ denotatief/konnotatief 1 1 1 1 1 1
3.3 2 Beeldspraak/ironie 1 1 1 1
3.4 2 Stylfiguur 1 1
3.5 2 Stemming/Interpretasie 1 1 1 1
10 TOTAAL/10 0 4 4 2 0 10 4 4 2
TOTAAL/10 4 4 2
% 40% 40% 20% 100% 40% 40% 20%
DOEL % 40% 40% 20% 40% 40% 20%
4.1.1 3 Woordbetekenis/Uitheffingstegniek 1 2 1 2
4.1.2 2 Interpretasie 2 2
4.2 1 Funksie van Retoriese vraag 1 1
4.3 2 Denotatiewe/Konnotatiewe betekenis 2 2
4.4 2 Simboliek/Ironie 2 2
10 TOTAAL/10 0 4 4 2 0 10 4 4 2
TOTAAL/10 4 4 2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 35 NW/September 2019
NSS – Memorandum
% 40% 40% 20% 100% 40% 40% 20%
DOEL % 40% 40% 20% 40% 40% 20%
5.1 2 Uiterlike bou 2 2
5.2 2 Denotatief/Konnotatief/Interpretasie 2 1 2 1
5.3 3 Beeldspraak 1 1
5.4 1 Stylfiguur/ Funksie van stylfiguur 2 2
5.5 2 Boodskap 2 2
10 TOTAAL/10 0 4 4 2 0 10 4 4 2
TOTAAL/10 4 4 2
% 40% 40% 20% 100% 40% 40% 20%
DOEL % 40% 40% 20% 40% 40% 20%
7.1 1 Karakters 1 1
7.2 3 Karakters/Interpretasie 1 2 1 2
7.3 1 Inhoudelik 1 1
7.4 2 Inhoudelik/Interpretasie 1 1 1 1
7.5 1 Karaktereienskappe 1 1
7.6 1 Inhoudelik 1 1
7.7 2 Karakters 2 2
7.8 3 Karakters/Interpretasie 3 3
7.9 2 Teksinterpretasie 1 1 1 1
7.10 2 Handelinge 1 1 1 1
7.11 4 Kontras/Handelinge 2 1 1 2 1 1
7.12 3 Karakterontwikkeling 3 3
25 TOTAAL/10 0 10 10 5 0 25 10 10 5
TOTAAL/10 10 10 5
% 40% 40% 20% 100% 40% 40% 20%
DOEL % 40% 40% 20% 40% 40% 20%
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 36 NW/September 2019
NSS – Memorandum
9.1.1 1 Woordbetekenis 1 1
9.1.2 1 Karakters 1 1
9.2 2 Karakters/Interpretasie 1 1 1 1
9.3 2 Ironie 2 2
9.4 2 Karakters 2 2
9.5 3 Karaktereienskappe/Handeling 2 1 2 1
9.6 2 Karakters 2 2
9.7 2 Karakters/ Inhoudelik 1 1 1 1
9.8 3 Karakters/Ironie 1 2 1 2
9.9 3 Karakters/ Inhoudelik/Interpretasie 1 1 1 1 1 1
9.10 4 Handeling/Karakters/Interpretasie 2 2 2 2
25 TOTAAL/10 1 9 10 5 0 25 10 10 5
TOTAAL/10 10 10 5
% 40% 40% 20% 100% 40% 40% 20%
DOEL % 40% 40% 20% 40% 40% 20%
11.1 2 Karakters 2 2
11.2 1 Ruimte 1 1
11.3 2 Karaktereienskappe 2 2
11.4 1 Funksie van Verteller 1 1
11.5 2 Stereotipering 2 2
11.6 3 Lewenswaardes/Interpretasie 2 1 2 1
11.7 1 Stemming 1 1
11.8 3 Karaktereienskappe/Interpretasie 1 1 1 1 1 1
11.9 1 Handelinge 1 1
11.10 2 Woordgebruik/Interpretasie 1 1 1
11.11 3 Ironie/Interpretasie 2 1 2 1
11.12 1 Titel/Eietydse problematiek 2 2 2 2
25 TOTAAL/10 0 10 10 5 0 25 10 10 5
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 37 NW/September 2019
NSS – Memorandum
TOTAAL/10 10 10 5
% 40% 40% 20% 100% 40% 40% 20%
DOEL % 40% 40% 20% 40% 40% 20%
13.1 1 Titel 1 1
13.2 2 Ruimte/Inhoud 1 1 1 1
13.3 1 Karakters 1 1
13.4 2 Inhoudelik 2 2
13.5 4 Karakters/Handeling/Interpretasie 1 1 2 1 1 2
13.6 3 Handeling/Inhoud/Karaktereienskappe 1 1 1 1 1 1
13.7 1 Inhoudelik 1 1
13.8 3 Karakters/Inhoudelik 1 1 1 1 1 1
13.9 2 Karakterontwikkeling 2 2
13.10 2 Funksie van die stiltes 2 2
13.11 3 Innerlike konflik/Interpretasie 1 1 1 1 1 1
13.12 1 Karakterontwikkeling 1 1
25 TOTAAL/10 0 10 10 5 0 25 10 10 5
TOTAAL/10 10 10 5
% 40% 40% 20% 100% 40% 40% 20%
DOEL % 40% 40% 20% 40% 40% 20%
15.1 1 Funksie van toneelaanwysings 1 1
15.2 1 Agtergrond 1 1
15.3 2 Inhoudelik 2 2
15.4 3 Styfiguur/Simboliek 1 1 1 1 1 1
15.5 1 Ironie 1 1
15.6 3 Simboliek/Karakterverandering 1 1 1 1 1 1
15.7 3 Karakters/Lewensdoel 1 1 1 1 1 1
15.8 1 Funksie van toneelaanwysings 1 1
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2 38 NW/September 2019
NSS – Memorandum
15.9 2 Karaktertrekke 1 1 1 1
15.10 2 Karakterontwikkeling 2 2
15.11 4 Tema/Simboliek/Karakterontwikkeling 1 2 1 1 2 1
15.12 2 Ruimte/Stemming 1 1 1 1
25 TOTAAL/10 0 10 10 5 0 25 10 10 5
TOTAAL/10 10 10 5
% 40% 40% 20% 100% 40% 40% 20%
DOEL % 40% 40% 20% 40% 40% 20%
17.1 2 Inhoudelik/Karakters 2 2
17.2 1 Inhoudelik 1 1
17.3 3 Neweteks/Karakterisering 1 1 1 1 1 1
17.4 4 Tema/Interpretasie 1 2 1 1 2 1
17.5 2 Innerlike konflik 2 2
17.6 2 Verhaalverloop 2 2
17.7 1 Simboliek 1 1
17.8 2 Stemming/Inhoudelik 1 1 1 1
17.9 2 Karaktereienskappe 1 1 1 1
17.10 2 Suggestie/ Funksie van stilte 1 1 1 1
17.11 1 Inhoudelik 1 1
17.12 3 Paradoks/Inhoudelik 1 1 1 1 1 1
25 TOTAAL/10 0 10 10 5 0 25 10 10 5
TOTAAL/10 10 10 5
% 40% 40% 20% 100% 40% 40% 20%
DOEL % 40% 40% 20% 40% 40% 20%
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 North West Mock 2019 Question Paper

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2019 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2019 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 North West Mock 2019 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 QP

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2019 Memo
More from Grade 12 Afrikaans HL

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 QP
_watermark--eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e/v1-6626f2dffb06bf128248/card.webp)
Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2025 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper