Skip to content

Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2025 Memo (Afrikaans)

MemorandumEconomicsGrade 12202523 pages

Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2025 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2025 NASIENRIGLYNE EKONOMIE (VRAESTEL 2) (10732) 23 bladsye
10732/25 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 A – Landboumarkte  1.1.2 D – gedifferensieerd  1.1.3 B – geblokkeer  1.1.4 C – opleidingsprogramme  1.1.5 A – Alles-insluitende inflasie  1.1.6 C – Ontwikkelende  1.1.7 B – Bewaring  1.1.8 D – Motorbande  (8 x 2) (16) 1.2 PASITEMS 1.2.1 F geen individu kan beter daaraan toe wees sonder om 'n ander slegter daaraan toe te maak nie 1.2.2 A die eksklusiewe reg om 'n produk te vervaardig 1.2.3 D verantwoordelik vir die bevordering van mededinging 1.2.4 H 'n paar verkopers oorheers die mark 1.2.5 B 'n daling in die algemene prysvlak 1.2.6 C hotelle, restaurante, parke en ontspanningsdienste 1.2.7 G wat 'n geldeenheid kan koop 1.2.8 I kan ontbind en in die omgewing geassimileer word (8 x 1) (8) 2
10723/25 1.3 GEE DIE TERM 1.3.1 Vaste/Konstante koste  1.3.2 Gedifferensieerd/heterogeen  1.3.3 Minimumloon  1.3.4 Biodiversiteit  1.3.5 Hiperinflasie  1.3.6 Bemarking/Advertensie  (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A 30 AFDELING B Beantwoord TWEE vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van openbare dienste wat positiewe eksternaliteite het. • Openbare gesondheidsdienste  • Nasionale verdediging  • Openbare onderwys  • In-enting programme  • Openbare paaie  • Nooddienste  • Brandweer  • Polisie  • Openbare biblioteke  • Straatbeligting  • Openbare parke  • Vuurtorings  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 1) (2) 2.1.2 Waarom sou 'n firma in 'n volmaakte mark nie die prys van sy produk verhoog nie? • Die firma is ʼn prysnemer en ʼn toename in prys sal vraag laat daal. • Aangesien identiese produkte teen die markprys by mededingers beskikbaar is, sal die verhoging van pryse die vraag tot nul verminder.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2) 3
10723/25 2.2 DATARESPONS 2.2.1 Identifiseer die maksimum prys wat in die grafiek getoon word. R 70  (1) 2.2.2 Wat is die marktekort soos uitgebeeld in die grafiek? 100  (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term minimumprys. 'n Minimum prys wat deur die regering bepaal word is die laagste wettige prys waarteen 'n goed of diens verkoop kan word om die produsent te beskerm.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 2.2.4 Verduidelik die voordeel van die vasstelling van 'n prysvloer op goedere. Die vasstelling van 'n minimum prys op goedere verseker dat produsente 'n billike inkomste ontvang, wat voorkom dat pryse te laag daal. Dit help ook om nywerhede te beskerm, werk geleenthede te handhaaf.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 2.2.5 Hoe kan verbruikers deur maksimum pryse negatief beïnvloed word? • Op lang termyn kan maksimum prys beperkings lei tot verminderde aanbod. • Produsente kan dit minder winsgewend vind om voort te gaan om goedere teen die beperkte prys te produseer, wat tot tekorte lei  • Verbruikers kan goedere van laer gehalte en verminderde verskeidenheid in die gesig staar, aangesien produsente koste besnoei om vir die prys plafon te vergoed.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) 2.3 DATARESPONS 2.3.1 Identifiseer die uitkoms van die samesmeltingsbesluit wat deur die Mededingingstribunaal geneem is uit die bostaande uittreksel Om die voorgestelde samesmelting te verbied.  (1) 2.3.2 Noem die instelling waaraan die Mededingingskommissie sy aanbevelings voorlê. Mededingingstribunaal  (1) 4
10723/25 2.3.3 Beskryf kortliks die term samesmelting. 'n Samesmelting is die samevoeging van twee of meer voorheen onafhanklike maatskappye in 'n enkele nuwe entiteit.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 2.3.4 Waarom reguleer die regering samesmeltings? • Om te verseker dat samesmeltings nie mededinging verminder, verbruikers benadeel of monopolieë skep nie. • Om ekonomiese doeltreffendheid en mark regverdigheid te bevorder.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 2.3.5 Bespreek kortliks die voordeel van die Mededingingswet vir die Suid-Afrikaanse ekonomie? • Die Wet op Mededinging verseker billike mededinging deur mededingende praktyke soos prysvasstelling en monopolieë te voorkom.  • Die wet bevorder laer pryse, verbeterde kwaliteit en groter keuse in die mark. • Die wet voorkom mededingende praktyke soos prysvasstelling en misbruik van oorheersing, wat 'n gelyke speelveld vir besighede verseker.  • Deur mededinging te bevorder, spoor dit besighede aan om te innoveer en beter produkte en dienste teen mededingende pryse aan te bied.  • Die wet verseker dat verbruikers toegang het tot 'n groter verskeidenheid goedere en dienste teen mededingende pryse, wat uitbuiting deur dominante firmas voorkom.  • Deur mededinging en innovasie aan te moedig, dra dit by tot verhoogde produktiwiteit, ekonomiese doeltreffendheid en algehele ekonomiese groei. • Die wet het ten doel om 'n omgewing te skep waar KMO's effektief kan meeding, wat bydra tot werkskepping en ekonomiese ontwikkeling.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) 5
10723/25 2.4 Onderskei tussen produktiewe doeltreffendheid en allokasie doeltreffendheid. • Produksie doeltreffendheid vind plaas wanneer 'n firma of 'n ekonomie goedere en dienste teen die laagste moontlike koste produseer. • Allokasie doeltreffendheid vind plaas wanneer die kombinasie van goedere en dienste wat geproduseer word, ooreenstem met verbruiker voorkeure en die maatskaplike welsyn maksimeer.  • Produktiewe doeltreffendheid neem nie in ag wat geproduseer word nie, net hoe dit geproduseer word.  • Allokasie doeltreffendheid oorweeg of die regte goedere vir die samelewing geproduseer word.  • Produktiewe doeltreffendheid word verteenwoordig deur enige punt op die Produksiemoontlikheidskurwe (PMK).  • Allokasie doeltreffendheid word bereik op die sosiaal optimale punt op die PMK.  • Terwyl produktiewe doeltreffendheid fokus op die vermindering van koste en die maksimalisering van uitset, verseker allokasie doeltreffendheid dat die regte goedere en dienste in die regte hoeveelhede geproduseer word om aan maatskaplike behoeftes te voldoen.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir blote lys van feite) (Ken maks. van 2 punte toe vir korrekte benoemde grafiek. maks 4.) (2 x 4) (8) 2.5 Ondersoek eienskappe waarom volmaak mededingende markte nie in realiteit bestaan nie. In Realiteit: • Hoë aanvang koste, wetlike beperkings en ander struikelblokke verhoed dat nuwe firmas die mark betree, wat mededinging beperk en die ideaal van volmaakte mededinging ontwrig.  • Verbruikers en produsente het dikwels nie gelyke toegang tot inligting nie, wat lei tot ondoeltreffendheid en die eenvormige kennis wat nodig is vir volmaakte mededinging verhoed.  • Produkte word dikwels onderskei volgens handelsmerk, kwaliteit of kenmerke, wat firmas 'n mate van markkrag gee en die homogeniteit wat nodig is vir volmaakte mededinging voorkom.  • In baie bedrywe beheer 'n paar groot firmas die mark, verminder mededinging en stel hulle in staat om pryse vas te stel, in teenstelling met die mededingende toestande wat in volmaakte mededinging in die vooruitsig gestel word.  • Positiewe of negatiewe eksternaliteite (soos besoedeling of openbare goedere) kan die mark uitkomste beïnvloed, wat dit moeilik maak om die doeltreffendheid te bereik wat in 'n volmaakte mededingende mark verwag word.  • Regulasies, belasting, subsidies en ander regeringsoptrede kan mark gedrag verwring en ondoeltreffendheid skep wat verhoed dat die mark volmaak mededingend is.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (Ken ʼn maksimum van 2 punte toe vir die blote lys van feite/voorbeelde.) (4 x 2) (8) [40] 6
10723/25 VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE SAKE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE beleide wat gebruik word om inflasie te bestry. • Fiskale beleid  • Monetêre beleid  • Aanbodkantbeleid  • Loon- en prysbeheer  • Wisselkoers beleid  • Teiken inflasie  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 1) (2) 3.1.2 Watter effekte het lugbesoedeling op die omgewing? • Lugbesoedeling beïnvloed die omgewing negatief deur by te dra tot klimaatsverandering.  • Lugbesoedeling kan lei tot die versuring van gronde en waterliggame, plantegroei ontwrig.  • Lugbesoedeling kan luggehalte verminder en asemhalingsprobleme vir beide wild en mense veroorsaak.  • Lugbesoedeling verhoog die kweekhuiseffek, wat lei tot aard verwarming.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2) 3.2 DATARESPONS 3.2.1 Identifiseer EEN metode om besoedeling deur gevaarlike afval te verminder. • Behandeling van afval  • Gebruik veilige wegdoening praktyke  • Toepassing van omgewingswette  • Openbare bewustheid  • Opvoeding van nywerhede en individue  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1) 3.2.2 Noem die internasionale ooreenkoms wat op die beheer van gevaarlike afval fokus. Basel-konvensie.  (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term besoedeling. Besoedeling is die teenwoordigheid in die omgewing van 'n stof wat skadelike of giftige effekte het. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 7
10723/25 3.2.4 Verduidelik die effek van gronderosie op voedselproduksie in Suid- Afrika. • Gronderosie put noodsaaklike voedingstowwe in die grond uit, verlaag landbou produktiwiteit en verhoog die risiko van voedseltekorte.  • Grond kan nie meer bewerk word nie, wat lei tot 'n tekort aan voedselvoorraad.  • Gronderosie verminder die beskikbaarheid van vrugbare grond vir landbou en verhoog die risiko van voedseltekorte.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 3.2.5 Hoe beïnvloed besoedeling deur giftige afval die produktiwiteit van landbou? • Gevaarlike afval maak lewende organismes dood en veroorsaak dus 'n wanbalans in die ekosisteem.  • Besoedeling kan onvrugbaarheid by mense, diere en plante veroorsaak.  • Giftige afval kan grond kwaliteit afbreek deur skadelike chemikalieë in te voer, grondvrugbaarheid te verminder en dit minder geskik te maak vir gewasproduksie. • Giftige stowwe kan in waterbronne insypel, besproeiings water besoedel en gewasse benadeel, opbrengste verminder en voedsel onveilig maak vir verbruik. • Blootstelling aan giftige besoedeling stowwe kan plantegroei belemmer, ontkiemings tempo’s verminder en lei tot laer landbou-uitset. • Besmette voedsel- en waterbronne kan die gesondheid van vee beïnvloed, wat lei tot laer vleis- en suiwelproduksie, terwyl dit ook voordelige grond organismes benadeel wat noodsaaklik is vir plantegroei. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) 3.3 DATARESPONS 3.3.1 Identifiseer enige tipe toerisme wat in die inligting hierbo genoem word • Rekreasie en Ontspanning (Besoek vriende en familie)  • Godsdienstige toerisme  • Besigheid en persoonlike inkopies  • Mediese toerisme  (1) 3.3.2 Noem enige EEN voordeel van toerisme vir huishoudings. • Geniet infrastruktuur  • Vaardigheidsontwikkeling  • Inkomste styg  • Meer werksgeleenthede  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1) 8
10723/25 3.3.3 Beskryf kortliks die term toerisme. • Aktiwiteite van mense wat, vir nie langer as een jaar nie, na plekke buite hul gewone omgewing reis en daar bly vir ontspanning, besigheid en ander doeleindes, sonder enige vergoeding  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 3.3.4 Verduidelik die positiewe impak van toerisme op die omgewing. • Toerisme kan inkomste genereer vir omgewing-bewaring pogings, soos nasionale parke of wildreservate, wat help om natuurlike habitatte en biodiversiteit te beskerm. • Toerisme verhoog bewustheid oor omgewingskwessies, moedig verantwoordelike reis gedrag en volhoubare praktyke onder toeriste aan. • Die ekonomiese voordele van toerisme kan aansporings bied vir plaaslike gemeenskappe om natuurlike landskappe en wild te bewaar eerder as om dit vir ander nywerhede te ontgin. • Baie toerisme besighede neem eko-vriendelike praktyke aan, soos die vermindering van afval, waterbesparing en die gebruik van hernubare energiebronne, wat positiewe omgewing impakte kan hê.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 3.3.5 Hoe kan toerisme help om werkloosheid te verminder? • Toerisme is 'n arbeidsintensiewe bedryf in die sin dat handearbeid nodig is om hierdie bedryf lewensvatbaar te maak. • Mense sonder werk kan hierdie tipe bedryf aanpak, aangesien dit onmiddellike werksgeleenthede skep. • Die toerismebedryf skep 'n wye reeks direkte en indirekte werksgeleenthede, insluitend poste in gasvryheid, vervoer, toer begeleiding en kliëntediens. • Toerisme stimuleer plaaslike ekonomieë deur besighede soos restaurante, winkels en vermaaklikheidsplekke te ondersteun, wat weer meer werksgeleenthede skep. • Toerisme bied geleenthede vir werkers om waardevolle vaardighede te ontwikkel op gebiede soos gasvryheid bestuur, tale en kliënte verhoudinge, wat indiensneembaarheid verbeter. • Toerisme bied seisoenale werksgeleenthede, veral in toeriste bestemmings, wat tydelike indiensneming gedurende spits seisoene bied, wat help om werkloosheid gedurende daardie tye te verminder.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) 9
10723/25 3.4 Bespreek kortliks die Produksieprysindeks en die Verbruikersprysindeks. PPI • PPI is baie nuttig in die ontleding van inflasie, aangesien PPI die produksiekoste meet.  • Die produksieprysindeks (PPI) is 'n ekonomiese aanwyser wat die gemiddelde verandering in verkooppryse meet wat binnelandse produsente oor tyd vir hul produksie ontvang.  • Dit is 'n instrument om inflasie tendense op groothandel vlak te ontleed.  VPI • Die verbruikersprysindeks meet die veranderinge in die prysvlak van ʼn verteenwoordigende mandjie goedere.  • Die VPI word gebruik om verbruikersinflasie te meet.  • Inflasie wys die algemene koopkrag van die rand en word gebruik vir inflasie teiken.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) Ken 'n maksimum van 4 punte toe vir 'n blote lys van feite/voorbeelde) (4 x 2) (8) 10
10723/25 3.5 Ondersoek die omgewingsvrae wat deur verbruikers oor die hoof gesien word wanneer hulle goedere en dienste koop. • Verbruikers versuim dikwels om die omgewing te beskerm ten spyte van groeiende bewustheid van omgewings uitdagings.  • Verbruik aktiwiteite produseer negatiewe eksternaliteite, soos besoedeling of koolstof vrystellings, wat nie direk in markpryse weerspieël word nie.  • Verbruikers kan gedeelde hulpbronne, soos lug, water of woude, oorbenut omdat die individuele koste van uitputting klein is, maar die kumulatiewe effek is beduidend.  Voorbeeld: oor-bevissing. • Eko-vriendelike produkte het dikwels hoër pryse as konvensionele alternatiewe, wat verbruikers ontmoedig om volhoubare keuses te maak.  • Verbruikers prioritiseer laer koste bo langtermyn omgewingsvolhoubaarheid.  • Verbruikers is weerstand teen die verandering van hul gewoontes, soos om oor te skakel na herbruikbare sakke of om openbare vervoer aan te neem.  • Verbruikers prioritiseer luukse en gerief bo volhoubaarheid. Voorbeeld: Voorkeur vir eenmalige plastiek as gevolg van gerief.  • Omgewingsbeskerming is 'n openbare goed, en individue maak dikwels staat op ander om op te tree, wat lei tot vry-ryer probleme.  • Die geglobaliseerde ekonomie bevorder massaverbruik van goedere wat op omgewings skadelike maniere geproduseer kan word.  • Verbruikers se versuim om die omgewing te beskerm spruit uit 'n kombinasie van individuele gedrag, mark ondoeltreffendheid en sistemiese hindernisse.  • Om hierdie kwessies aan te spreek, vereis 'n veelsydige benadering, insluitend sterker regeringsingryping, verbruikersopvoeding en mark gebaseerde oplossings soos koolstof pryse en subsidies vir volhoubare produkte.  • Deur hierdie uitdagings te oorkom, is dit moontlik om verbruikersgedrag in lyn te bring met omgewingsbeskerming doelwitte.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoorde.) (Ken ʼn maksimum van 2 punte toe vir die blote lys van feite/voorbeelde.) (4 x 2) (8) [40] 11
10723/25 VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE SAKE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE eienskappe van openbare goedere. • Nie-wedywering/Nie-mededingend/Oneindige verbruik  • Nie-uitsluitbaar/Nie-verwerping  • Ondeelbaarheid  • Eksterne voordele  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 1) (2) 4.1.2 Waarom maak 'n swakker rand Suid-Afrika 'n aantrekliker toeriste bestemming? • 'n Swakker rand veroorsaak dat buitelandse geldeenhede sterker word in vergelyking.  • Dit maak reis na Suid-Afrika meer bekostigbaar vir toeriste, aangesien hul geld verder gaan. (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1 x 2) (2) 4.2 DATARESPONS 4.2.1 Identifiseer EEN private koste uit die inligting hierbo. • Padkonstruksie toerusting. (1) 4.2.2 Noem EEN tipe instelling wat koste-voordeel-analise vir besluitneming gebruik.. • Departement van Openbare Werke  • Regeringsagentskappe  • Privaat besighede  • Nie-winsgewende organisasies  • Internasionale organisasies  • Omgewings organisasies  • Gesondheidsorginstellings  • Opvoedkundige instellings  • Vervoer- en infrastruktuur agentskappe  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term koste-voordeel-analise. • 'n Ontleding wat deur die regering gedoen is wat die koste en voordele van 'n projek weeg om te bepaal of dit uitgevoer moet word of nie./ ‘n Projek evaluering wat gedoen moet word om voldoende antwoorde te vind/prosedure wat gebruik word om die totale koste van 'n projek aan die totale voordele daarvan te vergelyk of meet.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 12
10723/25 4.2.4 Hoe kan tolgeld invordering bydra tot die haalbaarheid van 'n nuwe padprojek? • Tolgeld sal inkomste genereer wat help om die koste van konstruksie en instandhouding te dek.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 4.2.5 Waarom is dit belangrik om die omgewingskoste in te sluit wanneer 'n nuwe padprojek geëvalueer word? • Die insluiting van omgewingskoste verseker 'n holistiese beoordeling van die projek deur negatiewe eksternaliteite soos ontbossing, lug- en waterbesoedeling, habitat vernietiging en koolstof vrystellings in ag te neem.  • Dit balanseer ekonomiese voordele met ekologiese bewaring, wat langtermyn maatskaplike welstand verseker.  • Die ignorering van omgewingskoste kan lei tot 'n oorskatting van die netto voordele van padbou, wat lei tot sub-optimale beleid- en beleggingsbesluite.  • Deur omgewingskoste vroegtydig te identifiseer, kan beplanners hulpbronne toewys vir versagtingsmaatreëls, soos herbebossing, wild- korridors of besoedelingsbeheer, wat die projek se negatiewe impak verminder.  • Die insluiting van omgewingskoste verseker dat ontwikkelingsprojekte nie omgewingsgesondheid in gevaar stel vir ekonomiese winste nie.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) 4.3 DATARESPONS 4.3.1 Identifiseer die groeikoers wat deur die IMF in die teks voorspel word. Minder as 2%  (1) 4.3.2 Noem EEN metode wat gebruik word om inflasie te meet. • Indekse (VPI en PPI)  • Gewig  • Inflasiekoers  • Implisiete BBP-deflator  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term stagflasie. Situasie waar daar lae groei, hoë werkloosheid en hoë inflasiekoers gelyktydig in die ekonomie voorkom.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 13
10723/25 4.3.4 Verduidelik waarom die IMF die inflasietendense in lande regoor die wêreld dophou. Deur inflasie patrone waar te neem, kan die IMF lande waarsku oor komende inflasiedruk en advies gee oor voorkomende maatreëls  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2) 4.3.5 Waarom is dit moeilik om inflasie te beheer tydens periodes van lae ekonomiese groei? • Sentrale banke poog om inflasie te verminder deur rentekoerse te verhoog, maar dit kan ekonomiese groei verder vertraag en werkloosheid verhoog.  • Tradisionele monetêre beleide soos die verlaging van rentekoerse sal dalk nie doeltreffend werk as inflasie gedryf word deur kwessies aan die aanbodkant, soos hoër energie- of voedsel pryse nie.  • Tydens stagflasie (lae groei met hoë inflasie) kan die aanspreek van een probleem (inflasie of groei) die ander vererger.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2 x 2) (4) 4.4 Vergelyk 'n volmaakte mark met 'n monopolistiese mark in terme van marktoegang en aard van die produk. Toegang na die mark en uittree uit die mark • Daar is volledige vryheid van toegang en uittree van kopers en verkopers in beide mark strukture.  • Toegang is nie onderhewig aan enige beperkings in die vorm van wetlike, finansiële en tegnologiese redes nie.  • Daar is geen hindernisse soos lisensies, permitte, patente en ander beperkings in beide volmaakte en 'n monopolistiese mark nie.  Aard van die produk • In die volmaakte mark is alle produkte wat in die mark verkoop word, homogeen, terwyl produkte in monopolisties gedifferensieer word.  • In volmaakte mededinging is produkte homogeen, wat dieselfde beteken ten opsigte van kwaliteit en voorkoms, dit maak geen verskil waar en by wie die koper gekoop het nie.  • Terwyl goedere wat deur besighede in 'n monopolistiese mededingende mark geproduseer word, gedifferensieer word.  • In 'n sekere sin dat hulle effens kan verskil in voorkoms, vorm, grootte en smaak – sommige verskille kan denkbeeldig wees  • Byvoorbeeld: medisyne kan verskillende name hê, maar dieselfde bestanddele bevat.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (4 x 2) (8) 14
10723/25 4.5 Hoe kan minder bekende bestemmings bemark word om meer toeriste te lok? • Deur die Welkom-veldtog van stapel te stuur om elke toeris tuis te laat voel en hulle aan te moedig om terug te keer vir 'n herhaalde besoek en ander van hul ervaring te vertel. • Die bekendstelling van welkome toekennings om erkenning te gee aan besighede en individue wat die kwaliteit van toeriste-aanbiedinge verbeter.  • Die bekendstelling van die Sho'tLeft-veldtog het ten doel gehad om reis meer toeganklik en bekostigbaar te maak wat Suid-Afrikaners sal aanmoedig om binne hul land te reis. Deur sosiale media soos Facebook, Instagram, X, WhatsApp en Threads.  • Die bou van 'n sterk vennootskap tussen SAT en ander organisasies soos Computicket Travel and Flight Centre om Suid-Afrikaners spesiale aanbiedings van vlugte tot verblyf en treinreise te bied.  • Dit vertoon 'n wye verskeidenheid van die beste toerismeprodukte in Suid- Afrika en lok besoekers van regoor die wêreld deur die jaarlikse Toerisme Indaba.  • Die vestiging van die Toerisme-ondernemings vennootskap om die volhoubaarheid van klein toerisme-ondernemings te verbeter om werkskepping te beskerm en te bevorder, asook om die toerismebedryf te transformeer.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) ('n Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir die blote lys van feite/ voorbeelde) (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 15
10723/25 AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Die inleiding is ʼn laer-orde reaksie. • ʼn Goeie beginpunt sou wees om die hoof-konsep wat met die vraag- onderwerp verband hou te definieer. Maks. 2 • MOENIE enige deel van die vraag in die inleiding insluit NIE. • MOENIE enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal NIE. • Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek. Liggaam Hoofdeel: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/ Krities bespreek/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/ Maks. 26 Differensieer/Verduidelik/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek wat gegee is en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/ Assesseer/Debatteer ʼn Maksimum van 8 punte mag toegeken word vir opskrifte/ voorbeelde. Bykomende deel: Krities bespreek/evalueer/krities evalueer/ debatteer/lei af Vergelyk/onderskei/interpreteer/hoe?/Stel voor Maks. 10 ʼn Maksimum van 2 punte mag toegeken word vir blote lys van feite. Gevolgtrekking Enige gevolgtrekking van hoër orde moet insluit: • ʼn Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite wat reeds genoem is, te herhaal Maks. 2 • Enige mening of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is • Bykomende ondersteunings-inligting om bespreking/ analise te versterk • ʼn Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig Aanbevelings • TOTAAL 40 VRAAG 5: MIRKO-EKONOMIE • Bespreek in detail die faktore wat tot die wan-allokasie van hulpbronne in die mark lei. (26) • Hoe kan die negatiewe gevolge van minimumlone vir eerste-keer werksoekers versag word? (10) INLEIDING Markte misluk omdat die kragte van vraag en aanbod nie hulpbronne doeltreffend toewys nie./Markmislukking vind plaas wanneer die hulpbronne van die gemeenskap nie doeltreffend toegewys word nie.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding) (Maks. 2) 16
10723/25 LIGGAAM HOOFDEEL Onbeweeglikheid van produksiefaktore  • Die meeste markte pas nie vinnig aan by veranderinge in vraag en aanbod nie.  • Alhoewel dit deels te wyte is aan 'n gebrek aan inligting, is dit ook waar dat hulpbronne dikwels nie mobiel is nie.  • Arbeid: Hulle kan tyd neem om na nuwe beroepe te beweeg en geografies om aan die veranderinge in verbruikersvraag te voldoen.  • Fisiese kapitaal: Fabrieksgeboue en infrastruktuur soos telefoonlyne, brûe, spoorverbindings en lughawens is nie na willekeur verskuifbaar nie.  • Strukturele veranderinge soos 'n verandering van die vervaardiging van plastieksakkies na papiersakkie of die verskuiwing van arbeidsintensiewe produksie na rekenaargebaseerde produksie vereis 'n verandering in arbeiders se vaardighede, indiensneming en werkpatrone. Dit neem tyd om te verander.  Onvolmaakte mededinging  • Mededinging in mark ekonomieë word beperk deur die mag van sekere produsente om te verhoed dat nuwe besighede die mark betree. Dit is onvolmaakte kompetisie.  • Mag lê dikwels in 'n groter mate by produsente as by verbruikers.  • Die meeste besighede werk onder toestande van onvolmaakte mededinging wat hulle in staat stel om produksie te beperk, pryse te verhoog en te produseer waar prys marginale koste oorskry.  • Hulle kan ook verhoed dat nuwe besighede die bedryf betree en sodoende volle aanpassing by veranderinge in verbruikersvraag voorkom.  • In markekonomieë word mededinging dikwels deur mag benadeel.  Herverdeling van rykdom  • Daar is tradisionele metodes soos die heffing van verskeie belastings en die verskaffing van gratis dienste, dienste in natura en kontantvoordele aan die armes.  • Die implementering van regstellings metodes soos die gebruik van die wet om herverdeling af te dwing. Dit sluit SEB, regstellende aksie, bemagtiging, grondrestitusie, grondherverdeling en eiendomsubsidies (vir HOP-huise) in.  • Die verskil in inkomste kom voor omdat daar 'n verskil in markkrag, ongelyke opvoedkundige geleenthede, diskriminasie en erfenis is.  Daar is 'n paar van die maniere waarop die regering inkomsteverdeling kan verbeter en markmislukking kan oorkom: • Dra inkomste direk oor na die armes kinderonderhoudstoelae, werkloosheidsvoordele, ens.  • Verskaf goedere gratis, bv. Implementering van werkskepping programme, bv.  • Subsidiëring van meriete goedere, byvoorbeeld die subsidiëring van kuns- en kultuurgeleenthede soos Nasionale Kunstefees, Afrika Burn & Oppokoppi-fees.  17
10723/25 Eksternaliteite  • Eksternaliteite ontstaan wanneer die produksie of verbruik van 'n goed derde partye beïnvloed wat nie direk by die transaksie betrokke is nie.  • Hulle kan positief (voordelig) of negatief (skadelik) wees.  • Negatiewe eksternaliteite (bv. besoedeling deur fabrieke) lei tot oorproduksie van skadelike goedere omdat produsente nie die volle maatskaplike koste dra nie.  • Positiewe eksternaliteite (bv. onderwys) word ondervoorsien omdat produsente nie die volle maatskaplike voordeel ontvang nie, wat lei tot onderbelegging.  Ontbrekende mark  • 'n Ontbrekende mark vind plaas wanneer goedere of dienste wat sosiaal wenslik is, nie deur die mark verskaf word nie.  • Dit gebeur dikwels met openbare goedere soos nasionale verdediging of straatbeligting, wat nie-uitsluitbaar en nie-mededingend is.  • Aangesien firmas nie voordeel kan trek uit hierdie goedere nie, word dit ondervoorsien, wat lei tot wan-toewysing van hulpbronne.  Gebrek aan inligting  • Wanneer verbruikers of produsente nie volledige inligting het nie, kan hulle swak ekonomiese besluite neem.  • Verbruikers kan skadelike produkte koop as gevolg van 'n gebrek aan bewustheid (bv. rook voordat hulle die gesondheidsrisiko's ken).  • Firmas belê dalk nie in die doeltreffendste tegnologieë nie weens onsekerheid of verkeerde inligting.  • Dit lei daartoe dat hulpbronne ondoeltreffend toegewys word, hetsy oor- of onderproduksie van sekere goedere en dienste.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Ken 'n maksimum van 8 punte toe vir blote lys van feite/voorbeelde) 18
10723/25 ADDISIONELE DEEL • Werk opleidingsprogramme: Die verskaffing van vaardigheidsontwikkeling en beroepsopleiding kan eerste keer-werksoekers help om meer indiensneembaar te word ten spyte van hoër loon vereistes. • Vakleerlingskappe en internskappe: Om besighede aan te moedig om vakleerlingskappe en internskappe teen laer lone aan te bied, kan onervare werkers 'n kans gee om waardevolle ervaring op te doen. • Regeringloonsubsidies: Die aanbied van loon subsidies of belasting aansporings aan besighede wat eerste keer werksoekers aanstel, kan die finansiële las op werkgewers verminder. • Geleidelike loonverhogings: Die implementering van minimum loonverhogings geleidelik eerder as skielik kan besighede help om aan te pas en voort te gaan om nuwe werkers aan te stel. • Sektor-spesifieke loonbeleid: Die vasstelling van verskillende minimum loonvlakke vir verskillende bedrywe of streke kan help om werksverliese te voorkom in sektore waar besighede op dun winsmarges funksioneer. • Moedig entrepreneurskap aan: Die ondersteuning van jong entrepreneurs met befondsing- en mentorskapprogramme kan meer werksgeleenthede skep. • Buigsame werk reëlings: Om deeltydse, gig- of tydelike werk opsies toe te laat, kan eerste keer-werksoekers help om toegang tot die arbeidsmark te kry. • Die vereenvoudiging van besigheidsregulasies en die vermindering van nakomings koste kan maatskappye aanmoedig om meer werkers aan te stel, insluitend diegene met geen vorige ondervinding nie. • Bevordering van jeug inisiatiewe: regerings- en privaatsektor vennootskappe kan geteikende programme skep om jong werksoekers te help om na voltydse werk oor te skakel. • Die verskaffing van loopbaanvoorligting en werkplasingsbystand kan eerste keer werksoekers help om geskikte werksgeleenthede te vind ten spyte van minimum loonuitdagings.  (Maks. 10) (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (ʼn Maks. Van 2 punte kan toegeken word vir die blote lys van feite/voorbeelde) SLOT Die regering moet baie versigtig wees in die bestuur van markmislukking, om te verseker dat dit lei tot die gewenste toename in ekonomiese groei, sonder om die gemarginaliseerdes en die armes negatief te beïnvloed.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante gevolgtrekking) (Maks. 2) [40] 19
10723/25 VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE SAKE • Ondersoek in detail die gevolge van inflasie. (26) • Hoe beïnvloed die invloei van buitelandse direkte beleggings inflasie in Suid- Afrika? 10) INLEIDING Inflasie verwys na 'n volgehoue en beduidende styging in die algemene prysvlak oor 'n tydperk.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding) (Maks. 2) LIGGAAM HOOFDEEL Debiteure  • Debiteure (leners) ontvang geld met 'n hoë koopkrag en betaal terug met geld met 'n laer koopkrag.  • Leners trek voordeel uit prysstygings - gedurende tydperke van stygende pryse wen debiteure in reële terme omdat die kontrak vooraf onderteken is en nie verander kan word nie.  • Debiteure ontvang die geld met 'n relatief hoë koopkrag en betaal hul lenings met lae koopkrag terug, tensy rentekoerse voldoende is om die situasie te voorkom.  Krediteure  • Krediteure (leners) ly as gevolg van prysstygings omdat hulle geld terugkry wat 'n laer koopkrag het, veral as die rentekoers onder die inflasiekoers was/inflasie krediteure benadeel aangesien hulle verloor as gevolg van 'n daling in die reële waarde van geld.  • Veranderinge in prysvlakke beïnvloed debiteure en krediteure verskillend op verskillende tydperke.  20
10723/25 Salaris- en loontrekkers  • Prysstygings beïnvloed mense negatief omdat hul inkomste relatief vas is.  • Die reële lone daal skerp gedurende 'n tydperk van hoë inflasie as gevolg van 'n afname in kapitaalvoorraad en 'n verskuiwing in relatiewe pryse.  • Inflasie kan groot dele van die bevolking verarm deur die reële lone.  • Relatiewe lone is die belangrike komponent van welvaart; dit vorm die hoofbron van inkomste vir baie huishoudings, veral vir minder-welgesteldes.  • Die gedrag van reële lone het dus 'n direkte invloed op inkomsteverdeling en die vlak van armoede.  • Hierdie groep sluit afgetrede mense, pensioenarisse en armes in, wat die erosie van bestedingskrag sal ervaar en uiteindelik te min sal verdien om te oorleef.  Loonverhogings is laer as die styging in die inflasiekoers.  Beleggers en spaarders  • Bates met 'n vaste nominale waarde het 'n vaste opbrengs en laer koopkrag namate pryse styg.  • Koopkrag word verminder tensy die rentekoers bo die inflasiekoers is.  • Mense wat in verhandelbare instrumente soos aandele belê, trek dikwels voordeel uit inflasie, want gedurende tydperke van inflasie word rentekoerse verhoog om spaargeld aan te moedig.  • Beleggers in bates met buigsame markwaarde styg wanneer pryse styg, omdat hul bates met 'n buigsame markwaarde ten minste proporsioneel tot die inflasiekoers styg.  • Dikwels styg die pryse van hierdie bates vinniger as stygings in die algemene prysvlak.  • Mense spaar geld vir lang tydperke met die doel om hierdie fondse te gebruik om aan toekomstige verwagtinge te voldoen, hierdie spaargeld kan as vaste deposito's, in die geldmark, as lewenspolisse of in pensioenfondse belê word.  Belastingpligtiges  • Met inflasie styg belastingbetalers se nominale inkomste, hoewel hul reële inkomste onveranderd bly, omdat belasting op die nominale inkomste gehef word, maar nie op reële inkomste nie, en dit beïnvloed die koopkrag van belastingbetalers.  • Belasting word gehef op nominale inkomste en nie op reële inkomste nie  • As die inkomstebelasting hakies onveranderd bly, verhoog inflasie die gemiddelde koers van persoonlike inkomstebelasting.  • Individue sal hoër belasting moet betaal, selfs al is hulle eintlik nie beter daaraan toe as voorheen nie – “bracket creep” lei tot 'n herverdeling van inkomste van belastingbetalers na die regering.  Industriële vrede  • Loon bedinging gaan gepaard met stakings en massa-aksie.  • Hierdie optrede kan soms oorspoel in geweld wat die samelewing raak.  • Inflasie lei tot eise vir verhoogde lone aangesien vakbonde toenemende druk op werkgewers plaas om lone en salarisse te verhoog.  • In uiterste situasies, in die teenwoordigheid van buitengewone hoë inflasie tesame met 'n regering wat vasbeslote is om nie toe te gee aan loonverhogings eise nie (wat inflasie tot selfs hoër vlakke kan stoot), sal wydverspreide burgerlike onrus volg.  21
10723/25 Betalingsbalansprobleme  • As 'n land se inflasiekoers hoër is as dié van sy handelsvennoot, styg die pryse van uitgevoerde goedere terwyl die pryse van ingevoerde goedere daal.  • Dit lei tot verlies aan mededingendheid in die uitvoermark wat lei tot 'n afname in uitvoere.  • Goedkoper invoere het 'n negatiewe uitwerking op 'n land se betalingsbalans.  • Die verlies aan mededingendheid kan die gevolg wees van verhoogde werkloosheid.  Werkloosheid en armoede • Inflasie is ook geneig om inkomste van lae-inkomstegroepe na hoër inkomstegroepe te herverdeel.  • Die gevolge van inflasie is ongelyk, want dit bevoordeel niemand nie en benadeel die meeste minder as ander.  • Dit is omdat mense in die lae-inkomstegroepe nie bates het wat vinniger in waarde as die inflasiekoers kan styg om hulle te help om die gevolge van inflasie te oorkom nie.  • Magtige groepe soos vakbonde, groot maatskappye en die ryk mense kan hul aandeel in nasionale inkomste verhoog ten koste van minderbevoorregte mense soos pensioenarisse, werkloses en welsyn ontvangers.  Sielkundige invloed  • Lae inflasie verwagtinge vir individue of verbruikers.  • Beperk buitensporige looneise deur verskillende vakbonde omdat werkers nie stygings in lewenskoste in die toekoms verwag nie.  • Laat verbruikers toe om verbruik uitgawes uit te stel en sodoende druk op prysstygings te verminder.  • Gee huishoudings vertroue dat inflasiekoers in die toekoms laag sal wees en moedig hulle aan om meer uit die inkomste te spaar en sodoende oortollige vraag te beheer.  • Verhoog die las op debiteure wat hulle ontmoedig om geld te leen, as gevolg van die reële rentekoers.  • Laat huishoudings minder spaar en lei sodoende tot 'n oormatige vraag na goedere en dienste.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks. 26) (Ken 'n maksimum van 8 punte toe vir blote lys van feite/voorbeelde) 22
10723/25 ADDISIONELE DEEL • Direkte buitelandse beleggings beïnvloed inflasie in die ekonomie deur: • Die verhoging van die produksie van goedere en dienste wat die totale aanbod sal verhoog en sodoende pryse sal stabiliseer.  • Bring meer doeltreffende produksieegnieke wat produksiekoste sal verlaag, vertraag kostedruk inflasie.  • Toenemende mededinging in plaaslike markte wat plaaslike pryse laag sal hou.  • Versterking van die rand deur hoër uitvoer volumes wat help om die koste van die invoer van produksie-insette soos ru-olie te verminder.  • Verbetering van tegnologie in produksie wat produktiwiteit verhoog en sodoende kostedruk inflasie verminder.  • Skep meer werksgeleenthede en stimuleer sodoende verbruikersbesteding wat bydra tot vraagtrek inflasie.  • Toenemende uitgawes aan kapitaalgoedere soos masjinerie en toerusting wat lei tot verhoogde totale vraag.  • Verhoogde reële lone wat vinniger as binnelandse belegging toeneem, wat lei tot kostedruk inflasie.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (Maks. 10) (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir blote lys van feite) SLOT Onaanvaarbare hoë inflasiekoers veroorsaak swaarkry onder die armes, die werkloses, lae-inkomste verdiener; behoorlike maatreëls om dit te beheer, moet ingestel word om dit te voorkom.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante gevolgtrekking) (Maks. 2) TOTAAL AFDELING C: [40] 40 TOTAAL: 150 23

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all