Skip to content

Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)

Question paperEconomicsGrade 12202113 pages

Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2021 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2021 10732 EKONOMIE VRAESTEL 2 TYD: 2 uur PUNTE: 150 13 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 2 (Vraestel 2) 10732/21 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK: ● AFDELING A: VERPLIGTEND ● AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. ● AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Skryf die vraagnommer bo elke antwoord. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 7. Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 3 (Vraestel 2) 10732/21 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 D. 1.1.1 Wanneer die ekonomie ʼn maksimum vlak van doeltreffendheid bereik en geen verandering aangebring kan word sonder dat iemand slegter daaraan toe is nie, word dit … doeltreffendheid genoem. A Pareto- B allokatiewe C sosiale D produktiewe 1.1.2 Wanneer goedere volmaakte plaasvervangers is en kopers geen verskille tussen die produkte ervaar nie, word dit beskou as ... A heterogeen. B monogeen. C homogeen. D veelsydig. 1.1.3 ʼn Markstruktuur met baie kopers en verkopers, asook gedifferensieerde produkte is ʼn ... mark. A volmaakte B monopolistiese mededingende C oligopolie D monopolie 1.1.4 ʼn Ekonomiese verlies ontstaan wanneer ... A totale koste minder is as die totale inkomste. B totale inkomste totale koste oorskry. C marginale inkomste totale inkomste oorskry . D totale koste oorskry die totale inkomste. 1.1.5 Deflasie word gedefinieer as ʼn afname in die ... A salarisse van alle werkers. B BBP. C pryse van sekere produkte. D algemene prysvlak. 1.1.6 As die rand depresieer, sal pryse en inflasie ... A daal. B onveranderd bly. C verhoog. D verskil. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 4 (Vraestel 2) 10732/21 1.1.7 Toerisme is basies ʼn ... gebaseerde bedryf. A dienste B produksie C goedere D vervoer 1.1.8 Besoedeling is die skadelikste vir ... A huise. B menslike gesondheid. C boumateriaal. D geboue. (8 x 2) (16) 1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer, b.v. 1.2.9 M KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Onelastiese vraag A Die versekering dat verandering simpatiek is vir die lewenskwaliteit van beide huidige en 1.2.2 Langtermyn toekomstige geslagte 1.2.3 Geleentheidskoste B ʼn Verandering in prys veroorsaak ʼn kleiner persentasie verandering in die hoeveelheid 1.2.4 Mededingings- gevra tribunaal C Die reis van inwoners binne hul eie land 1.2.5 Geadministreerde goedere D Die verlies van potensiële voordeel van ander alternatiewe wanneer een alternatief gekies 1.2.6 Binnelandse toerisme word 1.2.7 Omgewingsubsidies E ʼn Owerheid wat groot samesmeltings verbied of magtig 1.2.8 Bewaring F Pryse van goedere en dienste wat deur die regering ingestel of beheer word G Aan ondernemings voorsien vir aktiwiteite wat omgewingskade verminder H Werklike uitgawes van ʼn onderneming soos die aankoop van rou materiaal, betaling van lone en rente I ʼn Tydperk waarin alle produksiefaktore en koste veranderlik is (8 x 1) (8) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 5 (Vraestel 2) 10732/21 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE. 1.3.1 ʼn Situasie waarin twee maatskappye die totale of byna die totale mark beheer 1.3.2 Die posisie in ʼn volmaakte mark waar die koste en inkomste gelyk is 1.3.3 Die toename in inkomste as gevolg van die verkoop van een addisionele eenheid 1.3 .4 Die tipe toerisme waar toeriste die plesier van die onversteurde natuur geniet, soos natuurlike woude 1.3.5 Die ongeskonde behoud van nie-hernubare bronne 1.3.6 Belasting op produksie of verbruik wat daarop gemik is om vir die skade aan die omgewing te vergoed (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 6 (Vraestel 2) 10732/21 AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE redes vir ʼn kostevoordeelontleding. (2 x 1) (2) 2.1.2 Waarom is mededinging nodig om markte reg te laat funksioneer? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. BANKE VERMINDER HULLE VOETAFDRUK ʼn Afname in die spasie wat deur Suid-Afrikaanse banke beset word, is opmerklik omdat die bankgroepe hul voetspoor in winkelsentrums wil verminder. Namate Suid-Afrikaners in die rigting van meer digitale bankwese beweeg, het gevestigde banke soos Absa, Standard Bank en FNB begin om hul baksteen en sement bedrywighede te verklein. [Aangepaste bron: www. businesstech.co.za] 2.2.1 Watter markstruktuur word normaalweg met banke geassosieer? (1) 2.2.2 Noem EEN nie-prys metode wat banke gebruik om mededingend te wees. (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term samespanning. (2) 2.2.4 Waarom sal ABSA nie ʼn groter markaandeel verkry as hulle die bankkoste sou verlaag nie? (2) 2.2.5 Watter negatiewe gevolge kan digitale bankwese vir bankwerknemers inhou? (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 7 (Vraestel 2) 10732/21 2.3 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg. 2.3.1 Noem EEN voorbeeld van ʼn veranderlike koste. (1) 2.3.2 Identifiseer die punt op die grafiek waar die onderneming ʼn normale wins sal maak. (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term marginale koste. (2) 2.3.4 Hoe word die onderneming se aanbodkurwe in die bostaande grafiek afgelei? (2) 2.3.5 Waarom sou die bogenoemde onderneming nie bereid wees om goedere te lewer teen ʼn prys onder punt b nie? (2 x 2) (4) 2.4 Vergelyk ʼn monopolie met ʼn volmaakte mededinger in terme van marktoegang en die aantal ondernemings. (8) 2.5 Verduidelik, met behulp van ʼn korrek benoemde grafiek, die implikasies van ʼn afwaarts lopende vraagkromme vir ʼn monopolis. (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 8 (Vraestel 2) 10732/21 VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE belangrike internasionale ooreenkomste oor volhoubare ontwikkeling. (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe kan ekotoerisme die omgewing bevoordeel? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. KOMMER OOR WATERVOORSIENING TYDENS KOMENDE HITTEGOLF IN GAUTENG Tydens die verwagte hoë temperature word inwoners in Gauteng aangeraai om water spaarsamig te gebruik. Uiterste hoë temperature en lae dam watervlakke het gelei tot ʼn hoë waterverbruik, wat groot druk op die stelsel sit. Rand Water sal beperkings op verskillende gebiede toepas om die vraag na water te verminder. Dit is daarop gemik om billike aanbod en stelselstabiliteit te verseker. [Aangepaste bron: https://www.iol.co.za/the-star/news/concern-over-water-supply-as-gauteng- heat-wave-looms-35902012] 3.2.1 Behalwe waterbeperkings, noem enige ander oplossing om die vraag na water in die land te verminder. (1) 3.2.2 Noem EEN internasionale maatstaf wat volhoubaarheid ten opsigte van klimaatsverandering verseker. (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term water beperkte land. (2) 3.2.4 Verduidelik EEN effek van waterbeperkings op die ekonomie. (2) 3.2.5 Hoe beïnvloed klimaatsverandering bedreigde spesies? (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 9 (Vraestel 2) 10732/21 3.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SOWETO-, JOBURG- EN APARTHEIDSTOER Die Soweto-, Johannesburg- en Apartheidstoer is ʼn voldag toer waar jy die wonders van Johannesburg, Soweto en ander kulturele terreine kan ervaar. [Bron: https://sowetoguidedtours.co.za/Soweto-Johannesburg-tour/index.html] 3.3.1 Identifiseer EEN inheemse kulturele terrein rondom Johannesburg. (1) 3.3.2 Noem EEN voordeel van inheemse toerisme. (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term inheemse kultuur. (2) 3.3.4 Verduidelik EEN vorm van direkte besteding deur toeriste. (2) 3.3.5 Hoe beïnvloed kultuur toerisme? (2 x 2) (4) 3.4 Verduidelik die uitwerking van toerisme op armoede. (4 x 2) (8) 3.5 Evalueer die doeltreffendheid van besoedelingsbeheermaatreëls in Suid-Afrika. (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 10 (Vraestel 2) 10732/21 VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE negatiewe gevolge van monopolieë op verbruikers. (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe beïnvloed die toerisme vermenigvuldiger effek die ekonomie van die gasheerland? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg. MONOPOLISTIESE MEDEDINGENDE MARK MELK B [Bron: https://www.youtube.com/watch?v=T3F1Vt3IyNc] 4.2.1 Noem EEN voorbeeld, buiten die melkbedryf, van monopolistiese mededinging. (1) 4.2.2 Noem die strategie wat ondernemings gebruik om ʼn persepsie van hul produkte te skep. (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term hibriede-struktuur. (2) 4.2.4 Hoe verskil ewewigsprys onder monopolistiese mededinging van volmaakte mededinging? (2) 4.2.5 Waarom is dit nie moontlik vir ondernemings in ʼn monopolistiese mededingende mark om langtermyn ekonomiese winste te verdien nie? (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 11 (Vraestel 2) 10732/21 4.3 Bestudeer die onderstaande beeld en beantwoord die vrae wat volg. [Bron: internetbeelde] 4.3.1 Identifiseer ʼn soort besoedeling wat in die prent hierbo kan ontstaan. (1) 4.3.2 Noem EEN rede waarom mense in informele nedersettings bly. (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term besoedeling. (2) 4.3.4 Hoe bedreig informele nedersettings omgewing sensitiewe gebiede? (2) 4.3.5 Hoe veroorsaak ontbossing besoedeling? (2 x 2) (4) 4.4 Verduidelik, met behulp van ʼn korrek benoemde grafiek, die impak van nuwe toetreders op die langtermyn-ewewig van ʼn individuele onderneming in ʼn volmaakte mark. (8) 4.5 Analiseer indiensneming as ʼn voordeel van toerisme. (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 12 (Vraestel 2) 10732/21 AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. Jou antwoord sal as volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is ʼn laerorde-antwoord. Maks. 2  ʼn Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraagonderwerp verband hou, te definieer of te omskryf.  Moet NIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.  Moet NIE enige gedeelte van die inleiding in die liggaam herhaal NIE.  Vermy enige bespreking van die liggaam in die inleiding. Liggaam Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Maks. 26 Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/ Onderskei/ Differensieer/Verduidelik Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Maks. 10 Evalueer krities/Trek ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/ Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/ Hoe?/Stel voor/Analiseer Slot Enige hoërorde-slot moet die volgende insluit: Maks. 2  ʼn Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder herhaling van enige feite wat reeds genoem is  Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is  Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ ontleding versterk  ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra  Aanbevelings TOTAAL: 40 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 13 (Vraestel 2) 10732/21 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE ● Bespreek breedvoerig hoe die volgende faktore tot die wantoedeling van hulpbronne in die mark lei: - Ontbrekende markte (10 punte) - Gebrek aan inligting (8 punte) - Immobiliteit van produksiefaktore (8 punte) (26) ● Hoe effektief is die regering se inmengingsstrategie vir die herverdeling van welvaart in Suid-Afrika? (10) (40) VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE ● Bespreek breedvoerig die maatreëls wat gebruik word om vraag-trek-inflasie te bekamp. (26) ● Hoe belangrik is veranderinge in die inflasiekoers vir beleggers? (10) (40) TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all