Skip to content

Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12202013 pages

Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2020 EKONOMIE V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2020) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op ’n NUWE bladsy. 7. Laat 2−3 reëls oop tussen onderafdelings van vrae. 8. Beantwoord vrae in volsinne en maak seker dat die uitleg, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vlakke van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) EKONOMIE V1 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) 30 PUNTE − 20 MINUTE VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 –1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D. 1.1.1 Die metode wat gebruik word om totale vergoeding van produksiefaktore af te lei, word die … -metode genoem. A produksie B inkome C kringloop D bestedings 1.1.2 ʼn Aanduiding van langtermyngroei in die ekonomie word die ... genoem. A tendenslyn B amplitude C lengte D trog 1.1.3 Suid-Afrikaanse Weermagdienste word verskaf deur die … regering. A distriks B plaaslike C provinsiale D sentrale 1.1.4 Die huidige betalingsbalans het … rekening(e). A twee B een C drie D vier 1.1.5 Die aantal werkende persone as ʼn persentasie van die ekonomiese aktiewe bevolking (EAB), word die … genoem. A ekonomiese groei B produktiwiteitskoers C indiensnamekoers D arbeidsproduktiwiteit Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2020) 1.1.6 Ekonomiese integrasie waar lidlande saamstem oor ʼn gemeenskaplike beleid, word ʼn … genoem. A ekonomiese unie B vryhandelgebied C doeane unie D gemeenskapsmark 1.1.7 Watter strategie het in sy doelwit om armoede en werkloosheid teen 2014 te halveer, misluk? A Nuwe Groei Pad (NGP) B Versnelde en Gedeelde Groei Inisiatief vir Suid-Afrika (AsgiSA) C Heropbou en Ontwikkelingsplan (HOP) D Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) 1.1.8 ʼn Aanwyser wat oor die algemeen gebruik word om die produksiekoste te meet, staan bekend as die … -indeks. A verbruikersprys B koppetelling C prys D produksieprys (8 x 2) (16) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) EKONOMIE V1 5 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Portefeuljebeleggings A SARB se gesprekke met handelsbanke om op ʼn toepaslike manier op te tree, in ooreenstemming met heersende ekonomiese toestande 1.2.2 Stelsel van Nasionale B die onderste draaipunt van die Rekeninge sakesiklus 1.2.3 Morele oorreding C ʼn handelsooreenkoms tussen ʼn groep opkomende markte 1.2.4 BRICS D moontlike aantal jare wat ʼn persoon na sy/haar geboorte sal lewe 1.2.5 Piek E regering se geskatte inkome en besteding oor ʼn periode van drie jaar 1.2.6 MTBR F aankoop van finansiële bates soos aandele in maatskappye, op die aandelebeurs van ʼn ander land 1.2.7 Lewensverwagting G deur die SARB beheer 1.2.8 Aanbod van geld H die boonste draaipunt van die sakesiklus I voorgeskryf deur die Verenigde Nasies om die syfers van die bruto binnelandse produk saam te stel (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2020) 1.3 Gee EEN begrip/woord vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die begrip/woord langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. GEEN AFKORTINGS sal as antwoorde aanvaar word nie. 1.3.1 ʼn Opsomming van die waarde van verskillende leidende aanwysers in ʼn enkele waarde 1.3.2 Teruggee van grond aan diegene wat dit as gevolg van diskriminerende wette van die verlede verloor het 1.3.3 Wanneer ʼn produk in ʼn buitelandse mark, teen ʼn prys wat laer is as die produksiekoste daarvan in die land van oorsprong, verkoop word 1.3.4 Die beleid wat daarop gemik is om pryse te stabiliseer, deur inflasie te bekamp 1.3.5 ʼn Ekonomie wat die buitelandse sektor uitsluit 1.3.6 Die wêreldwye interaksie van ekonomieë, met handel as ʼn sleutelelement. (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) EKONOMIE V1 7 AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE metodes van invoervervanging. (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoe kan wêreldhandel deur spesialisasie verbeter word? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. NUWE EKONOMIESE PARADIGMA [Bron: Geniet Ekonomie] 2.2.1 Verskaf ʼn naam vir die bogenoemde grafiek. (1) 2.2.2 Wat is die oorspronklike natuurlike werkloosheidskoers in die bostaande grafiek? (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die begrip nuwe ekonomiese paradigma. (2) 2.2.4 Verduidelik hoe die regering sy fiskale beleid kan aanwend om die herstel van die ekonomie te versnel. (2) 2.2.5 Illustreer, met behulp van ʼn grafiek, die uitwerking van vraagkant- en aanbodkantbeleide in die gladstryk van sakesiklusse. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2020) 2.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKA SE RUILVOET INSLUITENDE GOUD Die ruilvoet in Suid-Afrika het tot 109,30 indekspunte in die derde kwartaal van 2019 gestyg, vanaf 106,30 indekspunte in die tweede kwartaal van 2019. [Bron: tradingeconomics.com] 2.3.1 Met hoeveel het die ruilvoet in die laaste twee kwartale van 2019 toegeneem? (1) 2.3.2 Wat het ʼn toename in Suid-Afrika se ruilvoet in die derde kwartaal van 2019 veroorsaak? (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die begrip ruilvoet. (2) 2.3.4 Verduidelik die uitwerking van ʼn verbetering in die ruilvoet op die ekonomie. (2) 2.3.5 Hoe sal ʼn tekort op die lopende rekening (negatiewe handels- balans) die ruilvoet beïnvloed? (2 x 2) (4) 2.4 Bespreek die redes vir uitvoerbevordering. (4 x 2) (8) 2.5 Ontleed die voordele van deregulering van huishoudings. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) EKONOMIE V1 9 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE internasionale organisasies wat van lede verwag om hulle aanwysers te standaardiseer. (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe dra lande in die Noord-verdeel by tot die vernietiging van die omgewing? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKA SE EKONOMIESE VOORUITSIGTE VIR 2020 SA se ekonomiese groeikoers het sigself dikwels in ʼn negatiewe omgewing gedurende die jaar 2019 bevind. Die hernude Eskom-beurtkrag in Desember 2019 het gelei tot vooruitskattings dat groei in 2020 waarskynlik laer as die verwagte 1,4 – ,6 persentasie-omvang sal wees, soos wat vroeër deur die SA Reserwebank (SARB) en ander ekonome, verwag is. Ekonomiese groei in SA het amper soos ʼn horisontale lyn geword. Suid- Afrikaanse beleidmakers behoort ʼn pro-aktiewe benadering te volg om beter ekonomiese vooruitsigte te bou vir 2020. [Bron: Aangepas uit www.iol.co.za] 3.2.1 Noem ʼn ekonomiese aanwyser wat gebruik word om ekonomiese groei te meet. (1) 3.2.2 Wat is die begrip wat gebruik word om lande met ʼn lae ekonomiese groei te beskryf? (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die begrip ekonomiese groei. (2) 3.2.4 Hoe lei ekonomiese groei tot ekonomiese ontwikkeling? (2) 3.2.5 Wat kan Suid-Afrikaanse beleidmakers doen om die huidige stand van die land se ekonomie te verbeter? (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2020) 3.3 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg. Die gekonsolideerde begrotingbesteding sal volgens projeksies vir die eerste keer ooit, R2 triljoen oorskry. Bruto belastinginkome wat gedurende die eerste twee maande van 2020/21 geïn is, is alreeds R35,3 miljard laer as die teiken. Die land verwag om die belastingteiken vir hierdie jaar met meer as R300 miljard te mis. VERWAGTINGE VAN DIE AANGEPASTE BEGROTING: Die Minister mag die progressiewe persoonlike inkomstebelastingtabelle aanpas en so probeer om die herverspreidingseffek te bevorder – dit in die lig van hoe die COVID-19 pandemie inkome- en rykdomongelykheid vererger het. Die Nasionale Tesourie het bevestig dat die Minister van Finansies, Tito Mboweni, nuwe belastings in sy Februarie-begroting van volgende jaar sal aankondig en dit sal rykdombelasting insluit. Die nuwe belastings sal help om die skuld te stabiliseer en R40 miljard in te samel in die volgende paar jare. [Bron: aangepas van die internet] 3.3.1 Identifiseer, uit die bostaande uittreksel, die vraagkantbeleid vir die bevordering van groei en ontwikkeling. (1) 3.3.2 Gee ʼn voorbeeld van rykdombelasting. (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die begrip progressiewe belastingstelsel. (2) 3.3.4 Verduidelik die bydrae van belastings tot sosiale ontwikkeling. (2) 3.3.5 Hoe kan die regering deur sy begrotingsprosesse inkome en rykdom herversprei? (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek kortliks kapitaalvorming en gratis adviesdienste as aanbodkant benadering in die bevordering van groei en ontwikkeling in Suid-Afrika. (4 x 2) (8) 3.5 Bespreek krities hoe Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging die Suid-Afrikaanse ekonomie bevoordeel het. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) EKONOMIE V1 11 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem TWEE probleme van openbare sektor voorsiening. (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoekom is dit belangrik om die werking van die ekonomie te assesseer? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. [Aangepas uit ‘google images’] 4.2.1 Noem ʼn monetêre instrument wat gebruik word om prysstabiliteit te bereik. (1) 4.2.2 Wat is die inflasiekoersteiken wat deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank daargestel word? (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die begrip terugkoopkoers (Repo-koers). (2) 4.2.4 Verduidelik die rede waarom die regering prysstabiliteit as ʼn makro-ekonomiese doelwit navolg. (2) 4.2.5 Hoe handhaaf die Suid-Afrikaanse Reserwebank prysstabiliteit? (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 EKONOMIE V1 (EC/SEPTEMBER 2020) 4.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. KOM ONS KEER TERUG NA DIE NOP: aanmoediging van aktiewe landsburgers om hulself te ontwikkel Die gesig van mense in oranje oorpakke wat, meestal alleen, besems en vullissakke ronddra en weerskante van paaie vee en onkruid bestry, is ’n algemene gesig regoor die land. Dit is die geval sedert 2003 toe die Departement van Openbare Werke sy Uitgebreide Openbare Werke Program (UOWP) geloods het. Die regering het die NOP aan die begin van die afgelope dekade aanvaar, ten einde armoede te verlig en ongelykheid te verminder. Teen 2030 beoog die NOP ’n daling, vanaf 39% tot 0%, in die aantal mense wat in ’n huishouding bly met ’n maandelikse inkomste minder as R419 per persoon. [Bron: Aangepas uit National] 4.3.1 Watter soort werkers word dikwels deur die Uitgebreide Openbare Werke Program in diens geneem? (1) 4.3.2 Hoe word die NOP gefinansier? (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die begrip ekonomiese ontwikkeling. (2) 4.3.4 Verduidelik hoe die ontwikkeling van menslike hulpbronne as ’n benadering om armoede te verlig, gebruik kan word. (2) 4.3.5 Hoe kan die NOP die indiensnamekoers in Suid-Afrika verhoog? (2 x 2) (4) 4.4 Bespreek kortliks armoede en handel as uitdagings van globalisasie. (8) 4.5 Waarom moet ontwikkelende lande oorlewing van arbeidsintensiewe nywerhede in die globale ekonomie verseker? (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) EKONOMIE V1 13 AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL TOEKENNING Inleiding  ʼn Goeie begin sal wees om die begrip of sleutelwoord wat in die vraag gebruik word, te definieer.  Sluit ander sinne in om die onderwerp te ondersteun.  Moenie enige gedeelte van die vraag in jou inleiding insluit nie. Maks. 2  Moenie enige gedeelte van die inleiding in jou inhoud herhaal nie.  Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die inhoud gaan bespreek. Inhoud: Hoofgedeelte: Bespreek in detail / In-diepte bespreking / Ondersoek / Bespreek krities / Ontleed / Vergelyk / Evalueer / Maks. 26 Onderskei / Differensieer / Verduidelik / Assesseer / Debatteer Addisionele gedeelte: Gee eie mening / Bespreek krities / Evalueer / Evalueer krities / Teken ʼn grafiek en verduidelik / Maks. 10 Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek / Bereken / Lei af / Vergelyk / Verduidelik / Onderskei / Interpreteer / Debatteer kortliks Slot  Die slot is ʼn samevatting van die bespreking van die onderwerp en behoort as ’n hoërorde-antwoord beskou te word.  Die slot kan die vorm aanneem van ’n eie mening, voorbeelde om jou bespreking te ondersteun of ʼn teenstrydige sienswyse van wat bespreek is. Maks. 2  Geen aspek van die inleiding of die slot mag in die inhoud ingesluit word nie. TOTAAL 40 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek, in detail, die markte in ʼn vier-sektor model. (26)  Evalueer die bydrae/rol van besighede in die groei van die ekonomie. (10) VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek sosiale aanwysers in detail. (26)  Hoe suksesvol is die Suid-Afrikaanse regering in die bevordering van ekonomiese ontwikkeling deur die gebruik van hierdie sosiale aanwysers? (10) TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all