PROVINSIALE ASSESSERING
GRAAD 12
EKONOMIE V2
JUNIE 2024
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79/v1-e860756d76976a4f1387/card.webp)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--d54cb2c3-c826-4990-8f30-6eaeb86b12e4/v1-b25692f4d0b569bc941a/card.webp)



View all

_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)



Economics Grade 12 P2 North West June 2024 QP (Afr)
Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the North West June Exam 2024 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · North West June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- North West June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 1.5 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
North West June Exam 2024
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Ekonomie/V2 2 NW/Junie2024
Graad 12
INSTRUKSIES
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND.
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die TWEE vrae
2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.
5. Lees die vrae aandagtig deur.
6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae
voldoen.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 3 NW/Junie2024
Graad 12
AFDELING A
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.
1.1.1 Die waarde van inset wat deur die entrepreneur besit word en in die
produksieproses gebruik word, word ... koste genoem.
A marginale
B eksplisiete
C implisiete
D gemiddelde
1.1.2 Die aard van 'n produk wat in 'n suiwer oligopolie verkoop word, is ...
A homogene.
B gedifferensieer.
C heterogeen.
D uniek.
1.1.3 Die gemiddelde inkomste is dieselfde as die … kromme in alle markte.
A marginale koste
B aanbod-
C veranderlike koste
D vraag-
1.1.4 'n Situasie waar dit onmoontlik is om die welsyn van een individu te
verhoog sonder om 'n ander slegter af te maak, word ...
doeltreffendheid genoem.
A allokatief
B pareto
C produktief
D mark
1.1.5 Inkomste wat vervaardigers van goedere geniet, staan bekend as …
voordeel.
A privaat
B eksterne
C sosiale
D publiek
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 4 NW/Junie2024
Graad 12
1.1.6 'n Markstruktuur wat deur twee produsente oorheers word, word ‘n ...
genoem.
A perfekte mark
B monopsie
C oligopolie
D duopolie
1.1.7 Wanneer een dominante firma die prys verander en ander volg, word dit
as prys .... beskou.
A diskriminasie
B leierskap
C -neem
D -kerf
1.1.8 Samespanning is 'n ooreenkoms tussen firmas om mededinging te .…
A bevorder.
B pas.
C beperk.
D reguleer.
(8 x 2) (16)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 5 NW/Junie2024
Graad 12
1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die
letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer,
bv. 1.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Skaalvoordele A vind plaas wanneer insette
toeneem,terwyl uitsette toeneem
1.2.2 Mark met minder as die persentasie
verhoging in insette
1.2.3 Perfek elastiese vraagkromme
B die eksklusiewe reg om ‘n produk
1.2.4 Skaalnadele te vervaardig
1.2.5 Marginale inkomste C afname in die gemiddelde koste
van produksie per eenheid as
1.2.6 Patent uitsette verhoog
1.2.7 Subsidie D ‘n vorm van finansiële toekenning
om ekonomiese aktiwiteit te
1.2.8 Maatskaplike koste ondersteun
E meganisme wat kopers en
verkopers van goedere en
dienste bymekaar bring
F hoeveelhede verander sonder ‘n
verandering in die prys
G word deur die samelewing betaal
H ekstra inkomste wat verkoper
verdien as ‘n addisionele
eenheid van ‘n produk
geproduseer en verkoop word
I prysmaker
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 6 NW/Junie2024
Graad 12
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings,
akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.
1.3.1 Die koste wat wissel met die produksie tempo
1.3.2 Die waarde van die naasbeste alternatief
1.3.3 Produkte wat identies en gestandaardiseer is
1.3.4 'n Monopolie wat bestaan as gevolg van hoë ontwikkelingskoste
1.3.5 Die minimum wins wat nodig is om te verhoed dat 'n entrepreneur die
bedryf verlaat
1.3.6 Organisatoriese kenmerke van markte
(6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 7 NW/Junie2024
Graad 12
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae
2.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van 'n perfekte markstruktuur. (2 x 2) (2)
2.1.2 Wat is die hoofdoel van markte in die ekonomie? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die grafieke hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
R INDIVIDUELE PRODUSENT INDUSTRIE/MARK
R A
MK
GK A2
7
V1
5
V2
V2
V1
2.2.1 Noem die tydperk waarin die mark hierbo funksioneer. (1)
2.2.2 Identifiseer die aard van die wins, wat die individuele produsent
maak in die grafieke hierbo. (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term industrie. (2)
2.2.4 Hoekom neem die individuele onderneming die prys wat deur die
industrie bepaal word? (2)
2.2.5 Verduidelik hoekom die pryse daal van R7 tot R5 in die mark hierbo? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 8 NW/Junie2024
Graad 12
2.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIE NUWE MINIMUM LOONVERHOGING
Die Nasionale Minimum Loon (NML) in Suid-Afrika is hersien vir 2024. Vanaf
1 Maart 2024 is die nuwe NML R27,58 per uur vir alle werkers, insluitend
plaaswerkers en huiswerkers die volgende:
Daagliks: R27,58 x 8 uur = R220,64
Weekliks: R27,58 x 40 uur = R1 103,02
Maandeliks: R1 103,02 x 4,333 (gemiddelde dae in 'n maand)
= R4 779,38
Onthou dat hierdie loonberekeninge bykomende voordele, toelaes en fooitjie
uitsluit. Indien 'n werknemer of werker minder as vier uur op enige dag werk,
moet hulle steeds betaal word vir vier uur se werk op daardie dag.
[Bron: Labour Quartely Bulletin]
2.3.1 Identifiseer die datum waarop die hersiende minimum loon in werking (1)
getree het.
2.3.2 Noem enige ander groep werkers wat by minimum lone baat behalwe
plaas- en huiswerkers. (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term minimumloon. (2)
2.3.4 Hoe kan werkgewers die kwaliteit van hul arbeidsmag verbeter? (2)
2.3.5 Verduidelik die negatiewe gevolge van minimum lone vir die ekonomie.
(2 x 2) (4)
2.4 Teken 'n duidelike benoemde grafiek wat die afsluitpunt vir ‘n perfekte mededinger
aandui en verduidelik kortliks waarom 'n besigheid op hierdie stadium sal ophou
om goedere te produseer. (8)
2.5 Hoe sal die implementering van maksimum pryse 'n negatiewe impak op die
ekonomie hê? (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 9 NW/Junie2024
Graad 12
VRAAG 3: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Gee enige TWEE voorbeelde van vaste koste. (2 x 1) (2)
3.1.2 Wat is die impak van prysvasstelling op die mark? (1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Prys V
(Rand)
V1
Hoeveelheid (miljoen)
3.2.1 Identifiseer die elastiese segment van die vraagkromme in die grafiek
hierbo. (1)
3.2.2 Noem die vraagkurwe in die grafiek hierbo. (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term openlike samespanning. (2)
3.2.4 Waarom slaag 'n oligopolie nie daarin om produktiewe doeltreffendheid te (2)
bereik nie?
3.2.5 Hoekom sal die produsent huiwerig wees om die prys van R40,00 tot
R28,00 te verlaag? Toon ALLE berekeninge. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 10 NW/Junie2024
Graad 12
3.3 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
[Bron: Google-beelde]
3.3.1 Noem die tipe mark wat in die prent hierbo uitgebeeld word. (1)
3.3.2 Wat is die aard van die produk wat in die mark hierbo verkoop word? (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term hibriede struktuur. (2)
3.3.4 Hoe verskil die wins van 'n monopolistiese mededinger, van die wins van 'n
oligopolie op die langtermyn? (2)
3.3.5 Hoe sal 'n monopolistiese mededinger, soos McDonald's, met ander
kitskos-burgerafsetpunte (fast food) meeding, om sy markaandeel
te vergroot. (2 x 2) (4)
3.4 Verduidelik kortliks die redes vir 'n koste-voordeelanalise. (4 x 2) (8)
3.5 Evalueer die impak van onvolmaakte mededinging op verbruikers. (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 11 NW/Junie2024
Graad 12
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE doelwitte van die mededingingsbeleid. (2 x 1) (2)
4.1.2 Hoekom gee die regering subsidies aan produsente? (1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
UITKOMS VAN SAMESMELTINGS DEUR DIE TRIBUNAL BESLUIT
Die Mededingingstribunaal (“Tribunaal”) het die samesmelting waarin Sasol
Pensioenfonds (“die Sasol Fonds”), Luvon Investments (Edms) Bpk (“Luvon”), en
Litapro (Edms) Bpk (“Litapro”) van voorneme is om ‘n kleinhandelwinkelsentrum in
George, die Wes-Kaap (“Eden Meander”), van Accelerate Eiendomsfonds Bpk te
verkry, voorwaardelik goedgekeur.
Die Sasol Fonds is die amptelike pensioenfonds vir die werknemers van Sasol Bpk.
Luvon en Litapro is die eiendomsbeleggingsmaatskappye. Eden Meander word
geklassifiseer as 'n klein streeksentrum wat deur verskeie kleinhandelwinkels besit
word.
[Bron: Comp.Tribunal 24 Februarie 2024]
4.2.1 Identifiseer die amptelike pensioenfonds vir die werknemers van Sasol Bpk. (1)
4.2.2 Watter mededingingsregulerende instelling het dieselfde status as die van 'n
hooggeregshof? (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term samesmelting. (2)
4.2.4 Hoe bevoordeel mededinging in die mark die verbruiker? (2)
4.2.5 Hoe sal hierdie samesmelting die betrokke maatskappye bevoordeel?
(2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 12 NW/Junie2024
Graad 12
4.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MONOPOLIE
Koste/ MK
Inkomste GI
MI VV/GI
Hoeveelheid
4.3.1 Identifiseer die dooie gewigsverliesarea in die grafiek hierbo. (1)
4.3.2 Waar sny die marginale kostekromme (MK) die gemiddelde kostekromme
(GK) in die grafiek hierbo? (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term marginale koste. (2)
4.3.4 Hoekom lê die MI-kromme altyd onder die GI-kromme in 'n monopolistiese
mark? (2)
4.3.5 Bepaal die verlies vir hierdie besigheid. Toon ALLE berekeninge. (4)
4.4 Met behulp van 'n korrek benoemde grafiek, verduidelik minimum pryse in die mark. (8)
4.5 Beskryf die uitdagings wat die mededingingsbeleid in Suid-Afrika in die gesig staar
om sy doelwitte te bereik. (4 x 2) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 13 NW/Junie2024
Graad 12
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg beoordeel word:
PUNTE
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding Maks. 2
Die inleiding is 'n laer-orde reaksie.
'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag
verband hou, te definieer of te omskryf.
MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
MOENIE enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal
NIE.
Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam
gaan bespreek.
Liggaam:
Hoofgedeelte: Bespreek in detail/ In-diepte bespreking/ Maks. 26
Ondersoek/ Krities bespreek/ Ontleed / Vergelyk/ Onderskei/
Onderskei/ Verduidelik/ Evalueer
‘n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/ voorbeelde
toegeken word.
Bykomende deel: Gee eie mening/ Bespreek/ Evalueer/ Evalueer/ Maks. 10
Krities evalueer/ Teken 'n grafiek en verduidelik/ / Bereken/ Lei af/
Vergelyk/ Verduidelik Onderskei / Interpreteer / Kort debat/ Hoe/
Stel voor
‘n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite
toegeken word.
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2
'n Kort samevatting van wat bespreek is, sonder die herhaling
van enige feite wat reeds genoem is
Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
Bykomende ondersteunende inligting wat die
bespreking/ontleding versterk
'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Ondersoek die kenmerke van ‘n monopolie in detail. (26)
Hoekom is dit moeilik vir ‘n monopolieë om uiterste pryse vir hul produkte te vra? (10)
[40]
VRAAG 6: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek die oorsake van markmislukking/faktore wat lei tot wantoewysing van
hulpbronne in die mark volledig. (26)
Hoe kan markondoeltreffendheid verminder word deur globale markte
(globalisering)? (10)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79/v1-e860756d76976a4f1387/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--d54cb2c3-c826-4990-8f30-6eaeb86b12e4/v1-b25692f4d0b569bc941a/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Memo (Afrikaans)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Economics

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 Eastern Cape June 2024 Question Paper

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 Memo (Afr)

Question paper