Skip to content

Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Question paperAccountingGrade 12202412 pages

Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the Eastern Cape June Exam 2024 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12 JUNIE 2024 REKENINGKUNDE V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye, ʼn formuleblad en ʼn 10-bladsy antwoordeboek. Hosted by www.ecexams.co.za
Downloaded from hlayiso.com 2 REKENINGKUNDE V1 (EC/JUNIE 2024) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. ʼn Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet beantwoord. 3. ʼn Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg. 4. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien. 5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Jy mag ʼn donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord. 7. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing. 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ʼn riglyn wanneer jy die vraestel beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE. TYD VRAAG ONDERWERP PUNTE (minute) Berekening van korrekte netto wins en 1 50 40 Staat van Finansiële Posisie Notas tot Finansiële State, 2 Kontantvloeistaat en Finansiële 45 35 Aanwysers 3 Vertolking van Finansiële State 40 30 4 Korporatiewe Bestuur 15 15 TOTAAL 150 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2024) REKENINGKUNDE V1 3 VRAAG 1: BEREKENING VAN NETTO WINS EN STAAT VAN FINANSIËLE POSISIE (50 punte; 40 minute) 1.1 Kies die korrekte woord of term uit die lys wat die beste by elke stelling hieronder pas. Skryf slegs die woord of term langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. Direkteursverslag; Aandele; Akte van Oprigting; Prospektus; Onafhanklike Ouditeurverslag 1.1.1 Dokument wat aandele aan die publiek aanbied 1.1.2 Eenheid van eienaarskap in ʼn maatskappy 1.1.3 Weerspieël geskrewe inligting oor die bedrywighede van die besigheid 1.1.4 Weerspieël ʼn regverdige oorsig van die bedryfsresultate van die finansiële state van ʼn maatskappy (4 x 1) (4) 1.2 LIYABONA BPK. Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig op 29 Februarie 2024. Die besigheid verkoop kragopwekkers. GEVRA: 1.2.1 Verwys na Inligting B (i): Bereken die waarde van eindvoorraad van AI-opwekkers deur die Spesifieke Identifikasie-metode te gebruik. (3) 1.2.2 Verwys na Inligting A en B: Gebruik die tabel wat verskaf word om die korrekte netto wins na belasting vir die jaar geëindig 29 Februarie 2024 te bereken. Dui ‘+’ vir vermeerdering en ‘–’ vir vermindering by elke aangesuiwerde bedrag aan. (14) 1.2.3 Voltooi die Staat van Finansiële Posisie op 29 Februarie 2024. LET WEL: • Sommige bedrae is in die ANTWOORDEBOEK ingevul. • Syfers word NIE in die gekleurde gedeeltes vereis NIE. • Toon bewerkings. (29) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 REKENINGKUNDE V1 (EC/JUNIE 2024) INLIGTING: A. Uittreksel: Saldo’s en totale uit die rekords op 29 Februarie 2024: R Lening: Naties Bank 859 100 Vaste deposito 225 000 Handelsvoorraad 1 350 000 Debiteurkontrole 889 500 SAID: Inkomstebelasting (voorlopige belastingbetalings) 990 000 Bank (gunstig) 704 249 Krediteurekontrole 843 750 Aandeelhouers vir dividende 145 000 Voorsiening vir oninbare skulde (1 Maart 2023) 51 180 Pensioenfonds ? Verkope 12 128 250 Verbruiksgoedere 50 850 Versekering 73 125 Oninbare skulde 49 890 Huur inkomste 213 300 Direkteursfooie 1 237 500 Gewone aandele dividende 356 250 B. Die netto wins voor belasting, R3 609 320, is bereken voordat die volgende in ag geneem is: (i) Die volgende voorraadbladsy het op AI-opwekkers betrekking. Dit is twee keer aangeteken toe die finale voorraadsyfers bereken is. • Liyabona Bpk. verkoop AI-opwekkers teen ʼn standaardkoers van R22 400 per eenheid. • ʼn Winsopslag van 40% op kosprys word toegepas. LET WEL: Die SPESIFIEKE IDENTIFIKASIE waardasiemetode word gebruik. Eenhede Eenheidsprys Totaal Beginvoorraad: 1 Maart 2023 15 Aankope gedurende die jaar 95 Sluitingsvoorraad: ? ? 29 Februarie 2024 Verkope 89 22 400 1 993 600 (ii) Debiteure met kredietsaldo’s van R12 350 op 29 Februarie 2024 moet na die Krediteuregrootboek oorgeplaas word. Voorsiening vir oninbare skulde moet tot 4% van debiteure aangesuiwer word. (iii) ʼn Voertuig wat op 2 Januarie 2019 gekoop is en R450 000 gekos het, is op 1 Februarie 2024 vir R65 000 kontant verkoop. Geen inskrywings is gemaak vir die verkoop van die voertuig nie. Waardevermindering op voertuie word teen 20% p.j. op kosprys bereken. (iv) Versekering sluit ʼn jaarlikse premie van R21 540 in wat op 1 Desember 2023 betaal is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2024) REKENINGKUNDE V1 5 (v) Huur word bereken op ʼn vaste bedrag per m2 per maand. Die besigheid het 150 m2 verhuur vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2023. ʼn Addisionele 30 m2 is verhuur vanaf 1 Augustus 2023. Huur is ontvang tot 30 April 2024. (vi) Ongebruikte verbruiksgoedere het R5 320 beloop. (vii) Die maatskappy het vier direkteure. Hulle ontvang almal dieselfde fooi. Twee direkteure het ʼn oorsese reis onderneem en versoek dat hul fooie vir Januarie en Februarie 2024 in Maart betaal word. Die komitee het ingestem. C. Inkomstebelasting vir die jaar word bereken teen 30% van die netto wins voor belasting. D. Die vaste deposito sal op 31 Augustus 2024 verval. E. Die volgende finansiële aanwysers is op 29 Februarie 2024 bereken: • Bedryfsverhouding: 2:1 • Netto batewaarde per aandeel 425 sent F. Aandelekapitaal: • Die maatskappy is geregistreer met ʼn gemagtigde aandelekapitaal van 1 500 000 gewone aandele. • 75% van die gemagtigde aandele was teen 1 Maart 2023 reeds uitgereik. Die gemiddelde prys per aandeel teen die tyd was R3,20. • Die direkteure het alle onuitgereikte aandele op 30 April 2023 uitgereik. EFO-betalings in totaal van R900 000 is ontvang. • Die maatskappy het 250 000 aandele teen R3,75 per aandeel op • 29 Februarie 2024 teruggekoop. G. Lening: Naties Bank Die leningstaat het ʼn eindsaldo van R928 700 getoon. Die maatskappy beplan om hul leningterugbetalings te verhoog om 15% van die kapitaalgedeelte van die leningsaldo in die volgende finansiële jaar te vereffen. ʼn Vaste rente van R5 800 per maand word betaal. 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 REKENINGKUNDE V1 (EC/JUNIE 2024) VRAAG 2: KONTANTVLOEISTAAT EN FINANSIËLE AANWYSERS (45 punte; 35 minute) 2.1 Gee EEN rekeningkundige woord/term vir elk van die volgende stellings: 2.1.1 Aandeelhouersbelang plus nie-bedryfslaste is gelyk aan … 2.1.2 ʼn Terugbetaling van lening word getoon as ʼn … van kontant in die Kontantvloeistaat. 2.1.3 Die verskil tussen bedryfsbates en bedryfslaste word na verwys as … (3 x 1) (3) 2.2 Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Mimosoa Beperk. Die finansiële jaareinde is 30 September 2023. Inligting hou verband met die finansiële jaar geëindig 30 September 2023. GEVRA: 2.2.1 Voltooi die Kontantvloeistaat vir die jaar geëindig 30 September 2023. Toon alle bewerkings tussen hakies. (25) 2.2.2 Voltooi die nota vir Behoue Inkomste. (8) 2.2.3 Die direkteure het meer aandele uitgereik om die kontantvloei te verbeter. Thandi Manning, ʼn aandeelhouer, was teen die besluit en het haar kommer by die algemene jaarvergadering (AJV) geopper. • Verskaf ʼn rede vir Thandi se mening. (2) 2.2.4 Bereken die volgende finansiële aanwysers op 30 September 2023: LET WEL: Rond tot EEN desimale punt af. • Skuld-ekwiteitverhouding (3) • Vuurproefverhouding (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2024) REKENINGKUNDE V1 7 INLIGTING: A. Die volgende inligting is uit die Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig 30 September 2023 onttrek: Rente uitgawe 195 750 Inkomstebelasting 497 400 LET WEL: Die inkomstebelastingkoers is 30%. B. Uittreksel uit die Staat van Finansiële Posisie op 30 September: 2023 2022 Bedryfsbates 4 180 200 2 892 800 Voorrade 1 228 600 1 437 700 Handels- en ander debiteure (sien D) 1 104 300 945 600 Kontant en kontantekwivalente 1 847 300 509 500 Gewone aandeelhouersbelang ? 4 964 020 Gewone aandelekapitaal (sien F) 4 240 000 4 250 000 Behoue inkomste ? 914 020 Lening: Munchie Bank (12% p.j.) 2 400 000 1 850 000 Bedryfslaste 1 678 900 1 544 700 Handels- en ander krediteure (sien E) 1 678 900 1 399 000 Bankoortrekking 0 145 700 C. Vaste bates op 30 September: 2023 2022 Grond en geboue: Kosprys 2 750 000 3 000 000 Opgehoopte waardevermindering 0 0 Voertuie: Kosprys 725 000 950 000 Opgehoopte waardevermindering 498 800 386 000 Toerusting: Kosprys 310 000 268 000 Opgehoopte waardevermindering 158 900 112 400 • Grond en geboue is gedurende die jaar teen kosprys verkoop en ʼn voertuig is aan die einde van die jaar teen drawaarde verkoop. Opgehoopte waardevermindering op die voertuig wat verkoop is, was R125 000 aan die begin van die jaar. Waardevermindering op voertuie word bereken teen 20% p.j. op die verminderde-saldo metode. Geen toevoegings is gedurende die jaar tot albei gemaak nie. • Toerusting is aan die begin van die jaar gekoop. Geen toerusting is gedurende die jaar verkoop nie. Waardevermindering op toerusting word teen 15% p.j. op kosprys bereken. D. Handels- en ander ontvangbares sluit in: 2023 2022 SAID: Inkomstebelasting 48 090 0 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 REKENINGKUNDE V1 (EC/JUNIE 2024) E. Handels- en ander betaalbares sluit in: 2023 2022 SAID: Inkomstebelasting 0 53 200 Aandeelhouers vir dividende 530 000 390 000 F. Gewone aandelekapitaal en dividende: • 850 000 aandele was teen 1 Oktober 2022 uitgereik. • Op 1 Desember 2022 is 150 000 addisionele aandele teen R7,00 elk uitgereik. • 200 000 aandele is op 31 Maart 2023 teen R1,70 bo die gemiddelde prys teruggekoop. Hierdie aandele kwalifiseer vir tussentydse dividende. • Tussentydse dividende van 25c per aandeel is op 30 April 2023 betaal. 45 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2024) REKENINGKUNDE V1 9 VRAAG 3: VERTOLKING VAN FINANSIËLE STATE (40 punte; 30 minute) MABHABS BPK. en LANDA BPK. Die inligting hou verband met TWEE maatskappye. Tiger Simelane besit aandele en is ʼn direkteur in albei hierdie maatskappye. Hy het onlangs nog R375 000 in elke maatskappy belê deur aandele op die JEB/JSE teen markwaarde te koop. GEVRA: LET WEL: Waar kommentaar of verduidelikings gevra word, moet jy: • Finansiële aanwysers en tendense met syfers aanhaal • ʼn Rede of verduideliking gee vir die finansiële aanwysers wat aangehaal is Verwys na inligting A tot C. 3.1 Aankoop van aandele: • Verduidelik waarom direkteure moet belangstel in die prys van hul maatskappye se aandele op die JEB/JSE. (2) • Bereken die aantal addisionele aandele in Mabhabs Bpk. wat Tiger in 2023 op die JEB/JSE kon koop. (3) • Lewer kommentaar op die prys wat Tiger vir die aandele in elke maatskappy betaal het, en gee TWEE redes waarom hy dalk tevrede was om die prys te betaal. (6) 3.2 Dividende, verdienste en opbrengste: • Verduidelik jou mening oor watter maatskappy die beter dividend- uitbetalingsbeleid het. Gee vergelykende syfers. (6) • Vergelyk en lewer kommentaar op die % opbrengs op ekwiteit wat deur elke maatskappy verdien is. (4) • Tiger voel dat die verdienste per aandeel (VPA) van Landa Bpk. baie beter is as dié van Mabhabs Bpk. Verduidelik hoekom hy so voel. (5) 3.3 Verwys na inligting B en C: Mabhabs Bpk. is meer negatief geraak as Landa Bpk. deur die swak ekonomie. (a) Verduidelik TWEE besluite wat deur die direkteure van Mabhabs Bpk. geneem is in reaksie op die stand van die ekonomie, en hoe hierdie besluite die maatskappy in die toekoms sal raak. (6) (b) Verduidelik TWEE besluite wat deur die direkteure van Landa Bpk. geneem is wat risiko en hefboomfinansiering beïnvloed. Haal aan en lewer kommentaar op TWEE finansiële aanwysers. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 REKENINGKUNDE V1 (EC/JUNIE 2024) INLIGTING: A. Aandeelhouding van Tiger Simelane in twee maatskappye: MABHABS LANDA Aantal aandele gekoop in 2021 450 000 1 300 000 Totale aandele uitgereik deur elke maatskappy op 28 Februarie 2021 950 000 2 500 000 Addisionele aandele gekoop deur Tiger ? 100 000 Tiger se % aandeelhouding voor die aankoop van addisionele aandele 47,4% 52% B. Finansiële aanwysers, markpryse en rentekoerse op 28 Februarie 2023: MABHABS LANDA Verdienste per aandeel 92 sent 78 sent Dividende per aandeel 60 sent 75 sent Skuld-ekwiteit verhouding 0,2 : 1 0,8 : 1 % opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang 6,1% 17,9% % opbrengs op gemiddelde kapitaal aangewend 10,3% 16% Netto batewaarde per aandeel 660 sent 425 sent Rentekoers op lening 13,0% 13,0% Rente op belegging 7% 7% Markprys per aandeel 750c 375c C. Uittreksels uit die Kontantvloeistaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2023: LET WEL: Invloei en uitvloei van kontant word NIE aangedui op bedrae hieronder NIE: MABHABS LANDA Tasbare bates aangekoop 0 1 500 000 Tasbare bates verkoop 2 000 000 0 Nuwe aandele uitgereik 450 000 400 000 Aandele teruggekoop 940 000 0 Lening aangegaan 0 3 200 000 Lening terugbetaal 1 700 000 0 Belegging gemaak 0 850 000 Belegging verval 750 000 0 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2024) REKENINGKUNDE V1 11 VRAAG 4: KORPORATIEWE BESTUUR (15 punte; 15 minute) 4.1 Daar word van maatskappydirekteure verwag om wettige verwagtinge van belanghebbendes te identifiseer en in ag te neem. • Verskaf TWEE gevolge vir die vernalating van die verwagtinge van die belanghebbendes deur die maatskappy. (4) 4.2 OUDITVERSLAE Kies die ouditmening uit KOLOM B wat die ouditverslag in KOLOM A beskryf. Skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommers (4.2.1–4.2.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 4.2.1 Gekwalifiseerde A Ons was nie in staat om voldoende bewyse ouditverslag te verkry om ʼn ouditmening te gee nie. Gevolglik spreek ons nie ʼn mening uit oor die finansiële state van Stwee Bpk. vir die jaar wat toe geëindig het nie. 4.2.2 Ongekwalifiseerde B Behalwe vir die effek van die ouditverslag ongemagtigde bonus aan die HUB, bied die finansiële jaarstate, in alle wesenlike opsigte, die finansiële posisie van Twibby Bpk. 4.2.3 Weerhouding van C Die finansiële jaarstate gee, in alle mening wesenlike opsigte, die finansiële posisie van Natura Bpk. (3 x 1) (3) 4.3 (a) Watter tipe ouditverslag sal aandeelhouers aanmoedig om aandele in ʼn maatskappy te koop? (1) (b) Verduidelik waarom dit belangrik is vir ʼn onafhanklike ouditeur om ʼn lid van ʼn professionele liggaam te wees. (1) 4.4 Uittreksel uit ʼn artikel in die Saturday News: Die werknemers van Riavaia Bpk. het ʼn verhoging van 10% in hul salarisse vir die jaar 2022 ontvang terwyl die HUB ʼn verhoging van 45% ontvang het. Die werknemers was nie gelukkig oor die verskil in salarisverhoging nie, en het daaroor gekla. Riavaia Bpk. het die besluit verdedig en daarop gewys dat dit deur die vergoedingskomitee goedgekeur is nadat deeglike oorwegings gemaak is. Verduidelik die rol van die vergoedingskomitee. Gee DRIE punte. (6) 15 TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 REKENINGKUNDE V1 (EC/JUNIE 2024) GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS Bruto wins x 100 Bruto wins x 100 Verkope 1 Koste van verkope 1 Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100 Verkope 1 Verkope 1 Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100 Verkope 1 Verkope 1 Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang (Handel en ander ontvangbare bedrae + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van verkope . Koste van verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365 Kredietverkope 1 Koste van verkope/Kredietaankope 1 Netto inkomste na belasting x 100 Netto inkomste na belasting x 100 Getal uitgereikte aandele 1 Gemiddelde aandeelhouersbelang 1 (*Sien nota hieronder) Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100 Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1 Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100 Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1 Tussentydse dividende x 100 Finale dividende x 100 Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1 Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100 Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1 Totale vaste koste . Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid LET WEL: * In hierdie geval, indien daar ʼn verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende ʼn finansiële jaar is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Accounting

View all