Skip to content

Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2023 Memo (Afrikaans)

MemorandumEconomicsGrade 11202318 pages

Grade 11 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng June Exam 2023 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com PROVINSIALE EKSAMEN JUNIE 2023 GRAAD 11 NASIENRIGLYNE EKONOMIE (VRAESTEL 2) 18 bladsye
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GRAAD 11 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 D – MI=GVK  1.1.2 B – veranderlike insette  1.1.3 A – vermeerder  1.1.4 C – relatief elasties  1.1.5 A – wins maksimeer  1.1.6 C – Organisasie van Petroleum-uitvoerlande (OPUL/OPEC)  1.1.7 B – Tyd periodes  1.1.8 D – besigheidsdoelwitte  (8 x 2) (16) 1.2 PAS ITEMS 1.2.1 C – Kosteverlagings wanneer ondernemings produksie verhoog 1.2.2 D – Bykomende inkomste vir addisionele eenheid wat verkoop word 1.2.3 E – Markstruktuur oorheers deur twee firmas 1.2.4 F Faktore wat die toekenning van skaars hulpbronne bepaal  1.2.5 H – Die verband tussen produksiekoste en totale hoeveelheid geproduseer  1.2.6 G – Die verskil tussen totale inkomste en totale koste 1.2.7 A – Produkte verkoop in ʼn volmaakte mark en in ʼn suiwer oligopolie 1.2.8 B – Toon die firma se laagste koste per eenheid op elke uitsetvlak (8 x 1) (8) 2
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GRAAD 11 1.3 GEE EEN TERM 1.3.1 Markaandeel/teikenmark/markgrootte  1.3.2 Normale wins  1.3.3 Veranderlike koste  1.3.4 Verhoogde skaalopbrengste  1.3.5 Nut  1.3.6 Unitêre elastisiteit van aanbod  (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 3
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GRAAD 11 AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE faktore wat pryselastisiteit van aanbod beïnvloed.  Die vlak van indiensneming   Die vermoë om die goed te stoor   Tyd   Die industriële aard van die goedere  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoe sal ʼn firma daardeur baat om die pryselastisiteit van vraag te oorweeg voordat pryse verander word?  Besigheid sal baat by potensiële maksimalisering van winste sonder die risiko om verbruikers te duur te vra en hulle dus te verloor.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2) 2.2 DATARESPONS 2.2.1 Identifiseer die onderneming met lae aanvangskoste.  Koffie ondernemings  (1) 2.2.2 Watter markstruktuur het onbeduidende beheer oor die pryse wat deur die mark bepaal word?  Volmaakte mark  (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term hibriede struktuur.  Dit is ʼn kombinasie van onvolmaakte markte en volmaakte markte.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 2.2.4 Waarom gebruik monopolistiese ondernemings verskillende benaderings om inligting aan verbruikers te kommunikeer?  Om hulle markaandeel te verhoog.  (2) 4
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GRAAD 11 2.2.5 Hoe is doeltreffendheid moontlik in die monopolistiese markstruktuur?  Gekonfronteer met ʼn laer gemiddelde kostekromme, kan die firma mededinging op prys klop – laer as dié van die monopolis.   Firmas in ʼn monopolistiese mark kies tegnologieë en tegniese prosesse wat kostedoeltreffend is om die uitbreiding van die produksie van die firma op die onderskeie vlakke van faktorgebruike moontlik te maak.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) 2.3 DATARESPONS 2.3.1 Identifiseer die totale bedrag van vaste koste in die grafiek.  200  (1) 2.3.2 Verskaf die formule om totale koste te bereken.  TK=KK+VK  (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term totale veranderlike koste.  Koste wat verander soos wat die uitset verander.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 2.3.4 Hoekom is die lyn KK ʼn horisontale lyn?  Omdat vaste koste konstant bly, ongeag die hoeveelheid wat geproduseer word.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 2.3.5 Die prys van die produk wat in die bostaande grafiek verkoop word, is R100. Wat sal die wins/verlies wees wanneer GEEN produkte vervaardig word NIE? Toon ALLE berekeninge. Wins/Verlies = totale inkomste – totale koste of = (prys x hoeveelheid) – (totale vaste koste + totale veranderlike koste) = (100 x 0) – (50 + 0) of = 0 – 50 = -R50  (verlies)  (2 x 2) (4) 5
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GRAAD 11 2.4 Verduidelik kortliks elastiese aanbod deur die grafiek hieronder te gebruik.  Wanneer aanbod elasties is, dan oorskry die persentasie verandering in hoeveelheid die persentasie verandering in prys.   ʼn Verandering in prys veroorsaak ʼn groter proporsionele verandering in aanbod.   Wanneer prys styg van P1 na P2, sal die vraag na hoeveelheid toeneem van Q1 tot Q2.   Vraagkurwe (D1 na D2) – regsverskuiwing langs die aanbodkant wanneer prys styg.   Op die lang termyn sal aanbod meer elasties wees omdat kapitaal kan varieer word.   Elastiese aanbod is byvoorbeeld die aanbod van nie-noodsaaklike goedere soos koeldrank waar daar baie plaasvervangers (substitute) en keuses is.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maksimum van 2 punte vir die blote lys van feite.) (4 x 2) (8) 2.5 Hoe word die oligopolis se uitgebreide dienste, as ʼn nie-prysmededinging strategie, deur beurtkrag beïnvloed?  Wins sal daal namate firmas vroeg sluit as gevolg van beurtkrag.   Verbruikers sal netwerkprobleme ondervind wanneer hulle aanlyn koop wat verkope verminder.   Verhoogde koste in alternatiewe kragbronne wat werksure verminder.   Verbruikers sal na alternatiewe winkels/sentrums met kragopwekkers gaan om hul besteebare inkomste te bestee.   Firmas mag die beurtkrag-toepassing/-skedule gebruik om hul dienste te versterk.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maksimum van 2 punte vir die blote lys van feite en voorbeelde.) (8) [40] 6
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GRAAD 11 VRAAG 3: MIKRO-EKONOMIE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE tipes elastisiteit van aanbod.  Volmaak elasties   Relatief elasties   Eenheid elasties   Relatief onelasties   Volmaak onelasties  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 1) (2) 3.1.2 Wat is die uiteindelike doel van die stel van SMART-doelwitte vir besighede?  Die uiteindelike doel van die stel van SMART-doelwitte is om idees, fokustyd, hulpbronne en pogings op ʼn meer produktiewe manier te gebruik.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2) 3.2 DATARESPONS 3.2.1 Watter onwettige aktiwiteit word in die spotprent hierbo uitgebeeld?  Prysvasstelling/samespanning  (1) 3.2.2 Noem die tipe wins wat oligopolieë in ʼn mark maak.  Ekonomiese wins  (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term kartel.  Wanneer twee of meer firmas formeel ooreenkom om markpryse te beïnvloed om hul wins en markaandeel te maksimeer.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 3.2.4 Waarom is dit voordeliger vir firmas om saam te span eerder as om aan mededinging deel te neem?  Wins word gemaksimeer onder ʼn samespanningsomgewing – wanneer ander firmas betrokke is, is daar minder moeite nodig om markaandeel te beskerm.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 7
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GRAAD 11 3.2.5 Hoe beskerm die regering verbruikers teen oligopolieë?  Deur aansporing van nuwe maatskappye deur belastingverligting, spesiale toekennings, ens.   Prysplafonne kan geïmplementeer word om te beperk hoe hoë pryse in ʼn oligopolie vasgestel word.   Die oplegging van streng strawwe vir die oortreding van anti- trust wette kan firmas van buitensporige prysmanipulasie afskrik.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) 3.3 DATARESPONS 3.3.1 Op watter vlak is die brandstoftenk in die prent hierbo?  Leeg  (1) 3.3.2 Noem enige EEN faktor wat die absolute prys van ʼn goed bepaal.  Inkomste   Mededinging in die mark   Vraag na die produk  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term relatiewe pryse.  Die verhouding van die prys van ʼn spesifieke produk in een tydperk tot die prys van dieselfde produk in ʼn ander tydperk.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 3.3.4 Wat sal met die inkomste van die brandstofverskaffer gebeur as die brandstofprys styg?  Inkomste sal verminder omdat minder verbruikers teen duurder pryse sal koop.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 3.3.5 Waarom is dit nie moontlik vir Suid-Afrikaanse verbruikers om hul brandstofverbruik op ʼn kort termyn aan te pas nie?  Suid-Afrikaners se korttermynvraag na brandstof is relatief onelasties weens ʼn gebrek aan alternatiewe vervoerstelsels.   sowel as onbetroubare vervoerdienste weens stakings vir lone of as gevolg van afleggings.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) 8
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GRAAD 11 3.4 Bespreek kortliks die verband tussen produk- en faktormarkte.  Produksiefaktore word op die faktormark verkoop, terwyl produkte op die goederemark verkoop word.   Sonder die produksiefaktore kan goedere en dienste nie geproduseer word nie.   Soos die koste van die produksiefaktore toeneem, sal die prys van produkte ook styg.   Tekorte in die faktormark sal tekorte in die goederemark tot gevolg hê.   Die produkmark is hoogs afhanklik van die faktormark.   Enige veranderinge in die faktormark sal ʼn invloed in die goederemark tot gevolg hê.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 4 punte vir blote beskrywing van produkte en/of faktor mark) (4 x 2) (8) 3.5 Hoe beïnvloed natuurrampe die pryselastisiteit van aanbod?  Namate beskikbaarheid afneem sal die hoër vraag onvermydelik prysstygings veroorsaak.   Produksiekoste sal toeneem wat lei tot aflegging van werkers en lae aanbod en hoër vraag na die produk.   Natuurrampe kan lei tot die vorming van swart markte in die ekonomie.   Dit sal die aanbod aan internasionale markte verminder wat daartoe sal lei dat produkte gekanselleer, vertraag of geplunder word.   Werkloosheid in die tersiêre sektor sal toeneem namate minder maatskappye produkte sal verskaf.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (8) [40] 9
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GRAAD 11 VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van vaste koste.  Huur   Versekering   Lening betalings  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 1) (2) 4.1.2 Watter impak sal ʼn styging in die prys van mielies op die aanbod van mielies hê?  Aanbod sal toeneem aangesien produsente bereid is om hulle winste te maksimeer.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 4.2 DATARESPONS 4.2.1 Watter stelling beskryf tydspesifiek as ʼn SMART-beginsel? Skryf SLEGS die nommer van die stelling uit die inligting hierbo neer, byvoorbeeld 4.2.1 STELLING 5.  Stelling 1 of 1  (1) 4.2.2 Wat is die doel van ʼn onderneming in ʼn markekonomie?  Om wins te maksimeer.  (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term inkomste.  Inkomste is die geld wat ʼn besigheid verdien uit die verkoop van goedere of die lewering van dienste.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 4.2.4 Verduidelik die rol van ʼn meetbare veranderlike as ʼn doelwit van ʼn besigheid.  Dit moet moontlik wees om te toets of te meet of die doelwit bereik is.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 4.2.5 Waarom verkies ʼn firma verkoopsinkomstemaksimering eerder as winsmaksimering?  Dit kan moeilik wees om die koste te identifiseer wat besnoei moet word aangesien alle koste noodsaaklik kan wees in die produksieproses.   Firmas sal daarop konsentreer om die maatskappy se inkomste te maksimeer om hul opbrengste te maksimeer.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) 10
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GRAAD 11 4.3 DATARESPONS 4.3.1 Identifiseer die kostekurwe wat aan die sluitingspunt gekoppel is.  Gemiddelde veranderlike koste/GVK  (1) 4.3.2 Watter van die grafieke hierbo is korrek geteken?  B (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term langtermynkoste.  Dit is die tydperk waarin alle faktore van vervaardiging en koste veranderlik is.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 4.3.4 Waarom teken ekonome die grafiek van die MK by die middelpunte?  Dit is die ewewigshoeveelheid en ondernemings wil nie van die ewewigspunt afwyk nie.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 4.3.5 Hoe hou die wet van dalende marginale opbrengste verband met die vorm van die korttermyn marginale kostekromme?  Verby ʼn sekere punt, neem die MP af namate meer van ʼn veranderlike faktor by ʼn vaste produksiefaktor gevoeg word.   Soos produksie toeneem, beteken dalende marginale opbrengste vir die veranderlike produksiefaktore dat elke bykomende eenheid van uitset meer van die veranderlike faktore sal vereis, dus styg marginale koste wanneer dalende opbrengste ingestel word.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) 4.4 Gebruik die grafiek hieronder en bespreek in detail, die ekonomiese wins van ʼn monopolie.  ʼn Monopolie maak ekonomiese wins op die kort en lang termyn.   Die vlak van uitset waar ʼn monopolie sy wins maksimeer, is wanneer die marginale koste gelyk is aan die marginale inkomste.   Gemiddelde inkomste is bo die gemiddelde koste wat ekonomiese wins (skadu-area) aandui.   R80 verteenwoordig inkomste wat deur die firma gemaak word en R40 verteenwoordig koste wat deur die firma gedek moet word.   Winsmaksimering sal by MK=MI bereik word.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4 x 2) (8) 11
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GRAAD 11 4.5 Ontleed die effek van belasting op pryselastisiteit.  As vraag onelasties is, sal ʼn hoër belasting slegs ʼn klein daling in vraag veroorsaak.   Om ʼn belasting op ʼn goed te plaas, skuif die aanbodkurwe na links.   Wanneer die vraag onelasties is, sal regerings ʼn aansienlike toename in hul belastinginkomste sien.   Die verbruiker sal die belasting betaal in gevalle waar die aanbod meer elasties is as die vraag.   Die produsent se las is die afname in inkomste aangesien minder verbruikers goedere en dienste sal koop.   Luukse items sal ʼn meer onelastiese vraag ontwikkel aangesien hierdie items nie deur verbruikers gevra sal word nie.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maksimum 2 punte vir blote lys van voorbeelde.) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 12
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GRAAD 11 AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is ʼn lae-orde respons.  ʼn Goeie beginpunt sal wees om ʼn konsep of sleutelwoord wat in die vraag voorkom te definieer of te verduidelik. Maks. 2  Moenie enige deel van die vraag by jou inleiding insluit nie.  Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.  Moenie in die inleiding sê wat jy in die liggaam gaan bespreek nie. Liggaam Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte/Ondersoek/ Bepreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik/ Beoordeel/Gebruik die grafiek wat gegee word en verduidelik/ Maks. 26 Voltooi die grafiek wat gegee word/Debatteer ʼn Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken word. Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Evalueer krities/Bereken/Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/ Verduidelik kortliks/Hoe?/Stel voor/Teken ʼn grafiek Maks. 10 ʼn Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir bloot die lys van feite. Slot Enige hoër-orde gevolgtrekking moet die volgende insluit:  Die gevolgtrekking is ʼn samevatting van die bespreking van die onderwerp sonder herhaling van feite wat reeds genoem is  Die gevolgtrekking kan die vorm aanneem van ʼn eie mening of waarde-oordeel met voorbeelde om jou bespreking te Maks. 2 ondersteun  Bykomende inligting wat jou bespreking/analise versterk  Die gevolgtrekking kan ʼn teenstrydige standpunt met motivering inneem, indien versoek  Aanbevelings TOTAAL 40 13
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GRAAD 11 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE  Bespreek die vraag- en aanbodverhouding in detail met behulp van grafieke (substitute en komplemente). (26 punte)  Ondersoek die belangrikheid van komplementêre goedere in die ekonomie. (10 punte) INLEIDING ʼn Vraagverhouding vind plaas wanneer twee of meer goedere en dienste gelyktydig aangevra word, as gevolg van die feit dat dit saam gebruik kan word.  (Maks. 2) (Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.) LIGGAAM  Die belangrikste verskil tussen ʼn substituut/plaasvervanger en ʼn komplement is dat plaasvervangende goedere in die plek van mekaar verbruik word, terwyl komplementêre goedere saam verbruik word.   As die kruis-pryselastisiteit van vraag van die twee goedere positief is, dan is die goedere substitute. Aan die ander kant, as die kruis-pryselastisiteit van die twee goedere negatief is, dan is die goedere komplemente.  Substitute  ʼn Substituut is ʼn produk wat in die plek van ʼn ander produk gebruik word.   Sommige produkte het spesifieke verhoudings wat die vraag sal beïnvloed.   Voorbeeld: As jy beesvleis wil koop maar dit is te duur, is jy geneig om ʼn goedkoper alternatief te koop, bv. hoender. In hierdie geval is hoender die substituut.  PRYS VAN BEESVLEIS VRAAG NA HOENDER Prys Prys A1  V1  S V  A V P1 P1   P P D1  V1 A1 V S V A Q1 Q Q1 Q Hoeveelheid beesvleis Hoeveelheid hoender Maksimum 4 punte vir elke grafiek (Verwys na regmerkies) 14
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GRAAD 11 VERDUIDELIKING VAN DIE GRAFIEK Prys van beesvleis  Die prys van beesvleis styg van P na P1 as gevolg van ʼn afname in aanbod (aanbodkromme skuif van AA na A1A1).  Lei tot ʼn afname in hoeveelheid gevra van beesvleis van Q tot Q1. Vraag na hoender  Die vraag na ʼn substituut, wat hoender is, neem toe van VV tot V1V1  As gevolg van die toename in vraag, styg prys ook van P na P1.  Dit impliseer dat ʼn verhoging in die prys van een produk ʼn toename in vraag na die plaasvervangende produk sal veroorsaak. Komplimente Produkte is komplementêre produkte wanneer dit saam gebruik word om ʼn behoefte of ʼn begeerte te bevredig  bv. tee en melk.  PRYS VAN TEE VRAAG NA MELK Prys Prys  A1  A  A V V V1  P1 P  P P1  A1 V V V1 A Q1 Q Q1 Q Hoeveelheid tee Hoeveelheid melk Puntetoekening (Maksimum 4 vir elke grafiek) VERDUIDELIKING VAN DIE GRAFIEK Prys van tee  Die prys van tee styg as gevolg van ʼn afname in aanbod.  Aanbodkromme verskuif van AA na A1A1 terwyl die prys van tee van P na P1 styg.  Hoeveelheid gevra vir tee neem af van Q na Q1. 15
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GRAAD 11 Vraag na melk  Die styging in die prys van tee sal ʼn afname in die vraag na melk veroorsaak.  Mense sal minder tee koop; daarom sal hulle minder melk nodig hê.  Dit veroorsaak dat die vraagkromme (VV) linkswaarts skuif na V1V1, en die hoeveelheid gevra daal van Q na Q1 en prys sal van P na P1 afneem.  Vir komplementêre goedere, wanneer die prys van een goed styg, sal die vraag na die komplementêre produk afneem. As die prys van een produk daal, sal die vraag na komplementêre produkte toeneem. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (ʼn Maksimum van 8 punte mag toegeken word vir die blote lys van voorbeelde/feite.) (Maks. 26) ADDISIONELE GEDEELTE Ondersoek die belangrikheid van komplementêre goedere in die ekonomie.  Die komplementêre produk dra gewoonlik by tot die algehele waarde van ʼn ander produk en deel dus ʼn voordelige verhouding.   Komplementêre produkte word gewoonlik beïnvloed deur die pryse van die produkte waarmee dit gebruik word. As die prys styg, sien verbruikers nie die behoefte om die produkte te gebruik nie, wat lei tot ʼn daling in vraag.   Aanvullende produkte verhoog verkope aangesien dit meer winsgewend vir produsente is in vergelyking met substitute goedere aangesien die vraag na een ʼn vraag na die ander tot gevolg het.   Komplementêre produkte verminder produkomskakeling aangesien dit die handelsmerk beeld maksimeer.   Aanvullende produkte help om aan verbruikers se verwagtinge te voldoen, en bemarkers hoef nie baie tyd aan navorsing en ontleding te spandeer nie.   Maatskappye wat die komplementêre produkte vervaardig kan die markaanvraag en prysskommeling voorspel en sodoende pryse effektief beheer.   Aanvullende produkte het nie baie advertensies nodig nie en daar is min hindernisse in terme van toetrede tot en uittrede van ʼn mark.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Maks. 10) SLOT Verbruikspatrone en die prysvlakke is alles onderling verwant aan mekaar.  (Aanvaar enige ander relevante korrekte hoërorde gevolgtrekking.) (Maks .2) [40] 16
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GRAAD 11 VRAAG 6: MIKRO-EKONOMIE  Bespreek die pryselastisiteit van vraag (PEV) sonder die hulp van grafieke. (26 punte)  Evalueer hoe ʼn monopolistiese onderneming soos Eskom kan baat by die gebruik van die pryselastisiteit van vraag vir hulle produk. (10 punte) INLEIDING Pryselastisiteit van vraag sal die sensitiwiteit van ʼn produk bepaal wanneer daar ʼn verandering in prys is.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.) (Maks. 2) LIGGAAM: HOOFDEEL Volmaak elastiese vraag   Die kleinste prysverandering sal lei tot ʼn oneindige verandering in hoeveelheid wat gevra word.   Dit word ook na verwys as oneindige elastisiteit.   Hierdie pryselastisiteit is gelyk aan oneindigheid.   Produsente kan nie die prys verander nie, maar moet ander maniere vind om inkomste te verhoog.  Volmaak onelastiese vraag   Die vraag sal geen reaksie op enige of alle prysveranderings toon nie.   Prys elastisiteit van vraag is nul.   Die implikasie is dat ʼn verandering in prys geen verandering in die hoeveelheid wat verbruikers vra, sal veroorsaak nie.   Produsente kan pryse verhoog om inkomste te verhoog aangesien die vraag nie sal verander nie.  Unitêre elastiese vraag   Kom voor wanneer ʼn spesifieke verandering in prys presies dieselfde verandering in vraag veroorsaak.   As die prys met 10% styg, sal die hoeveelheid wat gevra word met 10% styg.   Die waarde van elastisiteit is gelyk aan 1.   Produsente sal dalk ander metodes moet oorweeg om inkomste te verhoog.  Relatief onelasties   Die waarde is minder as 1 maar meer as 0.   Die vraag reageer nie baie op veranderinge in prys nie. Om inkomste te verbeter, verhoog slegs prys.   Goedere en dienste met ʼn relatief onelastiese vraag is dinge soos sout, mediese sorg, tabakprodukte en petrol (brandstof).   Hulle het almal ʼn elastisiteitskoëffisiënt van minder as 1, wat beteken dat die hoeveelheid wat gevra word nie baie sensitief is vir ʼn verandering in die prys nie.  (Maks. 26) 17
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE NASIENRIGLYNE (VRAESTEL 2) GRAAD 11 ADDISIONELE GEDEELTE Evalueer hoe ʼn monopolistiese onderneming soos Eskom kan baat by die gebruik van die pryselastisiteit van vraag vir hulle produk. Positief  Eskom is die enigste verskaffer van elektrisiteit, wat beteken hulle is ʼn monopolie.   Hulle het volle markkrag en sal besluit op pryse wat hulle wil hef, dus is hulle prysmakers.   Elektrisiteit is ʼn noodsaaklikheid onder huishoudings en sakeondernemings, daarom het verbruikers geen ander keuse as om die prys te betaal nie.  Negatief  Daar is egter alternatiewe produkte soos gas, son en wind.   Sou Eskom die pryselastisiteit van die vraag gebruik voordat hulle hul markprys bepaal, sal hulle ʼn maksimum prys kan hef wat verbruikers bereid sal wees om te betaal en dus maksimum inkomste van verbruikers verseker, terwyl die maksimum vraag gehandhaaf word.   As Eskom aanhou om meer vir elektrisiteit te vra as die prys van alternatiewe goedere, sal verbruikers uiteindelik die gerief van elektrisiteit opoffer vir ʼn goedkoper alternatief.  (Maks .10) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) SLOT Pryselastisiteit van vraag spreek indirek tot die algehele welstand van die ekonomie waarin ʼn produk verkoop word en hou verband met beide demografie (d.i. die grootte van die aanspreekbare bevolking) en die inkomstevlakke van die verbruikers in daardie verbruiksmark. (Maks. 2) (Aanvaar enige ander relevante korrekte hoërorde gevolgtrekking.) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL: 150 18

Study this subject

More from Grade 11 Economics

View all