Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2021
10731
EKONOMIE
VRAESTEL 1
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
14 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2021 papers %20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052/v1-e91730b4b9b539964aa8/card.webp)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--468fe2d7-94f8-43ec-88c6-86cf12e31969/v1-b9f94b025e76d883b8ba/card.webp)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--37295a41-5de8-4317-9725-dc223714aee3/v1-561d5cdb129296dcc9f2/card.webp)


%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b/v1-301c5aae90a68c6175ee/card.webp)
View all

_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)



Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)
Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2021 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 757.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Gauteng Mock Exam 2021
Questions in this paper
- Question 1.1Economic growth and development16 marks
- Question 1.2Economic growth and development8 marks
- Question 1.3The circular flow model, national account aggregates and the multiplier6 marks
- Question 2The role of the public sector40 marks
- Question 3South African economic and social indicators14 marks
- Question 4Economic growth and development40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE 2
(Vraestel 1) 10731/20
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Oortollige antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Lees die vrae sorgvuldig deur.
5. Begin elke vraag op ʼn NUWE bladsy.
6. Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
7. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde ooreenstem met die kognitiewe vereistes van die
vrae.
8. Gebruik slegs swart of blou ink.
9. ʼn Nie-programmeerbare sakrekenaar mag gebruik word.
10. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
3
(Vraestel 1) 10731/21
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 D.
1.1.1 Die twee belangrikste markte in die ekonomiese kringloop van inkomste
en uitgawes is die ...
A valutamark en faktormark.
B faktormark en produkmark.
C goedere mark en dienste mark.
D kapitaalmark en geldmark.
1.1.2 Die proses om voorspellings te maak oor veranderende omstandighede
en toekomstige gebeure wat die ekonomie kan beïnvloed.
A Ekonomiese voorspelling
B Sloerende ekonomiese aanwyser
C Ekonomiese aanwyser
D Leidende ekonomiese aanwyser
1.1.3 Hoë inflasie is die resultaat van ... as ʼn makro-ekonomiese doel nie
bereik word nie.
A prysstabiliteit
B eksterne stabiliteit
C volle indiensneming
D billike verdeling van inkomste
1.1.4 As buitelandse beleggers Sasol-aandele vanaf die Johannesburgse
Effektebeurs (JSE) koop, word dit as netto ... in die betalingsbalans
aangeteken.
A direkte beleggings
B ander beleggings
C finansiële afgeleide instrumente
D portefeulje-beleggings
1.1.5 Die nywerheidsbeleid wat fokus op ekonomiese ontwikkeling in spesifieke
gebiede, word ... genoem
A sentralisering
B integrasie
C desentralisasie
D internasionale samewerking
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
4
(Vraestel 1) 10731/21
1.1.6 ʼn Voorbeeld van ʼn monetêre beleidsbenadering wat gebruik word om
ekonomiese groei en ontwikkeling te bevorder, staan bekend as ...
A eiendomsubsidies.
B opemarktransaksies.
C welvaartbelasting.
D grondherverdeling.
1.1.7 ʼn Sosiale aanwyser wat verband hou met gesondheid is ...
A die persentasie inskrywing in sekondêre skole.
B die beskikbaarheid van elektrisiteit.
C ondervoeding.
D infantie le mortaliteit.
1.1.8 Die verlaging van die repokoers kan gesien word as ʼn ... benadering tot
ekonomiese groei.
A toegevoegde waarde
B aanbodkant
C fiskale
D vraagkant (8 x 2) (16)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
5
(Vraestel 1) 10731/21
1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn item in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Belasting A ʼn Verlaging in die prys van goedere
en verbruikers het meer geld om
1.2.2 Keynesianisme aan ander goedere te spandeer
1.2.3 Inkomste-effek B Die proses van verhoogde
internasionale samewerking en
1.2.4 Amplitude kommunikasie, wat tot
internasionale handel lei
1.2.5 Inligting- en
kommunikasietegnologie C ʼn Instelling wat KMMO's bystaan
D ʼn Teorie wat die betrokkenheid van
1.2.6 Globalisering die regering by die ekonomie
regverdig
1.2.7 Departement van
Handel, Nywerheid en E Meet die afstand tussen twee pieke
Mededinging of tussen twee trôe
1.2.8 Menslike kapitaal F Mense en hul vaardighede wat
benodig word vir produksie
G Verpligte betaling deur ʼn privaat
individu of sakeonderneming aan
die staat waarvoor daar geen direkte
voordeel is nie.
H ʼn Belangrike groeisektor van die
Geïntegreerde
Vervaardigingstrategie
I Meet die afstand van die tendenslyn
tot die piek en die tendenslyn tot die
trog
(8 x 1) (8)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
6
(Vraestel 1) 10731/21
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer. Afkortings,
akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.
1.3.1 Bedrag wat betaal moet word vir die verskillende produksiefaktore wat
gebruik word om goedere en dienste te produseer
1.3.2 Pogings deur belangegroepe om regeringsgedrag tot hul voordeel te
beïnvloed
1.3.3 ʼn Vorm van krediet wat gebruik kan word wanneer betalingsbalans-
probleme ondervind word
1.3.4 Dit verwys na die grootte en struktuur van die bevolking
1.3.5 Waarde toevoeging tot grondstowwe deur dit plaaslik te verwerk tot
finale produkte vir verbruikers
1.3.6 Die uitset per werker in ʼn bepaalde tydperk (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
7
(Vraestel 1) 10731/21
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem TWEE soorte sekuriteite wat in die geldmark voorkom. (2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom is ʼn vryswewende wisselkoers voordeliger vir die meeste
lande? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die volgende sirkelgrafiek en beantwoord die vrae wat volg.
BYDRAE VAN DIE VERSKILLENDE BEDRYWE TOT SUID-AFRIKA SE BBP
Landbou, bosbou, visvang: 2,59%
Persoonlike dienste: 5,96%
Mynbou en steengroewery: 8,06%
Algemene regerings dienste:
16,74%
Vervaardiging: 13,53%
Elektrisiteit, gas en water:
2,31%
Konstruksie: 3,77%
Finansies, eiendom en sake
dienste: 22,39%
Handel, spysenering en
akkommodasie: 15,10%
Vervoer, berging en kommunikasie: 9,55%
[Aangepaste bron: https://www.southafricanmi.com/south-africas-gdp.html]
2.2.1 Identifiseer die bedryf in die sekondêre sektor wat die meeste bygedra
het tot ekonomiese groei in die diagram hierbo? (1)
2.2.2 Noem die metode wat gebruik is om die Bruto Binnelandse Produk te
bereken in die diagram hierbo. (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term nasionale produksie. (2)
2.2.4 Hoe beïnvloed die vergoeding van werknemers arbeidsproduktiwiteit? (2)
2.2.5 Waarom is die vermenigvuldigingseffek op vervaardiging belangrik in
die ekonomie? (2 x 2) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
8
(Vraestel 1) 10731/21
2.3 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
SINKGAT VAN 4 METER DIEP VEROORSAAK VERKEERSAFLEIDINGS IN
BENONI
Motoriste is gewaarsku oor ʼn sinkgat op die N12 (Snake Weg) naby Benoni. Die
sinkgat is Saterdagoggend in die vroeë oggendure ontdek en teen die middag
was die paaie nog steeds afgesluit. Volgens die Gautengse Departement van
Padvervoer is die sinkgat ongeveer vier meter diep.
[Aangepaste bron: https://www.news24.com/news24/southafrica/news/4-metre-deep-sinkhole-
causes-traffic-diversions-in-benoni-2019110]
2.3.1 Noem die regeringsvlak waarvolgens die munisipaliteit van Benoni
geklassifiseer kan word. (1)
2.3.2 Noem enige ander funksie van die munisipaliteit, behalwe die herstel
van paaie. (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term gratis ryer. (2)
2.3.4 Verduidelik een voordeel van verbeterde padverbindings. (2)
2.3.5 Watter impak sal ʼn kleiner begrotingstoewysing op padveiligheid hê? (4)
2.4 Bespreek die interaksies tussen ekonomiese deelnemers aan ʼn geslote
ekonomie. (4 x 2) (8)
2.5 Waarom is dit nodig om die betalingsbalans-data van ʼn land te ondersoek? (8)
[40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
9
(Vraestel 1) 10731/21
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE kenmerke van ekonomieë in die suide. (2 x 1) (2)
3.1.2 Hoe gebruik die SARB sy opemarktransaksies om krediet te beperk?
(1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.
SUID-AFRIKA SE SOSIALE EN MENSLIKE ONTWIKKELINGSAANWYSERS
Verwagte
Lewens- Gemiddelde
jare van BNI per MOI
Jaar verwagting jare van
skool- capita ($) waarde
by geboorte skoolhou
opleiding
2018 62,0 13,3 10,1 12,073 12,073
2019 62,8 13,3 10,1 11,948 11,948
2020 63,4 13,3 10,1 11,923 1,.923
[Bron: http:hdr.undp.org 2020]
3.2.1 Identifiseer die jaar wat die beste lewenspeil vir Suid-Afrikaners getoon
het in die bostaande tabel. (1)
3.2.2 Noem EEN rede vir die afname in die Bruto Nasionale Inkomste (BNI)
per capita tussen 2019 en 2020 in die tabel hierbo. (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term lewensverwagting. (2)
3.2.4 Bespreek doeltreffende dienslewering deur die regering as ʼn maatstaf
vir die lewenstandaard. (2)
3.2.5 Hoe beïnvloed lae lewensverwagting die Menslike Ontwikkelingsindeks
(MOI) van ʼn land? (2 x 2) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
10
(Vraestel 1) 10731/21
3.3 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
SPESIALE EKONOMIESE SONE
Een van die belangrikste instrumente om die land se nywerheidsontwikkelings-
agenda te versnel, is die nuwe Spesiale Ekonomiese Sone-program(SES).
Die land se nywerheidsontwikkelingsagenda word duidelik uiteengesit in ons
Nasionale Nywerheidsbeleids-raamwerk (NNBR), Nywerheidsbeleidaksieplan
(IPAP) en Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP).
Die nuwe Afrika-kontinentale Vryhandelsgebied (AFCTA) wat op 1 Januarie 2021
in werking getree het, sal ons SES's ondersteun.
[Aangepas uit Mail and Guardian – 26 Julie 2019]
3.3.1 Verskaf EEN hoofdoel van die Nasionale Nywerheidsbeleids-
raamwerk. (1)
3.3.2 Noem EEN voordeel wat ʼn land verkry uit regstreekse buitelandse
beleggings(RBB's). (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term de-industrialisering. (2)
3.3.4 Wat is die verband tussen die vervaardigingsektor en die primêre
sektor? (2)
3.3.5 Hoe sal SES’s voordeel trek uit die nuwe AFCTA? (2 x 2) (4)
3.4 Bespreek kortliks groei en handel as uitdagings van globalisering wat
ontwikkelende lande in die gesig staar. (2 x 4) (8)
3.5 Hoe kan regerings aansporings gebruik om nywerheidsontwikkeling aan te
moedig? (8)
[40]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
11
(Vraestel 1) 10731/21
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem TWEE soorte ondoeltreffendhede van openbare sektor
voorsiening. (2 x 1) (2)
4.1.2 Hoe word ontwikkelende lande negatief beïnvloed deur kapitalisme?
(1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
MYNBOU EN MINERALE IN SUID-AFRIKA
Suid-Afrika is ʼn wêreldleier op die gebied van mynbou. Die land is bekend vir sy
oorvloed minerale bronne, wat ʼn aansienlike deel van die wêreldproduksie en –
reserwes uitmaak, en die Suid-Afrikaanse mynboumaatskappye is belangrike
rolspelers in die wêreldwye bedryf.
[Bron: https://www.brandsouthafrica.com/investments-immigration/business/ economy/
mining-and-minerals-in-south-africa]
4.2.1 Noem enige EEN kommoditeit wat Suid-Afrika na die buitelande uitvoer. (1)
4.2.2 Noem die ekonomiese sektor waarin mynbou geklassifiseer word. (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term netto gouduitvoere. (2)
4.2.4 Hoe dra mynbou by tot die vermindering van die betalingsbalans
onewewigtigheid? (2)
4.2.5 Bespreek die impak van wisselkoersskommelings op die
mynbousektor. (2 x 2) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
12
(Vraestel 1) 10731/21
4.3 Bestudeer die onderstaande tekenprent en beantwoord die vrae wat volg.
…EK HET
DIT!!
VERANTWOORDELIKE
GROND-HERVORMING
[Aangepas uit www.google.com]
4.3.1 Identifiseer die grondbeleid soos aangedui in die diagram hierbo. (1)
4.3.2 Noem EEN ander beleid wat gebruik word vir welvaartverspreiding. (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese groei. (2)
4.3.4 Hoe het die onlangse arbeidswette verander om tot welvaartskepping in
Suid-Afrika by te dra? (2)
4.3.5 Hoe kan die Uitgebreide Openbarewerksprogramme gebruik word om
die werkloosheidsyfer te verlaag? (2 x 2) (4)
4.4 Bespreek hoe bestuursmislukking en burokrasie tot mislukking in die openbare
sektor bydra. (4 x 2) (8)
4.5 Evalueer die gebruik van aanwysers om die gesondheid van ʼn bevolking tydens
die Covid-19-pandemie te monitor. (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
13
(Vraestel 1) 10731/21
AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE-
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ʼn laerorde-respons.
ʼn Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraagonderwerp Maks. 2
verband hou, te definieer of te omskryf.
Moenie enige deel van die vraag by die inleiding insluit nie.
Moenie enige gedeelte van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
Vermy om in die inleiding te sȇ wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
Differensieer/Verduidelik/Assesseer/Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Evalueer Maks. 10
krities/Trek ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en
verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/
Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel/Voorstel ʼn
grafiek op (valutamark, vermenigvuldiger)
Slot
Enige hoërorde-slot moet die volgende insluit: Maks. 2
ʼn Kort samevatting van dit wat bespreek is sonder om enige feite wat
alreeds genoem is te herhaal
Enige mening of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
versterk
ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
Aanbevelings
TOTAAL: 40
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
14
(Vraestel 1) 10731/21
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek breedvoerig die gebruik van aanbodkantbeleide vir die 'gladstryk van
sakesiklusse'. (26)
Evalueer die effek van reële rentekoerse op die sakesiklusse. (10) [40]
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek breedvoerig die argumente ten gunste van handelsbeskerming. (26)
Evalueer die negatiewe impak van ʼn vryehandelsbeleid op die ekonomie. (10) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 150
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052/v1-e91730b4b9b539964aa8/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--468fe2d7-94f8-43ec-88c6-86cf12e31969/v1-b9f94b025e76d883b8ba/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 Question Paper (Afr)
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--37295a41-5de8-4317-9725-dc223714aee3/v1-561d5cdb129296dcc9f2/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 Question Paper (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b/v1-301c5aae90a68c6175ee/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Economics

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 Eastern Cape June 2024 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper