Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2017
EKONOMIE V2
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
*IECONA2*
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Skip to contentAll 2017 papers 

%20June%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5975bf34-03af-4bd2-bcb3-da6ecc7ce502/v1-87626b6327ce78e8e67a/card.webp)
%20November%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--118e2889-ffbc-4cbb-87a4-9de967bed5e1/v1-770f6a3dad5fae38d9da/card.webp)


View all

_watermark--ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49/v1-008aa39184f7eb157377/card.webp)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9/v1-bac3f1e72eb37d3a1526/card.webp)


Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2017 QP (Afr)
Grade 11 Economics Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 11 · Eastern Cape November · 2017 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 1.2 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Eastern Cape November 2017
- Paper 1Memo
- Paper 2Question paper · EngQuestion paper · AfrMemo · EngMemo · Afr
- Other filesMemo
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal
NIE nagesien word NIE.
3. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud
en die konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die
vrae voldoen.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
hierdie vraestel gebruik is.
5. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.
6. Lees ALLE vrae noukeurig deur.
7. Begin elke NUWE vraag op ʼn NUWE bladsy.
8. Los 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) EKONOMIE V2 3
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word voorsien as moontlike antwoorde vir die
volgende vrae. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter
(A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDE-
BOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 C.
1.1.1 ʼn Verandering in die hoeveelheid aangevra as gevolg van ʼn
verandering in inkomste word na verwys as ... -elastisiteit.
A prys
B inkomste
C aanbod
D aanbod en inkomste
1.1.2 Wanneer een land ʼn produk vervaardig deur minder
hulpbronne te gebruik as ʼn ander land, beteken dit dat die land
ʼn … voordeel in die produksie van daardie produk het.
A absoluut
B dubbele
C relatiewe
D vergelykende koste-
1.1.3 Die verkoop van gedifferensieerde produkte is ʼn kenmerk van
ʼn … mark.
A oligopolie
B volmaakte
C monopolistiese
D monopolie
1.1.4 Die bevrediging verkry uit die verbruik van ʼn produk staan
bekend as … nut.
A gemiddelde
B marginale
C totale
D gemiddelde veranderlike
1.1.5 ʼn Mark wat bestaan wanneer kopers en verkopers byeen kom
om die ruil van verbode goedere te onderhandel, word na
verwys as ʼn/die … mark.
A goedere
B faktor
C swart
D kapitaal
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
1.1.6 ʼn Land wat ʼn lid van die G8 is, is …
A Suid-Afrika.
B Frankryk.
C Nigerië.
D Indië.
1.1.7 ʼn Ekonomiese stelsel wat tot die Noord- en Suid-verdeling bydra
is ...
A kapitalisme.
B sosialisme.
C gemengde markstelsel.
D gemeenskaplik.
1.1.8 Watter van die volgende faktore is vir die uitputting van die
osoonlaag verantwoordelik?
A Koolstofmonoksied
B Ultravioletstrale
C Koolstofdioksied
D Besoedeling (8 x 2) (16)
1.2 Kies ʼn korrekte beskrywing in KOLOM B wat by ʼn item in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 K.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Kruis-elastisiteit A Produk wat in samewerking met ʼn ander
van vraag gebruik word
1.2.2 Komplementêre B Tydperk waarin ʼn produsent al sy
produksiefaktore kan verander
1.2.3 Besigheidsdoelwit C Die moeilikheid ervaar deur mense om te
oorleef
1.2.4 Langtermyn D ʼn Belasting wat op invoere gehef word
1.2.5 Absolute E Die permanente vernietiging van boslande
armoede
1.2.6 Tariewe F Koste van voordeel van ʼn produk of diens
wat nie na derde partye verander word nie
1.2.7 Ontbossing G Maak soveel wins as moontlik
1.2.8 Eksternaliteit H Die verwantskap tussen prys van die een
produk en die gevolglike verandering in die
hoeveelheid gevra van ʼn ander produk
I ʼn Nuttige of aantreklike kenmerk, soos
wetenskap, skoonheid of gerief
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) EKONOMIE V2 5
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
1.3.1 Persentasie-verandering in hoeveelheid aangevra is gelyk aan
die persentasie-verandering in prys
1.3.2 ʼn Proses waarby lande besluit om ekonomies saam te werk
1.3.3 ʼn Situasie waar verkopers ʼn ooreenkoms aangaan
1.3.4 ʼn Manier om natuurlike hulpbronne te gebruik sonder om die
ekologiese balans van ʼn gebied te vernietig
1.3.5 ʼn Vorm van investering waar buitelandse maatskappye belê in
besighede in die vorm van geboue, masjinerie en toerusting
1.3.6 Die verhandeling van goedere en dienste tussen lande met
minder rompslomp (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Lys enige TWEE eienskappe van nut. (2 x 1) (2)
2.1.2 Hoe gebeur onvolmaakte markstrukture? (2 x 1) (2)
2.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MONOPOLIEË IN SUID-AFRIKA
Die meeste monopolieë is eintlik byna monopolieë. Alhoewel daar slegs
een spesifieke produk in die mark mag wees, kan die produk
plaasvervangers hê. Suid-Afrikaanse Brouerye word dikwels beskou as ʼn
goeie voorbeeld van ʼn private monopolie in Suid-Afrika. Dit is nie die
enigste verskaffer van bier nie, want bier het ook ʼn verskeidenheid
potensiële plaasvervangers.
[Bron: Aangepas uit http/www2.resbank/glossary]
2.2.1 Identifiseer ʼn private monopolie uit die uittreksel. (1)
2.2.2 Identifiseer EEN eienskap van ʼn monopolie uit die uittreksel. (1)
2.2.3 Verduidelik kortliks ʼn natuurlike monopolie. (2)
2.2.4 Wanneer word ʼn produk ʼn substituutproduk genoem? (2)
2.2.5 Hoe word mededingers verhoed om hierdie mark te betree? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) EKONOMIE V2 7
2.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Koste
Inkomste
a
b
0 Hoeveelheid
MI
2.3.1 Voorsien byskrifte vir kurwes ‘a’ and ‘b’. (2)
2.3.2 Verduidelik kortliks die term marginale inkomste. (2)
2.3.3 Hoe word die waarde van ‘b’ bereken? (2)
2.3.4 Wat is die verhouding tussen kurwe ‘a’ en marginale
inkomste? (2 x 2) (4)
2.4 Verduidelik interafhanklikheid van firmas en nie-prysmededinging as
eienskappe van ʼn oligopolie. (2 x 4) (8)
2.5 Verduidelik met behulp van ʼn grafiek die verband tussen ʼn toename in
verbruik, totale nut en grensnut. (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
VRAAG 3 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Lys enige TWEE lidlande van die SAOG. (2)
3.1.2 Watter impak het MIV/Vigs op armoede? (2)
3.2 Bestudeer die spotprent en beantwoord die vrae wat volg.
3.2.1 Vanuit die spotprent, identifiseer TWEE voorwaardes wat ryk
lande kan verbind om wêreld-armoede te verminder. (2)
3.2.2 Verduidelik kortliks relatiewe armoede. (2)
3.2.3 Verduidelik werkloosheid as ʼn oorsaak van armoede. (2)
3.2.4 Hoe dink jy kan armoede verlig word? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) EKONOMIE V2 9
3.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MENSLIKE AKTIWITEITE WAT
GRONDAFGRADERING VEROORSAAK
Bymekaarmaak van
vuurhout 7%
Ontbossing
30%
Landbou 28%
Oorbeweiding
35%
3.3.1 Identifiseer TWEE faktore wat die meeste tot gronderosie
bydra. (2)
3.3.2 Hoe kan tegnologiese innovasie gebruik word om die
omgewing te beskerm? (4)
3.3.3 Hoe kan landbou tot grondagteruitgang bydra? (4)
3.4 Verduidelik die verbetering van kommunikasie en tegnologie as ʼn
oorsaak van globalisasie. (2 x 4) (8)
3.5 Watter uitdagings sal die samelewing in die gesig staar as die
regering nie ingryp om armoede te verlig nie? (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
VRAAG 4 40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Lys enige TWEE voorbeelde van hernieubare hulpbronne. (2)
4.1.2 Waarom is die hoeveelheid wat aangevra word van gewoonte-
artikels, prysonelasties? (2)
4.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Ten spyte van baie beduidende ontwikkelings wêreldwyd, leef miljoene
mense nog in absolute armoede en daar is aansienlike bewyse dat
ongelykhede tussen die wêreld se rykste en armste lande vergroot word.
In 1820 was die Wes-Europeërs se per capita inkomste drie keer groter
as Afrika sin, maar teen 2000 was dit dertien keer so groot.
[Aangepas uit www.rgs.org/schools]
4.2.1 Noem TWEE kontinente wat in die uittreksel genoem word. (2)
4.2.2 Verduidelik kortliks die term per capita inkomste. (2)
4.2.3 Onderskei tussen ryk en arm lande in terme van die vlak van
ontwikkeling. (2)
4.2.4 Hoe dink jy, kan ongelykhede tussen ryk en arm lande
verminder word? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) EKONOMIE V2 11
4.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
PRYSELASTISITEIT VAN VRAAG
Prys
a
15
10
a
0 50 100 Hoeveelheid
4.3.1 Voorsien die korrekte byskrif vir kurwe ‘a’. (1)
4.3.2 As die prys sou styg van R10 tot R15, wat is die hoeveelheid
goedere wat aangevra sou word? (1)
4.3.3 Verduidelik pryselastisiteit van vraag vir luukse goedere. (4)
4.3.4 Deur inligting uit die grafiek te gebruik, bereken en dui die soort
prys-elastisiteit van vraag aan. (4)
4.4 Bespreek tyd en beskikbaarheid van arbeid as faktore wat prys-
elastisiteit van aanbod bepaal. (2 x 4) (8)
4.5 Watter probleme sal in die ekonomie ervaar word as hernieubare
hulpbronne oormatig gebruik word? (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 EKONOMIE V2 (EC/NOVEMBER 2017)
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDE-
BOEK.
Jou antwoord gaan soos volg geassesseer word:
STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTE-
TOEKENNING
Inleiding
ʼn Goeie beginpunt sal wees om ʼn begrip of sleutelwoord van
die vraag te definieer.
Moenie in die inleiding enige gedeelte van die vraag insluit nie.
Moenie enige gedeelte van die inleiding in die inhoud/liggaam
herhaal nie. Maks. 2
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek volledig/Diepgaande bespreking/
Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/
Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer Maks. 26
Addisionele gedeelte: Gee eie menings/Bespreek
krities/Evalueer/Evalueer krities/Teken ʼn grafiek en verduidelik/
Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe
grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/
Interpreteer/Debatteer kortliks Maks. 10
Slot
Enige hoë-orde slot behoort die volgende in te sluit:
ʼn Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling
van enige feite wat reeds genoem is.
Enige opinie of waarde-oordeel van die feite wat bespreek is.
Addisionele ondersteunende inligting wat die
besprekings/ontleding versterk.
ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra.
Aanbevelings Maks. 2
TOTAAL 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017) EKONOMIE V2 13
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Een van die belangrikste funksies van ʼn mark is om te verseker dat die regte
produk op die regte tyd geproduseer word.
Met verwysing na die bogenoemde stelling, verduidelik die vraagkant
verhouding met behulp van grafieke en voorbeelde. (26)
Waarom is dit belangrik dat die produktemark oorweeg wat daar in die
faktormark gebeur? (10)
[40]
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE
Die omgewing is ʼn waardevolle bate waarsonder die ekonomie en die
samelewing nie kan oorleef nie.
Bespreek die verskeie benaderings wat vir die volhoubaarheid van die
omgewing gebruik kan word. (26)
Watter rol kan die samelewing speel om die omgewing van aard-
verwarming te probeer red? (10)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 QP (Afr)
%20June%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5975bf34-03af-4bd2-bcb3-da6ecc7ce502/v1-87626b6327ce78e8e67a/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2017 Memo (Afrikaans)
%20November%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--118e2889-ffbc-4cbb-87a4-9de967bed5e1/v1-770f6a3dad5fae38d9da/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Gauteng November 2017 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 Memo (Afr)
More from Grade 11 Economics

Memorandum
Economics Grade 11 Paper 1 Eastern Cape November 2025 Memo

Question paper and memo
Economics Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo
_watermark--ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49/v1-008aa39184f7eb157377/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 Memo (Afr)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9/v1-bac3f1e72eb37d3a1526/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 11 Paper 2 Mpumalanga June 2024 Memo

Memorandum