Skip to content

Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2023 Question Paper (Afr)

Question paperEconomicsGrade 11202312 pages

Grade 11 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng June Exam 2023 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com PROVINSIALE EKSAMEN JUNIE 2023 GRAAD 11 EKONOMIE VRAESTEL 1 TYD: 2 uur PUNTE: 150 12 bladsye P.T.O.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 2 (Vraestel 1) GRAAD 11 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Antwoorde meer as die vereiste hoeveelheid sal NIE gemerk word nie. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Skryf die vraagnommer bo elke antwoord. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy. 7. Laat 1 – 2 reëls tussen onderafdelings van vrae. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 3 (Vraestel 1) GRAAD 11 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 D. 1.1.1 Watter van die volgende is ʼn uitputbare hernubare hulpbron? A Petroleum B Gety energie C Steenkool D Vars water 1.1.2 ʼn Firma kan nie arbeid verkoop of eienaarskap van arbeid aan iemand anders oordra nie, want … A arbeid verskil van persoon tot persoon. B eienaarskap van arbeid behoort nie aan die firma nie. C beroeps- en geografiese mobiliteit is beperk. D die aanbod van arbeid verander stadig. 1.1.3 … is daardie goedere en dienste wat deur die uiteindelike gebruiker gekoop word om ʼn behoefte of begeerte te bevredig. A Finale goedere en dienste B Intermediêre goedere en dienste C Primêre goedere en dienste D Sekondêre goedere en dienste 1.1.4 Die goederemark beskryf ʼn mark waarin … A verbruikersgoedere en dienste deur huishoudings verkoop word. B verbruikersgoedere en dienste vir geld geld verruil word. C kopers en verkopers van hulpbronne ontmoet om handel te dryf. D maatskappye goedere en dienste van huishoudings koop. 1.1.5 ... is die grootste staatsbestedings-item in Suid-Afrika. A Onderwys B Welsynsdienste C Gesondheidssorg D Menslike nedersettings b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 4 (Vraestel 1) GRAAD 11 1.1.6 In ʼn vryemarkstelsel hang die hoeveelheid goedere en dienste wat enige huishouding kry van sy … af. A rykdom B inkomste C inkomste en rykdom D bates en beleggings 1.1.7 Die Suid-Afrikaanse energievoorsiening word oorheers deur … A ru-olie. B gas. C kernkrag. D steenkool. 1.1.8 Tydens waarskuwingsvlak 5 van die COVID-19-pandemie is die volgende vervoerstelsel in Suid-Afrika direk deur diefstal geraak: A Die padnetwerkstelsel B Die spoorwegstelsel C Hawens D Lughawens (8 x 2) 16 1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat ooreenstem met ʼn item in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A – I) langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK, bv. 1.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Ekonomiese A vind plaas wanneer daar ʼn toename in die land se goedere kapitaalvoorraad is 1.2.2 Marginale B die hulpbronne wat skaars is en waarvoor mense produktiwiteit bereid is om te betaal 1.2.3 Parastataal C kapitaal moet hoër wees as die koste wat aangegaan word om kapitaalgoedere beskikbaar 1.2.4 Bruto vaste te stel kapitaalvorming D nywerhede wat natuurlike hulpbronne verwerk in ʼn 1.2.5 Karl Marx vorm wat geskik is vir menslike gebruik 1.2.6 Ekonomiese E staatsbesit, soos Transnet stelsel F verduidelik die teorie van kapitalisme 1.2.7 Genetiese bedrywe G versameling van grondstowwe wat aan die natuur kan teruggee wat daaruit geneem is, soos bosbou 1.2.8 Sekondêre sektor b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 5 (Vraestel 1) GRAAD 11 H besluite wat die regering oor belasting neem I ʼn stel metodes wat gebruik word om die vrae op te los van wat om te produseer, vir wie en waarmee (8 x 1) (8) 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE. 1.3.1 Die minimum bedrag geld wat nodig is om die basiese behoeftes, wat nodig vir oorlewing is, te bevredig 1.3.2 Meet goedere en dienste sonder inagneming van inflasie 1.3.3 Die sosiale en politieke stelsel waarin grondeienaars grond aan huurders verskaf in ruil vir hul lojaliteit en diens 1.3.4 Die oordrag van eienaarskap van ʼn besigheid vanaf die private sektor na die staat 1.3.5 Hierdie sektor bestaan uit nywerhede gebaseer op die natuurlike hulpbronne van ʼn land 1.3.6 Die reguleerder verantwoordelik vir die telekommunikasiebedryf in Suid- Afrika (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 6 (Vraestel 1) GRAAD 11 AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE belangrike regeringsbeleide vir sosio-ekonomiese dienste. (2 x 1) (2) 2.1.2 Waarom word ʼn kinderonderhoudtoelaag uitgesluit van die verbruiksbesteding deur die regering? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die volgende prent en beantwoord die vrae wat volg. KAPITAALGOEDERE IN NYWERHEDE Chemiese industrie Motorbedryf Elektroniese industrie Staal industrie Masjinerie Tekstielbedryf [Bron: https://totempool.com] 2.2.1 Identifiseer enige EEN voorbeeld van ʼn vaste kapitaal goed. (1) 2.2.2 Noem die beloning wat ʼn eienaar van kapitaal ontvang vir die beskikbaarstelling van kapitaal. (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term kapitaalverbreding. (2) 2.2.4 Verduidelik die belangrikheid van kapitaalgoedere vir nywerhede. (2) 2.2.5 Hoe beïnvloed die risiko van belegging die rentekoers op kapitaal? (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 7 (Vraestel 1) GRAAD 11 2.3 Bestudeer die volgende tabel en beantwoord die vrae wat volg INLIGTING UIT DIE EERSTE KWARTAAL VAN 2022 Finale verbruiksbesteding deur huishoudings 3 057 771 Finale verbruiksbesteding deur die algemene regering 907 315 Bruto vaste kapitaalvorming A Totaal 4 619 806 [Bron: https://statssa.gov.za] 2.3.1 Watter metode van bruto binnelandse produk word in die tabel hierbo vertoon? (1) 2.3.2 Lys enige maand in die eerste kwartaal van 2022. (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term bruto nasionale produk. (2) 2.3.4 Hoe veroorsaak die regering ʼn lekkasie in die kringloop? (2) 2.3.5 Bereken die waarde van “A” hierbo. Toon ALLE berekeninge. (2 x 2) (4) 2.4 Bespreek die bevolkingsgroeikoers en die arbeidsmagdeelname as faktore wat die hoeveelheid arbeid wat in ʼn land beskikbaar is, bepaal. (4 x 2) (8) 2.5 Ontleed redes waarom BBP volgens internasionale metodes bereken moet word. (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 8 (Vraestel 1) GRAAD 11 VRAAG 3: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE kenmerke van ʼn markekonomie. (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoekom is die mynbedryf in Suid-Afrika belangrik? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die sirkelgrafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. KYKERTAL VAN TELEVISION-KANALE IN SUID-AFRIKA [Bron: https://www.researchgate.net] 3.2.1 Identifiseer die kanaal met die minste kykertal in die grafiek hierbo. (1) 3.2.2 Noem enige TV-kanaal in Suid-Afrika wat aan die staat behoort. (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term regering. (2) 3.2.4 Verduidelik die rede waarom adverteerders gelukkiger kan wees met die bestaan van beide DSTV en SABC in Suid-Afrika. (2) 3.2.5 Hoe bevoordeel ʼn sentraal beplande ekonomie arm verbruikers in die mark vir goedere en dienste? (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 9 (Vraestel 1) GRAAD 11 3.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg Uittreksel: Kwartaalblad – No 305 – September 2022 Die werklike uitset van die primêre sektor het in die tweede kwartaal van 2022 met ʼn verdere 5,1% ingekrimp, tesame met laer produksie in beide die landbou- en mynbousektor. Die afname in produksie in die landbousektor het hoofsaaklik voortgespruit uit die laer produksie van diereprodukte in die lig van die uitbreking van bek-en-klouseer, en die skerp styging in insetkoste. Die reële uitset van die mynbousektor het verder met 3,5% gekrimp, wat ʼn vierde opeenvolgende inkrimping was namate produksie oor ʼn aantal subsektore afgeneem het. Reële ekonomiese aktiwiteit in die sekondêre sektor het in die tweede kwartaal van 2022 met 4,8% gekrimp. Ná twee kwartale van uitbreiding het die reële bruto toegevoegde waarde (BTW) deur die vervaardigingsektor in die tweede kwartaal skerp met 5,9% gekrimp namate produksie in 8 van die 10 subsektore afgeneem het, veral die vervaardiging van petroleum-, chemiese, rubber- en plastiekprodukte. [Bron: https://www.resbank.co.za/] 3.3.1 Identifiseer enige EEN rede vir ʼn daling in die primêre sektor in die tweede kwartaal van 2022. (1) 3.3.2 Watter ekonomiese sektor word nie in die uittreksel hierbo genoem nie? (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese uitsluiting. (2) 3.3.4 Verduidelik hoe die gebruik van die inligting in die uittreksel hierbo nuttig is vir die Suid-Afrikaanse Reserwebank. (2) 3.3.5 Hoe verhoog die uitbreek van siektes produksiekostes in die ekonomie? (4) (2 x 2) 3.4 Bespreek die tekort aan verbruikersgoedere en -dienste en die gebrek aan verbruikerskeuse as nadele van ʼn sentraal beplande ekonomie. (4 x 2) (8) 3.5 Hoe beïnvloed die produksie van nie-duursame goedere die ekonomie positief? (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 10 (Vraestel 1) GRAAD 11 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE vloeie binne die viersektormodel van die ekonomie. (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe verhoog verlaagde tariewe uitvoere in die sekondêre sektor? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg. [Bron: google beelde] 4.2.1 Gee die ekonomiese konsep wat in die diagram hierbo geïllustreer word. (1) 4.2.2 Noem enige EEN deelnemer wat in die diagram hierbo ontbreek. (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term outonome besteding. (2) 4.2.4 Verduidelik die rol van die faktormark in die kringloop. (2) 4.2.5 Hoe beïnvloed inspuitings die Suid-Afrikaanse ekonomie positief? (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 11 (Vraestel 1) GRAAD 11 4.3 Bestudeer die skets hieronder en beantwoord die vrae wat volg. [https://www.sundayguardianlive.com/news/south-africa-bridge-brics] 4.3.1 Identifiseer die ekonomiese stelsel in die tekenprent hierbo. (1) 4.3.2 Watter probleem word in die spotprent hierbo geïllustreer? (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese stelsel. (2) 4.3.4 Verduidelik vryheid van optrede as ʼn voordeel van ʼn vryemark-ekonomie. (2) 4.3.5 Hoe beïnvloed NRO's die regering se versuim om maatskaplike dienste in Suid-Afrika te lewer? (2 x 2) (4) 4.4 Bespreek kortliks bruto nasionale inkomste (BNI) as ʼn hooftotaal. (4 x 2)(8) 4.5 Evalueer die suksesse en mislukkings van ʼn gemengde ekonomiese stelsel in Suid-Afrika. (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 b.o.
Downloaded from hlayiso.com KONOMIE 12 (Vraestel 1) GRAAD 11 AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is ʼn laer-orde reaksie.  ʼn Goeie beginpunt sal wees om die hoofkonsep wat verband hou met die onderwerp in die vraag te definieer. Maks. 2  Moenie enige deel van die vraag in u inleiding insluit nie.  Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.  Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek. Liggaam Hoofdeel: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik/Teken Maks. 26 ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek wat gegee is en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Assesseer/Debatteer Maksimum 8 punte mag toegeken word vir opskrifte/voorbeelde. Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/ Debatteer/ Lei Maks. 10 af/Vergelyk/ Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor Maksimum 2 punte mag toegeken word vir blote lys van feite. Gevolgtrekking Enige hoër-orde gevolgtrekking moet die volgende insluit:  ʼn Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite wat reeds genoem is, te herhaal  Enige mening of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is Maks. 2  Bykomende ondersteuningsinligting om die bespreking/analise te versterk  ʼn Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig  Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek, in detail, die kenmerke van entrepreneurskap. (26 punte)  Ontleed die impak van beurtkrag op entrepreneurskap. (10 punte) [40] VRAAG 6: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek, in detail, die ekonomiese belang van infrastruktuur in Suid-Afrika. (26 punte)  Hoe kan ekonomiese dienste ʼn land se inkomste en rykdom beïnvloed? (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 11 Economics

View all