Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING
NOVEMBER 2018
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye en 7 antwoordblaaie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper %20Afr--591d6ffd-20b1-4748-a1ba-b055be0a14c3/v1-4d98a131fd37e013458a/card.webp)

%20MG%20Eng--898ff365-3aa8-49fc-aa7a-8c58c79bf409/v1-0ee308106aa8bb2a75dc/card.webp)
%20MG%20Afr--1af3bcd6-f360-4582-929e-be82586adfa1/v1-f9bfd9fe3f83289b1669/card.webp)
%20Memo%20FINAL%20Eng_hlayiso.com_--2cdca6a9-a7a6-411c-9a30-4575c8e6a5cf/v1-2e55aea2b9c3d442037f/card.webp)
%20FINAL%20Memo%20Eng_hlayiso.com_--90041771-68e0-4915-bc37-7a4f246b369f/v1-168ac77af6e035b2eae3/card.webp)

View all




Civil Technology Nov 2018 (Woodworking) Afr_hlayiso.com_.pdf
Civil Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 26 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Civil Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC November Exam
- Pages
- 26
- File size
- 530.9 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 26
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 2 DBE/November 2018
NSS
BENODIGHEDE:
1. Tekeninstrumente
2. 'n Nieprogrammeerbare sakrekenaar
3. ANTWOORDEBOEK
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Beantwoord elke vraag as 'n geheel. MOENIE onderafdelings van vrae
skei NIE.
4. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
5. MOENIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
6. Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.
7. Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die
aangehegte ANTWOORDBLAAIE.
8. Gebruik die puntetoekenning as 'n riglyn vir die lengte van jou antwoord.
9. Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met
beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die
SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenepraktyk.
10. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van 'n steen as
220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word.
11. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.
12. Beantwoord VRAAG 2, 3.5, 5.9, 6.3 en 6.7 op die aangehegte
ANTWOORDBLAAIE en gebruik tekeninstrumente, waar nodig.
13. Skryf jou SENTRUMNOMMER en EKSAMENNOMMER op elke
ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou ANTWOORDEBOEK in, al het
jy dit nie gebruik nie.
14. Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van elektroniese
oordrag.
15. Google Images is as bron vir al die foto's en prentjies gebruik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 3 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 1: WBGV, MATERIAAL, GEREEDSKAP, TOERUSTING EN HEGTING
(GENERIES)
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
1.1 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 H.
KOLOM A KOLOM B
1.1.1 Voetbalk/Voetplaat A moet nie in die nabyheid van
elektriese kabels gebruik word nie
1.1.2 Aluminiumleer
B om yster en staal met 'n laag sink te
1.1.3 Steier bedek om te keer dat dit roes
1.1.4 Veiligheidsnet C voorkom die spat van chemikalieë
1.1.5 Galvanisering D beskerm metaal, hout en ander
materiaal teen roes en verwering
E voorkom dat vallende voorwerpe
werkers beseer
F voorkom dat vertikale staanders in
die grond insink
G moet van skopplate voorsien word
om te keer dat voorwerpe afval
(5 x 1) (5)
1.2 Beskryf TWEE veiligheidsmaatreëls wat gevolg moet word wanneer daar op
'n steier gewerk word. (2)
1.3 Wat is die doel van die skutreling van 'n steier ten opsigte van veiligheid? (2)
1.4 Verduidelik die doel van verf. (2)
1.5 Beskryf EEN voordeel van die nabehandelingsproses van beton. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 4 DBE/November 2018
NSS
1.6 FIGUUR 1.6 hieronder toon 'n gereedskapstuk wat in die
boukonstruksiebedryf gebruik word.
A
FIGUUR 1.6
1.6.1 Identifiseer gereedskapstuk A. (1)
1.6.2 Verduidelik TWEE gebruike van gereedskapstuk A. (2)
1.6.3 Verduidelik waarom die battery uit die gereedskapstuk gehaal moet
word wanneer dit vir 'n lang tydperk nie gebruik word nie. (1)
1.7 FIGUUR 1.7 hieronder toon hegstukke wat op bouterreine en in werkswinkels
gebruik word.
A B
FIGUUR 1.7
1.7.1 Identifiseer hegstuk A en hegstuk B. (2)
1.7.2 Verduidelik EEN gebruik van hegstuk A en hegstuk B onderskeidelik. (2)
[20]
VRAAG 2: GRAFIKA AS KOMMUNIKASIEMIDDEL (GENERIES)
FIGUUR 2 op die volgende bladsy toon verskillende tekeninge wat op 'n bouplan
voorkom. Analiseer die tekeninge en voltooi die tabel op ANTWOORDBLAD 2.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 5 DBE/November 2018
NSS
1 NOTAS:
Kontrakteurs moet alle afmetings en
hoogtes op die terrein bevestig voor
daar met die werk begin word.
Argitekte moet onmiddellik van
2 enige afwykings in kennis gestel
word.
7
ARGITEK SE HANDTEKENING ……………
3
KLIËNT SE HANDTEKENING ………………
V1 V2 Die volgende moet voor die
skuifdeur geplaas word:
4
1 : 10
8
5
V3
VVV Toegang tot die eerste verdieping
6
moet deur middel van die volgende
wees:
FIGUUR A
HERSIENING DATUM BESKRYWING
GEDRUK DEUR: DRUKDATUM:
220 3 000 110
220 220
NKOSI DRUKKERS 2018/10/02
TEKENINGTITEL:
TERREINPLAN ERF 1843
9 PROJEK:
VOORGESTELDE WONING OP ERF 1843,
2 000 2 000
BADKAMER
DIEPRIVIER
V4 10
11 PROJEKNR. TEKENINGNR.
12 SITKAMER GR 557-102 557P9
13 W 14
15 DATUM GETEKEN NAGESIEN SKAAL
110 V3 25/4/2018 JP MALOI P BRITZ 1 : 100
V3
4 000 VERWYSINGKODE
KANTOOR QP 1 - 2018
VENSTER 2 VENSTER 3
900 2 000
V2
110 2 800 220 220 1 200 1 200
FIGUUR B
FIGUUR 2 [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 6 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 3: SWAAIRAME, KASTE, MUURPANELE EN HOEVEELHEDE (SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings deur 'n
woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die
vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 3.1.6
Swaairaam.
bolig; 600 mm–650 mm; vloerlys; tong-en-groefplanke;
kosynkop; 520 mm–570 mm; venster; kroonlys;
melamienborde; drupgroef
3.1.1 Panele wat gewoonlik van dennehout gemaak word en maklik
inmekaar pas deur middel van 'n spesifieke kenmerk aan elke kant
van die plank (1)
3.1.2 Die aanbevole diepte van vrystaande kaste (1)
3.1.3 Om die opening tussen die muur en die plafon toe te maak (1)
3.1.4 Voorkom dat reënwater by die swaairaam inwaai en die vertrek
binnedring (1)
3.1.5 Die klein venstertjie wat bokant die opening van 'n deur of venster
gebou word (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 7 DBE/November 2018
NSS
3.2 FIGUUR 3.2 hieronder toon 'n buiteaansig van 'n dubbelswaairaam met
boligte. Bestudeer die prent en beantwoord die vrae wat volg.
A
B
C
FIGUUR 3.2
3.2.1 Watter tipe materiaal kan onderskeidelik vir deel A en deel B
gebruik word? (2)
3.2.2 Verduidelik die doel van C. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 8 DBE/November 2018
NSS
3.3 FIGUUR 3.3 hieronder toon die binnekant van 'n ingeboude kas sonder
deure. Bestudeer die tekening en beantwoord die vrae wat volg.
E
A A
C
F
C B
G
C G
D
D
H
G
FIGUUR 3.3
3.3.1 'n Goedontwerpte kas moet uit vier basiese dele/eenhede bestaan.
Benoem dele/eenhede A tot D in die tekening hierbo. (4)
3.3.2 Regverdig die gebruik van melamien eerder as gewone
spaanderbord vir die binnekant van 'n ingeboude kas. (1)
3.3.3 Identifiseer dele E tot H. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 9 DBE/November 2018
NSS
3.4 FIGUUR 3.4 hieronder toon die deursneeaansig van 'n tong-en-groef-
muurpaneel vanaf die vloer tot by die plafon, wat aan 'n 110 mm dik muur
geheg is. Bestudeer die tekening en beantwoord die vrae wat volg.
A
110 mm steenmuur
muurpaneel
B
C
FIGUUR 3.4
3.4.1 Identifiseer dele A tot C. (3)
3.4.2 Gee TWEE redes waarom panele op 'n muur aangebring word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 10 DBE/November 2018
NSS
3.5 FIGUUR 3.5 hieronder toon die vloerplan van 'n gebou met 'n geweldak.
Die buiteafmetings is 9 000 mm x 5 000 mm.
5 000
500
150
9 000
FIGUUR 3.5
Gebruik die volgende spesifikasies:
Mure is 220 mm dik
Tipe dak – Suid-Afrikaanse (Howe-) dak
Hart-op-hart-spasiëring tussen kaplatte = 900 mm
Ware lengte van dakspar (hoofdakspar) = 3 600 mm
Gebruik ANTWOORDBLAD 3.5 en bereken die volgende:
3.5.1 Lengte van die muurplate (4)
3.5.2 Getal kaplatte benodig (4)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 11 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 4: DAKKE, PLAFONNE, GEREEDSKAP EN TOERUSTING, EN
MATERIAAL (SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n item in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–H) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.1.6 J.
KOLOM A KOLOM B
4.1.1 Hoofstyl A loodreg op die daksparre geplaas en
vasgeheg om die dakplaatmetaal te
4.1.2 Daklat ondersteun
4.1.3 Dakrande B kontroleer altyd die spanning van die
lem
4.1.4 Uitsnysaag
C word reghoekig aan die bindbalk
4.1.5 Was vasgeheg
D die deel van 'n dak wat by die
buitemure van 'n gebou oorsteek
E word gebruik om sirkels uit 'n stuk
hout te sny
F geskik vir binnehuise gebruik nadat
die hout met ander afwerkings
behandel is
G beskikbaar in 'n glans- tot dowwe
afwerking
H kan met die hand of met 'n sproeispuit
aangewend word
(5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 12 DBE/November 2018
NSS
4.2 FIGUUR 4.2 hieronder toon 'n prentaansig van 'n dak met 'n skilder- en 'n
gewelent met 'n kiel. Die dak sal met gegolfde sinkplaat bedek word.
Bestudeer FIGUUR 4.2 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
C
B
D
A
E
F
FIGUUR 4.2
4.2.1 Identifiseer dele A tot F. (6)
4.2.2 Wat is die breedte en dikte van deel B in mm? (1)
4.3 Verduidelik hoekom die gegolfde sinkplaat 50 mm oor die ent van die dakspar
steek. (1)
4.4 Verduidelik TWEE eienskappe van 'n goeie dakbedekking. (2)
4.5 Differensieer tussen die profiele van IBR-plaatbedekking en gegolfde
sinkplaat deur middel van enkellynsketse. Benoem ELKE skets. (4)
4.6 Beskryf TWEE voordele van 'n staaldakplaat. (2)
4.7 Verduidelik die gevolge indien dakonderlegsels nie onder dakbedekking
geïnstalleer word nie. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 13 DBE/November 2018
NSS
4.8 FIGUUR 4.8 hieronder toon 'n deursneeaansig van 'n konvensionele valdeur.
Bestudeer die tekening en gee EEN woord/term vir elke letter (A tot D) deur 'n
woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die
letter (A–D) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. E – Dakspar.
bindbalk; dakspar; stut; latwerk; valdeur; plafonbord; dekstrook
A B
C D
FIGUUR 4.8 (4)
4.9 FIGUUR 4.9 hieronder toon twee houtwerkmasjiene. Bestudeer die prente en
beantwoord die vrae wat volg.
A B
FIGURE 4.9
4.9.1 Identifiseer masjien A en B. (2)
4.9.2 Beveel TWEE maniere aan waarop A na gebruik gestoor kan word. (2)
4.9.3 Watter aspekte sal jy in aanmerking neem wanneer B versorg
word? (2)
4.9.4 Noem DRIE tipes houtwerkmasjiene wat jy kan gebruik om hout te
saag. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 14 DBE/November 2018
NSS
4.10 FIGUUR 4.10 hieronder toon twee gegradeerde houtplanke.
M 6 V 6
FIGUUR 4.10
4.10.1 Verduidelik die gradering van elke plank soos deur die letters
aangedui. (2)
4.10.2 Verduidelik die nommer op elke plank. (1)
4.10.3 Noem die simbool wat aandui dat gradering gedoen is, maar op
elke plank ontbreek. (1)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 15 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 5: FORMELE, BEKISTING, SKORING EN GRAFIKA AS
KOMMUNIKASIEMIDDEL (SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
5.1 FIGUUR 5.1 hieronder toon 'n vertikale deursneeaansig deur bekisting vir
twee betonbalke. Bestudeer FIGUUR 5.1 en identifiseer dele A tot D. Skryf
slegs die antwoord langs die letter (A–D) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv.
E – Rib.
A
B
C
D
FIGUUR 5.1 (4)
5.2 Beveel VIER houtbordprodukte aan wat as kante vir bekisting gebruik kan
word. (4)
5.3 Verduidelik die doel van wigpare tydens die konstruksie van bekisting. (3)
5.4 Verduidelik die rede waarom die onderste soffietbord by die konstruksie van
bekisting vir 'n betonbalk dikker as die kante van die bekisting is. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 16 DBE/November 2018
NSS
5.5 FIGUUR 5.5 hieronder toon 'n prentaansig van geslote/digte formeellatwerk.
Bestudeer die prent en beantwoord die vrae wat volg.
A
B
B
C
D
FIGUUR 5.5
5.5.1 Identifiseer dele A tot C. (3)
5.5.2 Verduidelik EEN gebruik van A indien dit in 'n geslote/digte posisie
gebruik word, soos in FIGUUR 5.5 getoon. (1)
5.5.3 Noem EEN ander posisie waarin A by formeellatwerk gebruik kan
word. (1)
5.6 Verduidelik EEN gebruik van die volgende skore:
5.6.1 Staanskoor (1)
5.6.2 Dubbellugskoor (1)
5.7 Beskryf die funksie van die volgende komponente van 'n staanskoor:
5.7.1 Staalklou (1)
5.7.2 Stut (1)
5.7.3 Voetbalk/Voetplaat (1)
5.8 Teen watter hoek moet die stutte bo-op of onder die horisontale skore op 'n
dubbellugskoor geplaas word? (1)
5.9 Gebruik ANTWOORDBLAD 5.9 en teken 'n netjiese lyndiagram van 'n
sparpaardakkap op die aangeduide mure. Die helling van die dakkap is 45°.
Toon die volgende op die tekening:
Die spanwydte deur middel van afmetingslyne
Muurplate
Daksparre
Nokbalk
Helling van die dak (7)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 17 DBE/November 2018
NSS
VRAAG 6: HANGVLOERE, TRAPPE, YSTERWARE, DEURE EN VERBINDINGS
(SPESIFIEK)
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
6.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(6.1.1 tot 6.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 6.1.6 C.
6.1.1 Die spasiëring tussen die vloerbalke …
A sal nie die sterkte van die hangvloer beïnvloed nie.
B hang van die dikte van die vloerbalk af.
C hang van die beskikbaarheid van houtplanke af.
D moet 400 mm tot 600 mm hart op hart wees. (1)
6.1.2 Houthangvloere …
A kan slegs op boonste vlakke gebruik word.
B kan direk op die vloer geplaas word.
C kan op grondvlakke of boonste vlakke gebruik word.
D het geen lugstene of ontlugters ('vents') onder die vloer nodig
nie. (1)
6.1.3 Vloerplanke moet …
A 'n tapgatvoeg langs die rande hê.
B 'n tong langs die een rand en 'n groef langs die ander rand hê.
C vry ruimte van ten minste 50 mm vanaf die pleister of die
muur hê.
D 'n breedte van ten minste 40 mm hê en nie 180 mm oorskry
nie. (1)
6.1.4 'n Geraamde Z-plankdeur …
A kan vir agterdeure (kombuis) gebruik word.
B het soliede panele.
C het stutte van 40 mm.
D kan van bordprodukte gemaak word. (1)
6.1.5 'n Driepaneeldeur met verhewe en kussingpanele …
A is ideaal vir die ingang aan die voorkant van 'n huis.
B moet nie minder as 1 000 mm weg van die muur wees nie.
C moet 'n totale lengte van 1 800 mm hê.
D het geen slotreling nie. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 18 DBE/November 2018
NSS
6.2 By hangvloere van meerverdiepinggeboue is daar twee metodes wat
algemeen gebruik word om die eindpunte van die vloerbalke aan die mure
te heg.
Onderskei tussen die TWEE metodes aan die hand van netjiese
vryhandsketse. Skryf die naam van die metode onderaan ELKE skets. (4)
6.3 FIGUUR 6.3 op ANTWOORDBLAD 6.3 toon die fondasie, NGV en die
beginpunt van die muur van 'n steenpyler. Gebruik ANTWOORDBLAD 6.3 en
teken 'n netjiese skets, in goeie verhouding, van 'n deursneeaansig van 'n
houthangvloer wat deur steenpylers ondersteun word.
Toon die volgende op jou tekening:
Eensteenpyler
VWL
Mierskerm
Draer
Gedeelte van die vloerbalk aan weerskante van die steenpyler
Vloerplanke (6)
6.4 Teken 'n netjiese lyndiagram, in goeie verhouding, van 'n trap in jou
ANTWOORDEBOEK.
Toon die volgende op jou tekening:
Bordes ('Landing')
Optree/Styging
Loopstuk/Aantree
Spil/Spilpaal
Handreling (5)
6.5 Verduidelik die doel van die bordes by trappe. (2)
6.6 Die slot is 'n belangrike deel van 'n deur. Op watter deel van 'n
driepaneeldeur of deurkosyn sal jy die volgende dele van 'n slot vassit?
6.6.1 Kasslot/Omhulsel (1)
6.6.2 Agterplaat/Slagplaatjie (1)
6.6.3 Kram/Sluitraampie/Sluitplaatjie (1)
6.6.4 Nagslot (1)
6.7 Gebruik ANTWOORDBLAD 6.7 en teken netjiese boaansigte van 'n verhewe
paneel en 'n verhewe kussingpaneel in die gegewe spasies. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking 19 DBE/November 2018
NSS
6.8 Verduidelik die doel van opening A in FIGUUR 6.8 hieronder.
A
FIGUUR 6.8 (1)
6.9 Bestudeer FIGUUR 6.9 hieronder wat die onderste hoek aan die binnekant
van 'n geraamde Z-plankdeur toon. Identifiseer dele A tot C.
A
B
C
FIGUUR 6.9 (3)
6.10 Gebruik die beskrywings hieronder en verduidelik die metode om die dele te
heg. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer in jou
ANTWOORDEBOEK neer.
6.10.1 Deur aan deurkosyn (1)
6.10.2 Plafonborde aan plafonlatte (1)
6.10.3 Plafonlatte aan bindbalk (1)
6.10.4 Aanliggende dele van 'n dakkap (1)
6.11 Noem TWEE metodes wat gebruik kan word om oopmaakvensterrame aan
die kosyne van swaairame vas te sit. (2)
[40]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking DBE/November 2018
NSS
EKSAMENNOMMER:
SENTRUMNOMMER:
ANTWOORDBLAD 2
NO. VRAE ANTWOORDE PUNTE
1 Identifiseer FIGUUR A. 1
2 Identifiseer FIGUUR B. 1
3 Identifiseer nommer 4. 1
4 Identifiseer nommer 5. 1
5 Identifiseer nommer 9. 1
6 Identifiseer nommer 10. 1
7 Identifiseer nommer 11. 1
Op watter datum is die bouplan
8 1
gedruk?
9 Wie het die bouplan geteken? 1
Noem die kenmerk in die nota-kolom
10 in FIGUUR 2 wat voor die skuifdeur 1
geïnstalleer moet word.
Noem die kenmerk in die nota-kolom
11 in FIGUUR 2 wat toegang tot die 1
eerste vloer moet gee.
Identifiseer die tipe dak wat vir die
12 1
gebou in FIGUUR A gebruik word.
13 Verduidelik die doel van nommer 1. 1
14 Verduidelik die doel van nommer 2. 1
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking DBE/November 2018
NSS
Verduidelik die afkorting VVV by
15 1
nommer 6.
16 Verduidelik die doel van nommer 7. 1
Verduidelik die betekenis van die pyl
17 op die kenmerk wat voor die skuifdeur 1
geïnstalleer moet word.
Verduidelik wat met 1 : 10 bedoel
18 word wat op die simbool in die notas 1
aangedui word.
Watter vertrek sal kenmerk 15
19 1
bedien?
Verduidelik die kort strepieslyne op die
20 1
vensters.
Lei die hoogte van venster 2 vanaf die
21 1
vensterskedule af.
Lei die wydte van venster 3 vanaf die
22 1
vensterskedule af.
Op watter aansig van die gebou is die
23 1
badkamervenster geleë?
Onderskei tussen komponent
24 2
nommer 3 en komponent nommer 8.
Onderskei tussen die lig in die
25 2
sitkamer en die lig in die badkamer.
Stel 'n geskikte vloerbedekking vir die
26 1
badkamer voor.
Stel 'n geskikte skaal voor
27 waarvolgens FIGUUR A volgens 1
SANS geteken moet word.
Beveel 'n alternatiewe sanitêre toestel
28 aan om nommer 11 te vervang, wat 1
dieselfde doel sal dien.
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking DBE/November 2018
NSS
Bereken die binneoppervlakte van die
29 kantoor in m². Toon ALLE 3
berekeninge.
Bereken die omtrek van die gebou.
30 7
Toon ALLE berekeninge.
TOTAAL 40
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking DBE/November 2018
NSS
EKSAMENNOMMER:
SENTRUMNOMMER:
ANTWOORDBLAD 3.5
A B C D
3.5.1 Interne afmetings van lang mure:
= _________ - _________ =
Lengte van muurplate benodig:
__/ _______ _______
3.5.2 Getal kaplatte benodig
Aantal kaplatte = Lengte van dakspar + 1
Afstand tussen senters
= __________
=
= kaplatte
(8)
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking DBE/November 2018
NSS
EKSAMENNOMMER:
SENTRUMNOMMER:
ANTWOORDBLAD 5.9
KANDIDAAT SE
ASSESSERINGSKRITERIA PUNT
PUNT
Spanwydte 1
Muurplate 2
Daksparre 2
Nokbalk 1
Helling van dak 1
TOTAAL: 7
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking DBE/November 2018
NSS
EKSAMENNOMMER:
SENTRUMNOMMER:
ANTWOORDBLAD 6.3
NGV
TEKENING NIE VOLGENS SKAAL NIE
KANDIDAAT SE
ASSESSERINGSKRITERIA PUNT
PUNT
EEN eensteenpyler 1
VWL 1
Mierskerm 1
Draer 1
Vloerbalk 1
Vloerplanke/-borde 1
TOTAAL: 6
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Siviele Tegnologie: Houtbewerking DBE/November 2018
NSS
EKSAMENNOMMER:
SENTRUMNOMMER:
ANTWOORDBLAD 6.7
Verhewe paneel/Vooraansig Verhewe kussingpaneel/Vooraansig
Boaansig Boaansig
TEKENING NIE VOLGENS SKAAL NIE
KANDIDAAT SE
ASSESSERINGSKRITERIA PUNT
PUNT
Verhewe paneel boaansig 2
Verhewe kussingpaneel boaansig 2
TOTAAL: 4
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
%20Afr--591d6ffd-20b1-4748-a1ba-b055be0a14c3/v1-4d98a131fd37e013458a/card.webp)
Question paper
Civil Technology May-June 2025 (Construction) Afr.pdf
Question paper
CIV TECH GR12 QP SEPT2024_Civil Services_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper
CIV TECH GR12 QP SEPT2024_Construction_English_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Civil Technology Nov 2024 (Woodworking) Afr.pdf
%20MG%20Eng--898ff365-3aa8-49fc-aa7a-8c58c79bf409/v1-0ee308106aa8bb2a75dc/card.webp)
Question paper
Civil Technology Nov 2024 (Woodworking) MG Eng.pdf
%20MG%20Afr--1af3bcd6-f360-4582-929e-be82586adfa1/v1-f9bfd9fe3f83289b1669/card.webp)
Question paper
Civil Technology Nov 2024 (Construction) MG Afr.pdf
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Question paper
Civil Technology Nov 2018 (Woodworking) Eng_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Civil Technology Nov 2018 (Construction) Afr_hlayiso.com_.pdf
%20Memo%20FINAL%20Eng_hlayiso.com_--2cdca6a9-a7a6-411c-9a30-4575c8e6a5cf/v1-2e55aea2b9c3d442037f/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Nov 2018 (Woodworking) Memo FINAL Eng_hlayiso.com_.pdf
%20FINAL%20Memo%20Eng_hlayiso.com_--90041771-68e0-4915-bc37-7a4f246b369f/v1-168ac77af6e035b2eae3/card.webp)
Memorandum
Civil Technology Nov 2018 (Construction) FINAL Memo Eng_hlayiso.com_.pdf
Memorandum
Civil Technology Nov 2018 (Civil Services) FINAL Memo Eng_hlayiso.com_.pdf

Question paper
CVLT GR12 QP AFR SEPT2018 SIVIELE DIENSTE D_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Civil Technology
Explore more published documents in this catalogue.
Memorandum
Civil Technology (Woodworking) (Afrikaans) June 2025 Possible Answers.pdf

Memorandum
CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024_Construction_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
CIV TECH GR12 MEMO SEPT2024_Construction_English_hlayiso.com_.pdf

Memorandum
CIV TECH GR12 MEMO SEPT2023_Construction_English_hlayiso.com_.pdf

Question paper
CIV TECH GR12 QP SEPT 2023_Construction_Afrikaans_hlayiso.com_.pdf

Question paper