You're offline
Skip to content
Question paper

ECONOMICS P1 MG AFR JUNE 24

Subject: EconomicsGrade 12202416 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 12 EKONOMIE V1 JUNIE 2024 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 16 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 2 NW/Junie 2024 Graad 12 – Nasienriglyne AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE 1.1.1 B – vir tasbare goedere geruil word✓✓ 1.1.2 D – produksiesubsidies ✓✓ 1.1.3 A – oopmarktransaksie ✓✓ 1.1.4 C – Inkomste✓✓ 1.1.5 C – depresieer✓✓ 1.1.6 B – Gemeenskapsgoedere✓✓ 1.1.7 A – Voorspoed✓✓ 1.1.8 D – BBP ✓✓ (8 x 2) (16) 1.2 PAS KOLOM A BY KOLOM B 1.2.1 I – wanneer die waarde van ‘n land se invoere die waarde van sy uitvoere oorskry✓ 1.2.2 E - implementering van reëls en prosedures wat die kwaliteit van dienslewering verbeter✓ 1.2.3 C - staatsingryping is nodig ✓ 1.2.4 A – billikheid en verdeling van inkomste deur progressiewe belasting ✓ 1.2.5 G – werknemervergoeding betaal aan nie-inwonende werkers en beleggingsinkomste✓ 1.2.6 B - die oordrag van funksies en eienaarskap van die publieke na die privaatsektor✓ 1.2.7 H - die koers waarteen die sentrale bank van ‘n land geld aan kommersiële banke leen✓ 1.2.8 D – die mark waar beide kort-en langtermyn finansiële bates verkoop is✓ (8 x 1) (8) 1.3 GEE EEN TERM 1.3.1 Doeltreffendheid✓ 1.3.2 Monetêre Beleidskommitee✓ 1.3.3 Gesamentlike Vraag✓ 1.3.4 Spaar✓ 1.3.5 Direkte Belegging✓ 1.3.6 Aanspreeklikheid ✓ (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 3 NW/Junie 2024 Graad 12 – Nasienriglyne AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE 2.1.1 Noem enige TWEE kenmerke van die fiskale beleid. • Doelwit gebondery✓ • Vraagbevooroordeeld✓ • Sikliese✓ (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoe bevoordeel subsidies op produksie besighede? Besighede sal in staat wees om produksiekoste te verlaag wat kan lei daartoe dat besighede hul wins verhoog.✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) 2.2 DATA RESPONS 2.2.1 Identifiseer die rede vir mislukkig in die openbare sektor wat Eskom tans te doen het. • Bestuursmislukking ✓ (1) 2.2.2 Noem enige ander rede vir mislukking in die openbare sektor. • Gebrek aan motivering✓ • Burokrasie✓ • Politisie✓ • Strukturele swakhede✓ • Spesiale belange groepe✓ (Enige 1 x 1) (1) 2.2.3 Defineer kortliks die term deregulering. Dit verwys na die doelbewuste optrede deur die regering om almal te verwyder, onnodige beperkings wat deur wet, regulasies en voorskrifte op ekonomiese aktiwiteite geplaas word. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 2.2.4 Hoe beskerm die regering hulpbronne? Die regering het wette en stel wetlike strukture op om hulpbronne te beskerm. ✓✓ bv. Wette teen stropery van kreef en perlemoen. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 4 NW/Junie 2024 Graad 12 – Nasienriglyne 2.2.5 Hoe kan privatisering van Eskom die ekonomie bevoordeel? Privatisering van Eskom sal: • Die druk op die regering se begrooting en die regering self verminder aangesien die regering nie meer daarvoor hoef te begroot nie.✓✓ • Die regering in staat stel om die geld te gebruik om vir sy burgers te voorsien met beter gehalte openbare goedere en dienste.✓✓ • Kan buitelandse beleggings lok, soos bv. om beleggers se vertroue te hê om sodoende die ekonomie se vermoë om goedere doeltreffend te produseer wat bykomende fondse na die regering sal lei.✓✓ • Dit sal die las van verhoogde persoonlike inkomste belasting op belastingbetalers verminder. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (4) 2.3 DATA RESPONS 2.3.1 Identifiseer die ekonomie aanwyser in die bogenoemde uittreksel wat aandui dat die ekonomie herstel is. • Nuwe passasiersvoertuie✓ • Werksadvertensiespasie✓ (enige 1 x 1) (1) 2.3.2 Noem enige ander ekonomiese aanwyser. • Toeval✓ • Sloer✓ • Saamgestelde✓ enige EEN (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term ekstrapolasie. • ‘n Tegniek wat gebruik word om die onbekende te voorspel/ skat uit die bekende feite of ervarings. ✓✓ • Ekstrapolasie is om iets onbekend te skat uit feite wat bekend is, waar bekende feite gebruik word om die toekoms te voorspel✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 2.3.4 Wat is die belangrikheid daarvan om die lengte van ‘n sakesiklus te meet? • Die lengte van ‘n sakesiklus vanaf piek tot piek of van trog tot trog, wanneer ‘n sakesiklus ‘n langer siklus toon verwys dit na ‘n versterking. Wanneer ‘n korter siklus getoon word verwys dit na verswakking t.o.v die ekonomiese aktiwiteite. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 5 NW/Junie 2024 Graad 12 – Nasienriglyne 2.3.5 Verduidelik die tendenslyn as ‘n kenmerk wat voorspelling onderlê. • Die tendenslyn is ‘n ekonomiese aanwyser van die algemene rigting waarin die ekonomie beweeg.✓✓ • Die tendenslyn wat geleidelik styg, sal op langtermyn ‘n positiewe helling wees, die stygende lyn dui aan dat die ekonomie groei. • Die tendenslyn sal verander wanneer die tydsreeksdata hul gedragspatrone van die verlede verander.✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (4) 2.4 Beskryf kortliks Bruto Binnelandse Produk en Bruto Nasionale produk. Bruto Binnelandse Produk • Die waarde van alle finale goedere en dienste wat binne die grense van ‘n land geproduseer word vir ‘n spesifieke tydperk, gewoonlik een jaar.✓✓ • Dit meet die algemene toestand van die ekonomie.✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 4) Bruto Nasionale Produk. • Die waarde van alle finale goedere en dienste geproduseer deur die permanente burgers van ‘n land vir ‘n spesifieke tydperk. ✓✓ • BNP verteenwoordig hoe sy onderdane bydrae tot die land se ekonomie. Dit betrek burgers, ongeag waar jy in die wêreld is. Dit is belangrik om daarop te let dat die BNP nie die uitset van buitelandse inwoners insluit nie.✓✓ (Maks 4) (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (8) (Maksimum van 4 vir blote lys van feite en voorbeelde) 2.5 Ontleed die uitwerking van hoë inflasiekoers op werkloosheid. • Hoë inflasiekoers sal besighede se produksiekoste verhoog, wat sal lei tot ‘n lae indiensnemingskoers aangesien besighede dalk nie in ‘n posisie is om meer mense in diens te neem nie. ✓✓ • Besighede sal dalk ‘n sekere persentasie van hul arbeidsmag moet aflê indien hulle aanhou wil wins maak. ✓✓ • Soos werklossheid toeneem, sal huishoudings nie in hul basiese behoeftes kan voorsien nie, aangesien goedere en dienste duurder word. ✓✓ • Die indiensnemingskoers sal toeneem aangesien sommige mense dalk nie bereid sal wees om vir lae salarisse te werk nie as gevolg van hoë produksiekoste. ✓✓ (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (Maksimum van 2 vir blote lys van feite en voorbeelde) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 6 NW/Junie 2024 Graad 12 – Nasienriglyne VRAAG 3: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem TWEE tipes pryse wat gebruik word om nasionale rekeninge te bereken. • Basiese pryse ✓ • Faktor pryse ✓ • Mark pryse ✓ (enige 2 x1) (2) 3.1.2 Hoe sal ‘n regressiewe belastingstelsel gemarganaliseerde mense raak? Lae-inkomsteverdieners sal nie goedere en dienste kan koop nie, terwyl hoë-inkomsteverdieners steeds hul behoeftes en begeertes sal bevredig.✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) 3.2 DATA RESPONS 3.2.1 Identifiseer die sakesiklusfase wat op bogenoemde uittreksel genoem word. Resessie ✓ (1) 3.2.2 Noem enige tydperk van die sakesiklus. • Opswaai/Uitbreiding • Afswaai/Inkrimping✓ (enige 1 x1) (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term reële sakesiklus. ‘n Werklike sakesiklus word verkry wanneer die gevolge van onreëlmatige gebeure (soos die COVID-19-pandemie), seisoene en langtermyngroeineigings word uit die tydreeksdata verwyder.✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 3.2.4 Hoe kan die regering ekonomiese aktwiteite soos hierbo aangedui verbeter? Die regering kan ekonomiese aktiwiteite verbeter deur: • Belasting te verminder wat verbuikers en maatskappye meer geld sal gee om aan goedere en dienste te bestee en vir hulle om produksiekapasiteit uit te brei.✓✓ • Verhoging van staatsbesteding wat totaal sal toeneem, uitgawes en vraag stimuleer dus indiensneming en ekonomiese aktiwiteite. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 7 NW/Junie 2024 Graad 12 – Nasienriglyne 3.2.5 Waarom glo Monetariste dat die regering nie moet ingryp by markte nie? • Hulle glo dat markte stabiel is en dat regeringsingryping veroorsaak uitbreidings en inkrimpings.✓✓ • Hulle glo dat regereingsingryping die ekonomie meer destabiliseer as wat hulle dit help. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)(2 x 2) (4) 3.3 DATA RESPONS 3.3.1 Identifiseer die betalingsbalansrekening in die bostaande uittreksel? Lopende rekening ✓ (1) 3.3.2 Noem enige ander betalingsbalansrekening. • Kapitaaloordrag rekening✓ • Finansiële rekeninge✓ Enige EEN (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term reserwerekening. Die reserwe rekening teken veranderinge aan in die hoeveelheid goud en buitelandse valuta reserwes (dollars, ponde en euros) wat deur die land gehou word. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoorde) (2) 3.3.4 Waarom is ruilvoet ‘n belangrike makro-ekonomiese rekening? Dit meet die land se koopkrag van uitvoere teenoor invoere met die verhouding tussen die relatiewe pryse van uitvoere en invoere. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoorde) (2) 3.3.5 Hoe kan die invoerkontroles gebruik word om ‘n onewewigsbalans in die Betalingsbalans reg te stel?. Voer kwotas en tariewe in om ongelykheid te herstel deur: • Beperk invoer deur invoekwotas toe te pas waar die regering mag toe laat dat die maksimum hoeveelheid of waarde van ‘n kommoditeit gedurende ‘n gegewe tydperk ingevoer word. ✓✓ • Beperking van invoere deur kwotastelsel sal lei tot ‘n tekort, vermindering of uitskakeling en daardeur sal die betalingsbalans posisie verbeter word.✓✓ • Tariewe is pligte (belasting) wat op invoere gehef word,dus sal die prys van invoere styg, wat die vraag na ingevoerde goedere en dienste daal en binnelandse produsente sal aanmoedig om meer invoervervangers te produseer. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoorde)(2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 8 NW/Junie 2024 Graad 12 – Nasienriglyne 3.4 Bespreek die effek van doeltreffendheid op Internasionale handel. • Verbeterings in produksiedoeltreffendheid beteken dat lande meer goedere en dienste met dieselfde hoeveelheid hulpbronne kan produseer. ✓✓ • Dit kan die gevolg wees omdat die land se produsente groter word en die skaal voordele ontgin, wat verhoogde produksie veroorsaak. ✓✓ • Hierdie verhoogde uitset sal na die globale mark gekanaliseer word, invoer stel binnelandse firmas bloot aan groter mededingende druk, terwyl hulle toegang tot meer en beter insette gee ✓✓ • Uitvoerders verhoog produktiwiteit deur van oorsee te leer en deur blootstelling aan mededinging van buitelandse produsente. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoorde) (8) 3.5 Hoe kan die regerig fiskale beleide gebruik om die totale vraag te verhoog tydens ‘n afswaai in die ekonomie? Verminder Belasting (T) • Huishouding en produsente sal meer besteebare inkomste in hul sakke hê wat hulle aan goedere en dienste kan bestee. ✓✓ • Verhoogde besteebare inkomste sal verbruikersbesteding verhoog, wat lei tot ‘n toename in vraag, dit sal die ekonomie stimuleer en indiensneming sal toeneem. ✓✓ Verhoog staatsbesteding (G) • Staadsbesteding lei tot ‘n toename in verbruik van goedere en dienste, aangesien meer mense indiens geneem sal word en in ‘n posisie sal wees om meer goedere en dienste te eis. ✓✓ • Besighede sal produksie moet verhoog om aan verhoogde vraag te voldoen . ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoorde) (Maksimum van 2 vir blote lys van feite en voorbeelde) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 9 NW/Junie 2024 Graad 12 – Nasienriglyne VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE monetêre beleidsinstrumente. • Rentekoerse✓ • Oopmarktransaksies✓ • Kontantreserwevereiste✓ • Morele oorreding/verhoor✓ (enige 2) (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe kan die regering fiskale beleide gebruik om die ekonomie te versnel tydens ‘n herstelfase? Die regering sal fiskale beleid gebruik deur staatsbesteding te verhoog of belasting te verlaag, hierdie inkomste van beskikbaarheid sal op sy beurt die vraag na goedere en dienste verhoog.✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2) 4.2 DATA RESPONS 4.2.1 Identifiseer die oorspronklike ewewig in die bostaande grafiek. Pond = R18✓ (1) 4.2.2 Watter wisselkoerssisteem gebruk Suid-Afrika? Vry swewende✓ (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term buitelandse valutamark. • ‘n Buitelandse wisselkoers is die prys van een land se geld eenheid in terme van ‘n ander. Dit word uitgedruk as die binnelandse prys van een eenheid teenoor ‘n buitelandse geldeenheid.✓✓ • ‘n Buitelandse valuta mark is ‘n mark wat betrokke is by die koop en verkoop van buitelandse valuta. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 4.2.4 Waarom sal die vraagkromme op die grafiek hierbo na regs verskuif? • Suid-Afrikaners het hul vraag na die Pond verhoog. ✓✓ • Suid-Afrikaners voer meer goedere en dienste vanaf Brittanje in. ✓✓ • Meer Suid-Afrikaners besoek Brittanje. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 10 NW/Junie 2024 Graad 12 – Nasienriglyne 4.2.5 Hoe sal valutadepresiasie die Suid-Afrikaanse ekonomie negatief beinvloed? Valuta depresiasie sal veroorsaak: • ‘n Styging in die koste van invoere wat die ekonomie op die langtermyn sal beinvloed aangesien Suid-Afrikaners nie goedere van ander lande sal kan bekostig nie. ✓✓ • Buitelandse beleggers sal vertroue in die ekonomie verloor en dit sal dit moeiliker maak vir die regering om ‘n begrotingstekort te finansier. ✓✓ • Dit gaan moeilik (duurder) vir die ekonomie word om sy oorsee se krediteure te betaal. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (4) 4.3 DATA RESPONS 4.3.1 Watter BBP-metode word in die tabel hierbo gebruik? Uitgawe metode ✓ (1) 4.3.2 Noem die item wat deur A op die tabel voorgestel word. Kapitaalvorming ✓ (1) 4.3.3. Beskryf kortliks die term kapitaalvorming. Private besighede, staatsondernemings en ondernemings in staatsbesit maak belggings, hulle belê in kapitaal goedere soos masjinerie, gereedskap en geboue. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 4.3.4 Wat is die belangrikheid van residuele items? Die residuele items word gebruik om te verseker dat die inkomste en uitgawe metode dieselfde is a.g.v foute en weglatings wat mag voorkom. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 4.3.5 Bereken die waarde wat deur B op die tabel woorgestel word. 1 751 706 ✓ + 592 515 ✓ -8 868 ✓ = R 1 767 280 m✓ (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 11 NW/Junie 2024 Graad 12 – Nasienriglyne 4.4. Beskryf kortliks die uitwerking van fiskale beleide op inkomsteverdeling en die prys. Inkomste verspreiding • Die regering gebruik progressiewe belastingstelsels om inkomste eweredig te versprei waar diegene wat meer verdien meer belasting betaal.✓✓ • Die belasting wat ontvang word, word gebruik om vir dienste soos gesondheidsdienste en onderwys te betaal, om te verseker dat almal aan die ekonomie kan deelneem.✓✓ (Maks 4) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) Prys vlakke • Direkte belasting verminder inflasie druk, omdat totale vraag afneem, sal dit lei tot kostedruk-inflasie aangesien werkers meer lone sal eis. ✓✓ • ‘n Verhoging in indirekte belasting sal ‘n verhoging in algemene prysvlakke veroorsaak, waat daartoe lei dat vraag afneem, aangesien die aankoop van goedere en dienste duurder sal wees. (Maks 4)✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (8) 4.5 Analiseer die sloer van aanwysers in die vooruitkskatting van die sakesiklusse • Sloer volg onmiddelik na die samevallende aanwysers hulle bevestig die gedrag daarvan ✓✓ • As dit bv. Nie die opswaai of afswaai bevestig nie dui dit aan dat dit swak is. ✓✓ • Hulle bevestig veranderinge wat die eerste keer deur die leidende aanwysers aangedui is en daarna volg die toevallige aanwysers. ✓✓ • Hulle gee ‘n voorafsein van ‘n keerpunt in die sakesiklus deur eerstens wanbalans te weerspieël wat die ekonomie laat toeneem of afneem. ✓✓ • Hulle dui bewegings in die voorste aanwysers en help om die siening te verduidelik dat een sakesiklus die volgende een genereer. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maksimum van 2 vir blote lys van feite en voorbeelde) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 12 NW/Junie 2024 Graad 12 Nasienriglyne AFDELING C VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE • Bespreek in detail die redes vir Internasionale Handel. (26 punte) • Hoe kan die SARB die tekort op die betalingsbalansrekening verminder? (10 punte) INLEIDING Internasionale handel is die uitruil van goedere of dienste oor internasionale grense heen, wêreldhandel laat verbruikers toe om toegang te hê tot ‘n verskeidenheid goedere en dienste.✓✓ (Aanvaar enige ander relevante inleiding) (Maks 2) HOOF GEDEELTE Vraag redes Grootte van die bevolking ✓ • Indien die bevolkinggroei styg veroorsaak dit ‘n toename in vraag, daar is meer behoeftes wat bevredig moet word. ✓✓ • Indien die land nie oor genoegsame goedere en dienste beskik nie, moet dit van ander lande ingevoer word. ✓✓ Inkomstevlakke ✓ • Verandering in inkomste veroorsaak ‘n verandering in die vraag na goedere en dienste. ✓✓ • Indien die per capita inkomste van mense in die land styg – lei dit groter besteebare inkome wat beskikbaar om op goedere en dienste gespandeer kan word. ✓✓ • Hierdie vergrote vraag moet bevredig word – indien daar nie genoeg goedere en dienste in die land is nie – moet goedere en dienste ingevoer word. ✓✓ Verandering in die welvaart van die bevolking ✓ • ‘n Toename in rykdom lei tot vergrote vraag na goedere ✓✓ • Mense het meer toegang tot lenings – kan groter en meer luukshede aankoop. ✓✓ Voorkeur en smake ✓ • Voorkeure en smake kan ‘n rol speel in die bepaling van pryse, hoe meer mense migreer na ander lande in die wêreld, mag hulle dalk sien dan hulle voorkeure en smake van produkte nie beskikbaar is in daardie land nie. ✓✓bv. verbruikers in Amerika het ‘n voorkeur vir Bilton wat geproduseer word in Suid-Afrika wat hulle dan moet invoer; dit sal ‘n hoër waarde hê as in ander lande. ✓✓ • Voorkeur en smake mag ook verhoog soos mense al hoe meer immigreer en migreer na ander lande wat beter werksgeleenthede bied. Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Ekonomie/V1 13 NW/Junie 2024 Graad 12 Nasienriglyne Die verskil in verbruikspatrone ✓ • Die verskil in bestedingspatrone word bepaal deur die vlak van ekonomiese ontwikkeling in die lande, ✓✓ bv. ‘n minder ontwikkelde land sal ‘n hoë vraag hê na basiese goedere en dienste, maar ‘n laer vraag na luukse goedere. ✓ Aanbodredes ✓ Natuurlike hulpbronne (produksiefaktore) ✓ • Dis nie eweredig versprei tussen alle lande van die wêreld nie. ✓✓ • Dit verskil van land tot land en kan slegs ontgin word in plekke waar daar sulke hulpbronne voorkom. ✓✓ • Suid-Afrika is goed benut met baie goeie hulpbronne , maar met minder vaardighede en geskoolde arbeiders en kapitaal, waarby Japan en Ierland meer geskoolde werkers het , maar minder hulpbronne ✓ Klimaatstoestande ✓ • Verskille in klimaatstoestande tussen lande maak dit moontlik vir sekere lande om sekere goedere teen 'n laer prys as ander lande te produseer. ✓✓ • Baie gewasse kan slegs in sekere klimaatstoestande verbou word in sekere gebiede en sekere soorte grond. ✓✓ Bv. Brasilië is die grootste produsent van koffie in die wêreld. ✓ Arbeidsbronne (Menslike Hulpbronne) ✓ • Die kwaliteit, hoeveelheid en arbeidskoste verskil tussen lande. ✓✓ • Sekere lande het hoogs geskoolde arbeid met hoë produktiwiteitskoerse. ✓✓ Bv. Switserland (horlosievervaardiging) Tegnologie ✓ • Sekere lande het toegang tot tegnologiese hulpbronne wat hulle in staat stel om sekere goedere en dienste teen 'n lae eenheidskoste te produseer. ✓✓ • Lande soos Nederland het baie meer kapitaal wat hulle kan gebruik vir hoë kostes tegnologie wat ander lande nie kan bekostig nie. • Verbeterde produksieprosesse, beskikbaarheid van toerusting en masjinerie en ander tegnologiese faktore beïnvloed almal die aanbod van goedere en dienste en dra ook by tot die kosteverskille tussen lande. ✓✓ Spesialisasie ✓ • Sommige lande spesialiseer in die produksie van sekere goedere en dienste. ✓✓ • Deur te spesialiseer in die produksie van ’n sekere goed of diens, stel dit 'n land in staat om voordeel te trek uit skaalvoordele en kan dus die goedere produseer teen 'n vergelykende eenheidskoste-voordeel. ✓✓bv. Japan spesialiseer in die produksie van sekere elektroniese goedere en hulle verkoop teen 'n baie laer prys as wat hulle in ander lande geproduseer kan word. ✓ • Dit lei dikwels tot massaproduksie a.g.v. arbeidsverdeling, outomatisasie en meganisering. ✓✓ Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 14 NW/Junie 2024 Graad 12 Nasienriglyne Kapitaal ✓ • Kan nie ewe maklik bekom word in sekere lande as in ander nie, ontwikkelde lande geniet 'n voordeel bo ontwikkelende lande. ✓✓ (Maks 26 punte) ADDISIONELE GEDEELTE Hoe kan die SARB die tekort op die betalingsbalansrekeninge verminder? • Lande wat tekorte ervaar, sal geld by ander lande leen. Dit is hoekom ontwikkelende lande soveel buitelandse skuld het.✓✓ • Waar die ongelykheid baie ernstig is, kan lede van die lande by die Internasionale Monetêre Fonds leen, maar leen is nie ‘n langtermyn oplossing vir betalingsbalans nie.✓✓ • Suid-Afrika sal invoere verminder deur die geldeenheid te depresieer. ✓✓ • Uitvoere sal goedkoper word vir buitelandse kopers wat rentekoerse sal verhoog en uiteindelik besteding sal verlaag. ✓✓ • Waar daar hoër rentekoerse is sal FDI toeneem aangesien buitelandse belggers deur hoar daar hoër rentekoerse is sal FDI toeneem aangesien buitelandse belggers deur hoë rentekoerse gelok sal word. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 10) GEVOLGTREKKING Wanneer die land se geldeenheid waardeer, sal die belggers se vertroue in die ekonomie verhoog, meer mense indiens geneem word en daar sal ‘n groter vlak van mededinging in die mark wees. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte hoër orde, relevante gevolgtrekking) (Maks 2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 15 NW/Junie 2024 Graad 12 Nasienriglyne VRAAG 6: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE • Bespreek in detail die markte binne die VIER-SEKTOR model. (26 punte) • Ontleed die vermenigvuldigerseffek indien beleggings sou toeneem. (10 punte) INLEIDING • Die ekonomiese kringloopmodel is 'n vereenvoudigde aanbieding van die interaksie tussen die deelnemers in die ekonomie. ✓✓ • Markte koördineer ekonomiese aktiwiteite en bepaal pryse vir goedere en dienste. (Aanvaar enige ander relevante inleiding) (Maks 2) HOOF GEDEELTE Goedere en dienste markte: ✓ • Goedere word gedefinieer as verbruikbare items soos kos, klere en motors wat sommige menslike behoeftes bevredig. ✓✓ • Firmas, regering en buitelandse sektor koop goedere en dienste en hierdie beweging word reële vloei genoem • Koop en verkoop van goedere wat geproduseer word op markte ✓✓ • bv: Kapitaalgoederemark vir die verhandeling van geboue en masjinerie. ✓✓ • Verbruiksgoederemark vir die verhandeling van duursame verbruiksgoedere, semi- duursame verbruiksgoedere en nie-duursame verbruiksgoedere. ✓✓ • Dienste word gedefinieer as nie-tasbare goedere en sluit groot- en kleiinhandel, vervoer en finansiële markte in. ✓✓ Faktormarkte: ✓ • Faktormark is waar die produksiefaktore geruil word, bv die arbeidsmark, die huishoudingmark en die finansiëlemark • Huishoudings verkoop produksiefaktore op die markte: huur vir natuurlike hulpbronne, lone vir arbeid, rente vir kapitaal en wins vir entrepreneurskap. ✓✓. • Die faktormark sluit die arbeid, eiendom en finansiële markte in. ✓✓ • Faktordienste is reëlevloei en word bygestaan deur ekonomiese vloei in die faktormark ✓✓ Finansiëlemarkte: • Finansiëlemarkte deel finansiële dienste vir die ander deelnemers in die ekonomie deur surplusse bymekaar te maak uit ander fondse en deur lenings aan te gaan met daardie diegene wat fondse benodig ✓✓ • Banke, versekering maatskappye en pensioenfondse vorm deel van die finansiële mark✓✓ • Finansiëlemarkte is nie direk betrokke in die produksie van goedere en dienste nie, maar verbind die huishoudings en besighede met surplus inkomstes en ander verbruikers wie dit benodig ✓✓ Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Ekonomie/V1 16 NW/Junie 2024 Graad 12 Nasienriglyne Geldmarkte: ✓ • In die geldmark, word korttermynleninge en baie korttermynfondse gespaar en geleen deur verbruikers en sakeondernemings. ✓✓ • Produkte word verkoop op hierdie mark bv. bank obligasies, skatkiswissels en staatsobligasies. ✓✓ • SARB is die sleutelinstelling in die geldmark. ✓✓ • Die SARB is die instelling wat die beheer van alle gelde en finansies beheer ✓✓ • Geldmarkte sluit die verbintenis tussen banke in asook die bestuur van die geld ✓✓ Kapitaalmarkte: ✓ • In die kapitaalmark word langtermynfondse geleen en gespaar deur verbruikers en sakeondernemings. ✓✓ • Die Johannesburg Effektebeurs is 'n sleutelinstelling in die kapitaalmark. ✓✓ • Produkte wat op hierdie markte verkoop word is verbandlenings en aandele. ✓✓ Buitelandse valutamark: ✓ • Op die buitelandse valutamark koop/verkoop besighede buitelandse valuta om vir ingevoerde goedere en dienste te betaal. ✓✓ • Hierdie transaksies kom voor in banke en bestaan uit 'n elektroniese geldoordrag van een rekening na 'n ander. ✓✓ • Die mees belangrike buitelandse valutamarkte is in Londen/New York/Tokio. ✓✓ • Die SA Rand word vryelik op hierdie markte verhandel, bv. as 'n persoon reisigerstjeks koop om oorsee te reis. ✓✓ (Maks:26 punte) ADDISIONELE GEDEELTE Ontleed die vermenigvuldigingseffek indien beleggings sou toeneem. • Vermenigvuldigingsproses vind plaas in die sirkulêre vloei wanneer ‘n verandering in die vlak van inspuitings lei tot verandering in die vlak van uitset. ✓✓ • Dit hou verband met hoeveel nasionale inkomstes verander a.g.v ‘n inspuiting of onttrekking soos bv. ‘n belegging. ✓✓ • As daar ‘n toename in belggings is wat ‘n inspuiting in die ekonomie is, sal dit lei tot ‘n proporsionele toenoema in nasionale inkomste. ✓✓ • Die ekstra uitgawes sal ‘n deurwerking hê en selfs meer besteding skep. ✓✓ • Meer besteding verhoog produksie wat kan lei tot ‘n toename in indiensneming, wat op sy beurt die totale vraag sal verhoog. ✓✓ • ‘n Verhoging kan lei tot ‘n toename in kapitaalvorming wat doeltreffendheid en kwaliteit van goeder en dienste geproduseer sal bevorder. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks 10) GEVOLGTREKKING Markte is ‘n noodsaaklike deel van ekonomiese groei aangesien dit enige plek of enige omstandighede is, waar kopers en verkopers kontak maak of met mekaar kommunikeer oor die koop en verkoop van goedere en dienste. ✓✓ (Aanvaar enige ander korrekte hoër orde, relevante gevolgtrekking) (Maks 2) TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Economics

Explore more published documents in this catalogue.

View all