Skip to content

Economics Grade 10 P1 North West November 2024 QP (Afr)

Question paperEconomicsGrade 10202413 pages

Grade 10 Economics Paper 1 question paper from the North West November Exam 2024 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

North West November Exam 2024

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 10 EKONOMIE V1 NOVEMBER 2024 TOTAAL: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 2 NW/November 2024 Graad 10 INSTRUKSIES EN INLIGTING: 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Ekonomie/V1 3 NW/November 2024 Graad 10 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D. 1.1.1 Watter EEN van die volgende val nie binne die ekonomiese studierigting nie? A Skaars hulpbronne. B Keuse C Wat mense moet koop D Geleentheidskoste 1.1.2 Die term wat die feit dat mense onbeperkte behoeftes en begeertes het, met beperkte hulpbronne om hulle te bevredig is … A die ekonomiese probleem. B oorvloed. C produksiefaktore. D takke van ekonomie. 1.1.3 Wanneer nuwe geld by die ekonomiese kringloop bygevoeg word, staan dit bekend as ... A besparings. B winste. C lekkasies. D inspuitings. 1.1.4 Die inkomste wat 'n individu beskikbaar het om te spandeer en te spaar nadat belasting betaal is, staan bekend as ... A reële inkomste. B besteebare inkomste. C nominale inkomste. D bruto inkomste. 1.1.5 Gedurende die Middeleeue het padnetwerke langs gewilde roetes ontwikkel as gevolg van ... A toerisme. B besoek aan vriende en familie. C handel. D selfgenoegsaamheid. Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Ekonomie/V1 4 NW/November 2024 Graad 10 1.1.6 Die studierigtings wat handel oor gebruike en praktyke van plaaslike en internasionale handel word genoem ... A politieke wetenskap. B gemenereg. C sosiale wetenskap. D handelsreg. 1.1.7 Watter een van die volgende bevolkingsgroepe kan geklassifiseer word as ekonomies aktief? A 15 tot 60 jaar. B Leerders wat skool bywoon. C Mense 65 jaar en ouer. D Mense wat 14 jaar en jonger is. 1.1.8 Die verskil tussen die geboortesyfer en sterftesyfer van 'n land word die … genoem. A bevolkingstekort B natuurlike groeitempo C migrasietempo D aktiewe bevolkingskoers (8 x 2) (16) Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Ekonomie/V1 5 NW/November 2024 Graad 10 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Produksie A die produksie aktiwiteite betrokke by die verspreiding van goedere en die verskaffing van 1.2.2 Tersiêre bedryf dienste aan die publiek 1.2.3 Spesialisasie B wanneer 'n besigheid spesialiseer in die produksie van een produk of diens 1.2.4 Ruil C die proses waardeur produkte beweeg van 1.2.5 MIV/ VIGS produsent tot verbruiker 1.2.6 Immigrasie D proses waardeur 'n entrepreneur die beskikbare hulpbronne kombineer en dit verander in 'n 1.2.7 Inligting soort produk wat gebruik word om die behoeftes nedersettings en begeertes te bevredig van die bevolking 1.2.8 Informele sektor E ontwikkel aan die buitewyke van Suid- Afrikaanse stede as gevolg van 'n behuising agterstand F lei tot die verlies van ekonomiese aktiewe familielede en sosiale probleme G sluit mikrobesighede soos straatverkopers in H buitelanders wat 'n land binnekom op 'n permanente basis I plaaslike inwoners wat hul land verlaat op 'n permanente basis (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Ekonomie/V1 6 NW/November 2024 Graad 10 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE. 1.3.1 Die aanname wat beteken 'alle ander dinge is gelyk' 1.3.2 Die waarde van die beste alternatief wat opgeoffer is 1.3.3 ’n Ekonomie wat die buitelandse sektor uitsluit 1.3.4 Die wêreldwye integrasie van markte en produksie 1.3.5 'n Organisasie van werkers wat kombineer om gemeenskaplike doelwitte soos beter werksomstandighede te bereik 1.3.6 Die proporsie van die ekonomiese aktiewe bevolking wat indiensneming vind in die formele sektor van die ekonomie (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Ekonomie/V1 7 NW/November 2024 Graad 10 AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem TWEE breë benaderings tot ekonomie. (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoe sal die neem van wiskunde by die skool jou help om 'n ekonoom te word? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Begeertes Hulpbronne Skaarsheid Ekonomiese goedere Keuse Geleentheidskoste [Bron:www.sy-eco.org] 2.2.1 Identifiseer uit die diagram hierbo die term wat goedere en dienste beskryf waarsonder individue kan lewe. (1) 2.2.2 Noem EEN vraag wat ekonome vra om die ekonomiese probleem op te los (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term skaarsheid. (2) 2.2.4 Verduidelik waarom daar na ekonomie verwys word as sosiale wetenskap. (2) 2.2.5 Hoekom moet mense keuses maak? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Ekonomie/V1 8 NW/November 2024 Graad 10 2.3 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Vlak van Besigheidsaktiwiteit Tyd [Bron:Ekonomie handbook: Fokus] 2.3.1 Voorsien die diagram hierbo met 'n gepaste opskrif. (1) 2.3.2 Benoem die punt gemerk C uit die bostaande diagram (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term tendenslyn. (2) 2.3.4 Verduidelik die effek van 'n depressie op indiensnemingsvlakke. (2) 2.3.5 Hoe word die ekonomie geraak tydens die voorspoedsfase? (4) 2.4 Onderskei tussen vrye en ekonomiese goedere. (4 x 2) (8) 2.5 Ontleed die doeltreffendheid van die regering om omgewingsprobleme aan te spreek. (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Ekonomie/V1 9 NW/November 2024 Graad 10 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae 3.1.1 Noem enige TWEE vakbonde in Suid-Afrika (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoekom is dit belangrik vir die regering om die land se bevolkingsgroeikoers te skat? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BESTAANSLANDBOU Bestaanslandbou vind plaas wanneer boere voedselgewasse plant om die behoeftes van hulself en hul gesinne te voorsien. Landbouers teiken plaasuitset vir oorlewing en meestal vir plaaslike vereistes met geen surplus nie. Bestaansboere is mense wat plant wat hulle eet. Kenmerke oor die algemeen: klein kapitaal- of finansieringsvereistes, gemengde gewasse, beperkte gebruik van landbouchemikalieë (bv. plaagdoders en kunsmis) onverbeterde variëteite van gewasse en diere, min of geen surplus opbrengs vir verkoop, gebruik van ru- of tradisionele gereedskap (bv. Hoes, kapmes en snitte) (Bron: https://en.m.wikipedia.org/wiki) 3.2.1 Identifiseer die kenmerk van selfonderhoudende samelewings uit die uittreksel hierbo. (1) 3.2.2 Noem EEN kenmerk van bestaanslandbou. (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term ruilhandel. (2) 3.2.4 Watter positiewe impak het kommersiële boerdery op ekonomiese groei? (2) 3.2.5 Verduidelik die belangrikheid van taal en leer in die ontwikkeling van ekonomieë. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Ekonomie/V1 10 NW/November 2024 Graad 10 3.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. WERKSVOORWAARDES VAN UNIE EN NIE-UNIELEDE Privaat Sektor Openbare Sektor Gedeelte van werkers met: Nie-vakbond Unie Nie-vakbond Unie Geskrewe 83,3% 98,4% 99,7% 100,0% kontrakte Betaalde verlof 62,0% 92,5% 54,3% 97,8% Permanente 57,6% 91,0% 38,9% 96,5% kontrakte Bedinging 2,8% 8,2% 11,4% 35,5% raadsdekking Geen loonbedinging van 82,3% 8,3% 72,7% 2,5% enige vorm nie [Bron: Statistieke SA] 3.3.1 Identifiseer die persentasie van permanente nie-vakbondwerkers onder die openbare sektor uit die tabel hierbo? (1) 3.3.2 Waarvoor staan die afkorting KVBA? (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term vakbonde. (2) 3.3.4 Verduidelik die rede waarom werkers verkies om vakbondlede te wees. (2) 3.3.5 Hoe word arbitrasie gebruik om arbeidsgeskille op te los. (2 x 2) (4) 3.4 Bespreek immigrasie en buitelanders in terme van SA bevolkingsgrootte. (2 x 4) (8) 3.5 Evalueer die invloed van produktiwiteit en vaardighede op arbeid. (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Ekonomie/V1 11 NW/November 2024 Graad 10 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE studierigtings wat met Ekonomie verband hou. (2 x 1) (2) 4.1.2 Watter effek sal 'n resessie op besigheidsaktiwiteite hê? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. [Bron: Graad 10 ekonomie Geniet Handboek] 4.2.1 Identifiseer die primêre sektor industrie wat in bogenoemde spotprent uitgebeeld word. (1) 4.2.2 Noem EEN voorbeeld van natuurlike hulpbronne. (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term sekondêre sektor. (2) 4.2.4 Waarom moet gemeenskappe die land se natuurlike hulpbronne beskerm? (2) 4.2.5 Hoe gaan die regering die land se ekonomiese aktiwiteite verbeter. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Ekonomie/V1 12 NW/November 2024 Graad 10 4.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Reële BBP Groei %Verandering Tyd 4.3.1 Identifiseer die kwartaal met die hoogste reële BBP-groei. (1) 4.3.2 Wat word gemeet deur die horisontale lyn? (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term bruto binnelandse produk. (2) 4.3.4 Wat is die voordele van belegging in die vervaardigingsektor van die ekonomie? (2) 4.3.5 Verduidelik kortliks wat het die lae ekonomiese groeikoers in Suid-Afrika veroorsaak? (4) 4.4 Onderskei tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling. (2 x 4) (8) 4.5 Hoe kan inspuitings tot ‘n ekonomiese opswaai fase bydra? (2 x 4) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Ekonomie/V1 13 NW/November 2024 Graad 10 AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL: TOEKENNING Inleiding Die inleiding is 'n laer-orde antwoord.  'n Goeie beginpunt sal wees om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou, te defineer of te omskryf.  MOENIE enige deel van die vraag by jou inleiding insluit NIE. Maks. 2  MOENIE enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal NIE.  MOENIE in die inleiding noem wat jy in die liggaam gaan bespreek NIE. Liggaam Hoofgedeelte: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek Maks. 26 Bespreek /Krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/ Assesseer/Debatteer 'n Maksimum van 8 punte mag vir opskrifte/voorbeelde toegeken word. Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/ Evalueer krities/Lei af/ Vergelyk/ Onderskei/Stel voor/ Interpreteer/ Debatteer/Hoe Maks. 10 ‘n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken word. Slot Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks 2  'n Kort opsomming van wat bespreek is, sonder die herhaling van feite wat reeds genoem is  Enige mening/opinie waardeoordeel oor die feite wat bespreek is  Addisionele ondersteuning inligting om die bespreking/analise te versterk  'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra  Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek in detail die vier deelnemers in die ekonomiese kringloop van 'n oop ekonomie. (26)  Hoe BRICS-lidmaatskap Suid-Afrika gehelp het met sy buitelandse sektor handelsverhoudinge? (10) [40] VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek die Suid-Afrikaanse arbeidsmag in detail. (26)  Wat is die impak van MIV en VIGS op die Suid-Afrikaanse ekonomie? (10) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 10 Economics

View all