Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Question Paper

Question paperAfrikaans HLGrade 12202530 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2025, 30 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC June Exam 2025

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik GRAAD 12 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEI/JUNIE 2025 PUNTE: 80 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 30 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 2 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord. 2. Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die inhoudsopgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die letterkundetekste wat jy bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy bestudeer het en kies die soort vraag wat jy wil beantwoord. 3. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: Gedigte (30) AFDELING B: Roman (25) AFDELING C: Drama (25) 4. Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, EEN in AFDELING B en EEN in AFDELING C. AFDELING A: GEDIGTE Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae. Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag. AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag. AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag. 5. KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA) • Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy bestudeer het. • Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag in AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik die kontrolelys op bladsy 5 om jou te help. 6. LENGTE VAN ANTWOORDE • Die lengte van die opstel vir die gedig is 250 tot 300 woorde. • Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400 tot 450 woorde elk. • Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word deur die puntetoekenning van elke vraag bepaal. Beantwoord jou vrae bondig en relevant. 7. Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 2025 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 3 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik 9. Beantwoord ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy. 10. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: ongeveer 40 minute AFDELING B: ongeveer 55 minute AFDELING C: ongeveer 55 minute 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 4 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik INHOUDSOPGAWE AFDELING A: GEDIGTE Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae. VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY 1. "elegie vir my toekomstige vrou" Opstelvraag 10 6 2. "Op sy branderplank" Kontekstuele vraag 10 8 3. "Vroue van Vermeer" Kontekstuele vraag 10 9 4. "Maaltyd" Kontekstuele vraag 10 10 EN Ongesiene gedig: Verpligtend 5. "Rivierstraat" Kontekstuele vraag 10 11 AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag.* 6. Onderwêreld Opstelvraag 25 13 7. Onderwêreld Kontekstuele vraag 25 13 8. Manaka Plek van die Horings Opstelvraag 25 16 9. Manaka Plek van die Horings Kontekstuele vraag 25 16 10. Vatmaar Opstelvraag 25 19 11. Vatmaar Kontekstuele vraag 25 19 12. Die kwart-voor-sewe-lelie Opstelvraag 25 22 13. Die kwart-voor-sewe-lelie Kontekstuele vraag 25 22 AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag.* 14. Krismis van Map Jacobs Opstelvraag 25 25 15. Krismis van Map Jacobs Kontekstuele vraag 25 25 16. Mis Opstelvraag 25 28 17. Mis Kontekstuele vraag 25 28 *LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 5 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik KONTROLELYS Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae beantwoord het. AFDELING VRAAGNOMMER GETAL VRAE MERK BEANTWOORD () A: Gedigte 1–4 2 (Voorgeskrewe gedigte) A: Gedigte 5 1 (Ongesiene gedig) B: Roman 6–13 1 (Opstel of kontekstueel) C: Drama 14–17 1 (Opstel of kontekstueel) LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 6 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik AFDELING A: GEDIGTE VOORGESKREWE GEDIGTE Beantwoord ENIGE TWEE vrae. VRAAG 1: OPSTELVRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord die vraag wat volg. elegie vir my toekomstige vrou – André Letoit 1 ek sal nooit die dag vergeet toe ek jou 2 ontmoet het nie (net soos in die 3 populêre liedjies) 4 :dit was op die skaatsbaan 5 of op die sessiondansvloer 6 of dalk by die biduur 7 (hoewel die soort 8 wat jy by bidure ontmoet 9 gewoonlik nie lank 10 hou nie) 11 ek het jou uitgeneem 12 op my motorfiets (boksburgmeer 13 of milky lane in hillbrow of 14 daai hippiekolonie in berea – ek 15 had altyd 'n voorliefde vir 16 hippiekolonies) en jy het 17 verlief geraak op my 18 toe jy my profiel in die 19 – nee wag – toe ek 20 in jou oor fluister 21 "ek smaak jou" (jou hare 22 het effens na kougom geruik – oh baby) 23 daarna het ek jou ouers ontmoet 24 hulle het my uit die huis uitgejaag 25 (vermoedelik vanweë my lang hare en baard – 26 uit die mode sedert jan van riebeeck en oom paul se tyd – 27 my tydsberekening is altyd verkeerd) 28 maar uiteindelik 29 het ons tóg getrou; jy was 30 so bly: niemand het opgedaag by die kerk nie 31 behalwe die dominee 32 en 'n paar assuransieagente 33 (onder andere my pa, saam met sy 34 vrou: gawe mense, darem, Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 7 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik 35 as jy hulle leer ken; ongelukkig 36 ken ek hulle 37 nie so goed nie) 38 daarna het ons, soos altyd, saam 39 geleef (leef?) soos al die ander 40 mense (mense?) en 41 nie meer toptwintig 42 geluister nie; 43 ek het altyd gedog 44 ek was verlief op jou (hahaha!) 45 maar toe eers, toe vang ek 46 die hele triek: 47 alles gaan om skreeuende bybies 48 en kombuiskaste wat piep 49 en die huwelik is 'n duur prys om te betaal 50 vir 'n lewe vol platoniese dogmatiek [Bron: Suburbia deur André Letoit, uitgegee deur Perskor] Die titel, stylfigure en leestekengebruik word effektief in dié gedig aangewend om die spreker se ontnugtering met die huwelik oor te dra. Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 250 tot 300 woorde. [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 8 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Op sy branderplank – Petra Müller 1 Hy waag hom weer teen horisonne. 2 Die see gooi son in teen sy sonne, maar skuimskuddend 3 deur die teug vlug hy na vore, hys hom 4 lugtig teen die stroom uit, en kom 5 staan-staan strand toe, groen 6 deursigtig en ook reeds gebore. * 7 Die seun het see in sy mond. Hy weet 8 nie of dit bloed of water is nie: uit 9 spoeg hy dit. Met sy sagte tongpunt voel 10 hy wortels van sy tande af, en proe die lug 11 wat sag van land en kruie om hom labberlag. 12 Hy lig hom van die seeplank af; afwesig 13 skud hy nou sy kop – 'n blonde rob – 14 en snuit hom skoon 15 van wat hy was; 16 'n elegante, goed gesteelde lyf 17 wat eeue lank reeds 18 land toe dryf [Bron: Nuwe verseboek vir seniors, Tafelberg, 1992] 2.1 Met watter DRIE afsonderlike werkwoorde in versreëls 1 tot 3 word die "hy" se stryd teen die natuur uitgelig? (3) 2.2 Watter gedagte oor die "hy" se stryd teen die natuur word deur middel van alliterasie in versreëls 4 tot 6 gesuggereer? (1) 2.3 Wat is die funksie van die agterplasing van "uit" in versreël 8? (1) 2.4 Dink jy die gebruik van sinestesie in versreël 10 en 11 is gepas? Motiveer jou antwoord. (1) 2.5 Benoem die beeldspraak in versreël 13 EN verduidelik waarom dié spesifieke beeld geslaagd is. (2) 2.6 Wat, dink jy, word bereik met die insluiting van die woorde "eeue lank" (versreël 17) EN hoe sluit die gebruik van die kommapunt in versreël 15 hierby aan? (2) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 9 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Vroue van Vermeer – TT Cloete 1 Dit is meestal 'n mooi jong vrou. 2 Meestal is sy alleen binnenshuis, 3 dalk met 'n wit veraf brief wat sy vashou, 4 naby, in 'n gloeiende klein hand 5 voor 'n kleiner of groter oop 6 venster. Daar kom 'n ligte geruis 7 van 'n wêreld aan uit 'n land- 8 of groter wêreldkaart 9 wat teen die muurvlak oorkant 10 hang, daar waar seestrome en wind loop 11 met haar land se ganse skeepvaart. 12 Sy staan, sy sit, sy buk oor kant, 13 sy droom of sluimer 14 in lig wat in vlokkies of korrels brand 15 of dof kaats in die ruimer 16 ruimte van 'n skildery of spieël of in 'n wynhouer 17 ivoor maak, of sy speel klavesimbaal 18 of sy loer oor haar skouer 19 en dra 'n sonnende pêrel teen haar nek 20 se skadu. En altyd is daar lig wat áfstraal 21 ín in die liefs klein afgemete vertrek, 22 oorvloedig, uit die oop grote 23 universum en wat die klein aardse geslote 24 stilte in die onmeetlike laat asemhaal. [Bron: Driepas, Tafelberg, 1989] 3.1 Waarna verwys die "Dit" in versreël 1? (1) 3.2 Verwys na versreëls 2 tot 6. 3.2.1 Watter 17de-eeuse persepsie oor die vrou word deur die woorde "alleen binnenshuis" (versreël 2) uitgelig? (1) 3.2.2 Haal TWEE afsonderlike woorde uit dié versreëls aan wat met 'n wêreld buite die vrou se ruimte skakel. (2) 3.3 Hoe skakel die kontrasterende werkwoorde "hang" en "loop" in versreël 10 met die vrou se emosies? Verwys na beide woorde in jou antwoord. (1) 3.4 Verwys na versreëls 13 tot 18. Watter stylfiguur kom voor met die herhaling van "of "? Evalueer die funksie daarvan en motiveer jou antwoord. (2) 3.5 Op watter TWEE maniere word die gedagte dat die lig van buite (versreël 20 en 21) haar wêreld binnedring, uitgehef? Waarom, dink jy, kan "asemhaal" as die hoogtepunt van die gedig beskou word? (3) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 10 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Maaltyd – PJ Philander 1 Ou moeder met haar hoepelrokkie 2 en stywe kappie, staan hande gevou 3 in die vorm van 'n koperklokkie 4 vir smôrens, smiddags en vir nou. 5 Die blou bord en die skoon servet, 6 die helder bril, die Bybel oop, 7 en teen die hoë muur haar groot portret 8 hou my aan haar steeds vasgeknoop. 9 En op die gladde, blink buffet, 10 glimmend in die skerp lig van die lamp, 11 skyn sy nou in die seëngebed, 12 leef sy nou in die wasige damp. 13 Sy was eers goud, heel later silwer, 14 nou's sy koper waar sy staan, 15 maar met elke lui dan skilfer 16 af ... die grasgroenspaan. [Bron: Uurglas, Nasionale Boekhandel, 1955] 4.1 Benoem EN verduidelik die beeldspraak in versreëls 1 tot 3. (2) 4.2 Watter stemming word deur die halfrym in versreël 4 oorgedra? (1) 4.3 Verwys na versreëls 5 tot 8. Noem DRIE voorwerpe wat die spreker se herinnering aan sy ma lewendig hou. (3) 4.4 Verwys na versreël 11 en 12. Dink jy hierdie versreëls dui op 'n afname in die herinnering aan die moeder? Motiveer jou antwoord. (1) 4.5 Watter TWEE betekenisvlakke van die gedig word in versreël 13 en 14 geïmpliseer? (2) 4.6 Evalueer die geslaagdheid van die titel van die gedig. Motiveer jou antwoord. (1) [10] EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 11 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND) VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. Rivierstraat – Neo Mehlomakulu 1 Een oggend 2 was daar 'n begrafnis 3 vier huise van ons huis af 4 dit was 'n celebrity-suiplap se begrafnis 5 en al sy dronk tjommies het gekom 6 om hul laaste bier 7 en dronkverdriet 8 met hul gevalle god te deel 9 die oorledene se familie 10 het matching suits en rokke aangehad 11 met hul neuse in die lug 12 en fake trane wat by hul wange afgerol het 13 clearly net hier 14 om te kyk wat elkeen van hulle kon erf 15 die lykskouer en sy helpers het 'n cheap kis 16 uit die lykswa gerol 17 en soos robotte met die kis op hul skouers 18 die vuil jaart ingemarch 19 ek het skielik aan die huil geraak 20 nie omdat ek hartseer vir die oorledene was nie 21 maar omdat ek nie soos hy wou doodgaan nie: 22 arm, dronk en alleen [Bron: Litnet 2022] 5.1 Verwys na versreëls 1 tot 3. Waaroor handel hierdie gedig? Skryf slegs EEN woord neer. (1) 5.2 Waarom is dit ironies dat die oorledene as 'n "celebrity" (versreël 4) beskryf word? (1) 5.3 Die spreker verwys na die oorledene as "hul gevalle god" (versreël 8). Hoe sluit hierdie woorde onderskeidelik by die dronk tjommies EN die familie se ander idee van die oorledene aan? (2) 5.4 Watter houding, dink jy, word met die beeldspraak in versreël 17 oorgedra? (1) 5.5 Verwys na versreëls 19 tot 22. Is dit 'n geregverdigde afleiding dat die rede vir die spreker se trane hom/haar in dieselfde kategorie as die oorledene se familie plaas? Motiveer jou antwoord met TWEE feite. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 12 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik 5.6 "arm, dronk en alleen" (versreël 22) Bewys dat die spreker se slotsom oor die oorledene in hierdie versreël akkuraat is met 'n aanhaling van twee woorde vir ELKEEN van hierdie eienskappe uit die gedig. (3) [10] TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 13 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik AFDELING B: ROMAN Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het. ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag). VRAAG 6: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG Die titel van die roman is baie geslaagd. Bespreek in 'n opstel van 400 tot 450 woorde in watter opsigte die roman se titel op die hoofkarakter se ervarings van toepassing is. [25] VRAAG 7: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS A Ek klop 'n paar ouens op die skouer. Dit is iets dié waarna jy uitsien van die eerste oomblik dat jy aan die ander kant uit die Tonnel kom: die oorgee van die ritueel. En toe, tussen al die glimlaggende gesigte, val my oë op Eckardt. Ek stap na hom toe. Met 'n stem wat bo die ander ouens se opgewonde pratery uitstyg, sê ek: "Maar hier is mos nog 'n Trapper!" 5 Skielik word dit stil. Almal kyk nou na Eckardt. "Hoe lyk dit, Eckardt, kan jý die skoollied sing?" vra ek, smalend. "Ek sing nie," sê hy. "O, maar dan het ek net die ding om jou tune te verander." Die stilte om ons is oorweldigend. Ek weet alle oë is nou op my. 10 "Gee vir my nog 'n blinddoek." Ek voel die sagte lap in my hande. Span dit tussen gebalde vuiste. Stap om Eckardt. Stadig. Net toe ek die doek oor sy oë wil bind, draai hy sy lyf en stamp my hande weg. "Hou hom vas!" skree ek. 'n See van hande gryp na Eckardt, anker hom op sy knieë daar voor my. Ek 15 grynslag. Geniet elke oomblik. Trek die knoop styf agter sy kop. Ek hoor sy vinnige asemhaling, sien hoe die spiere in sy nek span. Toe begin ons hom draai. Hy val 'n keer, toe nog 'n keer. Maar hy sê niks nie. Om en om. Hande wat vat, los, vat, los. Ek hoor die mangat se deksel oopgaan. 7.1 Na watter ritueel word in reël 2 verwys EN hoe sluit die Tonnel op letterlike vlak by die romantitel aan? (2) 7.2 Verwys na reëls 1 tot 5. Waarom is dit enersyds geregverdig EN andersyds ongeregverdig dat Greg hier vir Eckardt 'n Trapper noem? Onder watter omstandighede maak Eckardt later in hulle vriendskap hierdie woorde op Greg van toepassing? (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 14 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik 7.3 Verwys na reël 7. Waarom tree Greg op hierdie stadium van die roman "smalend" teenoor Eckardt op? (1) 7.4 Verwys na reël 14 en 15. Watter afleiding kan die leser oor Greg se invloed in die skool op hierdie stadium van die roman maak? Wat was die hoofrede dat Greg se invloed in die skool verander het? (2) EN TEKS B 'n Sukses? Is dit nog enigsins moontlik? Kan ek weer in die mindset kom waarmee ek die jaar begin het? Ek weet nie hoekom nie, maar selfs al voel ek en my pa soos vreemdelinge vir mekaar, is daar iets in my wat nog smeek vir my pa se aanvaarding. Iets wat hom nog tevrede wil stel. Maar dan is daar ook die ander deel van my wat wonder of enigiets wat ek doen, goed genoeg 5 gaan wees vir hom. Sal daar ná alles nog meer verwagtinge wees waaraan ek nie sal kan voldoen nie? Moet ek sy liefde en aanvaarding koop met my prestasies? Sal ek John se skoene kan vol staan? Die besluit is 'n tawwe een, maar dit is een waarby ek gaan hou. Ek gaan weer 10 probeer. 'n Nuwe begin maak. Vir John. Vir my ma. En, ja, ook vir my pa. Hierdie tyd van die oggend is al Clarens se galerye en ander winkels nog toe. Net by die gastehuise is daar lewe. Motors staan in die strate. Sommige van die bome wat in die somer so groen staan en skaduwees gooi, is nou kaal, maar Clarens het 'n sjarme wat min klein dorpies het. 15 Dis 'n plek wat mens tevrede laat voel met jouself. En dis seker waarna ons almal soek, uiteindelik. Ek staan voor die Addy Hoyle Fine Art galery en kyk na binne deur die blokkiesvensters. Die stem kom onverwags: "Terwyl Zeus, die heerser van Olimpus, slapend gevou lê 20 in Hipnos se vlerke, strand sy seun, Herakles, se skip vandag weer op Kos." Die beeld van iemand wat agter my staan, spieël in die winkelvenster. 7.5 Verwys na reël 1 en 2. Noem DRIE aspekte van Greg se lewe wat hom aan die begin van die jaar laat dink het dat hy suksesvol is. Waarom is dit ironies dat Greg se pa hom aan die begin van die jaar as ruggraatloos bestempel? (4) 7.6 Waarom voel Greg dat hy sy oorlede broer John se skoene moet vol staan? (1) 7.7 Watter tipe verteller tree in reëls 1 tot 7 op? Is hierdie tipe verteller geslaagd? Motiveer jou antwoord. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 15 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik 7.8 "En, ja, ook vir my pa." (Reël 11) Onder watter wanindruk ten opsigte van sy pa verkeer Greg as hy dié besluit neem EN hoe dra die verskyning van die persoon in reël 22 daartoe by dat Greg se idee van sy pa versplinter word? (2) 7.9 Hoe verskil Greg se emosies ten opsigte van sy pa van dié van sy ma? Hoe dra Greg se pa enersyds EN sy ma andersyds daartoe by om hierdie verskillende emosies te veroorsaak? (3) 7.10 Verwys na die ruimtebeskrywing in reëls 12 tot 17. Dink jy hierdie ruimtebeskrywing is funksioneel? Motiveer jou antwoord met TWEE feite. Het Greg op hierdie stadium van die roman rede om "tevrede" (reël 16) te voel? Motiveer jou antwoord. (3) 7.11 Verwys na reëls 20 tot 22. Waarom herken Greg dadelik hierdie woorde? (1) 7.12 Herlees reëls 3 tot 14 van TEKS A en reëls 6 tot 9 van TEKS B. Het Greg, volgens jou, enige karakterontwikkeling vanaf die gedeelte in TEKS A tot die retoriese vrae in TEKS B ondergaan? Motiveer jou antwoord. (1) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 16 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag). VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG Die titel van die roman is baie geslaagd. Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde ten opsigte van Baas se ervarings. [25] VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS C "Die vloek!" Baas vat nie die koffie nie. "Ons het gistermiddag laat hier aangekom. Toe eers sien ons die geboue is verwoes." Oom Scholtzie balanseer die beker op 'n gelykte en kom sit langs Baas op die nat seil. Grace kom met haar mukolo van Mubuyu af. Sy het haar kolletjiesrok aan. Sy knak 5 haar knieë liggies en hou met al twee hande 'n toegeknoopte doekie na hulle toe uit. "Dit is nog 'n bietjie warm. Groenmielies in die blare gekook." Sy glimlag. "Miskien sal muluti Malila ook daarvan hou." "Dankie Grace, ek is honger." Oom Scholtzie knoop die doekie los. "Ek is ook honger." Nanna sluit by hulle aan. 10 Grace maak vir Nanna 'n mielie skoon. Baas eet nie. Griesel sit in die Datsun; dit is sy tyd om Bybel te lees. Grace haal 'n opgevoude wit lap voor uit haar rok. "Dit is die tablette wat ek in die nag saamgevat het Mubuyu toe," sê sy vir Baas. Hy vat nie die pille nie. "Dit was om vir die vrou te gaan gee wat met die slee ingebring is na Manaka toe, 15 maar sy is nou al begrawe. Haar naam was Ester. Sy het my ouma se naam gehad. Sy was my niggie, die kind van my oorlede pa se suster Miriam." Oom Scholtzie vryf sy oë. Hy sit sy mielie langs hom neer en hou sy twee hande na weerskante toe uit. Grace neem die een hand. Nanna neem Grace se hand. Baas gee nie sy hande om die kring te voltooi nie. 20 9.1 Na wie verwys Baas in reël 1 EN waarom is hy so ontsteld? (2) 9.2 Wat het die mense, wat saam met oom Scholtzie gekom het, op Manaka kom doen? (1) 9.3 Verwys na reël 5 en 6. Watter TWEE rolle speel Grace in Baas se lewe? Bewys met voorbeelde uit die roman dat elkeen van hierdie rolle uiteindelik tot Baas se karaktergroei bydra. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 17 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik 9.4 Griesel sit in die Datsun-bakkie en Bybel lees. (Reël 11 en 12) 9.4.1 Hoe verskil Griesel se optrede in TEKS C van sy latere optrede teenoor die Lozi's? Hoekom is hierdie houding van Griesel ironies? (2) 9.4.2 Nanna se optrede verskil van Griesel s'n. (Reël 10 en 19) Verwys na 'n ander geleentheid in die roman waar haar optrede met dié van Griesel kontrasteer. (1) 9.5 Verwys na reëls 6 tot 17. Watter tipe verteller tree in dié reëls op? Waarom, dink jy, is hierdie tipe verteller geslaagd in hierdie reëls? (2) 9.6 Verwys na reëls 1, 14, 19 en 20. Waarom is dit enersyds geregverdig EN andersyds ongeregverdig om vir Baas as ongeskik te beskou? Wat is die eintlike rede hoekom hy in reël 20 nie teenoor dié mense wil reageer nie? (3) EN TEKS D Dis lank stil in die slaaprondawel. Baas maak die Bybel oop. " 'To our eldest son Dennis'," lees Baas vir Whitey wat op die binneblad staan. " 'On his 30th birthday. May our Father in heaven be with you on your journey and forever. From your father and mother Dennis and Jennifer Chipman. 29th October 1870.' " 5 Whitey sak op die bed neer. Hy vat die Bybel stadig uit Baas se hande en staar na die inskrywing. Dan kyk hy na die portret teen die muur en kom op sy voete. "En hy was nie tien of twintig jaar hier in Barotseland nie, Baas Dennis Chipman," sê Baas. "Dit was nege en twintig jaar. Jy is reg. Dit was 'n tough old Canadian daardie." Whitey gryp Baas vas. 10 Baas gee vir hom die Bybel. "Vat dit vir jou. Ek het nog een," sê hy. "Die kos is reg," sê Grace in die deur. Hulle sien gelyk die gloed bokant die kerk uitslaan. Vlamme skiet hoog bokant die bome uit. Hulle hardloop. 15 9.7 Onder watter omstandighede het Baas vir Whitey die eerste keer ontmoet? (1) 9.8 Verwys na reël 4 en 5. Watter wanopvatting het Whitey oor sy oupa se identiteit gehad EN hoe dra Baas se inligting oor dié persoon daartoe by dat die verhouding tussen Baas en Whitey verander? (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 18 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik 9.9 Is Whitey se emosie in reël 10 geloofwaardig? Motiveer jou antwoord. Op watter tasbare wyse demonstreer Whitey hierdie emosie in die afloop van die roman? (2) 9.10 Verwys na reël 14. Dink jy die ruimtebeskrywing is funksioneel? Motiveer jou antwoord met TWEE feite. Het Baas enige rede om vir hierdie treurspel verantwoordelik te voel? Motiveer jou antwoord. (3) 9.11 Verwys na reël 21 van TEKS C en reël 11 van TEKS D. Slaag hierdie teksgedeeltes daarin om Baas as 'n buitestander uit te beeld? Motiveer jou antwoord deur afsonderlik na beide gedeeltes te verwys. (2) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 19 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik VATMAAR – AHM Scholtz Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag). VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG Die titel van die roman is baie geslaagd. Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde teen die agtergrond van die ontstaan van Vatmaar en die Vatmaar-inwoners. [25] VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg. TEKS E … het Oom Chai gewoontlik die graaf gevat en vir die intrekker gesê: Nou vir water. Wanneer hulle oor die plek ooreengekom het, het Oom Chai gesê: Dankie, Here, vir die eer om die eerste graaf grond uit te spit. Dan het al Vatmaar se mans, oud en jonk, help grawe, en voor sononder het Vatmaar een put by gehad. Rommel rondgooi was daar nie. Elkeen van ons het 'n vuilgoedgat op 'n hoek van sy 5 erf gehad en alle rommel is daarin gegooi, met die as van die dag se vuur bo-op. Daar was toe nog nie 'n kerk of poliesstasie om vrees in onse gemoedere te blaas nie. Geen sokkerspan en danssaal om onse aandag af te trek nie. Geen dokter en prokureur om op staat te maak nie. Daar was net veldpaaie, met gate wat vanself toegaan as dit reën. En oral was daar kortpaaitjies. 10 Vatmaar was arm, en tog het ons nie armoede geken nie. Ek kan nie onthou dat ek ooit 'n swanger ongetroude meisie gesien het nie. Daar was meer kinders as grootmense. Oupas het altyd gesê: Ek kan nog altyd daai klein werkie doen. Sterfgevalle was ver uitmekaar maar elke nou en dan is daar 'n baba gebore. Niemand is dood aan kanker nie want dit was rykmansiekte, maar teen witseerkeel het 15 kinders nooit 'n kans gehad nie. En daar was twee soorte tering: die vette en die mare. Onse kinders het oorgenoeg gebaklei, maar as onse ouers stry gekry het, het hulle vir mekaar gesê: Pas op, die bure hoor jou. 11.1 Verwys na reël 2 en 3. Op watter TWEE maniere het oom Chai probeer seker maak dat die kinders van Vatmaar gelowig grootword? (2) 11.2 "… en voor sononder het Vatmaar een put by gehad." (Reël 4) Watter Vatmaar-karakter se put het uiteindelik aan al die mense van Vatmaar water verskaf? (1) 11.3 Verwys na reël 7. In watter opsig is dit enersyds geregverdig EN andersyds ongeregverdig dat die kerk en die polisiestasie in dieselfde sin genoem word? Waarom was dit te verstane dat die dorp met die naam Vatmaar nie 'n polisiestasie het nie? (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 20 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik 11.4 Verwys na reël 8 en 9: "Geen dokter en prokureur …" Noem EEN karakter wat op Vatmaar gesterf het omdat daar nie 'n kliniek was nie. (1) 11.5 "Vatmaar was arm, en tog het ons nie armoede geken nie." (Reël 11) Bewys met VIER feite uit die roman dat Oom Chai finansieel selfversorgend was. (4) 11.6 Verwys na reëls 5 tot 18. Dink jy die agtergrondbeskrywing oor die lewe in Vatmaar is funksioneel? Motiveer jou antwoord met TWEE feite. Watter reaksie lok hierdie beskrywing oor Vatmaar by jou as leser uit? Motiveer jou antwoord. (3) 11.7 Watter tipe verteller tree in TEKS E op? Dink jy hierdie tipe verteller is geslaagd in hierdie reëls? Motiveer jou antwoord. (2) EN TEKS F Die kapkar het 'n halfdeurtjie gehad en toe Tant Wonnie daaroor leun sien sy Johnny September staan amper reg voor die perd. Asseblief, asseblief, Mineer Jones. Asseblief, Mineer. Kyk, my vrou kan nie meer loop nie, soebat hy. Tant Wonnie het haar kop teruggetrek om te luister sonder dat sy gesien word. Haar arme voete is vol blase. Mineer, wees dan tog genadig. Hy het sy hande voor 5 hom gehou soos iemand wat bid: Asseblief, Mineer, ek kan loop, vat net my Settie saam. Sy is 'n eerlike vrou. Die Here sal Mineer Jones seën. Tant Wonnie het gesien Johnny September staan so naby die perd dat dié nie kan vorentoe loop nie. Ek het jou vrou nou net sien stap asof daar niks met haar voete verkeerd is nie. Toe 10 moet sy die perd gehoor het, want sy het omgekyk en toe kyk jy om. En toe sien ek sy trek haar skoene uit en maak of haar voete seer is. Ek ken jou baie goed, jy het altyd 'n slimstorie te verkoop. Maar ek sal julle vir twee sjielings oplaai, sê Stoffel Jones. Ek het nie 'n enkele pennie op my nie, Mineer Jones, antwoord Johnny. Ek sal Mineer betaal wanneer ons in Vatmaar kom. 15 Nee, nooit nie. Ek vertrou jou nie. Ek sal dit een sjieling maak of anders gebruik ek my sweep – eers op jou en dan op die perd. En waar is die geld waarvoor jy daai goue trouring verkoop het wat jy sê jy opgetel het? 11.8 Van waar af kom die kapkar? (1) 11.9 Hoe verskil Tant Wonnie en Johnny September se optrede teenoor hulle medemens? Watter TWEE lesse kon Suzan uit Tant Wonnie se optrede, wat direk ná TEKS F volg, leer? (3) 11.10 Verwys na reël 17 en 18. Hoe skakel die trouring met die titel van die roman? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 21 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik 11.11 Watter TWEE rolle speel die goue trouring (reël 17 en 18) in die verbetering van Tant Wonnie se omstandighede? (2) 11.12 Lees reël 3 en 4 van TEKS E en reëls 10 tot 13 van TEKS F. Watter karaktereienskap van die mense van Vatmaar word in TEKS E uitgelig? Dink jy 'n mens kan Stoffel Jones van harteloosheid beskuldig in TEKS F? Motiveer jou antwoord. (2) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 22 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag). VRAAG 12: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG Die titel van die roman is baie geslaagd. Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde ten opsigte van die hoofkarakter se ervarings. [25] VRAAG 13: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS G My ouma (Ma se ma) het in engele geglo. Nie net die soort waarvan 'n mens in die Bybel lees en wat gewoonlik in kore gesing het nie, maar die soort wat van tyd tot tyd op aarde kom kuier en met sekere mense gesels. Sy was in die hospitaal toe die Engel haar die eerste keer besoek het. Van die skrik het sy een van die pypies losgeruk sodat die vloeistof op haar beddeken gedrup het. 5 Sy het die storie dikwels vir my vertel. Net vir my. Elsa en Kara en Ma sou nie verstaan nie, het sy gesê. Hoe die pypie wind gesluk het en hoe bang sy was die verpleegster kom in en raas met haar. "Maar wat het die Engel vir Ouma gesê?" het ek altyd gevra. " 'Dis goed,' het die Engel gesê." 10 "Net dit?" "Net dit. Ek wou my hand uitsteek en aan hom raak, maar hy was dun, die bak blomme wat jou ma-hulle gestuur het, het klaar deur sy klere geskyn. Terwyl ek na hom gekyk het, het die tierlelies deur sy rok gewys. Toe was hy weg." Dit was 'n wonderlike storie. "Hoe het Ouma geweet hy is 'n man?" Ek het engele 15 altyd as vroulik ervaar, mooi meisies met lang golwende hare. Soos Kara. Kara was jaar na jaar die hoofengel in die skoolkonsert. "Sy gesig, sy gesig. Hy was 'n man." "Het Ouma nooit vir iemand anders vertel nie?" "Nee!" het sy ontsteld gesê. "Ons is Gereformeerd, ons glo nie aan geeste nie." 20 13.1 In reël 1 word verwys na Iris se ouma wat aan engele geglo het. Watter invloed het die engel op haar ouma se huwelik gehad? (1) 13.2 "Net vir my." (Reël 6) Watter gedagte word met hierdie kort sin geïmpliseer EN hoe skakel hierdie woorde met Iris se persepsie oor haar rol in die huisgesin? Motiveer waarom dié woorde nie waar is nie. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 23 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik 13.3 Verwys na reëls 4 tot 8. 13.3.1 Ná watter gebeurtenis het die Engel die eerste keer aan Iris verskyn EN het Iris se reaksie op sy verskyning ooreengestem met haar ouma s'n? Motiveer jou antwoord. (2) 13.3.2 Watter boodskap het die Engel vir Iris tydens die eerste verskyning gegee EN tot watter wanpersepsie ten opsigte van die Engel se rol in haar lewe het hierdie boodskap gelei? (2) 13.4 Daar is herhaalde verwysings dat die Engel van tradisionele engele verskil. Hoe beïnvloed hierdie verwysings die leser se verwagting oor Iris en die Engel se verhouding? (1) 13.5 Verwys na reël 20. Watter persoon buite Iris se gesin openbaar dieselfde gesindheid teenoor engele as wat haar Ouma hier handhaaf? Noem nog TWEE karakters wat ook skepties oor die Engel se bestaan was. (3) EN TEKS H "Jou ouers moes jou nooit Iris gedoop het nie," het Peter skielik losgetrek. "Hulle moes jou Anna of Marie genoem het." "Ken jy 'n Marie?" het ek gevra toe ek skielik van my droom onthou. "Nee, dit was net 'n voorbeeld. As jou naam Marie was, het jy nie so vol idees rondgeloop nie." 5 "Dis nie net die naam nie, dis my lewensfilosofie. Kara blom van sy haar Claude gekry het. Elsa blom ..." Daar het ek my vasgeloop. "Ja?" het hy my aangehits. "Waar blom sy? In die kombuis waar sy haar vrieskas alfabeties georganiseer het, skaapvleis voor varkvleis en beesvleis heel eerste?" "Ek weet nie. Maar kyk nou maar na my pa van hy op die plaas is. En Ma ..." 10 "Ja?" het hy gekoggel. "Jou teorie is net op elke tweede mens van toepassing. Wat van jou ma?" "Miskien was haar blomtyd toe sy kinders gekry het." "Nee," het hy ferm gesê. "Jy het my self vertel sy sou nie eens onthou het om julle bottels warm te maak as Johanna nie daar was nie. Sy kan nie beskuit bak sonder om 15 die suurdeeg te vergeet en kluitjies uit die oond te haal nie." Ek het my oë voel water, maar dit kon gewees het omdat die bestuurder sy ruit afgedraai het om iets vir 'n kollega langs hom by die verkeerslig te skree. "Jou ma het vir jou beskuit en konfyt saamgestuur," het ek vir hom gesê. "Moenie dat ek vergeet om dit vir jou te gee nie." 20 13.6 Binne watter ruimte bevind Iris en Peter hulle in TEKS H? Hoe dra die fotograaf binne hierdie ruimte enersyds tot Iris se innerlike konflik EN andersyds tot uiterlike konflik tussen Iris en Peter by? (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 24 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik 13.7 Verwys na reël 6 en 7. Behalwe vir die blombetekenis van haar naam, noem nog twee betekenisse van die naam Iris EN verklaar waarom elkeen afsonderlik vir Iris groot betekenis het. (4) 13.8 Die Claude-karakter word gebruik om enersyds Iris se gesin se siening oor Claude in die politieke situasie ten tye van die roman EN andersyds Johanna se sienswyse oor Claude te ironiseer. Stem jy saam? Motiveer jou antwoord deur na beide aspekte onderskeidelik te verwys. (2) 13.9 In reëls 8 tot 16 kritiseer Peter onderskeidelik Iris se suster Elsa EN haar ma. 13.9.1 Op watter teenstrydige karaktereienskappe van hierdie twee vroue lê Peter hier klem? (2) 13.9.2 Watter EEN van hierdie twee vroue, sou jy sê, ondergaan die grootste karakterverandering ten opsigte van die eienskap wat in die uittreksel genoem word? Motiveer jou antwoord. (1) 13.10 Verwys na reëls 1 tot 3 van TEKS G EN reël 3 van TEKS H. Beide die Engel en Iris se drome/fantasieë het 'n groot invloed op Iris se lewe. Evalueer watter EEN die grootste invloed op Iris se lewe uitoefen. Motiveer jou antwoord. (1) [25] TOTAAL AFDELING B: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 25 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik AFDELING C: DRAMA Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het. KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF VRAAG 15 (kontekstuele vraag). VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG Bespreek, in 'n opstel van 400 tot 450 woorde, watter rol die ruimte in dié drama ten opsigte van die Cavernelis-gesin se behoefte aan bevryding speel. [25] VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg. TEKS I LA GUMA: ... Never mind lat julle nie amenities en facilities in die township het nie! Dáái's group areas legislation, mister Cavernelis. Group areas, ha! More like prisons, big bloody prisons! CAVERNELIS: Nou kan jy sien, mister La Guma, dis hoekom ek en Maudie en Blanchie hierso wil weg. Dis hoekom ek en my gesin hierso uit wil 5 kom ... LA GUMA: Hierso ytkom? You must be joking, mister Cavernelis! Or maybe you're lucky, maybe. Jy't nou 'n opportunity ge-strike om geld te maak, but the others? The others? ... Under the bread-line, man, they live under the ... bread-line, hulle hele dêm lewe lank. En hulle 10 move nooit op nie! Liewerste ónner toe! Kyk, jy word hierso gebore onder die bread-line … en jy vrek hierso onner die bread-line ... Moet poverty, en al die misery, en al die crime, robbery, rape, en murder ... CAVERNELIS: Dis hoekom ek en Maudie en Blanchie hierso wil weg! 15 LA GUMA: Best of luck to you, mister Cavernelis. Jy maak geld om hierso yt te briek. Best of luck. Maar 'is 'n sterk tronk dié. Kyk, die tralies! (Hy trek regaf strepe in die lug, met albei hande, en wys na die geboue in die omgewing.) CAVERNELIS: Anyway, dis hoekom ons seker nie nou gaan worry met 'n shower 20 in die huis nie, mister La Guma. Dis 'n onnodige uitgawe, op 'n huurhuis. LA GUMA (luister nie): 'n Sterk tronk, sê ek ... CAVERNELIS (plaas die tou in La Guma se hande terug, maar dié let dit skaars op): Ja ... 25 LA GUMA: Nou is Map Jacobs ook terug ... Cavernelis sê niks. 15.1 Teen watter politieke agtergrond speel hierdie drama af? (1) 15.2 Gee DRIE redes waarom Cavernelis nie tydens vorige geleenthede met La Guma wou gesels nie. (3) 15.3 Waarom gebruik mister Cavernelis die verkleiningsvorm as hy van Maud in reël 4 en 5 praat? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 26 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik 15.4 Verwys na reël 5 en 6. Dink jy dit is effektief dat Cavernelis hierdie woorde in reël 15 herhaal? Motiveer jou antwoord. Watter TWEE planne maak Cavernelis en sy gesin wel om uit die township te kom EN waarom sal hierdie droom van hulle nooit waar word nie? (4) 15.5 "Kyk, die tralies!" (Reël 17) Met watter emosie sê La Guma hierdie woorde? (1) 15.6 Hoe dra die dialoog en neweteks in reëls 14 tot 26 onderskeidelik by tot die leser se afleiding dat Cavernelis en La Guma by mekaar verbypraat? (2) EN TEKS J CYRIL: Well, as ons sê hy's 'n nice boy nou, dan werk 'ít goed vir hom yt, by die parole-board, jy wiet! RICHIE: O… Hulle speel. RICHIE: Maar nou, wat poke sy haar nies oek by ons ammal in? 5 CYRIL: Daai's haar job, man! Nou concentrate nou op jou kinners! Hulle speel. CYRIL: Sy's 'n nice tootsie, gehoor … RICHIE: Miss Africa? Hê, moenie ideas kry nie, man. Sy's 'n social worker … CYRIL: So what?! Sy's nog altyd 'n … jy wiet mos wat oek! 10 RICHIE: Hê, moenie so praat nie, man! CYRIL: Kry jy die vibes? Hulle lag. Speel. TOMMY: Skaam vir julle! CYRIL: Aag, bugger off, Tommy, man, altyd so heilag, asof jy nog nooit … 15 TOMMY: Wat? Wat? Cyril en Richie lag. CYRIL: Ou Tommy, soes 'ie Ingelsman sê, you haven't got what it takes, man! Jy moet jou bangles! (Lag brutaal.) RICHIE: Moenie gemien wies nie, ou swaer … 20 TOMMY is hard besig om sy ware op te vryf. Cyril en Richie speel voort. Dan verskyn Willy la Guma – soos altyd "jogging" of "skipping". CYRIL: Aggenee … Kyk wie's hie' … Mister physical fitness himself … RICHIE: A healthy mind in a healthy body, like! Jy wiet mos! 25 CYRIL: En al daai talk! RICHIE: Cool it! CYRIL (sagter): So 'n … Altyd so slim … wiet alles, moet die blêdie rooi track suit aan! RICHIE: Ja, sil sweer sy ma het geboorte gegee aan hom in 'n rooi track suit! 30 La Guma is nou by hulle. LA GUMA: Hey, Richie! Cyril! Hoe gaan 'it? … Julle all right? RICHIE (teësinnig): Ja … CYRIL (onvriendelik): 'Is okay, man! LA GUMA: Ek wil … nou nie criticise nie, maar … Kerrim … julle speel so baie 35 kerrim … What a waste … I mean, of time … and talent … Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 27 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik 15.7 Van wie praat Cyril in reël 1? (1) 15.8 Dink jy Miss Africa speel 'n belangrike rol in die drama? Motiveer jou antwoord met TWEE feite. (2) 15.9 Watter karaktereienskap van Cyril blyk uit sy woorde oor Miss Africa in reël 8? Dink jy daar is 'n ooreenkoms in sy siening van Miss Africa en hoe hy oor Blanchie praat? Motiveer jou antwoord met TWEE feite. (3) 15.10 Verwys na Cyril en Richie se woorde in TEKS J. Wie van Cyril of Richie toon in sy woorde in reëls 1 tot 20 'n sin vir regverdigheid? Motiveer jou antwoord. Waarom kan Richie se woorde in reël 30 as ironies beskou word? (2) 15.11 Verwys na reël 35 en 36. By watter tema van die drama sluit die kerrimspelery aan? Watter ander karakter in die drama kritiseer ook hierdie kerrimspelery? Hoe verskil La Guma en die ander karakter se redes waarom hulle die kerrimspelery kritiseer? (3) 15.12 Herlees reël 26 van TEKS I en reël 35 en 36 van TEKS J. Watter gemeenskaplike oogmerk het La Guma met sy woorde aan Cavernelis in TEKS I en aan Cyril en Richie in TEKS J? Met wie bereik La Guma sy doel? Motiveer jou antwoord. (2) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 28 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik MIS – Reza de Wet Beantwoord ÓF VRAAG 16 (opstelvraag) ÓF VRAAG 17 (kontekstuele vraag). VRAAG 16: MIS – OPSTELVRAAG Bespreek in 'n opstel van 400 tot 450 woorde watter rol die ruimte in dié drama ten opsigte van Miem en Meisie se behoefte aan bevryding speel. [25] VRAAG 17: MIS – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg. TEKS K MIEM: Jy't reg opgetree, Gertie. Vanaand moet ons almal saamstaan. MEISIE: Gisteraand het ek ook 'n uil gehoor. In die boom net voor my venster. MIEM: My arme kind. Maar moet jou nie bekommer nie. GERTIE: Ek wil tog nie moeite wees nie. MIEM: Nee wat, Gertie, dis geen moeite nie. Jy kan op die klein bedjie in my 5 kamer slaap. Meisie, neem solank juffrou Gertie se goed kamer toe. MEISIE: Ja, Ma. (Tel die hoed en die tassie op en verdwyn deur die gangdeur) GERTIE: (roep agter haar aan) Dankie, Meisie! 'n Sagte huilwind word gehoor. MIEM: (sag) Ek is bly jy is veilig hier by ons, Gertie. (Kyk vlugtig na die 10 gangdeur) As ek net dink aan die moordenaar ... die verkragter ... wat weer vannag deur die dorp sluip ... op soek na sy prooi. GERTIE: (gril) Jy gee my skoon die rillings, Miem. MIEM: Dit is net die onsekerheid. Waar sal hy toeslaan? Wie sal dit wees? GERTIE: Hoe aaklig! Maar dan is daar natuurlik dié wat sê ons maak te veel van 15 die ding. Dat Tok Pieterse se Rienie en Hannah Koen se Sannie maar net weggeloop het … uit ontevredenheid … en frustrasie. Terwyl MIEM verder praat, kom MEISIE weer binne, gaan sit en werk verder. MIEM: Ek wil dit nie hoor nie. Ek wil dit nie weer hoor nie! Dit ontstel my te 20 veel. Al die arme sotte wat nie die gevaar besef nie. (Snork) Op pad hierheen het jy seker die tent net buite die dorp gesien? GERTIE: Ja. En baie mense wat toustaan om in te gaan. MEISIE: (opgewonde) Is daar baie liggies en is die tent groot? 17.1 Waarna verwys Miem in reël 1 as sy sê: "Jy't reg opgetree, Gertie."? (1) 17.2 Op watter datum vind hierdie gesprek plaas EN waarom is dit belangrik dat almal moet "saamstaan" (reël 1)? (2) 17.3 Verwys na Meisie se woorde in reël 2. Watter verwagting ten opsigte van die verloop van die drama word deur Meisie se woorde geskep? Dink jy hierdie verwagting word gedurende die aand bewaarheid? Motiveer jou antwoord. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 29 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik 17.4 Wat word die skuinsgedrukte teks in reël 9 genoem? Watter stemming word deur die "huilwind" in reël 9 geskep? (2) 17.5 Verwys na reël 10. In die lig van latere gebeure, waarom is dit ironies dat Miem dink dit is veilig binne haar huis? (1) 17.6 Op watter wyse beïnvloed Miem se besluit dat Gertie by haar in die kamer kan slaap die afloop van die drama? (1) 17.7 Verwys na reëls 16 tot 19. By watter tema van die drama sluit hierdie woorde aan? (1) EN TEKS L Die geblaf van die honde is nou sagter en word nog sagter totdat dit na sowat tien spreekbeurte glad nie meer hoorbaar is nie. MIEM: (kwaai) Gertie, kom weg daar by die venster en trek die gordyne toe. 'n Mens weet nooit wie vir ons kan staan en loer nie. MEISIE: Dink Ma so? Dink Ma daar's iemand daar buite? 5 MIEM: Kan wees. 'n Mens weet nooit. (Gerusstellend) Maar moet jou tog net nie ontstel nie. Dan slaap jy weer sleg. Ek is seker jy hoef nie bang te wees nie. Wagter sal ons darem waarsku. En dan is daar natuurlik die konstabel. Die KONSTABEL se stok val. GERTIE tel dit vinnig op en gee dit vir 10 hom. GERTIE: Daar's hy, Konstabel! KONSTABEL: Baie dankie, Juffrou. GERTIE: Dit is 'n plesier, Konstabel. (Giggel. Sien vir MEISIE wat 'n sak op die stapel sit) Die arme kind wat so laat moet werk … Sy is seker 15 doodmoeg … Ek dink sy behoort te gaan slaap. Is jy moeg, Meisie? MEISIE: Ja, ek is. GERTIE: En jou ma is ook glad nie gesond nie. Sy het ook haar rus nodig. Miem, hoekom gaan slaap julle twee nie? Ek sal die konstabel vir 'n rukkie geselskap hou. 20 MIEM: (onwillig) Nou ja, dit is seker laat. En môre moet ek douvoordag op wees om 'n ogie te hou (wys na sakke) oor die misbesending. Sien ons u môreoggend, Konstabel? KONSTABEL: Ek is jammer, maar na twaalf is ek weer vort. 17.8 Verwys na reël 1 en 2. Waarom is dit gerusstellend vir die vroue om die honde te hoor blaf EN watter verband is daar tussen dié honde en Konstabel se teenwoordigheid? (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V2 30 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik 17.9 Verwys na reël 3 en 4 EN reëls 6 tot 9. Identifiseer 'n karaktertrek van Miem uit ELKEEN van hierdie spreekbeurte. Watter rol speel die karaktertrek uit reël 3 en 4 in Meisie se behoefte aan bevryding? (3) 17.10 Verwys na die spreekbeurt in reëls 14 tot 16. Watter gedagte oor haarself probeer Gertie met hierdie woorde aan Konstabel oordra? Wat, dink jy, is die werklike rede hoekom sy van Meisie probeer ontslae raak? Is dit funksioneel dat Gertie in reël 14 "giggel" as sy met Konstabel praat? Motiveer jou antwoord. (3) 17.11 Verwys na reël 24. Watter voorafreëling het Konstabel getref dat hy met oortuiging kan sê hy is "na twaalf … weer vort"? Watter rol het Miem ten opsigte van hierdie voorafreëling gespeel EN waarom is die gedagte vir Miem aanvaarbaar dat hy na twaalfuur die nag weer sal vertrek? (3) 17.12 Verwys na reël 3 van TEKS K en reëls 5 tot 9 van TEKS L. Om watter TWEE redes dink Miem in TEKS K dat sy werklik vir Meisie sal kan beskerm? Watter aanduidings was daar reeds in die motoriese moment dat Miem nie regtig op Wagter EN op Konstabel (TEKS L) kan staatmaak nie? (4) [25] TOTAAL AFDELING C: 25 GROOTTOTAAL: 80 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all