PROVINSIALE ASSESSERING
GRAAD 12
EKONOMIE V1
JUNIE 2024
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 




%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79/v1-e860756d76976a4f1387/card.webp)
View all

_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--d54cb2c3-c826-4990-8f30-6eaeb86b12e4/v1-b25692f4d0b569bc941a/card.webp)


Economics Grade 12 P1 North West June 2024 QP (Afr)
Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the North West June Exam 2024 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · North West June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- North West June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 945.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
North West June Exam 2024
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Ekonomie/V1 2 NW/Junie 2024
Graad 12
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Antwoorde wat meer as die vereiste
nommer is, sal NIE gemerk word nie.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik word.
4. Lees die vrae aandagtig deur.
5. Skryf die nommer van die vraag bo elke antwoord neer.
6. Begin ELKE vraag op ‘n NUWE bladsy.
7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van die vrae.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks
van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Jy mag ‘n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 3 NW/Junie 2024
Graad 12
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE–20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in
die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.
1.1.1 Geld wat oor die land se grense oorgeplaas word van inwoners na nie-
inwoners wat nie ... nie, word na verwys as ‘n lopende oordrag.
A gehefde rente kry
B vir tasbare goedere geruil word
C dividende kry
D opgeneem word
1.1.2 ‘n Voorbeeld van aansporing wat aan besighede gegee word om koste te
verlaag, sluit in:
A ‘n Hoë progressiewe belasting
B verbruiksubsidies
C vermindering van belastingkortings vir huishoudings
D produksiesubsidies
1.1.3 Die mark wat die koop en verkoop van staatseffekte behels en ander
sekere sekuriteite in die ope mark deur sentrale bank.
A ‘n Oopmarktransaksie
B Kapitaalmark
C Forex
D Geldmark
1.1.4 … staan bekend as die vergoeding van die produksiefaktore.
A ‘n Wins
B Uitgawes
C Inkomste
D Bates
1.1.5 Wanneer die prys van die Suid-Afrikaanse rand daal in verhouding tot die
prys van die Amerikaanse Dollar as gevolg van markkragte, dan sou die
Suid-Afrikaanse rand … teenoor die Amerikaanse Dollar.
A devalueer
B appresieer
C depresieer
D herwaardeer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 4 NW/Junie 2024
Graad 12
1.1.6 Openbare goedere wat gebruik kan word deur almal en niemand kan
verhoed word om dit te gebruik nie.
A Meriete goedere
B Gemeenskapsgoedere
C Verbruiksgoedere
D Vrye goedere
1.1.7 Gedurende hierdie fase is die vlak van produksie hoog en inflasie is buite
beheer.
A Voorspoedfase
B Ressessiefase
C Herstelfase
D Depressiefase
1.1.8 Bruto Toegevoegde Waarde word gebruik wanneer … bereken word
A BNP
B BNI
C BBI
D BBP (8 x 2) (16)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 5 NW/Junie 2024
Graad 12
1.2 Kies ‘n beskrywing uit KOLOM B wat by ‘n term in KOLOM A pas. Skryf slegs die
letters (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK,
bv. 1.1.9 D.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Handelstekort A billikheid en verdeling van inkomste deur
progressiewe belasting
1.2.2 Burokrasie
B die oordrag van funksies en eienaarskap van
1.2.3 Keynesiaanse die publiek na die privaatsektor
benadering
C staatsingryping is nodig
1.2.4 Ekonomiese
billikheid D die mark waar beide kort- en langtermyn
finansiële bates verkoop is
1.2.5 Primêre
Inkomstebetaling E implementering van reëls en prosedures wat
die kwaliteit van dienslewering verlaag
1.2.6 Privatisering
F ‘n mark vir korttermyndeposito’s en lenings
1.2.7 Terugkoopkoers
G werknemervergoeding betaal aan nie-
1.2.8 Finansiële mark inwonende werkers en beleggingsinkomste
H die koers waarteen die sentrale bank van ‘n
land geld aan kommersiële banke leen
I wanneer die waarde van ‘n land se invoer die
waarde van sy uitvoere oorskry
(8 x 1) (8)
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings, skryf slegs die term langs die
vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings,
voorbeelde en akronieme sal NIE aanvaar word NIE.
1.3.1 Die vermoë om kwaliteit goedere te produseer sonder die vermorsing van
hulpbronne.
1.3.2 Die komitee wat oor die land se monetêre beleid besluit.
1.3.3 Die totale besteding aan goedere en dienste in die ekonomie.
1.3.4 Inkome wat huishoudings verkies om nie te bestee nie.
1.3.5 ‘n Belegging wat deur ‘n firma of individu in een land in ‘n besigheid
gemaak word in die belange van ‘n ander land.
1.3.6 Wanneer daar van regeringsamptenare verwag word om hulle besluite
te verduidelik. (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 6 NW/Junie 2024
Graad 12
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE kenmerke van die fiskale beleid. (2 x 1) (2)
2.1.2 Hoe bevoordeel subsidies op produksie besighede? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MISKIEN GOOI
ONS DIE
VERKEERDE
VRAGTE AF?
KORRUPSIE 47 000 ESKOM
EN WERKNEMERS
R400
WANBESTUUR
BILJOEN
SKULD
[Bron: https://web.facebook.com/photo/]
2.2.1 Identifiseer die rede vir mislukking in die openbare sektor waarmee
Eskom tans te doen het. (1)
2.2.2 Noem enige ander rede vir mislukking in die openbare sektor. (1)
2.2.3 Defineer kortliks die term deregulering. (2)
2.2.4 Hoe beskerm die regering hulpbronne? (2)
2.2.5 Hoe kan privatisering van Eskom die ekonomie bevoordeel? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 7 NW/Junie 2024
Graad 12
2.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SUID-AFRIKA SE VOORSTE INDEKS DAAL VIR DIE 2DE MAAND
Die saamgestelde toonaangewende sakesiklusaanwyser in Suid-Afrika het in
Desember 2023 met 0,8% maand-tot-maand gedaal, en verder gedaal vanaf ‘n
daling van 0,4% in die vorige maand. Dit was die tweede opeenvolgende maand
van daling en die laagste lesing sedert Mei, aangesien afnames in vier van die nege
beskikbare komponent tydreekse die styging, in die oorblywende vyf oorskry het.
Die grootste negatiewe bydraers was afnames in die aantal residensiële bouplanne
wat goedgekeur is en in die gemiddelde ure gewerk, per fabriekswerker in die
vervaardigingsektor. Aan die ander kant was die belangrikste positiewe bydraers
versnellings in die ses maande gladde groeikoers, van die aantal nuwe
passassiersvoertuie wat verkoop word vir werksadvertensies.
[Bron: https://tradingeconomics.com]
2.3.1 Identifiseer die ekonomiese aanwyser in die bogenoemde uittreksel wat
aandui dat die ekonomie herstel is. (1)
2.3.2 Noem enige ander ekonomiese aanwyser (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term ekstrapolasie.. (2)
2.3.4 Wat is die belangrikheid daarvan om die lengte van ‘n sakesiklus te
meet? (2)
2.3.5 Verduidelik die tendenslyn as ‘n kenmerk wat voorspelling onderlê. (4)
2.4 Beskryf kortliks Bruto Binnelandse Produk en Bruto Nasionale Produk. (4 x 2) (8)
2.5 Ontleed die uitwerking van hoë inflasiekoers op werkloosheid. (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 8 NW/Junie 2024
Graad 12
VRAAG 3: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem TWEE tipes pryse wat gebruik word om nasionale rekeninge te
bereken. (2 x 1) (2)
3.1.2 Hoe sal ‘n regressiewe belastingstelsel gemarganaliseerde mense
raak? (1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SYFERS VAN VROEȄ VIERDE KWARTAAL DUI OP ‘N TEGNIESE RESESSIE
Na ‘n sterker as verwagte eerste helfte van die jaar het ekonomiese aktiwiteite in
die laaste maande van 2023 verswak, wat dui op die impak wat verhoogde
rentekoerse, beurtkrag en Transnet-probleme op die ekonomie gehad het. Die
druk in ekonomiese aktiwiteite word vasgevang in die BankservAfrika-indeks vir
ekonomiese transaksies (Beti) wat ‘n voortgesette afwaartse neiging van Oktober
se 130,8 punte tot 130,4 in November toon, wat dui daarop dat die land se
ekonomiese swaarkry tot in die vierde kwartaal voortduur.
[Bron: Business Day online/ThulethoZwane/10 January 2024]
3.2.1 Identifiseer die sakesiklusfase wat in die uittreksel hierbo genoem word. (1)
3.2.2 Noem enige tydperk van die sakesiklus. (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term reële sakesiklus. (2)
3.2.4 Hoe kan die regering die ekonomiese aktiwiteite soos hierbo aangedui
verbeter? (2)
3.2.5 Waarom glo Monetariste dat die regering nie moet ingryp by markte
nie? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 9 NW/Junie 2024
Graad 12
3.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
LOPENDE REKENING
Suid-Afrika se tekort op die lopende rekening het skerp gedaal tot ZAR 19,3
miljard in die derde kwartaal van 2023, vanaf ‘n opwaartse hersiene ZAR
185,2 miljard in die vorige tydperk en in vergelyking met die
markvoorspellings van ‘n tekort van ZAR 111,2 miljard. Dit was die kleinste
tekort op die lopende rekening sedert die derde kwartaal van 2022,
aangesien die handelsoorskot tot ZAR 189,1 miljard gestyg het vanaf ZAR
22,2 miljard, met die waarde van goedere-invoer wat meer gedaal het as
die van goedere-uitvoer.
Intussen het die tekort in die dienste-, inkomste- en lopende
oordragrekening marginaal tot ZAR208,5 miljard in die derde kwartaal
gestyg van ZAR 207,4 miljard in die vorige tydperk. Dit is aangedryf deur
groter tekorte in die diensterekening en primêre inkomsterekening, terwyl
die tekort op die sekondêre inkomsterekening gedaal het. As ‘n verhouding
van die BBP, die tekort op die lopende rekeningsaldo in die derde kwartaal
van 2023 tot 0,3% vernou van 2,7% in die tweede kwartaal.
[Bron: https://tradingeconomics.com]
3.3.1 Identifiseer die betalingsbalansrekening in die bostaande uittreksel
hierbo ? (1)
3.3.2 Noem enige ander betalingsbalansrekening. (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term reserwerekening. (2)
3.3.4 Waarom is ruilvoet ‘n belangrike makro-ekonomiese rekening? (2)
3.3.5 Hoe kan invoerkontroles gebruik word om ‘n onewewigsbalans in die
Betalingsbalans reg te stel? (2 x 2) (4)
3.4 Bespreek die effek van doeltreffendheid op Internasionale handel. (2 x 4) (8)
3.5 Hoe kan die regering fiskale beleide gebruik om die totale vraag te verhoog
tydens ‘n afswaai in die ekonomie? (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 10 NW/Junie 2024
Graad 12
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE monetêre beleidsinstrumente (2 x 1) (2)
4.1.2 Hoe kan die regering fiskale beleide gebruik om die ekonomie te versnel
tydens ‘n herstelfase? (1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
4.2.1 Identifiseer die oorspronklike ewewig in die grafiek hierbo. (1)
4.2.2 Watter wisselkoerssisteem gebruik Suid-Afrika? (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term buitelandse valutamark. (2)
4.2.4 Waarom sal die vraagkromme op die grafiek hierbo na regs verskuif? (2)
4.2.5 Hoe sal valutadepresiaisie die Suid-Afrikaanse ekonomie negatief
beinvloed. (4)
Kopiereg voorbehou
Ekonomie/V1 11 NW/Junie 2024
Graad 12
4.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
NASIONALE REKENINGE VIR SUID-AFRIKA
Teen huidige pryse
NO. ITEM BEDRAG MILJOENE (R)
1 Finale verbruikersbesteding 1 124 931
deur huishoudings
2 Finale verbruikersbesteding 347 352
deur die regering
3 (A) 270 409
4 Veranderinge in voorraad 9 014
5 Residuele items 8 864
6 Bruto Binnelandse Besteding 1 742 842
7 Uitvoere van goedere en 592 515
dienste
8 Invoere van goedere en 568 073
dienste
9 Besteding aan BBP teen (B)
markpryse
[Bron: Quarterly Bulletin, SARB, December 2023]
4.3.1 Watter BBP-metode word in die tabel hierbo gebruik? (1)
4.3.2 Noem die item wat deur A op die tabel voorgestel word. (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term kapitaalvorming. (2)
4.3.4 Wat is die belangrikheid van residuele items? (2)
4.3.5 Bereken die waarde wat deur B in die tabel voorgestel word. (4)
4.4 Beskryf kortliks die uitwerking van fiskale beleide op inkomsteverdeling en die
prys. (2 x 4) (8)
4.5 Analiseer die gebruik van sloerende aanwysers in die vooruitskatting van
sakesiklusse. (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V1 12 NW/Junie 2024
Graad 12
AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg nagesien word:
PUNTE
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is 'n laerorde antwoord.
'n Goeie begin is om die hoofkonsep wat met die vraag verband hou,
te definieer of te omskryf
Maksimum 2
MOENIE enige deel van die vraag by jou inleiding insluit NIE.
MOENIE enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal NIE.
Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan
bespreek
Liggaam :
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/ In-diepte bespreking/ Maksimum 26
Ondersoek/ Bespreek krities/ Analiseer/ Vergelyk/ Evalueer/ Onderskei/
Verduidelik/ Teken ‘n grafiek en verduidelik/ Gebruik die grafiek gegee en
verduidelik/ Voltooi die grafiek gegee/ Assesseer/ Debatteer
‘n Maksimum van 8 punte kan gegee word vir opskrifte/voorbeelde Maksimum 10
toegeken word
Addisionele deel: Bespreek krities/ Evalueer/ Evalueer krities/ Lei af/
Vergelyk/ Verduidelik Onderskei / Interpreteer/ Debatteer kortliks/ Hoe/
Stel voor
‘n Maksimum van 2 punte kan toegeken word om bloot feite te lys.
Gevolgtrekking
Enige hoërorde gevolgtrekking sluit in: Maksimum 2
'n Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite wat reeds in
die liggaam genoem is, te herhaal
Enige mening of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is
Bykomende ondersteuningsinligting om die bespreking/analise te
versterk
'n Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig
Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek volledig die redes vir Internasionale Handel. (26 punte)
Hoe kan die SARB die tekort op die betalingsbalansrekening verminder? (10 punte)
[40]
VRAAG 6: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek volledig die markte binne die VIER-SEKTOR model. (26 punte)
Ontleed die vermenigvuldigerseffek indien beleggings sou toeneem.(10 punte) [40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79/v1-e860756d76976a4f1387/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Economics

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 Eastern Cape June 2024 Question Paper
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--d54cb2c3-c826-4990-8f30-6eaeb86b12e4/v1-b25692f4d0b569bc941a/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 Memo (Afr)

Question paper