Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2021
NASIENRIGLYNE
EKONOMIE (VRAESTEL 2) (10732)
21 bladsye
Skip to contentAll 2021 papers %202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91/v1-9e6be78dfbf1eddf2a29/card.webp)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--bda96458-ebe4-44b9-92e5-333e776e1614/v1-73e56ee11a0a58283c94/card.webp)

%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b/v1-301c5aae90a68c6175ee/card.webp)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--d34a6a9d-f432-46f7-873d-1a849eb9a1cc/v1-813bf44cd2b14d59ad5b/card.webp)
%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--498eaf17-b8bb-4092-a221-96afe7bd7aa2/v1-cb2a96f2ffed9fd37ab2/card.webp)
View all





Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2021 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Memorandum, 21 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2021
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 21
- File size
- 952.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 21
This exam
Gauteng Mock Exam 2021
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
10732/21
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGE KEUSE
1.1.1 A – Pareto-
1.1.2 C – homogeen.
1.1.3 B – monopolistiese mededingende
1.1.4 D – totale koste oorskry die totale inkomste.
1.1.5 D – algemene prysvlak.
1.1.6 C – verhoog
1.1.7 A – dienste
1.1.8 B – menslike gesondheid. (8 x 2) (16)
1.2 PASITEMS
1.2.1 B – ʼn Verandering in prys veroorsaak ʼn kleiner persentasie verandering
in die hoeveelheid gevra
1.2.2 I – ʼn Tydperk waarin alle produksiefaktore en -koste veranderlik is
1.2.3 D – Die verlies van potensiële voordeel van ander alternatiewe wanneer
een alternatief gekies word
1.2.4 E – ʼn Owerheid wat groot samesmeltings verbied of magtig
1.2.5 F – Pryse van goedere en dienste wat deur die regering ingestel of
beheer word
1.2.6 C – Die reis van inwoners van ʼn land binne hul eie land
1.2.7 G – Aan ondernemings voorsien vir aktiwiteite wat omgewingskade
verminder
1.2.8 A – Die versekering dat verandering simpatiek is vir die lewenskwaliteit
van beide huidige en toekomstige geslagte (8 x 1) (8)
2
Downloaded from hlayiso.com
10732/21
1.3 EEN TERM
1.3.1 duopolie
1.3.2 gelykbreek
1.3.3 marginale inkomste
1.3.4 ekotoerisme
1.3.5 bewaring
1.3.6 groen belasting (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
3
Downloaded from hlayiso.com
10732/21
AFDELING B
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE redes vir ʼn kostevoordeelontleding.
Markseine, bv. prys, hulp met die toekenning van hulpbronne deur
vraag en aanbod.
Goedere wat deur die regering verskaf word, soos paaie, brûe,
ens. word gratis voorsien.
Aangesien daar geen markseine is nie, kan besluite oor die
wenslikheid van ʼn projek subjektief wees.
Objektiewe kriteria kan nodig wees om ekonomiese
doeltreffendheid in die toekenning van hulpbronne te verseker.
KVO bring groter objektiwiteit by besluitneming.
Dit word gedoen deur al die relevante voordele en koste van ʼn
projek te identifiseer sodat ʼn ingeligte besluit geneem kan word.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.) (2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom is mededinging nodig om markte reg te laat funksioneer?
Mededinging verseker dat markte nie deur sekere ondernemings
oorheers word nie.
Mededinging laat pryse daal.
ʼn Groter verskeidenheid goedere op die mark sal in die behoeftes
van verbruikers voorsien.
Ondernemings wat meeding kan tot beter gehalte produkte lei.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.) (1 x 2) (2)
2.2 DATA-RESPONS
2.2.1 Watter markstruktuur word normaalweg met banke geassosieer?
Oligopoliemark (1)
2.2.2 Noem EEN nie-prys metode wat banke gebruik om mededingend
te wees.
Handelsmerk
Adverteer
Uitgebreide besigheidsure
Beloon-aansporings vir lojale kliënte
Rentekoerse differensiasie vir bestaande kliënte
(Aanvaar enige ander korrekte alternatiewe reaksie.) (1)
4
Downloaded from hlayiso.com
10732/21
2.2.3 Beskryf kortliks die term samespanning.
Samespanning vind plaas wanneer mededingende maatskappye
saamwerk vir hul wedersydse voordeel.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.) (2)
2.2.4 Waarom sal ABSA nie ʼn groter markaandeel verkry as hulle die
bankkoste sou verlaag nie?
Banke gebruik ʼn nie-prys mededingingstrategie om mee te ding. Baie
klante geniet ander voordele wat hul banke bied, daarom bly hulle
lojaal aan hulle bank, selfs al verlaag ABSA hul bankkoste.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.) (2)
2.2.5 Watter negatiewe gevolge kan digitale bankwese vir
bankwerknemers inhou?
Digitalisering kan lei tot afleggings van werknemers.
Digitalisering dra by tot minder fisiese interaksie; dit kan lei tot anti-
sosiale gedrag en minder werkstevredenheid.
Ouer werknemers kan moontlik nie aanpas by die digitale
omgewing nie en hulle kan nie in diens geneem word nie./Hulle
word werkloos.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.) (2 x 2) (4)
2.3 DATARESPONS
2.3.1 Noem EEN voorbeeld van ʼn veranderlike koste.
lone; die koste van grondstowwe, elektrisiteit ens.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.) (1)
2.3.2 Identifiseer die punt op die grafiek waar die onderneming ʼn
normale wins sal maak.
Punt c. (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term marginale koste.
Marginale koste is die bedrag waarmee die totale koste styg wanneer
een ekstra eenheid vervaardig word. (2)
2.3.4 Hoe word die onderneming se aanbodkurwe in die bostaande
grafiek afgelei?
Die segment van die marginale kostekurwe van die onderneming wat
bokant die GVK-kurwe is, is die aanbodkurwe van die onderneming.
(aangedui deur punt b tot d op die kurwe) (2)
5
Downloaded from hlayiso.com
10732/21
2.3.5 Waarom sou die bogenoemde onderneming nie bereid wees om
goedere te lewer teen ʼn prys onder punt b nie?
Onder punt b sou die gemiddelde inkomste minder wees as die
gemiddelde veranderlike koste van die onderneming
(GI < GVK).
Op elke produksievlak onder punt b, is die onderneming nie in
staat om sy totale veranderlike koste te dek met sy onderskeie
totale inkomste verdienste nie.
Deur te sluit, sal die onderneming ʼn kleiner verlies ly.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.) (2 x 2) (4)
2.4 Vergelyk ʼn monopolie met ʼn volmaakte mededinger in terme van
marktoegang en die aantal ondernemings.
Marktoegang
Daar is geen hindernisse vir toegang tot ʼn volmaakte mark nie en toegang
tot die mark is gratis.
Vir ʼn monopolistiese bestaan is die toegang tot die mark geblokkeer of
beperk.
Aantal ondernemings
Die volmaakte mark bestaan uit ʼn baie groot aantal ondernemings.
ʼn Monopolie bestaan uit slegs een verskaffer wat die hele mark
oorheers.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)
(Ken ʼn maksimum van 4 punte toe vir slegs ʼn lys van feite/voorbeelde.)
(4 x 2) (8)
6
Downloaded from hlayiso.com
10732/21
2.5 Verduidelik, aan die hand van ʼn korrek benoemde grafiek, die implikasies
van ʼn afwaarts lopende vraagkromme vir ʼn monopolie.
Prys Puntetoekenning
Afwaarts lopende vraagkurwe 1 punt
Aanduiding van dalende prys en
toenemende vraag: 1 punt
Korrekte benoeming op asse 1 punt
PA A Korrekte benoeming van asse 1 punt
(Max. 4 punte)
PB B
Vraagkurwe
PC C
MI
HA HB HC Hoeveelheid
ʼn Monopolis gebruik sy markkrag wanneer pryse bepaal word.
Die monopolis neem die wet van vraag en sy afwaartse skuins vraagkurwe
in ag wanneer hy sy prys bepaal.
Die monopolis is beperk tot ʼn prys- en hoeveelheid kombinasie op die
vraagkurwe.
Teen hoër pryse sal die hoeveelheid gevra van sy produk laer wees.
Vir monopoliste om verkope te verhoog, moet hy die prys verlaag.
In ʼn beweging van punt A na B (sal die prys daal van PA na PB terwyl die
hoeveelheid van HA na HB styg )
ʼn Monopolis maksimeer die totale inkomste in die eerste helfte van die
vraagkromme.
Die monopolis beperk dus sy produksie om hoër pryse te vra.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.) (Maks 4 (8)
[40]
7
Downloaded from hlayiso.com
10732/21
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE belangrike internasionale ooreenkomste oor
volhoubare ontwikkeling.
Rio de Janeiro Beraad (UNCED)
Johannesburg Beraad (WBVO)
Rio + 20 Beraad
Kyoto-protokol
Millennium Ontwikkelingsdoelwitte
Verenigde Nasies Raamwerkkonvensie oor Klimaatsverandering
Konferensie van die Partye (COP 17) (2 x 1) (2)
3.1.2 Hoe kan ekotoerisme die omgewing bevoordeel?
Ekotoerisme kan ekonomiese, sosio-kulturele en
omgewingsvoordele vir die regering, private sektor en plaaslike
gemeenskappe meebring indien dit goed geïmplementeer word.
Inkomste uit toeriste besoeke help om werksgeleenthede vir
plaaslike inwoners te skep, wat weer lei tot ʼn meer gediversifiseerde
ekonomie vir hulle.
Ekotoerisme kan bewarings- en omgewingsbestuur ondersteun as
dit behoorlik uitgevoer word.
Verder kan hulpbron-opbrengste vanaf ekotoerisme verder belê
word in bewaringspogings. Inskrywingsfooie wat op besoekers
opgelê word, kan byvoorbeeld na die instandhouding en bestuur
van hierdie gebiede gekanaliseer word.
Ekotoerisme kan ook ʼn hulpmiddel wees om bewustheid oor die
omgewing te verhoog en die publiek op te voed oor bewaring.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.) (1 x 2) (2)
8
Downloaded from hlayiso.com
10732/21
3.2 DATA-RESPONS
3.2.1 Behalwe waterbeperkings, noem enige ander oplossing om die
vraag na water in die land te verminder.
Opvoedkundige bewustheid
Herwin afvalwater
Verbeter besproeiing en landbou-watergebruik
Waterpryse
Opgaar van reënwater
Nuwe bewaringstegnologieë
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.) (1)
3.2.2 Noem EEN internasionale maatstaf wat volhoubaarheid ten
opsigte van klimaatsverandering verseker.
Die Stede Klimaat Aksie Projek
Kyoto-protokol
Nasionale strategie vir reaksie op klimaatsverandering
Parys-ooreenkoms
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.) (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term water beperkte land.
ʼn Land waar die beskikbare waterbronne onvoldoende is om aan
die eise te voldoen.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.) (2)
3.2.4 Verduidelik EEN effek van waterbeperkings op die ekonomie.
Waterbeperkings vertraag/verminder produksie, wat die
uitvoersektor raak.
Dit het ʼn direkte impak op die landbou wat deur reën gevoed word
en besproei word, sowel as die lewering van vee in die land.
Waterbeperkings lei tot afleggings in die werkplekke as gevolg van
verminderde winste deur ondernemings wat nie meer werkers kan
bekostig nie.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.) (2)
3.2.5 Hoe beïnvloed klimaatsverandering bedreigde spesies?
Dit beïnvloed hul oorvloed, genetiese samestelling, gedrag en
oorlewing.
ʼn Afname in spesies bedreig die dienste wat die natuur aan mense
lewer, wat die funksionering van koolstofsinke insluit en die
verhoging van ons weerstand teen klimaatsverandering.
Klimaatsverandering veroorsaak ook beduidende fisiologiese
veranderinge – warmer temperature tydens eierinkubasie
veroorsaak ʼn ongebalanseerde geslagsverhouding tussen vroulike
en manlike bedreigde groen seeskilpaaie.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.) (2 x 2) (4)
9
Downloaded from hlayiso.com
10732/21
3.3 DATA-RESPONS
3.3.1 Identifiseer EEN inheemse kultuurterrein rondom Johannesburg.
Lesedi Kulturele Dorp
Die Wieg van die Mensdom
Mapoch Ndebele Tradisionele Dorp naby Bronkhorstspruit
Die Sibaya Zulu Boma Kulturele Dorp geleë in Kyalami
Die Credo Mutwa Kulturele Dorp by die Oppenheimer-toring in
Sentraal-Wes Jabavu, Soweto
Die Ke-Ditselana Kulturele Dorp in Katlehong
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.) (1)
3.3.2 Noem EEN voordeel van inheemse toerisme.
Dit help om plaaslike infrastruktuur te verbeter
Dra gewoonlik by tot ʼn positiewe interaksie tussen besoekers en
plaaslike gemeenskappe,
Bevorder sodoende ʼn groter kulturele bewustheid en respek.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.) (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term inheemse kultuur.
Die tradisies, argitektuur, rituele, musiek en kunswerke van ʼn plaaslike
of streeks-kulturele groep.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.) (2)
3.3.4 Verduidelik EEN vorm van direkte besteding deur toeriste.
Geld bestee aan vervoer deur toeriste./Geld bestee aan inkopies/
koop van plaaslike produkte./Geld spandeer by plaaslike
restaurante, kroeë en casino's. (Enigeen)
Toeriste dra veral by tot werkskepping, aangesien geld direk na
die plaaslike ekonomie gaan.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.) (2)
3.3.5 Hoe beïnvloed kultuur toerisme?
Kultuur en toerisme het ʼn wedersydse voordelige verhouding wat
die aantreklikheid en mededingendheid van plekke, streke en
lande kan versterk.
Kultuur word ʼn al hoe belangriker element van die toerismeproduk
want dit skep ʼn eiesoortigheid in ʼn wêreldmark wat oorvol is.
Dit het ʼn positiewe ekonomiese en sosiale impak, want dit vestig
en versterk identiteit, dit help om selfbeeld te bou, asook om die
kulturele en historiese erfenis te bewaar / met kultuur as ʼn
instrument, vergemaklik dit harmonie en begrip onder mense.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.) (2 x 2) (4)
10
Downloaded from hlayiso.com
10732/21
3.4 Verduidelik die gevolge van toerisme op armoede.
Positiewe gevolge:
Toerisme bied werk/werksgeleenthede vir die armes op die platteland, met
geleenthede om ʼn inkomste te verdien en om hulself te onderhou.
Toerisme stel landelike mense in staat om te deel in die voordele van
toerisme-ontwikkeling, wat hulle help om hul lewenstandaarde te verbeter.
Toerisme bied ʼn alternatief vir verstedeliking en dit elimineer baie sosio-
ekonomiese kwessies wat deur verstedeliking geskep word.
Toerisme maak voorsiening vir die koppeling met hoofstroom toerisme- en
aanbodsektore deur middel van verskillende vennootskappe.
Toerisme help met die ontwikkeling en instandhouding van landelike
dienste soos vervoer, dorpswinkels, ens. (Maks. 4)
Negatiewe gevolge:
Toerisme kan lei tot verhoogde ongelykhede tussen groepe mense in die
land, omdat plattelandse mense nie altyd ten volle voordeel daaruit trek
nie.
Toerisme kan veroorsaak dat plaaslike pryse styg omdat toeriste dikwels
opgeblase pryse betaal, wat die arm, plaaslike mense nie altyd kan
bekostig nie.
Hoë vlakke van toerisme kan lei tot groter vlakke van besoedeling,
rommel, waterbesoedeling en verhoogde waterverbruik.
Aangesien vinnige toerisme-ontwikkeling net vir groot ondernemings
voorsiening maak, kan plaaslike winkels en tradisies vernietig word.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante repons.) (Maks. 4)
(Ken ʼn maksimum van 4 punte toe vir slegs die lys van feite/voorbeelde.)
(2 x 4) (8)
3.5 Evalueer die effektiwiteit van besoedelingsbeheermaatreëls in Suid-Afrika.
Positiewe gevolge:
Ondernemings spandeer meer geld aan toerusting wat lugbesoedeling
verminder, en dit bevoordeel die gemeenskap in die algemeen.
(ʼn voorbeeld is die groot hoeveelhede geld wat aan waterbehandeling
bestee word)
Die regering het verhandelbare vrystellings ingestel waar gereguleerde
besoedelingspermitte uitgereik word.
Die toekenning van eiendomsreg word uitgebrei na gewone goedere, soos
myne of nywerhede wat die koste moet dek om die besoedeling van die
rivier op te ruim.
Die regering hef ook omgewingsbelasting (groen belasting) op die verbruik
van goedere wat die omgewing besoedel.
Die regering het sekere omgewingsubsidies, verkry uit die
omgewingsbelasting, wat gebruik word om ondernemings te beloon wat
besoedeling verminder, sonkrag gebruik, ens.
11
Downloaded from hlayiso.com
10732/21
Negatiewe gevolge:
Die regering oefen nie effektiewe beheer uit oor die voortdurende storting
van afval nie, weens ʼn gebrek aan koördinasie tussen departemente.
Die boetes wat opgelê word aan bedrywe wat afval stort is te min en hulle
hou steeds aan om die omgewing te besoedel.
Die minimum standaarde vir gevaarlike gas- en brandstofvrystellings word
nie toegepas of aangepas nie.
Die herwinning van afvalmateriaal word nie wyd aangemoedig en bevorder
nie; gevolglik vloei stortterreine oor.
Die regering het verskillende besoedelings-wette wat nie regtig effektief
geïmplementeer word nie.
Swak dienslewering in sekere gebiede vererger die probleem van
ondoeltreffende besoedelingsbeheer.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)
(Ken ʼn maksimum van 2 punte toe vir slegs ʼn lys van feite/voorbeelde.) (8)
[40]
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE negatiewe gevolge van monopolieë op
verbruikers.
Hoër pryse as gevolg van ʼn gebrek aan mededinging.
Verminderde aanbod omdat monopolieë minder voorsien as die
markvraag om pryse hoog te hou.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.) (2 x 1) (2)
4.1.2 Hoe beïnvloed die toerisme vermenigvuldiger effek die ekonomie
van die gasheerland?
Die land sal ʼn toename in die BBP ervaar.
Ondernemings sal meer werkers in diens neem, wat ʼn inkomste vir
huishoudings skep.
Die huishoudings spandeer meer aan die ekonomie, wat die
produksievolumes in die land verhoog.
Die regering word gevra om meer te spandeer op basiese dienste
en ontwikkeling van toerisme-infrastruktuur.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.) (1 x 2) (2)
12
Downloaded from hlayiso.com
10732/21
4.2 DATA-RESPONS
4.2.1 Noem EEN voorbeeld, buiten die melkbedryf, van monopolistiese
mededinging.
restaurante
haarsalonne
klere
verbruikerselektronika
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.) (1)
4.2.2 Noem die strategie wat ondernemings gebruik om ʼn persepsie
van hul produkte te skep.
Handelsmerk. (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term hibriede-struktuur.
Hibriede struktuur is ʼn term wat in Ekonomie gebruik word om
monopolistiese mededinging te beskryf, ʼn markstruktuur wat bestaan
uit elemente van volmaakte mededinging en ʼn monopolie.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.) (2)
4.2.4 Hoe verskil ewewigsprys onder monopolistiese mededinging van
volmaakte mededinging?
Die monopolistiese mededinger se ewewigsprys is hoër as in ʼn
volmaakte mark.
Die verbruiker betaal minder in die volmaakte mark as in die
monopolistiese mark.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.) (2)
4.2.5 Waarom is dit nie moontlik vir maatskappye in ʼn monopolistiese
mededingende mark om langtermyn ekonomiese winste te
verdien nie?
In die langtermyn kan ondernemings slegs normale wins maak as
gevolg van die maklike toegang tot die mark.
Die ekonomiese wins wat op kort termyn behaal word, lok meer
ondernemings na die mark.
Nuwe ondernemings wat die mark betree, verswak die
markaandeel van bestaande ondernemings.
Die vraagkurwe sal na links skuif totdat die GI gelyk is aan GK.
Ondernemings verdien nou net normale wins.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.) (2 x 2) (4)
13
Downloaded from hlayiso.com
10732/21
4.3 DATA-RESPONS
4.3.1 Identifiseer ʼn tipe besoedeling wat in die prent hierbo kan ontstaan.
Grondbesoedeling (1)
4.3.2 Noem EEN rede waarom mense in informele nedersettings bly.
Gebrek aan bekostigbare behuising
Swak bestuur
Laag besoldigde werk
(Aanvaar enige ander korrekte relevante reaksie.) (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term besoedeling.
Besoedeling is die bekendstelling van skadelike stowwe in die
omgewing.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.) (2)
4.3.4 Hoe bedreig informele nedersettings omgewingsensitiewe
gebiede?
Informele nedersettings bedreig omgewingsensitiewe gebiede soos
waterdraers, woude, vleilande en ander watermassas.
Informele nedersettings het geen sanitasie-, water-, elektrisiteits- en
afvalverwyderingsgeriewe nie.
Verskeie vorme van besoedeling (water, land en lug) beïnvloed
hierdie gebiede negatief.
Opeenvolgende oorbevolking plaas ernstige druk op munisipale
dienste, met gepaardgaande omgewingsbesoedeling.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.) (2)
4.3.5 Hoe veroorsaak ontbossing besoedeling?
Ontbossing verwyder nie net plantegroei wat belangrik is vir die
verwydering van koolstofdioksied nie, maar die skoonmaak van die
woude veroorsaak ook kweekhuisgasvrystellings.
Ontbossing verminder die verwyderings komponent van hierdie
siklus,wat tot verdere verhoging van die koolstofdioksied in die lug
lei / dit het ʼn toename in temperatuur tot gevolg, ʼn effek wat
bekend staan as aardverwarming.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.) (2 x 2) (4)
14
Downloaded from hlayiso.com
10732/21
4.4 Verduidelik, met behulp van ʼn korrek benoemde grafiek, die impak van
nuwe toetreders op die langtermyn - ewewig van ʼn individuele onderneming
in ʼn volmaakte mark.
Mark Individuele onderneming
Prys Prys
MA1 MK
MA2
GK
P1 P1 V
Y
P2 P2 V1
Markvraag
H1 0 H2 H1
H2 Uitset Uitset
Puntetoekenning
Mark
Korrekte verskuiwing van aanbodkurwe 1 punt
Toon daling in prys 1 punt
Individuele firma
Wys afwaartse verskuiwing in vraagkurwe 1 punt
Wys nuwe ewewigsposisie (Y): GK=MK=V1=P2 1 punt
(Maks. 4 punte)
ʼn Toename in die aantal nuwe toetreders sal die volgende uitwerking hê:
Die markaanbodkurwe skuif regs van MA1 na MA2 en die hoeveelheid neem
toe van H1 tot H2.
Die verkoopsprys daal van P1 na P2 as gevolg van die verskuiwing in die
markaanbodkurwe.
Die onderneming se individuele vraagkurwe skuif af van V tot V1.
Laer pryse en ʼn verminderde vraag sal daartoe lei dat ondernemings wat
vroeër ekonomiese winste verdien het, slegs normale winste teen P2 V2
behaal.
(Aanvaar enige ander korrekte relatiewe respons (Maks. 4 punte) (8)
15
Downloaded from hlayiso.com
10732/21
4.5 Analiseer indiensneming as ʼn voordeel van toerisme.
Toerisme is arbeidsintensief.
- Toerisme hou geen toegangsversperrings in nie en het ook die laagste
verhouding tussen beleggings en werkskepping.
- Toerisme het die grootste vermenigvuldigingseffek in terme van
inkomstegenerering en werkskepping, selfs onder die kleiner
ondernemers.
Toerisme gebruik baie vaardighede.
- Die potensiaal vir indiensopleiding is eindeloos, want toerisme is uniek
in verskillende gebiede, soos rekenmeesters, haarkappers,
veldspoorsnyers, ens.
Toerisme bied onmiddellike werk.
- As dit goed georganiseer is, kan die toerismesektor binne ’n baie kort
tyd baie werksgeleenthede skep, aangesien sommige aktiwiteite baie
informeel is.
Toerisme bied ondernemingsgeleenthede.
- Die toerismesektor maak ook voorsiening vir informele sektor aktiwiteite,
soos handwerk, vrugte-/groenteverkopers, stoelverhurings, koskioske,
ens.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)
(Ken ʼn maksimum van 2 punte toe vir slegs ʼn lys van feite en voorbeelde.) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
16
Downloaded from hlayiso.com
10732/21
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE
Bespreek breedvoerig hoe die volgende faktore tot die wantoedeling van
hulpbronne in die mark lei:
o Ontbrekende markte (10 punte)
o Gebrek aan inligting (8 punte)
o Immobiliteit van produksiefaktore (8 punte) (26 punte)
Hoe effektief is die regering se inmengingstrategie oor die herverdeling
van welvaart in Suid-Afrika? (10 punte)
INLEIDING
Ontbrekende markte, gebrek aan inligting en onbeweeglikheid van produksiefaktore is
van die vele redes vir markmislukking.
(Aanvaar enige ander korrekte inleiding.) (Maks. 2)
LIGGAAM: HOOFDEEL
Ontbrekende markte
Markte is onvolledig omdat dit nie aan die vraag na sekere goedere kan
voldoen nie.
Openbare goedere (gemeenskaps- en kollektiewe goedere) is baie gewild,
maar word nie deur die mark voorsien nie, weens die lae wins wat daaruit
behaal word en die hoë koste van kapitaal wat nodig is om dit te voorsien.
Aangesien private produsente hierdie goedere nie kan weerhou vir
wanbetaling nie, is hulle huiwerig om hierdie goedere te verskaf.
Die regering lewer dus hierdie goedere en dienste.
Openbare goedere
Dit sluit gemeenskaps- en kollektiewe goedere in en het twee kenmerke:
Nie-wedywering: Verbruik deur een persoon verminder nie die verbruik deur ʼn
ander individu nie , bv. ʼn vuurtoring.
Nie-uitsluitbaarheid: Verbruik kan nie beperk word tot diegene wat daarvoor
betaal nie (gratis verbruikers kan dit gebruik) , byvoorbeeld, radio en
televisie.
Daarbenewens: Maatskaplike voordele oortref privaat voordele: bv.
gesondheidsorg en onderwys.
Nie-verwerpingsvermoê: Individue kan hulle nie van die verbruik weerhou nie,
bv. straatbeligting.
Deurlopende verbruik, bv. verkeersligte.
Gemeenskapsgoedere
Dit is goedere soos verdediging, polisiedienste, gevangenisdienste,
straatbeligting, vloedbeheer, stormwaterdreinering en vuurtorings.
17
Downloaded from hlayiso.com
10732/21
Kollektiewe goedere
Dit is goedere soos parke, strandgeriewe en strate.
Markte is onvolledig en kan nie aan die vraag na alle goedere voldoen nie.
Die regering voorsien openbare goedere, wat bestaan uit:
Meriete en nie-meriete goedere
Meriete goedere: dit is baie toepaslik vir algemene welstand, maar word nie
deur die mark hoog aangeskryf nie , bv. gesondheidsorg, onderwys en
veiligheid.
As mense die markprys daarvoor sou betaal, sou baie min verbruik word.
Die mark misluk omdat die mark minder as die gewenste hoeveelheid lewer.
Nie-meriete goedere: Hierdie goedere word oorverbruik, byvoorbeeld sigarette,
alkohol en dwelms / dus word meer van die goedere geproduseer as wat
sosiaal wenslik is.
Die regering verbied of verminder die verbruik van hierdie produkte deur
belasting en gee inligting aan die bevolking oor die skadelike gevolge daarvan.
(Maks. 10 punte)
Gebrek aan inligting
Verbruikers, werkers en entrepreneurs het nie die nodige inligting om rasionele
besluite te neem nie.
Dit lei daartoe dat hulpbronne nie doeltreffend toegewys word nie.
Verbruikers: Om hul voordele te maksimeer, benodig verbruikers
gedetailleerde inligting oor goedere en dienste.
Alhoewel tegnologie dit aan die verbruiker bied, het hulle natuurlik volmaakte
inligting.
Werkers is dikwels nie bewus van werksgeleenthede nie.
Ondernemers het nie inligting oor die koste, beskikbaarheid en produktiwiteit
van produksiefaktore nie, wat die effektiwiteit daarvan beïnvloed .
(Maks. 8 punte)
Immobiliteit van produksiefaktore
Arbeid neem tyd om van een gebied na ʼn ander te beweeg.
Die aanbod van geskoolde arbeid kan nie verhoog word nie, weens die tyd wat
dit neem om opgelei te word.
Fisieke kapitaal, soos fabrieksgeboue of infrastruktuur soos telefoonlyne, kan
nie maklik herverdeel word nie.
Strukturele veranderinge, soos die verandering van die vervaardiging van
plastiekpakkies na papierpakkies of die verskuiwing van arbeidsintensiewe
produksie na rekenaargebaseerde produksie vereis ʼn verandering in arbeiders
se vaardighede, indiensneming en werkspatrone.
Dit neem tyd om te verander, want die opleiding van arbeid is ook duur.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.) (Maks. 8 punte)
(Ken ’n maksimum van 8 punte toe vir slegs die lys van feite/voorbeelde.)
(Maks. 26)
18
Downloaded from hlayiso.com
10732/21
ADDISIONELE DEEL
Suid-Afrika het een van die ongelykste welvaart verspreidings in die wêreld.
Oordragte, sosiale besteding en BBSEB is suksesvol gebruik om ongelykhede wat
deur apartheid veroorsaak is, te verminder.
Die regering het beperkte gebruik gemaak van welvaartbelasting/ʼn belasting op
welvaart kan welvaart-ongelykheid verminder, terwyl dit ook addisionele
regeringsinkomste lewer.
Die regering het misluk om beduidende inklusiewe ekonomiese groei te
bevorder.
Die regering het die onderwysbeleid suksesvol gebruik om geleenthede te skep vir
minderbevoorregtes om kwalifikasies te verwerf en hoër inkomste te verdien.
Ondanks ʼn paar positiewe maatreëls, was die regering in die algemeen nie
effektief om die welvaartgaping te verminder nie, aangesien dit steeds groter
word.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.) (Maks. 10)
(ʼn Maksimum van 4 punte word toegeken vir bloot ʼn lys van feite/voorbeelde.)
GEVOLGTREKKING
Die markte kan doeltreffend wees, maar nie noodwendig billik of regverdig nie - die
regering moet ingryp om markte te help om beter te funksioneer en ʼn regverdiger
verdeling van welvaart en inkomste te bevorder.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante hoër orde gevolgtrekking.) (Maks. 2) [40]
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
Bespreek breedvoerig die maatreëls wat gebruik word om vraag-trek-
inflasie te bekamp. (26 punte)
Hoe belangrik is veranderinge in die inflasiekoers vir beleggers? (10 punte)
INLEIDING
Vraag-trek-inflasie vind plaas wanneer die totale vraag in ʼn ekonomie die totale aanbod
oorskry, selfs as bruto binnelandse produk styg en werkloosheid daal. (Maks. 2)
LIGGAAM: HOOFDEEL
Beleidmakers kan verskillende beleidsmaatreëls gebruik om inflasie te bestry as dit te
veel styg.
Fiskale maatreëls
Fiskale maatreëls is maatreëls wat die Minister van Finansies met betrekking tot
belasting en besteding instel. Voorbeelde van maatreëls wat ingestel kan word, sluit
in:
ʼn Toename in direkte belasting (persoonlike inkomstebelasting) wat sal help om
die vraag te verminder.
ʼn Toename in indirekte belasting (BTW) laat uitgawes daal omdat goedere
duurder word.
Deur ʼn leningsheffing op te lê, word die besteebare inkomste van verbruikers
verminder.
19
Downloaded from hlayiso.com
10732/21
Die staat besnoei die uitgawes deur regeringsprojekte soos paaie, hospitale en
skole te kanselleer.
Die land se begrotingstekort is nie inflasionêr nie (die regering gebruik lenings
van die nie-banksektor om inflasie te beperk).
Die staat stel bo-heffings in op ingevoerde goedere/dit verhoog die prys van
ingevoerde goedere, wat veroorsaak dat baie mense nie die goedere kan
bekostig nie.
Monetêre maatreëls
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) en die regering pas sekere monetêre
maatreëls toe om die inflasie hok te slaan:
Die SARB pas die hoeveelheid geld aan die behoeftes van die ekonomie aan
(bv. deur middel van ʼn ope-mark beleid) en handhaaf sodoende ʼn fyn balans
tussen die lewering van goedere en dienste en geldvoorraad.
Die SARB bekamp inflasie, wat veroorsaak word deur oormatige vraag deur die
geldvoorraad te verminder.
Die bankkoers van die sentrale bank (SARB) beïnvloed die rentekoerse in die
ekonomie (repokoers)/die bankkoers kan verhoog word om besparings aan te
moedig.
Oormatige krediet kan verminder word deur kredietverlening deur banke te
beperk.
Die SARB kan morele druk (morele oorreding) op finansiële instellings toepas om
strenger te wees wanneer hulle krediet verleen.
Ander maatreëls
Bykomende maatreëls wat getref kan word om inflasie te bekamp, sluit in:
Verhoog produktiwiteit: Dit is ʼn langtermynmaatreël wat ingestel word deur
verbeterde onderwys en opleiding, wat meer mense in diens kan neem en
verseker dat hulle meer produktief is.
Prysbeheer: Deur die prys van sekere noodsaaklike goedere vas te stel, verseker
die regering dat dit bekostigbaar bly.
ʼn Loonbeleid : Die regering neem ʼn besluit om die inflasiespiraal van verhoogde
lone en pryse te verbreek deur die loonverhoging onder of op die vlak van inflasie
te hou.
Strenger voorwaardes vir verbruikerskrediet: Die regering maak dit moeiliker vir
verbruikers om krediet te kry om hul besteding te beperk.
Moedig persoonlike besparings aan: Die regering stel maatreëls in om
besparings aan te moedig, byvoorbeeld deur belasting op spaargeld te verlaag.
(die wanbalans tussen vraag en aanbod word reggestel deur verhoogde
besparings, omdat mense meer spaar en minder spandeer)
Invoerbeheer word verslap.
Vryswewende wisselkoers: Pryse word outomaties aangepas by internasionale
toestande.
Indeksering: ʼn Beleid om pryse van items soos lone, pensioene en rentekoerse
op verbande te koppel aan prysindekse om die gevolge van inflasie uit te
skakel.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)
(Ken ʼn maksimum van 8 punte toe vir subopskrifte, lys van feite en voorbeelde)
(Maks. 26)
20
Downloaded from hlayiso.com
10732/21
ADDISIONELE DEEL
Veranderings in die inflasiekoers vir beleggers is beduidend omdat:
● Besparing, veral in vaste bankdeposito's in die bank, sal negatief geraak word as
gevolg van inflasie (langtermynbesparing en beleggings verloor hul werklike
waarde)
● Namate inflasie toeneem, verminder die waarde van beleggings in effekte
waaraan ʼn vaste rentekoers betaal word.
● Stygende inflasie verminder die koopkrag van die toekomstige (vaste)
koeponinkomste van ʼn verband, wat die huidige waarde van sy toekomstige
vaste kontantvloei verminder.
● Versnellende inflasie is selfs nadeliger vir langtermyneffekte, gegewe die
kumulatiewe impak van laer koopkrag vir kontantvloei wat ver in die toekoms
ontvang word.
● Bates met vaste, langtermyn kontantvloei presteer gewoonlik sleg as inflasie
styg, aangesien die koopkrag van die toekomstige kontantvloei met tyd daal.
● Omgekeerd, kommoditeite en bates met aanpasbare kontantvloei (byvoorbeeld
huurinkomste) vaar beter met stygende inflasie.
● Leners (debiteure) trek voordeel uit prysstygings, maar uitleners (krediteure)
word negatief beïnvloed, aangesien die leningsbedrag wat later terugbetaal word
ʼn laer waarde het.
(Aanvaar enige ander korrekte respons.) (Maks. 10)
(ʼn Maksimum van 4 punte word toegeken vir bloot ʼn lys van feite/voorbeelde.)
GEVOLGTREKKING
Inflasie kan ʼn bedreiging vir die normale fuksionering van die ekonomie wees;
daarom is maatreëls soos monetêre en fiskale beleide noodsaaklik om die verskynsel
onder beheer te hou.
(Enige ander korrekte relevante hoërorde-gevolgtrekking.) (Maks. 2) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 150
21
Study this subject
Recommended for this subject
%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91/v1-9e6be78dfbf1eddf2a29/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 Memo (Afrikaans)
%20Preparatory%202017%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--bda96458-ebe4-44b9-92e5-333e776e1614/v1-73e56ee11a0a58283c94/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b/v1-301c5aae90a68c6175ee/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--d34a6a9d-f432-46f7-873d-1a849eb9a1cc/v1-813bf44cd2b14d59ad5b/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 Question Paper (Afr)
%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--498eaf17-b8bb-4092-a221-96afe7bd7aa2/v1-cb2a96f2ffed9fd37ab2/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2017 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Economics

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P2 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper