Vertroulik
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
AFRIKAANS HUISTAAL V3
MEI/JUNIE 2025
PUNTE: 100
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2025 papers 





View all





Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2025 Question Paper
Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the NSC June Exam 2025, 6 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans HL
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 3
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 6
- File size
- 918.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 6
This exam
NSC June Exam 2025
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Questions in this paper
- Question 1.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.4Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.5Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
- Question 1.6Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)50 marks
Show all 13 questions
- Question 1.7Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)100 marks
- Question 1.8Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)100 marks
- Question 2.1Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.2Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.3Skryf en Aanbied (Writing and Presenting)25 marks
- Question 2.4Luister en Praat (Listening and Speaking)50 marks
- Question 2.6Luister en Praat (Listening and Speaking)25 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:
AFDELING A: Opstel (50)
AFDELING B: Transaksionele Tekste (2 x 25) (50)
2. Beantwoord EEN vraag in AFDELING A en TWEE vrae in AFDELING B.
3. Skryf in die taal waarin jy geassesseer word.
4. Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.
5. Jy moet jou werk beplan (bv. deur 'n breinkaart/diagram/vloeidiagram/
kernwoorde te gebruik), taalversorg en proeflees. Die beplanning moet VOOR
die finale produk gedoen word.
6. Alle beplanning moet duidelik aangedui word en daarna netjies deurgehaal
word.
7. Jy moet jou tyd soos volg bestee:
AFDELING A: ongeveer 100 minute
AFDELING B: ongeveer 80 (2 x 40) minute
8. Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
9. Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel
word NIE.
10. Skryf netjies en leesbaar. 2025
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 3 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
AFDELING A: OPSTEL
VRAAG 1
Kies EEN van die volgende onderwerpe en skryf 'n opstel van 400 tot 450 woorde.
Skryf die nommer en die titel/opskrif van jou opstel neer.
1.1 Ek moes nooit omgekyk het nie! [50]
1.2 Suid-Afrikaners se humor is goud werd. [50]
1.3 Ek proe die verskil tussen gister en vandag. [50]
1.4 Moet óns aanpas om ons wêreld te verander? [50]
1.5 "Ek en jy is gemaak
om spore te los." (Spore, Elvis Blue) [50]
Bestudeer die prente hieronder en skryf 'n OPSTEL oor EEN. Skryf die vraagnommer
(1.6, 1.7 OF 1.8) en jou eie titel neer.
1.6
[Bron: https://freedesignfile.com/361303-people-who-take-all-kinds-of-cameras-hd-picture] [50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 4 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
1.7
[Bron: https://wallpapercave.com/black-and-white-nature-wallpaper] [50]
1.8
[Bron: Ongepubliseerd] [50]
TOTAAL AFDELING A: 50 4
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 5 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE
VRAAG 2
Kies TWEE van die volgende onderwerpe en skryf 180 tot 200 woorde oor elkeen.
Skryf die nommer en die titel/opskrif van die teks wat jy gekies het, neer.
2.1 INFORMELE BRIEF
'n Vriend(-in) se drome het nie waar geword nie en hy/sy is baie hartseer.
Skryf 'n INFORMELE BRIEF aan hom/haar waarin jy hom/haar motiveer om
nie moed te verloor nie. [25]
2.2 FORMELE BRIEF: BRIEF AAN DIE PERS
Jy het die geleentheid gekry om direk ná skool vir 'n jaar oorsee te gaan werk.
Gedurende die jaar het jy besef alles oorsee is nie altyd maanskyn en rose
nie.
Skryf 'n BRIEF AAN DIE PERS waarin jy Suid-Afrikaners aanraai om eerder
in Suid-Afrika te bly. [25]
2.3 OOGGETUIEVERSLAG
Jy was ooggetuie toe iemand 'n brand in jou omgewing gestig het.
Skryf 'n VERSLAG vir die polisie oor dié voorval. [25]
2.4 INFORMELE TOESPRAAK
Jy wil graag hê jou dorp moet as die Dorp van die Jaar aangewys word.
Jy kry die geleentheid om 'n INFORMELE TOESPRAAK by 'n
gemeenskapsvergadering te lewer.
Skryf 'n INFORMELE TOESPRAAK waarin jy die mense van jou dorp
aanmoedig om by projekte betrokke te raak, sodat die dorp se kans om
hierdie toekenning te verwerf, kan verbeter. [25]
2.5 ONDERHOUD
Iemand in jou dorp is onlangs vir sy/haar deursettingsvermoë ten spyte van
sy/haar uitdagings vereer. Jy het die geleentheid om 'n onderhoud met
hom/haar oor hierdie prestasie te voer.
Skryf die ONDERHOUD in vraag-antwoord-formaat. [25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Huistaal/V3 6 DBE/Mei/Junie 2025
SS/NSS Vertroulik
2.6 DIALOOG
Lees die strokie hieronder.
Wat bedoel jy
Jeremy, het jy die vuil Dit is 'n sagter
"Uhm … nee"?
skottelgoed in jou kamer gekry vorm van "Ma
soos ek gevra het? maak seker 'n
Uhm … grap!"
nee.
[Bron: https://comicskingdom.com]
Skryf die DIALOOG tussen Jeremy en sy ma wat op hierdie woorde volg. [25]
TOTAAL AFDELING B: 50
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2022 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2021 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2018 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2017 Question Paper

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2016 Question Paper

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 NSC June 2017 Memo
More from Grade 12 Afrikaans HL

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper