-
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2025
10732
EKONOMIE
(VRAESTEL 2)
TYD: 2 uur
PUNTE: 150
12 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2025 papers %20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b/v1-301c5aae90a68c6175ee/card.webp)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--d34a6a9d-f432-46f7-873d-1a849eb9a1cc/v1-813bf44cd2b14d59ad5b/card.webp)
%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--498eaf17-b8bb-4092-a221-96afe7bd7aa2/v1-cb2a96f2ffed9fd37ab2/card.webp)
%202015%20Preparatory%20Examination%20Paper_hlayiso.com_--14747984-6602-4d68-a89a-339c7ef58679/v1-7a5a15ad65c47c648255/card.webp)

%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91/v1-9e6be78dfbf1eddf2a29/card.webp)
View all
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)




Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2025 Question Paper (Afr)
Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2025 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 1.6 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Gauteng Mock Exam 2025
Document textSearch extracted text and jump to a page.
EKONOMIE
2
(VRAESTEL 2) 10732/25
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.
2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Antwoorde meer as die vereiste
hoeveelheid sal NIE nagesien word NIE.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord.
5. Lees die vrae aandagtig deur.
6. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
7. Laat 1 – 2 reëls tussen onderafdelings van vrae.
8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
EKONOMIE
3
(VRAESTEL 2) 10732/25
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 D.
1.1.1 Watter van die volgende is 'n voorbeeld van 'n byna volmaakte mark in
Suid-Afrika?
A Landboumarkte
B Die mobiele netwerk-operateurmark
C Die banksektor
D Die lugvaartbedryf
1.1.2 Produkte van 'n monopolistiese mededinger is ...
A identies.
B homogeen.
C uniek.
D gedifferensieerd.
1.1.3 In 'n monopolie markstruktuur is die toetrede van ’n nuwe firma …
A moontlik.
B geblokkeer.
C maklik.
D gratis.
1.1.4 Om die mobiliteit van arbeid te verhoog, kan die regering ... instel.
A belastings
B armoede
C opleidingsprogramme
D inflasie
1.1.5 'n Maatstaf wat prysveranderinge van alle finale goedere en dienste wat in
'n jaar geproduseer word, volg, is:
A Alles-insluitende inflasie
B Stagflasie
C 'n Ekonomiese aanwyser
D Totale inflasie
1.1.6 Watter tipe land hou die mees onbenutte potensiaal vir toerismegroei in?
A Europese
B Ontwikkelde
C Ontwikkelende
D Australasiese
b.o.
EKONOMIE
4
(VRAESTEL 2) 10732/25
1.1.7 Hoe noem ons die maatreëls wat toegepas word om ekostelsels se
uitwissing te voorkom?
A Intervensie
B Bewaring
C Akkumulasie
D Beskerming
1.1.8 Watter van die volgende sal die meeste onderhewig wees aan
omgewingsbelasting?
A Landbou produkte
B Opvoedkundige dienste
C Verblyf dienste
D Motorbande (8 x 2) (16)
1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat ooreenstem met 'n item in KOLOM A. Skryf
slegs die letter (A – I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Pareto- A die eksklusiewe reg om 'n produk te
doeltreffendheid vervaardig
1.2.2 Patent B 'n daling in die algemene prysvlak
1.2.3 Mededingingstribunaal C hotelle, restaurante, parke en
ontspanningsdienste
1.2.4 Oligopolie
D verantwoordelik vir die bevordering van
1.2.5 Deflasie mededinging
1.2.6 Tersiêre sektor E eksklusiewe bemarkingsregte
1.2.7 Koopkrag F geen individu kan beter daaraan toe wees
sonder om 'n ander slegter daaraan toe te
1.2.8 Bio-afbreekbaar maak nie
G wat 'n geldeenheid kan koop
H 'n paar verkopers oorheers die mark
I kan ontbind en in die omgewing
geassimileer word
(8 x 1) (8)
b.o.
EKONOMIE
5
(VRAESTEL 2) 10732/25
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die
vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer. Afkortings,
akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.
1.3.1 Koste wat dieselfde bly ongeag die vlak van produksie-uitset
1.3.2 Produkte wat in voorkoms, grootte en kwaliteit verskil
1.3.3 Die minimum bedrag wat werkgewers wettiglik aan hul werkers mag betaal
1.3.4 'n Verskeidenheid plant- en dierspesies wat in 'n sekere omgewing leef
1.3.5 Buitensporige-inflasionêre toestande waar die algemene prysvlak met
meer as 50% per maand styg
1.3.6 'n Promosie strategie wat gebruik word om internasionale besoekers te lok
(6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
b.o.
EKONOMIE
6
(VRAESTEL 2) 10732/25
AFDELING B
Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van openbare dienste wat positiewe
eksternaliteite genereer. (2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom sou 'n firma in 'n volmaakte mark nie die prys van sy produk
verhoog nie? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MAKSIMUM PRYSE
V A
R 120 E
R 70
A V
0 50 100 150 HOEVEELHEID
[Aangepaste bron]
2.2.1 Identifiseer die maksimum prys wat in die grafiek getoon word. (1)
2.2.2 Wat is die marktekort soos uitgebeeld in die grafiek? (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term minimumprys. (2)
2.2.4 Verduidelik die voordeel van die vasstelling van prysvloer op goedere. (2)
2.2.5 Hoe kan verbruikers deur maksimum prysbeheer negatief beïnvloed word?
(2 x 2) (4)
b.o.
EKONOMIE
7
(VRAESTEL 2) 10732/25
2.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
KOMMISSIE VERWELKOM TRIBUNAALBESLUIT OM DIE VOORGESTELDE
SAMESMELTING TUSSEN VODACOM EN MAZIV TE VERBIED
Die Mededingingskommissie verwelkom die besluit van die Mededingingstribunaal
om die voorgestelde samesmelting tussen Vodacom (Edms) Bpk en Business
Venture Investments (Maziv) te verbied. Die voorgestelde samesmelting sou daartoe
gelei het dat die land se grootste mobiele operateur, Vodacom, 'n beherende belang
in een van Suid-Afrika se grootste vesel-infrastruktuur-spelers, Maziv, verkry.
Vodacom het ook vesel-bates (fiber) wat na Maziv oorgedra sou gewees het.
[Aangepas uit Die Mededingingskommissie van Suid-Afrika]
2.3.1 Identifiseer die uitkoms van die samesmeltingsbesluit wat deur die
Mededingingstribunaal geneem is uit die bostaande uittreksel. (1)
2.3.2 Noem die instelling waaraan die Mededingingskommissie sy aanbevelings
voorlê. (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term samesmelting. (2)
2.3.4 Waarom reguleer die regering samesmeltings? (2)
2.3.5 Bespreek kortliks die voordele van die Mededingingswet vir die Suid-
Afrikaanse ekonomie. (2 x 2) (4)
2.4 Onderskei tussen produktiewe doeltreffendheid en allokasiedoeltreffendheid.
(2 x 4) (8)
2.5 Ondersoek waarom volmaak mededingende markte nie in realiteit bestaan nie.
(4 x 2) (8)
[40]
b.o.
EKONOMIE
8
(VRAESTEL 2) 10732/25
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE SAKE 40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Noem enige TWEE beleide wat gebruik word om inflasie te bestry. (2 x 1) (2)
3.1.2 Watter effekte het lugbesoedeling op die omgewing? (1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
OMGEWINGSAGTERUITGANG
[Bron: Google Prente]
3.2.1 Noem EEN metode om besoedeling deur gevaarlike afval te verminder. (1)
3.2.2 Noem die internasionale ooreenkoms wat op die beheer van gevaarlike afval
fokus. (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term besoedeling. (2)
3.2.4 Verduidelik die effek van gronderosie op voedselproduksie in Suid-Afrika. (2)
3.2.5 Hoe beïnvloed gevaarlike afval die omgewing? (2 x 2) (4)
b.o.
EKONOMIE
9
(VRAESTEL 2) 10732/25
3.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
[Aangepas uit travelnews.co.za]
3.3.1 Identifiseer enige tipe toerisme wat in die inligting hierbo genoem word. (1)
3.3.2 Noem EEN voordeel van toerisme vir huishoudings. (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term toerisme. (2)
3.3.4 Verduidelik die positiewe impak van toerisme op die omgewing. (2)
3.3.5 Hoe kan toerisme help om werkloosheid te verminder? (2 x 2) (4)
3.4 Bespreek kortliks die Produksieprysindeks en die Verbruikersprysindeks. (4 x 2) (8)
3.5 Ondersoek die omgewingsbekommernisse wat deur verbruikers oor die hoof gesien
word wanneer hulle goedere en dienste koop. (4 x 2) (8)
[40]
b.o.
EKONOMIE
10
(VRAESTEL 2) 10732/25
VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE SAKE
40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE eienskappe van openbare goedere. (2 x 1) (2)
4.1.2 Waarom maak 'n swakker rand Suid-Afrika 'n aantrekliker
toeristebestemming? (1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
KOSTE-VOORDEEL- VOORDELE EN KOSTE
ANALISE
• Besoedeling
As gevolg van vloede is baie
paaie weggespoel. Die
regering oorweeg dit om 'n • Vestiging van nuwe besighede
nuwe pad te bou wat R100
miljoen sal kos.
• Padkonstruksietoerusting
'n Tolhek sal geïnstalleer word
om van die koste te verreken.
Daarbenewens sal eksterne • Werkgeleenthede tydens konstruksie
koste en voordele in ag
geneem moet word wanneer 'n
finale besluit geneem word.
[Aangepas uit Financial Mail]
4.2.1 Identifiseer EEN private koste uit die inligting hierbo. (1)
4.2.2 Noem EEN tipe instelling wat 'n koste-voordeel-analise vir besluitneming
gebruik. (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term koste-voordeel-analise. (2)
4.2.4 Hoe kan tolgeldinvordering bydra tot die haalbaarheid van 'n nuwe
padprojek? (2)
4.2.5 Waarom is dit belangrik om die omgewingskoste in te sluit wanneer 'n nuwe
padprojek geëvalueer word? (2 x 2) (4)
b.o.
EKONOMIE
11
(VRAESTEL 2) 10732/25
4.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
STAGFLASIE: SUID-AFRIKA NOG NIE UIT DIE GEVAARSONE NIE
Vroeër vandeesmaand het die
Internasionale Monetêre Fonds (IMF)
bevestig wat baie reeds gevoel het:
“Die ergste lê nog voor.”
In sy Wêreldekonomiese Vooruitsig
het die IMF voorspel dat wêreldwye
groei tot 2,7% in 2023 sou
verlangsaam, 0,2 persentasiepunte
laer as wat in Julie geprojekteer is, met
'n 25% waarskynlikheid dat dit onder
2% kan daal.
[Aangepas uit Mail & Guardian]
4.3.1 Identifiseer die groeikoers wat deur die IMF in die teks voorspel word. (1)
4.3.2 Noem EEN metode wat gebruik word om inflasie te meet. (1)
4.3.3 Beskryf kortliks die term stagflasie. (2)
4.3.4 Verduidelik waarom die IMF die inflasietendense in lande regoor die wêreld
dophou. (2)
4.3.5 Waarom is dit moeilik om inflasie te beheer tydens periodes van lae
ekonomiese groei? (2 x 2) (4)
4.4 Vergelyk 'n volmaakte mark met 'n monopolistiese mark in terme van marktoegang
en aard van die produk. (4 x 2) (8)
4.5 Hoe kan minder bekende bestemmings bemark word om meer toeriste te lok?
(4 x 2) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
b.o.
EKONOMIE 12
(VRAESTEL 2) 10732/25
AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
PUNTE
STRUKTUUR VAN OPSTEL
TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ʼn laer-orde reaksie.
ʼn Goeie beginpunt sou wees om die hoof-konsep wat met die vraag-onderwerp
verband hou te definieer.
Maks. 2
MOENIE enige deel van die vraag in die inleiding insluit NIE.
MOENIE enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal NIE.
Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam
Hoofdeel: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/
Ondersoek/ Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
Maks. 26
Differensieer/Verduidelik/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die
grafiek gegee en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/ Assesseer/Debatteer
ʼn Maksimum van 8 punte mag toegeken word vir opskrifte/ voorbeelde.
Bykomende deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/ Debatteer/Lei
af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor Maks. 10
ʼn Maksimum van 2 punte mag toegeken word vir blote lys van feite.
Gevolgtrekking
Enige gevolgtrekking van hoër orde moet insluit:
ʼn Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite wat reeds genoem is, te
herhaal
Enige mening of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is Maks. 2
Bykomende ondersteunings-inligting om bespreking/ analise te versterk
ʼn Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig
Aanbevelings
TOTAAL 40
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek in besonderhede die faktore wat tot die wanallokasie van hulpbronne in die
mark lei. (26)
Hoe kan die negatiewe gevolge van minimumlone vir eerste-keer werksoekers versag
word? (10)
[40]
VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE SAKE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Ondersoek in besonderhede die gevolge van inflasie. (26)
Hoe beïnvloed die invloei van buitelandse direkte beleggings inflasie in Suid-Afrika? (10)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
TOTAAL: 150
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b/v1-301c5aae90a68c6175ee/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--d34a6a9d-f432-46f7-873d-1a849eb9a1cc/v1-813bf44cd2b14d59ad5b/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 Question Paper (Afr)
%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--498eaf17-b8bb-4092-a221-96afe7bd7aa2/v1-cb2a96f2ffed9fd37ab2/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2017 Question Paper (Afr)
%202015%20Preparatory%20Examination%20Paper_hlayiso.com_--14747984-6602-4d68-a89a-339c7ef58679/v1-7a5a15ad65c47c648255/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2015 Question Paper (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)
%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91/v1-9e6be78dfbf1eddf2a29/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Economics

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 Eastern Cape June 2024 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Question paper