Skip to content

Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2025 Memo

MemorandumAfrikaans HLGrade 12202512 pages

Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the NSC June Exam 2025, 12 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

NSC June Exam 2025

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL V3 MEI/JUNIE 2025 NASIENRIGLYNE PUNTE: 100 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE NASIONALE NASIENSIMBOLE VERDUIDELIKING SIMBOOL BESKRYWING Woordorde Hakies en pyltjie ( ) Woord(e) weggelaat ^ Weglaatteken/Karet Taalfoute Enkelstreep onder die taalfout Spelfoute = Dubbelstreep onder die spelfout Paragraafindeling [ Begin van 'n nuwe paragraaf Nuwe sin L Begin van 'n nuwe sin Woord(-keuse)-foute X Trek 'n X bo-oor die verkeerde woord. Erkenning van Regmerkie bo goeie taalgebruik, idees of  taaljuweeltjies uitdrukkings Onduidelik/onverstaanbaar ʃ (in die kantlyn) Kronkelstreep Punktuasie  Omkring Neem taalvariëteit in ag. AFDELING A: OPSTEL AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die kandidaat mag slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige tipe opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien. NASIENRIGLYNE Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud: I = Kh = 22 Taal, styl en redigering: T = Kl = 10 Struktuur: S =K = 4 Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant (onder die opstel). 36 Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te wees). DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL • Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees. • Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte. • Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar standpunt insluit. In die geval van 'n verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl 'n argumenterende en beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 3 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne SOORTE OPSTELLE: VERHALENDE OPSTEL Dit is 'n interessante vertelling van 'n storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word. Hou die volgende in gedagte: • Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word ('n storie of gebeurtenis). • 'n Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig. • Dit is opreg en met entoesiasme geskryf. • Die inhoud is boeiend en interessant, dit oortuig en ontwikkel logies, daarom is die inhoud samehangend. • Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees. • Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd. • 'n Treffende inleiding wat die leser boei, word aangebied. • 'n Verrassende slot rond die inhoud af. • Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. • Die verlede tyd word gewoonlik gebruik. BESPIEGELENDE OPSTEL Die skrywer oorweeg/deurdink 'n idee/lewenswaarheid/'n situasie en gee sy/haar emosionele reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor drome of wense/moontlikhede. Hou die volgende in gedagte: • Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf. • Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg. • Dis persoonlik van aard. • Daar is 'n definitiewe struktuur, maar 'n gevolgtrekking is nie nodig nie. • Dit hoef nie 'n gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig geskryf word. • Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. BEREDENEERDE OPSTEL Dit is objektief en probeer om 'n gebalanseerde gesigspunt van beide kante van 'n argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot 'n spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik in die ontwikkeling van die opstel ontleed wees. Hou die volgende in gedagte: • Die opstel handel oor 'n onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die inleiding, ingeneem word. • BEIDE kante van die argument moet beredeneer word. • Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder. • Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings. • 'n Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak. Die slot gee 'n sterk aanduiding van die skrywer se mening. • Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig. • Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor. • Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. • Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 4 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne ARGUMENTERENDE OPSTEL Die skrywer het 'n spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te motiveer. Hou die volgende in gedagte: • Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word. • 'n Eie mening word op 'n baie oorspronklike en treffende manier gegee. • 'n Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee. • Verdediging of aanval van 'n saak word enduit volgehou. • 'n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word. • Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word. • Daar moet 'n duidelike en oortuigende slot wees. • Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. BESKRYWENDE OPSTEL Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef. Hou die volgende in gedagte: • Waarnemings met al vyf sintuie en 'n goeie woordeskat word vereis. • Insig, begrip, 'n eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem van waarnemings). • Tekste kan varieer van meer realisties tot 'n verdieping in die aanbieding. • Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word. • Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf. • Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik. • Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend. • Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. • Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word hoofsaaklik gedoen deur die konnotasie en nie net die denotasie van woorde nie. • Stylfigure kan gebruik word. TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 5 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 1 Riglyne Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande nasienriglyn) mag nie as bindend beskou word nie. Die kandidaat bied dus enige soort opstel aan. 1.1 Ek moes nooit omgekyk het nie! • Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beskrywend van aard wees. • Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word. • Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees. Inhoud: • Die kandidaat kan na 'n letterlike handeling van omkyk en die onmiddellike gevolge daarvan, verwys. • Die kandidaat kan na die figuurlike omkyk/terugkyk wat hom/haar keer om vooruit in die lewe te gaan, verwys. • Die kandidaat kom tot die besef dat dit vir hom/haar nadelig was om om te kyk./hy/sy nooit moes omgekyk het nie./dit vir hom/haar beter sou wees indien hy/sy nooit omgekyk het nie. • Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste beoordeel word. Taal: • Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees. [50] 1.2 Suid-Afrikaners se humor is goud werd. • Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/beskrywend van aard wees. • Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word. • Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees. Inhoud: • Die woorde "Suid-Afrikaners se humor" skep die konteks van die opstel. • Die woorde "goud werd" kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word. • In ʼn beredeneerde/argumenterende opstel moet die kandidaat Suid-Afrikaners se humor evalueer. • Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste beoordeel word. Taal: • Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 6 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne 1.3 Ek proe die verskil tussen gister en vandag. • Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/beskrywend van aard wees. • Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word. • Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees. Inhoud: • Die woord "proe" in die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word. • Die woorde "gister" en "vandag" kan simbolies met byvoorbeeld sekere geure/smake/kossoorte/die hede en verlede in verband gebring word. • In 'n beredeneerde/argumenterende opstel moet die kandidaat se finale standpunt/mening weerspieël word. • Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste beoordeel word. Taal: • Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees. [50] 1.4 Moet óns aanpas om ons wêreld te verander? • Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend van aard wees. • Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word. • Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees. Inhoud: • Die kandidaat kan konkrete/geestelike verandering in die mens se lewe bespreek. • Die kandidaat kan aandui dat dit nodig is/nie nodig vir die mens is om aan te pas om verandering mee te bring nie. • Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste beoordeel word. • Die fokus moet op die "ons"/die mens wees ten opsigte van verandering. Taal: • Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees. [50] 1.5 ''Ek en jy is gemaak om spore te los.'' [Spore, Elvis Blue] • Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/beskrywend van aard wees. • Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word. • Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees. Inhoud: • Op letterlike vlak kan die kandidaat na (koolstof)voetspore van die mens verwys. • Die onderwerp kan figuurlik geïnterpreteer word as die invloed wat die mens op ander mense/die natuur/planeet het. • By die figuurlike interpretasie sal die mens se invloed geëvalueer word, aangesien die woord ''gemaak'' die mens se doel op aarde aanspreek. • Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste beoordeel word. Taal: • Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 7 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne 1.6 Mense met kameras • Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/beskrywend van aard wees. • Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word. • Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees. Inhoud: • Op letterlike vlak kan die kandidaat na die hedendaagse mens se behoefte om alles in foto’s vas te vang, verwys. • Die onderwerp kan figuurlik geïnterpreteer word deur byvoorbeeld na die mens se stryd teen verganklikheid/behoefte om sy lewe te dokumenteer/met vreemdelinge te deel te verwys. • Die kandidaat kan in die beredeneerde/argumenterende opstel die mens se beheptheid om sy/haar lewe in foto’s vas te vang,/deur ‘n lens/afstandelik te beleef, evalueer. • Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste beoordeel word. Taal: • Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees. [50] 1.7 Boomstomp (met hand) • Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/beskrywend van aard wees. • Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word. • Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees. Inhoud: • Op letterlike vlak kan die kandidaat 'n storie, wat deur die stemming/uitbeelding van die boomstomp opgeroep word, vertel. • Die onderwerp kan figuurlik geïnterpreteer word deur na die emosie wat die prent ontlok, te verwys. • In 'n beredeneerde/argumenterende opstel kan die kandidaat die moontlike oorsake/invloede van hierdie uitbeelding evalueer. • Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste beoordeel word. Taal: • Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees. [50] 1.8 Soen van hand • Die opstel kan verhalend/bespiegelend/beredeneerd/argumenterend/beskrywend van aard wees. • Die onderwerp kan letterlik/figuurlik geïnterpreteer word. • Die opstel moet samehangend gestruktureerd wees. Inhoud: • Op 'n letterlike vlak kan die kandidaat die verhaal, wat aanleiding gegee het tot die soen op die hand,/wat na die soen op die hand volg, vertel. • Die onderwerp kan figuurlik geïnterpreteer word deur na die emosie wat die prent ontlok/waardes soos hoflikheid te verwys. • Op 'n figuurlike vlak kan die kandidaat enige redelike konnotasie wat aan die prent geheg word, uitbrei. • Enige relevante interpretasie van die onderwerp moet na verdienste beoordeel word. Taal: • Taal-/woordgebruik moet gepas/effektief wees. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 8 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien. NASIENRIGLYNE Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud, beplanning en formaat: I = K = 10 Taal, styl en redigering: T=G= 6 Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). 16 Dra die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die beplanningsgedeelte te wees). 2.1 INFORMELE BRIEF Die kandidaat skryf 'n informele brief aan sy/haar vriend/-in waarin hy/sy motiveer waarom die vriend/-in nie moed moet verloor nie. Hou die volgende in gedagte: • Informele taal, register en styl behoort gebruik te word. • Beskrywende, maar eenvoudige taal behoort voor te kom. • Die briefinhoud behoort logies en volgens bogenoemde doel uiteengesit te word. • Briewe behoort 'n inleiding, liggaam/inhoud en slot te hê. • Die skrywer se adres en die datum waarop die brief geskryf word, moet gegee word. • Na die skrywer se adres behoort die informele aanhef te volg. • Die brief behoort informeel afgesluit te word. • Die formaat van die brief is belangrik. [25] 2.2 FORMELE BRIEF: BRIEF AAN DIE PERS Hierdie brief aan die pers, waarin die briefskrywer redes aanvoer waarom Suid-Afrika 'n beter opsie as 'n oorsese land is, word aan die redakteur van 'n koerant/tydskrif gerig. Die inhoud van die brief fokus spesifiek op die redes waarom die briefskrywer dink dat dit beter is om in Suid-Afrika te bly. Hou die volgende in gedagte: • Die skryfstyl is formeel. • Daar moet twee adresse, 'n aanhef, 'n inhoudsopskrif en 'n afsluiting wees. • Die styl is saaklik, maar hoflik. • Die struktuur moet goeie paragraafbou insluit. • Eenvoudige, direkte taal is nodig, maar 'n formele register moet gehandhaaf word. • Die hele skryfstuk moet aan die vereistes vir die skryf van 'n formele brief voldoen. • Die brief moet formeel afgesluit word met die skrywer se titel, voorletters en van. Die uwe P. van Zyl P. van Zyl [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 9 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne 2.3 OOGGETUIEVERSLAG Die kandidaat lewer 'n ooggetuieverslag oor die gebeure wat hy/sy tydens 'n brand- stigting waargeneem het. Hou die volgende in gedagte: • Die ooggetuieverslag word (in die eerste persoon) aan die polisie geskryf. • Die inligting en feite moet korrek wees soos deur die ooggetuie waargeneem. • Paragrawe moet volgens die logiese verloop van die gebeure wees; fyn besonderhede moet gegee word. • Persoonlike inligting (volle name, identiteitsnommer, adres en kontaknommer van die persoon wat die verslag saamstel) moet verskaf word. • Besonderhede van gebeure (datum, tyd, plek) is noodsaaklik. • Beëindig die verslag met 'n samevatting of gevolgtrekking. • Die verslag word onderteken en van 'n datum voorsien. • Die verslag word saaklik, sonder emosioneel gelaaide woorde, geskryf. • Taal en styl moet by die formele verslag pas. [25] 2.4 INFORMELE TOESPRAAK Die inhoud van die informele toespraak moet die gemeenskap oorreed om by projekte betrokke te raak. Hou die volgende in gedagte: • Die toespraak word tydens 'n gemeenskapsvergadering gelewer. • Die styl moet by die geleentheid en die gehoor pas. • Die gemeenskapslede moet aangespreek word, bv. Goeienaand Vriende/ Dames en Here. • Die teikengehoor en doel moet in gedagte gehou word. • Die inleidingsin moet sterk en prikkelend wees. • Pleidooie vir die gemeenskap se betrokkenheid by projekte sodat die kompetisie gewen kan word, kan reeds in die eerste paragraaf gelewer word. • Pleidooie moet deur motiverings ondersteun word. • In die slotparagraaf moet die pleidooie wat tot aksie by die gehoor sal lei, treffend en bondig saamgevat word./die gehoor finaal gemotiveer word. [25] 2.5 ONDERHOUD Die onderhoud word gevoer met 'n gemeenskapslid wat vir sy/haar deursettingsvermoë, ten spyte van uitdagings, vereer is. Hou die volgende in gedagte: • Die onderhoud moet volgens die vraag-antwoord-metode geskryf word. • Elke spreekbeurt moet in 'n nuwe reël begin. • In hierdie geval moet die onderhoudvoerder se vrae op die oorsaak/gevolge van die verering fokus. • Die verskil tussen gesproke en geskrewe Afrikaans is belangrik – daarom moet die redigering versigtig gedoen word. • Dit word in die teenwoordige tyd geskryf en is tydgebonde. • Die slotparagraaf vat die onderhoud saam. [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 10 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne 2.6 DIALOOG Die dialoog tussen Jeremy en sy ma fokus op die inhoud van die gesprek wat op sy laaste woorde volg. Hou die volgende in gedagte: • Jeremy en sy ma voer die gesprek in 'n informele styl. • Die verskil tussen gesproke en geskrewe Afrikaans is belangrik – daarom moet die redigering versigtig gedoen word. • Die sprekers se name staan links, teen die kantlyn. • Gebruik 'n dubbelpunt na die naam van elke spreker. • Elke spreekbeurt word op 'n nuwe reël begin; laat 'n reël tussen spreekbeurte oop. • Ekstra inligting/neweteks word tussen hakies, voordat die spreker praat, aangedui. • Geen punte word na die hakies gebruik nie. • Daar word geen aanhalingstekens gebruik nie. [25] TOTAAL AFDELING B: 50 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 11 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne • Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A) • Punte van 0 – 50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel. • Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in 'n hoëvlak- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings. • Struktuur word nie deur die verdeling in 'n hoë en lae vlak beïnvloed nie. ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD & 28 – 30 22 – 24 16 – 18 10 – 12 4–6 BEPLANNING Respons is uitsonderlik/ Respons baie goed; Respons bevredigend Wisselvallige samehang Respons heeltemal (Respons en treffend en bo getuig van vaardigheid in respons irrelevant idees) verwagting Organisering van Idees is intelligent, Idees heeltemal relevant, Idees redelik Idees onduidelik, nie Idees deurmekaar en nie Hoë vlak idees vir volwasse en stem leser interessant en lewer samehangend en oorspronklik nie op onderwerp gefokus beplanning; tot nadenke bewys van oortuigend nie Bewustheid van volwassenheid Vaag en herhalend doel, gehoor en konteks Uitsonderlike organisasie Organisasie baie goed Redelike organisasie en Min bewys van Geen organisasie nie/is en samehang, insluitend en samehangend, redelik samehangend, organisasie en onsamehangend inleiding, liggaam en insluitend inleiding, en insluitend inleiding, en samehang samevatting/slot liggaam en liggaam en samevatting/slot samevatting/slot 25 - 27 19 -21 13 - 15 7–9 0-3 Respons uitmuntend; Respons goed; getuig Respons bevredigend; Respons is grootliks Geen poging aangewend uitsonderlike treffende van vaardigheid verval soms in irrelevant om in ooreenstemming eienskappe van 'n opstel onduidelikheid onderwerp te wees nie ontbreek Lae vlak Idees intelligent en Idees relevant, Idees redelik same- Idees begin los staan en Heeltemal irrelevant en 30 PUNTE volwasse interessant hangend en oortuigend kan verwarrend wees ontoepaslik Knap organisasie en Organisasie goed en 'n Mate van organisasie Skaars 'n bewys van Deurmekaar en geen samehang insluitend samehangend, insluitend en samehang, insluitend organisasie en same- fokus nie inleiding, liggaam en inleiding, liggaam en inleiding, liggaam en hang samevatting/slot samevatting/slot samevatting/slot Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende TAAL, STYL 14 – 15 11 – 12 8–9 5–6 0-3 & Toon, register, styl en Toon, register, styl en Toon, register, styl en Toon, register, styl en Toon, register, styl en REDIGERING woordeskat hoogs woordeskat baie gepas woordeskat gepas vir woordeskat minder woordeskat nie gepas vir gepas vir doel, gehoor vir doel, gehoor en doel. gehoor en konteks gepas vir doel, gehoor doel. gehoor en konteks Toon, register, en konteks konteks en konteks nie styl en woorde- Hoë vlak skat is geskik vir Taalgebruik getuig van Taalgebruik effektief/ 'n Gepaste taalgebruik om Taalgebruik baie basies Taal onverstaanbaar doel/effek en vertroue, indrukwekkend deurlopende gepaste betekenis oor te dra konteks; toon word gebruik Toon retories treffend en Grammatika en spelling Toon is gepas Toon en woordkeuse Woordeskat so beperk Punktuasie, effektief grootliks foutvry Retoriese middele skaars toepaslik dat dit onmoontlik is om grammatika, Grammatika en spelling gebruik om betekenis te Baie beperkte sin te maak . spelling, feitlik foutvry Baie goed gedoen versterk woordeskat woordkeuse; Knap gedaan 13 10 7 4 Taalgebruik en Taalgebruik uitstekend Taalgebruik toepaslik en Voldoende taalgebruik – Taalgebruik konvensies en toon is retories oor die algemeen teenstrydighede onvoldoende Lae vlak effektief effektief opgemerk Grammatika en spelling Toon gepas en effektief Toon oor die algemeen Weinig indien enige feitlik foutvry Enkele foute in gepas en beperkte sinsverskeidenheid 15 PUNTE Baie goed tot knap grammatika en gebruik van retoriese Woordeskat baie beperk gedaan spelling/Goed gedoen middele STRUKTUUR 5 4 3 2 0-1 Kenmerke van Uitstekende ontwikkeling Logiese ontwikkeling van Relevante detail Sommige punte geldig Noodsaaklike punte teks; van onderwerp detail ontwikkel ontbreek Uitsonderlike detail Samehangend Paragraaf- Sinne en paragrawe Sinne en paragrawe Sinne en paragrawe Sinne en paragrawe Sinne en paragrawe ontwikkeling en uitsonderlik gekonstrueer logies en toon variasie goed gekonstrueer foutief foutief sinskonstruksie Opstel maak nog sin Opstel maak effens sin Opstel maak nie sin nie 5 PUNTE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 12 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS – Nasienriglyne ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE HUISTAAL [25 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD, 13 - 15 10 -12 7–9 4–6 0-3 BEPLANNING & Respons uitsonderlik, Respons baie goed Respons voldoende Basiese respons Respons toon geen FORMAAT bo verwagting kennis van kenmerke Idees intelligent en van die soort teks nie Respons en idees: volwasse Organisering van idees vir beplanning; Grondige kennis van Demonstreer goeie Toon voldoende kennis Toon geringe kennis Doel, gehoor, kenmerke van die kennis van kenmerke van kenmerke van die van kenmerke van die kenmerke/konvensies soort teks van die soort teks soort teks soort teks en konteks Skryfwerk behou Behou fokus – geen Nie heeltemal gefokus Aanduiding van fokus, Betekenis onduidelik fokus afwyking nie nie – enkele afwykings maar met afwykings met groot afwyking 15 PUNTE Samehang in inhoud Samehang in inhoud Redelike samehang in Inhoud en idees nie Geen samehang in Idees behoorlik Idees baie goed inhoud en idees altyd samehangend idees en inhoud nie uitgebrei uitgebrei nie Detail wat die onder- Detail wat die onder- Sommige detail onder- Min detail ondersteun Baie min detail onder- werp ondersteun werp ondersteun steun die onderwerp die onderwerp steun die onderwerp Gepaste en akkurate Gepaste formaat met Formaat oorwegend Nodige reëls van Nodige reëls van formaat onbeduidende foute gepas, maar met enkele formaat vaagweg formaat nie toegepas foute toegepas nie Kritiese foute begaan TAAL, STYL & 9 - 10 7–8 5–6 3–4 0–2 redigering Toon, register, styl en Toon, register, styl en Toon, register, styl en Toon, register, styl en Toon, register, styl en woordeskat hoogs woordeskat baie woordeskat is geskik vir woordeskat minder woordeskat stem nie Toon, register, styl, geskik vir doel, geskik vir doel, gehoor doel, gehoor en konteks geskik vir doel, gehoor ooreen met doel, doel/effek, gehoor en gehoor en konteks en konteks en konteks gehoor en konteks nie konteks; Grammatika akkuraat Grammatika oor die Enkele grammatikafoute Grammatika Besaai met foute en Taalgebruik en en goed gekonstrueer algemeen korrek en onakkuraat met etlike verward konvensies; goed gekonstrueer foute Woordkeuse; Punktuasie en spelling Baie goeie woordeskat Voldoende woordeskat Basiese woordeskat Woordeskat nie geskik vir doel nie 10 PUNTE Feitlik foutloos Oorwegend foutloos Foute belemmer nie Betekenis belemmer Betekenis ernstig betekenis nie belemmer Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans HL

View all