Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SIVIELE TEGNOLOGIE: KONSTRUKSIE
NOVEMBER 2018
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye en 9 antwoordblaaie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper %20Afr--591d6ffd-20b1-4748-a1ba-b055be0a14c3/v1-4d98a131fd37e013458a/card.webp)

%20MG%20Eng--898ff365-3aa8-49fc-aa7a-8c58c79bf409/v1-0ee308106aa8bb2a75dc/card.webp)
%20MG%20Afr--1af3bcd6-f360-4582-929e-be82586adfa1/v1-f9bfd9fe3f83289b1669/card.webp)
%20Afr_hlayiso.com_--8a4b5aba-d78e-4505-aae9-e127ef45df85/v1-c293df39bff70a3d967c/card.webp)
%20Memo%20FINAL%20Eng_hlayiso.com_--2cdca6a9-a7a6-411c-9a30-4575c8e6a5cf/v1-2e55aea2b9c3d442037f/card.webp)
%20FINAL%20Memo%20Eng_hlayiso.com_--90041771-68e0-4915-bc37-7a4f246b369f/v1-168ac77af6e035b2eae3/card.webp)

View all




Civil Technology Nov 2018 (Construction) Afr_hlayiso.com_.pdf
Civil Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Civil Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC November Exam
- Pages
- 24
- File size
- 588.6 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 24
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 2 DBE/November 2018
NSS
BENODIGHEDE:
1. Tekeninstrumente
2. 'n Nieprogrammeerbare sakrekenaar
3. ANTWOORDEBOEK
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Beantwoord elke vraag as 'n geheel. MOENIE onderafdelings van vrae
skei NIE.
4. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
5. MOENIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
6. Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.
7. Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die
aangehegte ANTWOORDBLAAIE.
8. Gebruik die puntetoekenning as 'n riglyn vir die lengte van jou antwoorde.
9. Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die
SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenepraktyk.
10. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van 'n steen as
220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word.
11. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.
12. Beantwoord VRAAG 2, 3.7, 4.3, 5.2, 5.4, 6.2 en 6.6 op die aangehegte
ANTWOORDBLAAIE en gebruik tekeninstrumente, waar nodig.
13. Skryf jou SENTRUMNOMMER en EKSAMENNOMMER op elke
ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou ANTWOORDEBOEK in, al het
jy dit nie gebruik nie.
14. Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van elektroniese
oordrag.
15. Google Images is as die bron vir alle foto's en prentjies gebruik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 3 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 1: WBGV, MATERIAAL, GEREEDSKAP, TOERUSTING EN HEGTING
(GENERIES)
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
1.1 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 H.
KOLOM A KOLOM B
1.1.1 Voetbalk/Voetplaat A moet nie in die nabyheid van
elektriese kabels gebruik word nie
1.1.2 Aluminiumleer
B om yster en staal met 'n laag sink te
1.1.3 Steier bedek om te keer dat dit roes
1.1.4 Veiligheidsnet C voorkom die spat van chemikalieë
1.1.5 Galvanisering D beskerm metaal, hout en ander
materiaal teen roes en verwering
E voorkom dat vallende voorwerpe
werkers beseer
F voorkom dat vertikale staanders in
die grond insink
G moet van skopplate voorsien word
om te keer dat voorwerpe afval
(5 x 1) (5)
1.2 Beskryf TWEE veiligheidsmaatreëls wat gevolg moet word wanneer daar op
'n steier gewerk word. (2)
1.3 Wat is die doel van die skutreling van 'n steier ten opsigte van veiligheid? (2)
1.4 Verduidelik die doel van verf. (2)
1.5 Beskryf EEN voordeel van die nabehandelingsproses van beton. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 4 DBE/November 2018
NSS
1.6 FIGUUR 1.6 hieronder toon 'n gereedskapstuk wat in die
boukonstruksiebedryf gebruik word.
A
FIGUUR 1.6
1.6.1 Identifiseer gereedskapstuk A. (1)
1.6.2 Verduidelik TWEE gebruike van gereedskapstuk A. (2)
1.6.3 Verduidelik waarom die battery uit die gereedskapstuk gehaal moet
word wanneer dit vir 'n lang tydperk nie gebruik word nie. (1)
1.7 FIGUUR 1.7 hieronder toon hegstukke wat op bouterreine en in werkswinkels
gebruik word.
A B
FIGUUR 1.7
1.7.1 Identifiseer hegstuk A en hegstuk B. (2)
1.7.2 Verduidelik EEN gebruik van hegstuk A en hegstuk B onderskeidelik. (2)
[20]
VRAAG 2: GRAFIKA AS KOMMUNIKASIEMIDDEL (GENERIES)
FIGUUR 2 op die volgende bladsy toon verskillende tekeninge wat op 'n bouplan
voorkom. Analiseer die tekeninge en voltooi die tabel op ANTWOORDBLAD 2.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 5 DBE/November 2018
NSS
1 NOTAS:
Kontrakteurs moet alle afmetings en
hoogtes op die terrein bevestig voor
daar met die werk begin word.
Argitekte moet onmiddellik van
2 enige afwykings in kennis gestel
word.
7
ARGITEK SE HANDTEKENING ……………
3
KLIËNT SE HANDTEKENING ………………
V1 V2 Die volgende moet voor die
skuifdeur geplaas word:
4
1 : 10
8
5
V3
VVV Toegang tot die eerste verdieping
6
moet deur middel van die volgende
wees:
FIGUUR A
HERSIENING DATUM BESKRYWING
GEDRUK DEUR: DRUKDATUM:
220 3 000 110
220 220
NKOSI DRUKKERS 2018/10/02
TEKENINGTITEL:
TERREINPLAN ERF 1843
9 PROJEK:
VOORGESTELDE WONING OP ERF 1843,
2 000 2 000
BADKAMER
DIEPRIVIER
V4 10
11 PROJEKNR. TEKENINGNR.
12 SITKAMER GR 557-102 557P9
13 W 14
15 DATUM GETEKEN NAGESIEN SKAAL
110 V3 25/4/2018 JP MALOI P BRITZ 1 : 100
V3
4 000 VERWYSINGKODE
KANTOOR QP 1 - 2018
VENSTER 2 VENSTER 3
900 2 000
V2
110 2 800 220 220 1 200 1 200
FIGUUR B
FIGUUR 2 [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 6 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 3: DAKKE, TRAPPE EN VERBINDING/HEGTING (SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Wat is die minimum helling van 'n dak wanneer klas A gegolfde sinkplate as 'n
dakbedekking gebruik word? (1)
3.2 Noem die maksimum afstand vir die spasiëring tussen dakkappe vir gegolfde
daksinkplate. (1)
3.3 Onderskei tussen die hout wat gebruik word om 'n dakteël en dakplate vas te
heg met behulp van netjiese vryhandsketse van ELK in jou
ANTWOORDEBOEK. Drukskryf die korrekte naam onder elke skets. (2)
3.4 Wat is die afmetings van 'n kaplat vir gegolfde daksinkplate? (1)
3.5 Onderskei tussen die spasiëring van dakkappe vir kleidakteëls en dakkappe
vir veselsementdakteëls. Teken die tabel hieronder in jou
ANTWOORDEBOEK oor.
KLEIDAKTEËLS VESELSEMENTDAKTEËLS
(2)
3.6 FIGUUR 3.6 hieronder toon 'n vertikale dwarsdeursnit van 'n deel van die
konstruksie by die nok van die dakkap. Identifiseer dele A–D.
A
B
c
D
FIGUUR 3.6 (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 7 DBE/November 2018
NSS
3.7 Gebruik ANTWOORDBLAD 3.7 en maak 'n netjiese skets, in goeie
verhouding, van 'n bindhoutkap met 'n helling van 45° wat op twee stutmure
rus.
Toon die volgende op jou tekening:
Mure
Muurplate
Sparre
Hanebalk
Nokbalk (8)
3.8 Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings deur 'n
woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die
vraagnommers (3.8.1 tot 3.8.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv.
3.8.6 Optree.
aantree; bordes; neusrand; loopstuk; skortbalk; optree;
steeklyn; baluster; handreling; trapkuil
3.8.1 Die vertikale afstand tussen twee daaropvolgende loopvlakke (1)
3.8.2 Vertikale style wat die handreling bo hou (1)
3.8.3 Die plat, horisontale oppervlak van 'n trap waarop jy trap as jy die
stel trappe op- of afklim (1)
3.8.4 Die boonste horisontale oppervlakte van 'n stel trappe (1)
3 8.5 Die horisontale afstand wat deur die trappe gedek word (1)
3.9 Maak 'n netjiese skets, in goeie verhouding, van 'n vierkantige en ronde
profiel wat vir handrelings gebruik kan word in jou ANTWOORDEBOEK. (2)
3.10 Verduidelik EEN metode om 'n handreling teen 'n muur te monteer. (1)
3.11 Beskryf TWEE metodes om 'n muurplaat teen 'n steenmuur te bind. (2)
3.12 Staalprofiele kan deur middel van 'n basisplaat-en-staalpenkonneksie aan 'n
betonbasis geheg word. Verduidelik die doel van die pen in hierdie
verbindingsmetode. (1)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 8 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 4: UITGRAWINGS, BEKISTING, GEREEDSKAP EN TOERUSTING EN
MATERIAAL (SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–G) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.1.6 H.
KOLOM A KOLOM B
4.1.1 Uitgrawings A gebruik om verskillende dele van
bekisting aan mekaar vas te maak
4.1.2 Bekisting
B installeer plafonne en vloerteëls
4.1.3 Voetbalk
C verwyder grond om fondasies en
4.1.4 Laaghout kelderverdiepings te bou
4.1.5 Staaf met skroefdraad D vorm waarin vars beton gestort
en moere word
E bestaan uit dun lagies hout met
grein wat in verskillende rigtings
kruis
F bekistingstutte rus daarop
G word by ligskore gebruik
(5 x 1) (5)
4.2 Uitgrawing van los grond op 'n bouterrein is noodsaaklik vir 'n stabiele en ferm
fondasie.
4.2.1 Verduidelik DRIE veiligheidsfaktore wat in ag geneem moet word
nadat uitgrawings voltooi is. (3)
4.2.2 Beskryf DRIE take wat na die terreininspeksie gedoen moet word
sodat die terrein voorberei kan word. (3)
4.3 FIGUUR 4.3 op ANTWOORDBLAD 4.3 toon 'n sloot wat uitgegrawe is.
Gebruik ANTWOORDBLAD 4.3 en maak 'n netjiese deursneetekening, in
goeie verhouding, van die bekisting vir harde grond.
Toon die volgende op jou tekening:
Wigpare
Muurwerkborde
Stutplanke
Stutte
Enige TWEE byskrifte (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 9 DBE/November 2018
NSS
4.4 Beskryf EEN eienskap van goeie bekisting. (1)
4.5 FIGUUR 4.5 hieronder toon bekisting in die konstruksieproses. Bestudeer die
tekening en beantwoord die vrae wat volg.
A
B
C
D
E
FIGUUR 4.5
4.5.1 Identifiseer die tipe bekisting in FIGUUR 4.5. (1)
4.5.2 Benoem A tot D. (4)
4.5.3 Regverdig die gebruik van E. (1)
4.6 Noem TWEE eienskappe van staalbekisting. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 10 DBE/November 2018
NSS
4.7 FIGUUR 4.7 hieronder toon 'n konstruksiemasjien wat op 'n bouterrein
gebruik word.
Bestudeer FIGUUR 4.7 en beantwoord die vrae wat volg.
FIGUUR 4.7
4.7.1 Beskryf TWEE veiligheidsmaatreëls wat gevolg moet word
wanneer die masjien in FIGUUR 4.7 gebruik word. (2)
4.7.2 Verduidelik, in jou eie woorde, hoe jy hierdie konstruksiemasjien
sal versorg. (2)
4.8 FIGUUR 4.8 hieronder toon 'n masjien wat op 'n bouterrein gebruik word.
Noem TWEE maniere waarop jy hierdie masjien sal versorg.
FIGUUR 4.8 (2)
4.9 Beskryf TWEE nadele van voorafvervaardigde beton. (2)
4.10 Verduidelik TWEE doelwitte van die saktoets. (2)
4.11 Noem TWEE verskillende tipes metodes wat vir die nabehandeling van beton
gebruik kan word. (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 11 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 5: PLEISTER EN VLAKLAAG, STEENWERK EN GRAFIKA AS 'N
KOMMUNIKASIEMIDDEL (SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
5.1 FIGUUR 5.1 hieronder toon 'n werker wat 'n muur pleister. Bestudeer die
sketse en beantwoord die vrae wat volg.
A B C D
FIGUUR 5.1
5.1.1 Beskryf die prosesse wat van A tot D plaasvind. (4)
5.1.2 Watter tipe gereedskap word by C gebruik? (1)
5.2 ANTWOORDBLAD 5.2 toon die buitelyne van die voor- en sy-aansigte van 'n
spoumuur. Gebruik ANTWOORDBLAD 5.2 as 'n riglyn en teken VIER lae van
die buite-aansig van die spoumuur om die voor- en linkeraansigte te toon. (6)
5.3 FIGUUR 5.3 hieronder toon TWEE verskillende plaveiselpatrone. Bestudeer
die foto's en beantwoord die vrae wat volg.
A B
FIGUUR 5.3
5.3.1 Noem plaveiselpatroon A en B. (2)
5.3.2 Noem EEN plaveiselmetode wat algemeen gebruik word. (1)
5.3.3 Beskryf die term verbindings wanneer plaveistene gelê word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 12 DBE/November 2018
NSS
5.4 Gebruik ANTWOORDBLAD 5.4 en teken volgens skaal 1 : 10, 'n gedetailleerde
vertikale snit deur die voetstuk van 'n dakkap wat 'n oop dakrand voorstel. Toon
die volgende op jou tekening:
Muur: 220 mm wyd, siersteen
Muurplaat: 114 mm x 38 mm
Bindbalk: 114 mm x 38 mm
Dakspar: 114 mm x 38 mm
Dakrandoorhang: 400 mm
Daklatte: 76 mm x 50 mm
Gegolfde daksinkplaatbedekking
Fassieplank: 230 mm x 38 mm
Drukskryf die skaal onderaan die tekening.
Drukskryf enige TWEE byskrifte op die tekening. (15)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 13 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 6: WAPENING IN BETON, FONDASIES, BETONVLOERE EN
HOEVEELHEDE (SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
6.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(6.1.1 tot 6.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 6.1.6 C.
6.1.1 Wapening word op 'n konstruksietekening met 'n kode aangedui.
In die kode 9 R 16 01 200, dui 200 die ... aan.
A diameter van die staaf
B hart-tot-hartspasiëring
C getal stawe in die groep
D staafnommer (1)
6.1.2 Watter van die volgende is 'n krag wat op 'n struktuur kan inwerk?
A Trekkrag
B Drukkrag
C Skuifkrag
D Al die bogenoemde (1)
6.1.3 Tydens die beplanning van 'n rib-en-blokvloer moet die volgende in
ag geneem word:
A Reglynigheid van eenhede
B Waterabsorpsie-eienskappe van eenhede
C Aard van stutte
D Kruisverspanning vir stewigheid (1)
6.1.4 Staalpypcaissionpale gebruik 'n ….
A nat betonprop.
B voering wat in die grond ingedryf word.
C staalpunt.
D voorafgegiete betonheipaal. (1)
6.1.5 Tipe grond waar voorafgegiete heipale gebruik kan word:
A Sagte grond
B Harde grond
C Stabiele grond
D Al die bogenoemde (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 14 DBE/November 2018
NSS
6.2 Gebruik ANTWOORDBLAD 6.2 en teken 'n netjiese deursneeaansig van 'n
vierkantige gewapendebetonkolom in goeie verhouding.
Toon die volgende op jou tekening:
Kolom
8 hoofstawe
Stiebeuels/Binders
Minimum betondekking
TWEE byskrifte (10)
6.3 Noem DRIE voordele van die gebruik van heipaalfondasies. (3)
6.4 Verduidelik die metode waarvolgens in situ-gedrewe heipale geïnstalleer
word. (3)
6.5 FIGUUR 6.5 hieronder toon materiaal vir 'n vloerkomponent. Bestudeer die
diagram en beantwoord die vrae wat volg.
A
B
FIGUUR 6.5
6.5.1 Identifiseer die deel in FIGUUR 6.5. (1)
6.5.2 Wat is die doel van die gat by A? (1)
6.5.3 Noem die deel wat by B sal inpas. (1)
6.5.4 Noem DRIE soorte materiaal wat vir hierdie tipe vloerkonstruksie
gebruik word. (3)
6.5.5 Noem EEN belangrike veiligheidsfaktor waaraan voldoen moet
word nadat hierdie tipe vloerkonstruksie geïnstalleer is. (1)
6.5.6 Verduidelik TWEE nadele van hierdie tipe vloerkonstruksie. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie 15 DBE/November 2018
NSS
6.6 FIGUUR 6.6 hieronder toon die vloerplan van 'n stoorkamer met 'n opening vir
'n deur en 'n venster.
5 000
8 000
FIGUUR 6.6
SPESIFIKASIES:
Buiteafmetings van die stoorkamer: 8 000 mm x 5 000 mm
Die bobou is 'n eensteenmuur: 220 mm wyd en 2 700 mm hoog
Groote van die vensteropening: 1 200 mm x 900 mm
Groote van die deuropening: 2 100 mm x 900 mm
Gebruik ANTWOORDBLAD 6.6 en bereken die volgende:
Totale lengte van die vloerlys vir die stoorkamer (ignoreer die
dagwange) (6)
Volume van vlaklaag vir die vloer as die vlaklaag 25 mm dik is (4)
Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.
[40]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie DBE/November 2018
NSS
EKSAMENNOMMER:
SENTRUMNOMMER:
ANTWOORDBLAD 2
NO. VRAE ANTWOORDE PUNTE
1 Identifiseer FIGUUR A. 1
2 Identifiseer FIGUUR B. 1
3 Identifiseer nommer 4. 1
4 Identifiseer nommer 5. 1
5 Identifiseer nommer 9. 1
6 Identifiseer nommer 10. 1
7 Identifiseer nommer 11. 1
Op watter datum is die bouplan
8 1
gedruk?
9 Wie het die bouplan geteken? 1
Noem die kenmerk in die nota-kolom
10 in FIGUUR 2 wat voor die skuifdeur 1
geïnstalleer moet word.
Noem die kenmerk in die nota-kolom
11 in FIGUUR 2 wat toegang tot die 1
eerste vloer moet gee.
Identifiseer die tipe dak wat vir die
12 1
gebou in FIGUUR A gebruik word.
13 Verduidelik die doel van nommer 1. 1
14 Verduidelik die doel van nommer 2. 1
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie DBE/November 2018
NSS
Verduidelik die afkorting VVV by
15 1
nommer 6.
16 Verduidelik die doel van nommer 7. 1
Verduidelik die betekenis van die pyl
17 op die kenmerk wat voor die skuifdeur 1
geïnstalleer moet word.
Verduidelik wat met 1 : 10 bedoel
18 word wat op die simbool in die notas 1
aangedui word.
Watter vertrek sal kenmerk 15
19 1
bedien?
Verduidelik die kort strepieslyne op die
20 1
vensters.
Lei die hoogte van venster 2 vanaf die
21 1
vensterskedule af.
Lei die wydte van venster 3 vanaf die
22 1
vensterskedule af.
Op watter aansig van die gebou is die
23 1
badkamervenster geleë?
Onderskei tussen komponent
24 2
nommer 3 en komponent nommer 8.
Onderskei tussen die lig in die
25 2
sitkamer en die lig in die badkamer.
Stel 'n geskikte vloerbedekking vir die
26 1
badkamer voor.
Stel 'n geskikte skaal voor
27 waarvolgens FIGUUR A volgens 1
SANS geteken moet word.
Beveel 'n alternatiewe sanitêre toestel
28 aan om nommer 11 te vervang, wat 1
dieselfde doel sal dien.
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie DBE/November 2018
NSS
Bereken die binneoppervlakte van die
29 kantoor in m². Toon ALLE 3
berekeninge.
Bereken die omtrek van die gebou.
30 7
Toon ALLE berekeninge.
TOTAAL 40
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie DBE/November 2018
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD 3.7
ASSESSERINGSKRITERIA PUNT KANDIDAAT SE
PUNT
Mure 2
Muurplate 2
Sparre 2
Hanebalk 1
Nokbalk korrek geteken 1
TOTAAL: 8
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie DBE/November 2018
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD 4.3
FIGUUR 4.3
ASSESSERINGSKRITERIA PUNT KANDIDAAT SE
PUNT
Wigpare 1
Muurwerkborde 1
Stutplanke 2
Stutte 1
Bekisting korrek geteken 1
Enige TWEE byskrifte 2
TOTAAL: 8
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie DBE/November 2018
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD 5.2
ASSESSERINGSKRITERIA PUNT KANDIDAAT SE
PUNT
Volsteen en ½-steen elke alternatiewe laag 4
op die vooraansig
Linkeraansig volsteen elke laag 1
Linkeraansig ¼-steen elke laag 1
TOTAAL: 6
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie DBE/November 2018
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD 5.4
ASSESSERINGSKRITERIA PUNT KANDIDAAT
PUNT
Muur: 220 mm wyd, siersteen 1
Balkvulling 1
Muurplaat: 114 mm x 38 mm 1
Bindbalk: 114 mm x 38 mm 1
Dakspar/Kapbeen: 114 mm x 38 mm 1
Daklatte: 76 mm x 50 mm 2
Gegolfde sinkplaatdakbedekking 1
Fassiebord: 230 mm x 38 mm 1
Enige TWEE byskrifte 2
Drukskryf die skaal onder die tekening 1
Toepassing van skaal:
Een of twee verkeerd =3
Drie of vier verkeerd =2 3
Meer as vyf verkeerd =1
Geen mates korrek nie =0
TOTAAL: 15
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie DBE/November 2018
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD 6.2
ASSESSERINGSKRITERIA PUNT KANDIDAAT SE
PUNT
Kolom 500 mm x 500 mm 2
8 hoofstawe 2
Binders/Stiebeuels 2
Minimum betondekking 1
Enige TWEE byskrifte 2
Verhouding 1
TOTAAL: 10
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Konstruksie DBE/November 2018
NSS
SENTRUMNOMMER:
EKSAMENNOMMER:
ANTWOORDBLAD 6.6
A B C D
Vloerlys: Binnelengte van gebou
- __________
= (2)
Vloerlys: Binnebreedte van die gebou
– __________
= _________ (2)
Totale lengte = ________ + ________x 2
= __________
= - __________
= __________ meter vloerlys benodig
(2)
Vlaklaag: Binne-area van gebou
1/
_______
_______
_______ ______ m³ = _________ (4)
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
%20Afr--591d6ffd-20b1-4748-a1ba-b055be0a14c3/v1-4d98a131fd37e013458a/card.webp)
Question paper
Civil Technology May-June 2025 (Construction) Afr.pdf
Question paper
CIV TECH GR12 QP SEPT2024_Civil Services_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
CIV TECH GR12 QP SEPT2024_Construction_English_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Civil Technology Nov 2024 (Woodworking) Afr.pdf
%20MG%20Eng--898ff365-3aa8-49fc-aa7a-8c58c79bf409/v1-0ee308106aa8bb2a75dc/card.webp)
Question paper
Civil Technology Nov 2024 (Woodworking) MG Eng.pdf
%20MG%20Afr--1af3bcd6-f360-4582-929e-be82586adfa1/v1-f9bfd9fe3f83289b1669/card.webp)
Question paper
Civil Technology Nov 2024 (Construction) MG Afr.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Question paper
Civil Technology Nov 2018 (Woodworking) Eng_hlayiso.com_.pdf
%20Afr_hlayiso.com_--8a4b5aba-d78e-4505-aae9-e127ef45df85/v1-c293df39bff70a3d967c/card.webp)
Question paper
Civil Technology Nov 2018 (Woodworking) Afr_hlayiso.com_.pdf
%20Memo%20FINAL%20Eng_hlayiso.com_--2cdca6a9-a7a6-411c-9a30-4575c8e6a5cf/v1-2e55aea2b9c3d442037f/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Nov 2018 (Woodworking) Memo FINAL Eng_hlayiso.com_.pdf
%20FINAL%20Memo%20Eng_hlayiso.com_--90041771-68e0-4915-bc37-7a4f246b369f/v1-168ac77af6e035b2eae3/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Nov 2018 (Construction) FINAL Memo Eng_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Civil Technology Nov 2018 (Civil Services) FINAL Memo Eng_hlayiso.com_.pdf

Question paper
CVLT GR12 QP AFR SEPT2018 SIVIELE DIENSTE D_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Civil Technology
Explore more published documents in this catalogue.
Memorandum
Civil Technology (Woodworking) (Afrikaans) June 2025 Possible Answers.pdf

Memorandum
CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024_Construction_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024_Construction_English_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
CIV TECH GR12 MEMO SEPT2023_Construction_English_hlayiso.com_.pdf

Question paper
CIV TECH GR12 QP SEPT 2023_Construction_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper