Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
JUNIE 2024
REKENINGKUNDE V2
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye, insluitend ʼn
formuleblad en ʼn 9-bladsy antwoordeboek.
Hosted by www.ecexams.co.za
Skip to contentAll 2024 papers %202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119/v1-1eb00d6628aa32a175b1/card.webp)




%20SEP%202022%20Answer%20Book_hlayiso.com_--d433311b-2ab8-4c86-90d3-42fe3c2ac6c3/v1-665616d76b0918d13570/card.webp)
View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)

%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)



Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)
Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the Eastern Cape June Exam 2024 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 12 · Eastern Cape June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 590.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 REKENINGKUNDE V2 (EC/JUNIE 2024)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. ʼn Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
beantwoord.
3. ʼn Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel
aangeheg.
4. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.
5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Jy mag ʼn donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
7. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ʼn riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE
1 Rekonsiliasies en Interne Beheer 45 35
2 Kosterekeningkunde 50 40
3 Voorraad en Interne beheer 30 25
4 Vaste Bates 25 20
TOTAAL 150 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024) REKENINGKUNDE V2 3
HOU HIERDIE BLADSY OOP.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 REKENINGKUNDE V2 (EC/JUNIE 2024)
VRAAG 1: REKONSILIASIES EN INTERNE BEHEER (45 punte; 35 minute)
1.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of
‘onwaar’ langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.1.1 Kredietkaartverkope word as kontanttransaksies beskou. (1)
1.1.2 Besighede wat aanlynbankdienste doen, hoef nie bankrekonsiliasies te
doen nie. (1)
1.1.3 Rente op oortrokke rekening word as bankkoste aangeteken. (1)
1.1.4 ʼn Kredietsaldo op die bankstaat dui op ʼn gunstige saldo. (1)
1.1.5 Volgens die wesenlikheidsbeginsel van AARP, moet ʼn besigheid
kontantverliese onmiddellik aanteken wanneer dit vermoed word. (1)
1.2 BANKREKONSILIASIE
Jy word voorsien van inligting uit die rekords van Bird Handelaars. Sam Sly is die
enigste persoon wat verantwoordelik vir bankdeposito’s is.
GEVRA:
1.2.1 Bereken die korrekte totale in die Kontantontvangstejoernaal en
Kontantbetalingsjoernaal vir Junie 2024. Gebruik die tabel in die
ANTWOORDEBOEK. (14)
1.2.2 Stel die Bankrekonsiliasiestaat op 30 Junie 2024 op. (7)
1.2.3 Dit blyk dat dit nie vir Bird Handelaars moontlik sal wees om die uitstaande
deposito, gedateer 24 Mei 2024, te verhaal nie (sien Inligting A).
Verduidelik EEN punt om ʼn moontlike oorsaak vir die vermiste deposito te
gee.
Verskaf EEN aksie wat teen Sam Sly geneem kan word. (4)
INLIGTING:
A. Behalwe vir ʼn uitstaande deposito, R30 000, gedateer 24 Mei 2024 ontvang
vir kontantverkope, is alle uitstaande items wat op die
Bankrekonsiliasiestaat op 31 Mei 2024 verskyn het, korrek op die
Bankstaat van Junie 2024 aangeteken.
Die R30 000 is nooit in die bankrekening inbetaal nie. Sam Sly het nie ’n
verklaring vir die vermiste kontant nie. Bird Handelaars het besluit om
hierdie bedrag af te skryf.
B. Die saldo op die bankstaat op 30 Junie 2024 is R40 090 (gunstig).
C. Die voorlopige totale in die kontantjoernale vir Junie 2024, voor
rekonsiliasie met die bankstaat, is:
• Totaal vir Kontantontvangstejoernaal, R710 000
• Totaal vir Kontantbetalingsjoernaal, R663 600
D. Die Junie 2024-bankstaat het koste vir internetbankdienste R1 800,
diensfooie R510 en rente op die gunstige banksaldo, R240, getoon.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024) REKENINGKUNDE V2 5
E. Twee direkte deposito's het slegs op die bankstaat verskyn:
• R8 500 van ʼn huurder, G Hair
• R15 000 van Super Foods. Dit blyk ʼn fout te wees, aangesien Super
Foods nie aan Bird Handelaars bekend is nie.
F. EFO nr. 633 vir ʼn rekenaar verskyn as R4 850 in die KBJ, maar op die
bankstaat is dit as R8 450 aangeteken. Die bedrag op die bankstaat is
korrek.
G. ’n EFO vir R2 450 ten gunste van Spic en Span vir skoonmaakdienste is
op die bankstaat gedupliseer.
H. Die volgende items het in die Kontantjoernale vir Junie 2024 verskyn, maar
nie op die bankstaat vir Junie 2024 nie:
● EFO nr. 653, R3 250
● Deposito op 30 Junie 2024, R27 900
I. Die saldo van die bankrekening op 30 Junie 2024 is die balanserende syfer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 REKENINGKUNDE V2 (EC/JUNIE 2024)
1.3 KREDITEUREREKONSILIASIE
Jy word voorsien van inligting uit die rekords van Shark Handelaars vir Junie 2024.
Shark Handelaars koop goedere op krediet van Dragon Verskaffers.
GEVRA:
1.3.1 Toon die veranderinge aan die rekeningsaldo in die Krediteuregrootboek en
die saldo op die staat vir elk van die verskille hieronder gelys. Dui aan of die
bedrag by die gegewe saldo opgetel (+) of afgetrek (-) moet word. Gebruik
die tabel wat in die ANTWOORDEBOEK voorsien word. (13)
1.3.2 Verwys na inligting (vi):
’n Ondersoek het aan die lig gebring dat hierdie goedere deur die eienaar vir
sy persoonlike gebruik bestel is. As ʼn interne ouditeur, watter raad sal jy die
eienaar gee oor die aankoop van goedere deur die besigheid se rekeninge?
Gee EEN punt. Verwys na ʼn AARP-beginsel in jou verduideliking. (2)
INLIGTING:
A. Saldo van Dragon Verskaffers in die Krediteuregrootboekrekening,
R174 640 (Kt).
Saldo soos per staat ontvang van Dragon Verskaffers, R190 800 (Dt).
B. ʼn Ondersoek het die volgende verskille aan die lig gebring:
(i) ʼn Betaling van R13 000 deur Shark Handelaars is weggelaat in die
Krediteuregrootboekrekening van Dragon Verskaffers en op die Staat
ontvang.
(ii) ’n Faktuur vir R28 600 wat van Dragon Verskaffers ontvang is, is korrek
deur Shark Handelaars aangeteken. Die rekeningstaat het R26 800
getoon.
(iii) Shark Handelaars het ʼn afslag van R1 600 vir vroeë betaling korrek
aangeteken. Dit verskyn nie op die staat nie.
(iv) Shark Handelaars het verkeerdelik ʼn debietnota vir R2 500 in die
grootboekrekening van Dragon Verskaffer aangeteken. Dit was vir
goedere wat aan ʼn ander verskaffer terugbesorg is.
(v) ʼn Kredietnota vir R4 000 ontvang van Dragon Verskaffers vir ʼn afslag
wat toegestaan is, is verkeerdelik as ʼn faktuur deur Shark Handelaars
aangeteken.
(vi) Die rekeningstaat het die volgende items getoon wat nie deur Shark
Handelaars aangeteken is nie:
Afleweringskoste vir die maand, R7 060
Faktuur vir goedere gekoop, R4 800
(vii) ʼn Betaling van R10 000 wat op 28 Junie 2024 deur Shark Handelaars
gemaak is, is in die Krediteuregrootboekrekening van Dragon
Verskaffers aangeteken. Die staat is gedateer 26 Junie 2024.
45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024) REKENINGKUNDE V2 7
HOU HIERDIE BLADSY OOP.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 REKENINGKUNDE V2 (EC/JUNIE 2024)
VRAAG 2: KOSTEREKENINGKUNDE (50 punte; 40 minute)
2.1 Pas die konsepte in KOLOM A by ʼn beskrywing in KOLOM B. Skryf slegs die letters
(A–E) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
2.1.1 Fabrieksbokoste A Salaris van afleweringsman
2.1.2 Veranderlike koste B Fabriekhuur
2.1.3 Verkoop- en C Koste wat wissel in verhouding tot die
verspreidingskoste aantal eenhede wat geproduseer word
2.1.4 Vaste koste D Produksiekoste vir een eenheid
2.1.5 Eenheidskoste E Koste wat konstant bly, ongeag die aantal
eenhede wat geproduseer word (5)
2.2 TENTE VIR AFRIKA BPK.
Tente vir Afrika Bpk. vervaardig tente vir buitelug-kampering.
GEVRA:
2.2.1 Bereken die direkte materiaalkoste. (6)
2.2.2 Bereken die fabrieksbokoste. (11)
2.2.3 Stel die Produksiekostestaat vir die jaar geëindig 31 Mei 2024 op. (10)
INLIGTING:
A. Voorraad voorhande:
31 Mei 2024 1 Junie 2023
Grondstof R75 200 R84 800
Goedere-in-bewerking voorraad 73 600 55 200
B. Grondstof aangekoop gedurende die finansiële jaar, R1 492 500.
Vraggeld betaal op grondstowwe aangekoop, R77 000.
Grondstof teruggestuur aan verskaffers, R1 500.
C. Fabrieksbokoste:
Voorman se salaris R396 000
Waardevermindering op fabriekstoerusting 173 120
Huuruitgawe 214 480
Water en elektrisiteit 237 040
Versekering 69 690
Indirekte materiaal 45 200
● Huuruitgawe moet tussen die fabriek, verkoopsafdeling en kantoor in die
verhouding 5 : 1 : 1 verdeel word.
● Die fabriek is verantwoordelik vir 75% van die water- en elektrisiteits-
uitgawes.
● ⅔ van die versekeringsuitgawes moet aan die fabriek toegewys word.
● Indirekte materiaal is as volg gebruik: 10% deur die kantore, 25% deur
die verkoopsafdeling en die res deur die fabriek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024) REKENINGKUNDE V2 9
D. 396 tente is vervaardig teen ʼn koste van R8 100 elk.
E. Direkte arbeidskoste is die balanserende bedrag.
2.3 BRIGHT BPK.
Bright Bpk. produseer herlaaibare battery-eenhede vir gebruik tydens beurtkrag. Die
finansiële jaar het 29 Februarie 2024 geëindig.
GEVRA:
2.3.1 Bereken die gelykbreekpunt vir die jaar geëindig 29 Februarie 2024. (6)
2.3.2 Vergelyk en lewer kommentaar op die gelykbreekpunt en die vlak van
produksie vir 2023 en 2024. Haal syfers aan. (6)
2.3.3 Verskaf TWEE moontlike redes vir die toename in direkte materiaalkoste per
eenheid vir die huidige finansiële jaar en stel TWEE maniere voor waarop
dit beheer kan word. (6)
INLIGTING:
A. Kostes vir die jaar geëindig 28/29 Februarie:
2024 2023
TOTALE EENHEIDS- EENHEIDS-
BEDRAG KOSTE KOSTE
Direkte materiaalkoste R345 600 R360 R312
Direkte arbeidskoste 489 600 510 484
Fabrieksbokoste 307 200 320 312
Verkoop- en verspreidingskoste 297 600 310 304
Administrasie koste 240 000 250 258
B. Bykomende inligting vir die finansiële jaar geëindig 28/29 Februarie:
2024 2023
Totale verkope R651 200 R1 836 000
Verkoopprys per eenheid R1 720 R1 700
Aantal eenhede geproduseer en
960 eenhede 1 080 eenhede
verkoop
Gelykbreekpunt ? 1 016 eenhede
50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 REKENINGKUNDE V2 (EC/JUNIE 2024)
VRAAG 3: VOORRAAD EN INTERNE BEHEER (30 punte; 25 minute)
3.1 Kies die korrekte antwoord uit die opsies wat tussen hakies gegee word. Skryf
slegs die antwoord langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.3) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
3.1.1 Die (spesifieke identifikasie / geweegde gemiddelde) voorraad-
waardasiemetode is die beste geskik vir soortgelyke items, met
soortgelyke pryse wat in groot hoeveelhede gekoop word. (1)
3.1.2 Voorraad gewaardeer volgens die (eerste-in-eerste-uit / geweegde
gemiddelde) metode is die beste geskik vir voorraad waar tegnologiese
innovasies belangrik is. (1)
3.1.3 Die (spesifieke identifikasie / eerste-in-eerste-uit) voorraadwaardasie-
metode is die beste geskik vir duur, individueel identifiseerbare
voorraaditems. (1)
3.2 VOORRAADWAARDASIE
Jy word voorsien van inligting rakende Thandi Handelaars, wat deur Thandi
Buzi besit word. Die besigheid verkoop sweetpakke. Die besigheid gebruik die
periodieke voorraadstelsel en die eerste-in-eerste-uit (EIEU)-metode om
hul voorraad te waardeer. Die finansiële jaar het 30 April 2024 geëindig.
GEVRA:
3.2.1 Bereken die waarde van die eindvoorraad op 30 April 2024 deur die
EIEU-metode te gebruik. (7)
3.2.2 Bereken:
• Winsopslagpersentasie behaal op kosprys (4)
• Voorraadhoudingsperiode (in dae) deur die gemiddelde voorraad
te gebruik (4)
3.2.3 Die besigheid probeer om ʼn winsopslag van 30% op kosprys te
behaal.
As die interne ouditeur, verduidelik TWEE punte wat kommer wek met
betrekking tot die winsopslag, wat jy sal ondersoek, na bestudering
van die beskikbare inligting. (4)
3.2.4 Bespreek of die eienaar met die voorraadhoudingsperiode tevrede
moet wees. (Die voorraadhoudingsperiode vir 2023 was 30 dae.) (4)
3.2.5 Thandi Handelaars beplan om 10 sweetpakke aan die plaaslike
netbalklub vir ʼn komende toernooi te skenk. Die verkoopsbestuurder
beweer dat dit ʼn vermorsing van geld en verlore wins sal wees.
Verduidelik hoekom jy NIE met hom SAAMSTEM NIE. Verskaf TWEE
punte. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024) REKENINGKUNDE V2 11
INLIGTING:
A. Voorraadsaldos vir sweetpakke:
Eenhede Eenheidsprys Totaal
1 Mei 2023 2 400 R320 R768 000
30 April 2024 3 880 ? ?
B. Aankope en terugsendings:
Eenhede Eenheids-
Totale bedrag
prys
Aankope:
(vraggeld ingesluit)
8 Julie 2023 3 000 R440 R1 320 000
12 September 2023 7 600 R520 R3 952 000
7 Desember 2023 2 720 R400 R1 088 000
14 Maart 2024 3 520 R480 R1 689 600
16 840 R8 049 600
Terugsendings:
9 Desember 2023 (240) R400 (R96 000)
15 Maart 2024 (600) R480 (R288 000)
TOTAAL 16 000 R7 665 600
C. Verkope en koste van verkope:
Verkope (14 400 sweetpakke teen R560 elk) R8 064 000
Koste van verkope R6 648 000
30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 REKENINGKUNDE V2 (EC/JUNIE 2024)
VRAAG 4: VASTE BATES (25 punte; 20 minute)
4.1 VASTE BATES
Die inligting hou verband met Zee Groothandelaars. Die finansiële jaar het op
29 Februarie 2024 geëindig.
GEVRA:
4.1.1 Stel die Bateverkoperekening op 31 Desember 2023 op. (6)
4.1.2 Bereken die totale waardevermindering op voertuie vir die jaar geëindig
29 Februarie 2024. (5)
4.1.3 Bereken die drawaarde van voertuie op 29 Februarie 2024. (5)
INLIGTING:
A. Saldo’s:
Voertuie (29 Februarie 2024) R1 932 400
Opgehoopte waardevermindering op voertuie
(1 Maart 2023) R1 099 200
B. Bykomende inligting:
(i) Op 31 Desember 2023 is ʼn voertuig vir R30 000 kontant verkoop.
Geen inskrywings is vir hierdie transaksie gemaak nie.
Die kosprys van die voertuig wat verkoop is, was R132 400 en
opgehoopte waardevermindering op die voertuig wat verkoop is, was
R86 450 op 1 Maart 2023.
(ii) Voertuie se waarde verminder teen 15% p.j. op kosprys.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024) REKENINGKUNDE V2 13
4.2 BESTUUR VAN VASTE BATES
Sam Chauke is die eienaar van drie drukkerywinkels. Elke drukkerywinkel het sy
eie bestuurder. Elke winkel het ʼn laserdrukker wat ontwerp is vir grootmaat
drukwerk tot 100 000 kopieë per maand. R2,40 per kopie word gehef.
GEVRA:
Identifiseer EEN probleem met betrekking tot elke winkel, en haal syfers aan om
elke probleem te identifiseer.
Gee EEN punt van advies om elke probleem wat geïdentifiseer is, op te los. (9)
INLIGTING VIR MEI 2024:
Winkel 1 Winkel 2 Winkel 3
Bestuurder Tyali Dumisa Zweni
1 Junie 1 Junie 1 Junie
Aankoopdatum van drukker
2018 2022 2023
Kosprys van drukker R60 000 R100 000 R140 000
Opgehoopte waardevermindering R59 999 R40 000 R28 000
Aantal kopieë gedruk en verkoop 140 000 100 000 40 000
Aantal bedorwe kopieë 1 930 11 740 360
Ink en verbruiksgoedere gebruik R29 600 R39 000 R8 800
Herstelwerk en onderhoud R8 000 R2 800 R400
Ander maandelikse bedryfsuitgawes R34 000 R34 000 R34 000
Kontant van kliënte gedeponeer R264 000 R240 000 R96 000
25
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2024) REKENINGKUNDE V2 14
GRAAD 12 REKENINGKUNDE FINANSIËLE AANWYSERS FORMULEBLAD
Bruto wins 100 Bruto wins 100
x x
Verkope 1 Koste van verkope 1
Netto wins voor belasting 100 Netto wins na belasting 100
x x
Verkope 1 Verkope 1
Bedrysuitgawes 100 Bedryswins 100
x x
Verkope 1 Koste van verkope 1
Totale bates : Totale laste Bedrysbates : Bedryslaste
(Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang
(Handel en ander ontvangbare bedrae + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste
Gemiddelde handelsvoorraad 365 Koste van verkope
x
Koste van verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad
Gemiddelde debiteure 365 Gemiddelde krediteure 365
x x
Kredietverkope 1 Koste van verkope/Kredietaankope 1
Netto inkomste na belasting 100
Netto inkomste na belasting 100 x
x Getal uitgereikte aandele 1
Gemiddelde aandeelhouersbelang 1
(*Sien nota hieronder)
Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings 100
x
Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1
Aandeelhouersbelang 100 Dividende vir die jaar 100
x x
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Tussentydse dividende 100 Finale dividende 100
x x
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Dividende per aandeel 100 Dividende vir die jaar 100
x x
Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1
Totale vaste koste
Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL:
*In hierdie geval, indien daar ʼn verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende ʼn
finansiële jaar is, word die geweegdegemiddelde getal aandele in die praktyk gebruik.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119/v1-1eb00d6628aa32a175b1/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Addendum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 Addendum (Afr)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afr)
%20SEP%202022%20Answer%20Book_hlayiso.com_--d433311b-2ab8-4c86-90d3-42fe3c2ac6c3/v1-665616d76b0918d13570/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Addendum (Afr)
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Addendum
Accounting Grade 12 Paper 2 KZN June 2025 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 KZN June 2025 Memo

Addendum