Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
NOVEMBER 2016
GRAAD 11
EKONOMIE
VRAESTEL 1
MEMORANDUM
16 bladsye
Skip to contentAll 2016 papers %20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344/v1-aa38986945842df6d9dd/card.webp)

%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--eed8879a-a090-451a-a129-f2906009b3e7/v1-246dcbadc0627dabf2f5/card.webp)
%20November%202015%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f6948d1b-63be-42ee-882c-e1e4bb7610e8/v1-8d81f297706ac096eb7c/card.webp)
%20June%202016%20%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--bf9ba336-b573-4318-8481-5953f816a08b/v1-0112112eb6da7f999c91/card.webp)
%20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--3da2c64d-9c52-4050-b623-b23413f7d393/v1-101a17ac4ecbcc9755fb/card.webp)
View all


%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e/v1-d5ff446b5035b70da9db/card.webp)


Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2016 Memo (Afrikaans)
Grade 11 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng November 2016 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 11 · Gauteng November · 2016 · Afrikaans. Memorandum, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2016
- Exam period
- Gauteng November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 925.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Gauteng November 2016
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM VRAESTEL 1 GRAAD 11
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
EKONOMIE
(Vraestel 1)
MEMORANDUM
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
MEERVOUDIGE KEUSE VRAE
1.1 1.1.1 B√√ (produksie)
1.1.2 B√√ (finale goedere)
1.1.3 B√√ (volle indiensneming )
1.1.4 A√√ (Reële ekonomiese groeikoers)
1.1.5 B√√ (lewensstandaard)
1.1.6 A√√ (monetêre beleid van die SARB )
1.1.7 C√√ (nasionale paaie)
1.1.8 C√√ (die Menslike Ontwikkelingsindeks / MOI) (8x2) (16)
1.2 KOLOMME
1.2.1 C√ (Mense wat geen deelname het in die ekonomiese aktiwiteite
van ʼn land nie)
1.2.2 E√ (ʼn Maatstaf van lewensstandaard)
1.2.3 F√ (Meet die vlakke van ekonomiese ontwikkeling in lande)
1.2.4 H√ (Vryemark-ekonomie)
1.2.5 B√ (Om in staat te wees om in ʼn land voorspoedig te wees sonder
inmenging van die Regering)
1.2.6 G√ (Om agteruit te beweeg na ʼn minder ontwikkelende land)
1.2.7 D√ (Die verhouding tussen inset en uitset)
1.2.8 A√ (ʼn Manier om ʼn kwalifikasie te kry wat bestaan uit ʼn
gestruktureerde onderrigkomponent tesame met ondervinding
in die werkplek) (8x1) (8)
1.3 KONSEPTE
1.3.1 Parastatale / SBOe √
1.3.2 Fiskale Beleid√
1.3.3 Duursame goedere
1.3.4 Teko koers / Terugkoopkoers √
1.3.5 Verstedeliking√
1.3.6 Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika √ (6x1) (6)
TOTAAL AFDELING A: [30]
2
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM VRAESTEL 1 GRAAD 11
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE vrae uit hierdie afdeling.
VRAAG 2 MAKROEKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem TWEE voorbeelde van gratis gesubsidieerde basiese
huishoudelike dienste aan huishoudings wat deur die plaaslike
regering verskaf word.
• Water√
• Sanitasie√
• Elektrisiteit√
• Vullisverwydering √ (Enige 2x1)(2)
2.1.2 Verduidelik hoe verbruiksbesteding tot werkskepping lei.
• As verbruik toeneem, neem produksie toe en meer mense word benodig
om in die fabrieke te werk. √√ (2)
2.2 Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
2.2.1 Watter ander organisasie, behalwe Statistiek SA, publiseer statistieke in
SA?
Suid Afrikaanse Reserwe Bank / SARB √ (1)
2.2.2 Watter metode word hierbo gebruik om BBP te bereken?
Bestedingsmetode√ (1)
2.2.3 Voltooi die item wat deur die letter (A) in die tabel verteenwoordig
word.
Bruto Binnelandse Besteding √√ (2)
2.2.4 Verduidelik die konsep BBP.
Totale waarde van finale goedere en dienste geproduseer binne die
grense van die land vir ʼn spesifieke tydperk √√ (2)
2.2.5 Bereken besteding op BBP teen markpryse (B).
(Toon alle berekeninge)
R3 571m√ + R854m √– R872m √= R3 553m√ (4)
3
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM VRAESTEL 1 GRAAD 11
2.3 Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
2.3.1 Watter sektor word deur die droogte geaffekteer?
• Die primêre sektor√ (1)
2.3.2 Watter effek sal die droogte hê op Suid Afrikaanse landbou uitvoere?
• Landbou uitvoere sal afneem√ (1)
2.3.3 Verduidelik die impak van die onlangse rentekoersverhogings op
verbruikers wat alreeds kontantvloei probleme ondervind.
• Meer skuld sal deur verbruikers gemaak word. √√
• Verbruikers wat nie kan bekostig om voedsel te koop nie, sal
hongersnood en armoede ondervind. √√
(Aanvaar enige relevante feit.) (2)
2.3.4 Hoe sal ʼn daling in rentekoerse die verbruiker beïnvloed?
• Besteding sal toeneem√√
• Spaar sal afneem√√
• Krediet sal toeneem√ / lenings sal toeneem√√
• Investering en belegging sal toeneem√√
• Rentekoerse sal depresieer √√ (2)
2.3.5 Verduidelik TWEE soorte bedrywighede wat in die primêre sektor
plaasvind en verskaf voorbeelde.
• Genetiese werksaamhede, √ waar aan die natuur teruggegee kan word
wat daaruit geneem is, √ bv. Boerdery of bosbou. √
• Eksplorerende (ontginnende) werksaamhede, √ waar aan die natuur
teruggegee kan word wat daaruit geneem is, √ bv. Mynbou en
visserye. √ (2x2)(4)
4
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM VRAESTEL 1 GRAAD 11
2.4 Verduidelik die verskil tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling.
EKONOMIESE GROEI EKONOMIESE ONTWIKKELING
• Toename in produksie kapasiteit van die • ʼn Toename in lewenstandaard√√
land√√ • Wanneer ontwikkeling plaasvind sal
• Word gemeet in terme van Reële BBP mense meer goedere en dienste kan
oor ʼn periode van minstens 1 jaar√√ bekostig soos, huise, elektrisiteit, motors,
• Groei moet plaasvind in ontwikkelende onderrig en gesondheidsorg wat hul
lande sodat dit moontlik kan wees vir lewens makliker en meer gerieflik kan
mense om werksgeleenthede te bekom maak. √√
om sodoende ʼn inkomste te verdien en • Ekonomiese ontwikkeling dui ʼn
sodoende hul lewenstandaard te verbetering in materieële kwaliteit en
verbeter√√. welvaart aan. √√
• Fokus op produksie √√ • Fokus op mense √√
(Enige 2x2)(4) (Enige 2x2)(4) (2x4)(8)
(Aanvaar enige relevante antwoorde.)
2.5 Hoe effektief is die Suid-Afrikaanse Regering in sosio-ekonomiese
dienslewering?
Evaluering van die verskaffing van maatskaplike dienste
• Die Staat verskaf maatskaplike dienste om individuele welsyn te bevorder en om
die ekonomiese vooruitsigte van die land te verbeter. √√
• Dit sluit welsynsfunksies asook openbare goedere soos onderwys en
gesondheidsorg in. √√
• Die staat spandeer meer as 50 % van die totale begroting op maatskaplike
dienste. √√
• Die onderwys en opleidingsfunksie om geletterdheid te verbeter
bv. skole, universiteite en tegnologie-universiteite. ʼn Doelwit van die regering is
om die aantal jong volwassenes met formele onderwys te verhoog. √√
• Die behuisingsfunksie, wat die verskaffing van behuising vir behoeftiges insluit√√
• Die bestaansbeveiligingsfunksie
wat poog om in die behoeftes van sommige individue te voorsien deur
staatspensioene en ongeskiktheidstoelae. √√
• Die gesondheidsfunksie om basiese gesondheidsdienste aan die hele
gemeenskap te verskaf√√
bv. MIV/Vigs-programme wat ARV medisyne vrylik verskaf aan MIV positiewe
pasiënte√√
(Aanvaar die Negatiewe en die Positiewe.) (4x2)(8)
[40]
5
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM VRAESTEL 1 GRAAD 11
VRAAG 3 EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem TWEE lidlande van die SAOG.
• South Africa√
• Seychelles√
• Lesotho√
• Swaziland√
• Botswana√
• Namibië√
• Zimbabwe√
• Mosambiek√
• Zambië√
• Malawi√
• Angola√
• Tanzanië√
• Demokratiese Republiek van Kongo√
• Mauritius√ (Enige 2x1)(2)
3.1.2 Verduidelik die rol van die Suid-Afrikaanse Reserwebank met betrekking
tot bankmislukking
• Die SARB tree in om te verseker dat mense nie hul vertroue in die
banksektor verloor nie. √√
• Mense kan hul vertroue in die bankstelsel verloor en dit kan ʼn negatiewe
effek op ander banke hê en tot meer bankmislukkings lei. √√
• Kliënte van geregistreerde banke het die versekering van die SARB dat
hulle nie hul beleggings / deposito’s sal verloor nie. √√ (1x2)(2)
3.2 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.
3.2.1 Watter internasionale organisasie verskaf die data in die uittreksel
hierbo genoem?
• Die Wêreldbank√ (1)
3.2.2 Wanneer het die inkome ongelykheid in Suid-Afrika drasties
toegeneem?
• 2009√ (1)
6
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM VRAESTEL 1 GRAAD 11
3.2.3 Verduidelik waarom Suid-Afrika een van die hoogste koerse van
ongelykheid in die wêreld het.
• Suid Afrika se Gini-koëffisiënt was hoog as gevolg van apartheid√√
• Ongelykheid tussen rasse-groepe het toegeneem√√ (2x2)(4)
3.2.4 Wat is die verhouding tussen die Gini- koëffisiënt en die Lorenz kurwe?
• Die Lorenz-kurwe is ʼn grafiek wat ongelyke verdeling van inkomste tussen
huishoudings uitbeeld. √√
• Die grafiek toon die inkomste verdeling tussen armes, die gemiddeldes en
die rykste mense in die land. √√
• Hoe meer die Lorenz-kurwe wegbeweeg van die reguit lyn, hoe meer
oneweredig is inkomste verdeling in die land. √√
• Die Gini-koëffisiënt meet die graad van ongelykheid in die verdeling van
inkomste tussen huishoudings. √√
(Aanvaar enige relevante antwoord.) (2x2)(4)
3.3 Bestudeer die gegewe uittreksel en beantwoord die vrae wat volg:
3.3.1 Noem TWEE probleme as geld by geldskieters geleen word.
• Hoë rentekoerse√
• Gebruik van wrede metodes vir skuldinvordering√ (2x1)(2)
3.3.2 Noem TWEE doelwitte van die instansie wat mikro-uitleners reguleer.
• Om volhoubare ontwikkeling in die geld-uitleen industrie te bevorder. √√
• Om in die wettige behoeftes van leners te voorsien. √√
• Om te verseker dat verbruikers se regte beskerm word. √√ (Enige 2x2)(4)
3.3.3 Verduidelik TWEE redes vir bankmislukking.
• ʼn Swak ekonomiese omgewing maak dit moeilik vir banke om wins te
maak. √√
• Swak en oneerbare bestuur√√
• Oorblootstelling aan mikrolenery en slegte skuld√√
• Swak bestuur van likiditeit√√
• Swak kredietbeheer (byvoorbeeld deur nie die kredietwaardigheid van
leners te bepaal nie, of deur nie lenings en bankoortrekkings noukeurig
genoeg te monitor nie) √√ (Enige 2x2)(4)
7
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM VRAESTEL 1 GRAAD 11
3.4 Verduidelik hoe die Suid-Afrikaanse Regering die private sektor aanmoedig om
te belê in welvaart skepping.
• Navorsing wat lei tot produksie vanʼn unieke produk √
Lande kan voordeel uit handel trek deur goedere en dienste te produseer wat
geen ander lande aanbied nie. √√
Die verdienste uit handel word gebruik om bates te akkumuleer vir die
produksie van ander goedere en dienste√√
• Belegging in onderwys en opleiding √
Suid-Afrika bestee tans die grootste gedeelte van die begroting aan
onderwys. √√
Dit is noodsaaklik vir die ontwikkeling van die arbeidsmag se vaardighede.
Onderwys is ʼn belegging in menskapitaal en voorsien mense van ʼn
lewenslange vermoë om inkomste te verdien. √√
Ten spyte hiervan is ons skoolbywoning en slaagsyfer laer as die
wêreldgemiddelde. √√
• Belegging in infrastruktuur√
Die Suid-Afrikaanse regering het onderneem om, vanaf 2008, 8 % van die BBP
aan vervoer- en kommunikasie-infrastruktuur te bestee. √√
Dit skep werksgeleenthede en ʼn geskikte sakeomgewing.
Die voordele hiervan kan veral gesien word aan die verbetering van lughawens
en paaie√√
• Lok beleggings √
Plaaslike en buitelandse beleggings is nodig vir kapitaalvorming. √√
In Suid-Afrika is daar nie genoeg spaargeld om in fabrieke te belê nie. √√
ʼn Groot gedeelte van die produksie is op verbruikersgoedere gefokus. √√
Op hierdie manier kan toekomstige produksiekapasiteit nie verhoog word
nie. √√
(Opskrifte 1 punt elk, 4x1) (4x2)(8)
3.5 Wat is die oorsaak vir die volgehoue energiekrisis in Suid Afrika sedert 2008?
• Eskom is die enigste verskaffer van elektrisiteit in Suid-Afrika. √√
• Eskom het nie genoegsaam belê in nuwe kragstasies nie.√√
• Die prys van elektrisiteit is laag en dit verhoed die aanbou van nuwe
kragstasies.
• Om nuwe kragstasies te bou is baie duur.√√
• Huishoudings wat op ʼn onwetlike manier krag bekom en nie daarvoor betaal
nie.
(Onwettige kragaansluitings) √√
• Dit is nie maklik vir nuwe maatskappye om hierdie mark te betree nie. Toetrede
tot hierdie mark word verbied. √√
• Die gebruik van hernubare energiebronne wat krag kan voorsien aan
huishoudings en besighede, soos bv. sonkrag, word stadig geïmplementeer. √√
• Maatskappye wat baie krag gebruik betaal spesiale tariewe. √√
(Aanvaar enige relevante antwoord.) (4x2)(8)
[40]
8
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM VRAESTEL 1 GRAAD 11
VRAAG 4 MAKRO-EKONOMIE & EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem TWEE ekonomiese aanwysers wat gebruik word om ekonomiese
bedrywighede in verskillende lande te vergelyk.
• Bevolkingsgrootte√
• Infrastruktuur (elektrisiteitsvoorsiening en waterdienste) √
• Produksie√
• Verbruik, armoede en welvaart√
• Regeringsfinansies√
• Buitelandse handel√
• Ekonomiese vryheid en mededingendheid√ (Enige 2x1)(2)
4.1.2 Waarom is dit belangrik dat Suid-Afrika ekonomiese groei moet
bevorder?
• Ekonomiese groei is belangrik omdat die bevolking toeneem. √√
Meer mense gaan op soek wees na werk om hul behoeftes te
bevredig. √√
• Meer goedere en dienste moet geproduseer word om die algemene
welvaart van die gemeenskap te verseker. √√
(Aanvaar enige relevante feit.) (Enige 1x2)(2)
4.2 Bestudeer die spotprent en beantwoord die vrae wat volg.
4.2.1 Verduidelik die ekonomiese boodskap wat deur die spotprent uitgebeeld
word.
• Werkloosheid√√
(Aanvaar enige ander gepaste antwoord.) (2)
4.2.2 Wat is die ouderdoms-groep van die ekonomiese aktiewe bevolking in
Suid-Afrika?
• 15 – 65 jaar√ (1)
4.2.3 Wat, dink jy, is die grootste gevaar vir arbeid in SA?
• ʼn Onproduktiewe arbeidsmag weens siekte soos bv MIV / Vigs√
(Aanvaar enige relevante antwoord.) (1)
4.2.4 Waarom het ontwikkelende lande ʼn ooraanbod van ongeskoolde arbeid?
Motiveer jou antwoord.
• Ontwikkelende lande word gekenmerk aan hoë vlakke van
ongeletterdheid en lae vlakke van onderwys. √√ (2)
• Groot bevolkingsgroei met ʼn gebrek aan onderwys√√
9
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM VRAESTEL 1 GRAAD 11
4.2.5 Onderskei tussen nominale lone en reële lone.
• Nominale loon – die bedrag wat die werker daagliks, weekliks of
maandeliks ontvang. √√
• Reële loon – die hoeveelheid goedere en dienste wat ʼn mens met die
nominale loon kan koop. √√ (2x2)(4)
4.3 DATA RESPONS
4.3.1 Watter organisasie bevorder ekonomiese integrasie en samewerker in
Suider Afrikaanse lande?
• SAOG (Suid Afrikaanse Ontwikkelings Gemeenskap) √√ (2)
4.3.2 Noem TWEE bronne van inkomste vir die Doeane-Unie.
• Indirekte belasting√√
• Doeane√√
• Aksynsbelasting √√ (2x2)(4)
4.3.3 Hoe kan die lande hierbo genoem die verlies van staatsinkomste
hanteer?
• Verminder Staatsbesteding√√
• Staatsbegroting sal sekere uitgawes moet besnoei√√
(Aanvaar enige relevante antwoord.) (2)
4.3.4 Waarom het die wêreldwye ekonomiese krisis ʼn effek op die inkome van
die doeane unie?
• Invoere het afgeneem as gevolg van die ekonomiese
afswaai. √√ (2)
4.4 Verduidelik arbeid as ʼn baie belangrike produksiefaktor.
• Produksie vereis arbeid (fisies en geestelik).√√
• Die ekonomie benodig ʼn geskikte arbeidsmag om te kan groei. √√
• Die arbeidsmag moet uit die regte aantal vaardige en minder-vaardige werkers
bestaan. √√
• Opleiding en Onderwys is baie belangrik om arbeiders in ʼn land te ontwikkel. √√
• Hoe meer opgelei die arbeidsmag, hoe meer produktief sal die land wees. √√
• Meeste besighede in SA is arbeidsintensief en arbeidskoste maak ʼn groot deel
uit van die produksiekoste. √√
• Arbeidersunies speel ʼn belangrike rol want hulle beskerm die regte en
menswaardigheid van werkers, beskerm hulle lone en moedig werkers aan om
in verdere vaardigheidsontwikkelingsprogramme te belê. √√ (Enige 4x2)(8)
10
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM VRAESTEL 1 GRAAD 11
4.5 Waarom word Suid Afrika beskou as ʼn ontwikkelende ekonomie?
• Lae lewenstandaard√
Meeste mense se per kapita inkomste is laag – hulle het dus toegang tot
minder goedere en dienste / swak behuising / lae gesondheid-standaarde / ʼn
gebrek aan onderrig√√
• Lae Produktiwiteitsvlakke√
Lae vlakke van arbeidsproduktiwiteit. Hoofoorsake is lae onderrigstandaarde in
die lande, ʼn gebrek aan belegging in fisiese kapitaal soos masjinerie, ʼn gebrek
aan bestuursondervinding en gebrekkige toegang tot tegnologie. √√
ʼn gebrek aan goeie gesondheidsdienste, goeie drinkwater, sanitasie en
afvalverwydering tot ʼn hoë voorkoms van siektes wat deur water versprei word
en ander omgewingsiektes wat veroorsaak dat werkers se gesondheid swak
is. √√
• Hoë bevolkingsgroei en afhanklikheidslas√
Ontwikkelende lande het ʼn hoë bevolkingsgroei, wat aan ʼn hoë geboortesyfer
te wyte is. √√
ʼn hoë bevolkingsgroeikoers veroorsaak werkloosheid, druk op behuising,
onderwys, en gesondheidsdienste. √√
• Hoë werkloosheidsvlak√
ʼn Lae vlak van onderwys, opleiding en entrepreneursvernuf dra tot hoë
werkloosheidskoers by. √√
Arbeid word onderbenut√√
• Afhanklikheid van die primêre sektor√
Ekonomie is afhanklik van landbou- of ander bedrywighede in die primêre
sektor.
Baie mense werk in die primêre sektor, met min werksgeleenthede buite hierdie
sektor. √√
Ondoeltreffende produksiemetodes lei tot klein surplusse om te verkoop. √√
• Gebrekkige infrastruktuur√
ʼn Groot problem in die meeste ontwikkelende lande is dat infrastruktuur soos
paaie, kragopwekkingsfasiliteite en kommunikasiestelsels dikwels nie na wense
is nie of swak in stand gehou word. √√
Gebrekkige infrastruktuur lei tot swak toegang tot markte√√ (Enige 4x2) (8)
(Aanvaar enige relevante antwoord.)
(Opskrifte 4x1)(4)
[40]
11
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM VRAESTEL 1 GRAAD 11
AFDELING C
Beantwoord slegs EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in jou
ANTWOORDBOEK.
Jou antwoord sal as volg geassesseer word:
STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTETOEKENNING
Inleiding Maks. 2
Liggaam
Hoofgedeelte:
Bespreek in besonderhede / In-diepte bespreking / Ondersoek /
Bespreek krities / Ontleed / Analiseer / Vergelyk / Evalueer / Maks. 26
Onderskei / Verduidelik / Assesseer / Debatteer
Addisionele gedeelte
Gee eiemening / Bespreek krities / Evalueer / Evalueerkrities /
Teken ʼn grafiek en verduidelik / gebruik die gegewegrafiek en Maks. 10
verduidelik / Voltooi die gegewegrafiek / Bereken / Lei af /
Vergelyk / Verduidelik / Onderskei / Interpreteer / Debatteer
kortliks / Hoe? / Voorstelle
Slot/samevatting:
Enige hoër-orde samevatting behoort die volgende te bevat:
* ʼn Kort opsomming van wat bespreek is, sonder om enige
genoemde feite te herhaal
Maks. 2
* Enige opinie of waarde-skatting omtrent die bespreekte feit.
* Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking /
analise te versterk
* ʼn Weersprekende standpunt met motivering, indien vereis.
* Aanbevelings / voorstelle
TOTAAL 40
12
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM VRAESTEL 1 GRAAD 11
VRAAG 5 MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
“Entrepreneurs in die informele sektor is werklose, arm mense wat die sakewêreld betree,
bloot om te oorleef, sonder die fondse, vaardighede en kennis om ʼn sukses van hulle
besigheid te maak.”
• Verduidelik die ekonomiese belangrikheid van entrepreneurskap. (26 punte)
• Verduidelik hoe die Suid-Afrikaanse Regering die ekonomies gemarginaliseerde
groepe in Suid-Afrika ondersteun. (10 punte)
INLEIDING
ʼn Entrepreneur is ʼn persoon wat die risiko neem om ʼn nuwe besigheid te begin en te
finansier om die behoeftes van verbruikers te bevredig deur die ander produksiefaktore
doeltreffend te kombineer om ʼn wins te maak. √√
(Aanvaar enige toepaslike inleiding wat aanvaarbaar is.) (Maks. 2)
LIGGAAM
Entrepreneurskap speel om die volgende redes ʼn uiters belangrike rol in die
produksieproses:
Kombineer die ander produksiefaktore: √
• Die entrepreneur kombineer die produksiefaktore om goedere en dienste te produseer
om in die behoeftes en begeertes van verbruikers te voorsien. √√
• Entrepreneurs moet genoeg kapitaal, natuurlike hulpbronne en geskoolde arbeid op
die regte tyd en plek en in die regte hoeveelhede vind om sodoende die grootste
moontlike wins te maak. √√
Toon ondernemingsgees: √
• Die wil om ʼn sakeonderneming te begin, kom van die entrepreneurs. √√
• Hulle kom met ʼn nuwe sake-idee vorendag om ʼn wins op die mark te maak. √√
• Geen entrepreneur behoort ʼn onderneming te begin sonder genoegsame navorsing
om te bepaal of die sake-idee ʼn wins op die mark sal maak nie. √√
• Geen entrepreneur behoort ʼn onderneming te begin sonder genoegsame navorsing
om te bepaal of die sake-idee sal slaag nie. √√
• Die entrepreneur moet die gelykbreekpunt bereken voordat ʼn sakeonderneming begin
word. √√
• Die gelykbreekpunt is die punt waar uitgawes gelyk is aan inkomste. √√
• Enige ander of verdere inkomste is ʼn wins. √√
Aanvaar risiko’s: √
• In ʼn markekonomie is die entrepreneur die persoon wat die risiko’s aanvaar. √√
• Die entrepreneur is verantwoordelik vir al die verliese indien die sake-idee faal of die
onderneming bankrot speel. √√
13
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM VRAESTEL 1 GRAAD 11
Neem besluite: √
• Entrepreneurs neem besluite oor wat om te produseer, waar om die ondernemding te
begin en vir wie geproduseer moet word. √√
• Hulle moet besluit oor waar die klem lê op gehalte of hoeveelheid; of grond gekoop of
liewers gehuur moet word, by wie om voorraad of grondstowwe te koop en watter vorm
van eienaarskap om te kies (bv. Alleeneienaarskap, vennootskap of ʼn maatskappy) √√
Die ekonomiese belangrikheid van entrepreneurskap
• Entrepreneurs speel ʼn baie belangrike rol deur tot die groei en vooruitgang van ʼn land
se ekonomie by te dra. √√
• SA het ʼn baie hoë werkloosheidskoers. √√
• Die formele sektor kan nie aan die hele bevolking van SA werk verskaf nie.
• Dus speel entrepreneurskap wat klein sakeondernemdings in die informele sektor
begin, ʼn baie belangrike rol in inkomste- en werkverskaffing. √√
• Provinsies sal meer fondse na klein en medium ondernemings moet afwentel om
ekonomiese ontwikkeling aan te moedig. √√
• Afgesien daarvan dat entrepreneurs nuwe werksgeleenthede skep, stel hulle ook nuwe
goedere en dienste aan markte bekend, verhoog mededinging en verminder inflasie. √√
• Die belastinginkomste van die regering styg namate die winste van entrepreneurs belas
word. √√
• Tegelykertyd sal die staat minder aan werkloosheidsuitkerings en ander maatskaplike
dienste hoef te bestee aangesien welvaart ewerediger versprei sal wees. √√ (Maks 26)
ADDISIONELE GEDEELTE
Verduidelik hoe die Suid-Afrikaanse Regering die ekonomies gemarginaliseerde
groepe in Suid-Afrika ondersteun?
• Sedert 1994 is arbeidswette ingestel om alle werkers se regte te beskerm. √√
• Die Wet op Swart Ekonomiese bemagtiging en diensbillikheidswet van 1998
ondersteun die proses van bemagtiging. √√
• Regstellende aksie speel ʼn belangrike rol by nuwe aanstellings in die werkplek.
• Vervaardigingsontwikkeling is ʼn belangrike manier om die uitsluiting van die verlede reg
te stel. √√
• Die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie kon sedert 1994 meer as 3.6 miljoen
werkers gestruktureerde indiensopleiding ondergaan en kon sowat 50 000 werklose
jong mense in leerderskapprogramme deel. √√
• Die Sektorale Onderwys - en Opleidingsowerhede (SOOO’s of SETA’s) lewer ʼn
belangrike bydrae tot die vaardigheidsopleiding wat deur nywerhede in die primêre,
sekondêre en tersiêre sektor vereis word. √√
(Aanvaar enige ander relevante antwoord) (Enige 5x2)(10)
SLOT
Entrepreneurskap help om SA se hoë werkloosheidskoers teen te werk. √√
(Aanvaar enige aanvaarbare slot.) (Maks 2)
[40]
14
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM VRAESTEL 1 GRAAD 11
VRAAG 6 EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE
“Strategieë vir ontwikkeling is vervat in die ekonomiese en ander beleide van ontwikkelende
lande.”
• Ontleed krities die onderstaande ontwikkelingstrategieë wat in ontwikkelende
lande gebruik word deur te verwys na
-menslike hulpbronne
-natuurlike hulpbronne
-tegnologie (26 punte)
• Waarom is Inheemse Kennis Stelsels (IKS) belangrik vir ekonomiese
ontwikkeling in ʼn land? (10 punte)
INLEIDING
Verskillende strategieë kan gebruik word om ekonomiese ontwikkeling te versnel en alle
strategieë is afhanklik van die verbetering van die kwaliteit en aanwending van die
beskikbare produksiefaktore. √√ (Maks 2)
(Aanvaar enige ander gepaste inleiding.)
LIGGAAM
Menslike hulpbronne
• Verwys na die arbeidsmag van die land. √√
• Die kwaliteit van arbeid kan op verskillende maniere verbeter word. √√
• Onderwys en opleiding dra by tot ekonomiese groei en ontwikkeling. √√
• Verhoogde geletterdheidsvlakke is noodsaaklik vir opleiding. √√
• Opgeleide werkers kan kapitaaltoerusting doeltreffend en effektief gebruik. √√
• Die vermoë om te werk hang af van die gesondheid van die werkers. √√
• Gesonde mense is meer produktief. √√
• ʼn Land moet verseker dat sy bevolking ondersteun kan word deur die beskikbare
natuurlike hulpbronne. √√
• Onbeplande gesinne is die hoofoorsaak van armoede en werkloosheid. √√
• Motivering is nodig sodat werkers wakker en innoverend kan wees. √√
• Indiensname kan geskep word deur arbeidsintensiewe ontwikkelingsprogramme. √√
Natuurlike hulpbronne
• ʼn Toename in landbou produksie lei tot ʼn toename in die koopkrag van die
bevolking. √√
• Aanbod van natuurlike hulpbronne kan nie verhoog word nie. √√
• Kunsmis moet gebruik word om die produktiwiteit van grond te verhoog. √√
• Grondeienaarskap moet gebruik word om die kwaliteit van grond te verhoog. √√
• Sekondêre nywerhede moet opgerig word om primêre produkte te verwerk. √√
15
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM VRAESTEL 1 GRAAD 11
Tegnologie
• Tegnologiese ontwikkelings kan gebruik word om kostes te verlaag en
mededingendheid te verbeter. √√
• Lande moet tegnologie ontwikkel wat goed is vir hulle. √√
• Tegnologiese ontwikkelings sal produktiwiteit verhoog. √√
• Wetenskap en bestuursopleiding is nodig vir die gebruik van tegnologie. √√
• Inheemse Kennis Stelsels (IKS) kan ook gebruik word. √√ (Enige 13x2)(26)
Addisionele Gedeelte
Waarom is Inheemse Kennis Stelsels (IKS) belangrik vir ekonomiese ontwikkeling in
ʼn land?
• IKS word gesien as die nuwe benadering tot volhoubare sosiale en ekonomiese
ontwikkeling volgens die Ontwikkelings Bank√√
• Inheemse kennis kan jou help verstaan hoe plaaslike gemeenskappe funksioneer en
dit verskaf ʼn produktiewe raamwerk vir aktiwiteite in plaaslike gemeenskappe. √√
• Inheemse kennis bied oplossings aan die armes in baie plaaslike gemeenskappe. √√
• Dit verteenwoordig ʼn baie belangrike aandeel in wêreldwye netwerk van IK
hulpbronne. √√
• Inheemse kennis is ʼn onder benutte hulpbron in die ontwikkelingsproses. √√
(Aanvaar enige relevante antwoord.) (5x2)(10)
SLOT
Ontwikkelingstrategieë wat deur ontwikkelende lande gebruik word, verskil van land tot
land. √√
(Aanvaar enige relevante antwoord.) (Maks 2)
[40]
TOTAAL: 150
16
Study this subject
Recommended for this subject
%20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344/v1-aa38986945842df6d9dd/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2019 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 11 Paper 1 Gauteng November 2016 Memo
%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--eed8879a-a090-451a-a129-f2906009b3e7/v1-246dcbadc0627dabf2f5/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2018 QP (Afr)
%20November%202015%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f6948d1b-63be-42ee-882c-e1e4bb7610e8/v1-8d81f297706ac096eb7c/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2015 QP (Afr)
%20June%202016%20%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--bf9ba336-b573-4318-8481-5953f816a08b/v1-0112112eb6da7f999c91/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 Gauteng June 2016 Memo (Afrikaans)
%20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--3da2c64d-9c52-4050-b623-b23413f7d393/v1-101a17ac4ecbcc9755fb/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Gauteng November 2019 Memo (Afrikaans)
More from Grade 11 Economics

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)

Question paper and memo
Economics Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e/v1-d5ff446b5035b70da9db/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 11 P2 North West November 2024 QP (Afr)

Question paper