Downloaded from hlayiso.com
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2024
10711
REKENINGKUNDE
(VRAESTEL 1)
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
10 bladsye + 1 formuleblad en ʼn 10-bladsy-antwoordboek
b.o.
Skip to contentAll 2024 papers 
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)




View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)





Accounting Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 QP (Afr)
Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the Gauteng Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 12 · Gauteng Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Gauteng Prelim Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 706.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 2
(VRAESTEL 1) 10711/24
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord AL die vrae.
2. 'n Spesiale ANTWOORDBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet beantwoord.
3. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.
4. Jy mag 'n nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
5. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
6. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.
7. Indien jy dit verkies, kan jy die formuleblad wat aan die einde van hierdie vraestel
aangeheg is, gebruik. Die gebruik van die formuleblad is NIE verpligtend NIE.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE
1 Maatskappy Finansiële State 55 45
Kontantvloeistaat en Finansiële
2 40 30
aanwysers
3 Vertolking van Finansiële State 40 30
4 Korporatiewe Bestuur 15 15
TOTAAL 150 120
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 3
(VRAESTEL 1) 10711/24
VRAAG 1: MAATSKAPPY FINANSIËLE STATE (55 punte; 45 minute)
MNISI BEPERK
Inligting rakende die finansiële jaar geëindig 29 Februarie 2024 word aan jou verskaf.
OPDRAG:
1.1 Voltooi die Staat van Omvattende Inkomste (Inkomstestaat) vir die jaar geëindig
29 Februarie 2024. (22)
1.2 Voltooi die Staat van Finansiële Posisie (Balansstaat) op 29 Februarie 2024. (33)
LET WEL: Sommige bedrae is reeds in die ANTWOORDBOEK aangeteken.
INLIGTING:
A. Saldo’s en Totale op 29 Februarie 2024:
R R
Gewone Aandelekapitaal ? ?
Behoue inkomste 1 038 480 ?
Vaste deposito: MRJ Bank ? 0
Lening: Hlubi Bank 1 624 000 ?
Debiteurekontrole 480 390
Voorsiening vir oninbare skulde ? 24 000
Handelsvoorraad 982 400
SAID: Inkomstebelasting
1 812 730
(voorlopige belastingbetalings)
Bank (gunstig) ?
Krediteurekontrole 1 024 565
Verkope 20 035 000
Koste van verkope 11 409 700
Direkteursfooie 1 307 840
Huurinkomste 258 300
Ouditfooie 69 720
Kommissie inkomste ?
Skryfbehoeftes 68 300
Dividende op gewone aandele 260 000
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 4
(VRAESTEL 1) 10711/24
B. Aansuiwerings en addisionele inligting:
(i) Kommissie inkomste vir die jaar is ten volle ontvang teen 'n koers van 4%
van die totale verkope inkomste.
(ii) Slegs twee derdes (2/3) van die ouditfooie is betaal. Die balans sal in Maart
2024 vereffen word.
(iii) Die verhoging van die voorsiening vir oninbare skulde van R6 500, is nog
nie aangeteken nie.
(iv) Elektroniese toerusting is aan die plaaslike kinderhuis geskenk. Bruto wins
van R22 400 is verbeur indien hierdie voorraad verkoop sou word. Die
winspersentasie op hierdie goedere is 35% op kosprys. Die boekhouer het
nog nie die transaksie aangeteken nie.
(v) Die fisiese voorraad opname op 29 Februarie 2024 toon die volgende:
Handelsvoorraad R923 200
Skryfbehoeftes deur die jaar gebruik R58 520
(vi) Die huur is met R2 700 verhoog op 1 Julie 2023. Huur is vir een maand
vooruit ontvang.
(vii) Die direkteursfooie sluit ʼn bedrag van R385 520 in, wat die helfte
van die jaarlikse fooie van mnr. Jabu, die enigste direkteur aan die
begin van die finansiële jaar, is. ʼn Addisionele direkteur is op
1 September 2023, teen dieselfde fooi as mnr. Jabu, aangestel.
Direkteursfooie is met 8% verhoog op 1 Mei 2023 en beide
direkteure het hul fooie vir Maart 2024 ontvang.
(viii) Die onderneming het nie in vorige jare finansiële beleggings gehad nie. Op
1 Mei 2023 het hulle in 'n vaste deposito teen 9% p.j. belê. Die rente word
nie gekapitaliseer nie, en is korrek bereken.
(ix) 'n Krediteur se debietsaldo van R3 200 moet van haar Krediteure-
grootboekrekening na haar rekening in die Debiteuregrootboek
oorgedra word.
(x) Lening: Hlubi Bank
Alle transaksies ten opsigte van die lening is aangeteken.
Rente op lening word gekapitaliseer.
'n Vaste maandelikse paaiement (insluitende rente) is ten volle betaal.
Die terugbetalings insluitende rente beloop R402 000 vir die jaar.
LET WEL: Die kapitaalgedeelte vir die terugbetalings sal met 5% afneem
oor die volgende finansiële jaar.
(xi) Totale dividende vir die jaar beloop R745 000.
(xii) 'n Bedrag vir belasting is op 29 Februarie 2024 steeds ontvangbaar van die
SAID.
(xiii) Totale kapitaal aangewend op 29 Februarie 2024, nadat alle aansuiwerings
in ag geneem is, beloop R16 176 000.
55
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 5
(VRAESTEL 1) 10711/24
VRAAG 2: KONTANTVLOEISTAAT EN FINANSIËLE AANWYSERS
(40 punte; 30 minute)
JELLICOE BEPERK
Die inligting het betrekking op Jellicoe Bpk. vir die jaar geëindig 29 Februarie 2024.
GEVRA:
2.1 Voltooi die Gewone Aandelekapitaal Nota. (8)
2.2 Bereken die volgende bedrae vir die Kontantvloeistaat:
Inkomstebelasting betaal (4)
Dividende betaal (2)
2.3 Voltooi die volgende afdelings van die Kontantvloeistaat:
Kontantvloei uit finansieringsaktiwiteite (7)
Netto veranderinge in kontant en kontantekwivalente (4)
2.4 Verwys na Inligting B
Die HUB is bekommerd oor die verhoogde bedrag vir veranderinge in
bedryfskapitaal. Identifiseer TWEE oorsake wat die veranderinge te weeg
gebring het en gee EEN oplossing om elk van die bekommernisse aan
te spreek. Toon syfers en tendense. (4)
2.5 Bereken die volgende finansiële aanwysers:
Netto batewaarde per aandeel (4)
Dividende per aandeel (4)
% opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang (3)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 6
(VRAESTEL 1) 10711/24
INLIGTING:
A. Uittreksel van die Staat van Finansiële Posisie op 29 Februarie 2024:
2024 2023
R R
Voorraad 370 000 530 000
Handelsdebiteure 1 210 000 700 000
SAID: Inkomstebelasting 46 000 Dt 93 600 Kt
Kontant en kontantekwivalente 380 000 19 000
Totale bates 10 371 600
Gewone Aandelekapitaal
? 5 320 000
(sien B hieronder)
Totale laste 2 946 600
Lening: NAPO Bank (sien E hieronder) 2 206 800 ?
Handelskrediteure 550 000 925 000
Bankoortrekking 0 76 800
Aandeelhouers vir dividende 189 000 0
B. Aandele en dividende
Die maatskappy het 'n gemagtigde aandelekapitaal van 2 800 000 gewone
aandele.
1 Maart 2023 1 900 000 aandele is reeds uitgereik
31 Julie 2023 470 000 addisionele aandele is uitgereik
31 Oktober 2024 Aandele is teen R4 elk teruggekoop en die gemiddelde
prys was R3,10 per aandeel. Hierdie aandele kwalifiseer
nie vir finale dividende nie.
29 Februarie 2024 Slegs 75% van die aandele is uitgereik.
Daar was geen finale dividende op 28 Februarie 2023 op die aandeleregister
verklaar nie.
Interim dividende van 12 sent per aandeel is op 30 Junie 2023 verklaar en
betaal.
Totale dividende vir die jaar beloop R417 000.
C. Inkomstebelasting
Netto wins voor belasting R1 625 000.
Netto wins na belasting R1 170 000.
D. Lening: NAPO Bank
Die leningstaat ontvang op 29 Februarie 2024 toon die volgende:
Totale rente gekapitaliseer: R268 800
Terugbetalings per maand insluitende rente: R56 900
E. Die gemiddelde aandeelhouersekwiteit is R6 500 000.
40
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 7
(VRAESTEL 1) 10711/24
VRAAG 3: VERTOLKING VAN FINANSIȄLE STATE (40 punte; 30 minute)
BUHLE BEPERK
GEVRA:
LET WEL: Verskaf syfers, neigings, finansiële aanwysers, of berekeninge in ELKE
geval om jou kommentaar en verduidelikings te staaf.
Die inligting het betrekking op Buhle Bpk, 'n maatskappy wat IT-dienste en
ondersteuning verskaf vir die finansiële jaar geëindig 29 Februarie 2024.
3.1 Kies 'n kategorie van aanwyser uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A
pas. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.3) in die
ANTWOORDBOEK.
KOLOM A KOLOM B
3.1.1 Die vermoë van 'n onderneming om al sy A Opbrengs op ekwiteit
skuld te delg deur bestaande bates te
benut B Risiko
3.1.2 Die voordeel wat aandeelhouers ontvang C Solvensie
deur in 'n maatskappy te belê
D Hefboom
3.1.3 Opbrengs op totale kapitaal aangewend
(3)
3.2 Winsgewendheid:
Aandeelhouers kla oor die onverantwoordelike prysverlagings gedurende die
2024 finansiële jaar. Die direkteure hou vol dat pryse baie belangrik is wanneer dit
met mededingers vergelyk word. Regverdig die direkteure se besluit. Haal TWEE
finansiële aanwysers met syfers aan. (4)
3.3 Likiditeit:
Lewer kommentaar op die netto bedryfskapitaal van die maatskappy. Haal TWEE
finansiële aanwysers met syfers aan. (6)
3.4 Risko en Hefboom:
Verduidelik hoe die uitreik van nuwe aandele die finansiële risiko en hefboom van
Buhle Bpk. beïnvloed het. Haal TWEE finansiële aanwysers en syfers aan. (6)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 8
(VRAESTEL 1) 10711/24
3.5 Aandeleprys en aandeelhouding: Verwys na Inligting C en D.
Verduidelik waarom direkteure in die aandeleprys van hul maatskappy op die
JEB moet belangstel. (2)
Lewer kommentaar op die prys van die nuwe aandele wat in Februarie 2024
uitgereik is. Gee 'n rede waarom aandeelhouers nie met hierdie prys tevrede
behoort te wees nie. Haal TWEE finansiële aanwysers en syfers aan om jou
opinie te staaf. (5)
'n Meerderheidsaandeelhouer, F. Nxumalo, besit tans 1 272 000 aandele in
Buhle Bpk. Hy oorweeg dit om van die aandele in die volgende finansiële jaar
te verkoop, aangesien hy geld benodig om 'n nuwe motor te koop. Bereken die
maksimum aantal aandele wat hy sal kan verkoop sonder om sy
meerderheidsaandeelhouding prys te gee (aanvaar dat alle ander aandele
onveranderd sal bly). (3)
3.6 Opbrengs, verdienste en dividende:
Die direkteure het die dividendbeleid vir die huidige finansiële jaar verander.
Verduidelik hoe die maatskappy daarin geslaag het om die hoë dividende te
finansier, sonder om die geleende fondse te gebruik, om die aandeelhouers
gelukkig te hou. Verskaf EEN punt met syfers. (2)
Verduidelik die verandering in die dividend uitbetalingskoers en gee 'n rede vir
die verandering. Haal syfers aan. (3)
Verduidelik of die aandeelhouers tevrede behoort te wees met die verdienste en
opbrengs van die maatskappy. Haal TWEE finansiële aanwysers aan. (6)
INLIGTING:
A. Finansiële aanwysers bereken aan die einde van Februarie:
2024 2023
Wins % bereik 45,0% 55,0%
% bruto wins op verkope 28,2% 20,1%
% bedryfsuitgawes op verkope 20,8% 17,8%
% netto wins op verkope 22,0% 16,3%
Bedryfsverhouding 3,6 : 1 1,8 : 1
Vuurproefverhouding 2,9 : 1 0,9 : 1
Debiteure-invorderingstydperk 58 dae 31 dae
Voorraadhoudingstydperk 78,9 dae 54,6 dae
Skuld-ekwiteitsverhouding 0,4 : 1 0,9 : 1
Verdienste per aandeel 200 sent 125 sent
Dividende per aandeel 160 sent 120 sent
Dividenduitbetalingskoers 80,0% 96,0%
% opbrengs op gemiddelde
12,7% 10,3%
aandeelhouersbelang
% opbrengs op gemiddelde kapitaal
16,9% 7,5%
aangewend
Netto batewaarde per aandeel 1 841 sent 1 685 sent
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 9
(VRAESTEL 1) 10711/24
B. Addisionele inligting soos aan die einde van Februarie:
2024 2023
Markprys van aandele op die aandelebeurs 1 920 sent 1 540 sent
Rentekoers op lenings 7,2% 8,5%
Rentekoers op vaste deposito 5,5% 4,5%
C. Uitreik en terugkoop van aandele:
AANTAL
AANDELE
Aantal aandele op 1 Maart 2023 uitgereik 2 300 000
Aantal aandele op 31 Augustus 2023 teruggekoop 240 000
Aantal nuwe aandele op 29 Februarie 2024 uitgereik aan
bestaande aandeelhouers teen 1 750 sent per aandeel. 340 000
LET WEL: Aandele word in lotte van 100 verkoop.
Aantal aandele op 29 Februarie 2024 uitgereik 2 400 000
D. Uittreksel uit aandeelhouers se register:
F. Nxumalo is tans 'n meerderheidsaandeelhouer.
F. NXUMALO
Aantal aandele in besit op 29 Februarie 2024 1 272 000
% aandeelhouding op 29 Februarie 2024 53%
40
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 10
(VRAESTEL 1) 10711/24
VRAAG 4 : KORPORATIEWE BESTUUR (15 punte; 15 minute)
'n Artikel rakende 'n interne ouditeur wat aan wanpraktyk skuldig bevind is, word aan
jou voorgehou. Gebruik die inligting aangebied en jou kennis oor maatskappye om die
vrae te beantwoord.
4.1 Die aandeelhouers van Ekurhuleni Bpk. sal nie tevrede wees met die ouditverslae
van die afgelope 5 jaar en onlangse bevindinge nie. Verduidelik wat 'n
ongekwalifiseerde ouditverslag is en waarom die aandeelhouers nie tevrede sal
wees nie. (3)
4.2 Oudit Waghond:
'n Ouditeur dien as 'n waghond om verskeie belangrike funksies soos
deursigtigheid, aanspreeklikheid en nakoming binne die maatskappy te verseker.
Verduidelik TWEE sleutelfunksies van 'n ouditeur in die maatskappy. (4)
4.3 Aandeelhouers se bekommernis en die maatskappy se reputasie:
As 'n aandeelhouer, verduidelik TWEE kommerwekkende gevolge gebaseer op dié
bevindinge in die artikel. (4)
4.4 Die HFB van Ekurhuleni Bpk. het beklemtoon dat die behoud van finansiële data-
integriteit noodsaaklik is om akkurate verslaggewing en nakoming van voorskrifte
van die maatskappy te verseker. Noem TWEE maatreëls wat kan help om die
integriteit van die finansiële rekords van die maatskappy te verseker. (4)
INLIGTING:
Spoel en Herhaal: Die voortslepende sage van Ekurhuleni Bpk.
'n Interne ouditeur is skuldig bevind aan ernstige finansiële wangedrag, insluitend
die wanbestuur van fondse en vervalsing van rekeningkundige rekords. Hierdie
skokkende bevinding het die kwesbaarheid van ondernemings ten opsigte van
interne bedrog uitgelig. Mnr. Gel, wat veronderstel was om die waghond te wees,
het oneerlik teenoor die maatskappy opgetree. Ekurhuleni Bpk. het
ongekwalifiseerde verslae ontvang, weens onakkurate finansiële verslagdoening.
Die individu wat vertrou is om finansiële integriteit te verseker, het
daardie vertroue geskend deur fondse wan te bestee vir persoonlike gewin en
het met die rekeningkundige boeke gepeuter om sy optrede te verberg. Hierdie
skending het nie net die onderneming se finansiële stabiliteit ondermyn nie,
maar ook die vertroue in bestuur vernietig. Om vertroue te herstel, sal 'n
gesamentlike poging verg om deurgaans aanspreeklikheid en deursigtigheid in
die finansiële sektor te bewerkstelling.
15
TOTAAL: 150
EINDE
Downloaded from hlayiso.com
REKENINGKUNDE 11
(VRAESTEL 1) 10711/24
GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS
Bruto wins x 100 Bruto wins x 100
Verkope 1 Koste van verkope 1
Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100
Verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100
Verkope 1 Verkope 1
Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste
(Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang
(Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste
Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van verkope
Koste van verkope 1
.
Gemiddelde handelsvoorraad
(*Sien LET WEL 1 hieronder)
Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365
Kredietverkope 1 Koste van verkope 1
(*Sien LET WEL 2 hieronder)
Netto inkomste na belasting x 100
Netto inkomste na belasting x 100 Getal uitgereikte aandele 1
Gemiddelde aandeelhouersbelang 1
(*Sien LET WEL 3 hieronder)
Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100
Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1
Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Tussentydse dividende x 100 Finale dividende x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100
Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1
Totale vaste koste .
Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET 1. Handelsvoorraad aan die einde van die finansiële jaar kan gebruik word indien dit in
WEL: die vraag verlang word.
2. Kredietaankope kan in plaas van koste van verkope gebruik word (syfers sal dieselfde
wees indien voorraad kontant is).
3. Indien daar gedurende 'n finansiële jaar 'n verandering in die aantal uitgereikte
aandele is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik.
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 Memo (Afr)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Addendum
Accounting Grade 12 P1 NSC June 2025 Addendum (Afrikaans)

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afr)
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)

Addendum
Accounting Grade 12 Paper 2 KZN June 2025 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 KZN June 2025 Memo

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum