Downloaded from hlayiso.com
PROVINSIALE EKSAMEN
JUNIE 2023
GRAAD 11
NASIENRIGLYNE
EKONOMIE (VRAESTEL 1)
19 bladsye
Skip to contentAll 2023 papers %20June%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--56be9682-6841-4908-96d9-de8713868ac0/v1-8e598dd0c603301c95cf/card.webp)


%20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344/v1-aa38986945842df6d9dd/card.webp)
%20June%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b60960f8-7015-438a-88ca-cb43675de57f/v1-119e7c2a8c8fe00ddddf/card.webp)

View all


%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e/v1-d5ff446b5035b70da9db/card.webp)


Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2023 Memo (Afrikaans)
Grade 11 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng June Exam 2023 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 11 · Gauteng June Exam · 2023 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2023
- Exam period
- Gauteng June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 455.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
Gauteng June Exam 2023
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 D – Vars water
1.1.2 B – eienaarskap van arbeid behoort nie aan die firma nie
1.1.3 A – Finale goedere en dienste
1.1.4 C – kopers en verkopers van hulpbronne ontmoet om handel te dryf
1.1.5 A – Onderwys
1.1.6 C – inkomste en rykdom
1.1.7 D – steenkool
1.1.8 B – spoornetwerk (8 x 2)
(16)
1.2 PASKOLOMME
1.2.1 B – die hulpbronne wat skaars is en waarvoor mense bereid is om te
betaal
1.2.2 C – kapitaal moet hoër wees as die koste wat aangegaan word om
kapitaalgoedere beskikbaar te stel
1.2.3 E – staatsbesit, soos Transnet
1.2.4 A – vind plaas wanneer daar toename in die land se kapitaalvoorraad is
1.2.5 F – verduidelik die teorie van kapitalisme
1.2.6 I – ʼn stel metodes wat gebruik word om die vrae op te los van wat om te
produseer, vir wie en waarmee
1.2.7 G – versameling van grondstowwe wat aan die natuur kan teruggee wat
daaruit geneem is, soos bosbou
1.2.8 D – nywerhede wat natuurlike hulpbronne verwerk in ʼn vorm wat geskik is
vir menslike gebruik (8 x 1)
(8)
2
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
1.3 GEE EEN TERM
1.3.1 Vergoeding
1.3.2 Reële BBP
1.3.3 Feudalisme
1.3.4 Nasionalisering
1.3.5 Primêre sektor
1.3.6 Die Onafhanklike Kommunikasiegesag van Suid-Afrika (6 x 1)
(6)
TOTAAL AFDELING A: 30
3
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE belangrike regeringsbeleide vir sosio-
ekonomiese dienste.
Monetêre beleid
Fiskale beleid (2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom word ʼn kinderonderhoudtoelaag uitgesluit van die
verbruiksbesteding deur die regering?
Dit is omdat ʼn kinderonderhoudtoelaag nie deel uitmaak van die
koop van goedere en dienste deur die regering nie.
ʼn Kindertoelaag is ʼn oordrag van inkomste van een groep
na ʼn ander groep sonder dat enige produktiewe diens
gelewer word.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die volgende prent en beantwoord die vrae wat volg.
2.2.1 Identifiseer enige EEN voorbeeld van ʼn vaste kapitaal goed.
Toerusting
Masjinerie
Geboue
Voertuie (1)
2.2.2 Noem die beloning wat ʼn eienaar van kapitaal ontvang vir die
beskikbaarstelling van kapitaal.
Rente (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term kapitaalverbreding.
Kapitaalverbreding is die situasie waar die voorraad kapitaal verhoog
word om ʼn toenemende arbeidsmag te akkommodeer.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
4
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
2.2.4 Verduidelik die belangrikheid van kapitaalgoedere vir nywerhede.
Kapitaalgoedere verhoog produksievermoë in nywerhede.
Die duursaamheid van kapitaalgoedere verminder die koste van
produksiefaktore oor ʼn tydperk.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
2.2.5 Hoe beïnvloed die risiko van belegging die rentekoers op kapitaal?
Hoe hoër die risiko verbonde aan die belegging, hoe hoër is die
rentekoers op kapitaal.
Hoe laer die risiko verbonde aan die belegging, hoe laer is die
rentekoers op kapitaal.
As ʼn persoon die risiko van die uitleen van fondse aan ʼn firma as
baie hoog beskou, sal die persoon slegs die geld aan die firma leen
indien die rentekoers vir die risiko vergoed.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
2.3 Bestudeer die volgende tabel en beantwoord die vrae wat volg.
2.3.1 Watter metode van bruto binnelandse produk word in die tabel
hierbo vertoon?
Bestedingsmetode/Bruto binnelandse besteding (BBB) (1)
2.3.2 Lys enige maand in die eerste kwartaal van 2022.
Januarie/Februarie/Maart (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term bruto nasionale produk.
Bruto nasionale produk is die totaal van alle verbruikersgoedere en
dienste wat in ʼn spesifieke tydperk deur die permanente inwoners
van ʼn land geproduseer word.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
2.3.4 Hoe veroorsaak die regering ʼn lekkasie in die kringloop?
Belasting wat deur die regering gehef word, verminder monetêre
vloei.
Deur deel te neem aan die invoer van goedere en dienste verminder
ʼn regering die vloei van inkomste in die kringloop.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
5
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
2.3.5 Bereken die waarde van "A" hierbo. Toon ALLE berekeninge.
4 619 806 – (3 057 771 + 907 315) = 654 720
(Ken ʼn maksimum 2 punte toe vir die korrekte antwoord sonder
berekeninge.)
(2 x 2) (4)
2.4 Bespreek die bevolkingsgroeikoers en die arbeidsmagdeelname as faktore
wat die hoeveelheid arbeid wat in ʼn land beskikbaar is, bepaal.
Bevolkingsgroeikoers
As die geboortesyfer die sterftesyfer oorskry, neem die bevolking toe.
Bevolkingsgroei lei tot ʼn toename in arbeidsmag.
Hoër vlakke van bevolking en ekonomiese produksie veroorsaak ʼn hoër
arbeidsmag. (2 x 2)
Maks. 4
Arbeidsmagdeelnamekoers
Nie alle mense van werkende ouderdom is deel van die ekonomies aktiewe
bevolking nie.
Sommige kies om nie te werk nie, en ander kan nie werk nie.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2)
Maks. 4 (8)
2.5 Ontleed redes waarom BBP volgens internasionale metodes bereken moet
word.
Beleggers wat in ʼn land wil belê, gebruik BBP om die skuld tot BBP-
verhouding van die land te ontleed.
Al drie metodes (die bestedings-, inkomste- en die waardetoegevoegde
benadering) bepaal die totale waarde van uitset. Dit kan dan met die vorige
jaar vergelyk word om ekonomiese groei te bepaal.
Dit word gebruik vir finansiële besluitneming, ekonomiese beleidsformulering
en om die doeltreffendheid en die relatiewe ekonomiese impak van hul
optrede te bepaal.
Die drie metodes van BBP moet balanseer om die korrekte weerspieëling
van ekonomiese groei in ʼn land te verseker.
Die inkomste van al die produksiefaktore, belasting en subsidies vorm die
inkomstemetode.
Totale besteding word bepaal deur verbruikers, belegging, staatsbesteding
en uitvoere by te voeg en invoere af te trek.
Produksie word bepaal deur die primêre, sekondêre en tersiêre sektore by te
voeg en belasting en subsidies in ag te neem.
6
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
Regeringsbeplanning en ekstrapolasies vir begrotings en infrastruktuur
Internasionale vergelykings
Om die omvang van groei te bepaal
Om verandering in lewenstandaard te bepaal
Om legitimiteit aan syfers en statistieke te verleen.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Maks 2 punte vir blote lys van voorbeelde of feite) (8)
[40]
VRAAG 3: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE kenmerke van ʼn markekonomie.
Vryheid van keuse/Ekonomiese vryheid
Die afwesigheid van ʼn sentrale plan/Beperkte
regeringsbetrokkenheid
Die winsmotief
Mededinging
Verbruikersoewereiniteit
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 1) (2)
3.1.2 Hoekom is die mynbedryf in Suid-Afrika belangrik?
Omdat dit duisende werkers in diens het.
Die mynbedryf is belangrik omdat dit wesenlik bydra tot die BBP van
die land.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die sirkelgrafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
3.2.1 Identifiseer die kanaal met die minste kykertal in die grafiek hierbo.
M-Net (1)
3.2.2 Noem enige TV-kanaal in Suid-Afrika wat aan die staat behoort.
SABC1 of SABC2 of SABC3 (1)
7
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
3.2.3 Beskryf kortliks die term regering.
Regering is ʼn groep mense met verskillende vlakke van gesag om die
staat, provinsiale of plaaslike regering te regeer.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
3.2.4 Verduidelik die rede waarom adverteerders gelukkiger kan wees met
die bestaan van beide DSTV en SABC in Suid-Afrika.
Adverteerders sal deur MultiChoice en die SAUK ʼn wyer gehoor kan
bereik.
Adverteerders kan hul produkte teen goedkoper tariewe adverteer on
various platforms.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
3.2.5 Hoe bevoordeel ʼn sentraal beplande ekonomie arm verbruikers in
die mark vir goedere en dienste?
Arm verbruikers het gratis toegang tot noodsaaklike goedere en
dienste.
Swak verbruikers kan voordeel trek uit die maksimum pryse wat deur
die staat bepaal word.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
3.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
3.3.1 Identifiseer enige EEN rede vir ʼn daling in die primêre sektor in die
tweede kwartaal van 2022.
Die laer produksie van diereprodukte
Die skerp styging in insetkoste (1)
3.3.2 Watter ekonomiese sektor word nie in die uittreksel hierbo genoem
nie.
Die tersiêre sektor (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese uitsluiting.
ʼn Ekonomiese uitsluiting is die proses waarin groepe verhoed word
om ten volle en gelyk aan ekonomiese aktiwiteite van ʼn land of
gebied deel te neem.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
8
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
3.3.4 Verduidelik hoe die gebruik van die inligting in die uittreksel hierbo
nuttig is aan die Suid-Afrikaanse Reserwebank.
Om ingeligte besluite rakende rentekoerse te neem.
Om tred te hou met die verskillende sektore van die
ekonomie rakende ekonomiese groei.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
3.3.5 Hoe verhoog die uitbreek van siektes produksiekostes in die
ekonomie.
Werkers sal weens siekte by die werk afwesig wees en
produksievlakke sal afneem wat winsmarges sal beïnvloed.
Toenemende kostes as gevolg van opleiding van nuwe werkers.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
3.4 Bespreek die tekort aan verbruikersgoedere en -dienste en die gebrek aan
verbruikerskeuse as nadele van ʼn sentraal beplande ekonomie.
Nadele van ʼn tekort aan verbruikersgoedere en -dienste
Beplanners kan die voorkeure van verbruikers verkeerd beoordeel wat tot die
ontwikkeling van swart markte kan lei.
Verbruikers se behoeftes is uiteenlopend en ding mee om hulpbronne in die
begroting van die beplanners. (2 x 2)
Nadele van ʼn gebrek van verbruikerskeuse
Gebrek aan mededinging tussen produsente as daar geen motief is vir die
wins nie.
Swak gehalte van goedere vir verbruikers terwyl die regering alles bestuur en
stadig is om nuwe idees in die mark te aanvaar/goed te keur.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2)
(4 x 2) (8)
9
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
3.5 Hoe beïnvloed die produksie van nie-duursame goedere die ekonomie
positief?
Nie-duursame goedere het ʼn belangrike plek in huishoudings en dus in die
ekonomie. ʼn Beduidende deel van die bruto binnelandse produk (BBP)
bestaan uit sulke produkte. Hierdie goedere dra by tot persoonlike verbruik,
uitvoere en regeringsaankope.
Nie-duursame goedere is in ʼn stabiele hoeveelheid in elke ekonomie
teenwoordig, aangesien dit goedere insluit wat noodsaaklik is vir
verbruikers om te koop. Nie-duursame goedere, soos kos en drank, word
in elke situasie deur verbruikers gekoop.
Verbruikersgedrag stem oor die algemeen baie ooreen met nie-duursame
goedere. Dit impliseer dat nie-duursame goedere nie onderhewig is aan
die sakesiklus nie, anders as duursame goedere wat geraak word deur die
siklus van ekonomiese uitbreiding en inkrimping.
Vervolgens word veranderinge in die aankoop van nie-duursame goedere
gewoonlik beïnvloed deur ʼn verandering in bevolking en demografie eerder
as ʼn ekonomiese verskynsel.
Duursame goedere word beskou as ʼn betroubare ekonomiese aanwyser
omdat die vraag geneig is om te styg tydens ekonomiese groei en val
tydens ʼn resessie.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (8)
[40]
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE vloeie binne die viersektormodel van die
ekonomie.
Reële vloei
Geld vloei (2 x 1) (2)
4.1.2 Hoe verhoog laer tariewe uitvoere in die sekondêre sektor?
Dit sal die verwerking van finale goedere en dienste verhoog en sal
lei tot hoër indiensneming.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2)
10
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
4.2 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
4.2.1 Gee die ekonomiese konsep wat in die diagram hierbo geïllustreer
word.
Twee sektor model
Geslote ekonomie
Inkomste en besteding kringloop (1)
4.2.2 Noem enige EEN deelnemer wat in die diagram hierbo ontbreek.
Die staat/regering
Die buitelandse sektor (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term outonome besteding.
Besteding wat onafhanklik van die vlak van inkomste is. (2)
4.2.4 Verduidelik die rol van die faktormark in die kringloop.
ʼn Toename in die vraag na arbeid (faktormark) lei tot ʼn groter vraag
na produkte. As ondernemings meer werkers in diens neem en hoër
lone betaal, lei dit tot ʼn toename in huishoudelike inkomste.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
4.2.5 Hoe beïnvloed inspuitings die Suid-Afrikaanse ekonomie positief?
Staatsbesteding verhoog die vloei van geld na die kringloop.
Beleggings verhoog die produksie van goedere en dienste in die
kringloop.
Uitvoer bring buitelandse inkomste in die sirkelvloei.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
4.3 Bestudeer die skets hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
4.3.1 Identifiseer die ekonomiese stelsel in die tekenprent hierbo.
Vryemarkekonomie/Kapitalisme (1)
4.3.2 Watter probleem word in die spotprent hierbo geïllustreer?
Behuisingstekorte
Bitter verhoudings tussen verhuurders en huurders
Stygende huurgeld
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1)
11
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
4.3.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese stelsel.
ʼn Stel metodes wat gebruik word om die vrae op te los oor wat om te
produseer, vir wie en met wat.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
4.3.4 Verduidelik vryheid van optrede as ʼn voordeel van ʼn vryemark-
ekonomie.
In ʼn markekonomie is mense vry om sy besigheid op enige plek te
begin, te woon waar hulle wil en eiendom besit.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
4.3.5 Hoe beïnvloed NRO's die regering se versuim om maatskaplike
dienste in Suid-Afrika te lewer?
Dit verminder die regering se verantwoordelikheid om basiese
dienste aan sy burgers te lewer.
Dit help sekere gemeenskappe waar dit lyk asof die regering misluk
het.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4)
4.4 Bespreek kortliks bruto nasionale inkomste (BNI) as ʼn hooftotaal.
BNI is die inkomstebenadering om uit te werk hoeveel die mense en
besighede van ʼn land, soos Suid-Afrika, verdien, ongeag of die mense in
die buiteland bly of in die land is.
Die berekening van BNI help om die land se BBP te bepaal
Om BNI van BBP te verkry, moet die volgende gedoen word
Trek die volgende van die BBP af:
- Winste, rente en ander inkomste uit binnelandse beleggings wat
inwoners van ander lande toeval
- Lone en salarisse vir buitelandse werkers wat aan binnelandse
produksie deelneem
12
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
Voeg die volgende by die BBP
- Winste, rente en ander inkomste uit beleggings in die buiteland wat
permanente inwoners toeval (soos winste verdien deur ʼn Suid-
Afrikaanse maatskappy wat brûe in Zimbabwe bou).
- Lone en salarisse verdien deur permanente inwoners buite Suid-Afrika
(soos inkomste verdien deur Suid-Afrikaners wat in ander lande soos
Engeland en die Verenigde State van Amerika werk).
BNI=BBP + Primêre inkomste ontvangstes - primêre inkomstebetalings
Wanneer Suid-Afrika meer aan ander lande betaal as wat hy van ander
lande ontvang, moet die volgende formule gebruik word:
BNI=BBP-Net primêre inkomstebetalings
Netto primêre inkomstebetalings is gelyk aan primêre inkomstebetalings
minus primêre inkomsteontvangste
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4 x 2) (8)
4.5 Evalueer die suksesse en mislukkings van ʼn gemengde ekonomiese stelsel
in Suid-Afrika.
Suksesse van ʼn gemengde ekonomiese-stelsel in Suid-Afrika
Baie besighede in privaat besit in verskillende bedrywe floreer ten spyte van
regeringsregulasies en -beleide.
Mense is vry om hul inisiatiewe te gebruik om produkte te vervaardig en te
verkoop wat verbruikers tevrede stel.
Daar is ʼn staatsdepartement wat klein, mikro- en mediumondernemings
ondersteun en sodoende meer deelname van entrepreneurs moontlik maak
wat staatsondersteuning benodig.
Onder die beskerming van sentrale beplanning deur die regering word die
armes beskerm en ondersteun.
Mislukkings van ʼn gemengde ekonomiese stelsel in Suid-Afrika
Belasting is die belangrikste bron van inkomste vir die regering en
sommige kapitaliste is betrokke by belastingontduiking
Oorbevolking in stedelike gebiede waar daar ʼn konsentrasie van ekonomiese
aktiwiteite is wat die munisipaliteit se begroting onder druk plaas.
Korrupsie het in Suid-Afrika drasties toegeneem, wat ʼn impak op
dienslewering in die land gehad het.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
13
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ʼn laer-orde reaksie.
ʼn Goeie beginpunt sal wees om die hoofkonsep wat verband hou met
die onderwerp in die vraag te definieer.
Maks. 2
Moenie enige deel van die vraag in u inleiding insluit nie.
Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan
bespreek.
Liggaam
Hoofdeel: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/Bespreek
krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik/Teken
Maks. 26
ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek wat gegee is en verduidelik/
Voltooi die gegewe grafiek/Assesseer/Debatteer
Maksimum 8 punte mag toegeken word vir opskrifte/voorbeelde.
Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/ Debatteer/Lei
Maks. 10
af/Vergelyk/ Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor
Maksimum 2 punte mag toegeken word vir blote lys van feite.
Gevolgtrekking
Enige hoër-orde gevolgtrekking moet die volgende insluit:
ʼn Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite wat reeds
genoem is, te herhaal
Enige mening of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is Maks. 2
Bykomende ondersteuningsinligting om die bespreking/analise te
versterk
ʼn Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig
Aanbevelings
TOTAAL 40
14
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek, in detail, die kenmerke van entrepreneurskap. (26 punte)
Ontleed die impak van beurtkrag op entrepreneurskap. (10 punte) [40]
INLEIDING
ʼn Entrepreneur is iemand wat iets nuuts skep, wat waarde het deur tyd en moeite
aan die nuwe idee/besigheid/produk te wy. (Maks.2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.)
LIGGAAM:
HOOF GEDEELTE
Aanvang, bestuur en beheer van ʼn nuwe besigheid/Begin van ʼn nuwe
sakeonderneming
Hulle neem risiko's en neem daaglikse besluite om die suksesvolle bestuur van die
onderneming te verseker.
Entrepreneurs begin besighede om geld te maak, en in die proses skep hulle werk,
beïnvloed groei in die ekonomie en verhoog die lewenstandaard.
Entrepreneurs doen genoeg navorsing om te verseker dat hul idees suksesvol is.
Sodoende sal hulle probeer om die grootste moontlike wins te maak.
Koop en verkoop goedere en dienste
Entrepreneurs koop teen sekere pryse en verkoop teen hoër pryse.
In die markekonomie benut entrepreneurs geleenthede wat in markte ontstaan
wanneer daar ʼn oormaat aanbod of oortollige vraag is, vir ʼn produk.
Optrede van entrepreneurs is belangrik om ewewig in markte te vestig of om
verbruikers gelukkig te maak.
Entrepreneurs kan ook kies om bestaande besighede te koop.
Bring produksiefaktore bymekaar
Entrepreneurs verseker dat produksie plaasvind deur die produksiefaktore
bymekaar te bring.
Entrepreneurs verseker dat die produksie van goedere en dienste op die
doeltreffendste manier plaasvind.
15
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
Soek geleenthede
Entrepreneurs soek voortdurend nuwe geleenthede en is selde tevrede met die
status quo.
Die obsessie met geleenthede beteken dat hulle vertroud raak met hul kliënte en
mededinging.
Kreatiwiteit en/of innovasie
Entrepreneurskap gaan oor die ontwikkeling van nuwe idees, produkte of dienste.
Entrepreneurs skep produkte of dienste wat korrek, toepaslik, nuttig en waardevol
is.
Entrepreneurs probeer om dinge anders te doen as die manier waarop ander tans
doen, soos om ʼn produk te verbeter. (Maks. 26)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Ken ʼn maksimum van 8 punte toe vir opskrifte/voorbeelde.)
ADDISIONELE GEDEELTE
Ontleed die impak van beurtkrag op entrepreneurskap.
Die risiko's van besigheids-inisiatiewe of idees wat deur entrepreneurs geneem word,
het toegeneem namate die waarskynlikheid dat ondernemings misluk, groot geword
het.
Entrepreneurs se besluite rakende die keuse van produkte, plek en tyd word beperk
deur die groter kans op beurtkrag.
Die kombinasie van ander produksiefaktore soos kapitaal, arbeid en natuurlike
hulpbronne sal waarskynlik hoër koste meebring as gevolg van beurtkrag.
Die winste van entrepreneurs sal negatief beïnvloed word aangesien
produksieprosesse en -tegnieke beperk word deur die onstabiliteit van elektrisiteit.
Winste van entrepreneurs sal negatief beïnvloed word deur ʼn gebrek aan
vaardighede ten opsigte van alternatiewe elektrisiteit in die besigheid.
(Maks. 10)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
SLOT
Suid-Afrika het ʼn groot potensiaal in entrepreneursvermoë. Die regering en skole moet
entrepreneursvaardighede vir ekonomiese groei en ontwikkeling aanmoedig en
verbeter. (Maks. 2)
(Aanvaar enige ander relevante korrekte hoër-orde gevolgtrekking.) (40)
16
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
VRAAG 6: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek, in detail, die ekonomiese belang van infrastruktuur in Suid-Afrika.
(26 punte)
Hoe kan ekonomiese dienste ʼn land se inkomste en rykdom beïnvloed?
(10 punte) [40]
INLEIDING
Die infrastruktuur van ʼn land verseker dat die produksiefaktore, sowel as
verbruikersgoedere en -dienste, op die regte plek en op die regte tyd beskikbaar sal
wees. (Maks. 2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.)
HOOFDEEL
Kommunikasie
Die funksie van kommunikasie is om seker te maak dat die regte inligting die regte
persoon op die regte tyd bereik.
Kommunikasie is noodsaaklik vir sukses in die sakewêreld.
Kommunikasie moet vinnig en doeltreffend wees sodat besighede internasionaal
kan meeding.
Gedrukte media en elektroniese media word deur besigheid gebruik om korrekte
inligting te vind en te versprei.
Kommunikasie is belangrik om die volgende redes:
Selfoon- en draadlose tegnologie stel Suid-Afrika se entrepreneurs en verbruikers
in staat om op afstand aan ekonomiese aktiwiteite deel te neem.
Die kommunikasiesektor lewer ʼn beduidende bydrae tot die BBP van Suid-
Afrika.
Die kommunikasiesektor is ʼn bron van arbeid in Suid-Afrika.
Vervoer
Die vervoersektor in Suid-Afrika se groeiende ekonomie is die dryfkrag vir alle
ekonomiese aktiwiteite.
Suid-Afrika moet belê in, en moet voortdurend die paaie, spoor, hawens en
lughawens opgradeer.
Vervoer stel individue in staat om by die werk te kom, en besighede om goedere
en dienste te versprei.
17
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
Vervoer is belangrik om die volgende redes:
Vervoer bring verbruikers en vervaardigers bymekaar.
Moedig internasionale verhoudinge aan soos uitvoere wat ʼn beduidende bydrae tot
die BBP van Suid-Afrika lewer.
Stel toeriste in staat om die land binne te kom en moedig reis binne die land aan.
Die hawens naby spesiale ekonomiese sones moedig sake-kern-gebiede en groei
van produksie aan.
Energie
Suid-Afrikaners se energie behoeftes word bevredig deur die voorsiening van
elektrisiteit wat uit steenkoolaangedrewe stasies opgewek word.
Eskom het ʼn plig om elektrisiteit aan huishoudings en besighede te verskaf.
Hidroëlektriese kragsentrales voorsien ook Suid-Afrika se elektrisiteit.
Koeberg-kernkragstasie naby Kaapstad dra ʼn beduidende hoeveelheid elektrisiteit in
Suid-Afrika by.
Energievoorsiening is belangrik om die volgende redes:
Energieverbruik is belangrik vir die moderne lewe soos die industrie en huishoudelike
verbruik.
Beurtkrag beïnvloed die funksie van besighede wat baie afhanklik is van elektrisiteit
vir oorlewing.
Hernubare energiebronne is deur die Suid-Afrikaanse-regering geïdentifiseer as
omgewingsvriendelike maniere om elektrisiteit te produseer. (Maks. 26)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Ken ʼn maksimum van 8 punte toe vir opskrifte/voorbeelde.)
18
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
NASIENRIGLYNE
(VRAESTEL 1) GRAAD 11
ADDISIONELE GEDEELTE
Hoe kan ekonomiese dienste ʼn land se inkomste en rykdom beïnvloed?
Spesialisasie, want wanneer plekke beter verbind is, kan hulle óf spesialiseer in wat
hulle die beste produseer, óf diversifiseer en innoveer, wat albei toelaat dat die
voordele van konsentrasie ruimtelik versprei word.
Samehorigheid, omdat ruimtelike konsentrasie van mense en ondernemings
ingespan kan word om lewensomstandighede oral te verbeter, wat die verbeterde
lewenstandaarde regoor die land moontlik maak.
Belegging in tydelike oplossings soos rugsteunopwekkers en afvalverwydering neem
kapitaal weg wat gebruik kan word vir innovasie of sosiale sekerheidsbetalings.
Deur tred te hou met die instandhouding van infrastruktuur, kan ondernemings groter
in die toekoms belê eerder as om die verlede op te ruim
Instandhouding van infrastruktuur verlaag koste vir fasiliteitseienaars en huurders wat
internasionale handels-mededinging lok.
Lae vlakke van onderwys moet verbeter word deur SETAs-programme en die
uitbreiding van programme vir openbare werk wat die gaping tussen armes en rykes
sal aanspreek. (Maks. 10)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
SLOT
Die verbetering van die gehalte van openbare besteding sal ruimte maak vir belegging in
infrastruktuur en basiese dienste vir die bevolking.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante gevolgtrekking van hoër-orde.) (40)
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 150
19
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202023%20Question%20Paper_hlayiso.com_--56be9682-6841-4908-96d9-de8713868ac0/v1-8e598dd0c603301c95cf/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2023 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 QP (Afr)

Memorandum
Economics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)
%20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344/v1-aa38986945842df6d9dd/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2019 Memo (Afrikaans)
%20June%202018%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--b60960f8-7015-438a-88ca-cb43675de57f/v1-119e7c2a8c8fe00ddddf/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2018 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 11 Paper 1 Limpopo June 2023 Memo
More from Grade 11 Economics

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)

Question paper and memo
Economics Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e/v1-d5ff446b5035b70da9db/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 11 P2 North West November 2024 QP (Afr)

Question paper