Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2022
SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, insluitend 2 antwoordblaaie.
Skip to contentAll 2022 papers 





View all%20(Afrikaans)%20June%202025%20Possible%20Answers--c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133/v1-5f42c573694769cf80ce/card.webp)
%20MG%20Eng--0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392/v1-73a07814cfc9334618a1/card.webp)

%20%20MG%20Afr_hlayiso.com_--42b5315c-825c-40e3-b394-85e0253fc0fb/v1-6058b260e68654519cc3/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--e6743728-8140-42ae-838d-282654a975a5/v1-dce3e047e0d7ad60a32b/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--b820ac91-947c-4aed-821f-256aa13aabe1/v1-3be01795eace6f81b174/card.webp)
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)
Grade 12 Civil Technology question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Civil Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Civil Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 431.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2022)
BENODIGHEDE:
1. ANTWOORDEBOEK
2. Tekeninstrumente
3. ʼn Nieprogrammeerbare sakrekenaar
INSTRUKSIES EN INLIGTING:
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae: TWEE vrae is generies en VIER vrae
is vakspesifiek.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Beantwoord elke vraag as ʼn geheel. MOENIE onderafdelings van vrae skei
NIE.
4. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. MOENIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
6. Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.
7. Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDBOEK of op die
aangehegte ANTWOORDBLAAIE.
8. Gebruik die puntetoekenning as ʼn riglyn vir die lengte van jou antwoorde.
9. Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met
die SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenpraktyke.
10. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van ʼn steen as
220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word.
11. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.
12. Beantwoord VRAAG 2.1 en 5.2 op die aangehegde ANTWOORDBLAAIE
deur gebruik te maak van tekeninstrumente, waar nodig.
13. SKRYF jou NAAM op elke ANTWOORDBLAD en lewer saam met jou
ANTWOORDEBOEK in, al het jy nie die vraag beantwoord nie.
14. Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van
elektroniese kopiëring.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 3
VRAAG 1: VEILIGHEID EN MATERIAAL (GENERIES)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
1.1 Definieer die term ongeluk. (2)
1.2 Noem die materiaal waarvan steiers gemaak word. (1)
1.3 Kies die korrekte antwoord tussen die hakies wat betrekking het op steiers.
1.3.1 Die veiligheidsfaktor wat gebruik word by steierrame is (een / twee /
drie). (1)
1.3.2 Die minimum dikte van ʼn houtsteier platform is (38 mm / 50 mm /
76 mm) (1)
1.3.3 Die minimum hoogte van die skutreling is (900 mm / 1 200 mm /
1 500 mm). (1)
1.4 Gee TWEE redes waarom steiers ondersoek moet word, voordat dit gebruik
kan word. (2 x 1) (2)
1.5 Wat is die maksimum afstand van ʼn hangsteier se oorhang verby die rand van
die struktuur? (1)
1.6 Wat is die maksimum hoogte van ʼn boksteier? (1)
1.7 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van lere.
1.7.1 Hoekom mag net een persoon op ʼn slag ʼn leer gebruik? (1)
1.7.2 Waarmee moet ʼn leer se eindpunt gemerk word vir sigbaarheid as dit
vervoer word? (1)
1.7.3 Noem EEN materiaal waarvan lere gemaak kan word. (1)
1.7.4 Hoekom moet lere skoon en vry van olies en ghries gehou word? (1)
1.8 Noem TWEE voordele van ʼn waterbasisverf. (2 x 1) (2)
1.9 Noem TWEE voordele van die nabehandeling van beton. (2 x 1) (2)
1.10 Noem TWEE metodes wat gebruik kan word om die korrosie by metale te
voorkom. (2 x 1) (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2022)
VRAAG 2: GRAFIKA, VERBINDINGS EN TOERUSTING (GENERIES)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
2.1 FIGUUR 2.1 op ANTWOORDBLAD A toon die buitelyne van ʼn struktuur wat
op ʼn terrein gebou moet word. Teken die terreinplan op skaal 1 : 200 op
ANTWOORDBLAD A sodat die struktuur in die middel van die terrein is.
Die terreinplan moet aan die volgende vereistes voldoen.
Gebruik die puntetabel op ANTWOORDBLAD A as verwysing.
2.1.1 Erfgrootte is 30 m breed van oos na wes en 40 m lank van suid na
noord. (2)
2.1.2 Sypaadjie van 2 m en die straat van 6 m aan die suidekant. (3)
2.1.3 Bougrense is 2 m aan die ooste-, noorde- en westekant en 4 m
aan die suidekant. (4)
2.1.4 3 m breë ingang na die erf. (2)
2.1.5 Uitgangspeil in die noordweste hoek van die erf. (2)
Teken die riooluitleg op die struktuur in en toon die volgende:
2.1.6 Spoelkloset simbool by die afkorting (1)
2.1.7 Rioolpypaansluitings (2)
2.1.8 Steekoog met die afkorting (2)
2.1.9 Inspeksie-oog met die afkorting (2)
2.1.10 Mangat met die afkorting (2)
Toon die volgende mates:
2.1.11 Lengte en breedte van die erf (4)
2.1.12 Suidelike- en westelike bougrense (2)
2.2 Wat is die voordeel van die vierkantige skouerbout? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 5
2.3 Benoem dele A tot D van die bout in FIGUUR 2.3.
A
B C D
FIGUUR 2.3
(4 x 1) (4)
2.4 Wat is die doel van die nyloninsetsel van ʼn seskantmoer? (1)
2.5 Wat is die voordeel van ʼn vleuelmoer? (1)
2.6 FIGUUR 2.6 toon die bukswaterpaslesing wat op die teleskopiese staf
geneem is. Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die lesing.
1.7
1.6
FIGUUR 2.6
2.6.1 Wat is die hoogtelesing op die staf? (1)
2.6.2 Bereken die afstand tussen die bukswaterpas en die staf.
Toon ALLE berekeninge, formules en eenhede. (4)
[40]
TOTAAL AFDELING A: 60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2022)
VRAAG 3: DAKKE, TRAPPE EN VERBINDING (SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
3.1 Noem DRIE voordele by die gebruik van dakonderlegsels. (3 x 1) (3)
3.2 Noem TWEE vereistes waaraan dakkappe moet voldoen. (2 x 1) (2)
3.3 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die dakkonstruksie in
FIGUUR 3.3.
C
A
D
B
E
FIGUUR 3.3
3.3.1 Benoem dele A tot E. (5 x 1) (5)
3.3.2 Wat is die afmetings (grootte) van dele B en E? (2 x 1) (2)
3.3.3 Wat is die doel (funksie) van deel D? (1)
3.4 Kies die korrekte antwoord van die woorde tussen hakies in die volgende
stellings.
3.4.1 Platdakke se helling is minder as (10° / 20° / 30°). (1)
3.4.2 Die maksimum hartafstand tussen latte is (245 mm / 345 mm /
445 mm). (1)
3.4.3 Die minimum helling van gegolfde sinkplate is (5° / 10° / 15°). (1)
3.5 Voorsien die AFMETING by die volgende beskrywings van trappe:
3.5.1 Die minimum diepte van die aantree (1)
3.5.2 Die maksimum vertikale styging van trappe tussen bordesse (1)
3.5.3 Die maksimum helling van ʼn trap vir privaat gebruik (1)
3.5.4 Die maksimum styging van ʼn trappie/traptree (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 7
3.6 Voorsien EEN term vir die volgende beskrywings van trappe:
3.6.1 Die horisontale afstand gedek deur die traparm (1)
3.6.2 Die oorhang aan die voorkant van die loopstuk (1)
3.6.3 Die vertikale deel tussen twee opeenvolgende loopstukke (1)
3.7 Noem TWEE tipes materiaal waarvan trappe gemaak kan word. (2 x 1) (2)
3.8 Identifiseer die volgende stellings as WAAR of ONWAAR:
3.8.1 Die muurplaat heg die dakkap aan die muur. (1)
3.8.2 Gegalvaniseerde staalbande moet tot ʼn diepte van 600 mm vir ligte
dakke, in die muur strek, as die muur met hol betonblokke gebou
word. (1)
3.8.3 Muurbinte moet drukspanning kan weerstaan. (1)
3.9 Noem TWEE tipes vasgegiete boutankers. (2 x 1) (2)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2022)
VRAAG 4: MATERIAAL, TOERUSTING EN GEREEDSKAP, UITGRAWINGS
EN FONDASIES (SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
4.1 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat die beste by ʼn item in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A-I) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.1.7 J.
KOLOM A KOLOM B
4.1.1 Aluminium A swaar metaal
4.1.2 Silikoon B gedoop in gesmelte sink
4.1.3 Rekbare gietyster C getoets in die laboratorium
4.1.4 Perspex D ligte metaal
4.1.5 Kubustoets E basiese seëlmiddel
4.1.6 Polistireen F getoets op die terrein
G verpakkingsmateriaal
H alternatief vir glas
I uiters giftig
(6 x 1) (6)
4.2 Noem die TWEE metodes om beton na hoër vlakke in ʼn gebou te pomp.
(2 x 1) (2)
4.3 Wat is die druksterkte in MPa van klaarbeton? (1)
4.4 Noem EEN nadeel van klaarbeton. (1)
4.5 Noem VIER tipes apparaat wat by die saktoets gebruik word. (4 x 1) (4)
4.6 Bespreek die doelwitte van die kubustoets. (2 x 1) (2)
4.7 Hoeveel monsterkubusse word benodig vir die kubustoets in die
laboratorium? (1)
4.8 Teken ʼn netjiese skets van ʼn normale faling van die kubustoets in die
ANTWOORDEBOEK. (2)
4.9 Noem die TWEE hoofgroepe waarvolgens metale geklassifiseer word.
(2 x 1) (2)
4.10 Noem TWEE tipes materiaal wat gebruik kan word vir die bekleding van ʼn
gebou. (2 x 1) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 9
4.11 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die konstruksiemasjien in
FIGUUR 4.11.
FIGUUR 4.11
4.11.1 Word die masjien vir ligte of swaar verdigting van grond gebruik? (1)
4.11.2 Noem TWEE maniere om die masjien te versorg. (2 x 1) (2)
4.12 Identifiseer die konstruksiemasjiene in FIGUUR 4.12A en 4.12B. (2 x 1) (2)
FIGUUR 4.12A FIGUUR 4.12B
4.13 Noem TWEE faktore wat die ontwerp van ʼn gebou en die uitgrawing kan
beïnvloed. (2 x 1) (2)
4.14 Noem VIER oorsake wat kan veroorsaak dat ʼn uitgrawing ineenstort.
(4 x 1) (4)
4.15 Identifiseer die volgende stellings as WAAR of ONWAAR:
4.15.1 Rooi of oranje waarskuwingsligte word by uitgrawings gebruik. (1)
4.15.2 Die omheining by die buitegrense van ʼn perseel moet ten minste
twee meter hoog wees. (1)
4.15.3 Toue mag gebruik word om uit diep uitgrawings te kom. (1)
4.16 Noem DRIE tipes fondasies. (3 x 1) (3)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2022)
VRAAG 5: STEENWERK, GRAFIKA, PLEISTER EN VLAKLAAG (SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
5.1 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die muur in FIGUUR 5.1.
FIGUUR 5.1
5.1.1 Watter tipe verband was gebruik om hierdie muur te bou? (1)
5.1.2 Is dit ʼn halfsteenmuur of ʼn eensteenmuur? (1)
5.1.3 Wat is die wydte van die muur? (1)
5.2 Teken die vogweerlaag (VWL) in by muur en vloer op ANTWOORDBLAD B.
(5 x 1) (5)
5.3 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van spoumure.
5.3.1 Wat is die wydte van ʼn standaard spoumuur? (1)
5.3.2 Hoe dik moet die wande van ʼn spoumuur ten minste wees? (1)
5.3.3 Wat is die maksimum hoogte van ʼn spoumuur? (1)
5.3.4 Wat heg die twee mure aanmekaar? (1)
5.3.5 Wat is die doel van die syfergat? (1)
5.4 Noem DRIE voordele van spoumure. (3 x 1) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 11
5.5 Identifiseer die muurbinte in FIGURE 5.5A en 5.5B. (2 x 1) (2)
FIGUUR 5.5A FIGUUR 5.5B
5.6 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat die beste by ʼn item in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommers (5.6.1 tot 5.6.4) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 5.6.5 G.
KOLOM A KOLOM B
5.6.1 Subbasis A natuurlike grond waarop plaveisel gelȇ
word
5.6.2 Randsteen B sand as bryvulling tussen plaveiblokke
gebruik
5.6.3 Ondergraad C beste vorm van ʼn kantstrook by plaveisel
5.6.4 Vlaklaagsand D finale laag waarop plaveisel gelȇ word
E voorbereiding van die subbasis
F voorbereide laag onder plaveisel en
vlaklaagsand
(4 x 1) (4)
5.7 Noem TWEE voordele van plaveisel wat in dagha gelȇ word. (2 x 1) (2)
5.8 Noem TWEE redes vir konstruksiefaling by plaveisel. (2 x 1) (2)
5.9 Teken ʼn netjiese skets met AGT (8) stene van die mandjievleg-plaveisel-
patroon in die ANTWOORDEBOEK. Gebruik jou eie skaal. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2022)
5.10 Beantwoord die volgende vrae met betrekking tot die boogstruktuur in
FIGUUR 5.10.
A B
C
FIGUUR 5.10
5.10.1 Identifiseer die tipe boogkonstruksie. (1)
5.10.2 Noem dele A tot C. (3 x 1) (3)
5.11 Noem die bestandele van pleister (water en kalk uitgesluit). (2 x 1) (2)
5.12 Noem TWEE tipes pleisterafwerkings. (2 x 1) (2)
5.13 Noem TWEE tipes vlaklae. (2 x 1) (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 13
VRAAG 6: BEKISTING, WAPENING, BETONVLOER EN HOEVEELHEDE
(SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
6.1 Definieer die term in-situ beton. (1)
6.2 Noem DRIE eienskappe van goeie bekisting. (3 x 1) (3)
6.3 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die bekisting in
FIGUUR 6.3.
C
A
D
B
E
FIGUUR 6.3
6.3.1 Benoem dele A tot E. (5 x 1) (5)
6.3.2 Word die bekisting vir ʼn kolom of ʼn balk gebruik? (1)
6.4 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die staafkode in
FIGUUR 6.4.
Staafkode: 8Y12-01-200
FIGUUR 6.4
6.4.1 Watter tipe staal word gebruik? (1)
6.4.2 Wat is die deursnee van die stawe? (1)
6.4.3 Wat is spasiëring van die stawe? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2022)
6.5 Teken ʼn netjiese kantaansig skets van die rib-en-blokkonstruksie in die
ANTWOORDEBOEK. Wys met ʼn pyltjie die dele (rib en die blok). (6)
6.6 Noem EEN doelwit van die dekkingsdiepte vir wapening in betonwerk. (1)
6.7 Noem EEN metode om staalstawe met mekaar te verbind. (1)
6.8 FIGUUR 6.8 toon die buite-mates van die fondamentstroke vir ʼn stoorkamer.
Die fondament is 700 mm breed en 250 mm dik.
Beantwoord die volgende vrae in die ANTWOORDEBOEK.
Tabelvorm is NIE noodsaaklik NIE (wys alle formules en stappe).
5 500
3 250
FIGUUR 6.8
6.8.1 Bereken die hartlyn van die fondament. (5)
6.8.2 Bereken die volume beton wat benodig word. (4)
[30]
TOTAL: 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE 15
SIVIELE TEGNOLOGIE
ANTWOORDBLAD A GENERIES
NAAM:
2.1 FIGUUR 2.1 op ANTWOORDBLAD A toon die buitelyne van ʼn struktuur wat
op ʼn terrein gebou moet word. Teken die terreinplan op skaal 1 : 200 op
ANTWOORDBLAD A sodat die struktuur in die middel van die terrein is. (28)
Erfgrootte 2
Sypaadjie + straat 3
Bougrense 4
SK Ingang 2
Uitgangspeil 2
Spoelkloset 1
Rioolaansluiting 2
Inspeksie-oog + afk. 2
Steekoog + afk. 2
Mangat + afk. 2
Mates 6
TOTAAL 28
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE (EC/SEPTEMBER 2022)
SIVIELE TEGNOLOGIE
ANTWOORDBLAD B KONSTRUKSIE
NAAM:
5.2 Teken die vogweerlaag (VWL) in. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)
More from Grade 12 Civil Technology
%20(Afrikaans)%20June%202025%20Possible%20Answers--c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133/v1-5f42c573694769cf80ce/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 12 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)
%20MG%20Eng--0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392/v1-73a07814cfc9334618a1/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 12 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20%20MG%20Afr_hlayiso.com_--42b5315c-825c-40e3-b394-85e0253fc0fb/v1-6058b260e68654519cc3/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 12 NSC November 2023 Memo (Afrikaans)
%20Eng_hlayiso.com_--e6743728-8140-42ae-838d-282654a975a5/v1-dce3e047e0d7ad60a32b/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Eng)
%20Afr_hlayiso.com_--b820ac91-947c-4aed-821f-256aa13aabe1/v1-3be01795eace6f81b174/card.webp)
Question paper