NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2022
SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye, insluitend 2 antwoordblaaie.
Skip to contentAll 2022 papers 





View all%20(Afrikaans)%20June%202025%20Possible%20Answers--c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133/v1-5f42c573694769cf80ce/card.webp)
%20MG%20Eng--0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392/v1-73a07814cfc9334618a1/card.webp)

%20%20MG%20Afr_hlayiso.com_--42b5315c-825c-40e3-b394-85e0253fc0fb/v1-6058b260e68654519cc3/card.webp)
%20Eng_hlayiso.com_--e6743728-8140-42ae-838d-282654a975a5/v1-dce3e047e0d7ad60a32b/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--b820ac91-947c-4aed-821f-256aa13aabe1/v1-3be01795eace6f81b174/card.webp)
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)
Grade 12 Civil Technology question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Civil Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Civil Technology
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 969.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/SEPTEMBER 2022)
BENODIGDHEDE:
1. Tekeninstrumente
2. ʼn Nieprogrammeerbare sakrekenaar
3. ANTWOORDEBOEK
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae: TWEE vrae is generies en VIER vrae is
vakspesifiek.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Beantwoord elke vraag as ʼn geheel. MOENIE onderafdelings van vrae skei NIE.
4. Begin die antwoord van ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
6. Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.
7. Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die
aangehegte ANTWOORDBLAAIE.
8. Gebruik die puntetoekenning as ʼn riglyn vir die lengte van jou antwoorde.
9. Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die
SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenpraktyke.
10. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van ʼn steen as 220 mm x
110 mm x 75 mm geneem word.
11. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.
12. Beantwoord VRAAG 2.1 en 6.1 op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE deur,
waar nodig, van tekeninstrumente gebruik te maak.
13. SKRYF jou NAAM op elke ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou
ANTWOORDBOEK in, of jy die vrae beantwoord het of nie.
14. Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van elektroniese
kopiëring.
15. Google Images is as die bron van alle foto’s en prentjies gebruik.
16. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2022) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 3
VRAAG 1: VEILIGHEID EN MATERIAAL (GENERIES)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
1.1 Definieer die term ongeluk. (2)
1.2 Noem die materiaal waarvan steiers gemaak word. (1)
1.3 Kies die korrekte antwoord van die woorde tussen hakies wat betrekking op
steiers het:
1.3.1 Die veiligheidsfaktor wat gebruik word by steierrame is (een / twee /
drie). (1)
1.3.2 Die minimum dikte van ʼn houtsteierplatform is (38 mm / 50 mm /
76 mm). (1)
1.3.3 Die minimum hoogte van die skutreling is (900 mm / 1 200 mm /
1 500 mm). (1)
1.4 Gee TWEE redes waarom steiers ondersoek moet word, voordat dit gebruik
kan word. (2 x 1) (2)
1.5 Wat is die maksimum afstand van ʼn hangsteier se oorhang verby die rand
van die struktuur? (1)
1.6 Wat is die maksimum hoogte van ʼn boksteier? (1)
1.7 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van lere.
1.7.1 Hoekom mag net een persoon op ʼn slag ʼn leer gebruik? (1)
1.7.2 Waarmee moet ʼn leer se eindpunt gemerk word vir sigbaarheid as dit
vervoer word? (1)
1.7.3 Noem enige EEN materiaal waarvan lere gemaak kan word. (1)
1.7.4 Hoekom moet lere skoon en vry van olies en ghries gehou word? (1)
1.8 Noem TWEE voordele van ʼn waterbasisverf. (2 x 1) (2)
1.9 Noem TWEE voordele van die nabehandeling van beton. (2 x 1) (2)
1.10 Noem TWEE metodes wat gebruik kan word om die korrosie by metale te
voorkom. (2 x 1) (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/SEPTEMBER 2022)
VRAAG 2: GRAFIKA, VERBINDINGS EN TOERUSTING (GENERIES)
2.1 FIGUUR 2.1 op ANTWOORDBLAD A toon die buitelyne van ʼn struktuur wat op
ʼn terrein gebou moet word. Teken die terreinplan op skaal 1 : 200 op
ANTWOORDBLAD A sodat die struktuur in die middel van die terrein is.
Die terreinplan moet aan die volgende vereistes voldoen.
Gebruik die puntetabel op ANTWOORDBLAD A as verwysing.
2.1.1 Erfgrootte is 30 m breed van oos na wes en 40 m lank van suid na
noord. (2)
2.1.2 Sypaadjie van 2 m en die straat van 6 m aan die suidekant. (3)
2.1.3 Bougrense is 2 m aan die ooste-, noorde- en westekant en 4 m aan
die suidekant. (4)
2.1.4 3 m breë ingang na die erf (2)
2.1.5 Uitgangspeil in die noordweste hoek van die erf (2)
Teken die riooluitleg op die struktuur in en toon die volgende:
2.1.6 Spoelkloset simbool by die afkorting (1)
2.1.7 Rioolpypaansluitings (2)
2.1.8 Steekoog met die afkorting (2)
2.1.9 Inspeksie-oog met die afkorting (2)
2.1.10 Mangat met die afkorting (2)
Toon die volgende mates:
2.1.11 Lengte en breedte van die erf (4)
2.1.12 Suidelike en westelike bougense (2)
2.2 Wat is die voordeel van die vierkantige skouerbout? (1)
2.3 Benoem dele A tot D van die bout in FIGUUR 2.3.
A
B C D
FIGUUR 2.3
(4 x 1) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2022) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 5
2.4 Wat is die doel van die nyloninsetsel van ʼn seskantmoer? (1)
2.5 Wat is die voordeel van ʼn vleuelmoer? (1)
2.6 FIGUUR 2.6 toon die bukswaterpaslesing wat geneem is op die teleskopiese
staf. Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die lesing.
1.7
1.6
FIGUUR 2.6
2.6.1 Wat is die hoogtelesing op die staf? (1)
2.6.2 Bereken die afstand vanaf die bukswaterpas tot by die staf.
Toon ALL berekeninge, formules en eenhede. (4)
[40]
TOTAAL AFDELING A: 60
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/SEPTEMBER 2022)
VRAAG 3: VEILIGHEID, MATERIAAL EN KONSTRUKSIE (SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
3.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of
‘onwaar’ langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK.
3.1.1 ʼn Mond-en-neusmasker bied genoegsame beskerming wanneer in
mangate met gevaarlike gasse gewerk word. (1)
3.1.2 ʼn Suigwaaier kan gebruik word om gevaarlike gasse in ʼn mangat te
verplaas. (1)
3.1.3 Oop mangate moet afgesper word voordat dit betree word. (1)
3.1.4 Die persoon wat ʼn mangat betree moet mediese opleiding hê. (1)
3.2 Beskryf die doel van veiligheidsnette bokant die deuropeninge van ʼn struktuur
wat herstel word. (2)
3.3 Beskryf TWEE verantwoordelikhede van die kontrakteur wanneer in hoë
plekke gewerk word. (2 x 2) (4)
3.4 Motiveer volledig waarom sink as ʼn hoogs reaktiewe metaal beskou word. (4)
3.5 Voltooi die volgende beskrywings van die faktore wat galvaniese korrosie deur
termodinamiese en kinetiese toestande bepaal.
• Die verskil tussen die ... 3.5.1 ...-potensiaal van die twee metale. (1)
• Kontakweerstand by die ... 3.5.2 ... tussen die twee metale. (1)
• Elektriese weerstand van die ... 3.5.3 ...-oplossing. (1)
• Die teenwoordigheid van ʼn ... 3.5.4 ... vlies. (1)
3.6 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die struktuur in FIGUUR 3.6.
A
B
FIGUUR 3.6
3.6.1 Wat word hierdie struktuur genoem? (1)
3.6.2 Benoem dele A en B. (2 x 1) (2)
3.6.3 Motiveer kortliks waarom deel A met ʼn helling gebou word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2022) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 7
3.7 ʼn Rioollyn vir ʼn 100 mm rioolpyp vir ʼn huis moet uitgelê word. ʼn Helling van
1 : 40 oor ʼn afstand van 20 m word gespesifiseer. Bepaal die hoogte van die
val op die eindpunt. Toon ALLE berekeninge. (3)
3.8 FIGUUR 3.8 toon die skoring vir ʼn uitgrawing. Beantwoord die volgende vrae
ten opsigte van die skoring.
A
B
C
FIGUUR 3.8
3.8.1 In watter tipe grond sal die skoring gebruik word? (1)
3.8.2 Noem dele A tot C van die skoring. (3 x 1) (3)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/SEPTEMBER 2022)
VRAAG 4: KOUEWATERVOORSIENING, WARMWATERVOORSIENING EN
GEREEDSKAP (SPESIFIEK)
4.1 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die watervoorsieningstelsel in
FIGUUR 4.1.
STRAATRAND GRENSMUUR
B E
C D
A
FIGUUR 4.1
4.1.1 Benoem die komponente A tot D. (4 x 1) (4)
4.1.2 Wat is die minimum afmetings by E? (1)
4.1.3 Wie is verantwoordelik vir die installering van komponent B? (1)
4.2 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die klep in FIGUUR 4.2.
C
B
A
FIGUUR 4.2
4.2.1 Benoem die klep in FIGUUR 4.2. (1)
4.2.2 Benoem dele A tot C. (3 x 1) (3)
4.2.3 Waar sal hierdie tipe klep gebruik word? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2022) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 9
4.3 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die drekwaterpasstuk in
FIGUUR 4.3.
A
FIGUUR 4.3
4.3.1 Wat is die deursneegrootte van hierdie pyp? (1)
4.3.2 Wat word die passtuk in FIGUUR 4.3 genoem? (1)
4.3.2 Wat is die doel van deel A? (1)
4.4 Motiveer kortliks waarom pakstukke in die flenskoppelings van gietysterpype
gebruik word. (2)
4.5 Wat is die doel van ʼn laevloei-stortkop? (1)
4.6 Verduidelik die werking en voordele van ʼn rooiwaterafleier. (6)
4.7 Identifiseer die volgende simbole en afkortings vir warmwaterstelsels.
4.7.1 H (1)
4.7.2
A
(1)
4.7.3 C
H (1)
4.7.4 PCV (1)
4.7.5 V (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/SEPTEMBER 2022)
4.8 Dui die watervloeirigting van die water in die pype 4.8.1 tot 4.8.5 van die
warmwaterstelsel in FIGUUR 4.8.
Skryf die korrekte pylletter teenoor die nommer, byvoorbeeld 4.8.6 – B.
4.8.4 4.8.5
4.8.3 A B A B
Warmwater-toevoer
A B
4.8.1 4.8.2
A B A B
Dienspyp Kouewater-toevoer
FIGUUR 4.8
(5 x 1 ) (5)
4.9 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of
‘onwaar’ langs die vraagnommers (4.9.1 tot 4.9.3) in die ANTWOORDEBOEK.
4.9.1 Die veiligheidsbak van ʼn geiser voorkom dat die druk in die geiser te
hoog raak. (1)
4.9.2 ʼn Laedruk songeiser word laer as die krane geïnstalleer. (1)
4.9.3 ʼn Terugslagklep word by hoëdruk songeisers geïnstalleer. (1)
4.10 Noem VIER versorgingmaatreëls vir die druklug-toetsapparaat. (4 x 1) (4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2022) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 11
VRAAG 5: RIOLERING EN HOEVEELHEDE (SPESIFIEK)
5.1 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die rioleringpasstuk in
FIGUUR 5.1.
FIGUUR 5.1
5.1.1 Wat word die passtuk genoem? (1)
5.1.2 Beskryf die werking EN doel van die passtuk wanneer vuilwater in ʼn
rioolstelsel vrygestel word. (4)
5.2 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die rioleringstoebehoorsel in
FIGUUR 5.2.
FIGUUR 5.2
5.2.1 Wat word die rioleringstoebehoorsel in FIGUUR 5.2 genoem? (1)
5.2.2 Waar word hierdie toebehoorsel geïnstalleer? (1)
5.2.3 Noem TWEE nadele van die toebehoorsel. (2 x 1) (2)
5.2.4 Beskryf kortliks die doel van die water onder in die toebehoorsel. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/SEPTEMBER 2022)
5.3 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die rioolstruktuur in
FIGUUR 5.3.
A VLOEISTOFVLAK
C
B
FIGUUR 5.3
5.3.1 Wat word die struktuur genoem? (1)
5.3.2 Beskryf kortliks hoe die organiese stowwe in die struktuur ontbind. (2)
5.3.3 Wat is die doel van die invloeipypopening by A? (1)
5.3.4 Motiveer kortliks waarom die invloeisel by B laer moet wees as die
vloeistofvlak. (2)
5.3.5 Na watter struktuur word die uitvloeisel by C uitgestort? (1)
5.4 Maak netjiese sketse om die volgende rioleringsimbole te illustreer:
5.4.1 Opwasbak (2)
5.4.2 Bidet (2)
5.5 Kies die korrekte antwoord van dié tussen hakkies ten opsigte van die rioolvuil-
behandelingsproses in die hakkies en skryf slegs die korrekte antwoord
teenoor die vraagnommers (5.5.1 tot 5.5.2) in die ANTWOORDEBOEK neer.
5.5.1 Die drekwater gaan deur (stormwater kanale / ondergrondse rioolpype)
na die behandelingsaanleg. (1)
5.5.2 Die skeidingsproses filtreer (groter vaste stowwe / tuinafval) uit. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2022) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 13
5.6 FIGUUR 5.6 toon die vooraansig van die kouewatertoevoer vanaf die
watermeter na ʼn huis op skaal 1 mm = 100 mm. Die hoofkouewaterpyp het ʼn
deursnee van 22 mm en die takpype het ʼn deursnee van 15 mm. Bestudeer
die tekening en bepaal, deur die tabel te voltooi, die hoeveelheid materiaal
benodig vir die loodgieterinstallasie.
C
FIGUUR 5.6
WATER-
VOORSIENING- MATERIAAL GROOTTE HOEVEELHEID LENGTE
TOEBEHORE
Kouewaterpyp 5.6.1 22 mm 1 5.6.2
Kouewaterpyp 5.6.3 15 mm 1 5.6.4
Verloopelmboog 90° 5.6.5 22 mm x 15 mm 5.6.6
Elmboog 90° 5.6.7 15 mm 5.6.8
Verloop-T-stuk 5.6.9 22 mm x 22 mm 5.6.10
x 15 mm
T-stuk 5.6.11 15 mm x 15 mm 5.6.12 (12)
5.7 ʼn Silindriese watertenk is 2 400 mm hoog en het ʼn deursnee van 2 100 mm.
Bereken die volume van die tenk.
Toon ALLE berekenings, formules en eenhede. (4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/SEPTEMBER 2022)
VRAAG 6: GRAFIESE KOMMUNIKASIE, DAKWERK, STORMWATER EN
VERBINDINGS (SPESIFIEK)
6.1 FIGUUR 6.1 op ANTWOORDBLAD C toon die bo- en vooraansig van ʼn keël.
Teken die ontvouing van die keël volgens die radiaallynmetode op
ANTWOORDBLAD C. Voeg ʼn toelating vir die naat by.
Toon ALLE konstruksielyne. (14)
6.2 Kies ʼn beskrywing ten opsigte van ʼn hoëdrukgeiser uit KOLOM A wat by die
term in KOLOM B pas.
Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (6.2.1 tot 6.2.5 ) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 6.2.6 I.
KOLOM A KOLOM B
6.2.1 Hooffunksie van geute A Steunarms
6.2.2 Geute word daaraan B Knikpyp
vasgeheg
6.2.3 Onderpunt van die C Uitloop
geutafvoerpyp
6.2.4 Geute word daarmee D Om water van die dak af te vervoer
gesteun
6.2.5 Koppeling tussen die geut E Om drekwater van die dak af te voer
en afvoerpyp
F Fassieplank
G Reënwaterskoen
H Dakbedekking
(5 x 1) (5)
6.3 Verduidelik waar voegskorte geïnstalleer word. (2)
6.4 Wat is die doel van grondgeute? (1)
6.5 Noem DRIE negatiewe gevolge van swak stormwaterkonstruksies. (3 x 1) (3)
6.6 Wat is die doel van die rooster op stormwateropeninge? (1)
6.7 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of
‘onwaar’ langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK.
6.7.1 ʼn Ystersaaglem se tande wys vorentoe. (1)
6.7.2 Die braam van ʼn gesnyde pyp word met ʼn ystersaag verwyder. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2022) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 15
6.8 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die koppeling in FIGUUR 6.8.
A
FIGUUR 6.8
6.8.1 Wat word die koppeling genoem? (1)
6.8.2 Wat word deel A genoem? (1)
[30]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE (EC/SEPTEMBER 2022)
SIVIELE TEGNOLOGIE NAAM:
ANTWOORDBLAD A GENERIES
2.1 FIGUUR 2.1 op ANTWOORDBLAD A toon die buitelyne van ʼn struktuur wat op
ʼn terrein gebou moet word. Teken die terreinplan op skaal 1 : 200 op
ANTWOORDBLAD A sodat die struktuur in die middel van die terrein is. (28)
SK
Erfgrootte 2
Sypaadjie + straat 3
Bougrense 4
Ingang 2
Uitgangspeil 2
Spoelkloset 1
Rioolaansluiting 2
Inspeksie-oog 2
Steekoog 2
Mangat 2
Mates 6
TOTAAL: 28
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2022) SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE 17
SIVIELE TEGNOLOGIE NAAM:
ANTWOORDBLAD B SIVIELE DIENSTE
6.1 FIGUUR 6.1 op ANTWOORDBLAD B toon die bo- en vooraansig van ʼn keël.
Teken die ontvouing van die keël op ANTWOORDBLAD B.
Voeg ʼn toelating vir die naat by. Toon ALLE konstruksielyne. (14)
VOORAANSIG
BOAANSIG
Verdeellyne 0–6 op bo-aansig 4
Halfsirkel B–C 2
Naatlyne A–B en A–C 2
Konstruksielyne A0–A 12 6
TOTAAL: 14
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)
More from Grade 12 Civil Technology
%20(Afrikaans)%20June%202025%20Possible%20Answers--c0a65d19-28ca-4ac3-8c61-d4627d2a3133/v1-5f42c573694769cf80ce/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 12 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)
%20MG%20Eng--0e265899-dc44-4809-aabf-8f374f1af392/v1-73a07814cfc9334618a1/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 12 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Civil Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20%20MG%20Afr_hlayiso.com_--42b5315c-825c-40e3-b394-85e0253fc0fb/v1-6058b260e68654519cc3/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Grade 12 NSC November 2023 Memo (Afrikaans)
%20Eng_hlayiso.com_--e6743728-8140-42ae-838d-282654a975a5/v1-dce3e047e0d7ad60a32b/card.webp)
Question paper
Civil Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Eng)
%20Afr_hlayiso.com_--b820ac91-947c-4aed-821f-256aa13aabe1/v1-3be01795eace6f81b174/card.webp)
Question paper