Skip to content

Economics Grade 11 P2 Gauteng November 2016 Memo (Afrikaans)

MemorandumEconomicsGrade 11201622 pages

Grade 11 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng November 2016 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2016 GRAAD 11 EKONOMIE VRAESTEL 2 MEMORANDUM 22 bladsye
Downloaded from hlayiso.com MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN EKONOMIE (Vraestel 2) MEMORANDUM AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 C Kruiselingse elastisiteit van vraag 1.1.2 B homogene 1.1.3 B die wet van dalende meeropbrengste 1.1.4 B normale 1.1.5 C Dit verkoop produkte in baie lande. 1.1.6 A maatskaplike toelaes 1.1.7 C Omgewingsake en Toerisme 1.1.8 A Omgewingsagteruitgang (8x2) (16) 2
Downloaded from hlayiso.com MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11 1.2 PASITEMS 1.2.1 H Die markprys word bepaal deur vraag en aanbod. 1.2.2 F ʼn Kombinasie van volmaakte mededinging en onvolmaakte mededinging 1.2.3 D Mense wat ʼn belang in die sukses van die besigheid het 1.2.4 B Dalende gemiddelde koste soos wat die koste verdeel word oor meer uitseteenhede 1.2.5 C Verandering van wette, regulasies of gebruike in verband met grondeienaarskap 1.2.6 G Tydelike werksgeleenthede geskep vir die werkloses, deur gebruik van openbare-sektor besteding 1.2.7 A Dit veroorsaak dat die temperatuur van die aarde verhoog. 1.2.8 E Die proses waar die hoeveelheid mense wat in landelike gebiede woon verminder en hulle na stede toe trek en bly (8x1) (8) 1.3 EEN WOORD ITEMS 1.3.1 Samespanning / sameswering 1.3.2 Ongereguleerde markte 1.3.3 Implisiewe koste 1.3.4 Armoedegaping 1.3.5 Ontbossing 1.3.6 Bewaring (6x1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 3
Downloaded from hlayiso.com MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11 AFDELING B. Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. VRAAG 2 MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 2.1.1 Gee TWEE voorbeelde van normale goedere. • Vakansies  • Motors  • Handelmerks-modes • Tegnologiese produkte  • Diamante (Enige relevante antwoord wat wys wat normale goedere is of enige goedere waarvoor die vraag na is en die inkomste verhoog) (2x1) (2) 2.1.2 Watter pryselastisiteit sal ʼn aanbod-kurwe hê as dit die horisontale (hoeveelheid) as kruis? • Perfekte elastiese aanbod (1x2) (2) 2.2 2.2.1 Is Uber ʼn substituut of ʼn komplement vir metertaxi’s? • Substituut (1) 2.2.2 Hoe is die Gautengse Vervoerdepartement van plan om die hoeveelheid Uber-taxi’s in Gauteng te beheer? • Uber-bestuurders sal geregistreer en gelisensieer word.  (1) 2.2.3 Wat is ʼn substituut goed? • Substitute is goedere wat vervang kan word deur ander soortgelyke goedere. (Oplossings vir almal Ekonomie)  • Die vraag verhouding tussen goedere wat mekaar kan vervang. (Fokus Ekonomie) • Substitute word gebruik in die plek van ander goedere of dienste om begeertes en behoeftes te bevredig. (Via Afrika)  (Enige ander relevante antwoord) (2) 4
Downloaded from hlayiso.com MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11 2.2.4 Hoekom sal die taxigebruiker voordeel trek wanneer Uber-taxi’s die mark betree? • Kompetisie tussen die meter taxi’s en Uber sal lei tot laer pryse. • Die verbruiker het nou ʼn groter keuse van vervoer. (Enige ander relevante antwoord) (2) 2.2.5 Teken ʼn benoemde grafiek wat sal wys wat gebeur met die vraagkurwe van metertaxi’s as die prys van Uber-taxi’s veminder. Vraag kurwe vir meter taxi’s Prys V1 V  0 Q1 Q Hoeveelheid (4) 5
Downloaded from hlayiso.com MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11 2.3 2.3.1 Waarvoor staan die afkorting TveK? • Totale Veranderlike Koste (1) 2.3.2 Hoekom is die TVK-kurwe horisontaal? • Totale Vaste Koste bly konstant.  • Totale Vaste Koste is ʼn vaste bedrag en nie gekoppel aan die produksie of uitsette nie. (Enige relevante antwoord) (1) 2.3.3 Verduidelik die term langtermyn. • Die langtermyn verwys na die periode wat lank genoeg is sodat die insette veranderlik kan word. (Via Afrika Ekonomie)   • Daar is geen vaste koste in die langtermyn nie. (Via Afrika Ekonomie)  • In die langtermyn kan die besigheid sy arbeid, kapitaal en grond verhoog om uitsette te verhoog (Fokus Ekonomie)  (Enige relevante antwoord) (2) 2.3.4 Gee die formule vir totale koste soos gesien in die grafiek hierbo. • Totale Koste = Vaste Koste + Veranderlike Koste  (2) 2.3.5 Verduidelik marginale koste volledig. • Die verhoging in totale koste wanneer een addisionele eenheid geproduseer word. • Die verandering in totale koste, as gevolg van ʼn verandering in die hoeveelheid uitsette geproduseer deur ʼn firma. • As jy die marginale koste ken, sal jy weet hoeveel dit kos om ʼn addisionele eenheid te produseer. • Marginale koste moet bereken word en saam met marginale inkomste bepaal dit die winsmaksimeringspunt van ʼn besigheid. (Enige relevante antwoord) (2x2) (4) 6
Downloaded from hlayiso.com MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11 2.4 Verduidelik die term prysmaker en heeltemal geblokkeerde toegang in terme van ʼn monopolie. PRYSMAKERS  • Die monopolis het heelwat beheer oor die prys van die produk. • Hulle sal neig om die prys op so ʼn vlak te stel dat dit hulle eie voordeel maksimeer. • Terwyl die monopolis ʼn prysmaker is, bedoel dit nie hulle kan beide die prys en die hoeveelheid geproduseer beheer nie, want die wet van vraag is nog steeds van toepassing. (Enige relevante antwoord) (Maks 4 Punte) HEELTEMAL GEBLOKKEER • Geen ander firma mag toetree tot die mark nie. • Die monopolie word normaalweg beskerm. • Voorbeelde van beskerming: Wetgewing, patente, lisensies, eksklusiewe eienaarskap, ens.  (Voorbeelde 1 punt elk – maks 2 punte) (Enige relevante antwoord) (Maks 4 Punte) (2x4) (8) 2.5 Deur gebruik van grafieke, verduidelik hoe ʼn tekort van grond die produksie van voedsel sal beïnvloed. Prys A1 Prys A1 P1 A A P1 Pe Pe V V 0 Qe Hoeveelheid 0 Q1 Qe Hoeveelheid Q1 Land Kos Punte toekenning 1 punt Prys & Hoeveelheid 1 punt Aanbodkurwe 1 punt Vraagkurwe 1 punt vir verandering in aanbodkurwe (Totaal 4 punte per grafiek) (8) [40] 7
Downloaded from hlayiso.com MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11 VRAAG 3 KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 3.1.1 Gee TWEE aanwysers wat gebruik word om armoede te bepaal. • Koopkragpariteit  • Koste van basiese behoeftes-metode • Kos-energie inname metode (Enige relevante antwoord) (2x1) (2) 3.1.2 Hoe help internasionale protokolle volhoubare ontwikkeling? • Dit fokus die wêreld se aandag op die probleem en forseer lande om die probleem aan te spreek. (Enige relevante antwoord) (1x2) (2) 3.2 3.2.1 Watter Suid-Afrikaanse Departement het die UNFCCC bygewoon? • Die Departement van Omgewingsake ✓✓ (1) 3.2.2 Hoeveel Afrika-lande is verteenwoordig by die UNFCCC? • 77 (1) 3.2.3 Noem TWEE probleme wat in die artikel genoem word oor klimaatsverandering in Afrika. • Onomkeerbare effek van klimaatsverandering op water- en voedselsekuriteit, gesondheid en infrastruktuur (2) 3.2.4 Verduidelik volhoubare ekonomiese ontwikkeling. • Volhoubare ekonomiese ontwikkeling is die ontwikkeling van ʼn gebied deur die gebruik van tegnieke en benaderinge wat die omgewing sal beskerm vir toekomstige gebruik.  (2) 8
Downloaded from hlayiso.com MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11 3.2.5 Wat kan die regering doen om die onvolhoubare gebruik van die omgewing te voorkom? • Gepaste owerheidsbeleide kan lei tot ʼn verhoging in die beskerming van die omgewing. ✓✓(Fokus Ekonomie) • Verwyder skadelike bymiddels van petrol soos lood.✓✓ • Moedig die gebruik van omgewingsvriendelike energiebronne soos wind, golf, en son-energie aan teenoor die energie verwek deur fossielbrandstowwe.✓✓ • Deur seker te maak dat alle nuwe geboue energiedoeltreffend is. ✓✓ • Maak regulasies wat besoedeling sal bekamp, soos die suksesvolle beleid om winkel plastieksakke te verminder.✓✓ – (Oxford Suksesvolle Ekonomie & Oplossing vir Ekonomie) (Enige relevante antwoord) (2x2) (4) 3.1 3.3.1 Identifiseer EEN land wat deel vorm van BRICS. • Brasilië  • Rusland  • Indië  • China  • Suid-Afrika  = BRICS (1) 3.3.2 Watter lidland stel daarin belang om ʼn kernkragooreenkoms met Suid-Afrika aan te gaan? • Rusland  (1) 3.3.3 Verduidelik die begrip opkomende ekonomieë. • Dit het ekonomieë in wat nog nie volledig ontwikkel het nie betrek. • Dit behels daardie ekonomieë wat steeds grootliks van primêre sektor afhanklik is. • Dit behels onstabiele ekonomieë  (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (2x2) (4) 9
Downloaded from hlayiso.com MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11 3.3.4 Verduidelik hoekom handelsooreenkomste soos BRICS Suid- Afrika bevoordeel. • Nuwe direkte Buitelandse Beleggings in Suid-Afrika  • Bemarkingsgeleenthede vir Suid-Afrikaanse uitvoerprodukte  • Goedkoper invoer van goedere en dienste.  • Groter keuse van produkte.  • Suid-Afrika verdien buitelandse valuta met uitvoere.  • Die herbalansering van die Betalingsbalans.  (Enige relevante antwoord) (2x2) (4) 3.4 Verduidelik die basiese bewaringsmetodes wat gebruik word om globale natuurlike hulpbronne te beskerm. • Bewaring van biodiversiteit: ✓ help ekosisteme om te reageer op beskadiging en verandering.✓✓ Plantspesies in natuurlike gebiede kan aanpas by natuurlike omgewingsverandering, soos veldbrande, droogtes of siektes.✓ • Woudbewaring: ✓ Groot gebiede van woude in die wêreld is vernietig vir brandhout, petrol, houtprodukte, landbou en lewende hawe.✓✓ Optrede om ontbossing te stop, sluit in wetgewing en die boikot van MNKs verantwoordelik vir oorbenutting.✓✓ • Grondbewaring: ✓mense het wind- en reënerosie aangehelp deur die wat ontwikkeling van land en die verwydering van plantegroei wat water en grond in plek moet hou.✓✓ • Waterbewaring: ✓Die globale voorraad van varswater is oneweredig versprei. ✓✓chroniese watertekorte bestaan in die meeste van Afrika en droogtes is algemeen ✓✓Waterbesoedeling is ʼn groot probleem.✓✓ • Energiebewaring: ✓ Energie word gebruik vir vervoer, verwarming, verkoeling, om te kook, beligting en industriële produksie. ✓Die energieaanbod van die wêreld hang af van baie verskillende bronne. ✓✓ Daar is ʼn wêreldwye behoefte om energiebewaring te verhoog en die gebruik van hernubare energiebronne. ✓✓ (Enige relevante korrekte antwoord) (4x2) (8) 10
Downloaded from hlayiso.com MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11 3.5 Wat is die verskil tussen absolute armoede en relatiewe armoede. (8) Absolute armoede Relatiewe armoede • Mense wat so arm is dat hulle nie die • Mense het genoeg om hulle basiese basiese behoeftes van kos, behoeftes te dek, maar hulle huisvesting en klere kan bekostig nie, lewenstandaard, vergelykend met die lewe in absolute armoede.  inwoners van hulle land of ander • Dit beteken hulle lewe onder die lande, is laer.  armoedelyn of minimum • Hulle kan bekostig om basiese lewenstandaard.  goedere te koop maar niks meer • Absolute armoede verwys na die nie.  gedeelte van die gemeenskap wat nie • Mense is relatief arm as hulle kan bekostig om goedere en dienste inkomste laer is as die samelewing te koop om hulle basiese behoeftes te waarin hulle woon.  bevredig nie.  • Dit is armoede gedefinieer deur te • Dit word gemeet deur die werklike verwys na die lewenstandaard van waarde van geld.  die gegewe gemeenskap.  (Enige ander relevante antwoord) (Enige relevante antwoord) (Maks 4 punte) (Maks 4 punte) (2x4) (8) [40] 11
Downloaded from hlayiso.com MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11 VRAAG 4 MIKRO-EKONOMIE & KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 4.1.1 Gee TWEE kenmerke van monopolistiese kompetisie. • Baie kopers en verkopers • Gedifferensieerde produk of heterogene produk • Toegang tot die mark is redelik maklik (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord) (2x1) (2) 4.1.2 Hoe dra omgewingsbelasting (groenbelasting) by tot volhoubaarheid? • Die implementering van die Wet op Lewende Marine Hulpbronne van 1998  (1x2) (2) 4.2 4.2.1 By watter hoeveelheid breek hierdie firma gelyk? Hoeveelheid 2 (1) 4.2.2 Wat is die formule om A te bereken in die tabel? • Totale inkomste = Prys x Hoeveelheid (1) 4.2.3 Bereken die vaste koste in die tabel hierbo. (Gee ʼn rede vir jou antwoord.) • Vaste koste = R10  • Die totale koste vir 0 eenhede geproduseer is R10 dit kan slegs die vaste koste wees omdat veranderlike koste by 0 eenhede is.  (2) 4.2.4 Bereken die marginale koste van die derde item. MK = ∆TK/∆Q =3 / 1 = 3 (2) 4.2.5 Watter markstruktuur word in die tabel hierbo verteenwoordig? Gee ʼn rede vir jou antwoord. • Onvolmaakte mark • Die prys verminder om hoeveelheid te vermeerder  • Die prys is nie konstant of vas nie  (Enige relevante antwoord) (4) 12
Downloaded from hlayiso.com MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11 4.3 4.3.1 Wie baklei teen armoede in die spotprent? • Die inwoners van ʼn land / verbruikers / werkers / huishoudings (Enige relevante antwoord) (1) 4.3.2 Watter lande word die meeste deur armoede beïnvloed? • Ontwikkelende lande (1) 4.3.3 Verduidelik die term armoede. • Armoede is die onvermoë om ʼn basiese lewenstandaard te handhaaf. (Oplossings vir almal Ekonomie) • Huishoudings lewe in ʼn staat van armoede as hulle inkomste te laag is om in basiese benodighede vir lewe te kan voorsien: soos kos, klere behuising. (Oxford Suksesvolle Ekonomie) • Armoede beskryf ʼn situasie waar mense ʼn klein inkomste kry of geen inkomste kry en dus nie hulle basiese behoeftes kan bevredig nie. (Fokus Ekonomie) (Enige relevante antwoord) (2) 4.3.4 Hoe kan die regering jou “ondersteun om die vyand te verwoes”? • Die regering kan werk skep. • Die regering kan maatskaplike toelaes gee. • Die regering kan mense oplei en vaardighede leer. • Die regering kan die prys van basiese goedere vasstel. • Die regering kan sekere dienste gratis verrig. • Toegang tot basiese dienste • Werkskeppingsprogramme en inkomste hulp • Verandering van arbeidswetgewing (Enige relevante antwoord) (2) 4.3.5 Verduidelik hoe oneffektiewe beleide tot armoede kan lei. • Slegte owerheidsbeleide kan armoede vererger in plaas van verbeter. • Diskriminasie teen sekere etniese groepe mag voorkom as gevolg van ʼn sekere groep in beheer van die owerheid en dit kan lei tot armoede onder sekere groepe in die samelewing. • Soms kan ʼn beleid onwetend gevolge hê, byvoorbeeld grondhervorming kan lei dat grond aan onbevoegde boer gegee word. • Korrupsie kan lei tot slegte owerheidsoptrede, waar projekte ingestel word nie op grond van die goeie aksies tot die populasie nie maar as gevolg van omkoopgeld. (2x2) (4) 13
Downloaded from hlayiso.com MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11 4.4 Onderskei tussen enige TWEE tipes winste. • Rekeningkundige wins  • Ook bekend as totale wins  • Dis die verskil tussen totale wins van verkope en totale koste.  • Rekeningkundige wins = Inkomste minus eksplisiete koste   • Normale wins  • Dit is die minimum wins vereis deur die eienaar  om voort te gaan met die besigheid.  • Dit is die vergoeding vir die entrepreneur.  • Dit sluit die totale koste van produksie in.  • Wanneer inkomste gelyk is aan eksplisiete koste plus impulsiewe koste.   • Ekonomiese wins  • Dit is die ekstra wins wat ʼn firma maak.  • Dit is die wins wat ʼn besigheid maak, addisioneel tot die normale wins.  • Dit is ook bekend as die surplus of ekstra wins.  • Ekonomiese wins = Inkomste minus explisiewe plus implisiewe koste  (2x4) (8) 4.5 In watter mate beskerm internasionale ooreenkomste die omgewing? Die Wêreldberaad oor Volhoubare Ontwikkeling 2002 • Gehou in Sandton Johannesburg in 2002 • Bespreek uitdagings soos die verbetering van mense se lewens en die bewaring van natuurlike hulpbronne in ʼn wêreld met ʼn steeds groeiende bevolking  en toenemende vraag na voedsel, water, skuiling, sanitasie, energie, gesondheidsdienste en ekonomiese sekuriteit. • Spesifieke prestasies: - Biodiversiteit en bewaring word belangrike kwessies om die tempo van uitsterwing van spesies te verminder.  - Toegang tot bronne van energie en water vir arm mense het toegeneem. - Lood is verwyder uit petrol. (Enige relevante antwoord) Die Kyoto-Protokol • Die Kyoto-Protokol is in 1997 onderhandel en onderteken in 2005. • Die ooreenkoms is geteken deur 170 lande, Die VSA, wat die wêreld se hoogste uitset van koolstofdioksied en het nie die Kyoto-Protokol onderteken nie. • Die Protokol het wetlike bindingsdoelwitte geskep om kweekhuisgasse te verminder. (Enige relevante antwoord) 14
Downloaded from hlayiso.com MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11 Die Millennium Ontwikkelingsdoelwitte • Die MOD is agt internasionale ontwikkelingsdoelwitte aan al 193 Verenigde Nasies lidlande. • Doelwit 1:Verwydering van uiterste armoede en honger • Doelwit 2: Behaal universele primêre onderwys. • Doelwit 3: Bevorder geslagsgelykheid en bemagtiging van vroue. • Doelwit 4: Verminder kindersterftesyfers. • Doelwit 5: Verbeter moeders se gesondheid. • Doelwit 6: Beveg HIV / VIGS, malaria en ander siektes. • Doelwit 7: Verseker omgewingsvolhoubaarheid. • Doelwit 8: Ontwikkel ʼn globale vennootskap vir ontwikkeling. • Kommer oor die volhoubaarheid van die omgewing het die volgende doelstellings: - Integrasie van die doelwitte vir volhoubare ontwikkeling in ʼn land se beleid en programme om die verlies aan omgewingshulpbronne om te swaai. - Vermindering in die koers van biodiversiteitsverlies teen 2010 - Die vermindering met die helfte van die mense sonder toegang tot veilige drinkwater en basiese sanitasie - Die behaling van merkbare verbetering in die lewens van ten minste 100 miljoen krotbewoners teen 2020 (Enige relevante antwoord) COP 17 konferensie, Durban 2011 • Cop 17 was die 17de Konferensie van die Partye by die Kyoto Protokol oor klimaatsverandering. • COP 17 het ʼn Groen Klimaatsfonds saamgestel om die ontwikkelende lande te help om skoner bronne vir energie te kry en aan te pas by klimaatsveranderinge. • Daar word gehoop dat lande sal bydra tot die fonds en dat dit in 2012 kan begin werk. (Enige relevante antwoord) (2x4) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 15
Downloaded from hlayiso.com MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11 AFDELING C Beantwoord slegs EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. PUNTE STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Maks. 2 Inhoud: • Hoofdeel: Bespreek volledig / Verduidelik in diepte / Ondersoek / Bespreek krities / Analiseer / Vergelyk / Evalueer / Onderskei / Maks. 26 Verduidelik / Assesseer / Debatteer. • Addisionele deel: Gee eie opinie / Bespreek krities / Evalueer / Evalueer krities / Teken ʼn grafiek en verduidelik / Gebruik die grafiek verskaf en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek / Bereken / Afgelei / Vergelyk / Verduidelik / Onderskei / Interpreteer / Debatteer kortliks / Hoe? / Stel Maks. 10 voor / Gebruik die inligting en argumenteer / Debatteer / Evalueer Gevolgtrekking Enige relevante hoër-orde gevolgtrekking wat die volgende insluit: • ʼn Kortlikse opsomming van wat bespreek is / analise sonder om feite wat Maks. 2 reeds in die inhoud genoem is te herhaal • ʼn Opinie of waardebeoordeling van die feite wat bespreek is • Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking / analise te versterking • ʼn Teenstellige uitgangspunt met ʼn motivering, soos benodig • Aanbevelings TOTAAL 40 VRAAG 5 MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE Afhangend van die tipe goedere, kan ʼn vraagkurwe elasties of onelasties wees. • Verduidelik die verskillende kategorieë van vraagelastisiteit volledig, met die hulp van grafieke. (26 punte) • Debatteer kortliks of die verskaffer van sjokolade en die verskaffer van petrol beide ʼn verhoging in prys sal gebruik om winste te verhoog. (10 punte) [40] 16
Downloaded from hlayiso.com MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11 INLEIDING Elastisiteit dui die reaksie of sensitiwiteit van een veranderlike op die verandering van ʼn ander. Elastisiteit is formeel gedefinieer as die persentasie van verandering in die afhanklike veranderlike, met ʼn verandering van een persent in die onafhanklike veranderlike. OF Pryselastisiteit van vraag (PED) word gedefinieer as die persentasie verandering in die hoeveelheid gevra wat veroorsaak word deur 1% persentasie verandering in die prys, ceteris paribus. (Enige relevante definisie) (Maks 2) INHOUD: HOOFDEEL Perfekte onelasties • Die hoeveelheid gevra bly onveranderd ongeag ʼn verandering in prys. • TI verander in dieselfde rigting as die prys. • Perfekte onelasties is die PEd = 0. 1 punt – beweging van P PRYS 1 punt – benoeming van asse P  Q Hoeveelheid Onelasties • PEd tussen 0 en 1 en PED < 1. • Die hoeveelheid gevra reageer op ʼn verandering in die prys, maar met ʼn kleiner persentasie as die verandering in die prys. • TI verander in dieselfde rigting as die prys. PRYS V 1 punt – beweging van P 1 punt – benoeming van asse V  Hoeveelheid 17
Downloaded from hlayiso.com MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11 Eenheid elasties  • PEd = 1. • Die persentasie verandering in die hoeveelheid gevra is gelyk aan die persentasie verandering in die prys. • Totale inkomste sal onveranderd bly. PRYS 1 punt – beweging van P 1 punt – benoeming van asse P  Hoeveelheid Elasties • PEd tussen 1 en oneindig en PEd > 1. • Die hoeveelheid gevra reageer met ʼn verandering in die prys,maar met ʼn groter persentasie as die verandering in die prys. • Totale inkomste verander in die teenoorgestelde rigting as die verandering in die prys. PRYS 1 punt – beweging van P 1 punt – benoeming van asse P Hoeveelheid Q 18
Downloaded from hlayiso.com MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11 Perfek elastisiteit • PEd = ∞. • Wanneer die vraag perfek elasties is sal dit lei tot verandering in die prys en ʼn oneindige verandering in die hoeveelheid gevra. • Inkomste sal oneindig verhoog met ʼn vermindering in prys. PRYS  Hoeveelheid (Opskrifte en voorbeeld maks 8 punte – maks hoof gedeelte 26) LIGGAAM: ADDISIONELE GEDEELTE • Nee, die verskaffer van sjokolade en die verskaffer van petrol sal nie beide prys gebruik om hulle winste te verhoog nie. • Die pryselastisiteit van vraag vir sjokolade is prys elasties • Omdat sjokolade ʼn luukse is, en die prys te hoog word, sal mense sjokolade ophou eet en ʼn substituut vind vir sjokolade. • Vervaardigers van sjokolade wat hulle inkomste wil verhoog kan dit doen deur die prys van sjokolade te verlaag, want die verandering in die hoeveelheid gevra sal proporsioneel meer wees as die persentasie verandering in die prys van die produk • Die pryselastisiteit van vraag na petrol is onelasties. • Selfs as die prys verhoog, het mense vervoer nodig om by die werk te kom en sal nog steeds petrol gebruik. • Daar is geen substituut vir petrol nie, en hulle moet die duurder prys vir petrol betaal. • Vervaardigers van petrol word aangemoedig om pryse te verhoog en die proporsionele verandering in vraag is baie kleiner as die verandering van die prys van die petrol. (Enige relevante antwoord) (Maks 10) GEVOLGTREKKING Die produsent kan nie altyd staatmaak op prys te verhoog om inkomste te verhoog nie, want hulle moet weet hoe prysverhogings die vraag na hulle produk sal beïnvloed en liewer nie -prys metodes te gebruik om hulle markaandeel en inkomste te verhoog. (Enige ander relevante antwoord) (Maks 2) 19
Downloaded from hlayiso.com MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11 VRAAG 6 KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE Alle lande neem deel aan internasionale handel, sommige meer suksesvol as ander. • Bespreek volledig die voordele wat ʼn land het en moet hê om goedere te produseer in ʼn internasionale mark. (26 punte) • Tot watter mate word Suid-Afrika negatief geaffekteer deur die Noord / Suid- verdeling? (10 punte) [40] INLEIDING Wêreldhandel is tot die voordeel van ʼn land as dit surplusproduksie kan verkoop aan ander lande en koop wat dit self nie kan produseer nie. OF Globalisering is die prosesse waardeur die mense van die wêreld opgeneem word in ʼn enkele wêreldgemeenskap. OF Globalisering is die afbreek van die handelsversperrings om die vrye beweging van goedere en dienste, arbeid en kapitaal te bevorder in ʼn globale ekonomie. (Enige relevante definisie) (Maks 2) LIGGAAM: HOOFDEEL Absolute voordeel  • Absolute voordeel in handel ontstaan as een land goedere kan produseer deur minder hulpbronne (laer koste en meer effektief) te gebruik as wat ʼn ander land dit kan produseer. • Sommige lande het ʼn voordeel oor ander lande as gevolg van die beskikbaarheid of die vermoë om goedere en dienste te vervaardig. • ʼn Absolute voordeel is wanneer ʼn land ʼn monopolie oor ʼn produk het of dit kan vervaardig teen die laagste koste (of met hoër produktiwiteit). • Om ʼn absolute voordeel te hê beteken dat iets meer effektief geproduseer word as in ander lande in die wêreld. • Voorbeeld: Suid-Afrika het die wêreld se meerderheid diamante en het die beste metodes ontwikkel om dit uit ontgin en te verwerk. Dus het Suid-Afrika ʼn absolute voordeel in die handel van diamanteof Brasilië het ʼn absolute voordeel in die produksie van koffie en Meksiko vir silwer, ens. • Ontwikkelde lande het gewoonlik ʼn absolute voordeel oor ontwikkelende lande in vervaardiging wat tegnologie behels, aangesien hulle meer kapitaal beskikbaar het en oor meer geskoolde arbeid beskik Vergelykende voordeel • Vergelykende voordeel in handel bestaan as ʼn land ʼn laer relatiewe koste van produksie het in die vervaardiging van goedere in vergelyking met ʼn ander land. • Selfs as ʼn land geen absolute voordeel het nie, kan dit baat by handel op grond van ʼn vergelykende voordeel. • Vergelykende voordeel beteken ʼn land is toegerus om produkte te produseer teen laer koste as die ander land as dit spesialiseer in daardie produk. 20
Downloaded from hlayiso.com MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11 • Hierdie voordeel kan voorkom as gevolg van beter tegnologiese ontwikkeling, beter vaardighede, goedkoper arbeid en hoër produktiwiteit. • Voorbeeld: Suid-Afrika het ʼn vergelykende voordeel in sekere landbouprodukte, edelstene en metale, wat ons ʼn belangrike handelsvennoot maak. • ʼn Land kan ʼn vergelykende voordeel ontwikkel oor tyd byvoorbeeld deur die kennis en vaardighede van arbeid te verbeter en die infrastruktuur in die land te verbeter. Voordele van handel met absolute en vergelykende voordele • Natuurlike hulpbronne is oneweredig versprei tussen lande  - Sommige lande is beter as ander in die vervaardiging van sekere produkte/internasionale handel help met die eweredige verspreiding van die hulpbronne • Lande kan spesialiseer  - Hulle produseer die produkte wat hul die beste in is. • Lande kan produkte verkry wat hulle nie het nie.  - Dit verhoog die verskeidenheid van goedere beskikbaar aan verbruikers. • Ekonomiese groei en ontwikkeling - Hoër volumes van handel dra by tot ekonomiese groei en die lewenstandaard van die lande. • Beter lewenstandaarde en groter werkverskaffing - Nuwe werksgeleenthede kan geskep word as handel floreer onder absolute en vergelykende voordele, wat sal lei tot hoër inkomste vir huishoudings en beter vlakke van welsyn as beter infrastruktuur, gesondheidsorg en onderwys geskep word. • Groter bewustheid van globale probleme - Beklemtoon sosiale, ekonomiese en omgewingsprobleme en stimuleer hulp. Nadele • ʼn Land wat meer mag het mag as ʼn swakker land kan hom dwing om handel te dryf, wat minder voordelig is vir die swakker land. • Vervoer  - Vervoerkoste betrokke by internasionale handel verhoog die koste van produksie as daar ʼn groot afstand tussen die lande is. • Handelshindernisse  - Hindernisse tot handel soos tariewe, kwotas en ander onregverdige hindernisse kan gehef word deur lande en sal die voordeel van handel verminder. • Afhanklikheid - As ʼn land te afhanklik word van ʼn paar industrieë en die prys daal in daardie industrieë, kan grootskaalse werkloosheid ontstaan. • Beskerming van nuwe industrieë - Nuwe industrieë vind dit moeilik om mee te ding en te oorleef teen gevestigde industrieë.    21
Downloaded from hlayiso.com MEMORANDUM EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11 • Oorspesialisering  - Dit het ʼn negatiewe effek as prysoorloë ontstaan of as natuurlike rampe voorkom en invoere en uitvoere hou op. • Betalingsbalans probleme - As invoere meer is as uitvoere, sal die Betalingsbalans negatief word. (Opskrifte en voorbeelde maks 8 punte – maks hoofdeel maks 26) LIGGAAM: ADDISIONELE DEEL • Suid-Afrika word steeds as ʼn ontwikkelende land beskou omdat dit nie voldoen aan al die eienskappe van ʼn ontwikkelde land nie. • Gesondheid : Die meerderheid van die populasie in Suid-Afrika het nie toegang tot ordentlike mediese sorg nie. • Industrieë: Ons ding nog nie mee met ontwikkelde lande se industrieë nie en moet nog meer fokus op die sekondêre en tersiêre sektore. • Onderwys: Alle kinders in Suid-Afrika het toegang tot skole, maar dis die kwaliteit van sommige skole en die gehalte van onderwys wat nie altyd meeding met ontwikkelde lande nie. • Verswakte geldeenheid: Ons rand het gedepresieer teenoor die meeste ander groot geldeenhede en maak internasionale mededingendheid baie moeilik. • Afhanklikheid van natuurlike hulpbronne: Suid-Afrika is nog baie afhanklik van natuurlike hulpbronne soos goud om die ekonomie te dra. As leerders slegs die eienskappe van ʼn ontwikkelende land gegee het kry hulle die helfte van die punte. Hulle moes gewys het hoe dit van toepassings is op Suid-Afrika om die volle punte te kry. (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.) (Maks 10) SAMEVATTING Die wêreld is ʼn globale dorp en integrasie en handel is belangrik om enige ekonomie te laat groei. Alle lande moet met mekaar meeding vir markaandeel en die ontwikkelende lande kan nie kompeteer met die hoogs gesubsidieerde ontwikkelde lande nywerhede. (Enige relevante antwoord) (Maks 2) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL: 150 22

Study this subject

More from Grade 11 Economics

View all