Skip to content

Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2019 QP (Afr)

Question paperEconomicsGrade 10201913 pages

Grade 10 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng November 2019 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2019 GRAAD 10 EKONOMIE VRAESTEL 1 TYD: 2 uur PUNTE: 150 13 bladsye Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 2 GP/November 2019 Graad 10 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae in jou ANTWOORDBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae AFDELING C: Beantwoord EEN vraag 2. Beantwoord slegs die vereiste hoeveelheid vrae, addisionele vrae sal NIE gemerk word NIE 3. Nommer die antwoorde soos op die vraestel. 4. Skryf die vraagnommer bo-aan elke vraag. 5. Lees die vrae deeglik deur. 6. Begin elke vraag op ʼn nuwe bladsy. 7. Los 2–3 lyne oop na ELKE vraag. 8. Beantwoord vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik net blou of swart ink. 10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare rekenaar gebruik. 11 Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 3 GP/November 2019 Graad 10 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die nommer (1.1.1 tot 1.1.8). in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 D. 1.1.1 Ekonomie is ʼn wetenskap wat bestudeer hoe mense hul veelvuldige behoeftes en begeertes bevredig met… A beperkte hulpbronne. B onbeperkte hulpbronne. C beperkte bevrediging. D onbeperkte bevrediging. 1.1.2 Die basiese ekonomiese probleem wat alle nasies mee in aanraking kom… A vrye goedere. B menseregte C skaarsheid. D vrye verkiesing. 1.1.3 Die belangrikste ekonomiese deelnemers in die ekonomiese kringloop is… A belasting. B werkers. C werkgewers. D huishoudings. 1.1.4 Die periode wat ʼn afname in ekonomiese aktiwiteite aandui is… A herstel. B resessie. C tendenslyn. D bewegende gemiddeldes. 1.1.5 Die situasie waarin huishoudings alle goedere en dienste produseer wat hulle benodig vir oorlewing staan bekend as … A geleentheidskoste. B alternatiewes. C selfversorgendheid. D keuse. 1.1.6 Die eerste groep mense wat in die Suidelike en Westelike deel van Afrika gewoon het is die … A Khoi-San. B Afrika stamme. C Europeërs. D Arabiere. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 4 GP/November 2019 Graad 10 1.1.7 Betaling van jou rekeninge deur middel van internet bankdienste staan bekend as… A regte geld. B E-elektronika. C moderne geld. D inheemse geld. 1.1.8 Inligting van die grootte van die bevolking en die arbeidsmag word verkry vanaf die… A IMF. B SARB Kwartaallikse Bulletin. C Werêldbank. D sensus. (8 x 2 ) (16) 1.2 Kies die beskrywing uit KOLOM B wat pas by die item in KOLOM A. Skryf die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.8). KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Positiewe stelling A Waar goedere en dienste gekoop of verkoop word 1.2.2 Produktemark B ʼn Persoon wat trek na ʼn ander gebied opsoek na werk 1.2.3 Gelyke indiensnemings C Rou material of natuurlike hulpbronne wat onttrek, 1.2.4 Primêre sektor gekweek en geoes word 1.2.5 Ekonomiese groei D Gelyke geleenthede vir alle mense in die werksplek 1.2.6 Opbloei E Die periode van baie hoë ekonomiese aktiwiteit, 12.7 Ruilhandel voordat die ekonomie afneem 1.2.8 Arbeidsmag F ʼn Stelling gebaseer op feite wat bewys kan word. G ʼn Proses van die ruil van goedere en dienste met mekaar sonder enige geld H Die ekonomiese aktiewe bevolking wat bestaan uit mense tussen die ouderdom van 15 en 64 wat aktief soek na werk I ʼn Toename in reële BBP (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 5 GP/November 2019 Graad 10 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer. Afkortings en akronieme sal NIE aanvaar word nie. 1.3.1 Alle fisiese en verstandelike pogings van menslike aktiwiteite in die produksie van goedere en dienste 1.3.2 Wanneer iemand die middele en hulpbronne het om ʼn produk te koop, maar daar is geen aanbod van daardie produk nie 1.3.3 Hierdie is ʼn afdeling van die ekonomie wat die ekonomie as ʼn geheel bestudeer bv. indiensnemingskoers. 1.3.4 Die proses waartydens mense in en uit die land beweeg 1.3.5 Die laagste draaipunt in die sakesiklus 1.3.6 Die vlak of sektor waartydens die rou materiale wat voorsien word deur die primêre nywerhede omgeskakel word in produkte vir verbruik (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 6 GP/November 2019 Graad 10 AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE menseregte. (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoekom samel die regering belasting vanaf sakeondernemings en huishoudings in? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg. Fisiese arbeid Verstandelike arbeid [Bron: www.google.com] 2.2.1 Watter produksiefaktor word uitgebeeld in bostaande spotprent? (1) 2.2.2 Wat is die vergoeding vir die uitgebeelde produksiefaktor ? (1) 2.2.3 Verduidelik kortliks die term produksie. (2) 2.2.4 Verduidelik die belangrikheid van entrepreneurs in die ekonomie (2) 2.2.5 Hoe lei ekonomiese groei na ekonomiese ontwikkeling? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 7 GP/November 2019 Graad 10 2.3 Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord die vrae wat volg. Ekonomiese kringloop Fakormark Geld inkomste (lone, Koste -Huishoudings verkoop salarisse, rente, wins) -Firmaskoop Produksie Arbeid, grond, kapitaal, faktore entrepreneurs-eienskappe Sakeondernemings Huishoudings -Koop produksiefaktore -Verkoop produksiefaktore -Verkoop produkte -koop produkte Goedere en dienste Goedere en dienste Inkomste Produktemark Verbruikersuitgawes -Firmas verkoop -Huishoudings koop [Bron: www.google.com ] 2.3.1 Watter soort ekonomie word voorgestel deur die bostaande diagram? (1) 2.3.2 Watter deelnemer in die ekonomie sal gebruik maak van intermediëre goedere? (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese kringloop. (2) 2.3.4 Hoekom is dit belangrik dat die regering mense aanmoedig om plaaslike goedere te koop? (2) 2.3.5 Beskryf kortliks die rol van die huishouding in die bostaande diagram. (4) 2.4 Onderskei tussen makro-ekonomie en mikro-ekonomie. (2 x 4) (8) 2.5 Evalueer die effek wat die sakesiklus op die ekonomie het. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 8 GP/November 2019 Graad 10 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE bank instellings in Suid-Afrika. (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe kan ʼn toename in inkomste lei tot die ontwikkeling van nywerhede? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg. Migrasie: Landelike –stedelike migrasie verwys na die beweging van mense vanaf landelike gebiede na stede om te bly en te werk.’ [Bron: www.google.com] 3.2.1 Watter negatiewe effek kan migrasie op die ekonomie hê? (1) 3.2.2 Hoekom migreer mense na stedelike gebiede? (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die begrip stedelike migrasie. (2) 3.2.4 Hoe sal die netto migrasie die Suid-Afrikaanse ekonomie beïnvloed? (2) 3.2.5 Volgens jou mening, hoekom is dit vir die regering belangrik om te weet wat die bevolkingsgroeikoers van die land is? (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 9 GP/November 2019 Graad 10 3.3 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg. DIE TRADISIONELE LEEFSTYL Die nomadiese gemeenskappe het bestaan uit nomadiese samelewings. Hierdie samelewings was bekend as jagters-versamelaars. Hulle het beweeg na ʼn gebied, al die hulpbronne gebruik en wanneer daar nie meer kos was nie het hulle na ʼn ander gebied beweeg. [Bron: www.google.com] 3.3.1 Watter fase van ekonomiese ontwikkeling word uitgebeeld in die bostaande inligting? (1) 3.3.2 Noem EEN aktiwiteit wat deur hierdie groep mensebeoefen is. (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term nomadiese leefstyl. (2) 3.3.4 Wat maak dat tradisionele samelewings selfonderhoudend is? (2) 3.3.5 Hoe was vaardighede aangeleer gedurende hierdie fase? (4) 3.4 Lys en verduidelik enige TWEE faktore wat ekonomiese ontwikkeling bemoeilik het in Suid-Afrika gedurende die landbou- en mynbou fase. (2 x 4) (8) 3.5 Evalueer die impak van MIV/VIGS op die Suid-Afrikaanse ekonomie? (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 10 GP/November 2019 Graad 10 VRAAG 4 MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem TWEE tipes skaarsheid. (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoekom is die verbruik van goedere en dienste belangrik in die ekonomie? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg. Waarde Toegevoeg in R (Miljoene) 2016 Primêre sektor 141 906 Sekondêre sektor 373 024 Tersiêre sektor 1 124 555 Bruto waarde toegevoeg teen basiese pryse 1 639 485 Belasting op produkte 312 863 Subsidies op produkte 19 106 Bruto Binnelandse Produk @ markpryse A 4.2.1 Watter metode word gebruik om BBP te bereken in die bostaande tabel? (1) 4.2.2 Identifiseer die sektor wat die minste bygedra het tot BBP in die bostaande tabel. (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die begrip Bruto Binnelandse Produk. (2) 4.2.4 Hoe kan die Suid-Arikaanse regering belasting gebruik om die ekonomie te stimuleer? (2) 4.2.5 Bereken die BBP teen markpryse (A). Wys alle berekeninge. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 11 GP/November 2019 Graad 10 4.3 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. Inheemse kennis kan navorsers help om die krisis op te los Afrika se navorsers word aangemoedig om inheemse kennis en innoveringstelsels te gebruik as inspirasie, eerder as moderne-, kommersiële metodes om vordering te maak in die oplossing van die kontinent se ontwikkelingsprobleme. ʼn Voorbeeld van ʼn suksesvolle toepassing van Afrika se inheemse kennis is die gemengde gewasverbouing wat gebruik word deur verskeie gemeenskappe in Oos- Afrika. In Chad het plaaslike boere, ʼn reën-gevoede besproeiingstelsel vir die produksie van suksesvolle oeste in woestynlande gebruik, maar die metode is onsuksesvol vervang deur moderne kommersiële besproeiingsmetodes. Om positiewe navorsing uitkomstes te verkry in Afrika, is daar ʼn dringende behoefte om Westerse navorsingstegnieke te integreer, met lewensveranderde inheemse kennis, in verskillende velde van menslike strewes om innovasie en kreatiwiteit oor die kontinent te verhoog. [Bron: aangepas uit Universiteit van die Werêld nuus] 4.3.1 Wat is ʼn voorbeeld van ʼn inheemse boerderymetode van Afrika genoem in die bostaande uittreksel? (1) 4.3.2 Identifiseer die inheemse metode wat in Chad gebruik is vir die produksie van suksesvolle oeste. (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die begrip inheemse kennisstelsels. (2) 4.3.4 Waarom is inheemse kennis belangrik in ons lewens? (2) 4.3.5 Verduidelik waarom boerdery ʼn belangrike ekonomiese aktiwiteit is. (4) 4.4 Onderskei tussen vrye- en ekonomiese goedere. (2 x 4) (8) 4.5 Bespreek die impak van stakings op die ekonomie. (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 12 GP/November 2019 Graad 10 AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in jou ANTWOORDBOEK. PUNTE STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding  ʼn Goeie begin is om die sleutelkonsep wat in die vraag voorkom te definieer of te omskryf.  Gee addisionele inligting om die onderwerp te ondersteun. Maks. 2  Moenie in die inleiding enige deel van die vraag insluit nie.  Moenie enige gedeelte van die inleiding in die liggaam bespreek nie.  Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan bespreek. Liggaam: Hoofgedeelte: Bespreek in detail / In diepte bespreking / Ondersoek / Bespreek krities / Ontleed / Vergelyk / Evalueer / Onderskei / Differensieer / Verduidelik / Assesseer / Maks. 26 Debatteer Addisionele gedeelte: Gee eie opinie / Bespreek krities / Evalueer / Evalueer krities / Trek ʼn grafiek en verduidelik / Gebruik ʼn grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek / Bereken / Bepaal / Vergelyk / Verduidelik / Onderskei / Maks. 10 Vertolk / Debatteer kortliks Gevolgtrekking  Die gevolgtrekking is ʼn samevatting van die onderwerp wat bespreek is in die liggaam en moet as ʼn hoë-orde respons gesien word.  Die gevolgtrekking kan die vorm van ʼn eie opinie, Maks. 2 voorbeelde, argumente om die bespreking van die onderwerp in die liggaam te ondersteun of teen te staan.  Geen aspek van beide die inleiding en liggaam moet in die gevolgtrekking herhaal word nie. TOTAAL 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 13 GP/November 2019 Graad 10 VRAAG 5 MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE Elke land ervaar sikliese patrone in die ekonomie. ● Met behulp van ʼn diagram bespreek die fases van ʼn sakesiklus. (26 punte) ● Verduidelik die endogene redes (Keynesiaanse teorie) vir die sakesiklus. (10 punte) [40] VRAAG 6 EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE Bespreek fase 4: Vervaardiging en dienste fase (vanaf 1994 tot op datum) in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse ontwikkeling onder die volgende sub-opskrifte:  Eienskappe (8 punte)  Faktore wat bygedra het tot ekonomiese ontwikkeling (9 punte)  Ekonomiese gevolge (9 punte) Evalueer die faktore wat ekonomiese ontwikkeling van vervaardiging en dienste bemoeilik het. (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 10 Economics

View all